terug  begin  verderprepost

Gedig vir die kind

 
Die aarde le onklaar
 
en sodra die wind opkom
 
staan die kind in Kloofstraat met sy tas
 
 
 
kindertjie myne! roep ek in sy rug
 
daar waar my hart die digste is
 
 
 
soos altyd
 
is ek elders
 
ek drink hom om in gepelde amandels
 
in arms vol opgetrekte lig
 
ek volg sy fluisteringe na in my matrys van bloed
 
 
 
sku skiet die kind oor die straat
 
die wind vat dun die ortodontiese kwyl
 
 
 
dit is ek
 
jou ma
 
maar sy oe staan op die punt om my te verlaat
 
 
 
die aarde le onklaar
 
die wind splint van hom af al wat kind is
 
 
 
en ek kneus om hom vas
 
verby alle verlatenheid
 
verby sy dapper nukkerige nek
 
 
 
die aarde sink onklaar
 
en ek het hom lief
 
way
 
way anderkant my hart

Antjie Krog

prepostterug  begin  verder