Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1933 Dit bestand biedt, behoudens een aantal hierna te noemen ingrepen, een diplomatische weergave van Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1933 in vier afleveringen. De Digitale Bibliotheek voor de Nederlandse Letteren beijvert zich voor het verkrijgen van toestemming van alle rechthebbenden; eenieder die meent enig recht te kunnen doen gelden op in dit tijdschrift opgenomen bijdragen, wordt verzocht dit onverwijld aan ons te melden (dbnl.auteursrecht@kb.nl). De pagina's met advertenties zijn niet opgenomen. p. *12: de kop ‘Die Nuwe Brandwag’ is tussen vierkante haken toegevoegd. p. 176: noot 5 heeft geen nootverwijzing in de tekst, en is daarom door de redactie geplaatst. 254 _nuw001193301_01 DBNL-TEI 1 2010 dbnl eigen exemplaar dbnl Die Nuwe Brandwag. Tydskrif vir Kuns en Lettere. Jaargang 1933. J.H. De Bussy, Pretoria 1933 Wijze van coderen: standaard Nederlands Die Nuwe Brandwag. Tydskrif vir Kuns en Lettere. Jaargang 1933 Die Nuwe Brandwag. Tydskrif vir Kuns en Lettere. Jaargang 1933 2010-11-11 CB colofon toegevoegd Verantwoording Dit tekstbestand is gebaseerd op een bestand van de Digitale Bibliotheek voor de Nederlandse Letteren (https://www.dbnl.org) Bron: Die Nuwe Brandwag. Tydskrif vir Kuns en Lettere. Jaargang 1933. J.H. De Bussy, Pretoria 1933 Zie: https://www.dbnl.org/tekst/_nuw001193301_01/colofon.php In dit bestand zijn twee typen markeringen opgenomen: paginanummering en illustraties met onderschriften. Deze zijn te onderscheiden van de rest van de tekst door middel van accolades: {==13==} {>>pagina-aanduiding<<} {==Figuur. 1: Onderschrift van de afbeelding.==} {>>afbeelding<<} {==*1==} {>>pagina-aanduiding<<} Die Nuwe Brandwag Tydskrif vir Kuns en Lettere. KWARTAALBLAD 10/- per jaar Uitgewers: J.H. DE BUSSY, Bus 460, Pretoria. Redaksie: Prof. Dr. G. Dekker en Prof. Dr. H.G. Viljoen. Hoofkunsmedewerker: J.H. Pierneef. Alle bydraes aan die Redaksie. Alle boeke vir resensie, besigheidsbriewe, intekengelde, advertensies, ens., aan J.H. de Bussy, Bus 460, Pretoria. INHOUD. Bladsy Inhoud and Advertensies i-ii Tentoonstelling van J.A. Smith op Stellenbosch A.C. Bouman 1 Na die Dagtaak G. Mes 4 Herfsrose Theodor Storm 5 Willem van Oranje, ‘Vader des Vaderlands’ M. Bokhorst 13 Iets oor die oudste Geskiedenis van Transvaal S.P. Engelbrecht 16 Felix Qui Potuit Marie Linde 20 Kinderfantasie Kleinjan 27 Leipoldt as Digter G. Dekker 28 Seegeruis - Die Sterre, G.M.v.d. Heever 37 Indrukke van die Kottler Tentoonstelling in Pretoria M. Bokhorst 38 Oor die publikasie van Historiese Bronne G.S. Preller 44 OOR BOEKE: Abr. H. Jonker: Die Plaasverdeling, Francois Malherbe 50 C.M.v.d. Heever: Simson, Francois Malherbe 51 Dr. K.H. de Raaf en J.J. Griss: Stroomingen en Gestalten (Deel III-V) G. Dekker 53 Jac. van Looy: Gedichten G. Dekker 54 G. Waterhouse: Simon v.d. Stel's Journal A.P. Goossens 55 Dr. G. Dekker: Die Saga van Grettir, die Sterke J.J. le Roux 58 Anthonie Donker: Ter zake, C.M.v.d. Heever 59 P.N. Dezaire: Handboek der Poëtiek, C.M.v.d. Heever 60 NUWE BOEKE 62 Advertensies iii-v {==1==} {>>pagina-aanduiding<<} Die Nuwe Brandwag Tydskrif vir Kuns en Lettere DEEL V. No. I. PRETORIA. FEBRUARIE 1933 Tentoonstelling van J.A. Smith op Stellenbosch. DIE beeldende kuns van Suid-Afrika vertoon een kenmerk wat uitstaan bo die ander: 'n gesonde naïwiteit. Veral spring dit in die oog by vergelyking met die kuns van ander lande, veral dan van sommige moderne rigtinge. Die Afrikaanse kunstenaar breek nie sy kop oor probleme nie, hy strewe nie in die eerste plek bewus na teoretiese ideale nie: hy skilder uit 'n pure vreugde om die skoonheid, hy getuig daarvan, meer as om dit te herskep tot ander waardes. Daar is wel 'n weerkaatsing van Europese kunslewe ook in ons land; Pierneef se later werk is daarvan 'n sterk voorbeeld, juis vergeleke by sy vroeër tyd. Irma Stern is 'n persoonlikheid wat worstel, Caldecott was 'n stryder ook vir teoretiese helderheid. En terwyl elke kunstenaar vandag veel meer as in vroeër tye homself rekenskap gee van sy eie strewe en van sy eie plek in die kunswêreld, tog gebruik ek die woord naïwiteit in 'n prysende sin, en nie ironies nie. Sonder om die twee kategorieë: die meer bewus-optredende, wat aan die intellek en die gees 'n groot plek inruim, en die meer naïewe, wat veral uit die hart opwel, teen mekaar te wil afweeg, meen ek dat vir Suid-Afrika die tweede vandag die mees gewenste is. Die kunslewe in ons land is nou eenmaal nog nie so intens soos elders nie, die kunstenaars vorm nog nie so'n aparte kraal soos in Parys en ander wêreldstede nie, en hulle moet dus noodwendig in veel nouer aanraking bly met die volk. J.A. Smith is 'n seun van die volk, 'n Boereseun. Reeds as kind, na die stryd tussen Boer en Brit, het hy dit gewys in soms pynlike konflikte. Hy het kleur beken van die begin af. En as skilder doen hy dit op 'n dubbele wyse: met die werklike kleure van sy palet, en met die sinnebeeldige van sy gevoel en karakter. Ek, wat hier nou iets oor sy werk skrywe, kan hierdie uitdrukking ‘kleur beken’ gebruik om die man in sy ontwikkeling te probeer bekyk. Dit is naamlik glad nie 'n maklike ding om in hierdie land, met sy dikwels oorweldi- {==2==} {>>pagina-aanduiding<<} gende kleureprag, werklik kleur te beken nie. Dit vereis krag, manmoedigheid, om nie jou oë toe te knyp nie maar hulle oop te hou en te gaan skilder wat jy werklik sien. 'n Jaar gelede, op die tentoonstelling in die Nuwe Kunsmuseum in die Kaapstad, was daar enkele fraai klein stukke van hom, beskeie van formaat, maar ook van kleur. Ek het die vergelyking getrek met die werk van Van Goyen, die sewentiende-eeuse Hollander, een van die mees atmosferiese landskapskilders van alle tye. Smith het hom ook besonder aangetrokke gevoel tot onderwerpe met een oorheersende stemming en kleur; dit was dan ook in ooreenstemming hiermee dat sy beste stukke gesigte was op die strand: 'n stuk see en duine, met 'n egalige plantegroei en silwerkleurige wolke daarbo. Hier was geen fel-sprekende kontraste nie, en dus ook nie die moeilikheid om allerlei teenstellings in een skema onder te bring nie. Ek het dit as 'n gelukkige, waarskynlik instinktiewe, insig beskou, dat die skilder sy keus so bepaal het en nie anders nie. Hy het binne die perke wat hy homself gestel het, mooi dinge bereik, en gewys dat hy 'n aangebore gevoel besit vir eweredigheid en 'n beskeie manier om sy gawes aan te pas aan die onderwerp en omgekeerd. Die tentoonstelling van sy werke op Stellenbosch in Oktober laaslede het hierdie eerste gunstige indruk meer as bevestig. Hier was 'n flinke aantal skilderye, sodat ons 'n vollediger beeld kon kry van die kunstenaar. Daar was verskeie stukke van dieselfde opvatting as die strandgesigte, maar deurgaans was hierdie werk tog ryker en voller van kleur. Die eerste afgebeelde skildery, Landerye, is oorwegend ‘blond’ geskilder; nuanserings van goudgeel koringskowe, grysgroen grond, goudgroen struike en bome wissel mekaar af; daartussen egter straal 'n pers akker uit, sonder om die omgewing te oorstem; die lug is egalig koperkleurig, sterk van lig en gloed - kortom, daar is baie meer individuele kragte binne die omraming; die eenheid is egter behou - 'n bewys dat die skilder gewin het aan selfbeheersing, wat hom openbaar in die beheersing van die kleurwaardes, sterk en gaaf naas mekaar. Daarby is die komposisie rustig-oorwoë, sonder om styf van gestileerdheid te word; dit is 'n weldadig-aandoende verbinding van natuurlikheid en stylgevoel. Die skilder besef blykbaar dat daar 'n gevaar kan skuil in die altyd opnuut herhaalde poging om terwille van die harmonie elke kleur 'n toon laer te stem; dit sou kan lei tot 'n sekere toonloosheid of grysheid van die geheel. Wanneer jou gemoedstemming miskien ook neig tot 'n gedempte vreugde, wanneer jy dit wil terugvind in jou omgewing, ook in die landskap, dan help dit saam om die palet sober te hou. Daarom is dit belangwekkend om te sien hoe Smith in die skildery Kontraste doelbewus daarop uit is om besonder sterk sprekende waardes teen mekaar op te weeg. Hy wou homself op die proef stel en uitvind hoever sy {==*2==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding LANDERYE. Deur J.A. Smith. ==} {>>afbeelding<<} {==3==} {>>pagina-aanduiding<<} beeldende vermoë kan gaan as dit afwyk van die mees geliefde paaie. Die teenstelling op die skildery is tweeledig: dit steun op die kleure sowel as op die lyne. Swaar slagskaduwees word deur die hoë, dreigende wolke gegooi op die heuwelrug, maar die skoongeveegde lug daartussen is besonder bleek en koel, die voorgrond en die huis belig deur 'n laagstaande son. Die lyne van die landskap self is rustig, langgestrek; die hoë bome saam met die wolke, daarenteen, sterk bewoë en dramaties. Die totaaleffek van die skildery is gelukkig, en in sover 'n verblydende teken van die voorwaarts-strewende gang van die skilder. Oorweldigend is dit nie - daarvoor is dit nog te berekend, dit mis die ietwat brutale durf waarmee Vlaminck, by voorbeeld, 'n landweg onder 'n donderbui neergooi. Tog lê ook in hierdie rigting moontlikhede, al meen ek dit te moet betwyfel of dié moontlikhede die meeste ooreenstem met Smith se aanleg. Ons beperk ons in hierdie opstel tot vier werke - maar dié is ook die beste van die tentoonstelling. Jammer dat die volgende twee hulle so sleg daartoe leen om gereproduseer te word, dat afgesien moes word van die voorneme om hier 'n afbeelding daarvan te gee. Die ou Botterboom sowel as die Landskap vertoon sterk kwaliteite. Die eerste is meer 'n studie, die tweede 'n komplete skilderstuk. Daarom is daar in die eerste ook meer aksie, meer spontane vormgewing. Die penseelvoering is breed en fors, tog gevoelig, in die goeie sin van die woord ‘modern’. Dit is makliker om daarin tekortkomings aan te wys; so is vir my die berg- en boswêreld op die regterhelfte effens te vlak, te één-tonig, dit neem meer plek in as wat dit toekom; ook die lug is enigsins vlugtig afgeskeep. Maar die tekortkomings is tewens deugde, omdat die vlugtigheid verhinder dat jou aandag afdwaal van die hooffiguur: daardie verweerde, grillige, en tog nog trouhartig lewendige ou boompie. Dit staan daar in 'n hoekie van die wêreld, en dit pronk met sy sierlik verspreide groot blare. Daardie blare is fraai geskilder, fraai bleek-groen van kleur, dit tref jou as die openbaring van die lewe, wat jeugdig stroom, uit die aarde, deur die ou stam en skors van die boom. Hoewel 'n mens die stuk nie dekoratief kan noem nie, is die dekoratiewe werking van die groen blare tog besonder sterk: dit is die lewe, gesien en gevoel deur die herskeppende kunstenaar. Die ‘Landskap’ is die mees deurwrogte stuk, in sy komposisie en in sy kleure. Dis rype werk, geestelik en vormlik. Die toon is 'n deurdrenkte, warme bruin, waaraan pers en geel-oker ondergeskik bly. Elke détail wat afbreuk sou kon doen, is weggelaat, sodat die stemming ongebroke kan spreek. En juis deur hierdie kenmerke, wat 'n styl openbaar, is die skildery minder ‘naïef’ as al die ander. Daardeur ook is dit wellig moeiliker om aangedaan en getref te word, omdat 'n mens besef dat jy hier staan voor 'n bewuste, intellektueelverfynde arbeid. Gelukkig is dit nie net 'n teoreties-mooi stuk nie, dit behou {==4==} {>>pagina-aanduiding<<} sy gevoelswaarde saam met sy styl, en daarom plaas ons dit aan die end van ons beskouing. Dit is nie naïef in die sin dat dit 'n blote navolging van die natuur sou wees nie - dit kan 'n mens beter bereik met 'n fotografie -, maar tog oorheers ook hier die gevoel, die spontane liefde vir kleur en lyn, bo die gees. Die laaste, bewus-vormende element egter het die natuur verhef op 'n hoër plan: om 'n spieël te wees vir die menslike geestesoog. Ons hoop en vertrou dat Smith in die toekoms tyd en krag sal vind om sy skildersaanleg steeds sterker te ontwikkel, sonder om sy eie aard, die met die natuur vergroeide en vertroude liefde, te verloën. A.C. BOUMAN. Na die Dagtaak. Nou staar my siel soos op 'n wye see Waarvan die spieël deur geen rimpel word gebreek, Soos blanke boot, geanker op die ree, Soms toef 'n wyl, op reis na onbekende streek. Daar sweef 'n voël, loom van vleuelslag Verby, 'n wolk dryf in die vert met goud omrand En maak sereenheid van verbye dag Nog dieper van oneindigheid. Ek sien geen land. 'n Ruising, met 'n onbestemd geluid, Dryf sluiers voor sig heen, fluwelig swart, Wat alle dinge tot een vorm omsluit. Verraderlik peilloos loer voor my Die diepte, soos 'n vroumens sonder hart. Ontroerd hoor 'k kerkkloktone nadergly. G. MES. {==5==} {>>pagina-aanduiding<<} Herfsrose. EK was in die nabyheid van 'n Noordduitse stad op die landgoed van 'n vriend op besoek. Ons het 'n groot gedeelte van ons jeug saam deurgebring, tot ons, amper aan die einde daarvan, deur die verskil van ons beroep geskei is. Gedurende die twintig jaar waarin ons mekaar nie gesien het nie, het hy die direkteur van 'n belangrike handelshuis geword wat hy opgerig het; my het die omstandighede in die vreemde gedryf en daar vir altyd vasgehou. Nou was ek eindelik weer 'n keer in my geboorteplek. Die gasvrou het ek tot nog toe nie geken nie. Sy was nie meer jonk nie; maar in haar bewegings was nog die vlugheid van die jeug, en haar rustige oë was van 'n kinderlike helderheid. Daar het tussen hierdie twee mense, soos ek al gou geleentheid gehad het om te bemerk, 'n wedersydse eerbiedige liefde geheers, byna soos tussen 'n bruidspaar. Wanneer sy netjies gekleed vir die ontbyt die saal binnekom, soek haar oë eers na hom en doen aan syne die stille vraag of sy hom só geval. Dan verdwyn die diep rimpel 'n oomblik van sy voorhoof, en hy vat die hand wat sy hom reik, nes of dié hom pas so-ewe aangebied is. Partymaal, wanneer hy in sy werkkamer aan die skryftafel sit, kom sy uit die woonkamer of uit die daarvoor geleë tuinkamer en gaan swygend langs hom sit; of sy gaan staan ongesien agter sy stoel en lê suutjies haar hand op sy skouer asof sy hom moet verseker dat sy in sy nabyheid is, dat sy vir hóm daar is. Dit was 'n sonnige namiddag in Oktobermaand. My vriend het juis, na afhandeling van sy sake, uit die stad teruggekeer, en ons het oor die ou dae sit en gesels op die breë terras voor die huis, vanwaar 'n mens oor die laer geleë tuin en oor 'n aangrensende groen weiveld die uitsig het op die donker water van die Oosseebaai en, oorkant die baai, op sag glooiende beukebosse waarvan die loof reeds begin verkleur. Dit alles saam met die diepblou herfshemel daar oorheen was deur die hoë populiere wat aan weerskante van die terras staan, soos deur donker reusecoulisse omlys. - Die vrou van my vriend het, met haar jongste dogtertjie aan haar hand, uit die oopstaande vleueldeur van die tuinkamer gekom en met 'n stil glimlaggie by ons verbygegaan; sy wou haar nie indring in ons skimme-wêreld waaraan sy geen deel het nie. Nou staan sy met die kind op haar arm aan die rand van die terras en kyk 'n verbyvarende stoomboot agterna, wat met die gebruis van sy ratte reeds 'n tydlank die stilte van die landskap onderbreek het. Haar hoë {==6==} {>>pagina-aanduiding<<} gestalte, die omlyning van haar edele hoof teken hulle duidelik teen die donker hemel af. Ons twee se oë mag haar onwillekeurig gevolg het, want die gesprek het verstom. Ek het verstrooid na die druiwe gereik wat in 'n kristalbakkie voor ons op die marmertafeltjie staan. ‘So moes dit kom,’ sê ek eindelik, terwyl ek die onderwerp van ons gesprek nog weer 'n slag opneem, ‘ek wat selfs met kastaiings en kersiepitte handel gedryf het, het 'n man van die wetenskap geword; en jy - waar het jou treurspele gebly wat jy as skoolseun geskryf het?’ ‘Die Italiaanse boekhouding,’ antwoord hy glimlaggend, ‘is 'n kwaai medisyne teen die poësie; en tog moes ek nog my vaste wil daarby voeg om die middel te laat werk.’ Hy kyk my aan met sy donker oë wat nog die idealistiese trek verraai wat hom in sy jeug onderskei het. ‘Dit sal jou seker moeite genoeg gekos het,’ sê ek. ‘Moeite?’ herhaal hy langsaam, - ‘dit is miskien nog die minste wat dit my gekos het.’ En daarby het 'n blik na sy vrou gevlieg, so teer en gelukkig asof hy die geliefde pas onlangs verower het. Onwillekeurig moes ek aan 'n klein voorval op die eerste dag van my besoek dink. Toe het, by die binnekom in die werkkamer van my vriend, my eerste blik geval op die beeltenis van 'n skone jong meisie wat langs sy skryftafel hang. Dit was in olieverf, met helder, ligte kleure en met 'n werklik sonnige vrolikheid en lewensfrisheid. Op my vraag wie dit voorstel, het Rudolf geantwoord: ‘Dit is die portret van my vrou. Dit wil sê,’ het hy daarby gevoeg, ‘van die meisie wat later my verloofde en toe my vrou geword het. Dit is vir haar grootouers geskilder en het uit hul nalatenskap aan haar teruggekom.’ Hy het onder hierdie woorde eweneens voor die portret gaan staan, terwyl ek in gedagte die jeugdige trekke vergelyk met dié van sy vrou wat ek nog slegs vlugtig gesien het. - Toe ek my na 'n rukkie tot hom wend, dra sy gelaat die onmiskenbare uitdrukking van 'n byna smartlike innigheid wat ek my gedurende my verdere verblyf hoe langer hoe minder kon verklaar. Want hierdie meisie het immers syne geword; sy leef, en - so het dit gelyk - sy maak hom nou nog gelukkig. Op hierdie oomblik stap die skone, rustige gestalte voor ons van die terras na die tuin toe en aangesien ek nie gevrees het dat ek 'n ongeheelde wond sou aanraak nie, kon ek my destydse waarneming nie langer verswyg nie. ‘Wat was dit, Rudolf?’ vra ek en vat my jeugvriend se hand, ‘sê dit vir my as jy kan.’ Hy kyk nog 'n maal ondertoe na die tuin waaragter uit die weiveld die aandnewels reeds begin opstyg. Toe stryk hy sy sagte hare van sy voorhoof {==7==} {>>pagina-aanduiding<<} weg en sê met die hartlike toon van sy stem wat my vroeër so vertroud was: ‘Daar is geen onreg by en ook geen onheil nie; ek kan jou dit gerus sê -, vir sover so iets kán gesê word. - Jy het destyds uit my briewe verneem, hoe ek my vrou nou amper vyftien jaar gelede in my ouerhuis leer ken het. Sy het my suster besoek wat sy by die strand op ons Wessee-eilande ontmoet het. Ek het destyds in die mees ingespanne en afmattende werksaamhede geleef. 'n Vennoot op wie se middele 'n deel van die pas opgerigte handelshuis gedryf is, het skielik gesterf, en die ontbrekende geld moes op 'n ander manier binne 'n baie kort tydsbestek bygepas word. Daarby het nog gekom die oprigting van die stoomvaartmaatskappy wat ek reeds destyds voorberei het, maar waarvan die uitvoering gedurig op nuwe hindernisse gestuit het weens die naywer van die omgewing. Ek het, as ek die dag in werk en opwinding deurgebring het, 'n bemoedigende belangstelling nodig gehad, 'n toevlugsoord waar ek my hart kon laat uitrus. Albei het ek by die jong vriendin van my suster gevind. Saans in die tuin van my ouerhuis, by die op- en neerwandel deur die ligusterlanings, was my planne en my sorge die onderwerp van ons gesprekke; sy het 'n oor vir alles gehad en ook 'n begrip daarvan. Die eenvoud en rustige versekerdheid van haar wese wat jy onlangs, reeds die eerste dag van jou besoek hier, in haar bewonder het, was toe al aanwesig. Maar ook die moedswilligheid van die jeug was haar nie vreemd nie. Ek herinner my een aand toe ek by die ou tuintafel teenoor albei meisies in die tuinhuisie gesit het. Daardie dag het allerlei ongelukke my getref. In 'n skielike aanval van moedeloosheid het ek uitgeroep: “Dit gaan op die ou end tog nog bo my kragte!” Sy het nie daarop geantwoord nie, maar sy het swygend haar kin in haar hand gestut en my 'n rukkie soos met toornende, verbaasde oë aangekyk. Toe draai sy haar hoof na my suster en sê glimlaggend: “Sien jy! Hy glo dit self nie meer nie!” En sy het gelyk gehad; reeds die eersvolgende weke het ek gevoel dat my kragte toereikend was. Dit het ten slotte amper vanselfsprekend geword dat sy haar hand in myne lê en dat ek dié vashou. Ander het my van haar skoonheid vertel; ek het haar daarop beskou; ek het toe nog nooit daaraan gedink en dit ook verder nie gedoen nie. So het sy my vrou geword; 'n gesellin vir die lewe wat die dae vir my gebring het en voor my geplaas het as 'n steeds vernieude probleem om op te los. Jy sal jou herinner - want ek het destyds nogal dikwels aan jou geskrywe - hoe van toe af die een warboel na die ander opgelos is. Vir my het dit gevoel asof dit deur haar hand geskied; want sy op haar plek het die gawe besit om alles op die regte oomblik te doen; sy het die stomme taal van die dinge verstaan, nes Goud-Maria van die sprokie, wat in die verbygaan uit die bome hoor roep: “Skud ons, ons appels is almal ryp!” Reeds na enkele jare was ek in staat om hierdie villa te koop en na ons beskeie wense in te rig. Maar met die geluk wat my begunstig het, het ook my besigheid uitgebrei; ek {==8==} {>>pagina-aanduiding<<} het dit nie besit nie, dit het my besit, ek was vasgevang in 'n net van sorge, wat die een die ander opgevolg het; al die kragte van my gees was aan hierdie een diens gewy wat hulle dag vir dag in beslag geneem het.’ My vriend het geswyg. Sy oudste, twaalfjarige dogtertjie het uit die huis na ons toe gekom en na haar moeder verneem. Hy vat haar in sy arm en luister na die tuin ondertoe. Daar kon 'n mens van die glashuis waarvan die wit dak se punt langs die tuinmuur bo die bossies uitsteek, die klein dogtertjie se gelag hoor, en daar tussendeur as 't ware sussend die stem van haar moeder. ‘Toe loop, Jennie!’ sê hy glimlaggend, ‘daar is twee groot vye ryp; julle kan hulle maar vat!’ Sy knik, en weg is sy, die trap af en oor die grasperke wat onderkant die terras lê, en dan verdwyn sy in die struikie. Haar vader kyk haar 'n oomblik agterna, dan vervolg hy: ‘Dit was in die voorjaar, op 'n Sondagnamiddag; die slanke meisie wat ons nou net na haar moeder toe gestuur het, mag toe 'n halfjaar oud gewees het. Die tuinkamer hier by die terras was juis geverf, die voorjaarson het die vloer beskyn en deur die oopstaande vleueldeur het die geur van die jong blaartjies en ontluikende knoppe na binne gedring. Ek het op die rusbank gesit en 'n boek ter hand geneem, iets wat my sedert lank nie meer onder die oë gekom het nie; ek weet nie, of ek aan jou gedink het en aan die Ou-Duitse studies waarin ons ons een tyd so ywerig verdiep het nie, en of ek my slegs wou vergewis dat hier buite vir my 'n ander wêreld bestaan as daar in die stad tussen die donker mure van my kantore. Dit was Meester Gottfried se Tristan wat ek opgeslaan het. 'n Entjie van my het my vrou teenoor my aan die venster gesit, besig met 'n huiswerkie; in die kamer langsaan het die kind in haar wiegie gelê. Alles was stil; niks het my verhinder om met Tristan en Isote die seereis te begin nie. Die kiele gly voort; in die eensame middaguur sit Isote op die dek. Die somerwindjie waai deur haar goue hare; maar haar oë is vol trane uit smartlike verlange na haar geboorteland en uit vrees vir die vreemde waar sy die gryse koning se gemalin moet word. Tristan wil haar troos, maar sy stoot hom terug; sy haat hom, omdat hy haar oom Morolt gedood het. Die lug is drukkend, sy het dors. In die kajuit van die jonkvrou staan, onvoldoende bewaak, die minnedrank wat die hart van Isote vir haar bejaarde bruidegom moet laat ontbrand. 'n Klein hofdametjie roep: “Kyk, hier staan wyn!” en Tristan bied argeloos die beker aan die konigin. “Sy het weif'lend gedrink, sy was so bedroef, En gee dit vir hom; toe drink ook hy.” En nou begin die towerspel van die digter; ons leef met hulle saam in hul twyfel en in hul liefdesbegeerte, hoe hulle nie wil nie en tog moet, hoe hulle nog glo dat hulle vry is en tog bang is om mekaar te verloor. Onophoudelik vloei die soete verse; met hul geheimsinnig betowerende melodie bring hulle die hart {==9==} {>>pagina-aanduiding<<} in vervoering. Ek het hulle voor my gesien, die skone jeugdige paar, hoe hulle saam teen die borswering van die skip leun: hulle blik weg oor die water om nie te sien hoe hul hande heimlik inmekaar rus nie; en onderwyl hulle heeltemal liefdedronke is, spreek hulle as 't ware toevallige vreemde woorde, van oseaan en newel, van lug en see. - - - Die geur van die beker wat die ou meester so vir sy leser weet te suggereer, het opgestyg en ook op my sy towerwerking begin uitoefen. Deur die gedig is iets in my gewek wat die lewe tot dusver laat sluimer het; ek het hierdie ander wêreld nog nie leer ken nie wat aan Tristan en Isote nou sy eie onverbiddelike wette opgedring het, waaronder ook die digter self, soos hy in die aanhef van sy gedig sê, wil te gronde gaan en gelukkig wees. Ek het van die boek opgekyk na my vrou. Destyds, my vriend, het nog die rose van die jeug op haar wange gebloei. Deur die venster het die skaduwees van die jong populierblare op haar voorhoof geval en suutjies heen en weer beweeg terwyl sy haar oë op haar werk neerslaan. - Was sy nie ewe skoon soos die verleidelike Isote nie? Of was die minnebeker geen blote simbool nie en was die geheimsinnige drankie werklik nodig om hierdie soete sinsbegogeling te skep? Op hierdie oomblik het die kind langsaan wakker geword. Die jong moeder staan op en lê haar werkie neer; maar terwyl sy deur die kamer loop, kyk sy my aan met haar skone, blye oë en wink my om haar te volg. - Ek moes glimlag. “Wat wil jy nog meer hê!” het ek halfluid vir myself gesê en slaan die ou towerboek toe. En reeds was sy terug en bring vir my die kind wat haar groot oë, nog dronk van die slaap, wyd oopmaak vir die helder voorjaarson. - - So het dit rustig tussen ons gebly soos dit was. Die een jaar na die ander het verbygegaan; en in die tussentyd het die skone jong vrou langsaam aan my sy verwelk. Ek het dit nie gesien nie; ek het geen oog daarvoor gehad nie hoe die trekke van haar liewe gesig onmerkbaar die tere omlyning van die jeug verloor en hoe die syglans van haar blonde hare verdof; net van haar geestelike wese het ek steeds duideliker bewus geword; ek het duidelik gevoel hoe dit steeds sterker word en ook hoe ek haar steeds meer vereer. Drie jaar gelede is daar nog 'n tweede dogtertjie gebore - luister net! Hulle is in die glashuis; hoe argumenteer sy nie met haar suster nie! Ondertussen het my werksaamhede geleidelik makliker geword; die besigheid het sy gereëlde gang gegaan, sodat ek baie aan ander hande kon oorlaat. My lewe kry eindelik weer ruimte vir ander dinge. Daar die noodsaaklike sonder moeite kon gebeur, het die drang na skoonheid wat die mens aangebore is, hom weer laat geld. Ek het die tuin sy teenswoordige vorm gegee en daar onderkant die roostuin laat aanlê. Jy het reeds gehoor dat {==10==} {>>pagina-aanduiding<<} sy die rose bo alle ander blomme liefhet. Die jaar daarop is die ruime tuinhuis agter die roostuin gebou. Die houtmosaïek van die vloer, die gemakstoele en wat daar verder aan huisraad in nodig was, het ek na tekeninge van 'n bevriende argitek deur kundige handwerkers laat vervaardig; voor die helfte van die hoë vensters is liggrys sygordyne gehang, sodat 'n gedempte, weldadige lig verkry is. In hierdie stil plekkie in die tuin het ek vir die eerste keer in ongestoorde samenhang die eeue-ou sange, die Odyssee - die Nibelungenlied, gelees; ek het hulle hardop gelees; want sy sit langs my en luister, en haar vlytige hande lê onbewus die werk neer. Ook die huismusiek is nie vergeet nie; my het die lewe geen tyd vir die beoefening van kuns gelaat nie, maar my vrou kon sing, en sy het dit altyd graag in my en die kinders se teenwoordigheid gedoen. Ander het daarby gekom wat net so goed kon sing; want onmerkbaar het 'n klein kring van deelnemende en gelykgesinde mense hulle by ons aangesluit. So het in Junie van die vorige jaar my veertigste verjaarsdag gekom. - Die vroeë oggendson het my gewek, verder het alles nog geslaap. Ek het my aangeklee en loop deur die stil huis na die terras. Die grasperke daar onder was nog in diepe skaduwee; net die toppe van die bome en die vergulde nokkie van die tuinhuis glans in die oggendson; daar anderkant op die water lê nog die wit newel waaruit die wiegelende punt van 'n mas net nou en dan te voorskyn kom. Ek het langsaam in die tuin afgestap, geheel vervuld van die gevoel van die soete ongerepte more; ek stap suutjies, asof ek bang is om die dag te wek. Die vorige aand het ek weer 'n keer Meester Gottfried se Tristan gevat en my geheel in die ou boek verdiep. Dit was die laaste blaaie wat hierdie grasieuse digterhand geskryf het. Die towerkrag van die minnedrankie het proefhoudend geblyk. Die skone koningin Isote en Tristan, die koning se broerskind, hulle kon mekaar nie laat staan nie. Die ou lankmoedige koning het eindelik die skuldiges verban; die digter egter bevredig sy kloppende hart en lei sy lieflinge ver van die mense in die wildernis. Geen spioen het hulle gevolg nie; die son skyn, die blomme geur; in die geweldige eensaamheid net sy en hy; om hulle heen die ruisende woud, en onsigbaar in die uitspansel die onophoudelike gesang van die voëls. Hulle wandel in die aandskynsel deur die veld, daarheen waar die koel fontein klater; daar sit hulle onder die lindeboom en blik terug na die rotsgrot waar hulle die nag saam gerus het. Sonop ry hulle op jag deur die bedoude heide, die boog in die vuis, die perde teen mekaar dringend, Isote se goue hare om Tristan se skouers waaiend. In die stil morelug het die beelde van die gedig soos drome in my opgestyg. Intussen het dit later geword; die son skyn warm op die tuinpaadjies, {==*3==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding KONTRASTE. Deur J.A. Smith. ==} {>>afbeelding<<} {==11==} {>>pagina-aanduiding<<} die dou drup van die blare, die welriekende geure van die blomme versprei hulle, en in die lug begin die fyn musiek van die insektewêreld. Ek het die volheid van die natuur gevoel, en 'n gevoel van die jeug het oor my gekom asof die geheim van die lewe nog onontseël voor my lê. Ek verhaas my stap, ek loop minder suutjies; onwillekeurig strek ek my arm uit en breek 'n bloeiende takkie van die struike wat langsaan in die grasperk staan. Onder voor die tuinhuis staan nog die tuinstoele soos ons hulle die aand tevore verlaat het; teen die geslote vensterluike drup die dou af. Ek haal die sleutel uit sy bergplek onder die trap en maak die deure wyd oop dat die oggendlug kan na binne dring. Daarop stap ek terug, trek in die verbygaan aan die geslote deur van die glashuis en gaan na 'n rukkie deur die tuinkamer na die woonkamer van my vrou. In die huis is alles nog stil, die morerus lê nog in alle hoekies. Maar 'n sterk fris rosegeur skyn die nabyheid van 'n verjaardagstafel te verraai. Toe ek die deur van my werkkamer oopmaak, val my oog op 'n olieskildery in ovaal medaillonvorm wat op my skryftafel gestut staan. Dit was die lewensgroot profielbeeltenis van 'n meisieskop; oor die swaar, vergulde lys waarin dit geraam is, lê 'n festoen van groot-oop donkerrooi rose. Die kop was 'n bietjie agteroor gegooi, die glansende blonde hare lyk of hulle pas flussies deur 'n ligte hand teruggestryk is; op die halfgeopende lippe lê die kostelike oormoed van die jeug. Ek het ademloos die skone, jeugdige gelaat staan en aanstaar; dit was vir my asof ek my nabyheid nie durf verraai nie, asof deur 'n onversigtige asemtog alles in 'n waas kan wegwaai. Dit moes 'n wêreld vol voorjaarsonlig wees waarin hierdie jong laggende oë kyk. Ek buig onwillekeurig my hoof. Sy - dit moes sy gewees het; met haar sou ook ek in daardie eensaamheid gevlug het waarna elke mensehart eenmaal verlang - - -’ Rudolf het my hand gevat. ‘En waarom was dit nie sy gewees nie? - Jy ken die beeltenis. Wat ek gesien het, was nie die verbeelding van 'n skilder nie, nie miskien die blonde koningin Isote wat wellig nooit geleef het nie. Hierdie gelaat voor my het aan die lewe, aan my eie lewe behoort; so was sy eenmaal gewees wat baie jare gelede haar hand in myne gelê het, wat nog aan my sy leef. Ek het weer opgekyk, dit het my nie met rus gelaat nie; die dors na skoonheid het my geheel oorweldig. Die aanhef van 'n ou lied skiet my te binne: “O jeug, O skone rosetyd!” - sy het dit destyds in my ouerhuis dikwels gesing. Ek strek my arms na die beeltenis uit asof sy so nog 'n keer moet terugkeer, asof hierdie soete, jeugdige gestalte nog nie vir altyd aan die verlede ten offer geval het nie. Toe plotseling, terwyl my hart deur berou en deur vergeefse smartlike verlange verskeur word, kom 'n besef van ontwyfelbare, onuitspreek- {==12==} {>>pagina-aanduiding<<} like geluk oor my. Sy wat eenmaal so gewees het, sy self lewe nog, sy is in die onmiddellike nabyheid, ek kan nou al, hierdie oomblik nog by haar wees. Ek het die kamer verlaat, ek het haar gesoek; maar sy was nie meer in die huis nie. Toe ek afgaan na die tuin toe, kom sy my onderkant die terras teë. Sy kyk my glimlaggend aan asof sy in my oë die vreugde oor haar verjaardagsgeskenk wil lees. Maar ek het haar geen tyd gelaat nie, ek het swygend haar hand gevat en haar na die tuin gelei. En soos sy in haar wit oggendkleedjie op haar meisiesagtige manier langs my loop, met haar stil oë my vraend en verbaas beskouend, soos haar hand so lig en toegewyd in myne lê, kon ek nie wag om my in aanbidding voor haar neer te werp nie, want al die hartstog van my lewe het ontwaak en op haar aangedring, onstuimig en onweerstaanbaar.’ Rudolf swyg 'n oomblik; toe sê hy saggies, terwyl hy voor hom uit in die aandgloed kyk wat reeds met sy laaste skynsel aan die hemel brand: ‘So het ook ek nog uit die minnebeker gedrink, 'n diep, kragtige teug; te laat - en tog nog nie te laat nie!’ Ons het swygend langs mekaar gesit; langsamerhand het die duisternis geval. In die tuin het alles stil geword, maar onder in die tuinhuis was die ligte al aangesteek en het deur die bossies geskyn. Toe word 'n akkoord aangeslaan en, deur 'n diepe altstem gesing, klink die woorde deur die nag: O jeug, O skone rosetyd! THEODOR STORM (vertaal deur J.J. Dekker). {==13==} {>>pagina-aanduiding<<} Willem van Oranje, ‘Vader des Vaderlands.’ 24 april 1533 - 10 juli 1584. NU de Afrikaners met de Nederlanders en de Vlamingen zich opmaken om het vierde eeuwfeest van Willem van Oranje's geboorte te gaan herdenken, rijst bij ons allen de vraag: ‘Wat betekent hij voor heden en verleden van zijn volk en zijn stam, en wat is zijn plaats in het wereldgebeuren?’ Deze vraag, waarover hier enkele losse gedachten volgen, ligt de Nederlander echter zo na aan het hart, dat het hem en ‘Die Nuwe Brandwag’ vergeven zal worden, indien daarvoor zijn moedertaal, het Nederlands, wordt gebruikt. Voor Nederland is Prins Willem de vader van de vrijheidsgedachte. Zonder hem ware de Tachtigjarige oorlog wellicht mislukt - als het ooit tot een nationale vrijheidsstrijd gekomen was, zonder de stoot die hij gaf en de volharding, die hij in de moeilikste jaren toonde: ‘U herder sal niet slapen, al zijt ghy nu verstroyt’ zegt hij van zich zelf in het ‘Wilhelmus’, dat, zoals men weet in - of kort na 1568 ontstaan, het oudste volkslied ter wereld is. Zelf niet streng Calvinist volgens de letter, is hij door een harde levensschool tot een levend geloof gekomen, dat hem toen hij vermoord werd, zijn laatste woorden in de mond gaf: ‘Mijn God, hebt medelijden met mij en mijn arme volk’. De Calvinistiese Kerk in Nederland is niet door hem gesticht; zij was zijn machtigste bondgenoot, doch dankt aan hem tevens de mogelikheid tot een vrije opbloei, die zich in die dagen in geen land der wereld genoot. Vader Willem legde dus de grondslagen van de politieke en godsdienstige vrijheid van een Protestants-Nederlands volk. In de geschiedenis van de wereld is zijn plaats echter een ruimere: In een tijd toen Filips van Spanje ‘auto da fè's’ hield en Calvijn betrokken was in de verbranding van Servet, in een tijd, toen ‘gewetensvrijheid’ nog een vrijwel onbekend begrip was, in een tijd, toen de Duitse Protestanten niet mèèr konden bereiken, dan dat in iedere staat de vorst de godsdienst van zijn volk zou voorschrijven, in een tijd dat Prins Willem zelf nog Rooms was, verklaarde hij reeds in de Staatsraad van Filips van Spanje, dat hij niet kon goedkeuren, dat vorsten over het geweten van hun onderdanen zullen heersen en hun de {==14==} {>>pagina-aanduiding<<} vrijheid van geloof en godsdienst onthouden. En zijn verdraagzaamheid was niet een opportunisties erkennen van alles wat zich ‘geloof’ noemt, maar, zoals een modern schrijver zegt: ‘een weten, dat God groter is dan alle uitspraken over Hem.’ *) Zo was deze Leider zijn omgeving en zijn tijd meer dan een eeuw vooruit met zijn leer van religieuze verdraagzaamheid en gewetensvrijheid, waarmee hij de lijn van Erasmus in Nederland voortzet en een lichtbaken in de geestesgeschiedenis van de mensheid is geworden. Maar wat hij de vorsten op geloofsgebied ontzegde, wilde hij hun ook op ander gebied niet toestaan, en zo werd deze 16e-eeuwse vorst de eerste bestrijder van de vorstelike tyrannie: een Leider, ook in dit opzicht het Nederlandse volk waardig. Niet voor niets staan op het Hervormersmonument in Genève naast het beeld van Willem van Oranje diens woorden gebeiteld: ‘De ondersaeten zijn niet van God geschapen ten behoeve van den prince, om hem in alles, 't zij goed of kwaad, recht of onrecht, onderdanig te zijn en als slaven te dienen, maar de prince is er ten behoeve van de ondersaeten, zonder dewelcke hij geen prince en is, om hen met recht ende redenen te regeeren.’ Is dit niet in de 16e eeuw een verkondiging van de leer der volkssouvereiniteit, die in de 18e eeuw de geesten zou veroveren en de wereld tot een zegen zou worden? Tenslotte de Dietse stam: Wat is daarvoor zijn waarde en betekenis? Willem van Oranje heeft de gehele Nederlandse stam door zijn opwekkend voorbeeld bewust gemaakt van eigen wezen - van eigen volksaard; en van het recht, die eigenaard autonoom te beleven en te ontwikkelen. Dat ook de Vlamingen erkennen, wat Willems leven in deze voor hen was en is, doordat hij, al zijn ze dan ook van Nederland losgemaakt en tot België gaan behoren, hun Dietse stamgevoel voor hen heeft gered, bewijst wel de wijze, waarop hij in deze dagen overal in Vlaanderenland wordt herdacht en geëerd. Maar meer dan bewustwording alleen heeft Willem voor de Dietse stam betekend: hij heeft steeds erop gewezen, dat de groei en de bloei van de stam als geheel, niet door de verschillen tussen de stamdelen belet mochten worden: ‘Het verschil is te cleen om gedeeld te blijven’ prentte hij allen in. Toen de Afrikaners zich in later eeuwen afsplitsten tot een zelfstandige natie, hebben de Nederlanders ten opzichte van dit deel van de Dietse stam zijn woorden ter harte genomen; en meer dan iemand anders zijn nobele nazaat, koningin Wilhelmina. Wij zouden willen zeggen, dat het zenden van de ‘Gelderland’ aan president Kruger een daad was in de geest van Vader Willem en zijn nagedachtenis waardig. Als wij nu tenslotte nog bedenken, hoe het Willem van Oranje's werk was, dat Nederland in de 16e en 17e eeuw een toevlucht werd van om den {==*4==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding PRINS WILLEM I VAN ORANJE. (Schildery van Thom Key in het Mauritshuis te 's Gravenhage.) ==} {>>afbeelding<<} {==15==} {>>pagina-aanduiding<<} gelove vervolgden - zoals Joden en Hugenoten - en hoe hij dus de komst van de Franse Protestanten naar de Kaap heeft mogelik gemaakt, dan zien we in, dat er alle reden is om ook in Zuid-Afrika op 24 April van dit jaar de ‘Vader des Vaderlands’ te herdenken. Prins Willem I van Oranje behoort aan de wereldgeschiedenis; als Vader Willem hoort hij bij Nederland. Maar de Hollanders mogen hem niet alleen voor zich opeisen, want de Geuzen en de Hugenoten, de stoere strijders die in zijn legers voor geloof en vrijheid streden, zij samen zijn de voorouders ook van die jonge natie van zo oude afkomst, die hier in Zuid-Afrika de strijd voor geloof en vrijheid streed. Mogen daarom Hollanders en Afrikaners eendrachtiglik als broeders deze dag herdenken en moge Oranje's geest over ons komen in deze zware tijden! M. BOKHORST. Literatuuropgave: Dr. P.J. Blok, Willem de Eerste, Prins van Oranje. 2 dln. Ruth Putnam, William the Silent. Ook in Ned. vertaling populair.) Dr. P. Leendertz, Het Wilhelmus van Nassouwe. ‘De Gids’, Januari-nr. 1933 (Geheel gewijd aan W.v. Or.). Dr. J.C.A. Fetter, De symbolische beteekenis van W.v. Or. voor ons volk en ons geloofsleven (vrijzinnig Prot.). A. den Hertog, Beelden uit het leven van Prins Willem I, Vader des Vaderlands. Prof. Dr. P. Geyl en anderen: Wilhelmus van Nassouwe, met een inleidend woord van Prof. Albert Verwey. Prof. Dr. A.A. van Schelven (Hoogleeraar a.d. Vrije Universiteit, Amsterdam): Willem van Oranje. Een biographie. De Prins als mensch. Zijn deugden en gebreken, zijn zorgen, successen en teleurstellingen; de ontwikkeling zijner denkbeelden over het geoorloofde van verzetspleging; de groei en de aard van zijn werken voor vrijheid van godsdienst, enz. 1933. Ca. 250 bladz. Royaal octavo. Gld. 5.-. Geb. 6.50. Prof. Dr. L. Knappert (Hoogleeraar a.d. Rijksuniversiteit, Leiden): Willem I, Prins van Oranje, Vader des Vaderlands. Een kort overzicht van zijn leven en werken, vooral aantoonend de verdraagzaamheid van den Prins betreffende de verschillende levensopvattingen en godsdiensten van zijn tijd, en zijn houding tegenover het Katholicisme en het Protestantisme. 1933. Gld. 1.90. Dr. M. Bokhorst, Hoe Willem van Oranje Calvinist werd. (Almanak vir die Ned. Herv. Kerk van Afrika 1931.) {==16==} {>>pagina-aanduiding<<} Iets oor die Oudste Geskiedenis van Transvaal. DIT is ons algar bekend dat die eerste Voortrekkers in 1836 Transvaal binnegetrek het. Tog het daar al lank voor dié tyd Afrikaners duskant die Oranjerivier, in die teenswoordige Vrystaat, gewoon. So is daar, b.v., in die Staatsargiewe te Pretoria 'n brief aanwesig van Andries van der Walt waarin hy sê dat hy al vanaf 1824 buitekant die grense van die Kaapkolonie gewoon het. In daardie jaar het hy al die Oranjerivier oorgetrek. Dit was op die plaas van hierdie Andries van der Walt dat Pretoria in 1855 uitgelê is, en Van der Waltstraat en Sint Andriesstraat is na hom genoem. Vroeër het hierdie laaste straat alleen ‘Andriesstraat’ geheet, maar 'n dertig jaar gelede is die Sint as 'n epitheton ornans daarvoor gevoeg, sodat ons met reg kan sê dat Andries van der Walt die enigste Afrikaanse heilige is wat ons het. Die trekke van Carl Trichardt en Hans van Rensburg van 1836 het nie tot 'n blywende nedersetting in Transvaal gelei nie. Ons weet hoe die Van Rensburgs uitgemoor is en die Trichardts na Delagoabaai gegaan het, waar die grootste gedeelte aan die koors dood is, en die oorlewendes uiteindelik in Natal aangeland het. Trouens, Natal was die mikpunt van die Voortrekkers, en dáár het die middelpunt van hulle aktiviteite gelê, en dáár was hulle groot leiers soos Piet Retief, Gert Maritz, Piet Uys en Andries Pretorius. Hendrik Potgieter, wat ook 'n kragtige figuur was en een van die groot leiers, was egter individualisties van aard, met die neiging tot 'n alleenheerskappy, en daarom wou hy nie in Natal bly nie, maar het hy Transvaal ingetrek, waar hy in 1839 die eerste dorp gestig het, naamlik Potchefstroom, die hoofdorp van die distrik Potchefstroom. Hierdie distrik het ook die noordelike Vrystaat omvat. Waar by Potgieter 'n desentralisasiebeginsel sterk na vore gekom het, daar was Andries Pretorius, net soos later sy seun Martinus Wessel, 'n sterk voorstander van sentralisasie. Dit was dieselfde gedagte as wat ons in Holland vind, waar ook twee strominge was in die sewentiende en agtiende eeu en Oranje vir die sentralisasie gestaan het en die Regente vir desentralisasie. Was die gedagte uit Holland na Suid-Afrika oorgeplant? Eindelik het Pretorius dit reggekry dat die twee groepe, naamlik die Natalse groep en die Potchefstroomse groep, op 'n byeenkoms te Potchefstroom op 16 Oktober 1840 saamgesmelt het. Daar het die voormanne toe bepaal dat die ‘twee maatschappye’ - dié van Natal en dié van Potchefstroom - ‘tot nut en voordeel van de gehele volkplanteng’ heeltemaal vernietig sou word en ‘dat de publiek nimmer zullen ge- {==17==} {>>pagina-aanduiding<<} doogen nooit een tweede of ander maatschappy in onze grondgebied zullen worden opgeregt,’ en as daar iemand later skeuring wou veroorsaak en 'n tweede regering wou oprig, sou ‘zoodanige dadelyk door onze wetten worden teregt gesteld’. Daar sou net een volksraad wees en dié sou in Pietermaritzburg sit, terwyl Potchefstroom 'n adjunkraad sou hê om die belange van hierdie distrik te behartig. Hierdie adjunkraad sou egter ondergeskik wees aan die Volksraad van Pietermaritzburg - om dit in ons terminologie te sê: die Unieparlement sou in Pietermaritzburg sit en die Potchefstroomse Provinsiale Raad in Potchefstroom. Daar sou egter twee ‘hoofleiers’ wees, die twee Generaals, Pretorius en Potgieter; Pretorius se terrein van werksaamheid sou Natal omvat en Potgieter s'n die distrik Potchefstroom. Soos reeds gesê, het die distrik Potchefstroom sowat die teenswoordige Transvaal en 'n stuk van die Vrystaat omvat. Al twee die Generaals sou egter onder die een Volksraad van Pietermaritzburg staan en van hierdie liggaam hulle instruksies ontvang. Hierdie kompromie was 'n merkwaardige oplossing van die verskil tussen die sentralisasie-gedagte van Pretorius en die desentralisasie-gedagte van Potgieter, naamlik een Volksraad met twee ondergeskikte volkome gelyke Kommandant-Generaals as die twee hoogste amptenare. Toe Natal in 1843 opgehou het om as 'n Boere-republiek te bestaan, het die groot emigrasie uit daardie wêreld na Transvaal 'n aanvang geneem. Noudat Durban vir die Voortrekkers as 'n seehawe verlore gegaan het, het hulle die oë meer en meer na Delagoabaai gerig, en om digter by hierdie seehawe te wees het hulle die dorp Potchefstroom in 1845 opgegee en 'n nuwe dorp aangelê wat nader aan Delagoabaai was, en wat die naam Andries-Ohrigstad gekry het. In dieselfde jaar is die Pietermaritzburgse Volksraad in Ohrigstad voortgesit. Potgieter was met sy aanhangers egter baie ontevrede, want hulle het met 'n sekere mate van minagting op die Natalse groep wat nou Transvaal binnestroom, neergesien, omdat hierdie groep Natal in 1843 nie kon behou nie. Potgieter is dan ook deur sy mense as die enigste voorman beskou wat sy ‘standvastigheid’ behou het. Dit is dan ook goed begryplik dat Potgieter en sy mense deur hierdie redenasie nie onder die Pietermaritzburgse Volksraad, wat nou na Ohrigstad verplaas was, wou staan nie. Hy het gemeen dat die verskuiwing van die Pietermaritzburgse Volksraad na Ohrigstad die oprigting van 'n tweede maatskappy was en dus in stryd met die ooreenkoms van Oktober 1840, en daarom wou hy nie onder hierdie Volksraad staan nie, terwyl die Volksraad weer gesê het dat dit die Volksraad is wat volgens daardie genoemde ooreenkoms die hoogste liggaam was en dat Potgieter sy instruksies ook daarvan moes ontvang. Potgieter het toe geywer vir 'n eenhoofdige bestuur. Hy het beslis geweier om die Volksraad te erken - met ander woorde, die ou geskille van sentralisasie en desentralisasie het weer sterk na vore gekom. Die uiteindelike {==18==} {>>pagina-aanduiding<<} gevolg was dat die nedersetting in Ohrigstad uitmekaar gespat het. Potgieter het met sy aanhang noordwaarts gegaan na Soutpansberg en daar die dorp Soutpansberg gestig, waarvan die naam later in Schoemansdal verander is; die groot gros het na Potchefstroom teruggetrek en die ou verlate dorp weer opgebou en spoedig 'n tweede dorp gestig, die teenswoordige Rustenburg; en die groepie mense wat agtergebly het, het ten suide van die verlate Ohrigstad 'n nuwe dorp aangelê en dit die veelseggende naam van Lydenburg gegee. Dit het toe gelyk of die desentralisasiebeginsel sou seëvier. Tog was dit nie die geval nie. Hoewel die nedersetting van Ohrigstad opgegee is, en in die plek daarvan vier nuwe middelpunte gekom het, naamlik Potchefstroom, Rustenburg, Soutpansberg en Lydenburg, het die een Volksraad tog gebly en sy sittings beurtelings in die verskillende genoemde streke voortgesit en die desentralisasiebeginsel beveg. Met die oog daarop is in September 1849 besluit dat daar voortaan glad geen Kommandant-Generaal meer sou wees nie. Die pos is heeltemaal afgeskaf. Deur hierdie besluit is die moeilikheid tussen Potgieter en die Volksraad wel opgelos, maar in die praktyk kon dit moeilik uitgevoer word. Die land was vol Kaffers en die gevare van botsing baie groot, deurdat die militêre organisasie deur hierdie besluit vernietig was. Dit is dan ook nie vreemd nie dat dit by die Volksraad memories gereent het waarin om 'n Kommandant-Generaal gevra is. Die Volksraad het toe dieselfde pad ingeslaan as in 1840 toe daar 'n kompromie gemaak is deur twee Kommandant-Generaals aan te stel wat albei aan die Volksraad ondergeskik sou wees. In 1851 is besluit om vier Kommandant-Generaals aan te stel, vir elke streek een. Andries Pretorius is aangestel vir Potchefstroom, J.A. Enselen vir Marico, Hendrik Potgieter vir Soutpansberg en Willem François Joubert vir Lydenburg. Hierdie besluit het die legende in die lewe geroep dat Transvaal toe uit vier Republieke bestaan het. Dit is beslis onjuis: daar was toe glad nie vier Republieke nie. Daar was een Volksraad met vier Kommandant-Generaals wat aan die een Volksraad ondergeskik was. Beide Potgieter en Pretorius het hulle aan hierdie kompromie onderwerp. In Mei 1849, twee jaar voor die vier Kommandant-Generaals aangestel is, het die Volksraad die ‘Drie-en-dertig Artikelen’ aangeneem as grondwet van Transvaal. Ook hierdie Grondwet bewys dat die bewering dat daar vier Republieke in Transvaal sou gewees het, 'n legende is. Daar was een Staat met een Grondwet en een Volksraad waaraan vier Kommandant-Generaals ondergeskik was. In 1852 het daar 'n belangrike gebeurtenis plaasgevind. In daardie jaar is deur die Sandrivier-Konvensie die onafhanklikheid van Transvaal erken. Die sluiting van hierdie traktaat het 'n oomblik gedreig om die goeie verstandhouding tussen Potgieter en Pretorius te verstoor, omdat Pretorius sonder opdrag van die Volksraad gehandel het, dog die moeilikheid is met die eersvolgende sitting van die Volksraad uit die weg geruim. {==19==} {>>pagina-aanduiding<<} Die Drie-en-dertig Artikels was as Grondwet baie onvoldoende, en na die dood van Andries Pretorius en Hendrik Potgieter het Martinus Wessel Pretorius teen die end van 1855 gepoog om 'n nuwe grondwet te laat opstel. Daar is vir dié doel 'n kommissie aangestel met die Nederlander Jacobus Stuart as Voorsitter. Paul Kruger was ook een van die Kommissielede. Die jaar 1856 is gebruik om die Grondwet aan die oordeel van die publiek te onderwerp, en in Januarie 1857 het dit in werking getree. Die sentralisasiebeginsel is in hierdie grondwet besonder sterk beklemtoon. Naas die een Volksraad sou daar een Staatspresident met 'n Uitvoerende Raad staan as die uitvoerende gesag, en verder sou daar net een Kommandant-Generaal wees. In Soutpansberg en in Lydenburg was die ou desentralisasiegedagte nog nie heeltemaal dood nie, en daarom is in dié streke nogal taamlik beswaar gemaak teen hierdie nuwe grondwet. Die besware is in Soutpansberg al gou oorwin, maar Lydenburg het sig onmiddellik na die inwerkingtreding van die grondwet finaal van die Republiek afgeskei en het 'n afsonderlike staatsgemeenskap gevorm. Deur die kragtige maar tog ook weer toegeeflike optree van Martinus Wessel Pretorius het die sentralisasiegedagte uiteindelik heeltemaal geseëvier, en in 1860 het Lydenburg sig onder die bestuur van die Republiek geplaas. Tog het die desentralisasiegedagte nie verdwyn nie. Dit is ook verstaanbaar. Die Germaanse gees is nou eenmaal baie individualisties van aard, soos die geskiedenis van Europa ons ook laat sien. Hierdie individualisme het in die ou Transvaal van dié dae 'n kragtige voedingsbodem gehad. Dit was 'n klein bevolkinkie wat oor die onmeetlike vlaktes versprei was. Daar was amper geen verbinding tussen die verskillende dele van die Republiek nie. Die eerste pos is in 1850 ingestel; dit was 'n pos tussen Lydenburg en Potchefstroom; en dit was baie gebrekkig. Die pos het maar af en toe gegaan as daar briewe was. Meestal is dit deur middel van Kaffers vervoer. Die paaie was sleg, soiets as gemaakte driwwe was daar nie. Die ossewa was die enigste vervoermiddel. Die mense het in die een plek nie geweet wat in die ander plek aangaan nie. Onder sulke omstandighede moes die individualisme groei en kon daar nie 'n behoorlike solidariteitsgevoel ontstaan nie. Hierdie gebrek aan solidariteitsgevoel het die bestuur van president Pretorius baie bemoeilik, en sou maak dat die bestuur van president Burgers ook nog verswak sou word. In Pretorius se tyd het die desentralisasiegedagte meermale na vore getree. Burgers wou met mag sentraliseer, en ook hierom word meermale van hom gesê dat hy sy tyd vooruit was. Die solidariteitsgevoel sou eers in Transvaal gedurende die jare van 1877-1881 sterk ontwikkel en kon eers deur die bestuur van president Kruger bestendig word. Dit is jammer dat in ons geskiedenisboeke nie altyd met die ontbreking van die solidariteitsgevoel en die oorsake van die ontbreking genoeg rekening gehou word nie, waardeur daar meermale foutiewe opvattinge oor die oudste geskiedenis van Transvaal heers. S.P. ENGELBRECHT. {==20==} {>>pagina-aanduiding<<} Felix Qui Potuit - - INGESLUIT deur die see aan die een kant en hoë rotse aan die ander, was die stukkie seestrand soos 'n wêreldjie apart. 'n Wêreldjie op die oomblik bewoon deur drie mense, 'n jong meisie en twee manspersone. Die een, Hennie Trigart, het op die sand gesit en speel met skulpies nes of hy nog 'n kind van vier was pleks van 'n man van vier-en-twintig. Aan sy uiterlik was daar by die eerste oogopslag niks besonders te bespeur nie. 'n Wit laphoed het die sonderlinge skedelvorm bedek, en sy weldeurvoede, enigsins lomp liggaam was geklee in die gewone wit flenniebroek en hemp van die strandbesoeker. Slegs as hy sy kop van tyd tot tyd oprig, kon die wesenlose blik van sy oë en die strakke gryns om sy mond wat steeds effe oophang en kwyl, die idioot verraai. ‘Dis mos 'n lekker plekkie hierdie!’ sê Matilda Trigart vir haar metgesel Johan Erasmus, terwyl sy haar ligte strooihoedjie afhaal en haarself daarmee koelte toewaai. ‘Heerlik!’ antwoord hy enigsins kortaf, nes iemand wat aan iets anders dink. ‘Hennie skyn dit ook te geniet. Hy is so lief vir die see; ons kom aljare strand-toe met hom.’ Johan kyk vlugtig oor sy skouer na die idioot, wat nog rustig sit en speel met sand en skulpies. ‘Jy moenie vir hom laat merk dat jy hom oppas nie,’ sê Matilda op 'n fluistertoon. ‘Daar hou hy tog nie van nie. Dawidse verstaan die kuns van ongemerk oppas meesterlik. Maar hy pas ook al jarelank vir Hennieboet op, terwyl jy dit nog maar 'n week doen. O, jy moenie dink dat ek aanmerkings maak nie, Meneer Erasmus. Ek dink dat jy 'n wonderlike slag het om met hom om te gaan, en ek kan sien dat Hennieboet van jou hou...’ ‘Ek is bly om dit te hoor, Juffrou Trigart,’ antwoord die jonge man enigsins styf, want lof van enige aard het hom steeds verleë laat voel. Matilda haal 'n stukkie handwerk uit 'n sakkie te voorskyn. Johan beskou haar vlugge vingers 'n rukkie, en sy blikke dwaal daarvandaan na haar effe vooroorgeboë hofie. Daar haar oë op haar werk gerig is, kry hy die kans om haar gesig van naby op sy gemak te bestudeer. Vereers betrag hy met welgevalle haar suiwer vel, egalig gebruin deur die son, haar donker {==21==} {>>pagina-aanduiding<<} krulkoppie en harmonieuse gelaatstrekke. Daarna bekruip 'n gevoel van ontstemming hom waarvan hy hom geen rekenskap kan gee nie. Sy lyk op iemand op wie sy nie behoort te lyk nie, ja, maar op wie? Eensklaps besef hy wie, en die besef is nòg onaangenamer as die vae ontstemming van daarstraks. Sy lyk op haar broer, vir sover 'n intelligente, aanminnige suster op 'n swaksinnige broer kan lyk. Haas ongelooflik, en tog.... Skielik kyk sy op, ontmoet sy blik en bloos effe. Hy voel weer verleë en sê gevolglik die eerste die beste wat by hom opkom. Nie 'n alte taktvolle vraag nie; dit voel hy sodra dit geuit is. ‘Is U jonger as U broer of...’ ‘Twee jaar ouer. Het jy gedink ons is 'n tweeling?’ ‘Allawêreld, nee!’ protesteer hy. ‘Og, ek weet ons lyk op mekaar,’ kalmeer sy hom en vervolg: ‘Ja, ek is twee jaar ouer. Hy is die jongste, ma se lieweling, haar troetelkindjie. Daar was geen ander kinders na hom nie, ongelukkig, of moet ek sê: gelukkig? Nou het hy altyd haar babetjie gebly.’ ‘Dis volkome natuurlik, aangesien....’ ‘Nee, wat, dis onnatuurlik om 'n kind soos Hennieboet so voor te trek. Al die liefde wat sy hom gee, is verspil. Hy het geen besef daarvan nie, hy waardeer dit nie....’ ‘Maar laat my tog uitpraat!’ onderbreek hy haar skielike woordestroom. ‘Daar is baie moeders wat liefs sou wil hê dat hul kinders altyd babetjies moet bly, volkome afhanklik. Hul hou nie daarvan nie om hul kinders te sien groot word en losraak van hul....’ ‘Wel, as ek ooit kinders moet hê, sal ek darem verstandiger wees.’ ‘Ek hoop U verstaan ek is nie besig om goed te keur of af te keur nie, Juffrou Trigart: ek probeer maar net vir U duidelik maak hoekom U moeder vir U broer so “voortrek”, soos U dit noem. Dis sy hulpeloosheid wat so gedurig haar moederhart raak. Die digter sê mos: “'n Moeder se grootste sorg word steeds aan haar swakste kind bestee....”.’ ‘Dankie, Meneer, vir jou mooi uitleg, maar ek vrees dit help my nie en troos my nog minder!’ Dog die bitter woorde word versag deur die toon waarin hul geuit word en deur 'n glimlaggie wat 'n kuiltjie in haar sagte wang tower. Johan Erasmus, hoewel ten alle tye pynlik konsiënsieus en by tye bietjie pedant, skyn nogtans in haar oë 'n aangename jongkêrel, en seker beter geselskap as Dawidse. By die sien van haar glimlag moes Johan ondanks homself ook saam glimlag. {==22==} {>>pagina-aanduiding<<} ‘Troos dit U dan nie, juffrou Trigart, om die oorsake van alles te leer ken nie? Felix qui potuit rerum cognoscere causas, is dit nie so nie?’ ‘Hai, nie so gou nie, my kennis van Latyn laat my nou lelik in die steek. Jy word veels te geleerd vir die arme Boernôi, Meneer.’ Johan vertaal, en Matilda werk 'n rukkie in stilte voort, om dan meteens weer te hervat: ‘Sê vir my, Meneer Erasmus, wat het eintlik vir jou beweeg om hierdie tydelike baantjie as Hennieboet se oppasser aan te neem?’ ‘Wel,’ antwoord hy, elke woord sorgvuldig weënd, ‘soos ek vir U vader gesê het, my redes is tweeërlei. Ten eerste is ek 'n behoeftige student wat graag in die lang somervakansie iets wil verdien, en ten tweede is ek as mediese student geïnteresseerd in U broer se geval....’ ‘Dis 'n hopelose geval!’ ‘Ja, dit weet ek. Maar ek hoop om eendag as dokter te spesialiseer in sielsiektes, en miskien word ek nog aangestel op die staf van een of ander inrigting vir soortgelyke gevalle....’ ‘Ja, ek weet Hennieboet behoort in 'n inrigting te wees,’ onderbreek sy hom, dié slag nie juis baie ter sake nie. ‘Wel, ek weet nie of ek heeltemal met U saamstem nie. Hy is gelukkig op U vader se groot plaas en geniet daar 'n groter mate van vryheid as wat hy in enige inrigting....’ ‘Ja, dis alles goed en wel van sy standpunt beskou, maar...’ Sy breek 'n draadjie met nydige gebaartjie deur tussen haar sterk wit tandjies. ‘Jy moet dit nie doen nie, dis baie sleg vir jou tande!’ bestraf hy haar skertsend, en verval daarby onbewus in die intiemere ‘jy’ en ‘jou’. ‘Waar is jou skêrtjie?’ Sy gee 'n kort laggie en bly hom die antwoord skuldig. Hy kyk haar opnuut aan en meen dat hy kan lees wat daar in haar mooi hofie omgaan. Wat moet die gedurige teenwoordigheid van so 'n idiote broer nie beteken vir so 'n jong meisiemens nie? Hoe moet dit die vriendinne wat anders by haar sou wil kom kuier, nie die lus daartoe beneem nie? Hoe moet dit die vriende wat anders dalk meer as vriende sou wil word, nie afskrik nie? Hennieboet, veilig in een of ander inrigting weggestop, sou nog maklik kan vergeet word, maar soos dinge nou is.... En dan geen susters of ander broers om huislike omstandighede vir haar draagliker te help maak nie.... ‘Ek wou maar net sê, hy sou die verskil miskien glad nie voel nie, terwyl ek... ag wat, kom ons praat maar liewer oor iets anders. Vergeet maar wat ek nou net gesê het, nè?’ {==23==} {>>pagina-aanduiding<<} Hy belowe dit en wens hy kon vergeet. Ook vergeet hoe nydig haar mooi wit tandjies daardie draad deurgebyt het, nes of dit arme Hennieboet se lewensdraad was... foei, wat 'n gedagte... Ondertussen sit Hennieboet nog op dieselfde plek en speel doelloos met sand en skulpies deur hul op te tel en dan weer deur sy vingers te laat gly. ‘Hy is nes 'n klein kind. Ek het soms lus en gee hom 'n grafie en emmertjie dat hy sandkasteeltjies kan leer bou. Hy sou dit seker geniet, maar dit sou sy ma se hart breek om hom dit te sien doen,’ sê Matilda. ‘Ag, kom ons hou liewer op om vir hom so te bespreek. Ons kan tog seker baie ander dinge vind om oor te gesels, nie waar nie?’ ‘Ja, ek is seker ons kan!’ antwoord Johan op die toon van iemand wat 'n belangrike ontdekking gedoen het. Die weke het vinnig verbygeglip vir Matilda en Johan op die afgeleë strandplekkie. Weldra sou hy die Trigarts moet vaarwel sê om terug te keer na die Universiteit, en dan sou Hennieboet weer toevertrou word aan die goeie sorge van Dawidse, terug van sy welverdiende vakansie. Die twee oumense het meestal op die stoep van hul strandhuis gesit, maar die drie jonge mense het lang wandelings gemaak en daeliks gaan baai. Hennieboet was dan skaars uit die water te kry. Gewoonlik het hy, salig-gelukkig, in 'n vlak dammetjie gesit of anders op die sand net waar die golwe oor hom kon breek, maar soms het hy dieper ingewae en selfs ente geswem. Niemand het hom dit ooit geleer nie, hy het dit van kleins af instinkmatig soos 'n hond leer doen. Een warm middag het Matilda die twee soos haar gewoonte was, vooruitgegaan en eers gebaai. Tans lê sy, nog in haar kostuum, op 'n groot plat rots in die son en braai en rook 'n sigaret. Van haar hoë lêplek kyk sy af op die klein baaitjie wat blougroen in die son skitterblink, en sy roep vir Johan toe dat hy maar gerus 'n ent kan uitswem as hy wil, sy sal solank haar oog op Hennieboet hou. Lui uitgestrek lê sy en afkyk hoe die een man met kragtige slae die water deurklief terwyl die ander onhandig rondspartel in die vlak gedeelte. Tog miskien nie so vlak nie, Hennieboet wae dit vandag mos verder as gewoonlik en moet reeds amper uit sy diepte wees. Hy word seker aangevuur deur die voorbeeld van Johan.... Daar gee Hennieboet opeens 'n skree wat deur 'n mondvol soutwater verstik word. Hy het te diep gegaan... of is dit 'n verraderlike stroming wat hom seewaarts trek? Johan swaai dadelik om en swem vinnig na hom toe. ‘Toe maar, Hennie, toe maar, ek kom, moenie bang wees nie,’ klink sy stem ewe gerusstellend. Maar dis of die stroming vir die idioot al verder en verder wegsleep van sy redder. {==24==} {>>pagina-aanduiding<<} Matilda spring op, hardloop na die punt van die rots, lig haar arms hoog bokant haar kop en peil af na die diepte. Haar kop kom weer te voorskyn nie ver vanwaar Johan swem nie. Sy deurklief die water so vinnig sy maar kan, dit lyk of sy en Johan resies ja om te sien wie die eerste by Hennieboet sal wees. ‘Laat staan, Mattie, laat staan!’ hyg Johan. ‘Laat hom oor aan my. Om Godswil, ek kan jul nie altwee red nie! Bly weg van hom! Bly weg, sê ek!’ ‘Johan, ek kan nie meer nie... help.... 'k het kramp in my been gekry....’ Haar kop gaan skielik onder en toe dit weer bo kom, is sy dig by Johan. Sy gooi haar arm uit en omklem sy arm - toe haar ander hand op sy skouer..... ‘Mattie, om liefdes wil, laat los... lê op jou rug en drywe! Laat Hennie oor aan my...’ Maar pleks van te los klou sy nog vaster. Hul gaan albei onder, en toe hul weer bo kom, besef Johan dat dit 'n kwessie is van Mattie se lewe of Hennie s'n. Nee, daar bly vir hom nie eens 'n keuse tussen die twee nie, want die meisie se vingers boor diep in sy vlees met hul doodsbenoude greep... ‘Maak nou nes ek vir jou sê, anders verdrink ons al drie.’ ‘Ja, Johann... ek sal... red vir my, Johan...’ Twee dae later het Hennieboet se lyk opgespoel, 'n hele ent daarvandaan langs die kus. Matilda, vreemd en somber in die rouklere wat haar ligte strandrokkies vervang het, het vir Johan terug stasie-toe gedrywe in haar eie klein motor. Die twee oumense het hom by die huis gegroet. Matilda het haar vader vooraf gesmeek om tog ter afskeid iets vir Johan te sê wat sou opweeg teen die direkte sowel as indirekte verwyte wat die arme kêrel sedert die ongeluksdag te beurt geval het. Vir haar moeder het sy nie op soortgelyke wyse durf nader nie, want dié het reeds meermale opgemerk dat haar dogter waarlikwaar minder begaan skyn te wees oor die verdrink van Hennieboet as oor die verdediging van die persoon deur wie se nalatigheid dit geskied het. Die ouman het egter, soos by baie vorige geleenthede, sy dogter ter sy gestaan. ‘Wel, Erasmus, ons moet nou maar so dink: gedane sake neem geen keer nie, en dis sekerlik aan jou te danke dat ons nie altwee ons kinders op een dag verloor het nie!’ sê hy, terwyl hy die jongman se hand 'n warm afskeidsdruk gee. ‘Jy het gedoen wat onder omstandighede die allerbeste was om te doen, en meer as dit kan tog nie van 'n mens verwag word nie!’ ‘Ja, dit mag alles waar wees, maar ag! as die Mattie tog net nie so haar kop verloor het nie!’ Die ouvrou begin weer te snik, want nes Rachel {==25==} {>>pagina-aanduiding<<} wou sy nie getroos word nie. ‘My Hennie, my babetjie, verdrink in die see! Ag, jul moes liewer nooit met hom gaan baai het nie! Ek was altyd daarteen gewees, ek het hom nooit enige bietjie plesier misgun nie, maar ek het altyd gesê, en ek sê nou nog....’ ‘Stil, my ou vrou, ons mag nie vergeet: wat die Here doen is welgedaan.’ ‘As jy daardie trein nog wil haal....’ Erasmus was bly om Mattie se sagte stem agter hom te hoor, in stilte hand te gee en die huis te verlaat. In die motor, op pad stasie-toe, was Mattie die eerste om die beklemmende stilte tussen hul te verbreek. ‘Ek is jammer dat moeder dit so opneem. Jammer om jou ontwil.’ ‘Hoe anders sou sy dit kan opgeneem het?’ ‘Wel, vader het ten minste.... ag, ons moet regtig ophou met dieselfde dinge so oor en oor te herhaal!’ Daarop vervolg sy, nes of dit vir die allereerste keer was: ‘Johan’ (sedert die ongeluksdag was dit nie meer meneer en juffrou tussen hulle nie), ‘Johan, belowe my nou dat jy jou nie verder oor iets sal verwyt nie. Dis alles my skuld gewees. Ek het jou mos aangespoor om te gaan swem en gesê ek sal die oog hou op Hennie. Ek het jou nie betyds gewaarsku nie, jy weet, so van 'n hoogte lyk die see altyd vlakker dan wat dit regtig is. En later was dit ook my skuld gewees, en Pa en Ma begryp dit volkome....’ ‘Mattie, ek dag ons sou nie meer vir ons herhaal nie? Hoeveel keer het jy nie dit alles vir my gesê nie, en hoeveel keer het ek nie geantwoord dat dit geen verskil vir my maak nie? Jy praat tog te maklik. Hennie was nou eenmaal aan my sorg toevertrou, en deur my nalatigheid het hy verdrink. Daar sal ek nooit verbykom nie....’ ‘Maar, Johan, glo jy dan nog dat jy hom sou kan red het? Ek sê vir jou nee, en duisendmaal nee! Die krag van iemand soos hy is dubbel die krag van 'n normale mens wat sy volle verstand het! Dink jy vir een oomblik dat Hennieboot sou geluister het na jou en gemaak het soos ek gemaak het toe jy my gered het? Dink jy hy sou sy noodgreep gelos het en gedwee toegelaat het dat jy hom op jou eie manier so liggies vasgehou het en land-toe geswem het met hom? Jy weet net so goed soos ek dat hy dit nooit ofte nimmer kon gedoen het nie! Jul sou albei verdrink het!’ ‘Og, ek sou hom wel kleingekry het... desnoods eers bewusteloos geslaan het! En as ek saam met hom verdrink het, sou ek tog tenminste my lewe verloor het in die volbring van my plig. Nou sal ek tot my sterwensdag toe 'n man wees wat in sy dure plig tekort geskiet het...’ {==26==} {>>pagina-aanduiding<<} ‘Maar, Johan, Johan, wat dan van my? Hoe sou ek gevoel het by die gedagte dat jou nuttige, veelbelowende jong lewe opgeoffer is aan 'n swaksinnige, aan iemand wie se lewe nòg vir hom nòg vir iemand anders tot enige nut was? Dink bietjie daaraan. Dink tog bietjie aan my, Johan, aan my!’ Hy bly stil, want haar hartstogtelike woorde het by hom 'n vreeslike vermoede vir die eerste keer in die lewe geroep. Sy vervolg, al hoe driftiger: ‘Hennieboet, arme ou Hennieboet, mag God my vergewe oor ek so praat! Maar God weet ook hoe daardie arme broer van my oor my hele lewe totnogtoe 'n donker skadu gewerp het! En moes hy vir my nog oplaas deur sy dood berowe het van jou, van jou, Johan?’ Terwyl sy so praat, is dit of 'n stem in haar binneste vir haar waarsku om haar tong in toom te hou, dog tewens besef sy ook dat sy nie een van diegene is wat haar lewensgeluk sal kan koop met 'n leuen, of selfs met verswyging of verbloeming van die waarheid nie. En nog voor Johan weer begin praat, weet sy wat gaan kom, weet sy dat vir haar alles verlore is. Sy het die lewe van die man wat sy liefhet, gered ten koste van sy liefde vir haar. En toe die woorde kom wat haar soos geselslae striem, buig sy haar hoof in die stil besef dat die straf 'n regverdige is. ‘Mattie! Moet ek nou eers verstaan hoekom jy in die see gespring het? Moet ek nou eers verstaan dat dit nie was om daardie arme broer van jou te probeer red nie, maar om my pogings om hom te red te verydel? Mattie, sê dis nie waar nie! Dit sou te afskuwelik wees, dit sou mos beteken dat ek jou vir altyd sou haat en verag, en ek het jou mos leer liefkry! Maar nou... Mattie, praat, sê iets, om Godswil, sê vir my dat jy nie die moordenares van jou eie broer is nie!’ Dog die meisie langs hom bly stil, en in 'n stilte wat al hoe ondraagliker word, ry hul voort. Toe hul eindelik die stasie bereik, was dit vir albei 'n verlossing wat geen oomblik te vroeg gekom het nie. Toe Johan uitklim, waag hy dit om na haar te kyk. Haar gesig lyk soos 'n dodemasker, en die uitdrukking in haar oë herinner hom afskuwelik baie aan dié van Hennie, maar toe sy merk dat hy na haar kyk, kom daar weer iets van lewe oor haar strakke gelaatstrekke en 'n wanhopig smekende blik in haar oë. ‘Kan jy my onmoontlik vergewe, Johan, nou dat jy alles weet en verstaan? Nou dat jy die oorsaak verstaan, kan jy my nie vergewe nie? Vergewe en vergeet, en eendag weer gelukkig wees en... gelukkig maak? Verdien ek dit dan nie van jou nie, een dag?’ Sy steek hom haar koue handjie toe, en hy vat dit na 'n kort aarseling, om dit gou weer los te laat. ‘Vergewe, ja, maar vergeet, nooit! Ek haat en verag jou nie, dit was verkeerd van my om so te praat. Ek is jammer vir jou, nog meer as vir {==27==} {>>pagina-aanduiding<<} myself. Maar gelukkig wees? Geluk van daardie soort is nie vir almal nie, my arme Mattie!’ En hy draai weg van haar en vlug soos vir 'n dreiende gevaar. Nog net betyds om in die vertrekkende trein in te klim, die trein wat hom moet wegneem van een wat hy nooit weer mag sien nie. En namate die afstand tussen hulle groter word, voel hy dit sal nooit groot genoeg kan wees nie. MARIE LINDE. Kinderfantasie. Wonderlik. Dit is vir my so wonderlik Hoe, uit die stille nag, Die sterretjies gebore word Somarso uit die dag. Dit is vir my so wonderlik Hoe oupa Maan so sag Dwarsdeur die hemel bo kan seil, So lag-lag deur die nag. Ek dink daar's bokant kindertjies Wat sterre aan kan steek - Piet en Kerneels en Kobatjie, En Sannatjie van Beek. KLEINJAN. {==28==} {>>pagina-aanduiding<<} Leipoldt as Digter. Hy het gely - ja ons weet nie hoe! Broer van ons almal, en maat van - wie? I. NA die Tweede Vryheidsoorlog, toe ons ‘op moedverloor se vlak’ was, toe dit gelyk het of smart en dowwe wanhoop die volksiel versmoor het, klink plotseling hier en daar 'n stem op, yl en teer, traanverdronke, fluisterend 'n weemoedige hoop: Môre pluk ons blomme - môre as die reen en mis eers o'er is, as die modder opgedroog is, as die son ons toelag - môre! Die gesmoorde snik van 'n onbekende digter, onbekend, want hy was die volk, die heimwee-klag van 'n Joubert Reitz, die tot suggestiewe, kristalsuiwere sang en diep simboliek vervloeide natuurstemming van Marais se ‘Winternag’ - dis die sagte drup-drup van die eerste verlossende trane wat die volksiel van verbystering gered het. En dan gebeur die wonder, dan bloei dit op, die kuns van Celliers, Totius, Leipoldt. Celliers wat met 'n weemoedige glimlag droom van die so wreed verstoorde huislike geluk, fier vertel van heldedade of met forse stem aanspoor tot volharding en trou. Hy skilder ons die natuur in sy grootsheid en in sy intiemheid, ligte pastelle oorglans deur die goue luister van die Afrikaanse landskap, met sy deinsterige vergesigte en sonnige vlaktes, sy vervloeiing van sagte tinte. Totius, die Calvinis, met sy visionêre krag en profetiese blik, die digter wat ontroerd kla oor die lyding van die Moeder, maar ook die boetprofeet en die siener wat agter en in dit alles Gods heilige Wil en Raadsplan sien. Totius, die stemmingsdigter wat sag ween oor eie leed en sielsverdriet, maar wat ook met fluisterende innigheid getuig van sy gemeenskap met sy God. Totius, die simbolis, vir wie die uiterlike verskyninge veropenbaringe is van 'n dieper geestelike waarheid. {==29==} {>>pagina-aanduiding<<} Leipoldt, die hewig voelende - fel skryn in sy poësie die smart van sy volk op! Leipoldt, met al sy sintuie genietende van die natuur, juigende ‘somer en son en safier vir my’, maar ook die vereensaamde individualis, wat moedig alleen sy stryd stry, die grenseloos pessimistiese, slegs tydelik bedwelm deur die roes van natuurvreugde om weer te ontwaak tot sy eensaamheid en pessimisme. Die werk van hierdie digters is nie vlekkeloos nie, dit reik nie tot die toppe van die wêreldkuns nie - verre daarvan! Maar hierdie digters is beroer deur die ewigheidshuiwering temidde van die tydelike verskyninge en het ontroerd daarvan getuig - dit stempel hulle tot digter. Hulle het verlossende uiting gegee aan wat duister gebroei het in die volksiel, aan sy dowwe smart, sy heimwee na die verwoeste geluk, na die verlore vryheid, aan sy hoop en Godsvertroue. Hulle het daardeur nie alleen die grondslae gelê vir ons letterkunde nie, maar in die wordingsproses van ons volk 'n roeping vervul wat nie maklik oorskat kan word nie. Dit sal moeilik gaan om 'n duideliker voorbeeld te vind van die waarheid dat die belang van die digter se werk uitstyg ver bo die enge grense van die kuns. * * * Van hierdie trits word Leipoldt die minste begryp in die diepste kern van sy digterpersoonlikheid en van sy kuns. Die feit dat die ontwikkelingstadium waarin ons as volk verkeer, meebring dat ons in die kunstenaar nog te seer in eerste en laaste instansie die bewuste en direkte tolk van die volksiel verwag, speel ongetwyfeld 'n groot rol in hierdie verskynsel. Want Leipoldt is in diepste wese 'n individualis, nie die individualis van die jongeling se ‘Sturm und Drang’-periode met sy romantiese selfbeklag en ‘Weltschmerz’ wat ons stadigaan ook al leer duld het nie, maar 'n digter van 'n hoogs ingewikkelde sielstruktuur wat deur sy karakter gedoemd is om 'n eensame te wees. As ons nie een van ons belangrikste kunstenaars 'n groot onreg wil aandoen nie en onsself nie wil verarm deur een van die interessantste verskyninge in ons jong letterkunde onopgemerk te laat bly nie, moet ons probeer om 'n beeld te vorm van hierdie digter in sy ontwikkelingsgang. Dan mag ons nie bly staan by sy eerste bundel nie. Leipoldt is vir te veel van ons alleen die digter van Oom Gert Vertel en ander Gedigte, een van die kostelikste skatte van ons literatuur, en van 'n paar algemeen bekende latere gedigte. Sy latere bundels bevat die heel besondere skoonheid van 'n heel besondere digter waarmee ons ons moet verryk. Alleen op dié wyse kan ons ook 'n objektiewe oordeel vorm oor sy jongste digwerk. *) Elke kunswerk moet, wat sy artistieke waarde betref, op {==30==} {>>pagina-aanduiding<<} sy eie meriete beoordeel word, maar die heel individuele liriek van Skoonheidstroos kan moeilik begryp, en dus na waarde geskat word, sonder 'n insig in Leipoldt se digterpersoonlikheid soos hy hom in sy vorige bundels geopenbaar het. My strewe sal dus wees om 'n beeld te gee van hierdie digterpersoonlikheid tot in sy jongste werk. II. My land is nie meer myne nie; My volk is doodgestry; My moed is nie meer heldemoed - O God, vergewe my! Oom Gert vertel. - Hoe baie het menigeen van ons nie te danke aan hierdie gedigte nie. Die eerste kennismaking hiermee was soos 'n ruk in die siel. Hier het ons plotseling voor 'n hartstogtelike mens gestaan, nie 'n digter, nie 'n literator nie, maar 'n mens wat storm en juig, kla of bitter spot, verslae snik. Ek kan vir myself getuig dat Leipoldt die digter is wat my laat besef het dat kuns meer is as skone jongelingsdrome, weemoedige mymeringe oor teergetinte lugte by sonsondergang, dat kuns is heilige, vreeslike erns, dat dit 'n vuur is wat skroei en wond. Leipoldt openbaar hom in hierdie verse in al die hartstogtelikheid van sy temperament. Wat Verwey in 1894 van Kloos gesê het: ‘Hij is dan toch maar de hartstochtelijkste mensch van Nederland’, kon in 1911 met dieselfde reg van Leipoldt gesê word ten opsigte van Suid-Afrika. Die sielstoestand waarin hy toe verkeer het, het hy later self beskrywe: Ja, ek was op die vlakte Waar mense moed verloor: Daar het ek in my siel gebewe; Daar bitter, bitter smart deurlewe; Daar baie dinge aangehoor - Sy gevoel van Reg en Menslikheid het deur die onreg en die jammer sy volk aangedoen, 'n skok gekry wat gedreig het om alles in sy siel te ontwrig. Hierdie smart en verontwaardiging moet hy uit, direk, hewig. Direk, ja - maar tussen die heftige ontroering en die uiting daarvan lê die louteringsproses wat hom tot 'n groot digter maak. Nie met die Geuseliedere, daardie ruige sange van haat en spot, van vaderlandsliefde en Godsvertroue, moet ons hierdie poësie vergelyk nie, maar met Vondel se ‘Geusenvesper’. Vondel se onsterflike gedig het een van die wêreld se grootste hekeldigte geword om- {==*5==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding KONINGIN WILHELMINA DER NEDERLANDEN (in de tijd van de Anglo-Boerenoorlog). ==} {>>afbeelding<<} {==31==} {>>pagina-aanduiding<<} dat dit uitstyg bo die toevallighede van tyd en volk en omstandighede en 'n vlammende aanklag teen, 'n kreet van ontsetting oor alle skaamtelose geweld geword het. Ook Leipoldt se oorlogsverse styg uit bo die toevallighede van tyd en volk en omstandighede, bo die smart van 'n klein volkie wat aan die einde van die negentiende eeu deur 'n magtige volk meedoënloos vertrap word, bo die stryd tussen Boer en Brit. Dit word 'n vloeksang teen alle brute geweld wat die nietige vermorsel. Sy gevoel het daardeur nie verbleek tot 'n gedagte, 'n verstandelike konsepsie nie, dit het verdiep en verhewig tot die universele gevoel wat in die onreg en geweld die skrynende openbaring sien van die geweld wat deur die eeue heen op aarde heers, dit het gewin aan felheid en ontsetting oor soveel smart en onreg. Nêrens kom dit so sterk uit as in die slampamperliedjie oor die kriekie nie; hier het hy sy wilde smart geobjektiveer, heeltemal losgemaak van die gebeurtenisse: Of moet jy, dag in, dag uit, maar sanik, Kriekie, tot ek dol word van jou dreun? Is jou lofsang maar 'n kriekie-klaaglied, En jou deuntjie, kriekie, maar 'n kreun? *) Die kriekie is sy volk, dis alles wat klein en swak is en waarvan die lewensklag se dieper sin nie besef word in hierdie wêreld van ruwe geweld nie. Hierdie universele lewensgevoel het Leipoldt tot humoris gemaak, tot die tragiese humoris wat die smart, as dit dreig om hom te oorweldig, oorwin, en van hoër, versoende standpunt die grillige teenstelling sien tussen ons diepste lyding en die kleinmenslike, en tog so ewigmenslike, vorme waarin dit sig uit of waaragter dit probeer om sig te verberg, die teenstelling tussen ons heiligste gevoelens, ons suiwerste ideale en die banale werklikheid waardeur hulle beperk word - die besef van die betreklike van alles! Maar telkens verkwyn hierdie glimlag wat soveel diepe deernis, soveel eie lyding openbaar; die lippe bewe, hy kán nie meer glimlag nie, en in die bomenslike inspanning tot selfbeheer vertrek sy mond amper tot 'n spotgryns ‘wat Liefde alleen verstaan’. Ons ken almal hierdie Leipoldt, vir wie die oorlogsmart nie 'n weemoedige herinnering is, ‘'n lied van lang verlee’ nie, maar 'n vreeslike realiteit, 'n oop wond wat brand van wrede pyn. Hierdie verse is die felle smartkreet van 'n gewonde siel. Deur geen digter is ons oorlogsmart so hewig, so direk verwoord nie. Hoe word in die verhaal van Oom Gert die smart van die ou boer wat ‘maar grawe uit (sy) eie hart’, juis des te skrynender uit- {==32==} {>>pagina-aanduiding<<} gebeeld waar hy dit wil bedek of ontvlug deur allerlei onderbrekinge van sy verhaal en uitweidinge oor beuselagtighede. Ampie die eerste lewende mens in ons letterkunde! - nee, in ons roman, maar nie in ons letterkunde nie. Want hier staan hy voor ons, die eerste lewende mens - Oom Gert, met sy stem hees van ontroering. Wat 'n wrede humor waar Leipoldt die sterwende kampseuntjie op die wysie van 'n lokasieliedjie spottend toesing om maar te sterwe: Vou maar jou handjies dig tesame, Sluit maar jou ogies en sê ame! Met 'n smartgryns spot hy: Hier in die kamp is alles stil, Net maar die wind waai soos hy wil; Net maar jyself kan kreun en steun: Niemand sal hoor nie, niemand, seun! Sy kreun is mos ook maar die deuntjie van die kriekie! Maar na die roue smart van verse soos die volgende waardeur die droë hoes van wegkwynende kinders kug: Kinkhoes en tering sonder melk: Bitter vir jou is die lewenskelk! na die wrange humor van: Daar is jou plek, by die graffies daar - Twee in 'n kissie, 'n bruilofspaar! kom die versoening: Al wat jy wen, is dat ons onthou: Meer was die vryheid as kind of vrou! en nou klink dit nie meer spottend nie, maar getroos, berustend: Vou maar jou handjes dig tesame, Sluit maar jou ogies, en sê - ame! Wie het die bitterheid van die vernederende vrede so vertolk soos Leipoldt in ‘Vredeaand’? Terwyl die menigte op straat joel en tier, sit die man by sy bottel soetwyn en spoor met hese spotstem aan om saam te drink en hoera te skreeu: Drink, drink jou glas! Die son skyn deur die wyn: Is dit te soet, of smaak dit soos asyn? {==33==} {>>pagina-aanduiding<<} Maar ook hier weer die versoening as hy dink aan die vrou; en nou wil hy weer drink, nou sal dit nie smaak soos asyn nie: behou Die beste wat ons nasie het - die vrou! Gooi neer die glas; die stukkies skop opsy: Daaruit sal ons geen ander heildronk drink As dié aan haar! Maar roep, man, tot dit klink: Dis vrede nou; die oorlog is verby! Leipoldt is 'n sterk dramatiese natuur. Daarom kan hy hier sy smart so fel uitlewe in sy skepping van hierdie halfdronk, verbitterde boer, met sy hese stem, sy ruige taal, sy retoriek waaragter 'n vreeslike smart brand: Nou is die storie uit: die leë glas Staan droog, wat vroeër so vol met water was; Die put wat eenmaal water het gegee, Is vol met trane, souter as die see - So brak as ooit 'n pan in die woestyn, Waarop die son al dae helder skyn - En bitter net soos gal, want in die put Het al ons volk hul trane afgeskud; En ons moet daarvan drink, die jare deur, Al sal die smaak ons hart en siel verskeur. Retoriek! Ja, van die soort waarin 'n Baudelaire, 'n Geertin Gossaert hulle brandende gevoel uitgestort het - van nog hewiger werking, omdat hierdie ‘retoriek’ dramaties geregverdig, meer nog: noodwendig is, omdat dit die onbeholpe beeldspraak van die eenvoudige boer is. Daarom het ons hier in wese juis die teenoorgestelde van retoriek, wat immers die van ander geleende dekmantel is om gebrek aan besieling te verberg! So'n gedig doen aan as 'n geweldige deurbraak van gevoel, nes ‘'n Nuwe Liedjie op 'n ou Deuntjie’. Let egter op die skone bou - skoon omdat die gevoelstroom sy vrye loop volg tot die hoë klimaks. Wat 'n ontroering gaan daar nie uit van ‘Japie’ nie - ook hier die skone bou, die opeenvolging van stemminge tot die hartstogtelike uitbarsting van die slotstrofe. {==34==} {>>pagina-aanduiding<<} En die bundel wat open met die gedrae ‘Opdrag’, een van die mooiste natuurgedigte in Afrikaans: Ja, man, wat op die slagveld het gesneuwel, En in die kinderkampe, kind en vrou, Slaap rustig stil, julle, wat so geworstel, En so gesterwe het - want ons onthou! sluit met ‘Die Einde’ - eers die hygende sug van moegheid en verlange: Gee vrede en rus vir ons almal, wat lam is van swerwe, Moed en geduld vir ons almal, wat bang is te sterwe; Gee vir ons hart soos in somer die sap vir die bome; Gee vir ons krag vir die werk en verstand vir die drome; Gee vir ons hoop in die donkerste nagte en smarte; Gee vrede en rus vir ons almal, wat lewe en erwe Smart en verdriet, met die reg om uiteindelik te sterwe. Gee vrede en rus; en ons vra nie iets anders, en luister Stil na die wind, wat so sag in ons ore kom fluister: en dan kom die troos soos koele laafnis: ‘Moed, mense, hou moed! Die kwaad sal verander in goed: Die morelig kom uit die duister.’ Net so hartstogtelik as in sy smart, is Leipoldt in sy liefde vir die natuur, wat hy self so mooi besing het in sy bekende Slampamperliedjie: ‘Ek sing van die wind wat te keer gaan.’ Pragtig kom dit ook uit in die welluidende ‘Oktobermaand’, met sy kinderlike opgetogenheid, en in die ‘Opdrag’, met sy beheerste ontroering. ‘Die Doringboom’ en ‘Die Soutpan’ behoort tot die allerbeste sonnette wat ons besit. As ons Leipoldt in sy krag wil sien as woordkunstenaar, moet ons 'n oomblik by die laaste van hierdie gedigte stilstaan. Kaal is die ou sandwêreld hier, en kaal Die see daarbuite, waar die branders breek: 'n Strand vol klippies en 'n poltjie kweek Van ruigtegras, nou nie meer groen, maar vaal. Hier praat die veld 'n onverstaanbre taal; {==35==} {>>pagina-aanduiding<<} Hier maak die son die blou soutwater bleek, totdat hy saans vermoeid sy kop versteek Agter die duine, waar sy glans verdwaal. Hier staan die soutkors sonder vou of plooi, Glad, silwerwit, en met 'n goudgeel lys Van modder en klei - hier dun en daar nog dig. So arm die wêreld hier, en tog so mooi: Stil, as 'n oumens amper oor sy reis En met die Dood se skadu op sy gesig. Met die eerste woord in sy sterk beklemtoonde posisie stroom die gees van die landskap in die gedig. Kaal huil die eerste woord en kaal herhaal die rymwoord, en na die stremming van die volgende drie verse, met hulle alliterasie en r-kombinasies, spoel die gevoel weer uit in vaal, om gedemp terug te keer in taal en versoend op te los in die langsaam wegglansende verdwaal. Tussenin skep die vreugdelose rymklanke breek, kweek, bleek, versteek die indruk van bleke eentonigheid. Maar dan, na die sagte versoening van ‘waar sy glans verdwaal’, kom die wonder van die soutpan in al sy sobere maar tere skoonheid. Let op die effek van die helder vokale in samewerking met die telkens terugkerende l-klank: Glad, silwerwit, en met 'n goudgeel lys Van modder en klei. En vanself kulmineer hierdie skildering in die diepmenslike simboliek van die slotverse: So arm die wêreld hier, en tog so mooi: Stil, as 'n oumens amper oor sy reis En met die dood se skadu op sy gesig. Leipoldt gee hier veel meer as blote skildering; sy siening groei deur die geestelike agtergrond daarvan vanself uit tot simboliek. Hierdie gedig leef uit 'n sentrale ontroering wat al die onderdele georden het tot 'n wonder van suiwere harmonie. Dis juis hierdie skone sintese wat in sy latere poësie helaas so dikwels ontbreek - dan kry ons 'n opeenstapeling, soms selfs nie meer as 'n opsomming nie, van sinsindrukke sonder 'n sentrale ontroering wat die gedig beheers. Reeds in ‘Lenteliedjie’, trouens 'n nie baie besielde gedig nie, kom hierdie swakheid al sterk te voorskyn. * * * Dit sou natuurlik nie moontlik wees om in die beperkte ruimte van 'n tydskrifartikel hierdie bundel uitvoerig te bespreek nie. Dit is vir ons doel ook nie nodig nie. {==36==} {>>pagina-aanduiding<<} Op een eienskap wil ek nog wys: die spontaneïteit. Leipoldt het sy poësie self goed gekarakteriseer in Slampamperliedjie VI, 'n uiters interessante en insiggewende uitlating van 'n digter oor die wese van liriek: Nou goed, ou boet; ek skrywe nie vir jou nie: Die windswaal sing - nou, waarvoor moet hy sing? Vir jou of my? Nee, wragtie, vir homselwe, Net om hy iets moet sê, iets, *) moet bring! En ek ook, soos 'n windswaal, maak my versies Nie maar vir jou - nee, glad nie; - - - Ek sing net vir myself: uit puur verstrooiing Maak ek slampamper-liedjies net soos dié: 'n Mens moet huil of lag, moet loop of stil sit, En ek moet versies maak, of praat met - wie? Spontaneïteit, 'n groot hartstogtelikheid wat sig uit in sterk individuele, hewig bewoë verse, maar met 'n groot beheerstheid - dit is die eindindruk wat hierdie eerste bundel nalaat. Ek sonder hier natuurlik dié gedigte uit waarvan die opname van 'n gebrekkige selfkritiek getuig: jeugwerk soos ‘In die Boesmanland’, die sentimentele ‘Die ou Blikkie’, die onbeduidende ‘Praatjie oor die Trougees’ en nog verskillende ander gedigte. G. DEKKER. (Word vervolg.) {==37==} {>>pagina-aanduiding<<} Seegeruis. Gee ons die rus - die branders ruis hul lied en sing herinnering in ewig-diep en swaar gedruis hier om die donker eensaam huis. Gee ons die rus - al bring die wind bo branderlied uit ver verskiet 'n ewigheid waarin ons vind ons heimweedrome as 'n kind. Gee ons die rus - of raak ons aan sag met U kleed, dan sal ons weet om soos die see daar voor die maan getrou ons ritmeweg te gaan. Die Sterre. Die heel aand lank het ons gepraat, gedelf in donker wysheidsmyn, en telkens het die skoon gelaat van waarheid verderweg geskyn. Die heel aand lank het sku die hart gehuiwer oor 'n diepe see en dof gevra: waarom dan smart om in dié koninkryk te tree? En om ons het daar fyn geswewe die yle rook en diep geskyn, soos 'n gepuurde, reine lewe: die sagte straling van die wyn. En toe ons buite kom, bevry opeens die hart hom van sy leed en sien die sterre; skugter-bly om in hul gang sy gang te weet. C.M. VAN DEN HEEVER. {==38==} {>>pagina-aanduiding<<} Indrukke van die Kottler-Tentoonstelling in Pretoria. DAAR is twee maniere om te skryf oor 'n tentoonstelling wat jy gesien het. 'n Mens kan huistoe gaan en die stroom van lewensintensiteit, wat in jou opkom, telkens as ware kuns jou vir 'n oomblikkie die wêreld laat vergeet het, uitgiet in woorde, woorde, woorde - - -. Partykeer bevry dit 'n mens van 'n sekere geestelike spanning, wat die kunstenaar deur middel van die kunswerk uit sy eie siel laat oorgaan het. Maar dis darem nog nie 'n kritiek nie wat jy in 'n tydskrif kan laat afdruk. Dis die ‘impressionistiese’ metode, in Holland deur die ‘Tagtigers’ partykeer toegepas, en wat 'n Lodewyk van Deyssel tot sy pragtigste uitinge van woordkuns gebring het. Ongelukkig het dieselfde Van Deyssel 'n hele paar kunstenaars vergoddelik waaroor hy later maar liewers 'n anathema sou uitgespreek het. Aangesien ek nie eens 'n woordkunstenaar is nie, sal die leser dus begryp dat ek maar liewers die tweede manier volg. Of 'n mens met die tweede metode dan objektiewe kritiek kan gee? Moenie glo nie! Maar daar is darem 'n verskil: Gaan 'n tentoonstelling sien, maak jou aantekeninge, wag 'n paar dae, gaan nog 'n keer; totdat jy die geestelike atmosfeer waarin die kunstenaar gewerk het, kan aanvoel, en die kunswerke nie langer as individue nie, maar as 'n samehangende geheel: as die verskillende aspekte van die kunstenaar se siel voor jou oë staan. Wag dan 'n week, 'n maand, totdat jy die saak goed vergeet het, en dan, op 'n rustige aand, laat jy jou gedagtes weer die vrye loop, en die indrukke, wat nou terugkom, die geestesgesteldheid, wat nou in jou opgeroep word, skryf dit neer. Dis nog nie objektief nie, maar nou het ons darem 'n kans, dat ons op die ou-end iets kan neerskryf, wat 'n bietjie meer is as net 'n ‘allerindividueelste expressie van 'n allerindiwidueelste emotie’; dat ons iets gegryp en vasgehou het van die ewigheidsgedagte wat in die werk lewe; dat ons die boodskap wat die kunstenaar bring, beter verstaan, ontdaan van die valse bygeluide wat ons deur die omstandighede op die moment van aanskouing gehoor het. Die geluid wat Kottler se werk in ons laat naklink, nadat die ander tone algar weggesterf het, is 'n toon in mineur. Dis 'n stemming van sagte, onbestemde weemoed, 'n ligte droefheid van ‘ek weet nie hoekom’, 'n glimlag by die herinnering aan 'n verlore geluk, 'n onbestemde verlange na 'n ver eensame {==39==} {>>pagina-aanduiding<<} vlakte of na 'n ver misterieuse verlede, vol vergane grootheid en glorie. Hierdie stemming ruis soos 'n sagte melodie deur Kottler se werk. Kottler soek nie na die weergawe van die geweldige, die kragtige, die onweerstaanbare nie, soos by voorbeeld die moderne Suid-Slawiese beeldhouer Mestrovic, van wie se werk 'n beurtelings juigende, brullende of kermende oerkreet in majeur uitgaan, sodat 'n mens die lewe voel klop en tril onder die koele marmer. Nee, Kottler voel hom aangetrokke tot die tengere, die brose lewensuitinge (Jongmeidjie, hout; Nena, gips; Tekening, N. Br. Mei 1931, p. 105), tot die ongerepte, nog nie deur die harde lewe beroerde wesens (Babetjie, klip; Hottentotkindjie, brons; Greg. Boonzaier, N. Br. Mei 1931, p. 99; Jongmeidjie, hout) of tot peinsende koppe, met oë vol lewenswysheid, maar wat darem 'n bietjie los van die werklike lewe geword het (Eerw. Andrews, brons; Oom Piet, gips; Nadenkende meidjie, hout, N. Br. Mei 1929, p. 76). Hoe om dit alles te verklaar? My antwoord is, dat vir my Kottler, hoe suiwer hy Afrika ook sien, en hoe lief hy die land ook het in sy oergedaante, sonder die inwerking van die witmansbeskawing, tog nie in die eerste plek 'n Afrikaner is nie. Dit lyk vir my, dat vir sy ontwikkeling as 'n kunstenaar sy Joodse bloed baie belangryker was. Suid-Afrika het sy siel geïnspireer, maar die siel self behoort aan die ou-volk. Maar Kottler is 'n totaal ander Jood as Epstein, wat internasionaal en kosmopoliet geword het en sy ras in sy kuns verloën. En daarom is ek my daarvan bewus dat daar eintlik nie so 'n sterk teenstelling in my woorde opgesluit lê nie: Want die seun van die ou-volk in die verstrooiing kan hom verwant voel aan die seun van die ou-testamentiese volk van die Voortrekkers in wie hy die romantiese liefde van sy ou nomadevolk vir die verre vlaktes terugvind. Daarby kom nog dat sy Oos-Europese afkoms hom in 'n baie noue kontak met die Russiese volksiel gebring het. Hier lê vir my die twee elemente waaruit ons verskillende tendense in Kottler se kuns moet verklaar. Partykeer laat sy werk my dink aan dié van die Nederlandse Joodse digter Jacob Israël de Haan, soos hy daar gesit het in die Hollandse sandduine aan die Noordseestrand en by die laaste strale van die aandson sy sange gedig het, vol onbestemde weemoed en heimwee na die onbedorwe lewe van sy ou volk in hul ou land. Kottler vertoon dieselfde tipe; hy, wat hom nie bepaald aangetrokke voel tot die ruige oerkrag van die Kaffer nie, maar wat met 'n groot liefde die ou-argaïese Hotnot-tipes uitbeeld, wat amper die indruk maak van net in die verlede te lewe, in die ou-dae toe hulle nog here van die swart wêreld was. Daar is 'n ander tendens, wat ons ook hier wil noem. Die naakte het by Kottler 'n bepaalde neiging tot weelderige, sware vorme, wat nie aan sy modelle ontleen lyk nie, maar kunsmatig ingevoer, met 'n vage sensuele effek. {==40==} {>>pagina-aanduiding<<} By 'n beeld as ‘Oggend’ (brons) maak die lome liggaamsweelde g'n saak nie: dit versterk die stemming van die ontwaak na 'n swaar slaap. Michel Angelo gebruik in sy ‘Oggend’ in die Florentynse grafkapel van die Medici dieselfde hulpmiddel vir dieselfde effek. Origens lyk dit vir ons dat daar 'n sterk verwantskap tussen hierdie twee werke bestaan; terwyl daar ook 'n onmiskenbare verband met die pragtige ‘Tekening’ (N. Br. Mei 1931, p. 107) bestaan. Ook in hierdie tekening word ons getref deur die harmonie van die lyne, naas die lome swaarheid van die vorme, al is dit minder sterk as in die brons. Maar in 'n ander beeld: Tuinfiguur (vir fonteintjie vir voëltjies, N. Br. 1931, p. 67), waar ons ligte lugtige speelse lyne en vorme mag verwag, lei die swaarheid van die liggaamsvorm tot so 'n gedrongenheid, dat die goeie proporsies verlore gegaan het en die geheel amper 'n mislukking moet genoem word. (In die afbeelding spreek hierdie besware nie so sterk nie, maar 'n mens moet die beeld darem nie van die ander kant sien nie!) Opmerklik in hierdie verband is nog, dat die neiging tot die weelderige, sware vorm absoluut verdwyn het in die werke wat naturelle afbeeld, wat ons hipotese versterk, dat dit 'n kunstmatige maar doelbewuste effek is. Ongemerk het ons nou al tot 'n bespreking van afsonderlike werke gekom, en dit sal ons nou eerste voortsit. ‘Jongmeidjie’ in hout, wat Kottler lank besig gehou het en wat pas in hierdie jaar voltooi is, is vir my die beste uiting van Kottler se gevoel vir ritme en harmonie. Dis wonderlik om te sien hoe pragtig die vlakke by mekaar aanpas, veral in die gedeelte van skouers en bors. Baie mooi is ook die ewewig in die stadig voortskrydende figuur; 'n ewewig, wat berus op 'n geniale uitbalanseer van die statiese en die dinamiese eienskappe van die beeld. Oom Piet is 'n uitstekende voorbeeld van Kottler se portretkuns. Dis ook 'n beeld wat in hierdie jaar gemaak is. Ouer voorbeelde van hierdie groep is ‘Oom Marthinus’, ‘Prof. Plant’, ‘Prof. Farrington’, ‘William Plomer’, ‘Jules Godby’, ‘Wilfred’, ‘Eva’ ens., ens. 'n Mens kan in ‘Die Nuwe Brandwag’, No. II van 1929 en No. II van 1931 nog 'n aantal pragtige reproduksies van Kottler se portretbustes vind, o.a. ‘Generaal Hertzog’, ‘Eerw. Andrews’, ‘Prof. De Vos’ en die kunstenaar se vrou, en ons behoef hier nie te herinner aan die pragtige portretbuste van Regter Jacob de Villiers nie, waar al die Romeinse sieleadel van hierdie oorlede groot Afrikaner uit spreek. By hierdie groep werke moet ons egter op die voorgrond stel dat die meeste nie regstreeks uit inspirasie voortgekom het nie, maar op bestelling gelewer is. Dit stel heeltemal ander eise aan die kunstenaar; in die eerste plek 'n groter aanpassingsvermoë, en daarom kan ons hier die beste beoordeel {==41==} {>>pagina-aanduiding<<} die hoogte, wat die kunstenaar se tegniek bereik het. Die leser moet dus goed begryp dat ons inleidende opmerkinge op die afdeling portrette nie van toepassing was nie. Die eerste wat ons in hierdie groep tref, is die uitstekende keuse van die materiaal vir elke bepaalde kop. ‘Oom Piet’ is in gips, wat die beeldhouer veroorloof om die kleinste groefies wat 'n lang en swaar lewe in Oom Piet se kop gekerf het, weer te gee. Die beeld is 'n reeks realistiese détails, wat as 'n geheel geneem, tog imponeer. Die taamlik convensioneel opgevatte koppe van die twee professore, wat nie baie bouit die gewone realisme uit kom nie, kan ons maar min bekoor. Maar neem nou weer die beelde van H.C. Hull en van Generaal Hertzog (N. Br. 1929, p. 91, 155)! Die laaste is 'n brons, maar dit lyk vir my dat hulle altwee in klei geboetseer was. En inderdaad is klei die aangewese materiaal vir karakterkoppe; hier oorheers nie die détails nie, maar die verhouding van die groter massas en lyne, waaruit die koppe gebou is. Kyk na Generaal Hertzog s'n: dis meer as realisme. Beskou tog 'n bietjie die onderkant van die voorhoof en die opgetrokke winkbroue: wat 'n geestelike spanning lê in hierdie kompleks uitgedruk! En dan die sterk geaksentueerde vertikale plooie in die wange! Druk ook hierdie spanning van die huid nie 'n innerlike spanning uit nie? Nou nie van die gees nie, maar van die wil. Nou sit ons langs mekaar die gips- of kleiwerk en 'n in klip gebeeldhoude koppie soos ‘Babetjie’. ‘Babetjie’ is nog nie 'n karakterkop nie! Dis nog amper 'n stuk natuur, wat nouliks begin dink het en amper nog onbewus lewe. Dit lyk snaaks dat die kunstenaar vir hierdie tere wesentjie die harde klip gaan gebruik. Maar beskou nou die reproduksie: *) Kottler het die lyne van die gesiggie en die ogies maar net aangedui; deur die harde materiaal bereik hy die effek asof dit 'n beeldhouwerk in wording was. Maar hoe kan hy mooier uitdruk, dat 'n kindjie 'n mens in wording is? Daardie beeldjie is vir my een van die kragtigste van die tentoonstelling, omdat die kunstenaar hier die geheim verstaan het om met so min middele so baie te sê. Hoe dig het die kuns hier aan die natuur genader! Dieselfde sien ons by die Hottentotmeidjies in brons. 'n Bevriende dame het vir my gesê: ‘Kyk tog hoe min eie sielelewe die Hotnotkoppies toon; die kinderjies is nes stukkies natuur, wat alleen nog maar besiel is deur 'n bietjie van die Alsiel van die Natuur!’ {==42==} {>>pagina-aanduiding<<} En as die kinders ouer word, kom die individualiteit sterker na vore, hulle kom van die natuur in die kultuur, en daarmee kom ook die tragiek in hulle lewe. Kyk tog arme ou Nena; met watter liefde het die kunstenaar die hulpeloosheid, die sieklike tingerigheid van die ou skepseltjie uitgedruk en hoe versterk die armpies, wat so sonder doel uit die skouertjies kom, nie die indruk wat die kunstenaar wil wek nie! En watter pragtige materiaal is gips tog weer om die broosheid en verganklikheid van die ou liggaampie uit te druk. Let op, hoe die beeldhouer by al sy mededoë tog aestheet bly: hoe harmonies is die beeld gebou in sy gelyke verdeling tussen kop- en borshelftes met die lyn van die onderarme as basis. Nou kom ons tot die ‘Nadenkende meidjie’, wat in ‘Die Nuwe Brandwag’ van 1929 baie sleg afgebeeld is. Die glanspapier, die swart agtergrond en die felwitte lig op die beeld, ontneem dit juis die effek wat die kunstenaar wil teweeg bring. Dis uit 'n sipresboom gesny; net jammer dat die hout nog nie ‘bestorven’ (soos die Hollanders sê) was nie: vandag, na ag jaar ‘werk’ dit nog, en dit doen afbreuk aan die rus van die geheel. Pragtig is origens die harmoniese rus wat van hierdie saggeel en bruin gevlamde stuk hout uitgaan. 'n Onbestemde weemoed straal uit die natuurkind se gelaat, hoewel - en dis nou juis weer die wonderlike - die oogballe selfs nie aangedui is nie. Die hand, wat uit 'n stuk onbewerkte hout oprys, en juis daardeur die aandag trek, hoe versterk hy die peinsende trek! As dinge nou beslis name moet hê (wat gelukkig by die meeste van Kottler se werke glad nie nodig is nie!), dan is die ‘nadenkende’, wat nou op die programma staan, baie beter as die ‘rustende’ van 1929. 'n Laaste opmerkenswaardige werk wat ons wil noem is die luik wat bokant 'n monumentale deur 'n plek moet kry en waarin die Adam- en Eva-figure verwerk is, natuurlik, volgens die eise wat 'n luik nou eenmaal stel, op 'n twee-dimensionale manier. Hierdeur, en deur die gestileerde simboliese behandeling van die menslike figure toon hierdie werk 'n sterk verwantskap met die skilderye van die Switser Hodler, wat ook amper sonder diepte in sy skilderstukke werk. Maar hierdie luik kan 'n mens nie op juiste waarde beoordeel nie, sonder om die argitektuur van die deur daaronder te sien; en 'n ander beswaar is, dat die beeldhouer die ligging van die reliefs, die spierbundels by voorbeeld, bereken het, op 'n beskouer wat die deur sal ingaan, dus omtrent drie tree dieper staan, terwyl die werk hier op die vloer gesit is! As ons nou die datering van die verskillende beeldhouwerke in aanmerking neem, dan kry ons die indruk, dat Kottler, wat as 'n ywerige werker {==43==} {>>pagina-aanduiding<<} al die moontlikhede van sy eie talent ondersoek het, op die ou end tot sy oorspronklike kunsopvatting gaan terugkeer. Uit die Natuur het sy tegniese kennis hom tot die Kultuur gebring, waar hy in baie waardevolle werke sy realistiese uitdrukkingsvermoë neergelê het, maar nou kom hy stadig tot 'n hoëre tegniek, wat hom weer na die Natuur toe voer. Hierdie hoëre tegniek is die ekspressionistiese, wat die realistiese détails verwaarloos, maar deur stilering en vorentoe-bring van bepaalde karakteristieke trekke van die afgebeelde, die persoonlikheid van die kunstenaar 'n groter rol laat speel. En Kottler se persoonlikheid staan baie dig by die ongerepte, onbewuste natuur. Daarom toon hy ook so'n groot voorliefde vir kinders. 'n Kunstenaar soos Van Wouw sal hom altyd verwyt dat hy sy onderwerpe te min ‘uitwerk’, dat hy sy beitel neerlê, waar Van Wouw self juis gaan begin. Maar ons voel nou hierdie teenstelling as 'n noodwendigheid: Van Wouw as 'n volbloed kultuurmens, kan nie sonder al daardie détails, wat vir hom juis die indiwiduele van sy onderwerp uitdruk; maar Kottler, wat sy kuns uit die natuur put, soek nie na die indiwidueel verskillende nie, maar juis na die gemeenskaplik natuurlike, wat bind. Hy sien in sy onderwerpe in die eerste plek stukkies van die onbegrepe, onbewuste natuur, en dit uiter hy in sy tegniek. In hierdie ‘swakheid’ lê juis sy krag! In die kleine reeks van groot Afrikaner-beeldhouers verdien ook Kottler ten volle sy plek. Naas Anton van Wouw, ons groot realis, met sy sterk gevoel vir die monumentale, wat hom tot die gebore skepper van groot gedenktekens maak; naas daardie ander kultuurmens Fanie Eloff, die ‘l'art pour l'art’ kunstenaar, in wie se kuns die polsslag van die lewe so vinnig klop, in die felste beweging, in die diepste smart; naas hulle bly daar 'n eervolle plek vir Moses Kottler, wat sagter snare in ons gemoed laat klink, maar wat tog ook 'n apostel is van die eerbied vir die Lewe en van die terugkeer tot die skoonheid van die onaangeroerde Natuur. M. BOKHORST. {==44==} {>>pagina-aanduiding<<} Oor die Publikasie van Historiese Bronne. DIE eresekretaris van die Van Riebeeck-Vereniging het ons versoek om 'n brief te plaas waarin hy namens die Raad van sy Vereniging beswaar maak teen sekere beweringe van dr. Preller in sy bespreking van die werk van dr. Claude Fuller oor Louis Trichardt se Dagboek (Die Nuwe Brandwag, 1932, IV). Hoewel ons ons streng aan die reël hou om geen antikritieke te plaas nie, het ons dit wenslik geag om hier 'n uitsondering te maak, omdat ons hier 'n geval het waar 'n meer uitvoerige uiteensetting van belangrike beginsels leersaam en interessant kan wees. Omdat ons dit dus nie beskou as 'n polemiek oor 'n boekbespreking nie, maar as 'n diskussie oor die wetenskaplike eise wat gestel moet word aan die uitgewer van historiese bronne, plaas ons die brief van die Van Riebeeck-Vereniging en die antwoord van dr. Preller (spelling van laasgenoemde op versoek onveranderd). Die Redaksie. Die Redakteur ‘Die Nuwe Brandwag’. Geagte Heer, Na aanleiding van 'n artikel Louis Trichardt se Trek oor die Drakensberg, wat in die November-uitgawe van ‘Die Nuwe Brandwag’ verskyn het, versoek ek u die volgende mee te deel: Dr. Preller beweer o.a. dat die Van Riebeeck-Vereniging: 1.'n Engelse vertaling van Witbooi se Hollandse dagboek uitgegee het. 2.Mossop se Joernale van Bergh en Schryver van geen bladwyser voorsien het nie. 3.'n Engelse vertaling van Mentzel se Nederlandse werk uitgegee het. 4.Hollands as vreemde taal behandel. Die feite is: 1.Witbooi se dagboek is in die oorspronklike Hollands uitgegee. 