Daghregister. Deel 3 1659-1662 (eds. D.B. Bosman en H.B. Thom)


auteur: Jan van Riebeeck


editeur: D.B. Bosman en H.B. Thom


bron: Jan van Riebeeck, Daghregister. Deel 3. 1659-1662 (eds. D.B. Bosman en H.B. Thom). A.A. Balkema, Kaapstad 1957


verantwoording

inhoudsopgave

doorzoek de hele tekst


downloads



DBNL vignet

Daghregister. Deel 3. 1659-1662

Jan van Riebeeck

editie D.B. Bosman en H.B. Thom

bron

Jan van Riebeeck, Daghregister. Deel 3. 1659-1662 (eds. D.B. Bosman en H.B. Thom). A.A. Balkema, Kaapstad 1957

codering DBNL-TEI 1
dbnl-nr rieb001dagh03_01
logboek

- 2010-01-22 DH colofon toegevoegd

verantwoording

gebruikt exemplaar

exemplaar universiteitsbibliotheek Leiden, signatuur: 255 B 3

 

algemene opmerkingen

Dit bestand biedt, behoudens een aantal hierna te noemen ingrepen, een diplomatische weergave van Daghregister. Deel 3. 1659-1662 van Jan van Riebeeck in de editie van D.B. Bosman en H.B. Thom uit 1957. Het gehele werk bestaat uit 3 delen.

 

redactionele ingrepen

p. 515-532: de ‘Geskiedkundige aantekeninge’ op deze pagina's zijn in de lopende tekst geplaatst. Betreffende pagina's zijn daardoor komen te vervallen.

Een aantal eindnootverwijzingen heeft in het origineel geen bijbehorende noottekst. De betreffende nootverwijzingen zijn in deze digitale editie behouden.

Een aantal eindnoten heeft in de lopende tekst geen bijbehorende eindnootverwijzing. In deze digitale editie zijn de betreffende noten onderaan de pagina geplaatst.

 

Bij de omzetting van de gebruikte bron naar deze publicatie in de dbnl is een aantal delen van de tekst niet overgenomen. Hieronder volgen de tekstgedeelten die wel in het origineel voorkomen maar hier uit de lopende tekst zijn weggelaten. Ook de blanco pagina (p. II) is niet opgenomen in de lopende tekst.

 

 

[pagina I]

DAGHREGISTER

JAN ANTONISZ. VAN RIEBEECK

 

DEEL III

1659-1662

 

[pagina III]

DAGHREGISTER

GEHOUDEN BY DEN OPPERCOOPMAN

JAN ANTHONISZ VAN RIEBEECK

DEEL III

1659-1662

TEKSVERSORGING EN TAALKUNDIGE AANTEKENINGE DEUR

Dr. D.B. BOSMAN

OUD-HOOGLERAAR AAN DIE UNIVERSITEIT VAN KAAPSTAD

GESKIEDKUNDIGE AANTEKENINGE DEUR

Dr H.B. THOM

HOOGLERAAR AAN DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

UITGAWE VAN DIE VAN RIEBEECK-VERENIGING

TER GELEENTHEID VAN DIE 300STE VAN RIEBEECK-DAG

A.A. BALKEMA, KAAPSTAD

1957

 

[pagina IV]

KOPIEREG VAN RIEBEECK-VERENIGING

KAAPSTAD 1957

 

GEDRUK IN NEDERLAND DEUR A. SIJTHOFF, DEN HAAG

 

[pagina V]

INHOUD


pp
i. Opsomming Daghregister v-xi
ii. Voorwoord xii-xv
iii. Lys van Illustrasies xvi
iv. Daghregister 1-460
  Bylae i (kyk bls. 138) 461
  Bylae ii (kyk bls. 303) 464
  Bylae iii (kyk bls. 318) 466
  Bylae iv (kyk bls. 342) 478
  Bylae v (kyk bls. 362) 492
  Bylae vi (kyk bls. 441) 500
v. Geskiedkundige aantekeninge 515
vi. Naamregister 533
vii. Register op woorde en uitdrukkinge 545
viii. Register op grammatikale en ander besonderhede 580
ix. Verbeteringe en aanvullinge 584

 

DAGHREGISTER


Januarie 1659 1
  Cochoquas saam met Eva ‘onder 't sermoen’ - Saailand aan die Liesbeek verhuur - Eva bly aan die fort om te leer lees en bid. Barbadoes Merchant met berigte oor Indië - Skape verongeluk in 'n kloof - Van Riebeeck neem soutgaarders onder hande - Hottentotte steel en loop weg.  
 
Februarie 1659 8
  Eerste wyn van Kaapse druiwe gepars - Ontdekkingsekspedisie onder Van Hoesem - Fiskaal Gabbema op inspeksie uit - Brand in veekraal - Vaandrig van Harwarden oorlede - Aankoms van retoerskepe onder Vise-Admiraal van der Marckt.  
 
