Burgersdorp.
29 April '96.
Ds. S.J. du Toit,
Paarl.
WelEerw. Heer!
Dit is mij doel om hiermeê te compiteer vir die prijs vir 'n lys van suiwer gesmede Afrikaanse woorde.
Die woorde die ik hier op gé is woorde wat hierlaáns en in die Vrijstaat en Transvaal veral bekend is. As daar misskien woorde is wat in Holland ook gebruik worde, kan hulle maar uitgelaat worde. Ik gé na vermoge.
In de hoop dat mij lijs ook in aanmerking mag kom,
Verblijf ik UEerw. dwd.
Willem Postma.
P.S. Hier sal misschien baia woorde wees wat nie aan die doel beantwoord nie, maar ik het net op gege soo veul woorde as deur ons self gemaak is om misskien vir ander doeleindes gebruik te worde.
Ik het bij die opstelle van die woorde die Hollandse woordeboek gebruik om te sien of die woorde nie ook in Holland gebruik worde nie.
En wat nou die Afr. woorde betref, het ik studente uit verschillende deele raad gepleeg, om alleen die woorde wat algemeen is op te stuur; soo het ik woorde uitgelaat wat ons net in die omtrek gebruik. Dus kan uEerw. bijna seker wees, dat die woorde suiwer, en bijna oeral bekend is.
W.P.
(Uit die oorspronklike manuskrip)
(Uit die oorspronklike manuskrip.)