2.Die Joernale van Bergh en Schryver is voorsien van 'n deeglike bladwyser. {==45==} {>>pagina-aanduiding<<} 3.Mentzel se werke het oorspronklik alleen in ou Duits verskyn en gladnie in Hollands soos dr. Preller beweer nie. 4.Onderstaande werke is in die oorspronklike Hollands deur die Vereniging uitgegee. Rapport van De Chavonnes en sy Raad. Rapport van Van Imhoff. Memorie van De Mist. Instructiën... van Simon v.d. Stel 1699. Instructiën... van Cornelis Joan Simons 1708. Dagregister van Commissaris Cnoll. Dagverhaal van Willem van Putten. Twee Joernale van Olof Bergh. Witbooi se dagboek. Die uwe, I.M. Murray (Ere-sekretaris). Namens die Raad van die Van Riebeeck-Vereniging. Dr. Preller antwoord hierop: Met die paar op- en aanmerkinge, oor die vir my enigsins curieuse wyse waarop die ‘Van Riebeeck-Vereniging’ bronnemateriaal uitgee, het ek nie meer wou doen dan ewe, in my beskouing oor één van hulle uitgawes, aandag te vestig op wat my toeskyr die onbestendige daarvan te wees. En geensins het dit in my bedoeling gelê om ánders dan waarderend my uit te laat oor wat die Vereniging tog nog gedaan het in belang van die geskiedenisstudie. Ek het 't egter jammer gevind dat ons énigste historiese genootskap, wat m.i. leiding sou kon gee en die gewenste éenvormigheid kon aanbreng by die uitgifte van geskiedkundige dokumente, in sy eie publikasies 'n verskeidenheid van opvatting gedoog wat, - altans naar my beskeie oordeel, - so'n groot deel daarvan vir die ernstige heuristiek inderdaad so waardeloos maak. En ek het gemeen opgemerk te hê, hoe dit tewyte is hoofsakelik aan die verwaarlosing van twee vry algemene opvattinge insake die vermenigvuldiging van historiese bronstukke, - dat dit namelik gegee moet word soos 't is, wat vertalings oorbodig maak; en dat in die meeste gevalle die gebruikelike verklaring van die oorsprong, ens. inleiding en aantekeninge, ontbreek. Verder het my getref die behandeling van Afrikaans-Hollands deur die Veréniging as tenminste ewe vreemd as Duits. Ek wil nie beweer dat 't so is nie, maar sal my redes daarvoor aanvoer, terwyl dit aan die Vereniging lê om die indruk, waar dit redelikerwyse kan bestaan, weg te neem, as 't nie {==46==} {>>pagina-aanduiding<<} so is nie. Ook begryp ek hoe die voor die hand liggende antwoord hierop sal wees, dat die openbaarmaking b.v. van 'n Duitse dokument, sonder vertaling, in ons land nie dieselfde wye leserskring sou vind nie. Die Vereniging beoog egter, - as ek tenminste sy doel goed begryp, - geen populêre uitgawes nie, maar veeleer die vermenigvuldiging vir doeleindes van studie en ondersoek, en tenbate van 'n min of meer uitgelese kring van belangstellendes, slegs van seldsame en waardevolle historiese dokumente. En dan verval byna iedere betekenis van die vertaling, wat vir die aanwending van so'n dokument as geskiedkundige materiaal, tog heeltemal waardeloos is. Ek het as voorbeelde van wat ek bedoel genoem veral die beide lywige boekdele wat 'n Engelse vertaling bevat, sonder meer, van Lichtenstein se Reisverhale, sowel as die volslae nuttelose Engelse vertalings van van Riebeeck se Joernaal deur Leibrandt, en die Engelse vertalings van Mentzel. Rhodes, wat die beskikking gehad het oor baie geld, en slegs Engels kon lees, het die bibliotheek van Grote Schuur gevul met dié soort vertalings; maar of dit daar ooit enige ander doel kan dien dan dié van 'n min of meer vervelende geleentheidslektuur vir wagtende besoekers, betwyfel ek. Hier dien ewenwel opgemerk te word, dat die vertalings van Leibrandt, en die ander in Grote Schuur, niks te make het met die uitgawe van die ‘Van Riebeeck-Vereniging’ nie. Die vereniging is in hierdie kategorie van vertalings sonder meer, verantwoordelik vir Lichtenstein en Mentzel. Hierdie werke verskyn enkel in die vertaalde gedaante. Aan die meeste ander, - behalwe Cory se publikasie van Owen se Dagboek, - is 'n vertaling in Engels toegevoeg, (van die genoemdes: Bergh en Schryver hulle Joernale, en uit die Collectanea, die Rapport van de Chavonnes en sy Raad, Rapport van Imhoff, Memorie de Mist, Dagregister Cnoll, Dagverhaal van Putten en die Joernale van Olof Bergh.) Die enkele vertaling, sonder meer, kom my voor, op grond van die gebruikelike historiese vereiste, as totaal nutteloos. Die origineel met toegevoegde vertaling, (waar dit namelik gegee word), beskou ek om dieselfde rede as oorbodig, en soms selfs hinderlik omdat dit 'n vooropgestelde interpretasie aanbied, hoe neutraal dit ook mag wees. Is dit 'n veranderlike beleid van die Vereniging om, 'tsy alleen 'n vertaling te gee, 'tsy die origineel met vertaling, dan ontstaan die vraag waarom Cory dit oorbodig geag het om Owen se Dagboek ook in Afrikaans te vertaal? En waarom die Vereniging daarin toegestem het om dit sonder so'n oorsetting uit te gee? Dieselfde geld vir Fuller se bewerking van Trichardt se Dagboek. {==47==} {>>pagina-aanduiding<<} Dit het my naar ek meen, redelike aanleiding gegee om te presumeer, soos ek gedaan het, dat die Vereniging Hollands (Afrikaans) ook as vreemde taal bejeën. Dit en die omstandigheid, dat, daarteenoor, iedere Hollandse dokument gewetensnou in Engels oorgeset word, alle aankleding en inleiding enkel in dié taal geskied, en selfs die titels omgeset word en slegs in Engels verskyn. Die vermelding van Mentzel se Beschreibung des Vorgebirges der Guten Hoffnung as oorspronkelik ‘Nederlands’; is 'n drukfout. As ek die werke nie self geken had nie, dan staan nog by die vermelding vir iedereen hoe dit is ‘a translation from the German’. En, terwyl ons dit hier tog het oor die historiese methode van uitgee, wou ek graag van Mandelbrote se vertaling dit sê, dat 't, sover ek weet, en behoudens die vertaling en die gemis aan bladwysers, die énigste van die uitgawe van die Vereniging is wat m.i. aan die gewone vereistes beantwoord. Dat Mentzel in ‘ou Duits’ bestaan, doen natuurlik nie in die minste af van die algemene betoog, aangaande publikasie van die oorspronkelike teks nie. Daar bestaan algemene voorskrifte vir die behandeling van die oudste middeleeuse tekste. Sover ek weet stem die georganiseerde uitgewery van historiese materiaal, oud of nuw, en waar ook in die wêreld werkelik ernstige studie daarvan gemaak word, of waar dit die studie wêrd is, oral ooreen insake die toepassing van sekere algemene en kardinale vereistes. Ek beroep my hier meer bepaaldelik op die methode van die Sorbonne: Manuel de Bibliographie historique, van Langlois; Introduction aux Etudes Historiques, van Langlois en Seignobos, waarmee te vergelyke is Flint se Historical Philosophy in France, ens. Verder die Duitse historiese methodologie: Droysen se Grundriß; Schubart: Über geschichtliche Analyse und Synthese, en Bernstein se Historische Methode, en meer bepaaldelik die bekende algemene reëls: ‘Voor het Uitgeven van Historische Bescheiden’, van die Historische Genootschap te Utrecht. Oor die algemeen moet aangeneem word dat so'n herdruk die raadpleging van die oorspronkelike oorbodig moet maak. Daarom geskied teenswoordig die heruitgawe so dikwels fotografies. By die vredesluiting te Versailles, in 1919, het die oorwinnende nasies hulle die verbasende reg aangematig om in hulle Vredesverdrag, wat hulle die oorwonnene nasies laat onderteken het, neer te lê hoe laasgenoemdes oorsaak was van die oorlog. Dit was teenoor die oordeel van die vierskaar van die geskiedenis 'n daad van dieselfde onbegryplike arrogansie as die ander bepaling van dieselfde vredesverdrag, - waarop in Engeland 'n algemene eleksie uitgeveg en gewin werd! - dat die Geallieerde en Geassocieerde Grootmagte {==48==} {>>pagina-aanduiding<<} Wilhelm II van Hohenzollern ‘publiek aanklae vir die supreme misdaad teen alle inter-nasionale moraliteit en die heiligheid van verdrae’! Die Geallieerde en Geassocieerde Grootmagte het hulle sodoende die funksie van die geskiedenis aangematig. In Berlyn het daarop totstandgekom dr. Alfred von Wegerer se ambtelike ‘Zentralstelle für Erforschung der Kriegsschuldfrage’, wat enige honderde kleine boekdele uitgegee het met die materiaal wat slaan op die vraag: wie was oorsaak van die oorlog? Om as bewysmateriaal van énige nut te wees, moes hierdie dokumente sódanig uitgegee word, dat 't oorbodig sou wees vir die mees noukeurige navorser om die oorspronkelike te gaan raadpleeg, - gestel dat soiets moontlik is, waar die oorspronkelike stukke versprei lê oor die ganse Europa, in private sowel as openbare dokumente-versamelinge. Die methode wat hulle gevolg het was om fotografiese afbeeldings te gee van die vernaamste stukke, of dit nou in Russies, Grieks, Italiaans, Engels, Frans of Duits was. By wyse van aantekening werd strekking en inhoud in Duits weergegee, met die geskiedenis van die stuk en verklarende aantekeninge op bepaalde punte van die inhoud, of by voorkomende leemtes. Maar die vernaamste was 'n letterlike of facsimile-weergawe van die oorspronkelike. Die uitgewer van handskrifte of van herdrukke moet hom tot taak stel om die teks van die-handskrif, of van die oue druk, met die mees volkome getrouheid en onfeilbare juistheid in druk oor te breng, en daarby ook belangryke besonderhede van die handskrifte of oue drukke soveel moontlik weer te gee. Die uitgawe moet só ingerig word dat raadpleging van die oorspronkelike handskrifte of oue drukke deur die gebruiker in die reël oorbodig word. Bowestaande is nagenoeg die inhoud van die eerste en vernaamste stelreël van die Utrechtse Genootskap, en wie die moeite wil neem om dit na te gaan, sal dit bevestig vind deur erkende Duitse sowel as Franse uitgewers. Maar, daar kom nog soveel méer by kyk! Op die uitgewer rus die plig om na te gaan of hy te doen het met 'n oorspronkelike handskrif, of met 'n afskrif, opdat hy die suiwere teks soveel moontlik kan herstel. Hy moet die verskillende aanwesige afskrifte opspoor en dit onderling vergelyk. Die goeie lesings van die verskillende tekste word afgedruk, die slegte weggelaat, en by die minste twyfel almal weergegee in note of aantékeninge. As daar konsepte van die teks aanwesig is, word dit met die af te drukke teks vergelyk en belangryke afwykings aangegee. Van die voorkome van ledige of ontbrekende bladsye word in 'n noot melding gemaak. Die teks moet in sy onderdele ontleed word deur die opsporing en herstelling van die oue indeling, en aanduiding van die onderdele. {==49==} {>>pagina-aanduiding<<} Daar bestaan die mees uitvoerige voorskrifte wat aanbetref manipulasie van die teks en van die spelling, indeling, kennelike en ander skryf- of drukfoute, normalisering van die taal, hiate, lacunes, interpunksie, chronologiese ordening, tot selfs die gebruik van hoofletters en wat nie al meer nie, - álles slegs met die oog dáarop, om namelik die gebruiker van die herdruk te stel voor 'n stuk wat dit vir hom oorbodig maak om die origineel te sien. En dan die bykomende verpligte arbeid van die uitgewer, om die waarde van sy stuk te verhoog bokant die oorspronklike: verklarende en ander aantékeninge, en, - wat van die uiterste belang is, - 'n register of bladwyser, wat vir so'n historiese dokument moet bestaan uit éen vir plaasname en 'n ander vir persoonsname. Ek glo werkelik dat ons by die uitgewe van bronnemateriaal veels te los en sonder methode tewerkgaan, dat ons veelal oorbodige werk maak van vertalings, sodat die herdruk nie die waarde erlang vir die eventuele gebruiker wat 't anders so maklik kon hê. Ons bepaal ons by die in my resensie van Fuller se werk genoemde boeke, en dan konstateer ek in alle beskeidenheid, dat my betoog onaangetas bly staan: Cory se Dagboek van Owen is alleen in Engels uitgegee, sonder register. Die oorspronkelike Engelse teks is ál wat die ondersoeker nodig het. Maar hoe dan met die vertalings, in Engels, uit Hollands en Duits, sonder meer? En die afwesigheid van 'n register maak die Cory-teks net so onbruikbaar as die oorspronkelike: mens moet die hele dokument deurwaad vir 'n enkele naam. M.a.w., prof. Cory se arbeid het sig bepaal tot 'n ‘preface’ aan sy terugvinding van die dagboek, en 'n paar biografiese besonderhede oor die auteur, by wyse van inleiding tot die teks. Lichtenstein bestaan slegs uit 'n Engelse vertaling. Mentzel eweneens. Schryver ditto. In die Collectanea is 9, 10, 11 en 12 Engels, sonder vertaling. Botha se ‘Wreck of the Grosvenor’ is sonder register. Met Witbooi se dagboek het ek my vergis: dit is in die oorspronklike Hollands uitgegee, maar met 'n Engelse voorwoord. Ons is arm aan veréniginge soos die ‘Van Riebeeck-Vereniging’. Was dit verkeerd, of teveel geverg om te probeer om die waarde van die werk wat die vereniging verrig te verhoog, deur op die wetenskaplike tekortkominge daarvan te wys? As dit so is, dan is ek die Vereniging 'n ekskuus verskuldig. G.S. PRELLER. {==50==} {>>pagina-aanduiding<<} Oor Boeke. Die plaasverdeling. Deur Abr. H. Jonker, J.L. van Schaik, Bepk., Pretoria, 1932. 7/-. 'n Jong skrywer van belofte is Abr. Jonker. Van hom het reeds verskyn ‘Gebeurtenisse’ en ‘Die Kanker van die Jare’. Daarin het hy met fantasie en 'n vlot vertellingswys verras. In eersgenoemde werk word interessante kykies in die lewe van die ou Transvaal gegee, in laasgenoemde word die geskiedenis van 'n moord behandel. Albei is met veel talent geskrywe en kan as boeiende lektuur aanbeveel word. Met ‘Die Plaasverdeling’ word nie alleen 'n roman van groter opset aangebied nie, maar die avontuur maak nou plek vir indringing in die menslike siel en in die noodlot van karakter. Plattelandsverarming en plaasverlating is ook hier die motief, by die verdeling van 'n plaas en by die geestesontoereikendheid van 'n onselfstandige sukkelaar. Ons maak kennis met Antonie en Jacob Reys, die twee seuns van 'n ou Karrooboer. Eersgenoemde, met sy agterlike verstand en gebrek aan selfstandigheid, goedgelowig en kinderlik naïef, sorg met sy Ampieuiterlik (en trots) vir die vee-afdeling, en Jacob, die man van sake, vir die saaiery. Daar is nog 'n broer. Hannes, wat gestudeer het, maar buite dinge staan as die ou vader te sterwe kom. Die plaasverdeling word deur die pientere Jacob so gereël dat Tonie met die slegste rante en 'n armoedige klomp veetjies bly sit en só natuurlik heel gou deur die aanhoudende droogte en die opgelope skuld uitboer en 'n armblanke-trekker word. Met volkome beheersing van sy materiaal en ook met intuïsie bou Jonker sy realistiese stemmingsbeeld van patetiese bestaan. Sy vernaamste sukses behaal hy met sy karaktertekening, wat van die suiwerste is in Afrikaans. Weliswaar is daar in die groot omvang van die boek op 'n teveel en ook, soms, op 'n temin te wys. Eersgenoemde geld b.v. sulke mededelinge soos oor die kinders in die begin van hfst. XII - tensy ons dié as breë grondlegging moet beskou vir die eventuele vervolgdele. Die temin geld veral enkele belangrike byfigure, soos ons sal aandui. Jonker het die plaasverdeling in sy psigologiese betekenis vir die betrokke persone uiteengesit. Dit word dus meer as 'n blote verdeling van eiendom - wat ook die groot opset regverdig -; dit word 'n verdeling tussen selfhandhawing en verval, 'n verdeling tussen twee menssoorte. Hierby was die gevaar van 'n voorbedagte voorstelling groot, om nl. van Jacob alleen die sluwe te maak en van Antonie òf 'n karikatuurvoorstelling òf 'n melodramatiese beligting te gee. En dis 'n verdienste van Jonker dat hy bedoelingloos en objektief kon deurdring in sy mense. Jacob, aanvanklik tamelik hard gesien - die verhouding tot Hannes kon breër uitgewerk gewees het, ook wat sy beskerming van sy minderbedeelde broer betref - oortuig deur sy logiese handelwyse en staan ten slotte in sy wesenlike besorgdheid oor sy broer eg-menslik voor ons. Hy word gesteun deur sy vrou Ester. Om taktiese redes slaan sy 'n ironiese gedragslyn in. Kompositories is dit knap gesien dat elkeen, ook hierdie man en vrou, buite die ander se lewe staan, langs mekaar verbydink, en daardeur juis met mekaar saamstem! Die gegewe is so ryk dat dit my {==51==} {>>pagina-aanduiding<<} spyt dat Jonker se realisme daarmee nie hoër gestyg het nie - vgl. p. 263, laaste alinea; p. 268. Maar die vinding self, en die sukses daarmee bereik, beloof veel vir die vervolg. Uit die aard van die saak val daar meer lig op Antonie. Hy bly voor ons staan - hierdie tingerige mannetjie met sy pieperige gemoedjie en safte verstandjie, met sy naïewe selfgevoel voor sy vrou, sy skuheid voor elke vertoon van krag, sy hulpelose berusting. Mooi realistiese fragmente is hier aan te haal. Sien bv. Antonie aan die stroppe draai, p. 95 vlg., of die twee gesinne om die huistafel, voor die dood van die vader, p. 149 vgl.; en veral die plaasverdeling self, veral van p. 292. My laaste voorbeeld sal die leser tewens oortuig hoe knap Jonker al so 'n hoofstuk kan bou. Waar Jonker, op menige plek, indringend die natuur sien en atmosfeer kan skep, daar verlang die leser miskien dat die natuur as simboliese mag sterker kon aangewend gewees het. Tog moet ons in hierdie verband daaraan dink dat stilisties die konsepsie veral te doen het met ondergang deur eie innerlike struktuur. 'n Mens voel dit in so 'n besonderheid soos Antonie se opgaan in die heerlikheid van die draadomheining. Die dreiging van die droogte tel nouliks mee by sy ingenomenheid oor die blink draad wat stukkie vir stukkie sy grond sy plaas maak. Wat hom kleinkry is minder die droogte as die Jood en die draad - en daarop word tereg die klem gelê -, en so word dit simbolies van innerlike verknegting en verdroging. Ek het hierdie roman met groot belangstelling gelees en verwelkom die suiwerheid van realisme daarin en daardeur die feit dat ons jong skrywers hul siel, onbevooroordeeld, gaan oopstel vir begrip van die hul omringende wêreld. Waar die skrywer reeds besig is met die vervolg, wil ons hoop dat hom die tyd sal gegun word vir nog rustiger oorgawe aan sy lewensgevoel, vir nog strakker sielsbeweging, waardeur die alledaagse opstreef na 'n waarheid ‘die niet is voor d'oogen’. FRANÇOIS MALHERBE. Stellenbosch. Simson. Deur C.M. van den Heever. Nasionale Pers, Kaapstad, 1932. 4/6. Dr. C.M. van den Heever, wat as kritikus hom reeds onderskei het as ernstige literator met 'n suiwer oordeel, en bekendheid verwerf het as romancier, toon hom met hierdie bundel ook een van ons beste novelliste. In sy eerste gedigte en in sy romans ‘Langs die Grootpad’ (1928) en ‘Droogte’ (1930) het ons hom leer ken as iemand met 'n besonder gevoelige innerlike, veral ten opsigte van lewenssmart, menslike begrensing en heimwee na die onbereikbare of die verlorene. Sy styl het daarmee al die kenmerke vertoon van die jeugdige Faustiese siel, en het, op sy beste, uitdrukking gevind in 'n soort impressionisme, soos in ‘Droogte’, wat geheel nuut is in Afrikaans. Weliswaar het die romantiek van sy verhale nog veelal vasgesit aan die ou procédé van die Romantiek, waarby die kunstenaar weleens in die gedrang gekom het. So is die romantiek in sy jeugwerk nog te swoel, die konsepsie, bou, psigologie - veral by die oplossing van probleme - nog te weinig oortuigend en die simboliek te opsigtig, maar uit sy taal, ten spyte soms van hinderlike beeldspraak, het 'n vreugde oor die dinge en 'n lus om hulle te beskrywe gestraal, wat ons die oortollighede en onvolkomenhede laat vergeet het. Reeds in ‘Droogte’ het hy groter beheerstheid, indringing in atmosfeer gegee, en hoewel die skoonheid daarin nog in onderdele gelê het, het dié waardevoller geword. Met hierdie bundel, ‘Simson’, toon hy vooruitgang in elke opsig. Duidelik groei hy in kunstenaarskap. Die konsepsie van die verhale is veel strakker, die grondidee veel essensiëler {==52==} {>>pagina-aanduiding<<} verbeeld en psigologies verantwoord, sielselementêre waardes styg spontaner uit bo die feitelikheid van die besondere geval... die lyn van beskouing is innerlik gevorm, essensiëler volgehou, eenvoudiger dus geword. Waarmee nog nie gesê is dat die verhale in elke opsig reeds ‘af’ is nie. 'n Enkele beswaar wil ek hier noem naas verdere aanduiding van sy vooruitgang. Soos vroeër is dit veral die besef van lewensgebondenheid en tragiek, die kleinheid en magteloosheid van ons menssyr. teenoor die ontsettende magte wat in en om ons regeer, wat hy verbeeld, en liefs met dramatiese gespannenheid, teen die ewige dreuning van die see, of, met innige smartbesef, onder die wyd-koepelende misterie van die nag... Die natuursimboliek hierin is nie langer blote allegorie of blote natuurvergelyking van vroeër nie, maar opsigself gesien en só, dat dit direk ekspressief word van menslike gebeure. So word die romantiek van die literator meer en meer oorwin deur die groeiende werklikheid van die kunstenaar... Ons weet dit: die siel van die kunstenaar vorm en vervorm die lyne van elke feitelike gebeure; en so kom daar in sy uitdrukking as geheel die ritme en musikaliteit wat die wese is van alle kuns. Maar daarvan kan eers sprake wees as die kunstenaar sy eie, oorwonne werklikheid vir ons bring. Eers dán kan dit meedein met die vloei van waaragtige lewe. Waar Van den Heever in hierdie opsig groei, wil dit sê dat hy meer en meer in staat word om vormlewe te verwek in die taalmateriaal - die enigste waarheid ook van die taalkunstenaar, en 'n waarheid, wat hoe langsaam ook, eindelik selfs in Suid-Afrika sal deurdring. Die bedoelinglose skeppingwerk van Van den Heever is dan ook so heeltemal iets anders as die blote vernufswerk van menige skrywer by ons. Die sterkste bereik Van den Heever dit in sy beelding van botsende drifte, met die klimaks van verbrekende krag. Veral voel hy hom aangetrokke tot 'n sekere oudtestamentiese ongenaakbaarheid van persoonlikheid, soos ons dié nog aantref op die platteland. So het die blinde woede in ‘Verbittering’, die uitlaaiende verontwaardiging in ‘Vadersmart’, maar ook 'n titaniese geweld in ‘Simson’, of die siedende wrok in ‘Broedertwis’, met meegierende natuurgeweld, van die sterkste prosa in Afrikaans opgelewer. Maar ook die treurnis om die onbereikbare ween uit op menige bladsy.... 'n Tweede punt wat ek hier wil noem, is die vooruitgang in die intrige en bou van sy verhale. ‘Verbittering’ is hier 'n goeie voorbeeld. Daarin is die ritmiese dwang van suiwere skepping. Dit is inderdaad 'n novelle, 'n kortverhaal soos ons dit verkies te noem om die vormvolmaking sedert die 19de eeu, en nie net 'n kort verhaal nie. Daarin die strakke konsepsie van die kortverhaal, die heel eie bou van 'n spesiale vormidee. In die konsepsie-as-geheel en in sy onderdele, t.w. milieu, karaktertekening, dialoog, beskrywing is daar die eenheidsritme van 'n persoonlikheid ten opsigte van 'n lewensbegrip. En daarin weer die essensiële nuancering, die deining van aanvang, oor hoogtepunt, tot natuurlike vervloeiing in stilte - hier die stilte van die dood na die lewensdeining en lewensstorm, met sy sonnige kabbeling tussenin. En alles as visioen. Ongetwyfeld die beste voorbeeld van die kortverhaal as kunsvorm in Afrikaans. Waar die konsepsie self op 'n enkele plek vervaag, verloop die verhaal minder oortuigend of slap, soos die slot van ‘Wending’ en ‘Terug na die See’. In sommige verhale is daar nog 'n tekort aan skeppende fantasie. Veral ‘Simson’ toon leemtes in hierdie opsig. Die vonds van Miemie as duiwelagtig in haar onmenslike wreedheid, om daardeur die logiese gang van die held te verantwoord, werk onoortuigend op die leser; soos ook die siening van Andries as ‘tergerige, {==53==} {>>pagina-aanduiding<<} nare vent’ wat tot die onmenslikste wreedheid in staat is, sonder meer ons as oppervlakkige vinding aandoen. Sy vooruitgang in natuursimboliek gee vertroue dat hy sal waak teen clichés van die soort ‘soos snelverskietende sterre aan die glansende hemel’. Maar suiwerheid van klankekspressie is te prys op menige bladsy. Vergelyk die knap storm-op-see, bis. 128, of die ritme en musikaliteit van so 'n gewaarwoording: ‘Die golwe bult hoog op, en skuimend breek die lang watervalle, verruisend in blanke kabbeling oor die strand. Dit trek terug, suigend en rimpelend, invouend onder 'n aanrollende golf, en dan volg die aandreuning weer, oorklotsend die donkergladde rotse met 'n oorskietende en neerswiepende sneeu-reën.’ Daarenteen in die sin: ‘In die wit hotel, wat tussen die wildepiesangbome uitloer, dou die vakansierus saggies op hulle neer, en nadat hulle tec gedrink het, gaan hulle 'n entjie langs die see loop.’ - - daarin is die woord ‘uitloer’ oue, die woord ‘dou’ nuwe retoriek; teen albei moet gewaak word. Ook is die styl, volgens die gegewe konsepsie, nog nie oral tot volle eenheid gegroei nie. Vergelyk bis. 1 en bis. 2 in verband met Simson se innerlike gewaarwordinge. Dit sal jy nie maklik kry nie. Maar alweer in dieselfde verhaal is daar 'n donkere kragswoeling wat naas die beste van elders te plaas is. Alleraangenaams is die studie van hierdie bundel. Sy vernaamste verworwenheid is tot dusver dat ook Van den Heever meer en meer leer ‘om die inwendige wonder van natuurverskynsels aan te voel en innig te verstaan’ - natuurverskynsels in ruime sin, dus ook die mens insluitende. Hierdie bundel is my besonder welkom, nie alleen om die geacheveerde daarin nie, maar ook om die wesenlike belofte wat dit inhou vir verdere ontwikkeling in die diepte en só ook vir die veredeling van Afrikaans. FRANÇOIS MALHERBE. Stellenbosch. Dr. K.H. de Raaf en J.J. Griss: Een nieuwe bundel. Deel III-V, derde druk; stroomingen en gestalten, tweede druk. W.L. en J. Brusse's U.M., Rotterdam. Hierdie drie dele van die bekende bloemlesing, wat in 'n duurdere uitgawe in stempelband verskyn onder die titel ‘Zeven Eeuwen’, dek die hele terrein van die Nederlandse Lettere van die 13e Eeu tot hede. Dele I en II is leesboeke vir die middelbare skool. Aan deel V en aan ‘Stroomingen en Gestalten’ het dr. Donkersloot (Anthony Donker) sy medewerking verleen deur die literatuur na 1914 te behandel. Dit word mode onder resensente om hulle baie uit die hoogte uit te laat oor bloemlesings. Ongetwyfeld skuil daar 'n gevaar in die gebruik daarvan; dit kan lei tot dilettantisme en werk in die hand dat die oppervlakkige student die lewende werke verbyloop en hom tevrede stel met 'n paar deur die offisiële kenners tot meesterstukke verklaarde fragmente of afsonderlike produkte. Dit neem egter nie weg nie dat 'n goeie bloemlesing vir die beginner en vir die geïnteresseerde leek 'n onmisbare hulpmiddel is en 'n dierbare vriend kan word. So'n waardevolle hulpmiddel kan die bloemlesing van De Raaf en Griss vir die ernstige student wees. Hierdie reeks lywige dele bevat 'n kosbare skat van skoonheid. Natuurlik sal elke beoordelaar van 'n bloemlesing altyd ruime stof tot kritiek hê, omdat letterkundige smaak en insig gelukkig so sterk verskil. As die dosent wat hierdie bloemlesing gebruik, sy kritiek goed motiveer, kan dit {==54==} {>>pagina-aanduiding<<} die uitgangspunt wees vir 'n insiggewende bespreking van die betrokke outeur of stroming en die student prikkel tot die vorm van 'n eie oordeel. Ek wil dan ook nie 'n uitvoerige kritiek gee nie, maar tog 'n paar opmerkinge maak. In deel III volg die samestellers 'n heel verstandige metode deur van die fragment uit Spieghel se literêr-histories so belangrike ‘Hertspieghel’ 'n parafrase te gee. Dullaert, wat in die eerste druk uitgelaat was, is nou gelukkig verteenwoordig deur twee van sy mooiste sonnette. Hoort die volledige ‘Gijsbrecht’ in 'n bloemlesing tuis? Goed gesien is dit om in deel IV 'n sestal van die mooiste beryminge van die psalms op te neem. Maar mag Elizabeth Post met haar mooi prosa hier ontbreek? In deel V doen dit sonderling aan dat van Derk slegs ‘Iris’ opgeneem is en geen enkele sonnet nie. Tenspyte van die opmerkinge oor die latere poësie van Kloos sal daar nie veel wees wat hulle kan verenig met die keuse van gedigte soos ‘Potgieter’ of ‘Dieper Levensinkijk’ nie. By alle verskil van waardebepaling wat daar moontlik is ten opsigte van Verwey as digter, doen dit tog dwaas aan dat aan onbetekenende figure soos Speenhoff en Jeanne Reyneke van Stuwe meer plaasruimte toegeken word as aan hierdie Tagtiger. Hierdie gebrek aan objektiviteit word nog geaksentueer deurdat daar van sy diepsinnige, van fyn aanvoeling getuigende en pragtig gestileerde beskouinge oor literatuur en kuns niks opgeneem is nie. So sal die verder gevorderde student heelwat stof tot kritiek kry - laat ons hoop dat dit vir hom 'n prikkel sal wees om hom duideliker rekenskap te gee van sy waardebepaling. 'n Waardevolle aanvulling is die laaste gedeelte van deel V waarin dr. Donkersloot 'n keuse doen uit die literatuur na 1914 - veral vir ons in Suid-Afrika kan dit goeie dienste bewys. Oor ‘Stroomingen en Gestalten’ wat op ons Universiteite baie gebruik word. hoef ek seker niks te sê nie. Die hoofstuk van dr. Donkersloot oor die jongste letterkunde is 'n welkome aanwins daarin. Hierdie werk van De Raaf en Griss is 'n waardevolle hulpmiddel by die studie van die Nederlandse letterkunde en bevat 'n skat van skoonheid. G. DEKKER. Gedichten door Jac. van Looy, 1884-1925. A.W. Sijthoff's U.M., Leiden, 1932. ‘Naar allen die van Jacobus van Looy houden, gaat deze heen, ik weet hij zal zijn vrienden wel altyd vinden.’ Met hierdie woorde bied mevrou Titia Van Looy-Van Gelder ons die digterlike nalatenskap aan van haar man aan. Is daar in die hele Nederlandse letterkunde een kunstenaar wat vriende besit in die sin wat Van Looy hulle besit? Nie slegs bewonderaars nie, nie slegs dankbaar ontroerdes deur die skoonheid van sy kuns nie, maar vriende wat 'n warmte in hulle hart voel as hulle sy werke sien staan of na sy gemoedelike, oer-Hollandse, geestige kop kyk. Hierdie vriende dink nie in die eerste plek aan die siener van lig en kleur, aan die visionêr van die oëskoon met sy verbluffende skilderstalent nie, maar aan die mens wat hulle reeds agter daardie sketse gevoel het, aan die innigmenslike dromer Jaapje-Van Looy, aan die mymeraar Zebedeus, met sy bekoorlike, speelse fantasieë, sy geestige lewenswysheid en humor, die vrug van 'n seldsaam harmoniese lewe, sy fyn kunsbeskouinge en guitige kritiek, geuit na 'n lang lewe van troue, oorgegewe arbeid volgens die besef van eie kunstenaarswese en buite skool en leuses om. Daardie Van Looy bly vir ons nie slegs 'n geniale kunstenaar, 'n skrywer nie - uit sy werke klink die stem van 'n mens, wie se vriendskap ons vir ons kan verower tot 'n lewenslange vreugde. En nou skenk mevrou Van Looy ons 'n skone gedagtenis aan hierdie vriend. {==55==} {>>pagina-aanduiding<<} Van Looy is nie in die eerste plek digter nie. Tog herken ons ook in hierdie verse sy stem. Die meeste van hierdie gedigte ken sy vriende al - hulle lê verspreid in tydskrifte en in ‘De Wonderlijke Avonturen’. Dis 'n ryke verskeidenheid van verse wat die beeld van Van Looy as mens en as kunstenaar duidelik voor ons oproep en wat ons verrassend herinner aan sy skilderwerk. Daar is tal van stemmingsonette uit die jare van ‘Tagtig’, met telkens die karakteristieke individualistiese selfbeklag. Als 'k lag versomberd in mijne eigen pijn, In een der velen, eigen aan mijn leven. Hy styg egter gewoonlik uit bo die blote stemming. Daar is 'n paar sonnette wat die lesers van ‘Jaapje’ as 'n kosbare aanwins sal beskou. Daar is die skone ‘Ode aan Rembrandt’ en ‘Voor Rembrandt's Standbeeld’. Daar is gedigte van 'n ruige krag, soos die siening van die Middeleeue op bl. 28. Wat 'n lugubere siening à la Gericault of Delacroix in ‘By eene fotografie’, en wat 'n mooi natuursiening in ‘De Dood van den ouden Triton’. Ontroerend is die deernis van ‘Van een ziek kindje’. Ook is verskillende liedjies uit ‘De Wonderlijke Avonturen’ oorgeneem. Hierdie poësie munt nie uit deur spontane sang nie; daar is dikwels 'n sinvolle gewrongenheid. Telkens word ons egter getref deur die visionêre gloed wat daaruit opslaan, miskien nêrens so sterk as in die volgende sonnet nie: Zoo uit woestijn waar schril de keemlen loeien, Oei, oeie, oei, het huilt uit de Oceaan. - Sleep-stappende, met trotsch en stadig moeien, Zij dragen eens de volle korven aan. - Na, sombre karavaan na karavaan, Veel macht'ger bulten uit den nacht aangroeien; Gecharterd en bevracht, bepakt, belaân, O hoornen, bol van weelde, aan 't overvloeien. - Wel is het weelde, ál bruikbaar, ál gemak; Word' van die weelde ook een land een wrak, Ga voor dien zegen ook een grootre henen. - Oei, oeie, oei, o nacht, nacht zwaar van weenen, Zwart', tuchtelooze nacht vol schennerijen; Het loeit uit zee, uit zee de waatren schreien. In die ‘Voorbericht’ gee mevrou Van Looy rekenskap van die keuse en rangskikking van die stukke. Die boek is opgeluister met 'n portret van Van Looy deur Willem Witsen en 'n selfportret van 1927. Alle vriende van Van Looy sal hierdie uitgawe aanvaar as 'n kosbare geskenk. G. DEKKER. Simon van der stel's Journal of his Expedition to Namaqualand, 1685-1686, edited by G. Waterhouse, Longmans, Green and Co., London, New York, Toronto. Hodges, Figgis and Co., Dublin. 