Maart 1659 21
  ‘Lantreysers’ kom terug van vergeefse ekspedisie - Vaderlandse vloot onder Van Almonde en Engelse skip Dolphin uit Bantam kom aan. Zuylen word na St. Helena gestuur om rys uit retoerskepe te lig.  
 
April 1659 29
  Vloot vertrek na Batavia - Van Riebeeck besoek Robbeneiland - Naerden kom uit Batavia aan met Portugese opvarendes, wat op die Dolphin oorgeplaas word. Veefokkery op Dasseneiland. Naerden van provisie en 'n sloep voorsien.  

 

 

[pagina VI]


Mei 1659 33
  Benoeming van burgerrade - Skutterskompanjie opgerig - Naerden en Dolphin vertrek - Moeilikheid met Kaapman-skaapdiewe - Van Riebeeck na die toneel - Sterfte onder ooie op Robbeneiland - Van Riebeeck se huis op Bosheuvel afgebrand - Vryburgers bied dienste aan teen Kaapmans - Beslag gelê op besittinge van gedrostes - Wagte teen Kaapman-rowers - Besluit om 'n kommando teen Kaapmans op die been te bring - Skermutselinge met die Hottentotte onder leiding veral van Doman.  
 
Junie 1659 62
  Hottentot-moeilikhede duur voort - Biddag uitgeskryf - Hottentotte dood Hollandse wag - Doman roof beeste gedurende reënweer wat roers onbruikbaar maak - Nuwe kraal om beeste in te bewaar - Herry van Robbeneiland gehaal om laer van Kaapmans te help opsoek - Cochoquas kom met vee en mooi woorde - Onderhandelinge oor alliansie met Oedasoa - Poëtiese boodskap van Oedasoa - Eva die tolkinne - Van Riebeeck spreek sy mense moed in.  
 
Julie 1659 85
  Oedasoa siek en Ngonnomoa onwillig om die Kaapmans te help opsoek - Cochoquas kom onder verdenking - Skepe uit die vaderland - Nog gekommitteerdes van Oedasoa - Veel gepraat, weinig resultaat - Herry sien ook geen kans om Kaapmans in die reëntyd op te spoor nie - 'n Kommando soldate van Slot van Honingen en die fort, saam met 'n aantal vryburgers, trek uit - Kan vyand nie vind nie - 'n Paar Hottentotte in 'n skermutseling gedood - Skepe in die baai - Landmeter Pieter Potter na Saldanhabaai.  
 
Augustus 1659 109
  Planne vir 'n ‘schutleuning’ om die wegdrywe van beeste deur die Hottentotte te belet. Hottentotkraal oorrompel, drie doodgeskiet en die kraal verniel. Werk in die wingerde, vrugteboorde en op die saailande. Leeu vang twee ploegosse van die Kommandeur - Walle van fort word versterk - Slawe in die ketting geslaan om wegloop te voorkom - Ongehoorsaamheid onder soldate - Nuwe waghuis, die Uytkijck, opgerig - Kosgelde uitgereik en pryse vasgestel.  
 
September 1659 132
  Waghuis Keert de Koe en paalskutting skiet op - Waghuis Houdt den Bul  

 

 

[pagina VII]


  word aangepak - Besoek van Oedasoa se volk met aanbieding van vrede namens Kaapmans; Eva as tussenpersoon - Erasmus arriveer van Batavia na swaar reis van 8 maande - Ekstrak uit dagregister van Erasmus - Skip moet geproviandeer word - Skeepsvolk help met die skutting.  
 
Oktober 1659 141
  Erasmus voldoende voorsien om reis voort te sit - Watermans versoek vrede - Hendrick Boom se huis brand af - Instruksies aan Pieter Potter in Saldanhabaai - Watermans terug by die fort en Herry na Robbeneiland - Resolusie in sake watermeul.  
 
November 1659 153
  Eerste Hollandse roos gepluk - Trekvee uitgereik aan beroofde landbouers. Gabbema vertrek na Saldanhabaai om te verken; memorie ter sake - Berigte aangaande Robben-, Dassen- en Schapeneiland.  
 
Desember 1659 159
  Goeie oes word ingesamel - Vrybakkers toegelaat - Herry ontsnap van Robbeneiland - Die eerste ryp kersie aan die Kaap gepluk - Terugkoms van Gabbema en Eva per boot van Saldanhabaai - Boodskap van Oedasoa - Sameswering onder Kompanjiesdienaars ontdek - Besluit om samesweerders na Indië te stuur vir verder verhoor.  
 
