Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1929


auteur: [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die


bron: Die Nuwe Brandwag. Tydskrif vir Kuns en Lettere. Jaargang 1929. J.H. De Bussy / H.A.U.M. v.h. J. Dusseau & Ko., Pretoria / Kaapstad 1929


verantwoording

inhoudsopgave

doorzoek de hele tekst


downloads



DBNL vignet

[p. 83]

Skoonheid.

1. Die Skoonheid van Kleanthe.
 
Kleanthe, almal is verlief op jou,
 
Maar jy - jy is verlief net op jouself.
 
As jare wysheid bring of winterskou,
 
Sal jy - nog steeds verlief wees op jouself.
2. Die Skoonheid van Helena.
 
Senex Trojanus loquitur:
 
O soeter as die vrug van Hubla-by,
 
En fyner dan die Middel-see se blou!
 
Voor jou word duisend harte uitgesprei
 
Vandag: en môre is dit net soos nou.
3. Die Skoonheid van Aegle.
 
(Vgl. W.S. Landor.)
 
Staan digter om jul skimme-drom
 
Wat saam met Aegle word geroei;
 
Of Charon meen dalk hy's nog jonk
 
En sy - nog in haar lewensbloei.
4. Die Skoonheid van Theophite.
 
Die uiterlik vermom die gees
 
Vir oppervlakkig-siende oog;
 
Soos ster ontnewel vér omhoog
 
Sal jy vir siende oë wees.
5. Die Skoonheid van Tant' Lettie.
 
Die liggaam lomp, verstand maar min verfyn,
 
Stem onbeskaaf, brand-arm; maar in haar hart
 
Lê daar 'n mag van goud - diep is die myn
 
Van teer gevoel, met wil van stoisyn
 
- Die sagte goud in harde kwarts verberg.
 
Daar's humor wat deur trane lag en tart
 
Die slae van die Noodlot, harte-rein.
 
En woed die lewensstorm driedubbel-erg,
 
Self ly sy, ander red sy uit hul smart:
 
En ander babbel oor hul brekend' hart,
 
Maar onvertolk bly al haar stille pyn.
 
 
 
T.J. HAARHOFF.