1932. Hierdie pragtig uitgevoerde uitgawe van Waterhouse sal die belangstelling trek nie slegs van historici nie, maar ook van plantkundiges, dierkundiges en natuurliefhebbers. Meer nog: omdat dit so'n interessante beeld gee van die plante- en dierelewe van ons land 'n paar eeue gelede, is dit 'n werk van algemeen-kulturele waarde. Daarom is 'n bespreking daarvan in hierdie tydskrif nie misplaas nie. Hoewel ek dit hoofsaaklik van plantkundige standpunt bespreek, is daar ander aspekte wat ewe belangrik is. Vooraf 'n paar woorde oor die geskiedenis van die dokument en van sy ontstaan. Volgens Theal het die Namakwas in 1681 uit die noorde in die Kaap aangekom met kopererts. As gevolg van die besluit van die Kompanjie om die kopervelde te gaan soek, vertrek die eerste ekspedisie in 1682 {==56==} {>>pagina-aanduiding<<} onder Bergh, maar weens droogte keer hy onverrigtersake terug. In 1683 gaan hy weer op 'n soektog, en dié keer bring hy dit tot aan die Olifantsrivier, maar verder noordwaarts is dit droog, daar dit toe in dié streek die afgelope twaalf maande nie gereën het nie. In 1685 dra kommissaris Van Reede aan Simon van der Stel op om self met 'n ekspedisie uit te gaan om na die kopervelde te soek. Saam met die ekspedisie was 'n sekere Claudius, wat ook saam met Bergh se geselskap gewees het en aan wie opgedra was om veral aantekeninge van die plante- en dierelewe te maak. Hy was van Batavia deur 'n sekere dokter gestuur om plante aan die Kaap te versamel. As gevolg van sy bekwaamheid het die Kompanjie hom hier gehou. Waterhouse is van mening dat die dokument wat in die voor my liggende uitgawe afgedruk is, die offisiële en verkorte redaksie van die oorspronklike reisbeskrywing is. Daar bestaan ook die moontlikheid dat daar afskrifte van die verkorte redaksie of van die oorspronklike gemaak is, maar almal het blykbaar verlore gegaan behalwe die een wat nou in die biblioteek van Trinity-Kollege ontdek is. Die offisiële dokument is in 1691 of 1692 uit die Kompanjie se argiewe verwyder. In 1802 koop Trinity-Kollege die Fagel-biblioteek aan; en onder hierdie versameling het Waterhouse in 1922 die dokument ontdek. Daar bestaan ook beskrywinge deur Valentijn en deur Moodie van Simon van der Stel se reis, wat volgens Waterhouse baie breedvoeriger is maar blykbaar nie die sketse en aantekeninge oor die plante en diere van die Trinity-manuskrip bevat nie. Valentijn het moontlik sy gegewens van die oorspronklike konsep-beskrywing gekry. Theal gee ook 'n beskrywing van hierdie ekspedisie, maar, soos Waterhouse daarop wys, stem dit meer ooreen met die van Valentijn as met die van die Trinitymanuskrip. Van plantkundige standpunt is hierdie dokument van besonder groot waarde, daar dit in die eerste plek een van die vroegste reisbeskrywinge is waarin 'n pragtige oorsig gegee word van die land tussen die Kaap en die Koperberge en daarvandaan deur die Namib-woestyn tot aan die see. Hierdie oorsig word ons gegee in die daaglikse aantekeninge oor die fisiese en planteformasies; en oor die klimaatstoestande. Daar is ook waarneminge gemaak van die grond vir landboudoeleindes. Soos Waterhouse egter tereg in die aantekeninge, p. 171, opmerk, is ‘die observasies van die Kommandeur soms slegs tot op 30’ korrek, sodat dit moeilik gaan om die pad wat hulle getrek het, op 'n teenswoordige landkaart vas te stel’. In elk geval is sommige van die beskrewe streke, b.v., ‘Ribeecx Casteel’, ‘Paerden Bergh’, ‘Eliphants Jacht’, e.a. tog nog bekend onder dieselfde naam. Toe hulle op reis gegaan het, was dit min of meer aan die einde van die reënseisoen van die Suidwestelike streek om die Kaap. Tot aan die Olifantsrivier was daar ‘overvloedigh water en gras’ en dikwels het hulle deur vlaktes getrek wat ‘moerassigh en saft was, oorsaecke de swaeren regentydt, waer door het land met 't water dat vande hoogte afkomt 't eenemael doorsypt en onbequaem werd....’ Soos gesê, bevat die dokument oral pragtige beskrywinge van die fisiese, topografiese en ekologiese eienskappe van die verskeie omgewings. So kry ons, b.v., van die omgewing van die ‘kleyne paerden bergh’: - ‘... geseyde riviertjie over gegaen synde quaemen wy aen een hoogen heuwel, die wy op marcheerden daar boven komende was den selven wel voorsien van branthout, en inde laagte met seer schoone valeyen, die door de natuur met bloemen van allerhande coleuren als besaeyt waeren, en ook overvloedigh gras tot vermaeck vanden aenschouwer...’ In die omtrek van ‘Ribeecx Casteel’ is ‘alle meest heuvelachtigh landt de gronden sand en keyachtigh ook meest met lies en ruygte bewassen, doorsneden met verscheyde loopende spruytjes...’. Naby die ‘honingh {==57==} {>>pagina-aanduiding<<} bergen’ is ‘meest alle sandige en Steenachtige heuvelen uytgenomen achter de honingh bergen.... synde rooden kley gront wel met gras bewassen’. By die ‘pieket Bergh’ is daar schoone kley en saverachtige gronden overvloedigh met gras en wilde haver bewassen...’ Van die ‘Eliphants valey’ het die reis ‘door moerasachtige vlacktens, als oock schrale sand gronden, seer wild bewassen met lies, ruygte en geen gras...’ In die omgewing van die ‘Baviaens bergh’ is daar ‘veele heuvelen die alle sandig en klipachtigh waeren bewassen met ruygte en kreupel bosch...’ en die oewers van die riviere en spruite ‘bewassen met doorn geboomte... en beset met schoon gras’. By die Koperberge is die hange van die koppe en berge met aloes en struike begroei. Die ekspedisie tref dit in hierdie Karroo-streek nogal gelukkig, daar dit hier kort tevore gereën het, want, soos ‘d'Amacquas’ hulle vertel, ‘is dese voorleden regen tyd d'eenigste geweest, die dit landt in vier jaeren bevochtigt heeft..’ Hierdie mededeling stem heeltemaal ooreen met die geskiedkundige gegewens omtrent Bergh se reiservaringe van 1683. Oordag was dit hier soms ‘uytnemende warm’, en die winde wat waai, begin soggends uit die noorde en waai teen die agtermiddag uit die suidweste. Die Namib tot aan die see is ‘geheel sandigh en overal met kreupel doornbosch bewassen... gras noch hout was hier niet’, en daar is soms ‘niet het minste water’. Enkele van die riviere het nog 'n bietjie water wat in die meeste gevalle brak is. Origens is hulle droog, vol sand en soms ook begroei met gras en riete. In die sand in die riviere grawe hulle soms vir water. Die hitte hier was ook ondraaglik. Dit blyk uit die dokument dat hulle moontlik vir die eerste maal in die nabyheid van die Olifantsrivier 'n vlakte teengekom het waarin renosterbos groei. As dit so is, lyk dit asof die renosterbos hom eers later as gevolg van die uittrap van die veld deur vee en deur die ploeëry in 'n suidelike rigting versprei het, om die veld daar in te neem, sodat die boer vandag dit met hand en tand moet beveg om die waarde van sy plaas nie te laat daal nie. Die tweede deel van die dokument, soos deur Waterhouse uitgegee, bevat beskrywinge en drie-en-veertig sketse van plante wat, sover ek kan uitvind, nie in 'n enkele vorige reisbeskrywing gegee word nie. Veral hierin lê die waarde van ons dokument. Afgesien hiervan is die beskrywinge en die sketse van die plante so goed, dat dit die vergelyking met soortgelyke moderne werk goed kan deurstaan. Een voorbeeld sal vir sigself spreek: ‘866. Deese Heyster groeyt aan vele dorre en sandige plaatsen draagt een soort van kerssen aangenaam en Rhins van smaak, die de gesonde verkoelt, en den reysenden man syn dorst verslaat, en hem seer wel te passe komt word by d'Inwoonders Cargoe genaamt. den 17:7br gevonden.’ Die beskrywinge bevat dus besonderhede omtrent elke plant se gewoonte en groeiplek, en waarvoor dit gebruik word en gee byna deurgaans die naam waaronder die inboorlinge die plant geken het, en in sommige gevalle word die plantkundige naam ook gegee. Die sketse van die plante en diere het Claudius in die veld gedoen en op die agterkant van die plate die aantekeninge geskryf. Die sketse is so deeglik gedoen dat die plante wat hy geskets het, in die meeste gevalle nog herken kon word. Ná die oorspronklike volg in Waterhouse 'n noukeurige vertaling in Engels, voorsien van die nodige leestekens, wat maak dat dit dikwels makliker lees as die Hollands. Almal wat belangstel in die geskiedenis van ons land, nie alleen die staatkundige geskiedenis nie maar ook die natuurlike geskiedenis, die natuurskoonheid en die rykdom van ons flora en fauna, sal hierdie fraaie en waardevolle illustrasies sowel as die beskrywinge beskou as 'n kosbare aanwins. A.P. GOOSSENS. {==58==} {>>pagina-aanduiding<<} Die saga van Grettir, die Sterke. Uit die Oud-Noors vertaal deur dr. G. Dekker. J.H. de Bussy, Pretoria. 1931. Dis verblydend dat die eerste kennismaking van Afrikaanse lesers met die Skandinawiese literatuur teenswoordig in hulle eie taal kan geskied, en dis te hope dat dit nie by die ‘Skandinawiese Vertellinge’ van Bouman en De Villiers, ‘Die Kortverhaal in Skandinawië’ van De Villiers, die ‘Grettirsaga’ van Dekker, en De Villiers se Ibsen-vertalinge sal bly nie. Die Skandinawiërs is grotendeels, net soos die Afrikaners, 'n boerebevolking, en die gemeenskaplike Germaanse bloed spreek nog sterk, maar daarby is hulle beroemd vir hulle intellektualisme en het hulle in verskillende tydperke 'n leidende rol gespeel in die Europese literatuur. Die Oud-Noorse saga van Grettir verplaas ons in 'n samelewing van nog ruwe sedes, maar dis uiters interessant omdat ons eie voorouers 'n verwante soort maatskappy gevorm het, en dit boei dadelik deur die atmosfeer van vertroudheid wat deur die landelike omgewing geskep word. En deur die eenheid van konsepsie waarmee die verteller sy verhaal samegestel het, het sy ‘kunstelose’ vertelling ook tot hoë kuns geword, waarin ons aan die een kant getref word deur die ouderwetse realisme wat vir ons soos romantiek klink, en aan die ander kant deur die moderne psigologiese opvatting van die stof. Soos oorgelewer, bevat die volledige saga gedeeltes wat vir die moderne leser eentonig is en interpolasies wat afbreuk doen aan die kunswaarde. Met gebruikmaking van die literêre en filologiese kritiek, veral van wyle prof. R.C. Boer, aan die nagedagtenis van wie hierdie vertaling opgedra is, het dr. Dekker hierdie gedeeltes weggelaat. Verder het hy die vertaling laat voorafgaan deur 'n waardevolle inleiding waarin die nodige opheldering gegee en die literêre verdienstes en tekortkominge van die verhaal beklemtoon word. Wat die vertaling betref, in 'n lang werk soos hierdie sal iedereen natuurlik hier en daar 'n sinnetjie kry wat hy graag anders sou gesien het. Ek is, by voorbeeld, van mening dat hy alte letterlik was by die vertaling van die tye van die werkwoord, waardeur ons te veel het's en had's en sal's en sou's kry in sinne soos die volgende: - ‘Hulle het berserker-togte onderneem en niks gespaar wanneer hulle in woede geraak het nie’ (bls. 46); ‘T. het die jarl 'n geldboete aangebied, wat hy self kon vasstel volgens wat hy sou reken dat passend sou wees vir die eer van die bloedverwant’ (bls. 64); ‘T. het hom gevra om by hom te kuier as hy weer in Noorweë terug sou kom’ (bls. 70); ‘Hy ry gou na sy ouers se huis in Bjarg, waar Asmundr hom 'n eervolle ontvangs gegee het’ (bls. 70); ‘(Almal het) gesê dat wat betref krag en moed en durf Grettir Asmundsson sy gelyke nie gehad het in die hele land nie’ (bls. 93). As geheel genome wil ek hierdie werk, in teenstelling met party ander Afrikaanse vertalinge waarvan slordigheid 'n kenmerk is, egter juis aanbeveel om die nougesetheid en talent waarmee die vertaling gedoen is. Self sê dr. Dekker: ‘Ek het daarna gestreef om 'n suiwer vertaling van die saga te gee; daarom het ek my ook opsetlik daarvan onthou om die “onbeholpenhede” te “verbeter”.’ 'n Vertaling, dus, waarin opsetlik daarna gestref is om die gees van die oorspronklike te bewaar, en met sukses! Dis wat ons moet hê, maar waar ons so dikwels tevergeefs na soek. Hierdie uitgawe verdien ten slotte ook om in wyer kring bekend te word om die durf wat sowel vertaler en uitgewer tot die onderneming laat besluit het. As die nodige ondersteuning hulle ten deel val, sal dit 'n aanmoediging wees vir ander om ook vertalinge van bekende literêre werke in die lig te gee, selfs al is hulle nie voorgeskrywe vir een of ander eksamen nie. J.J. LE ROUX. {==59==} {>>pagina-aanduiding<<} Ter zake. Beschouwingen over litteratuur en leven, door Anthonie Donker. N.V. van Loghum Slaterus' Uitgeversmaatschappy, Arnhem. As kritikus het Anthonie Donker in die laaste paar jaar heelwat opgang gemaak in Holland. Sy proefskrif ‘De Tijdperk der Vernieuwing onzer Poezie’ is. 'n uitstekende stuk werk oor die digters van Tagtig, en sy reeds gebundelde opstelle ‘Fausten en Faunen’ getuig van 'n fyne, oorspronklike kritiese talent. Ook as digter (ek herinner net aan die bundels ‘Grenzen’, ‘Kruistochten’, de ‘Draad van Ariadne’) het Donker blyk gegee van diep digterlike gevoel, openbaar hy hom as iemand wat bietjie oorhel na die swaarmoedige en hou van die suggestiewe woord om die geheimsinnige lewe van die dinge op te roep. In sy ‘Fausten en Faunen’ het Donker ons verras met 'n aantal uitsprake oor letterkunde en digters, só oorspronklik gestel, dat die werk tot die beste moet gereken word wat in die laaste jare op hierdie gebied in Holland verskyn het. As redakteur van ‘Critisch Bulletin’, 'n uitstekende kritiektydskrif, het hy van tyd tot tyd menings oor letterkunde uitgespreek en van die kritieke het hy nou hier saamgevat in 'n bundel. Donker is 'n ‘intuïtiewe’ kritikus. Hy lees 'n kunswerk, deurvoel dit skerp en gee dan sy indrukke weer. Omtrent nooit gee hy 'n omslagtige inhoud van 'n boek met 'n breedvoerige beredeneerde beskouing vir goeie of slegte hoedanighede nie. Hy skrywe beeldryk, indringend en besit die merkwaardige vermoë om die kernpunte in 'n werk aan te raak en duidelik te belig. Sy uitspraak is oortuigend en positief. Hy hou nie van onsekere gewik en geweeg nie. Dit het al in Holland so bietjie 'n ongure mode geword onder die letterkundiges van die jongste geslag om hul eie volk en vaderland, of ‘onvolvloekbaar’ vaderland, soos dit selfs genoem is, te bespot en uit te maak vir alles wat bekrompe, kleingeestig en aanmatigend is. Ter Braak noem sy bundel essays selfs ‘Afscheid van Domineesland’,, waardeur hy bedoel dat hy verlos is van die newelagtige, niksseggende retoriek en 'n eie beskouing en uitdrukkingswyse verower het. Gewoonlik word die meeste skuld gelaai op die breë skouers van die ‘Calvinisme’, wat tot soveel dogmatiese verenging gelei het. Donker sê self: ‘Er is nu eenmaal, onloochenbaar, veel onaantrekkelijks in den Hollander met zijn onschoone galmende psalmen op Zondag, zijn lijzige orgel achter dichte vensters, zijn angstvallige voorzichtigheid en zorgzaam zuinige waakzaamheid over de welbelegde centen, zijn tekort aan spontaneïteit en geestdrift, zijn stijfheid, zijn onmacht tot feestvieren....’ Maar hy erken dat sy verblyf in die buiteland sy oë oopgemaak het vir mooi dinge in die Hollandse volk met sy taaie deursettingskrag, sy trouheid en ondernemingslus. Met sommige van die jong letterkundiges is dit eenvoudig net 'n geval dat hulle baie oor ander lande gelees het, nouliks 'n voet oor die drumpel van Holland gesit het, en skinderlustig hul eie woning beklad. Wie so tekeer gaan teen sy eie volk, ly aan 'n onuitroeibare minderwaardigheidskompleks en is gewoonlik 'n kleurlose kosmopoliet wat nêrens meer inpas nie. In ‘Ter Zake’ gee Donker vir ons 'n baie duidelike uiteensetting van sy opvatting van 'n skrywer en van kritiek. Hy keur die Tagtigerstandpunt ten sterkste af dat 'n kunstenaar 'n aparte soort wese is, bokant die ‘gewone’ mens verhewe. ‘Met flapdas en flambard is men op den verkeerden weg, omdat daarmee reeds een soort onderscheiding begint, een lofspraak op zichzelf en het genus kunstenaar.’ 'n Kunstenaar is iemand wat in die openbaar 'n geding met en oor homself voer, 'n mens wat sy lewe skeppend uitbeeld. Alleen in die essensiële van sy lewe moet ons belangstel. Hy moet die waarheid hartstogtelik najaag en moet vir sy innerlike lewe, gevoelens, gedagtes, verbeeldinge, ekwi- {==60==} {>>pagina-aanduiding<<} walente woorde vind. In kritiek moet die skrywer se oordeelkrag, weerbaarheid en uiterlikheid tot uiting kom. Die kritikus soek rusteloos deur die krioelende menigte van drukletters, deur die doolhowe van die volsinne na die lewe, na die mens. Die kritikus gee die beeld van 'n mens, maar tegelyk die tweegeveg van twee mense om 'n persoonlike waarheid. Wat ons besonder op prys stel in Donker se kritiek is die deurskynende helderheid daarvan. Elke sin verduidelik vir ons onmiddellik die skrywer se bedoeling. Of hy Dirk Coster verdedig teen die oordrewe estetici, of hy skrywe oor die vliegende Hollander of oor tendens en propaganda, altyd is sy uitdrukkingswyse skerp, konkreet, sy styl soepel en beweeg sy volsinne op 'n kragtige ritmiese deining. Watter verbluffende vindingrykheid en ekspressiewe krag die skrywer soms bereik, blyk tenslotte uit die volgende liriese ontboeseming oor woorde: ‘Woorden zijn wespen van laat-dunkendheid en bloedzuigers van eigenbaat, vleiende fluweelen katten van behaagzucht en verleiden. Woorden zijn onderkruipers en lakeien. Mollengangen en valkuilen. Woorden zijn krom als kobolden, spits en giftig als slangentongen. Woorden zijn edik en gal. Als gij kondt hooren wat ze over u zeggen, over hen die u het liefst zijn, over uw gestorvenen. Als ge één minuut de woorden over de gansche wêreld kond hooren, het kakelen, het kletsen, het onderdrukt gefluister, bezoedelend, bezwadderend. Over heel de wereld druischt die kakophonie, de schrille krekelzang, het gonzend Judasgebed der woorden, dat de harmonie der sferen verstoort.’ C.M. VAN DEN HEEVER. Handboek der poetiek. Door P.N. Dezaire. - N.V. Servire, Den Haag. Die kunsbeskouing begelei die kunsproduksie soos 'n skaduwee. In lande waar die kritiese vermoë nie baie sterk ontwikkeld is nie, soos b.v. in Suid-Afrika en Vlaandere, gebeur dit dat daar miskien meer suiwer skeppingswerk gelewer word, al wil ons nie daarmee aandui dat dit juis altyd op kunsbloei wys nie. In Noord-Nederland het jy egter 'n besonder sterk ontwikkelde kritiese vermoë, met die gevolg dat die kritiek en kunsbeskouing hier bloei, in baie gevalle so erg, dat dit kan skadelik inwerk op 'n min of meer vrye uitlewing van gevoel en verbeelding. Heelwat handboeke oor kuns word geskrywe om die insig in kuns te verhelder. Ek onthou 'n taamlik spottende kritiek van Frans Coenen waarin hy o.a. gesê het dat die handboek wat hy bespreek, nie beter of slegter is as ander van sy soort nie, waarmee hy blykbaar bedoel dat mens boeke van hierdie soort almal, sonder om jou te veel te bekommer oor individuele beskouings wat daarin uitgespreek word, in een hokkie kon stop. Alhoewel daar 'n eenselwigheid in werke van hierdie aard te bespeur is, is dit tog onbillik om almal oor dieselfde kam te skeer. Sekere dinge moet oor en oor gesê word in 'n boek met hierdie inhoud, tog kan die skrywer verbesondering en individualisering in die uitleg van die feite bring soos Kramer probeer doen het in sy ‘Het Literaire Kunstwerk’. Dezaire se werk is breër van opset as Kramer s'n en dek ook meer sistematies die verskillende kante van die poëtiek. Op die buiteblad staan daar: ‘Met het woord poëtiek bedoelt de schrijver niet enkel de verskunst, maar volgens de oorspronkelijke beteekenis van het woord al de voortbrengselen van de scheppende verbeelding: poëzie, toneel, prosa.’ Daar word verder aanspraak op gemaak dat dit die eerste handboek in die Nederlandse taal is wat uitvoerig en grondig die wese, betekenis en tegniek van al die uitinge van die digterlike vermoë ondersoek. Of dit so is, moet betwyfel word, aangesien daar al reeds heelwat in hierdie opsig gelewer is, al is dit nie altyd ewe oorsigtelik en uitvoerig nie. Wat die lees van hierdie werk baie veraangenaam, is die groot aan- {==61==} {>>pagina-aanduiding<<} tal treffende aanhalinge oor kuns wat die skrywer as kunsliefhebber met vlyt vergader het. Tereg sê hy dat ons die eerste na kunstenaars moet gaan vir insig. ‘Wat zij van hun kunst gezegd hebben, moest het beste studiemateriaal opleveren.’ Voordat die skrywer by die bespreking van die verskillende kunssoorte met hulle onderlinge uitinge kom, gee hy eers taamlike breë beskouings oor die skoonheid, die skepping van poësie, die wese van die digkuns, die vermoë van die poësie ens. Hy probeer die wesenlike in die kunstenaar verduidelik, daardie wesenlike wat Albert Verwey so omskrywe: ‘Dit is het wezenlijke van een kuntsenaar, dat in hem het leven zich bewust wordt als schoonheid.’ Die skrywer gee veral baie aandag aan die harmoniese in die kuns, aan die sedelikgoeie, die verheffende daarin, waardeur dit kon meehelp tot ons kulturele verryking, want kunstenaars behoort volgens E. Barret-Browning te wees ‘only speakers of essential truth’ of soos Augustinus dit uitdruk: ‘Pulcher splendor veri.’ Die skrywer se groot uitgangspunt is eintlik die ‘verwantskapgevoel,’ wat as sleutel kan dien om veel in die kunslewe opgehelder te kry. 'n Fout in die skrywer se betoogmanier is dat hy hier en daar te veel aanhaal. Aanhalings moet net verhelderend werk, dit moet nie die draad van die skrywer se betoog heeltemal verlore laat gaan nie. (Vgl. bls. 21-22, waar Henriette Roland Holst van der Schalk die beskermheilige van die skrywer se mening is.) Daar word heelwat aangehaal uit die letterkunde van die dag, en veral Anthonie Donker, as een van die fynste moderne Nederlandse kritici, se uitsprake geniet die aandag. Vir iemand wat die boek krities nader, sal daar heelwat kraakplekkies, veral in die definisies (wat gewoonlik die onbeweeglike sondebokke is) te vind wees. 'n Definisie soos die volgende oor die motief in die roman is tog aanvegbaar: ‘Het algemeene motief van den roman is het streven der menschen naar harmonie en onverstoord evenwicht, naar rust en voldaanheid, kortom naar het geluk, waarin geest, hart en wil hebben wat se wenschen.’ (Bls. 204.) Ek vra my ook af of dit gelukkig uitgedruk is om te praat van die inspirasie as ‘het zich openbaren van het ding aan den dichter’; van die intuïsie as ‘het aldus geopenbaarde’. In talle liriese gedigte, om maar net een enkel kantjie van die kuns te noem, word geen ‘ding’ geopenbaar nie, maar word die musikale sturing in ons gaande en laat die pen oor die papier loop. Met 'n definisie-kleed haak mens gedurig oral op jou nou paadjie aan die dorings vas! (Op bls. 30 haal die skrywer 'n gediggie van Leipolt (sic!) aan, maar dit is ongelukkig een van Keet. Onderwysers sal egter baie waardevolle hulp uit hierdie werk kry. Dit is in meer as een opsig 'n woordeboek oor kuns. C.M. VAN DEN HEEVER. {==62==} {>>pagina-aanduiding<<} Nuwe Boeke. Alle nuwe boeke deur die Redaksie, Bus 460, Pretoria, ontvang, word hier aangekondig. Hierdie aankondiging sluit latere bespreking van 'n boek nie uit nie. Afrikaanse Kunsvereniging, Pretoria. Tweede Jaarlikse Kunswedstryd in die Voortrekker-Gedenksaal op 4, 5 en 6 Mei, 1933. Wette, Bepalings en Voorgeskrewe Werk vir die Wedstryde en Tentoonstellings. Verkrygbaar by die Sekretaresse, Mej. M.E.F. Hugo, Wes-end Juniorskool, Schoemanstraat, Pretoria. Telefoon 3431. Aucamp, Gerhard: Woordeskat en Woordherhaling. Duisend Afrikaanse Staatmakers. Die Mercantile-Pers, Kaapstad. Baum, Vicki: Leven zonder Geheimen. Roman uit Holleywood. W. de Haan, Utrecht. Bergh, P.T. Helvetius van den: De Neven. Blyspel in vier bedryven. Met inleiding en aantekeninge van dr. C.M. van den Heever. J.H. de Bussy, Pretoria. Bonger, Mr. W.A.: Inleiding tot de Criminologie. V.U.B. (55). De Erven Bohn, Haarlem. Brand, Hendrik: Die Skerpioen. Nasionale Pers, Bpk., Kaapstad. Buytendijk, Dr. F.J.J.: Psychologie der Dieren. 2 Delen. V.U.B. (53-4). De Erven Bohn, Haarlem. Brugmans, Dr. I.J.: Thorbecke. V.U.B. (56). De Erven Bohn, Haarlem. Dekker, Dr. G.: Die Impressionisme in die Nederlandse Letterkunde. J.H. de Bussy, Pretoria. Faubel, A.F.C.: De Vrymetselarij. Oorsprong, wezen en doel. Met illustraties en register. N.V. v/h. W.P. van Stockum en Zoon, Den Haag. Gutsche, Dr. Hugo, en Jandrell, Theo W.: Die Dageraad. Liederbundel vir Laerskole (standerds IV tot VI) vir sang en klavier. J.H. de Bussy, Pretoria. Hertog, A. den: Willem van Oranje. Beelden uit het leven van Prins Willem van Oranje, Vader des Vaderlands. A.W. Sijthoffs U.M., Leiden. Joubert, Dr. G.J.: Indiwiduele en kollektiewe prestasie. 'n Bydrae tot die eksperimentele Groepspsigologie. Swets en Zeitlinger, Amsterdam. Kamban, Gudmundur: Op Skalholt. Roman. Uit het Deensch vertaald door Dr. Annie Posthumus. I. Ragnheidur's Eed. W. de Haan, Utrecht. Leipoldt, C. Louis: Die Moord op Muisenberg. Nasionale Pers, Bpk., Kaapstad. Lennep, J. van: Ferdinand Huyck. Uitgegee met inleiding en aantekeninge deur Dr. G. Dekker. (‘Van Stamverwante Bodem’, I.) J.L. van Schaik, Bpk., Pretoria. {==63==} {>>pagina-aanduiding<<} Meyer-Förster, Wilhelm: Alt-Heidelberg. Drama in vyf bedrywe. Geoutoriseerde Afrikaanse vertaling uit die Duits deur M.R. Heyns, M.A.J.H. de Bussy, Pretoria. Mofolo, Thomas: Chaka. An historical Romance by Thomas Mofolo. A Native of Basutoland. Translated from the original Sesuto by F.H. Dutton, Director of Education. Humphrey Milford, London, 1931. Nahon, Alice: Verzamelde Gedichten. De Nederlandsche Boekhandel, Antwerpen. Our Changing World-View: Ten Lectures on Recent Movements of Thought in Science, Economics, Education, Literature and Philosophy by J.C. Smuts, Dr. R. Broom a.o. Johannesburg, University of the Witwatersrand Press. Potgieter, E.J.: Jan, Jannetjie en hun jongste kind. Inleiding en aantekeninge van Prof. Dr. J.J. le Roux. J.H. de Bussy, Pretoria. Sartorius, Dr. Lili: Literarisches Schaffen und Volkstum in Flandern. Verlag ‘Das deutsche Volk’, Berlin-Karlshorst. Steyn, Dr. H.A.: Die skriftelike Taaluiting van Skoolkinders. (Proefskrif vir die graad van Doctor Philosophiae van die Universiteit van Suid-Afrika.) J.L. van Schaik, Bpk., Pretoria. 15/-. Wagenaar, I.: Tusschen Kannibalen en Kokospalmen. G.B. van Goor Zonen's U.M., Den Haag. {==*6==} {>>pagina-aanduiding<<} Die Nuwe Brandwag Tydskrif vir Kuns en Lettere. KWARTAALBLAD 10/-per jaar Uitgewers: J.H. DE BUSSY, Bus 460, Pretoria. Redaksie: Prof. Dr. G. Dekker en Prof. Dr. H.G. Viljoen. Hoofkunsmedewerker: J.H. Pierneef. Alle bydraes aan die Redaksie. Alle boeke vir resensie, besigheidsbriewe, intekengelde, advertensies, ens., aan J.H. de Bussy, Bus 460, Pretoria. INHOUD. Bladsy Inhoud en Advertensies i-ii Anton van Wouw M. Bokhorst 64 De Profundis I.D. du Plessis 72 Richard Wagner as Mens en as Digter J.J. Dekker 73 Buite in die Soete Somer: 'n Klein Romannetjie van Knut Hamsun, vertaal deur C. de Villiers 78 Die Huis van Clodia, Die Skone, T.J. Haarhoff 90 Nederlandsche Litteratuur van dezen Tyd, II Anthonie Donker 91 'n Skets H.J. de Jager 96 Die Dag Eindig en - G. Mes 99 Leipoldt as Digter, III G. Dekker 100 OOR BOEKE: - Nienaber: Honderd Jaar Hollands in Natal P.C. Schoonees 114 Wilhelm Meyer-Förster: Alt-Heidelberg Francois Malherbe 117 Eugéne N. Marais: Gedigte, G. Dekker 118 Eugéne N. Marais: Versamelde gedigte G. Dekker 118 Die Holistiese Dinamisme van die Witwatersrandse Universiteit, L.J. du Plessis 120 Het beste uit de Gedichten van René de Clercq C.M.v.d. Heever 122 Nieuwe Geluiden, C.M.v.d. Heever 124 NUWE BOEKEN 126 Advertensies iii-v {==*7==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding GENERAAL DE WET (met A. van Wouw op 70-jarige leeftyd). ==} {>>afbeelding<<} {==64==} {>>pagina-aanduiding<<} Die Nuwe Brandwag Tydskrif vir Kuns en Lettere DEEL V. No. II. PRETORIA. MEI 1933 Anton Van Wouw. OP 1 Januarie 1890 het in Pretoria 'n jongkêrel aangekom met sy kop vol ideale, dog met maar min geld in sy beurs. Oor Lourenço Marques het hy die lang reis uit Holland gemaak, gedrewe deur sy voorliefde vir die Hollands-Afrikaanse Boerevolk en deur die hoop dat die jong en wel-af Republieke, wat besig was om geskiedenis te maak, 'n kans sou gee vir 'n jong beeldende kunstenaar. Inderdaad: die Boere-Republieke, in hulle ewigdurende stryd vir hulle volksideale, het behoefte gehad aan geskiedskrywers van stamverwante bodem wat hulle volksiel kon deurgrond. Geskiedskrywers met die pen of die penseel, geskiedskrywers in woord of in beeld, dit maak g'n saak nie. Anton van Wouw het met sy hande 'n stuk geskiedenis van Suid-Afrika vasgelê, wat sonder hom vandag seker verlore was. Biografieë het hy gemaak in sy koppe van Generaal De Wet (p. 64). Generaal Beyers en historiese episodes het hy vasgelê in sy ‘Slegte Nuus’ (‘Nuwe Brandwag’ 1930, I, p. 40), sy Vrouemonument, sy Kruger in Ballingskap (t.a.p. p. 28) en ander beelde, terwyl die vier hoekfigure van die Krugerstandbeeld op Pretoria 'n hele historiese tydvak verteenwoordig. Maar min mense kon vermoed, dat daardie sewen-en-twintigjarige jong Nederlander eens die nasionale beeldhouer van Suid-Afrika sou wees. Vandag nog staan in sy atelier 'n klein beeldjie in brons: 'n baba in sy stoeltjie, wat wys dat Van Wouw al as 'n jong seun in Holland oor 'n merkwaardige boetseertalent beskik het, en daarom is dit wonderlik om te hoor hoe hy sy loopbaan in Pretoria as.... 'n dekorasieskilder vir woning-interieurs begin het. Ou Pretoriane herinner hulle nog die saal waar die Z.A.S.M.-fees gevier is en waar Van Wouw met Oerder saam 'n reeks landskappe langs die wande geskilder het, wat algar natuurtaferele langs die spoorweg van Pretoria na Lourenço Marques voorgestel het; en onwillekeurig dink ons by hierdie {==65==} {>>pagina-aanduiding<<} primitiewe poging aan Pierneef se dekorasie van die hal in die stasie van Johannesburg! ‘Tempora mutantur’, en tog - - -. Ons moet darem nie vergeet dat Van Wouw baie geskilder en geteken het nie, want dit sal ons help om die pikturale element in sy beeldhouwerke te begryp. Van Wouw het partykeer maar swaar gekry, maar die opdragte vir beeldhouwerk het begin kom, en met die onwankelbaarheid en vasthoudendheid, wat ook so kenmerkend is vir sy artistieke persoonlikheid, het hy trou gebly aan sy tweede vaderland: Suid-Afrika, ondanks sy langdurige swerftogte deur Europa, waar hy, vernaamlik in Rome, die dorado van beeldende kunstenaars, inspirasie by die ou meesters gesoek het. Sy eie woning is die beste bewys vir sy liefde vir omswerwinge: dit lyk soos 'n museum van internasionale ou-kuns en kunsnywerheid, en die skatte wat daar in 'n klein ruimte opgeprop is laat ons dink aan die ‘rariteitekabinette’, wat in die agtiende eeu in Europa in die mode was. Drie-en-veertig jare het Van Wouw nou al trou gebly, en vandag vorm sy kuns 'n integrerende deel van die Afrikaner se kultuur. Nou dat hy sewentig jaar geword het en op 'n leeftyd gekom het dat party kunstenaars moeg en klaar is, het hy al sy krag en sy talent gewy aan sy planne vir die Voortrekkergedenkteken, wat in 1938 moet verrys! Sal ook hy, soos 'n Michel Angelo, sy mees grootse skeppinge na die Bybelse leeftyd skep? Die eerste vraag, wat ons nou wil beantwoord is: ‘Hoe het Van Wouw, die Hollander, die meesgeliefde Afrikaanse beeldhouer geword?’ Die antwoord moet lui: ‘Deur sy realisme.’ Toegegee dat waarskynlik die Afrikaner 'n groter mate van fantasie besit as die Nederlander, tog het hy die voorkeur vir realisme in die kuns, voortspruitende uit 'n skerp waarnemende werklikheidsin, van sy ou-Hollandse voorvadere geërf. Waar anders as in die skerp visuele waarneming van die realiteit wortel die sterk beeldende vermoë van die Afrikaanse taal met sy kostelike tiperende uitdrukkinge wat ons aan genre-skilderytjies van Jan Steen herinner? Van Wouw se realisme is egter nie modern nie. Die moderne realistiese kunstenaar gebruik die tasbare werklikheid om uitdrukking te gee aan 'n ontasbare werklikheid, wat agter die dinge staan, maar deur sy geestesoog waargeneem word; m.a.w. die moderne realisme staan onder ekspressionistiese invloede. Niks daarvan by Van Wouw nie - en dit kan ook nie anders nie! Gebore in 1862, het hy sy lyn as kunstenaar gevind in die negentiende eeu. Sy inspirasie kán ons met Potgieter se woorde aandui as ‘copieerlust des dagelijkschen levens’. Sy beeldjie van Leman, die telegrambesorger van {==66==} {>>pagina-aanduiding<<} Pretoria in Oom Paul se dae, kon 'n illustrasie uit die ‘Camera Obscura’ wees. Na sy leeftyd gereken, behoort Van Wouw tot die generasie van die ‘Tachtigers’ in die Nederlandse letterkunde, en, hoewel 'n mens hom seker nie by daardie kunsrigting mag indeel nie, sy realisme het in sekere opsigte hulle invloed ondergaan. Dit het die psigologiese verdieping gekry wat in die Tagtiger naturalistiese romans so kenmerkend is. Maar daardie romanskrywers werk nie met groot fors lyne nie, dog met 'n uiterste verfyning bring hulle die klein trekkies aan wat stadig die portret voltooi. Net so Van Wouw, wat 'n maand, maar ook 'n jaar aan dieselfde beeld kan werk. Wat is ‘beeldhou’ tog 'n wonderlike naam vir daardie kuns! Van Wouw ‘hou’ nie in die klip of die marmer, dat die stukke daaraf spat nie; Van Wouw is 'n ‘boetseerder’, en die klei is sy materiaal, waaruit sy wonderlik gevoelige hande met 'n oneindige geduld die wondere skep: nou nog 'n strekie hier, nou nog 'n bietjie weg daar, nou nog 'n bietjie meer ronding duskant en nog 'n plooitjie anderkant. So skep Van Wouw sy ontelbare details, wat algar volmaak naturalisties is, maar wat ook - en dis die genie van die kunstenaar - tesaam 'n harmoniese geheel vorm. Die Tagtigers het so sterk die groot lyne uit die oog verloor, dat hulle werk partykeer 'n detail-kuns van die skone woord geword het en in daardie hiper-verfyning het hulle persoonlikheid dan doodgebloei. 'n Enkele maal het vir Van Wouw dieselfde gevaar gedreig, het hy alte lank aan 'n selfde beeld gewerk, totdat die krag amper verlore gaan in die verfyning van die detail. Maar in die algemeen het hy wonderwel daarin geslaag om sy meesterlike details die totaalindruk van die beeld te laat versterk en nie verswak nie. In die geweldige kop van Christiaan de Wet is daar nie die kleinste lyntjie wat afbreuk doen aan die indruk wat die onderskrif wil wek nie. (p. 64.) Fantasie speel om so te sê g'n rol in Van Wouw se beelde nie: daelank laat hy sy modelle poseer, sy inspirasie lê in die aanskouing. Vir tipes - soos die Boerenooientjie - het hy 'n bepaalde model nodig wat vir hom poseer; die originele ou kleredrag moet gekry word en, al is dit gehang om 'n pop, hy wil die dinge sien. 'n Velskoen, 'n roer - ou-President s'n het, soos bekend, gedien vir die Dopper-Voortrekker by die Krugermonument -, 'n kappie, 'n patroonsak is van die onontbeerlike dinge vir hom, wat 'n mens vandag nog in sy atelier kan vind. As dit nou heeltemaal onmoontlik is om sy persone te laat poseer - ek dink aan sy beelde van oorlede generaals en staatsmanne -, dan het sy fabelagtige skerp kyk op die karakteristieke van 'n figuur, naas sy intieme bekendheid met die afgebeelde, hom gehelp; sien Christiaan de Wet (p. 64) en Oom Koos de la Rey! 'n Bewys vir hierdie eienskap vind 'n mens in die reeks {==67==} {>>pagina-aanduiding<<} met potlood getekende portrette van Generaals Botha, De Wet, De la Rey, Beyers en van Herman Coster, wat oorspronklik algar in die besit van mnr. L.L. Steen in Pretoria was en wat nie die indruk maak dat hulle in 1901 direk na die lewe vervaardig is nie (p. 75). 1) Dit behoef geen betoog nie, hoe daardie tekenkuns van Van Wouw nie alleen sy hand gevoelig gemaak het nie, maar ook 'n direkte steun vir sy skulpturale talent was. 'n Reeks karikature van die hand van Van Wouw, van meer as dertig jare terug toon ons naas sy veelsydigheid ook weer sy skerpe tiperingsvermoë. Oom Paul, wat nou nie bepaald 'n groot kunskenner was nie en wat ook nooit vir Van Wouw wou poseer nie, het tog verwonderd gestaan toe die kunstenaar sy beeld uit die klei opgebou het, en het toe met 'n toespeling op Genesis gesê: ‘Van Wouw, moet nou nie dink jy is God nie!’ Maar om dit so ver te kry het Van Wouw elke dag op die hoekie van Kerkplein gestaan om te sien hoe die President kom aan stap! As die kunstenaar nou egter 'n beeld wil skep van 'n persoonlikheid, wat hom baie interesseer maar wat hy nie so goed intiem ken nie, dan voel ons tog, dat sy realistiese metode te kort skiet in vergelyking by die ekspressionistiese. 