Januarie 1660 173
  Slagoffers van ‘de loop’ - Kompanjiesgeboue word met teëls i.p.v. riet gedek - Aankoms van skepe uit Amsterdam - Kaapmans se rede vir hulle oorlog - Verlang terug na hul ‘geboortplaats ende eygen lant vol schoon water’ - Konsent van die Kommandeur dat Doman en Herry met gevolg na die Kaap mag kom - Kwaai Suidoostewind.  
 
Februarie 1660 180
  Fluit Loenen uit Batavia met rys, ens., word uitgestuur om retoervloot te verwittig dat die Engelse St. Helena beset het - Besluit om grens van die ‘ommeslag’ te laat omploeg en met bitter-amandelbome, ens., te beplant as ‘lantweer’.  
 
Maart 1660 188
  Aankoms van retourvloot onder Sterthemius - Herry en Doman terug by die fort - Vertrek van retoervloot na Patria - Vrugtelose handelstog na Saldanhabaai.  

 

 

[pagina VIII]


April 1660 196
  Aankoms van vloot uit Patria - Ses kinders gedoop - Vrede gemaak met Kaapmans - Uiteensetting van verhouding tussen blankes en Hottentotte - Resolusie aangaande varkensboerdery - Skepe uit Indië - Gorachoquas besoek die fort.  
 
Mei 1660 210
  Seilinstruksies vir skepe na die vaderland - Besluit om Loenen op soek na St. Helena Nova te stuur - Verkiesing van burgerrade en offisiere van die skutterskompanjie - Gorachoquas met beeste aan die fort - Ook met Goringayquas vrede gesluit - Dronkenskap onder Hottentotte - Grootte van bouland - Franse skip Le Maréchal op weg na Madagaskar in die baai gestrand - Franse bedrywighede - Veehandel met Hottentotte - Onderhandelinge met Franse - Instruksies vir die soldate in die waghuise.  
 
Junie 1660 233
  Omgang met bemanning van gestrande Franse skip - Leeu en twee wolwe geskiet - Aankoms van skepe uit Patria - Loenen terug van vergeefse soektog na St. Helena Nova.  
 
Julie 1660 242
  Partikuliere handel en ander oortredinge deur Remajenne, wat na die fort gebring en beboet word - Muscaatboom kom uit Nederland aan - Loenen na Batavia - Galjot Parkiet loop op die wal in Houtbaai maar kom los.  
 
Augustus 1660 252
  Ruilhandel met Cochoquas en Chainouquas - Korporaal Elias Giers met sy perd in die Vetterivier verdrink - Parkiet wat in minder as 4½ maand van 't Vlie na Houtbaai gevaar het, kry premie op ‘spoedige voyagie’ en 'n hoër ‘overloop’ - Gragte en walle van fort word opgeknap.  
 
September 1660 259
  Voordelige veehandel met Chainouquas - Van Riebeeck besoek Robbeneiland - Twee vryburgers moet hulle land onder toesig bewerk - Parkietje vis ankers op - Vooruitgang van wynbou - Kaapmans probeer Chainouquas van direkte handel met fort te weerhou - Berigte oor Chainouquas en Sousoa, hulle ‘coninck’, en van verder afwonende Hottentotstamme, Hamcumquas, Hesequas, ens. - Afgevaardigdes van  

 

 

[pagina IX]


  Sousoa - Van Riebeeck wens hom toe: ‘duysent jaaren levens met veele kinderen ende rijckdom van vee’ - Verkoop van brandhout deur vryburgers verbied omdat hulle hul landbou daardeur verwaarloos - Sousoa besoek die fort en vra hulp teen sy vyande.  
 
Oktober 1660 276
  Goeie handel met sy volk - Parade en musiek voor Sousoa - Aankoms van fluit Vollenhoven van Texel - Parkietje na Saldanhabaai om skoongemaak te word - Memorie in verband met skeepsprovisie - Graanopbrengs vir jaar - Besoek aan Oedasoa.  
 
November 1660 284
  Prys van brood en botter vasgestel - Oedasoa vra om hulp teen sy vyande, kry parade te sien en musiek te hoor; vertrek ryk belaai met geskenke - Instruksies vir ekspedisie na Monomotapa onder Danckaert (Danckertsz) - Lys van provisie, ammunisie en ‘cramerijen’ - Aankoms van die Oliphant en Loosduynen uit Patria.  
 
Desember 1660 300
  Van Riebeeck na Saldanhabaai - Memorie vir De Man en Gabbema tydens sy afwesigheid - Sy rapport - Berigte van Danckaert: Boesmans, sebras, kwaggas - Besoek van Sousoa met veel vee - Parkiet na Robbenen Dasseneiland - Sousoa se berigte - Kwaai brief aan Otto Jansz - Ten gevolge van die ‘opulenten handel’ met Sousoa word oorweeg om Kaapmans verder weg te skuiwe - Oedasoa en Eva besoek die fort.  
 
