|
- Die studam
-
-
- 1
-
- Daar staan 'n man in die son
- langs die blou water van 'n dam.
- So eenvoudig het dit begin,
- net so skryf ek dit hier neer.
-
- Dit is in 'n suidelike land
- en voor die seisoen begin.
- Die man hou in die wind
- sy hoed vas met één hand.
-
- Die ander hand is gelig, miskien
- 'n gebaar om my te groet.
- Wie anders kan hy bedoel?
- Daar is niemand anders te sien
-
- op die verlate terras
- halfpad teen die helling
- van die berg met 'n rusplek
- wat nuut lyk maar waarvan die verf
-
- reeds afdop. Daar staan stoele
- onder verbleikte seil. 'n Wipplank,
- twee swaaie. Die valwind
- is koel en maak ringe wit
-
- skuim in die water ver onder.
- Ek vra vir die man: ‘Is u van hier?’
- soos wat mens met 'n vreemde
- sou praat. Hy knik en bly tuur
-
- nog 'n tyd na die water voordat
- hy sy hand weer lig in 'n groet,
- en bedaard na die dorp toe
- die afdraend vat.
-
- 'n Boerse man van omtrent
- vyftig jaar. Vir 'n wyle
- bly hy in my kop voortbestaan
- as ek ook met die pad langs loop
-
- maar na die ander kant
- toe, na waar ek tuisgaan.
- Dan raak hy weg, voorlopig,
- onder landskappe, tale en slaap.
-
-
- Willem van Toorn
Dit eerste gedicht uit ‘Die studam’, een vertaling naar het Afrikaans van de elfdelige cyclus ‘De stuwdam’ van Willem van Toorn zal verschijnen in Tirade 428, dat geheel gewijd zal zijn aan vertalen. De vertaling is van Heilna du Plooy.
| |