'n Voorbeeld: Van Wouw het Mussolini gesien, en hy hou van sy kop en bewonder hom as 'n staatsman. Met behulp van 'n vyftigtal foto's vervaardig hy nou 'n knap portret van die Duce. Maar vra ons nou of daardie kop een dag vir die nageslag kan getuig van die karakteristieke eienskappe van die Leier - goed of kwaad, of die kop ook as 'n simbool kan dien vir die gees van die Leier, dan is die antwoord: nee; gee ons net met 'n paar strakke lyne die geweldige wilskrag van die ken, 'n streep wat die bokant van die diepliggende oogkasse aandui, 'n geboë lyn vir die bekende onderlip en 'n sware boog vir die kragtige welwing van die skedel, dan mag al die verdere details onjuis wees - of wegbly!, maar ons het die kop van die heerser, soos hy in ons herinnering sal voortlewe. Hierdie puntjie bring ons as vanself op die volgende: Van Wouw as 'n skepper van monumente. Hier is dit sy aangebore gevoel vir die ewewig en die verhouding van afmetinge wat hom saam met Soff die onvolprese Vrouemonument laat skep het. Hierdie stuk van ons volksgeskiedenis is te alom bekend om hier beskryf te word, maar: as amper g'n vreemdeling daar met droë oë kan staan nie, dan kom dit nie alleen deur die wyding van die plek nie, dog ook deur die sobere krag van die groepering van beelde, muur en obelisk. {==68==} {>>pagina-aanduiding<<} Die Krugermonument in Pretoria kan in hierdie verband buiten beskouing bly. Dis eenvoudig 'n skande vir die Afrikanervolk dat daardie beeld nie lankal in harmonie met sy omgewing opgestel is en op 'n voetstuk wat die verhouding tussen die figure laat uitkom soos Van Wouw dit bedoel het nie. Dis 'n ereskuld aan die kunstenaar om daardie beeld so gou as moontlik 'n plek te gee in die middel van die historiese Kerkplein op 'n massale voetstuk waarvan die vier Boerefigure 'n steun en 'n onderdeel vorm. Ook in die beelde self van Van Wouw se monumente tref ons die harmonie van die goeie verhoudinge, soos, by voorbeeld, in Durban se Generaal Botha, in die drag van Spioenkop. Hierin word Van Wouw gehelp deur sy eg-Hollandse sekuurheid, wat hom elke beeld eers op 'n verkleinde skaal van twee voet hoogte laat maak, om die effekte te beoordeel, voordat hy die werk in die gewenste grootte gaan uitvoer. 'n Ander vraag is egter of sy realisme die bedoeling van 'n monument nie partykeer in die pad staan nie: Oom Paul staan daar asof 'n mens hom somarso op Kerkplein sien verskyn en vir die oueres onder ons is 'n lewensgetrouer afbeelding nie moontlik nie. Maar wat van die toekoms? Wat van die ver nageslag? Sal hulle ook in hierdie beeld hulle opvatting van Paul Kruger beliggaam vind, sal die beeld vir hulle soos 'n simbool wees wat Paul Kruger se boodskap aan die nageslag tot uitdrukking bring? Ons staan hier voor die ou probleem: wat is belangryker: die historiese persoon soos hy in al sy menslike swakheid was, of die historiese persoon in sy ‘legendêre’ vorm, soos sy nageslag hom sien? Sonder om op hierdie vraag in te gaan, wil ek nou egter 'n ander, meer algemene vraag beantwoord wat ek partykeer gehoor het: ‘Mag ons, as moderne mense, Van Wouw se realisme groot noem en artistiek hoog stel, nou dat ons die moderne ekspressionisme ken, wat ons as van ons eie tyd aanvoel en beter kan waardeer as die kuns van die oueres?’ My antwoord is baie positief: ‘Ja, ons moet!’ Om twee redes. Ten eerste: By die beoordeling van kuns mag ons net een ding vra, en dis of die kunstenaar 'n eie persoonlikheid het, wat hy suiwer en opreg in sy werke neergelê het. Die mate waarin hy in staat is om sy persoonlikheid esteties uit te druk, noem ons sy talent. Van Wouw is 'n baie sterk artistieke persoonlikheid en oor sy manier van uitdruk het hy 'n baie persoonlike opvatting. 'n Voorbeeld: ek kry juis nou 'n afbeelding in hande van 'n kop van die grootte van Van Wouw se ‘De Wet’, gemaak deur 'n jong Hollandse beeldhouer Visser. Dit stel die oorlede leier van die Nederlandse Sosialiste, Troelstra, voor. Troelstra het 'n enorme neus gehad, maar die smal en sagte oë het gewys dat daardie man ook 'n digter was. Die weerbarstige hare versterk weer die kragsaanduidinge in die {==69==} {>>pagina-aanduiding<<} kop. Nou het Visser net daardie drie elemente beklemtoon, en die verdere kontoere van die gesig is eenvoudig met skerp, hoekige vlakke uitgesny. Wys dit vir Van Wouw, en hy sal sê: ‘Maar daardie ding is mos nie “af” nie. Die man het opgehou waar ek sou begin het.’ Daardie laaste woorde is karakteristiek. Ons mag 'n kunsstyl nie veroordeel nie, maar die kunstenaars het die reg om mekaar te veroordeel, want hulle werk eis dat hulle eensydig is en net een uitdrukkingsmoontlikheid sien. Ten tweede: Van Wouw druk die gees van die tyd uit waarin hy groot geword het, die einde van die negentiende eeu. Nou is die kunsappresiasie van die gemiddelde Afrikanerpubliek op die meeste gebiede nog geheg aan die onmiddellik voorafgaande periode in Europa. Nou wil ek nie beweer dat die kritiek die publiek nie moet opvoed tot appresiasie van nuwe kunsrigtinge nie, inteendeel! Maar ek wil net konstateer dat op hierdie moment Van Wouw dus die man is wat die beste uitdruk wat in die volk lewe - 'n ware volkskunstenaar dus. En waar bly 'n kunstenaar wat nie wortel in sy volk nie, wat nie die gesublimeerde uitdrukking is van wat in sy volk lewe nie, wat ‘ivoren torentjies’ bou, so hoog, dat hy g'n uitkyk meer op sy volk het nie? Die Tagtiger digters wat die kontak met hulle volk verloor het, kan u die antwoord gee: hulle was tot artistieke ondergang gedoem. Is 'n kunstenaar wat sigself meer en meer terugtrek in sy individuele emosies groter as 'n man wat hom vereenselwig met sy volk en trag om die gevoelens en die sielelewe van sy volk uit te druk? Mag ons Kloos ophemel en Adama van Scheltema veroordeel as ‘goedkoop’, omdat hy trag om 'n volksdigter te wees? En van 'n kulturele standpunt gesien: wie van die twee het meer vir sy volk gedoen: die man wat die snaar laat tril, wat die volksiel laat saam sing, of die man wat net vir homself musiek maak? In hierdie opsig is Van Wouw soos A.G. Visser, en dis nie aan ons om te oordeel nie. Laat ons nou deur 'n kort bespreking van 'n paar afsonderlike kunswerke ons waardering nog 'n bietjie verduidelik. As ons die monumente, wat algemeen bekend is, buite bespreking laat, kan ons Van Wouw se werk verdeel in historiese groepe en persone, portrette en, ten slotte, naturelle-materiaal. Dat 'n Afrikaanse beeldhouer so baie aandag aan die naturel gegee het, is begryplik; veral die realistiese beeldhouer wat meer nadruk op die getroue weergawe van die liggaamsvorms as op die geestelike waarde agter die vorms lê, vind in die naturel 'n pragtige materiaal. Neem ons nou eerste die portrette. Vertoon ‘Christiaan de Wet’ nie al die tipiese trekke waardeur sy markante kop ons nog altyd voor oë staan nie? Maar meer as dit: Spreek uit die kop ook nie die liefde wat begryp en {==70==} {>>pagina-aanduiding<<} bewonder, van die kunstenaar vir sy objek nie? Hoe spreek die oë, wat tog net uit gips gemaak is, met 'n klein stafie in die middel? Uit gips! Ja, want Van Wouw het nooit die kans gekry om hierdie beeld in brons te laat giet nie. Die werk was inspirasie, maar waar bly die Vrystaters om daardie kop in duursame materiaal te laat uitvoer? 'n Ander ereskuld wat op ons nasie rus! En wat van Oom Koos de la Rey? Is dit nie die Spaanse ‘grande’ onder sy voorouers, wat Van Wouw hier intuïtief gevoel het en vasgelê het in die aristokratiese trekke van die smal kop nie? Al die portrette van die Boere-leiers is tot in die fynste lyntjies uitgewerk, in teenstelling met party van die Kafferkoppe (Slapende Kaffer, p. 77), waar die gees minder sy stempel op die gesig gedruk het: die kultuurmens teenoor die natuurmens. Maar by die Kaffers is dit meer elke spierbondeltjie wat tot sy reg kom, elke huidplooitjie in die nek, elke hoekie, waar die geraamte sig wys onder die huid. Stryk die ‘Daggaroker’ (‘Nuwe Brandwag’, 1930, I, 8) oor sy rug en 'n mens sal die bou van die ribbe voel, waar jy dit amper nie met die oog kan waarneem nie. En kyk so'n bietjie na die spanning in die gekromde voetsole. Let by die slapende Kaffer op die vormlose wat die hele figuur gekry het en wat ook geestelike vormloosheid uitdruk. Maar dan weer die selfbewustheid van 'n eenvoudige Soeloe-bediende (p. 93), waarvan die kunstenaar nog 'n ander pragtige beeld gemaak het, met 'n kopdoek, drinkende uit 'n koppie wat hy met albei sy hande aan sy mond bring. (Daardie Soeloe het hulle in die Kaapstadse museum ‘American Negro’ gedoop!) Net so selfbewus, maar nou meer van sy krag as van sy gees, die Shangaan in vegtershouding, met die dreiging van die een opgetrokke skouer. Weer anders die Mosotho voor die magistraat, wagtende vir sy vonnis met 'n wonderlike, bokant die aardse dinge verhewe onverskilligheid, wat heeltemaal goed saamstem met die effens Mongoolse tiepe. Uitstekend van anatomiese bou is ook die borsbeeld van 'n amper honderdjarige Boesman, veral omdat die struktuur van daardie kop eenvoudig spot met ons normale anatomiese kennis. Al hierdie beelde dra absoluut 'n statiese karakter, hulle dui 'n toestand aan, nie 'n moment nie. Dit geld selfs vir die ‘Slegte nuus’, ondanks die opskrif. Kyk maar na die gestrekt afhangende hande, 'n tipiese Boeregewoonte. Was dit 'n ‘momentopname’, dan sou daardie hande tot vuiste gebal wees. Minder goed is dit in die Kruger-standbeeld, maar pragtig in die Vrouemonument, waar die twee figure sonder enige styfheid staan vir twee begrippe: lyding en volharding. Die enigste losstaande dier-figuur, wat nog van Van Wouw bekend is, is die fyn elegante ‘Duikertjie’ op die graf van koning Kama in Serowe. Die {==71==} {>>pagina-aanduiding<<} kunstenaar sou nie Van Wouw wees nie as hy daarvoor nie 'n egte duikertjie uit die dieretuin in leenbruik gekry het nie. Dit werk natuurlik taamlik dinamies op die toeskouer. Baie sterker nog is dit die geval met een van sy laaste werke: 'n tingerige Boere-vrou, met 'n groot kappie op, saamgeklemde hande en 'n ekstaties vertrokke gesig: 'n Voortrekkervrou, wat die Vryheid voor haar geestesoog sien, die vryheid wat kom, maar wat nog ver is. Hierdie beeld is van 'n Barokagtige hartstog in bewoënheid, wat 'n skerpe kontras vorm met die figure van die Vroue-monument. Dinamies ten slotte ook is die fries bedoeld wat voor aan die Johannesburgse stasie pryk. Ons moet egter eerlik wees en beken dat hierdie werk ons glad nie kan bekoor nie, maar dis die skuld nie van Van Wouw nie, maar van sy opdraggewers. Hoe meer 'n mens daardie gebou sien, hoe meer jy tot die konklusie kom dat die saamwerking van al die beeldende kunstenaars daar tog maar 'n vrome wens gebly het. Hoe meer ek Pierneef se dekoratiewe landskappe aanskou, hoe meer ek begin voel dat hulle minstens tien voet te hoog geplaas is om op hulle regte waarde geskat te word. Maar baie slegter is nog die plasing van Van Wouw se fries, wat, self nie hoër as drie voet nie, hoog in die lug hang en om sy skynbare wankelheid bepaald gesteun moes word deur 'n paar monsteragtige olifantskoppe, met slurwe soos klerehake! Verder was dit 'n materiaal wat miskien in die gebou gepas het, maar wat vir Van Wouw seker minderwaardig was, en ten slotte is die aard van die voorstelling: die ontwikkeling van die verkeer in Suid-Afrika in die loop van die eeue - 'n opdrag wat meer eise aan die fantasie as aan die realiteitsin stel - absoluut in stryd met Van Wouw se artistieke karakter. Die mislukking van hierdie werk is 'n bewys te meer vir my stelling dat Van Wouw 'n ras-kunstenaar is.... solank as hy aan homself getrou bly. Daar is nog een ding, waarop ons wil wys, en waarin ons Van Wouw, aan ander kunstenaars, tot 'n voorbeeld wil stel, en dit is die pragtige tegniek van die afgietsels in brons wat hy laat maak. Giovanni Nisini in Rome, wat vir hom die gietwerk doen, is 'n meester in sy vak, wat self daarin geslaag het om met behulp van was, van egte orgideë afgietsels te kry (in Van Wouw se besit). Die beurtelings groenbruin- en goudagtige bronskleure wat Nisini te voorskyn tower, help veral by die naturellebeelde om die realistiese karakter te versterk. En nog is Van Wouw nie tevrede nie en poets hy sy beelde amper elke dag nog mooier, en party van die patineerwerk doen hy nog self. Nie tevrede met homself nie, nou nie en nooit nie, dis die diepste karaktertrek van hierdie kunstenaar, van hierdie werker, en waarskynlik is juis daardeur Anton van Wouw so groot. M. BOKHORST. {==72==} {>>pagina-aanduiding<<} De Profundis. I. Met loodswaar voete kruip die nag verby. Dof soos 'n dodeklok slaan elke uur Wat so onwillig deur die hede gly. Vergeefs om in die duisternis te tuur! Vir dié wat onderneem het om te stry, Verskyn geen letters op die donker muur; Om stil te werk en stiller nog te ly, Is al wat ek durf vra in hierdie uur. Vir ons die voorreg om te swoeg en buk; Vir ons die lewenslas en struikelgang. Vermetele wat na nog meer verlang, Vergeefs strek jy die hande om te pluk, Want onbereikbaar aan die takke hang Die blanke vrugte van ons sielsgeluk. II. Wanneer ons, uit dié afgrond teruggekeer, Waar ideale in die mis verdwyn En rooitong vlamme van die hartstog skryn, Ons hande strek na wat die kwade weer: Die hulp van vriende wat ons heil begeer En, sterker in die stryd as ons, die wyn Van medelye giet deur samesyn, Laat dit 'n troos wees: ons het ook probeer. Die lug weergalm van stemme wat ons roep Om, struikelend, tot die einde toe te stry; Al word die offerbloed vergeefs gepleng Om met die trane van berou te meng. Geen misdaad wat hier onvergeeflik bly Behalwe as ons weier om te stry. I.D. DU PLESSIS. {==73==} {>>pagina-aanduiding<<} Richard Wagner as Mens en as Digter. 1813-1883. VYFTIG jaar gelede, op 13 Februarie 1883, het van Venesië die treurmare van die plotselinge dood van een van die wêreld se grootste en mees unieke genieë, die digter-musikus Richard Wagner, as 'n skok vir die hele beskaafde mensheid gekom. Die gevierde maestro was midde in sy skeppingswerk in die Palazzo Vendramin aan die Canale Grande deur die dood weggeroep. Enige dae later is sy stoflike oorskot onder vorstelike eerbetuigings na sy woonplaas, Bayreuth in Duitsland, oorgebring. Duitsland het rou bedryf oor die verlies van een van sy grootste seuns, die so lang miskende skepper en meester van die moderne musiekdrama. Die roerende ontvangs wat die vermoeide swerweling by hierdie laaste tuiskoms te beurt geval het, vergoed vir die gevoel van die nageslagte die miskenning en agterdog waarmee Wagner in sy lewe as mens en as kunstenaar maar alte dikwels deur sy eie landgenote bejeën is. Wagner se lewensgeskiedenis is 'n byna sprokiesagtig bonte verhaal van hemelhoë ideale en smartlike ontnugteringe, van troostelose ballingskap en milde vorsteguns, van jammerlike miskenning en hartstogtelike verering wat aan aanbidding grens. Tussen die pole van liefde en haat het hierdie eensame swerwer, ewige soeker na rus en liefde, gelewe. En al sy verhewe skoonheidsdrome en felle lewenssmart het die kunstenaar verklank in woord en musiek van onsterflike skoonheid. Temidde van 'n tyd van oppervlakkige modekuns wat sy beslag vind in die tradisionele opera, is Wagner se kuns, soos alle ware kuns, gebore uit die lewe self. Reeds as seun openbaar Wagner uitgesproke letterkundige neiginge. Veral die drama trek sy belangstelling. Hy dweep met Shakespeare en waag hom aan 'n drama. Om die gevoelswaarde van die woorde beter te kan vertolk en om die dramatiese werking te intensifieer roep hy die hulp van musiek in. So word uit die digter die musikus gebore. Hy word hom bewus van sy dubbele roeping as digter-musikus. Hy word aangegryp deur die grootse musiek van Beethoven, die magtige musikale denker van wie Wagner tog in sy wese so sterk verskil, maar vir wie hy tot sy dood toe die grootste verering sal koester. Vir die verwesenliking van sy ideaal - die skepping van 'n kuns waarin Shakespeare en Beethoven verenig word - wend hy hom tot {==74==} {>>pagina-aanduiding<<} die tradisionele opera, wat veral in die agtiende eeu onder die beskerming van die Duitse howe 'n ongekende bloei beleef het en waaraan roemryke name soos die van Glück, Mozart, Weber en selfs Beethoven verbonde is. So dig en komponeer Wagner sy eerste, nog onrype werke, ‘Das Liebesverbot’ en die groots aangelegde opera ‘Rienzi’. Ondertussen het sy awontuurlike swerwerslewe reeds begin. Nadat hy in verskillende Duitse stede as teatermusikus werksaam was, vind ons hom in Riga in 'n soortgelyke betrekking. Maar ook hier kan hy dit nie lank uithou nie. Hierdie verre uithoek bied hom nie voldoende geleentheid tot ontplooiing van sy kunstenaarskap nie. Ook word hy van alkante bedreig deur skuldeisers - dit sal die nagmerrie van sy hele lewe bly! Met sy hartstogtelik sinnelike kunstenaarstemperament is dit vir hom 'n fisieke onmoontlikheid om in armoede te lewe. Parys, die stad van die groot opera, lok die kunstenaar. Op sy seereis van Riga inspireer 'n ontsettende storm hom tot die digterlikmusikale behandeling van die ou sage van die ‘Vliegende Hollander’. Die drie jare in Parys behoort tot die bitterste van sy hele lewe. Trots alle poginge bly die Paryse teaters vir sy eie skeppinge geslote. Maar hier in die vreemde kom die vereensaamde kunstenaar tot die volle besef van sy ware roeping as skepper van die moderne Duitse musiekdrama. Met ‘Tannhäuser’ neem hy afskeid van die opera; met ‘Lohengrin’ skep hy se eerste musiekdrama. Om Wagner se kuns na waarde te kan skat moet ons die wesensverskil tussen die tradisionele opera en die nuwe musiekdrama goed in die oog hou. Wagner het die opera leer ken as 'n onvrugbare tweeslagtige soort kuns, waarin die twee elemente, woord en musiek, as onafhanklike dele en dikwels geheel sonder die minste innerlike verband tot mekaar staan. Wel is die opera - 'n Renaissanceproduk uit die sestiende eeu - oorspronklik gebore uit die verlange van die digter om die gevoelslewe van sy drama deur die musiek te verdiep en te verinnig, maar dit het al heel spoedig ontwikkel tot iets heeltemal anders; die musiek het hoofsaak geword, die dramatiese teks word nog bloot gebruik om situasies te skep waaraan die musikus sy musikale stemminge kan vasknoop. So het die drama ondergeskikte bysaak geword, middel tot 'n doel, en ontaard tot 'n dorre aaneenskakeling van tonele, sonder enige sielkundige eenheid of ontwikkelingsgang, ondigterlik en onwaar. Hierteenoor stel Wagner sy leer van die musiekdrama. Sy uitgangspunt en doel is die drama, wat vir hom die hoogste kuns is. Wagner is dus eers digter, dan komponis. Waar die opera-komponis die woordkuns, die drama ondergeskik maak aan die musiek, daar stel Wagner die musiek in die diens van die drama, alleen op 'n artistiek gesonde wyse. Waar die digter slegs kan spreek, daar beeld die musikus uit, so leer Wagner: ‘Wo die anderen Künste sagen: das bedeutet, sagt die Musik: das ist.’ Die menslike taal en selfs ook die drama- {==75==} {>>pagina-aanduiding<<} tiese geste is ten slotte 'n beperkte middel ter vertolking van die peillose dieptes van die menslike sielelewe, en daarom moet die musiek as absolute gevoelstaal die digter te hulp kom. Dit kan egter alleen geskied deur waaragtige wesensversmelting van die twee susterkunste waaruit 'n geheel nuwe kuns gebore word, die van die ‘Sprachgesang’. Dit is die triomf van Wagner dat hy daardie ideaal, wat reeds die ou Griekse tragikus met sy koordrama voorgesweef het, na enige duisende jare eindelik volkome verwerklik het. Die skepping van die musiekdrama (‘Lohengrin’) was die teken tot die heftige stryd voor en teen Wagner wat 'n halwe eeu sou duur. As koninklike kapelmeester in Dresden handhaaf die kunstenaar hom 'n tydlank, maar weens sy aandeel in staatkundige verwikkelinge (die Julierevolusie, 1849, van die republikeine in Saksen waarvan Wagner tewens 'n kunsomwenteling verwag het) moet hy vir sy vryheid vlug. In die twaalfjarige tydperk van verbanning wat hierop volg, moet Wagner dikwels broodgebrek ly en rusteloos deur Switserland, Frankryk, Engeland, Oostenryk, Hongarye en Rusland swerf om deur middel van konserte sy bestaan te maak en sy nuwe kuns te regverdig. Maar die hele vastelandse en Engelse pers is teen hom, verkleineer sy kuns en suig gif uit die tragiek van sy huislike lewe. Uit hierdie bittere lewenservaringe word sy magtigste kunswerke gebore: ‘Der Nibelungenring’, ‘Tristan’ ‘Die Meistersinger’ en ‘Parsival’. Gelukkig ontmoet Wagner op sy bitter eensame lewenspad telkens persoonlike vriende en vereerders van sy kuns wat hom liefdevol help wanneer die nood op die hoogste is - Franz Liszt, Mathilde Wesendonk, Cosima Liszt en baie ander. En ten slotte gebeur die groot wonder wat nodig is om Wagner se kuns eers tot volle ontplooiing te kan bring: koning Lodewyk II van Beiere ontbied onmiddellik na sy troonsbestyging die meester as sy persoonlike gas na die hof te München en voorsien in al sy behoeftes, sodat hy van nou af uitsluitend vir sy kuns kan lewe. Deur die koning se vrygewigheid word die bou van die Wagner-teater in Bayreuth moontlik gemaak, waar in 1876 die eerste opvoeringe die hele wêreld se verbaasde oë open vir die unieke skoonheid en die monumentaliteit van Wagner se kuns en waar sedert dien nog gereeld hulde gebring word aan die grootmeester deur 'n groeiende skare van geesdriftige bewonderaars uit alle dele van die wêreld. Daar loop 'n vaste ontwikkelingslyn deur Wagner se kuns. Dit is 'n steeds stygende lyn wat ten slotte sy hoogtepunt in Parsival bereik, nie alleen ten opsigte van taal, verstegniek, dramatiese bou en toonkuns nie, maar ook met die oog op die toenemende verdieping en verinnerliking van digterlike siening en motivering. In een opsig kom al sy werke ooreen, nl. in die aard van hul stofgebied. Op een uitsondering na behandel al sy dramas motiewe ontleen aan die ou Germaanse sagaskat. Vir hierdie stofkeuse is Wagner {==*8==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding GENERAAL BOTHA. Deur A. van Wouw. ==} {>>afbeelding<<} {==76==} {>>pagina-aanduiding<<} se kunsopvatting verantwoordelik. Wagner sien die roeping van die kunstenaar daarin dat hy uitbeeld wat die ‘poetes’ of visionêr aanskou: die ‘suiwer menslike’, d.i. die menslike sielelewe in sy oerwese, ontdaan van alle toevallige en tydelike vorme. Die spontaanste en onmiddellikste en daarom ook digterlik oortuigendste openbaring van die ‘suiwer menslike’ is die mities (d.i. oermenslik) geworde saga-gestaltes. In hulle worstelinge is versinnelik die ewige stryd tussen die hoogste en die laagste oerdrifte van die mens. Tog is Wagner, die digter van die ‘suiwer menslike’, een van die subjektiefste Duitse kunstenaars en is sy drama daarom uitgesproke liries in vorm en wese. Sy kuns is beheerste gevoelspoësie, gebore uit en beeld van sy persoonlikste ervaringe en lewensleed. Die stryd van sy helde, van Tannhäuser, Siegfried, Tristan, Hans Sachs, Parsival is sy persoonlike stryd; hul ondergang sy ondergang, hul oorwinning sy oorwinning. Die digter se gemoedstoestand en lewensbeskouing bepaal daarom sy motief en stof. Wanneer Wagner deur sy bittere lewenservaringe en onder invloed van Schopenhauer se leer van die sinloosheid en verwerplikheid van die aardse lewe, die prooi word van absolute pessimisme, dig hy sy ‘Tristan’, die tragedie van sinlose liefdesmart, van wanhoop aan die lewe, van elegiese doodsverlange. Maar Wagner oorwin hierdie somberste van alle lewensbeskouinge; hy sien 'n nuwe ligstraal vir die lewe daarin dat die mens trots sy egoïsme tog onbewus goed doen aan sy medemens. Die lewe is dus nie meer volkome sinloos nie. Veral die kuns werk veredelend - bewus veredelend - en verlossend op die mens. Wanneer Wagner tot hierdie insig gekom het, dig hy sy ‘Meistersinger’, 'n blyspel waarin die held (Hans Sachs) geheel uit eie beweging alles prys gee, ook selfs sy dierbaarste lewensskat - die liefde - om sy medemens gelukkig te maak. Ook hier: berusting, maar nou blymoedige berusting met onverminderde drang tot voortlewe: Hans Sachs-Wagner het die tragiek van die lewe oorwin, verkondig en beleef die evangelie van die gelouterde, selfopofferende naasteliefde as die heiligste roeping op aarde, 'n roeping wat alleen moontlik gemaak word deur die bevrydende mag van die kunstenaar se humor. Dat dit heilige erns is, toon die kunstenaar ons as hy deur die skynbaar lughartig vrolike blyspelhandeling telkens die teer weemoedige musiekakkoorde (die beroemde Wahn-Leitmotiv) laat klink. (Dit is seker een van die oortuigendste illustrasies van die wondere suggestiewe krag van Wagner se musiek waardeur eers die diepere sin van sy woorde ontsluier word.) Hierdie weemoedige akkoorde styg onmiddellik uit die hart van die mens Wagner wat na bange sielestryd afsien van Mathilde Wesendonk wat hy so innig lief het, omdat sy reeds aan 'n ander behoort, en in stille berusting maar moedig die plig tot eensame voortlewe aanvaar. {==77==} {>>pagina-aanduiding<<} As dan Wagner se lewensstorme verby is en hy deur selfoorwinning tot sielevrede gekom het, skep hy sy ‘Parsival’. Nog eenmaal word ons hier op aangrypende wyse die botsing tussen die menslike hartstogte voorgestel. Die verterende vuur van felle sinnelike liefde bedreig Parsival, maar hy word gered deur die hoogste, edelste liefde - die verlossende naasteliefde van die Christendom. Met hierdie magtige, deur sy heilige erns en grootste eenvoud aangrypende kunswerk, die kroon van al sy werke, het Wagner afskeid geneem van die wêreld. Maar sy kuns bly met ons - 'n kuns wat miskien vir altyd uniek sal bly in die wêreldkuns as volmaakte harmonisering van die twee susterkunste, poësie en musiek. Om dié kuns werklik na waarde te skat, mag ons dit nòg eensydig letterkundig, nòg eensydig musikaal beoordeel. Mog die tyd - sy dit ook in verre toekoms - een dag aanbreek dat ook in ons land Wagner se musiekdrama waardig opgevoer word, sodat ook ons volk hom ten volle kan oorgee aan die magtige bekoring wat daarvan uitgaan. J.J. DEKKER. {==*9==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding SLAPENDE KAFFER. Deur A. van Wouw. ==} {>>afbeelding<<} {==78==} {>>pagina-aanduiding<<} Buite in die Soete Somer: 'n Klein Romannetjie. Deur Knut Hamsun. DIE pension was goed besoek deur gaste, beide here en dames, party selfs van die naburige land. Die meeste het een of ander onbelangrike kwaaltjie gehad, mans sowel as vrouens was ooreis en het 'n paar weke in die vissersdorpie by die see kom uitrus. Die getroudes was in die meerderheid, en om die liewe vrede ontwil het hulle meestal hulle wederhelftes meegeneem, maar kon op eie houtjie optree. Daar was baie galanterie onder die ongetroudes, en 'n mens sien soms hoe oueriges weer jonk word onder die lampe in die sitkamer. Maar algar beweer: Dis die gesonde lug, dis die see! Dit was algar fyn, deftige mense, koopmans, professorsvrouens, prinsipale. En daar was die vrou van 'n konsul-generaal en die vrou van 'n parlementslid, albei met hulle mans. 'n Met goud beslane meneer uit die hoofstad, wat net: ‘Otto Mengel, Koopman’, op sy visitekaartjie het, word as direkteur aangespreek. Die besitter van die pensioen het 'n groot begaafdheid gehad om by die voorstelling van die gaste aan mekaar elkeen se stand in 'n gepaste graad te verhoog. Oor direkteur Mengel is daar nou wel niks anders as goeds te sê nie; hy was glo 'n welaf man, en aan sy horlosieketting hang daar die vrymesselaarsembleme. Dit het tog 'n bietjie verbasing gewek toe jong Oxenstand, wat 'n opregte leeu was en totnogtoe vir niemand sy buiging gemaak het nie, opvallend diep buig by sy begroeting van direkteur Mengel toe laasgenoemde by die pension opdaag. Eers later het dit uitgekom dat mnr. Mengel 'n groot woekeraarsaak in die hoofstad dryf. Die plaery van die gaste onder mekaar was maar net te beskou as die tergery tussen vriende, sonder dat daar enige onnatuurlike kwaadaardigheid mee bedoel was. Maar die assuransie-agent van die naburige land het 'n ware afkeuring van alle kante uitgelok deur te probeer om polisse in die pension van die hand te sit. Dit was asof hy daarop reken dat iemand sal doodgaan, en daar was mos inteendeel niemand wat sou doodgaan nie. Hulle noem hom toe ook direkteur om hom daardeur in sy eie opinie te laat styg; maar wat die agent aanbetref, was dit so veel tegemoetkomendheid verspeel. Hyself noem hom agent Anderson en niks anders nie, en verbeter almal wat hom die direkteurstitel gee. So'n buffel - die man was pure besigheid. Hy makeer niks nie, en die onverbloemde waarheid was dat hy grof slaap en eet en krag in oorvloed het. {==79==} {>>pagina-aanduiding<<} Een dag sê die vrou van die konsulgeneraal: Weg met hierdie mnr. Anderson! Maar mevr. Milde wis goed waarom die vrou van die konsulgeneraal nou versoek dat Anderson moet uitgegooi word: hy het nooit haar tere toegeneentheid teenoor hom wou merk nie. Een aand het die konsulsvrou alleen in die donker in die tuin gesit en dweep, en mnr. Anderson het verbygeloop. Sy roep hom en spreek hom as direkteur aan, ja sy gooi selfs wenkies uit dat hy gesond en sterk is en dat haar senuwees tot bedaring kom wanneer sy hom sien. ‘O so?’ sê Anderson. ‘En dink, ek glo dat u omarming sterk is, hahaha!’ sê die konsulsvrou. ‘Kom hou my nou 'n bietjie geselskap.’ ‘Dis te donker,’ antwoord hy. ‘Ja, maar moenie laat ons ingaan waar al die ligte is nie.’ ‘Ja, sien u, ek weet dit uit ervaring dat ek beter in die lig sien as in die donker,’ sê Anderson. 'n Klipkop, dit was hy. En die algemene opinie oor hom was dat hy ook nie die natuur lief het nie; hulle het hom al die see sien aanskou met heeltemaal droë oë. Die leeu Oxenstand het een dag probeer om hom snaaks te hou, maar daarmee het hy geen sukses gehad nie. Oor die algemeen was dit nogal grappig om na die agent se antwoorde te luister. Die jong mevr. Trampe, die skoonheid van die pension, vra hom eenkeer dwars oor die tafel: ‘U is dus nie getroud nie?’ ‘Nee,’ antwoord hy, ‘maar ek was darem ook nie altyd heeltemal sonder wederwaardighede nie...’ Ja, en toe sou mos die nuwe dame aankom. Daar kom 'n telegram aan van die naburige land om plek in die pension vir 'n dame. Dit kan maar 'n klein kamertjie wees, maar dit moet in ieder geval op dieselfde verdieping lê as die woonkamer. Die gasvrou antwoord: ja, sy het plek. Al die gaste van die pension loop nou vir die dame en wag. Waarom wou sy op die woonkamerverdieping woon? Was sy kreupel? Die jong vrouens in die derde of vierde jaar van hulle getroude lewe sou daar niks teen hê as die dame eenvoudig glad geen skoonheid was nie. Die leeu Oxenstand sê: ‘Ja, laat haar maar gerus mooi wees; vir u sal sy tog nie kan kers vashou nie, mevr. Trampe.’ Twee dae daarna kom sy aan. Haar rytuig ry 'n stywe draf tot by die ingang van die pension en hou meteens botstil. Die dame klim uit. Die spel word meteens gestaak op die tennisbaan, almal kyk na die dame. Sy het 'n groot hoed op en regtig fyn klere aan; en toe sy uitklim, kon elkeen sien hoe jonk sy was. {==80==} {>>pagina-aanduiding<<} ‘My naam is mevr. Anderson,’ sê sy aan die gasvrou. ‘Hoe is haar naam?’ vra die konsulsvrou. ‘Anderson!’ antwoord mevr. Trampe, die skoonheid. ‘Hemel, nog 'n Anderson! Hier kan geen mens dit binnekort meer uithou nie.’ Dit sou blyk dat die konsulsvrou heeltemaal reg het: mevr. Anderson kon niemand uitstaan nie - buiten die here. Maar in hulle het sy 'n wonderbaarlike lewe gebring. Dit was nou nie so maklik om meteens te verstaan nie. Sy was nie mooi van gelaatstrekke nie; nee, daar was geen vergelyking moontlik nie. Maar donker, gevaarlike oë het sy gehad - ja, dit het sy. Boonop was haar wenkbroue soos twee donker bloedsuiers, wat met hulle koppe teenmekaar lê en daar misties uitsien. En sy was jonk en halfblond, en haar mond was soos 'n blom. Goed - - - Mevr. Anderson staan soggens te laat op, en die gasvrou moes haar herinner aan die vasgestelde tye van die pension: ontbyt presies om neënuur. Mevr. Anderson antwoord: ‘Ek sal altyd presies om neënuur daar wees - behalwe in die voormiddae.’ Toe moes selfs die konsulgeneraal na haar kyk. Hulle kyk vas in mekaar se oë. En die konsulgeneraal was so geskape dat niemand hom hoef te leer hoe om die oë te lees nie. Hy kom uit 'n bekende digtergeslag en skryf self voortreflike gedigte oor die natuur en oor mense. Wat moet dus daardie onverskole brand in daardie vroue-oë helderoordag beteken! Die konsulgeneraal sien dit: dit was oë wat begin wil... Mettertyd, toe mevr. Anderson haar rekening kry, vra sy sonder blik of bloos om uitstel met die betaling. Sy besit geen geld nie, sê sy, maar daar sal wel 'n uitweg kom een van die dae. Daardie aand kom sy in gesprek met parlementslid Adami. Hy verkeer in die middel van sy tweede jeug, daardie laaste opflikkering, waarin die ouderdom weer onnatuurlik jonk word. Mevr. Anderson se vraag en antwoord was vir die deftige kaalkop heer tot groot vermaak. Toe sy vrou hom wegroep, neem die konsulgeneraal onmiddellik sy plek in. En hy het lank sy kans afgewag. Hy sê: ‘Ek het die parlementslid die lang gesprek met u beny.’ ‘Dit is vir u wat ek gewag het, konsul,’ antwoord mevrou. ‘Onder ander om u iets te vra, en u te bedank.’ ‘Wat is dit?’ ‘Is dit u wat in my kamer laat blomme sit het?’ ‘Blomme? Ek moet eerlik beken.... Het u blomme gekry?’ ‘Vergewe my!’ sê mevrou. ‘Ek sou my ook wat verbeel het.’ {==81==} {>>pagina-aanduiding<<} Die poësie styg na die konsulgeneraal se kop by die geskiedenis van daardie geheimsinnige blomme, en hy bars uit: ‘Hemel, dit behoort ek te gewees het! Ons behoort dit algar te gedoen het. Elke dag.’ ‘Ek is dol op blomme,’ sê mevrou, ‘maar ek is te arm om hulle te koop.’ Dit gebeur dat sy verskeie dinge uit haar lewe vertel en dat die konsulgeneraal dieselfde doen. Nooit tevore was hy so mededeelsaam teenoor 'n vreemdeling nie. Die end van die ontboeseming was dat hy gans en gaar 'n gek van hom maak. Mevrou sê: ‘Maar u is mos getroud, konsul.’ ‘In die liefde is dit gelukkiger om voorwaarts as terug te sien,’ antwoord hy en sug. By die middagete die volgende dag voel die konsulgeneraal laf en koorsagtig aan tafel weens 'n gediggie wat hy in mevr. Anderson se servet ingesmokkel het. Toe sy dit vind en dit begin deurlees, bars hy uit en sê vir die man langs hom: ‘Soe, dit is hier vandag warmer as ooit tevore!’ Daar gaan 'n gerug dat dit maar seker die parlementslid was, daardie ou kaalkop, wat die rose in mevr. Anderson se kamer laat sit het. Maar voor haar self ontken hy dit. ‘Nee, nee, dit is nie ek nie,’ sê hy. ‘En ek mag dit dus nie beken nie.’ Mevrou kyk hom plotseling verbaas aan. Sy trek haar wenkbroue effens op, daardie twee fyn bloedsuiers wat mekaar met hulle snoete ontmoet, en sê: ‘O, hoe mooi het u nou gepraat! U stem het geklink soos die basnote van 'n harp. Sing u miskien?’ ‘Nou... nee, dit doen ek nie. Dit wil sê, ek het eens ook 'n bietjie daaraan gedoen.’ Hy was bloedjonk. Dit was glo die gesonde lug en die see wat hom so perdfris en vurig gemaak het. Sy vrou laat hom roep, maar hy gaan nie. ‘Ek gaan nie,’ sê hy. ‘Laat my tog 'n bietjie vrede hê. Wat wil hulle nou weer van my hê?’ En mevr. Anderson knik vir hom en gee hom gelyk: ja, hy kan maar bly sit. ‘Ons kan mos oor besigheid praat,’ sê sy. ‘Dan mag u seker tog bly.’ ‘Ja, met u wil ek graag besigheid doen, mevrou. Laat ons hoor! Ja, kom ons doen maar 'n klein besigheidjie.’ ‘Nie 'n groot besigheid nie?’ ‘Ja, 'n groot besigheid. Hoe groter, hoe beter, hahaha! Gaaf, nè?’ Maar mevr. Anderson bedoel dit ernstig; sy wil sy lewe verseker, sê sy met nadruk. {==82==} {>>pagina-aanduiding<<} ‘O so?’ sê die parlementslid verbluf. ‘Is mevrou dan 'n agent?’ ‘Dit was 'n paar jaar gelede. Ek moes my man help brood verdien. Wat moes ek doen?....’ En sy verklaar verder dat sy hom nie wou bedrieg nie; dit hoef ook nie vir 'n groot som te wees nie. ‘Ja,’ sê die parlementslid, ‘as dit dan so moet wees, dan liewers vir 'n groot som.’ En miskien kon dit nogal heeltemal verstandig wees om jou te laat verseker. ‘Ek sal die papiere huistoe stuur na my man dat hy hulle kan onderteken. Om die vorm ontwil moet die maatskappy se dokter u ondersoek, alhoewel u so gesond soos 'n jong seun is. Die dokter sal binnekort kom.’ Toe die parlementslid sy vrou teëkom, sê hy ewe ongeërg: ‘Ek het besigheid bespreek en kon nie kom nie. Wat moes ek vir jou doen?’ ‘Besigheid bespreek? Met haar?’ ‘Ek het my lewe laat verseker. Dit is uiters belangrik om verseker te wees. Sy verteenwoordig die beste maatskappy.’ ‘Die slegste maatskappy,’ antwoord sy vrou dubbelsinnig, ‘die slegste maatskappy verteenwoordig sy.’ Die parlementslid was bly dat hy vir mevr. Anderson 'n guns kon bewys. Hy staan self daarop dat die besigheid so gou moontlik moet afgehandel word, en toe die dokter van die naburige land aankom, gaan die parlementslid in 'n uitstekende humeur na die ondersoek. Natuurlik makeer hy mos niks, hoegenaamd niks nie. Mevrou gee hom haar hand en dank hom. ‘Het ek u werklik hiermee 'n diens bewys?’ vra hy. ‘'n Groot diens. 'n Hulp. Ek wil nie graag meer sê nie.’ Die parlementslid laat toe die allerbeste in sy natuur seëvier en sê: ‘Ek dink amper ek kan die konsulgeneraal ook oorhaal om dieselfde besigheid met u te doen as u dit op prys stel. Toe noem mevr. Anderson hom haar vriend en weldoener. Tegelykertyd kyk sy rond en bloos op 'n snaakse manier met albei wange. ‘Ek dink ons kon dit maar somar nou doen, terwyl die dokter van die maatskappy hier is,’ sê die parlementslid vir die konsulgeneraal. ‘Ons bewys seker mevrou 'n groot weldaad daarmee. Nie dat sy dit nou reguit gesê het nie, maar....’ ‘Vir my het sy reguit gesê dat sy arm is,’ antwoord die konsulgeneraal. ‘Ek vind dit 'n sonde en jammer. 'n Heerlike kind, gevaarlike oë.’ Sy digtersiel sit op loop met hom, hy wil die bedrag nie verminder nie, maar sy lewe vir dieselfde groot som laat verseker as die parlementslid. Hy het bowendien 'n private redetjie om teenoor mevr. Anderson daardie gewilligheid {==83==} {>>pagina-aanduiding<<} aan die dag te lê: sy het hom onlangs vir sy gedig bedank, met 'n gevoel wat nie juis iets minder as 'n uitbarsting kon genoem word nie. Die digter gaan verder met hom op loop en sê: ‘Wat sê u daarvan? Sal ons nie ook ons vrouens se lewens laat veseker nie?’ ‘Wat? Ons vrouens?’ vra die parlementslid. ‘Nee, dit sal nie gaan nie, ek kry myne nooit so ver nie. U weet mos - die ondersoek... Nooit nie!’ ‘My persoonlike mening is dat ons amper verplig is om dit te doen.’ Daar ontstaan 'n pause. Die parlamentslid prakseer sterk. ‘Sy moet dit doen!’ roep hy plotseling. ‘Ek gaan op die oomblik na haar toe.’ Selde het sy vrou die parlementslid so vasberade gesien. Hy het geen beswaar gedoë nie. ‘Dit is ons plig!’ beweer hy met die woorde van die konsulgeneraal. ‘Is dit ons plig?’ Maar hier laat die parlementslid sy gedagtes blitssnel gaan; hy raak hoegenaamd nie van sy wysie af nie, maar knik plegtig en sê: ‘Dit is ons plig, ja. Ons het 'n dogter, wat ons eenmaal sal moet agterlaat.’ En hoewel die dogter reeds met twee miljoen getroud was, was daar geen beswaar hoegenaamd om teen haar man se plegtigheid te laat opweeg nie.... Die vreemde dokter het sy hande vol gekry met die baie hoë lui inwendig en uitwendig te ondersoek en aan hulle sertifikate uit te reik na gelang van hulle verskillende gesondheidstoestande. Hy was 'n jong kêrel met donker oë en met 'n liggrys pak aan. Die leeu Oxenstand kon nie teen hom op nie en was 'n nul daardie dae wat die vreemde dokter in die pensioen deurgebring het. In die begin het hy probeer om hom nie daaraan te steur nie, maar toe ook mevr. Trampe, die skoonheid, 'n skerper glans in haar oë kry wanneer sy die dokter sien, verloor die goeie leeu sy kop totaal. ‘Jy het met my gespeel,’ sê hy vir mevr. Trampe. Hy sê dit daagliks en herhaal sy verwyte. Een dag, moeg en verveel deur die leeu Oxenstand, sê sy reguit: ‘Ek het nie met u gespeel nie. Maar ek hou nie van u op dié manier wat u dit wil hê nie. En wat moet ook daarvan word? Ek is mos getroud, dink daaraan.’ ‘U moes begin het met my dit te sê,’ antwoord hy. ‘Maar daarmee het u inteendeel juis nie begin nie.’ ‘Maar ons gaan darem opregte goeie vriende bly, nie waar nie?’ bevestig sy. {==84==} {>>pagina-aanduiding<<} Toe lag die leeu. ‘En u sal vir my soos 'n suster wees, nè, so lui dit mos, nè...?’ Sy was hopeloos verlief op die dokter en praat met hom die aand in die tuin. ‘Ek weet van iemand wat 'n hele entjie gelukkiger kon wees,’ sê sy en word bloedrooi. ‘Maar dit is seker nie u nie, nè?’ ‘Ja, dit is ek. U is 'n dokter en verstaan dit mos. Dit is gevaarlik om die luilekker lewe op die platteland te lewe en perdfris te word van die lug en die see. En hier is daar niemand om mee te praat nie. Hier was niemand voor u gekom het nie.’ Die leeu Oxenstand loop toe juis verby. Dit lyk asof hy na iets soek om dood te slaan. ‘Daardie mevr. Anderson, ja; dié kan mos by u wees net wanneer sy wil,’ sê Mevrou. Die dokter lag en sê: ‘Dit gaan net oor besigheidsake. Ons doen lewensassuransie. Sy verdien geld soos bossies.... Laat ek u ring sien. Gee my tog u hand. U wil nie? Net 'n oomblik.’ ‘Nee, ek waag dit nie. Doen mevr. Anderson dit dan?... Goed, nou sit ek my hand in u hand asof ek tot iets inwillig. Maar hemel, ek doen dit darem nie werklik nie, ek willig nie tot enigiets in nie, verstaan my reg. Maar, wat doen u dan?’ Sy ruk haar hand weg. Maar toe het hy dit alreeds gesoen. ‘Hoe fyn en warm is u hand!’ sê hy. En mevr. Anderson loop verby. Ontbrand daar jaloesie by haar? Haar oë glinster op 'n eienaardige wyse toe sy die twee sien. Mevr. Anderson loop hoogmoedig aan, maar toe die leeu Oxenstand op die stoep sit en met haar begin praat, kom sy hom tegemoet met ongewone ywer. En die twee sit lank en koorsagtig met mekaar en praat asof hulle albei daardie twee in die tuin wou wys dat hulle mekaar gevind het. Mevr. Anderson vrees nou geen rekening meer nie. Sy betaal haar losies asof die geldjies niks is nie - 'n fooi wat van die groot assuransie-premiums afval. En die parlementslid gooi in donker aande groot ruikers deur haar venster op die eerste verdieping. Bepaald is sy hier in die pension innerlik in onguns; maar daar bekommer sy haar nie oor nie. Sy skyn 'n hart van klip te besit teenoor almal behalwe juis dié vir wie sy belangstelling ontwikkel het. Sy het dus ook geen meegevoel gekoester met haar ongelukkige mededinger, die assuransie-agent Anderson nie. Hy is 'n buffel en spreek nie tot die harte nie. Uit die weinige woorde wat sy met hom gewissel het, {==85==} {>>pagina-aanduiding<<} kon die aanwesiges hoor wat dié twee mekaar toewens: niks - dood en vernietiging. Agent Anderson sien daar kompleet uit soos 'n gevaarlike sameswering. Een warm nag leun die parlementslid by sy venster uit en koel hom goed af. Dis donker, en hy hoor net die sagte gesuis van die bome daar onder in die tuin. Hy kry die idee om mevr. Anderson se vensters daar onder dop te hou, en sien dat hulle gesluit is, dat die lamp uitgeblaas is en dat Mevrou slaap. Toe hoor hy in die donker hoe 'n venster geopen word - dit is een van mevr. Anderson se vensters -, en 'n man spring daardeur grond-toe. Daar gaan 'n kwaadaardige steek deur parlementslid Adami, en hy kon daardie nag nie slaap nie. Die volgende môre dra hy sy vreeslike geheim soos 'n man. Maar so teen middag se kant gee hy dit op om langer in stilte die stryd te voer. Hy gaan na mevr. Milde en wy haar in die saak in. Want tussen daardie twee pensiongaste, wat eers hier mekaar leer ken het, het alreeds 'n goeie verstandhouding geheers. Dit was seker die gesonde lug wat sulke groot dinge uitgerig het. ‘Wat gaan mevr. Anderson jou aan, liefste?’ sê mevr. Milde. ‘Ek verdra dit nie,’ antwoord die parlementslid. ‘'n Mens moet snags vrede hê.’ Mevr. Milde werp haar arms om sy nek en huil en besweer hom om vir haar uitsluitlik plek in sy gedagtes te gee - uitsluitlik -. Anders hou sy dit nie uit nie. ‘So, so, so!’ sê die parlementslid. ‘Ja, seker, uitsluitlik. Maar.... Ja ek sê mos uitsluitlik.’ Maar mevr. Milde huil al hoe meer en verwyt hom daarmee dat hy dag na dag laat verbygaan sonder dat sy hom sien. En sy sê: ‘Daardie vreemde vrou neem jou heeltemal in beslag, en jy het niks tyd oor vir my nie.’ ‘Tussen hakies - kan jy my sê wie daardie vent is wat haar snags besoek?’ sê die parlementslid, in sy eie gedagtes verdiep. Toe bars mevr. Milde uit: ‘Sien jy nou? Jy het alweer aan haar gedink! Nee, ek hou dit nie ui - uit nie!’ Die parlementslid moes 'n volle halfuur by haar deurbring en haar omhels en alles doen om haar weer in 'n goeie bui te kry. Voor hy loop, sê hy egter heeltemal waardig: ‘Ek dink darem dit moet só word dat ons twee meer soos suster en broer teenoor mekaar moet wees.’ En merkwaardig genoeg, mevr. Milde bedaar gelukkig so ver, dat sy die parlementslid se woorde kan aanhoor sonder trane. Sy leun terug op die sofa en sluimer kort daarna behaaglik in. {==86==} {>>pagina-aanduiding<<} Maar die parlementslid gaan daarna na die konsulgeneraal met sy geheim. Dit was ook 'n stommiteit om jou in verband met so'n saak tot vrouens te rig. ‘Ek verdink jou nie van die man te wees wat vannag rondgeloop het nie,’ sê hy vir die konsulgeneraal. ‘En u verdink my ook nie.’ ‘Nooit in der ewigheid nie!’ sê die konsulgeneraal poëties. En die trane kom in hulle oë van louter onderlinge vertroue. Hulle bespreek die saak en raai dat die leeu Oxenstand die man van die daad was. Die parlementslid kry opdrag om te volhard met die verloklike Mevrou se vensters dop te hou. ‘Dis darem jammer dat daardie vent Oxenstand die haantjie van die baan daar moet wees,’ sê die parlementslid. ‘Dis mos eintlik ons twee, u en ek, wat haar opregte vriende gewees het.’ ‘As dit Oxenstand is, dan gaan ek met die hoteleienares praat,’ sê die konsulgeneraal. ‘Hy moet laat vat uit die hotel. Ek gaan dit nie langer veel nie.’ Die parlementslid antwoord: ‘Ek gaan dit ook nie veel nie. Ek het van nag geen oog toegemaak nie.’ Die Ovenstand-affêre het ook aanleiding tot baie agterdog gegee. Sy wese word al hoe meer deur haar in beslag geneem, en hy fluister haar soet woordjies toe in almal se aanwesigheid. En sy vorige liefde, die skoonheid, tree by hom al hoe meer in die skaduwee. Hy loop saam met Otto Mengel, die groothandelaar, 'n entjie weg, sodat hulle gesprek nie deur die ander kan gehoor word nie, en begin met hom praat oor geld, baie geld, 'n nuwe lening. ‘Nee,’ sê die geldlener, ‘dit loop te baie op. U het seker moeilikhede genoeg al met wat u alreeds geleen het.’ ‘Glad nie. U het dit mis. Buitendien sal my oom binnekort doodgaan. Ek het juis nou-nou 'n brief ontvang waarin daar staan dat hy nou gou-gou sal doodgaan.’ ‘Laat ons dit maar hoop, ja,’ sê Otto Mengel. Maar hy wou nie die leeu verder help nie. En daar kom nou pynlike dae vir die leeu. Hy het reeds sy voorneme te kenne gegee om hom by mevr. Anderson te laat verassureer, en kon nou nie woord hou nie. Eindelik kry hy een dag 'n telegram dat sy oom dood is, en Otto Mengel, die groothandelaar, was onmiddellik gereed met die geld. Maar so'n avontuurlike rente het die leeu nog nooit betaal nie. En tog swyg hy by dit alles, want hy het daardie telegram self gestuur. En toe gebeur dit dat een van mevr. Anderson se vensters een donker nag weer oopgaan en 'n man uitspring. Die arme parlementslid Adami lê {==87==} {>>pagina-aanduiding<<} daar bo op die uitkyk en kan alles sien, maar hoegenaamd niks anders wat gaande is nie. Maar die volgende môre neem hy die konsulgeneraal mee en ondersoek die voetspore onder Mevrou se vensters. ‘Dit is snaakse voetspore, nè?’ sê die konsulgeneraal. Dis skoene met ysterpolvye,’ sê die parlementslid. ‘Van die soort wat die boere dra.’ Die volgende nag lig hulle al die skoene op wat in die gang uitgesit is om skoon gemaak te word; hulle kry een paar skoene met ysterpolvye: dit was lewensassuransie-agent Anderson se skoene. Nog nooit was die twee ou speurders so met verbasing geslaan nie. Maar albei was verontwaardig en wou dit nie langer gedoë nie. Die volgende môre skimp hulle so effens voor die agent, en selfs die ligsinnige mevrou wou hulle nie 'n pyninginkie spaar nie. ‘Daar was vannag mense voor u vensters,’ sê die parlementslid. ‘Ja,’ sê die konsulgeneraal ook, ‘vlak voor u vensters. In die duister, donker nag.’ ‘Wat sê u?’ antwoord Mevrou. ‘Was dit diewe?’ ‘'n Korterige man. Dertig jaar. Donker aangetrek. Met ysterpolvye onder sy skoene, soos die boere hulle dra.’ ‘Ek waag dit nie om verder daar te slaap nie,’ sê Mevrou. En sy kom daar ook nooit meer slaap nie. Later in die dag was Mevrou nêrens te vind nie, haar sitplek staan leeg met die middagete. Langsaan staan nog 'n leë stoel: die assuransiedokter se stoel. ‘Waarnatoe is hulle? Waarnatoe kan hulle dan wees?’ sê almal. Maar assuransie-agent Anderson van die naburige land byt op sy baard en lyk amper soos 'n groot sameswering. Sy gelaatsuitdrukking word geensins vriendelik toe die besitter hom in die kantoor inroep en hom meedeel dat iemand hom in die nag mevr. Anderson se kamer deur die venster sien verlaat het nie. ‘Nou, wat daarvan?’ sê Anderson. ‘U moet vertrek, direkteur,’ sê die eienares. ‘Soiets word nie in my huis toegelaat nie.’ Anderson mompel: ‘Dit is nog nie die ergste nie; dat ek daar binne was en nou moet laat vat.’ ‘Ek het 'n rytuig vir u bestel.’ ‘Wat wel die ergste is, is dat hulle die keie in is,’ gaan Anderson voort. ‘En kan u my sê waarheen hulle is?’ ‘Daarmee kan ek u nie dien nie,’ antwoord die eienares. Anderson praat met homself. ‘Ek het lankal suspisie op hulle gehad. Maar ek het gehoop dat sy haar sou bedwing - hier op 'n vreemde plek.’ {==88==} {>>pagina-aanduiding<<} ‘Dit kom my voor, dis u wat u nie kon bedwing nie.’ Anderson begin prikkelbaar word en antwoord: ‘Ek moes ingaan na haar toe om die papiere in orde te bring.’ ‘Wat het u met haar polisse te doen - 'n vreemde dame?’ ‘Sy? 'n Vreemde dame? Sy was mos my vrou.’ ‘U vrou?’ vra die pensionvrou agterdogtig. ‘Sy was my vrou!’ skreeu agent Anderson. ‘Ek kon hier geen besigheid verrig nie, toe het ek destyds vir haar geskryf sy moet oorkom. En nou het sy laat vat met die dokter. Hulle het my 'n poets gebak. Hulle het al die geld saam.’ Toe swyg die eienares 'n hele minuut en oorpeins dit. Nog steeds het sy so'n klein suspisietjie. ‘'n Mens se eie vrou kan jy mos oordags ook besoek,’ sê sy as 'n klein poginkie. ‘Kan 'n mens sy eie vrou snags dan nie ook besoek nie?’ vra Anderson verbitterd.... Nou loop daar 'n skok deur die hele pension, al die here voel dat hulle vergek gehou is deur die oorlamse vrou. Agent Anderson bring die een papier na die ander voor die dag om te bewys dat mevr. Anderson sy vrou is - in daardie opsig was daar geen twyfel meer nie, hulle het in gemeenskap gehandel toe hulle die hele halwe pension verassureer het. Die leeu Oxenstand wou liewers sy lewensversekering geannulleer hê, maar hy moes doodstil bly, want hy het self daardie telegram gestuur. Parlementslid Adami en die konsulgeneraal dreig Anderson dat hulle hom sal gaan verkla. ‘Doen dit maar gerus!’ antwoord Anderson. ‘U het u by my verassureer, die polisse is in orde, my ondertekening het hulle geldig gemaak...’ En agent Anderson sou nie eens die pension so hals-oor-kop verlaat soos die vordering oorspronklik was nie. Alle here veroordeel nou wel daardie manier van besigheid doen, om sy vrou as tussenpersoon te gebruik; maar die dames kies party vir die agent en begin die lewe nog ondraagliker vir hom te maak met hulle spraaksame simpatie. Uit blydskap dat die gevaarlike vrou verdwyn het, gaan hulle so ver dat hulle die agent direk troos in sy teëspoed. ‘Wag maar, sy sal weer kom!’ sê mevr. Milde. ‘Sy sal wel leer insien dat dit tog net u is en niemand anders in die hele wêreld nie. So is in ieder geval die verhouding tussen my en my man.’ En selfs mevr. Trampe, die skoonheid, wat so skandelik deur die donkeroog assuransiedokter gefop is, beweer dat dit tussen haar en haar man dieselfde geval is, ja, dat hy tog maar die enigste in die wêreld is. Maar agent Anderson het 'n eienaardige manier van treur gehad. {==89==} {>>pagina-aanduiding<<} ‘Natuurlik kom sy terug,’ sê hy. ‘Ek verwag haar self, want sy is baie knap met verassureerwerk. Maar as sy darem nog 'n keer met die premiums wegloop, sal sy vir my darem te duur uitkom.’ Drie weke daarna kom daar ook 'n brief van die verdwaalde eggenote dat sy nou op haar knieë voor haar man se drempel lê. En haar oë is vol trane, so staan daar. En vra my niks van die dokter nie, staan daar verder, want hy het vir altyd laat vat. Agent Anderson moet onwillekeurig knik: ‘Wat het ek gesê? Sien u, sy kom weer terug! Maar as sy dit nog 'n keer doen om die geld mee te neem, gee ek haar aan.’ En agent Anderson keer tuiswaarts. Dieselfde aand vertrek ook mevr. Trampe, die skoonheid, en vryf haar hande van louter gesondheid. Sy het tyd gehad om die dokter te vergeet en haar gevoelens vir die leeu Oxenstand terug te wen. En daar die leeu Oxenstand desgelyks weer volkome fiets gemaak is deur die landelike lug en die see, het die twee hulle in mekaar verheug soos nog nooit tevore nie. Hy slaan sy arm om haar lyf en sê: ‘Nou kan u nie langer my ewigdurende liefde ontwyk nie.’ Sy het toe juis geen afwysende antwoord gereed nie, glimlag dus en fluister: ‘Buite in die soete somer....’ En daar was geen nee in haar mond nie. Parlementslid Adami het geen ander uitweg as om weer na mevr. Milde te keer nie - na haar uitsluitlik. Maar sy het haar heerlik op hom gewreek oordat hy eenkeer in sy waansinnigheid net haar broer wou wees: vir twee aande wou sy niemand anders as die digterlike konsulgeneraal sien of hoor nie. Eers die derde aand sê sy: ‘Op proef!’ en toe laat sy weer alles soos voorheen word tussen haar en die parlementslid. Geautoriseerde vertaling deur C. de Villiers uit die bundel Stridende Liv (1905). {==90==} {>>pagina-aanduiding<<} Die Huis van Clodia, Die Skone 1) Die marmer-skoonheid van die Palatyn, Die weelde van sy rose en sy wyn (Rooi marmer vèr in Afrika gekap), Rooi wyn gerangskik deur die kenners fyn. En mosaïeke, waar die kunstenaar Van Rome keurig-kleurvol kon bewaar Figure wat die oog genotvol streel, Nog, deur die mis van eeue, sterk en klaar, As soms in Delos of Pompeii een Wat reis op voetspoor van Odysseus heen, Lui krabbelend in die stof, plaveisel ryk Ontdek wat luister aan sy plek verleen, En wandtonele, goud met rooi, dof-rooi, En sinnelik en ryk en weelderig mooi, En stories oud, romanties uitgesprei, En klein Erotes wat hul bloeisels strooi, Of uit olywe parfuum-olie maak, Of dans op wasgoed in 'n voller-saak, En linne bleik, of anders goudsmid speel In winkels waar Vulcanus gloeiend waak. En suile sierlik met akanthus-blad Loop om die binneplaas, in groen vervat Van palme, en die spelende fontein Verlok vir Iris langs haar reënboog-pad. T.J. HAARHOFF. {==91==} {>>pagina-aanduiding<<} Nederlandsche Litteratuur van Dezen Tijd. II. De Tachtigers zooals men hen niet kent. - Kloos. OVER iederen dichter ontstaat in den loop van den tijd een stereotiepe voorstelling, die zich meester maakt van de litteratuurgeschiedenis en het onderwijs, en van den lezer in het algemeen. Achter dat beeld gaat dan de ware figuur van den dichter meestal voor een groot of een klein deel schuil. Daarom is het goed, dat periodiek een nieuwe generatie een dichter opnieuw gaat lezen en hem van een anderen kant ontdekt dan gebruikelijk is. Het stereotiepe beeld wordt daardoor wel niet aangetast, want officieele voorstellingen hebben een taai en hardnekkig leven, maar er wordt dan tenminste aan herinnerd, dat er nog andere aspecten aan een dichterschap kunnen bestaan dan die welke ten eeuwigen dage zijn geregistreerd. Wie zich opnieuw verdiept, opnieuw met volle aandacht en liefde verplaatst in de poëzie der dichters, die meer duidelijk dan karakteristiek de Tachtigers heeten, merkt met verrassing, dat er nog een andere Kloos, een andere Verwey, een andere Gorter bestaat dan die waar alle boeken en lezingen hem in willen doen gelooven. Ontdaan van ‘legende’ daagt voor hem een nieuwe figuur op. Willem Kloos is in alle boeken de man van de dichtertrots. En inderdaad heeft geen ander dichter in onze taal zoo de glorie van het dichterschap verheerlijkt als hij. Het heeft begrijpelijkerwijs velen van zijn poëzie vervreemd, vooral na den oorlog, toen men kunstenaarschap en menschelijkheid weer veel inniger met elkander verbonden ging wenschen en het accent van het eerste naar het laatste verschoof. Nu zijn die romantische trots en glorie nog vrijwel alleen uit het karakter van den tijd door ons te begrijpen. Anno 1933 zou geen dichter ooit schrijven: ‘Ik ben een god in 't diepst van mijn gedachten.’ Toch, al kunnen wij een dergelijke regel niet meer met hetzelfde pathos herhalen, waarmee Kloos en zijn vrienden zich er omstreeks 1885 aan bedronken moeten hebben - toch heeft die regel haar trotsche kracht niet verloren. Wij zullen het niet meer in verband durven brengen met de persoon zelf der dichters, die wij nuchterder en zakelijker zijn gaan bezien en waarvoor niet meer die bovenmenschelijke vereering bestaat welke vroeger aan dichters werd toegezwaaid, maar toch ligt in dezen regel voorgoed uitgesproken, dat in het gedicht de dichter zichzelf te boven gaat, een wijsheid uitspreekt die meer is {==92==} {>>pagina-aanduiding<<} en grooter dan zijn dagelijksche persoon; toch erkennen ook wij, dat in alle kunst iets is dat men gebrekkig ‘het eeuwige’ noemt, waarmee men dan zeggen wil, dat het kunstwerk iets bezit, een glans, een kracht, een wijsheid, die ver boven zijn maker uitgaat. Maar ook dan is er in onze oogen nog geen aanleiding tot persoonlijke trots en glorie: de viool beroemt zich evenmin, dat Paganini haar bespeelt en dat Stradivarius haar maakte. Den dichter beschouwen wij als het zeer gevoelige instrument voor de muziek der eeuwigheid, een god kiest bij tijden zijn doortocht in hem, en de woorden die hij dan spreekt, bewaren de herinnering daaraan in een bijna onvergankelijke glans. Kloos is echter niet enkel de dichter van trots en glorie, en liefde en weemoed geweest, waarvoor men hem bij voorkeur houdt. Er is nog iets anders dan de verzen van ‘passie en verdoemenis en trots’, iets anders dan de weemoedige herdenkingen en droomen van vergane liefde, van herfstvergankelijkheid en ‘boomen dorrend in het laat seizoen’, nog andere gedichten dan het twaalftal der beroemdste, waarop met Okeanos en Rhodopis meestal Kloos' roem gegrond wordt. Er is ook haast geen ander dichter in onze taal geweest, die zoo machtig en zoo openhartig den hartstocht, en bij tijden ook den toorn, in de taal heeft uitgestort als Willem Kloos. In een land, dat de hartstocht tientallen jaren uit de litteratuur had gebannen en waar hij ook later bijna niet anders dan omwonden geuit dorst worden, vierde Kloos hem in dionysische verzen uit als een wilde faun, met een mateloosheid en openhartigheid die voor ons volk ongekend en beangstigend waren maar in werkelijkheid van een toomelooze heidensche pracht waren. Driftig en hartstochtelijk opent een zijner sonnetten met de trotsche bronstige regels: O de begeerte naar genieten machtig Dreunt door mijn trotsche lichaam als een hamer, Kloppende òp uit haar donker-kille kamer Wellust die sliep, op 't wekkingsuur aandachtig. En dit andere - onhollandsch, helleensch zou men willen zeggen, een beeld als op oude Grieksche vazen, van dansende priesters en menaden, met wingerdranken en thyrsosstaf op den weg naar Eleusis. Maar het is geen Helleensch plaatje, geen afgietsel van oude vazen hier, doch een mensch zelf, die den natuurlijken staat zijner driften met heidensche onafhankelijkheid verheerlijkt: {==93==} {>>pagina-aanduiding<<} Ik ga mijn leven in orgien door Van vol muziek en vreugden onuitspreeklijk, Daar 'k àl smart in losbandigheid verloor, Want dit lijf en mijn trots zijn onverbreeklijk; 'Wijl achter me aan een òp zich drommend koor, Heel 't schoone lijf bewegend wild en weeklijk, Luid-feestende optocht, danst, en ik dans voor - O mijn losvoetigheid is zéér aansteeklijk! Hoor, hoor naar mij, gij allen die daar gaat Met koud gelaat en stappen zoo bedachtig: Brand òp in gloed het leven dat u slaat, Uzelf op-slaand in vlammen hoog en prachtig...! Droom weg in weelde: ijdel is alle daad - Over ons alleen koom het Niet-zijn machtig. Stel U voor het Amsterdam van 1885, een deftige, gematigd liberale stad, nog nauwelijks aangetast door de eerste schokken van den beginnenden socialen strijd, een wat vertraagde regentenstad nog vol verzadigde herinnering aan de weelde en het gemak, waar de winsten van de gouden eeuw het toe in staat stelden - en daar wordt wild en onstuimig dit lied gezongen, waarin een man het eeuwen ten achtergestelde lichaam onbeschaamd en met een hartstochtelijken eerbied verheerlijkt en eeuwen van conventie wegslingert in open beleden dionysische levensdrift. Aan dezen kant van Kloos' dichterschap heeft men te weinig aandacht geschonken. Wel wist Verwey hiervan, toen hij over Kloos, met de egocentrische overdrijving aan den dichterkring eigen maar toch niet zonder reden schreef: ‘Hij is dan toch maar de hartstochtelijkste mensch in Nederland.’ Aan zulke verzen van Kloos moet men denken, om eenigszins te kunnen begrijpen, hoe mateloos zijn tijdgenooten onder de kunstenaars dezen dichter vereerden. Kloos - die naam electriseerde hen destijds, en er zijn nog oudere schrijvers die weten te getuigen, welk een opwinding zijn verschijning onder hen kon teweegbrengen. Voor Kloos waren verzen voor het eerst weer ‘de beweging van het leven’ zelf geweest. Verzen zijn de beweging van 't leven. Klaar-luidende, al naar het mensch-hart gaat, Of droeviglijk schreiende zacht, of kwaad Als een donderslag door des levens wild streven. {==*10==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding SOELOE. Deur A. van Wouw. ==} {>>afbeelding<<} {==94==} {>>pagina-aanduiding<<} Denkend aan den toorn bij Kloos, zal men zich gewoonlijk het eerst de scheld-sonnetten herinneren: deze zijn echter uit een periode, waar Kloos niet voor verantwoordelijk gesteld kan worden. Maar er zijn verzen van dreigenden, fronsenden toorn, waarin een machtige stem als uit onheilswolken spreekt, uit den rijksten tijd van zijn dichterschap: verzen waarin de toorn gewonde liefde is, gekrenkte trots, en andere waarin hij de hooge verontwaardiging is van een door den drang naar waarheid bezetene over de halfheid en leugenachtigheid van een kleine wereld. Daar is dat sonnet, dat het machtigste visioen van den leugen is, dat ooit in onze taal werd geschreven: het ijskoud Visioen van Leugen. Deze verzen behooren tot het wezenlijkste van zijn dichterschap, want zij hangen samen met den drang, die zijn geheele leven heeft beheerscht, nog lang nadat de vlam der poëzie in hem was geslonken: een diepe waarheidsdrift, die hem drong tot den grond der dingen te gaan. Ik citeerde hierboven al uit den tweeden bundel verzen van Kloos. Een der verkeerde voorstellingen over Kloos' oeuvre is, dat er buiten zijn beroemden eersten bundel geen mooie verzen van hem te vinden zouden zijn. Ongetwijfeld zijn ze veel schaarscher, maar ook in den tweeden en zelfs in den derden vindt men prachtige gedichten. Daar is uit den tweeden bundel dat lugubere gedicht van den waanzin. De gek lag onbeweeglijk op zijn leger En 't was of daar een lijk in staatsie lag, Zóó wezenloos. Nauw scheen de vale dag Door 't schuine raam daarboven op dat leger. Soms slechts wat lakenritseling als teeg er Door 't lijf een jichtscheut: 't was of hij niets zag: Maar o! daar gleed opeens een breede lach Langs 't bleek gelaat. Op rees hij van 't vreemd leger: De houding van den gek was scheef en drukkend, Den arm hield hij omhoog, de blik stond stijf: De romp schoof heen en weer in dronken slingren: Dan plotseling het schurftig, schokkend lijf Met gram en schuin-ziend oog voorover bukkend, Grabbelde hij in 't bed daarnaast met greetge vingren. Dat gedicht zou eer van 1930 kunnen dateeren dan van 1890; het heeft al die op den man af gerichte onmiddellijkheid, die wij in den poëzie {==95==} {>>pagina-aanduiding<<} van na den oorlog waarnamen. Dat geldt ook van het gedicht, dat vrijwel onbekend gebleven toch juist in den eersten bundel tusschen Kloos' beroemdste sonnetten staat, die prachtige verbeelding van Eva bij het lijk van Abel. Het behoort tot de laagheden, waartoe deze tijd tegenover ouderen onder haar grooten in staat bleek, dat Willem Kloos, en zelfs een vrouw, Hélène Swarth, grove hoon werd aangedaan om hun later werk en niet de onvoorwaardelijke eerbied in acht werd genomen, die hun toekomt om eenmaal uitgesproken menschelijke grootheid. Ten onrechte meent men Kloos geheel te kennen, als men het twaalftal sonnetten gelezen heeft dat ieder reeds in zijn gymnasiumjaren (zoo was het tenminste een vijftien jaar geleden) half uit het hoofd kende. Nog in den derden bundel van Willem Kloos vindt men dat prachtige gedicht Levensvreugde in den dood. Zoudt ge, als gij doodgaat, menschen, en gij ligt, Met brekende oogen in 't aetherisch-têere Masker der trekken, niet nog even keeren, Voor de allerlaatste maal, uw bleek gezicht Naar 't door de ruiten binnenstormend licht...? 't Zal U niet wonden met zijn glôende speren! Laat het U schroeien zelfs...! Wat zou 't U deren? Haast sluit gij voor eeuwig uw oogen dicht... Dan zal die gloed op de wijde onbewustheid, Waar heel Uw wezen in henenkoelt, Liggen, verzacht, als een zoete gerustheid, Dat gij toch vroeger iets schoons hebt gevoeld, In dat nu mystische, verre verleden, Toen in 't zonlicht zich repten Uw leden. Ik ken weinig gedichten waarin het afscheid van het leven met zulke een rijpe, warme levensliefde is verbeeld. Er is door Kloos, den dichter der doodsliedjes, een heerlijke liefde tot het leven uitgesproken. En zeker heeft zelden een dichter geschreven uit een zoo diepe en onwankelbare overtuiging, dat hij een Waarheid uitsprak, die groot en rein was te midden van tallooze kleine en halve waarheden. Hij sprak in de gerechtvaardigde overtuiging, ‘iets waarlijks waarachtigs’ te doen hooren op aarde. ANTHONIE DONKER. {==96==} {>>pagina-aanduiding<<} 'n Skets. DIE rooidakhuis, met sy wit mure tussen die groen omgewing van 'n boereplaas, dut onder die blou van 'n Suid-Afrikaanse hemel. Die soldervenster leun so half-toe teen 'n afval stuk vloerplank, wat by 'n geringste windjie geneig sal wees om eers regop gedruk te word en dan pad te gee. Deur die opening kan daar in die skemerte op die solder tamaai groot stene boerseep, in kruiswoordraaiselvorm gepak, gesien word. Op die onderste breë sport van 'n half regopstaande leer, onder die venster, lê so 'n groot, swart kat, ook besig om te droom van katteweelde, kwaadgesinde honde en onverskillige muise. Die son steek weer vandag op ou Rooiwal. Die sierbome, bokant die huis teen die randjie, vorm 'n regiment wat die opstal al van ver af sigbaar maak. Net so'n entjie onderkant die huis begin die heerskappy van hooguitstaande appel- en peerbome oor die vrugtetuin, waar bolle somergroen so tussen die blare, geelperskes en party bome weer skamerige rooiwangperskes aan die namiddagson blootstel. 'n Klompie pruimbome, so netjies in 'n ry net deuskant die inkeervoor, moet net beur om bokant die pruimtrosse nog 'n paar blaartakkies deur te steek. Onder die appelbome lê somar sulke yslike groot streepappels op hulle sy, rond en bont op die vogtige grond. Die hoenders, party ou henne halflyf onder die klammerige grond toegeskrop, het ook al geleer dat die skadukolle maklik 'n hoenderhemel kan word op so'n warm dag; almal is in 'n luilekker stemming, behalwe een broeis hen wat maar alte buierig, nors en kriewelrig gestemd is om haar behoorlik tuis te voel onder die ander hoenders, wat nie die lewe na haar sin ernstig genoeg opneem nie. Ook nie te lank nie of haar verantwoordelikheid, deur instink aangevuur, skiet haar so snel na die kop, dat sy sonder versuim afsit na haar nes, in die stal agter 'n paar jukke. Net een ou haan staar haar vaderlik agterna en sien in sy verbeelding hoe die opkomende hoendergeslag weldra sal aangroei by die kosgeeplek op die kweek links van die waenhuis. Net onderkant die tuin is 'n klomp ganse besig om te probeer stilbly onder 'n wilgersambreel agter die wal van somar so 'n ou dammetjie. 'n Paar jong mannetjies, wat langal moeg is vir die alewige gekyf van die ander trop, sit so ewe gedwee-verstote onder 'n kleiner wilgerboompie, waarvan die langste takpunte op die grond drup. In die water vlok net die ewebeeld van 'n langwerpig-uitgedroogde wattewolkie, wat die hemelruim te eensaam vind om te probeer aangroei en oor groter formaat te beskik. {==97==} {>>pagina-aanduiding<<} Selfs die vinke vind dit nou te eensaam en warm om te maai waar hulle nie gesaai het nie. Nog net so'n dun swermpie, met 'n langstert flap, met sy kromsteelpyp manewales, op die agterhoede, vlieg oor die onderend van 'n hawerland in die rigting van 'n populierbos, aan die onderkant van 'n lopie, so'n vierhonderd tree van die werf verwyderd. Van die aangesig van die dagvors stroom strak strale van voldoening, omdat hy vandag weer alles wat leef en beweeg op Rooiwal, in sy mag kan troetel of gebied.... van die gladde klippies sy spieël kan maak, en alles wat plant is, laat neerbuig onder sy aanblik. Selfs die pampoenblare, in 'n nie te veraf geleë stuk land, voel hulle onmagtig om die klein pampoentjies behoorlik die blinkerige lyfies te beskerm; party outjies lê driekwart oop en snik langs die ou grotes, waarvan die wit rugge bokant die groen uitsteek. Plekke lê die groot beespampoene so na aan mekaar, dat dit lyk of hulle mekaar wil verdruk, en elkeen maar net moet stoei om 'n vaste lêplekkie te verower. Een grote sit half regop onder 'n paar blare, om die ander kans te gee om ook inkruipplek te kry. 'n Plaatjie soetriet, aan die onderend van die akker, blinkblaar ook maar net, want, wie weet, miskien nog voor vanaand donker sal party van hulle moet swig voor die wit tande van die swart Sagrys as hy gaan kalwers haal. Ghoef!... Hierdie trommelgeluid kom uit die stal, waar die hen agter die jukke ewe manhaftig, so plat soos 'n pet, sit en ylhoofdig word. Ou Kol, die ryperd van die plaas, wat die ewewig van sy vet liggaam gemaklik op drie bene weet te handhaaf, staan half aan die slaap met sy toe oë, sy onderlip, wat effens bak hang en die onderkant van 'n paar wit tande sigbaar maak. Meteens skrik hy geweldig, helder nugter-wakker! Spits die ore na die sakdeur se kant toe en laat 'n benoude gesnork hoor. Sy anders so goedige ou kykers vonk nou van helse onrus en onheil. Wat sou dit vandag met ou Kol wees? Sou dit onaangename drome uit sy jongperddae wees, toe soms tot sy grootste gramskap 'n twee-disselboomgedoente aan sy agterlyf gehang is? Sy oubaas is tog seker te trots op sy ou ryperd om hom so te verkleineer tot die status van 'n slaaf. Alles lyk vir hom so vreemd in die stal. Hy voel of folterende spykers van alle kante die ruimte om hom al kleiner en nouer maak. Die afloopkersie in 'n swart hol plekkie in die muur dreig hom ook met iets afskuweliker as die grou van rotsskeure in die donkerste nagte, wanneer 'n onweer geweld uitoefen in 'n bergwêreld. Swart voëlgedaantes, met witgeborduurde bekke, hou die plaaswoning dop en dwing om duiselig te word van die hitte, terwyl die begeerte om versadig te word hulle aanspoor om hulle kans waar te neem solank dit vir hulle die welaangename tyd is. Die skêrgeluide van die oopbek spreeus op die prieëlpaal voor die waenhuis dra daartoe by om ou Kol stapelgek van angs te {==98==} {>>pagina-aanduiding<<} maak.... Groot sweetdruppels korrel oor die getroue ou dier se liggaam. Die een-noot-gebrom van mal-bye wat gate in die kleigepleisterde mure boor, klink vir hom soos oorlogsgerommel vir 'n kind. * * * In daardie verlatenheid op Rooiwal is vandag iets te voel wat heimwee opwek en tragiek vertolk.... Op die agtergrond van die stilte word die dodemars op die harp van die natuur gespeel. Dit lyk of alles asem ophou... net soos die veroordeelde geblinddoek die doodsknal afwag. Daar sit 'n knapie, die enigste kind van sy ouers, in die skadukant van die huis, verdiep in sy kinderspel. Die kweek is plekke somarso plat soos hy vanmiddag al daar rondgespook het om sy osse agtermekaar te kry. 