Januarie 1661 316
  Vry jag toegestaan - Goeie veestand op Robbeneiland - Parkiet terug van opmetingstog - Verhaal van Danckaert se vrugtelose reis - Nuwe landtog onder Cruythoff aangevang - Memorie desweë.  
 
Februarie 1661 326
  Besoek van Oedasoa en Sousoa met vee om te verhandel. Voorwaardes waarop vleis van vryburgers gekoop sal word - Aankoms van retoervloot onder Kommissaris Andries Frisius.  
 
Maart 1661 336
  Franse skipbreukelinge word met retoervloot teruggestuur - Joernaal van geslaagde tog na die Namakwas, gehou deur Pieter van Meerhoff - Pieter van der Stael se diensverbond verleng - Nuwe landtog onder van  

 

 

[pagina X]


  Meerhoff - Lys van geskenke - Memorie vir Meerhoff - Anckeveen via Saldanhabaai aangekom in Tafelbaai - Hilversum arriveer uit Texel.  
 
April 1661 356
  Versterking van die Kaap teen Franse - Twee skepe uit Batavia - Terugkeer van Van Meerhoff se ekspedisie - Sy aantekeninge - Vloot uit Patria kom aan.  
 
Mei 1661 364
  Maerseveen kom aan uit Nederland in desolate toestand - Besoek van Gonnomoa, wat in 7 jaar nie aan die fort was nie.  
 
Junie 1661 370
  Jochum Blanck en Johanna Boddys getroud - Vaderlandse skepe kom aan - Van Riebeeck se benoemde opvolger, Gerrit van Hoorn, onderweg oorlede.  
 
Julie 1661 375
  Laaste vaderlandse skepe vertrek na Batavia - Geld uit weeskinderfonds geleen vir Kompanjiesbehoeftes - Skikkinge om Van Riebeeck se plaas aan die Kompanjie te verkoop - Beskrywing van plaas en van wat daar op is - Skepe uit die vaderland - Eerste St. Helenase lemoene gepluk.  
 
Augustus 1661 386
  Soorte geld ongangbaar verklaar - Skepe uit Holland - Besoek van Sousoa - Waarskuwing teen stelers en helers van wasgoed van varende matrose.  
 
September 1661 394
  Meer skepe uit Holland - Jan Sacharias van Robbeneiland kry 'n uitbrander - Bedrywigheid in vrugteboorde - Skepe vertrek na Indië - Veehandel met Chainouquas.  
 
Oktober 1661 401
  Burgerraad weens ‘drincken, clinken, vechten, smijten en leelijk spreeken’ van sy amp ontslaan - Van Riebeeck van siekte herstel - Sterfte onder slawe - Pega-pega word versterk.  
 
November 1661 405
  Gabbema na Robbeneiland - Veel siekte - Nuwe ekspedisie na binne-  

 

 

[pagina XI]


  land onder Jan Dorhagen uitgerus - Memorie desweë - Die Kommandeur met 'n perdekommando na die Saldanhars - Word hartelik onthaal - Kontrabesoek van Oedasoa en Gonnomoa - Kaapmans soek beskerming teen Saldanhars wat hulle wil oorheers - Van Riebeeck verlang beeste te koop in ruil vir beskerming.  
 
Desember 1661 423
  Oedasoa se griewe teen Kaapmans en konsorte - Onderhandelinge met laasgenoemdes - Meer geld geleen uit weeskinderfonds - Koring- en vrugtebou - Gabbema uit op ruiltogte.  
 
Januarie 1662 430
  Abraham Gabbema en Petronella van Doesburgh getroud - Twee vaderlandse skepe, eers in Saldanhabaai verweer, kom in Tafelbaai aan.  
 
Februarie 1662 439
  Meer skepe uit die vaderland - ‘Lantreysers’ onder Pieter Everaerts kom terug - Weens droogte kon hulle die Namakwas nie bereik nie - Joernaal van die reis, gehou deur Cornelis de Cretser - Besoek van Oedasoa met verhale oor binnelandse stamme - Van Riebeeck met ruitervolk na Kaapmans - Onderhandelinge oor beskerming en veeleveransies.  
 
Maart 1662 448
  Wrak van Le Maréchal verbrand - Gedeelte van retoervloot onder Skout-by-nag Van der Laen kom aan.  
 
April 1662 451
  Zacharias Wagenaer arriveer om Van Riebeeck te vervang - Bevorderinge deur Raad - Eerste ryp appels gepluk - Skepe uit Patria.  
 
Mei 1662 458
  Laaste raadsvergadering onder Van Riebeeck, behandel hoofsaaklik militêre sake - Wagenaer as Kommandeur voorgestel - Van Riebeeck vertrek met die Mars na Batavia.