'n Rukkie sit hy, ken op die knie, met voldoening al sy inspanningswerk en gadeslaan. So af en toe trek hy die een kant van sy mond so vol asem dat sy wang bol en 'n mens laat dink aan tandpyn of bynes uithaal. As hy so sit, dink hy baie diep en konsentreer met alle mag om nog altyd meer en meer verbetering in sy speelwerk aan te bring. Stadig gaan 'n venster skuins bokant die seuntjie oop, en die oë van 'n moeder blou neer op haar Pedro. Sy praat niks nie. Bokant die trek van ware moederliefde blink twee oë van onrus. Die regop vrouegestalte laat haar oë wei al met die padstreep op tot dáár bo in die nek tussen twee deinsige bulterye. Dit is tyd dat haar man kan terugkom van die dorp af. * * * Wat vlam met koperkleur daar van die kraal se kant af in die dowwe kweekvoetpaadjie? Net die geghoef van ou Kol op die klipvloer van die stal en die véraf geblaf van 'n kafferhond by die strooihuise, waarvan die ronde grasdakkies op die bultjie uitsteek, is tekens wat lewe op die ou plaas rugbaar maak. Die koperkapel nader die woning, met sy bolyf in sekelvorm gekrom. Geen geraas verraai sy koms nie. Die hele omgewing lyk magteloos betowerd. Die moederbeeld voor die raam, geplant soos 'n monument sonder spraak, verraai die rol van martelares. Pedro die prooi, en die kapel die pestilensie wat op die middag verwoes, wat die vloek aangetrek het soos 'n kleed... Die afstand tussen Pedro en die kapel word verkort in lewende beweging... Die gelaatstrekke van die vrou weerkaats smart, haar oë is vol van onrus, terwyl die oë van die koperkapel lewende venyn word en sy voorwaartse beweging met demoniese voldoening dreig. En Pedro? Hy sit met sy een beentjie so'n tonnelpaadjie deur die kweek... die lewe nog vir hom 'n speeltoneel. Die kapel blink helderder na mate sy beweging oor die kweek in die sonskyn versnel in Pedro se rigting in die skaduwee... Die moeder se oë tuur nog steeds daar waar die heuwels die gesigseinder raak. Meteens word {==99==} {>>pagina-aanduiding<<} haar blik ondertoe gerig... net toe die kapel oor die skadustreep gly... 'n Blitsskok,... 'n wesensverandering soos dié van 'n vegsman wat 'n doodskoot vol in die gesig kry... 'n Donkerdowwe skaduwee sak voor die vensster weg... Geen traan of geluid nie. 'n Gesis laat Pedro opskrik... Sy oë kyk op in die blitse van die kapel. So vroeg in die môre van sy lewe neig die skaduwees van sy lewensaand. * * * Die koperkapel verdwyn in die rigting van die stal. H.J. DE JAGER. Die Dag Eindig en - - - Die aarde, sonversadig, droom vermoeid in sluimerrus. Deurskynend soos opaal dryf in die Wes 'n silwersee. Eksoties vreemd hef bome langs sy matgekleurde kus Sig vlammend rooi omhoog. 'n Trage boot seil na die ree. 'n Trots kasteel, 'n somber, groots gevaarte, sterbekroon Al, rys aan die linkerkant, swaardreigend en gedug. Is dit gemurmel van die gaste of 'n harp se toon Wat op die wind kom aandryf, heimlik, soos 'n ligte sug? Die beeld vervloei. Die nagkleed sweef die groue velde oor. Heel flou verskyn 'n goue punt, wat deur die duister boor, En uit geploegde lande wel 'n loue lug. Die stilte omhul my soos 'n swaargevoerde mantel. Ek Bly staar die vreemde donker in, met knieë opgetrek. 'n Kar maak in die verte knarsend 'n gerug. G. MES. {==100==} {>>pagina-aanduiding<<} Leipoldt as Digter. III. DIE verskyning van ‘Oom Gert Vertel’ was 'n gebeurtenis in die letterkundige lewe, die ‘ontdekking’ van hierdie verse was 'n gebeurtenis in ons sielelewe. Hoe het ons uitgesien na die tweede bundel! Dat die felle brand van die eerste verse nie kon voortduur nie, het ons wel vaag besef. Maar watter ontgogeling het Dingaansdag (1919) ons gebring. Die suiwer literêre waarde van hierdie bundel is gering. Tog sal ons 'n óomblik daarby stil moet staan 1), omdat dit van belang is in die digter se ontwikkelingsgang - sekere trekke van sy kunstenaarspersoonlikheid tree hier sterker na vore. In sy ‘Voorwoord’ sê die digter: ‘Die bundeltjie maak geen aanspraak op geskiedkundige opregtheid (sic!) nie en net so min op dramatiese samehang. Dit is 'n aaneenskakeling van los gedagtes wat in die oorpeinsing van ons volkstoestande by my ingang gevind het, en as sulks bied ek dit die leser aan.’...... Hiermee het Leipoldt hierdie bundel gekarakteriseer, wat gebrek sowel aan samehang as aan besieling betref. Na ‘Die Aanroeping’, wat arm is aan ontroering, volg 'n reeks gedigte in bonte mengeling: 'n beskrywing van die Trekker se vendusie, 'n Trekkerslied, 'n verhaal van die ou volk se gehegtheid en trou, 'n afskeidslied, 'n sangerige, Oosters-eentonige lied van Mali, stories by die kampvuur, liedere van Dingaan.... Die digter is natuurlik soewerein in die keuse van sy stof, omdat dit nie hy is wat die stof aangryp nie, maar die stof wat hom aangryp, maar ons verwag tog 'n innerlike noodwendigheid in die konsepsie daarvan. Hierdie innerlike noodwendigheid ontbreek hier. Om 'n bundel ‘Dingaansdag’ te noem en daar 'n dun epiese draadjie deur te vleg, maar dan metafisiese mymeringe oor die dood te gee wat heeltemal buite die gees van die voortrekkers lê (X), om die voortrekker sy storie van Koenraad Fiet te laat begin met 'n lang natuurbeskrywing à la Leipoldt, om na die moord op Piet Retief ‘Dodeland se Koningin, Peresfone’ aan te roep, is dinge wat ons nie verwag van 'n digter van die dramatiese talent van ‘Oom Gert Vertel’, ‘Vredeaand’ en ‘Van Noot se Laaste Aaand’ nie. Natuurlik lê hierin nie die oorsaak van hierdie bundel se swakheid nie. Die besielde digter versmelt elemente wat nog meer heterogeen {==101==} {>>pagina-aanduiding<<} lyk as die onsamenhangende ‘los gedagtes’ wat ‘aaneengeskakel’ is in hierdie werk. Wat in ‘Dingaansdag’ ontbreek, is die sterk ontroering waardeur die afsonderlike gedigte tog 'n skone geheel sou geword het waaragter 'n grootse konsepsie opdoem. Hierdie gebrek aan besieling is ook oorsaak van die swak, ritmelose verse, van verbluffende staaltjies retoriek soos van die son wat met spinnerakke vry en van eerste sonstrale wat hul barensnood verwag. Wat moet ons verstaan uit die volgende strofe op die lyk van 'n vermoorde kind? O slanke wese, rein as reën, Wat van die winter-wolke stort, Onskuldig voor die wêreld word Jou bank waarvan jy skuld kan leen! Die vinkekoor fluister: Dat daar 'n huisplek was en plaas Nog half gehul in newelwaas En nog nie van sy troon ontset. Ons hoor van ‘broederlik gesamelde nasievlyt’, dat ‘verder peil vir ons onreikbaar is’, van iemand wat is ‘ontset van hulp, deur hoop bevloek’. Ons kry serebrale beelde soos: ‘die veld vervel’ en ‘die swart vernis van blare nuut geboen’ - hierdie laaste anglisisme en nogal visielose beeld het groot navolging gevind by ons jonger digters (maar veral by Leipoldt self!), nes die soene wat Leipoldt die diverse hemelliggame en die elemente laat uitdeel, en die vryerytjies waarin hy die son sig laat verlustig. Tussen al die onbesielde verse en gedigte, tussen al die storende van gebrekkige taal en vers (dis ongelooflik dat 'n digter sulke taal en sulke verse kán skrywe), word ons 'n enkele keer ontroer deur 'n gedig soos ‘Teen die blou van die jakarandas’, 'n sober-gevoelige liedjie soos ‘Nee huil maar’, die mooie ‘O aandblom’ en die bekende ‘Die koperkapel kom uit sy gat’. Naas die leë woordevloed van ‘Die See!’ tref ons die mooi beeld van die siel: Is gans my siel van lig en lewe sat, En smagtend na sy rus Wat droomloos, ongestoord, my siel sal kus, Soos 'n groot stil swart seekoeigat wat sag Die droë dooie blare van die boom, Wat oor die water droom, Op sy deur wind gerimpelde vlakte sus, Oneindig op en neer, {==102==} {>>pagina-aanduiding<<} Oneindig heen en weer, Totdat die droë, dooie blare sink, Verrot, vergaan, vermink, Weg in die water wat hul krag sal los, Om krag opnuut te leen aan struik en bos Wat deur die water nuwe lewe kry? Mooi is ook die plastiese uitbeelding van die weerligstraal (XL). ‘Dingaansdag’ is vir ons van belang omdat dit 'n oorgangstadium in Leipoldt se ontwikkelingsgang verteenwoordig. Waar geen sterk ontroering die kragte van die siel versmelt tot een gloed nie, tree een trek nou sterk op die voorgrond: sy individualisme. In ‘Oom Gert Vertel e.a. Gedigte’ groei die besef van eie individualiteit hier en daar al uit tot individualisme. Dink slegs aan ‘Op my ou Karoo’ en aan die Slampamperliedjie: 'n Mens moet huil of lag, moet loop of stil sit, En ek moet versies maak, of praat met - wie? In ‘Dingaansdag’ is die eerste hewige smart verby - en met hierdie diepe ontroering het ook die selfbeheersing verdwyn, en die gevolg is anargie, swak verse waarin die sterk individualistiese mymeraar maar al te dikwels die digter verdring. Daardeur is hierdie poësie meer interessant vir wie Leipoldt se ontwikkelingsgang nagaan as ontroerend deur skoonheid. Die diepere sielehuiwering van die volgende verse oor die dood is seldsaam - en dan nog: hoe worstel die ontroering om deur te breek deur die stugge vorm, waarin dit amper verstik: Voordat, van vreug vervreem, Wat siel is in my sugtend, eensaam staan, En huiwerig vir 'n onheil onbekend Ver in 'n onbegrensde sterlos nag Waar kille koudte slaan My teen van elke kant waar ek my wend Om steun te vinde vir verstikte krag. Die ommekeer in die digter se politieke gevoelens word hier reeds duidelik weergegee: Wat vra ons vir ons kinders en onsselwe, Wat eis ons in die toekoms vir ons land? 'n Ongestoorde lewe, stil en rustig, {==103==} {>>pagina-aanduiding<<} In vrede, môre en aand, die jare deur, Om stil wat ons gegee word aan te neem, En stil wat ons geweier word te laat staan. Ook die verandering in sy natuursiening waarop reeds gesinspeel is, kom duidelik uit - lees slegs die aanhef van ‘Ver in die Troe-troe-vlakte’ (XXVIII). IV. Soek jy na suiwere waarheid, o siel wat versteen staan? Wat is die waarheid wat suiwer as waarheid kan geld? Dit: dat jy staan, skoon jy enkel apart en alleen staan. Dit: dat jy is, en rondom jou die nag en die veld. Daar is skilders wat ons bekoor en ontroer deur kunswerke ‘louter niets dan lieflijkheid’, elk 'n afgeronde geheel, 'n wonder van volmaakte skoonheid wat sy eie skoonheidsdroom droom. So is die skeppinge van 'n De Hooch, 'n Millet. Daar is digters aan wie se siel heerlike, melodieuse liedere ontvloei, suiwer van ontroering, gaaf van verwoording - en ons gaan op in die skoonheid daarvan sonder dat ons soek na die digterpersoonlikheid wat dit geskep het. So 'n Leopold, 'n Boutens. Daar is egter ook kunstenaars wie se werk ons veral ontroer as lewensbieg; elk van hulle skeppinge voer ons regstreeks na die skepper daarvan - die kunstenaar wat in die werke opdoem. Daar gaan van hierdie kuns die suggestie uit van 'n siel van nog aangrypender skoonheid as die kuns waarin hy hom openbaar. Elk van hierdie skeppinge, hoe skoon reeds op sigself, kry vir ons eers dan sy hoogste ontroeringswaarde as ons dit kan sien as veropenbaring van die misterie van die skepper se innerlikste bestaan. So 'n Rembrandt, die grootste van hierdie kunstenaars, so 'n Van Gogh, 'n Henriëtte Roland Holst. So 'n Leipoldt. Daar is gedigte wat stil brand soos 'n suiwere vlam. Daar is ook gedigte wat brand soos 'n magtige vuur wat in verterende vlamme oplaai en alles deurgloei, om dan weer weg te sink en op te flakker met 'n donker walm en floue glans en die landskap van die siel met 'n onrustige flikkerspel grillig te verlig. Dikwels kan die vuur nie deurbreek nie, maar ons weet hy is daar. Wat hierdie kuns aan suiwerheid inboet, win hy dikwels aan hewigheid en aangrypende menslikheid. Tot hierdie soort behoort 'n Browning, behoort ook Leipoldt. Die leser sal wel besef dat ek Leipoldt hier in een asem noem met hierdie grotes nie om hom tot wêreldkunstenaar te proklameer nie, maar om die wese van sy kuns te bepaal. {==104==} {>>pagina-aanduiding<<} Ons literêre aanvoelingsvermoë en ons letterkundige kritiek verkeer nog in 'n ontwikkelingsfase wat sterk die gevaar meebring dat dit nie deurdring tot die wese van kuns soos die van Leipoldt nie. Ons meen nog dat die indruk wat 'n kunswerk op ons maak, opgebou is uit détailindrukke, dat die skoonheid van die geheel berus op die skoonheid van die onderdele. Ons besef nog te min dat 'n kunswerk 'n sintetiese skepping is, dat inteendeel die skoonhede van die onderdele voortvloei uit die sentrale ontroering wat die hele werk beheers, en ons in aanraking daarmee moet bring. Die kontak met die siel van 'n gedig kan nie verkry word deur noukeurig te let op die tegniek, deur te speur na skoonheid en suiwerheid van beeld en klank en ritme nie. Alleen as die leser sy eie siel onbevange oop stel, sal díe kontak kom, intuïtief, misties, met die lewe wat daar in die verborge dieptes klop - dán eers sien ons hoe dié lewe tot die fynste vesel en aar van die vers deurstroom, dán bring elke hernieude lees van die gedig, die betragting van die tegniek, ons nuwe verrassende openbaringe van die misterie dat die geestelike, die onsinnelike sig voortset in die sinnelike. Alleen langs dié weg kan 'n skone vers vir ons in die diepste sin van die woord word ‘een gebaar van bevende schoonheid’. Omgekeerd is dit nie die afwesigheid van skoonheid van beeld en klank, aanwesigheid van retoriek en onegtheid wat ons 'n gedig laat veroordeel nie, maar die intuïtiewe besef dat daar geen siel is waarmee ons kontak kan vind nie. Die gebreke van die vers is dan nie bewyse dat die lewe ontbreek nie, dit bevestig slegs ons bevinding en maak dit nog meer bewus. In Uit Drie Wêrelddele (1923) kom heelwat gedigte voor waarin die besieling heel swak is, dit bevat selfs blote maakwerk, grillige invalle van die mens Leipoldt. Gedigte wat van begin tot end onafgebroke gedra word deur die stroom van die ontroering, is skaars; gedurig kwyn die besieling en kry ons verse wat ritmeloos is, wanklanke van verstandelike, onware beeldspraak, growwe sondes teen die taal. In byna elke gedig voel ons die loodskakels. Maar wie hierdie werk nie slegs van buite af probeer benader nie, wie luister of hy nie die diep stem van menslikheid hierin kan opvang nie, vir hom sal daar die gestalte van die digter opdoem, vir hom sal daar opklink uit hierdie gebroke ritme, die sielekreet van 'n mens wat vereensaamd staan in die lewe, wat soek en worstel om die oplossing van die misterie wat hy huiwerend besef maar waarvan hy die sin nie kan deurgrond nie; 'n mens wat nameloos eensaam en pessimisties voel, maar lewensdurf en lewensmoed besit en sonder romantiese selfbeklag die lewe manlik aanvaar as 'n roeping. Dis my strewe om hierdie digtergestalte duideliker te belig. Daarvoor sal dit nodig wees om langer stil te staan by enkele gedigte en om gedurig die digter aan die woord te laat. {==105==} {>>pagina-aanduiding<<} Een van die gedigte waarin Leipoldt die duidelikste geteken staan, is ‘Die Man met die Helm’. Die digter is self die siener wat nie begerig was om deur die wand te skou, (Die) grendelvaste blindings op te slaan, Ek wou geen kers hê vir die donker nag, Geen sluiers wegruk en daaragter kyk. Begerig was ek nooit die golwe deur Te swem om die stil agterwater-groen Se sagte streling om my lyf te speur. Nee: Vir my was hierdie wêreld goed genoeg Soos ek as mens die wêreld het kom kry - Die braakland bruin, nog vreemd vir eg en ploeg; Die boggel-koppies, wat die blou lug sny, Die huldiging van lente en somertyd; Die weduprag van winter en sy bruin; Die luist'ryk weelde nà die voorjaarstyd; Die trots van kleure en groen hier in my noordetuin. Maar: Die opgesuigde gif van sienerskrag Het vroeg die vrede van my tyd gesteel. En nou sien hy ‘wat selfs (sy) sinne nie kan vat, onmenslik' dinge, magtig in hul mag.’ Heerlik is die natuur wat in sy voorjaarsweelde spog, maar die beeld van sy lewe sien hy in die tingerige rokie wat soos 'n smeekgebed na boontoe rys En in die lug se perlemoen verdwyn - 'n Kalm deurleefde lewe; uit die grond, Uit vuur en smart gebore, sterk en vry, Om regop in die reine môrestond, En eind'lik krag verspil, die wêreld deur te sprei. {==106==} {>>pagina-aanduiding<<} So was my lewe in my waan vir my! Want bly verbeelding kon niks beters skep As eindpunt dan wat mis en wolke kry Eer dat hul krag vergaan, hul kleur verlep - kans om in vergaan onsterflikheid te win, En skim te meng met skyn en gees met groter gees. want wat ons siel noem, is 'n vonk wat saam met duisend vonke vlieg om tot 'n vlam te brand. Hy breek met die eiegeregtige, domme trots en onverdraagsaamheid en skynheiligheid Wat uit geloof 'n misgeboorte draai, 'n Oupaaiboelie-afgod van die nag. Dit alles was en bly vir hom ‘'n las waarmee (sy) mensdom mislik deur moet veg’, sodat hy geen kans kry om deur te dring en weg In reiner oorde met my siel te kom, En af te skud die bitter sienersmart. My wêreld is hierbinne, en alom Is aaklig niks as leegte en duister, donker, swart. Maar hierdie gefolterde Siener eindig met 'n visioen van troos wat ons laat dink aan Shelley se ‘Prometheus Unbound’, al mis Leipoldt hier die towerkrag van die Engelse digter se musiek en beeldeprag: O sorgsaam' siele, kom en skou Soos ek die dae in, gordyne deur, En sien hoe wraak verswak, en hoe berou Almagtig loer en oor die mensdom treur; Hoe onreg wegsink, sag, soos in die see Die dooi lyk met sy vrag van lood belaai; Hoe alles een word, en die almag gee Sy nuwe krag vir saad wat weer word oorgesaai. {==107==} {>>pagina-aanduiding<<} Minder troosvol eindig ‘By die Vlei’. Die heerlike natuur, waarin die nag die dag in skoonheid oortref, bring hom tot droefgeestige mymering en martelende vrae. Die enigste vas-staande waarheid vir die soekende siel is: Dit: dat jy staan, skoon jy enkel apart en alleen staan. Dit: dat jy is, en rondom jou die nag en die veld. Maar moet nie verder soek nie, want: Soek jy nog verder, o Siel, openbaring en kennis, Roepstem van elders, 'n gids uit die land van die Dood? Soek dan vergeefs, want die enigste troos wat jy wen, is Riet vir 'n leunstok wat breek in die dag van jou nood. Krag in jouselwe en wete van wat hier op aarde Leidraad en rigsnoer moet wees vir jou daaglikse gang, Kennis om selwers te kies tussen werklike waarde En wat niks werd is, is al wat 'n mens kan verlang. Soek liewers na die vrede van die dood: Doodgaan? O Siel, is jy bang vir die breek van die lewe, Bang om te klim met die pad wat 'n koning en kind Voor jou betree het tot vrede? Jy bibber en bewe, Vyand verwag jy; wat kom, is 'n trooster en vrind. Kla nie, want niemand is hier wat jou angskreet van smart hoor. Niemand wat voorspraak sal wees vir genade by God. Wat ons hier leed noem en smart, is niks anders as skyn nie, Skadu en skim van die krag wat die wêreld besiel. En hy kom tot die vae maar vaste hoop: Moedig, alleen, as die moordende skadu's jou koud maak, Struikel half blind soos jy is, deur die duisternis heen, Totdat die son van die toekoms die donker tot goud maak, En wat voorheen net 'n vloek was, verhef tot 'n seën. En dan volg die huiweringwekkende skoonheid van die volgende verse met hulle trotse opstand: {==108==} {>>pagina-aanduiding<<} Jy was sag in jou smart, o Siel, Sag en gebuie en gebreek, Tevrede om neer te kniel Soos 'n klein kind, tingerig, week, Vir jou erfreg ootmoedig te smeek In gebed aan wat agter gordyne Verskuil deur die jare heen staan Sonder teken van meely of traan, Bleek en bedaard soos die maan, Tevrede, alleen in jou waan. Jy is syne, o Siel, jy is syne. En nooit het die moed jou gewek Om te sê in jou droom: ‘Ek is gek. Wat ek het, is my eie; dit's myne - Myne al skeur ook die dag In flenters so swart as die nag - Myne al breek ook die brandende son Met 'n sussende suis in die see se bron Waar die yskou water vir ewig spoel En 'n yskou maalstroom ewig woel. Myne al sterwe ook kleur en lig En daar's niks as die dood voor my aangesig - Myne, ja myne, ewigdeur, Tot ek begin en eind' bespeur Waar ek nou net bestaan en nie bestaan Gewaar, onwetend hier in my waan. Hierdie opstel begin deur al die sitate meer op 'n bloemlesing lyk, maar om die leser in lewende kontak te bring met die individualisme van die digter was dit nodig om hierdie verse met hulle hewige aksent aan te haal. Maar die digter weet self nie wat hom die moed gegee het om tot hierdie opstand te kom nie, en na die fel-bewoë verse eindig hy droewig met 'n teenstelling tussen die skone natuur en sy vrugtelose wag op antwoord: O, die see is groen in die krom van die baai; En dis smaragblou waar die seewind waai; En my ore is dof met die dreun van die see As ek wag, o Siel, tot jy 'antwoord gee. {==109==} {>>pagina-aanduiding<<} Een van die mooiste gedigte uit hierdie bundel is die laaste Slampamperliedjie. Fel het Leipoldt hom ingelewe in die eensaamheid en smart van die vereensaamde heidense vors wat sy droefheid in die natuur weerspieël sien. Deur die skone woordkuns, deur die suiwerheid en volgehouenheid van die ontroering behoort dit tot die beste wat Leipoldt gedig het: Grysblou bulte voor my en die motreënmis op die pad, En 'n pêrel-besaaide witdoring met sy bas en sy blare nat; Nêrens die lag van die lug nie; die lied van die veld versmoor Deur die sag, sag stadig sanik van die reën wat jy orals hoor. En die wêreld orals grys, verlate en eensaam stil, Krag ontbloot van kragte in de son se skyn verspil, Soos 'n man wat moeg gebuk loop, sy hart deur haat versteen, Met sy liefde lank verwaarloos, alleen, alleen, alleen! En in hierdie troosteloos wenende landskap smeek die eensame siel: O, wit-gekleurde geeste waarteen ek skuld bely, Neem wat ek het, my lewe - neem dit en laat my bly, Hier waar ek huiwerig wag op niks wat my siel kan seën, 'n Vonk wat nie meer lig het nie, alleen, alleen, alleen! Leipoldt se individualisme verskil sterk van die individualisme van die Tagtigers, dit mis die oorbewuste van die lewensgevoel van laasgenoemdes wat dikwels ontaard tot ekkerigheid, dit is ook nie so vol romantiese selfbeklag nie. By hom nie 'n trotse wêreld-veragting sonder 'n veragting van die wêreldse of die aardse nie, by hom nie die bleke doodsverlange van so menige romantikus nie. Wel gee hy 'n enkele keer toe aan 'n siniese humor: Ons loop die wêreld in, en wie Kan sê ons loop nie vir die grap - 'n Grap wat niemand ooit bespeur, Waarom geen mens op aarde lag - 'n Grap die lange lewe deur Van more-rooi tot middernag? Wel ja die gedagte dat ons ‘miskien weer terug kom in die lewensworstel en -gewoel, waar bitter noodlot al ons vreug verniel en al ons ideale ru verteer’ 'n koue gril oor sy siel (Sonnet VIII, Slampamperliedjie XXXVIII), maar hy beskou die lewe as 'n roeping, 'n stryd wat manlik gestry moet word. Ons vind in sy poësie die viriliteit van 'n Browning en sy intellektuele passie, maar hy mis die positiewe geloof van die Engelse digter: {==110==} {>>pagina-aanduiding<<} God's in his Heaven - All's right with the world! Die dood hou vir Leipoldt geen vrees nie; net soos die grysaard soek ons almal: Slaaptyd en rus! Dit soek ons algar ons lewelank deur - Droomtyd en slaaptyd en tyd om te treur Oor al ons stories waarmee ons ons sus. Maar voor daardie rus moet daar gewerk word, sonder vrees, die donker in, sonder weemoedige verlange na die dag se verkwynende prag: Wil jy stilstaan as ek voorgaan, wil jy stilstaan? En die laaste skyn geniet Eer die laaste straal verskiet? Wil jy stilstaan as ek voortgaan, boetie, stilstaan? Dink jy dag alleen is mooi as die son sy strale strooi Oor die laagland en die heuwel? Moet jy so jou smarte sus? Ek moet lewe voor ek sneuwel, Ek moet sterwe voor ek rus! Wil jy stilstaan as ek voorgaan, boetie, stilstaan? Dit is die slotstrofe van een van Leipoldt se skoonste gedigte waarin hy geteken staan in al sy manlike lewensaanvaarding. Ook waar hy uiting gee aan sy nasionale gevoel hoor ons hierdie toon. Die digter wat in ‘In Amsterdam’ reeds hartstogtelik uitgeroep het dat 'n nasie nie somar soos die koring groot word nie, dat daar ‘'n hele boel’ gedoen moet word, - hierdie digter wil nou die verlede vergeet, al die smart en haat, al die broedertwis van later: ‘Scheepers lê begrawe in Graaff-Reinet se sand!’ Kêrel, droom jy nog van gisternag? Hoor hoe raas die stampers bokant op Witwatersrand, Net soos branders van die see so sag; Oor die hoë dakke, oor die wye veld, Op die koel wind in die middernag, Vreugdevol, tevrede met die werk en plig van hede, Sing hul sag 'n welkom vir ons beter, nuwer dag. {==111==} {>>pagina-aanduiding<<} Hoe ons ook mag staan teenoor die optrede in die openbaar van Dr. Leipoldt op die gebied van taal en nasionaliteit, hierdie verse dra die aksent van diep ontroering, van waaragtigheid. En ook hier staan Leipoldt as die individualis. Teenoor die gees van ons ander digters, teenoor die geestesstroming waarin onbewus en bewus die besef so sterk leef dat die ontwakende gevoel van eie nasionaliteit en kultuur sy natuurlike voedingsbodem moet vind in die nasionale verlede, teenoor die besef dat 'n nasie, en veral 'n jong nasie wat so groot gevaar loop om deur magtige vreemde invloede oorrompel te word, die hom van God gegewe kragte en talente ontwikkel in die eerste plek binne die enge perke van die nasionale begrensinge, staan die kosmopoliet Leipoldt wat sy hewige smart oor die verlede oorwin het en juig: Maar ek is uit die vlakte (waar mense moed verloor) en bo sy skadus oor. En hy verkondig sy kosmopolitiese boodskap: Leer dat die louter liefde vir jou land, Die groter liefde vir jou medemens Nie uit- maar in-sluit; dat die paradys Nie meer op die manier van Mohamed Alleen bevolk word deur soldate-dood; Leer dat die band wat volk aan volk moet heg, Nie meer verbreek mag worde deur 'n hand Wat nie almagtig is nie; dat die see, Die lug hierbo, die aarde waar ons trap, Vry vir elk mensekind moet wees en bly - Nie afgebaken soos 'n agterwerf Vir een of ander wat die sterkste is. Leer dit en lewe na jou leer, en ly Totdat jou wêreld ook dieselfde les Geleer het, en wat mens is, mensheid ken. * * * Die groot bron van troos wat hierdie digter besit, is die natuur: Want droom, nòg dagwerk, nòg die drang wat druk Al vorentoe vir hom wat liewers vry Van wêreldtwis en wêreld-ongeluk En baar genot en brokkelig' roem wil bly, {==112==} {>>pagina-aanduiding<<} Gee rus en krag waarteen 'n mens kan leun In bitter dae. Die Natuur alleen, Wat moederlief met moederstreling steun, Bring ongevraag haar son en sterrelig se seën. En aan dié natuur gee hy hom heeltemal oor met sy hewige ontvanklikheid vir die sinnelike skoonheid: Gemmer-geur in die tuin en die mirre van minjoenet (O boetie, die lewe is mooi, en ek het in die lewe lus!). Brom-bye bowe die tulp, wat bewe en bruis van pret (O boetie, die son skyn mooi om die wêreld hier te sus!). In sy natuurpoësie bly nog steeds iets oor van die kinderlike vreugde wat in sy eerste bundel opklink: Heer, wat die hemel oor my sprei, Dit is my eerste en laaste bede: ‘Somer en son en safier vir my!’ bid hy in ‘Die Beste’, een van die heerlikste sange wat ons besit, een argelose juigtoon oor die vreugde van die natuur. En Leipoldt ken die natuur. Sy sintuie is soos die van 'n faun; trillende van verrukking vang hy al die geluide en kleure en geure op - veral die geure laat hom huiwer van geluk en vervul sy siel met vae assosiasies en herinneringe: Geurige ruik van die wit water-uintjies wat sluimer; Wasem van sandduine warm en berghelling-klei. Dikwels ondergaan die digter dit alles as 'n roes wat sy siel bedwelm en sy eensaamheid laat vergeet. Daarom dat hierdie poësie dikwels ly aan owerdaad, aan te veel opeenstapeling van afsonderlike sinsindrukke, te min uitgroei tot dieper sintese. Soos reeds herhaaldelik betoog was dit my strewe om hier 'n beeld te gee van Leipoldt se digterpersoonlikheid. Daarom het ek hier nie geprobeer om 'n suiwer letterkundige waardering van hierdie bundel te gee nie. Graag sou ek nog stil gestaan het by die skoonheid van afsonderlike gedigte, gewys het op die skone dramatiek van ‘Van Noot se Laaste Aand’, op die skrynende humor van ‘Boggom en Voertsek het saam geswerwe’, op {==113==} {>>pagina-aanduiding<<} die ontroerende uitbeelding in ‘Oupa is oud...’ met sy waggelende, knieëknikkende ritme, op menige sterk vers in die Sonnette, op die snerpende ballade van verraad en vrouehaat ‘Uit die Ou Tyd’, op die Oosterse weelde van die natuuruitbeelding in ‘Uit my Oosterse Dagboek’ en op die musiek van die name. Ek sou ook moet gewys het op heelwat gebrekkigs, op die gebrek aan selfkritiek wat spreek uit die opname van serebrale maakwerk, van gedigte wat slegs die uiting is van bisarheid en grillige invalle. Ek sou moet wys op die tallose gedeeltes waarin die besieling, tussen momente van felle brand in, slegs smeul of heeltemaal verdwyn het; op die ‘Voorspel vir 'n Afrikaanse Heldedig’, wat verloop in détailskildering en afsonderlike sinnelike indrukke; op ontstellende taalverwringing en taalfoute. 2) Inderdaad, hierdie bundel vertoon 'n onrusbarende gebrek aan selfkritiek en artistieke ewewig - die Nemesis van Individualisme. G. DEKKER. (Slot volg.) {==114==} {>>pagina-aanduiding<<} Oor Boeke. Honderd jaar Hollands in Natal. Deur G.S. Nienaber. J.H. de Bussy, Pretoria. - 229 Bladsye. Prys 5/6 posvry. Ofskoon die geskiedenis van ons taalstryd reeds sedert jare algemeen bekend is deur die verdienstelike dissertasie van prof. E.C. Pienaar, het daar in 1932 twee belangrike bundels verskyn waarin heelwat nuwe gegewens verwerk is. Ek bedoel ‘U Dienswillige Dienaar’, deur C.J. Langenhoven, en ‘My Herinnerings van ons taalstryd’, deur J.H.H. de Waal. Die vernude belangstelling in hierdie onderwerp is inderdaad verblydend, want dit is die plig van die huidige geslag om alle beskikbare gegewens oor die langdurige stryd vir die nasaat te versamel. Soos reeds dikwels betoog, was en is die taalstryd vir ons feitlik 'n lewenskwessie, en as daar besonderhede in verband daarmee verlore gaan, dan sal die toekomstige historicus ons met reg 'n ernstige verwyt kan maak. Afgesien van die twee genoemde bundels, verskyn daar ook af en toe waardevolle herinnerings van taalstryders soos o.a. dié van Vaalswaer, wat enige jare gelede in hierdie blad (helaas onvolledig) gepubliseer is. Ek vertrou dat hierdie paar opmerkings alle persone wat nog oor gegewens of dokumente in verband met die taalstryd beskik, sal aanspoor om dit vir die nageslag op te teken of in goeie bewaring te stel. Dit is, meen ek, 'n onbetwisbare feit dat die laaste woord oor die taalstryd nog glad nie geskrywe is nie. Ons is nou taamlik goed ingelig oor die toestande in die Kaap, en, deur hierdie jongste werk, ook oor Natal, maar oor die Vrystaat en Transvaal bestaan daar seker nog waardevolle inligtings wat nooit gepubliseer is nie. Natal is vir die grootste gros van ons volk Terra Incognita - of anders alleen vakansie-oord. Dat op hierdie gebied al 'n honderdjarige stryd gestry is deur 'n handjievol Afrikaners, sal vir die meeste lesers 'n openbaring wees. Die Natalse Afrikaner moes in die verlede maar alte dikwels 'n eensame stryd voer, want daadwerklike steun van sy landgenote anderkant die Drakensberge het meestal ontbreek. Ek vertrou dat die verdienstelike werk van Nienaber in hierdie opsig veel misverstand sal wegruim en die weg baan vir meer aktiewe belangstelling van die ander drie Provinsies in Natalse kultuursake. Hoe noodsaaklik die verskyning van hierdie boek was, blyk al voldoende uit die feit dat professor Pienaar in sy gesaghebbende geskiedenis van die Taalbeweging presies een paragrafie wy aan die kultuuraktiviteite van die Natalse Afrikaners. In die vierde druk van sy dissertasie (1931) kan u dit vind op bladsy 133-4. En hierdie paragrafie meld feitlik net die instelling van die eerste Afrikaanse eksamens deur die Saamwerk-Unie in 1917. The rest is silence. Na hierdie inleidende opmerkings kan ons die werk van Nienaber onder beskouing neem. Dis 'n ‘eeu van onreg’ wat hier tot in die fynste besonderhede beskrywe word. 'n Klein minderheid voer 'n wanhopige stryd teen die magtige, georganiseerde meerderheid, wat doelbewus op volkome anglisering aanstuur. Op elke gebied moet daar gesmeek en gesoebat word om selfs maar die geringste erkenning van die Afrikaner se taalregte te verkry. En as die hoogste gesag eindelik 'n klein toegewinkie maak, dan sorg on- {==115==} {>>pagina-aanduiding<<} simpatieke amptenare dat daar in die praktyk niks van teregkom nie. Dikwels, egter, word die Afrikaner se taal somar botweg verbied. In 1869, b.v., gelas die Goewerneur ‘that for the future in the country districts in which there is no Dutch interpreter attached to the Magistrate the Government cannot undertake to translate letters written in the Dutch languages, and that if such letters cannot be understood, they will be returned to their writers for translation.’ Vir die Kaffers en Koelies word egter wel deeglik vertalers aangestel! In 1908 weier die Bestuurder van die Landbank (tans 'n Natalse Parlementslid) om aanvrae vir lenings, in Hollands opgestel, te behandel. In 1914 word 'n Afrikaanse onderwyser in die Voortrekkerstad met die vuis geslaan deur 'n kollega, omdat hy dit gewaag het om in 'n hoekie van die stafkamer Afrikaans te praat met 'n mede-Afrikaner. In 1926 verklaar die Voorsitter van die Natal Teachers' Society, wat ook hoof is van die Pieter-Maritzburgse Kollege, dat 'n Afrikaner uit noodsaak Engels leer, maar 'n Engelsman Afrikaans uit blote hoflikheid! Hierdie vier voorvalle (drie daarvan deur Nienaber opgeteken) sou 'n mens tot in die oneindige kan vermenigvuldig, want Nienaber het tallose staaltjies versamel. Maar dis al genoeg om aan te dui in watter atmosfeer die Natalse Afrikaner opgegroei het. Is dit nie 'n wonder dat die platgetrapte doringboompie tog elke slag weer boontoe gebeur het nie? 'n Mens sou verwag het dat met soveel stelselmatige onderdrukking daar niks moes oorgebly het van die Afrikaanse tradisie nie. Maar ook in Natal het daar leiers opgestaan wat die volkskragte tot doelmatige verset georganiseer het, en langsamerhand is die een loopgraaf na die ander ingeneem. Dit het 'n langdurige en verbitterde stryd gekos, want elke duim gronds moes verower word. En nog daagliks word die taalstryd voortgesit..... Die verloop van hierdie honderjarige worsteling het Nienaber vir ons met prysenswaardige noukeurigheid opgeteken. Hy is 'n nougesette navorser, wat uit alle moontlike hoekies interessante gegewens bymekaar gesnuffel het, en die hoogste lof kom hom toe vir die onvermoeide ywer wat hy aan die dag gelê het. 'n Mens kry enigsins 'n besef van die tydrowende arbeid wat die skrywer hom getroos het, as jy die lys van geraadpleegde bronne nagaan. Hier en daar kan ek my wel nie verenig met sy interpretasie van die feite nie, maar in hoofsaak is sy uiteensetting volkome korrek. In die volgende paragrawe wil ek enige opmerkings maak wat van waarde kan wees by 'n tweede druk. Ek wil egter beklemtoon dat ek daardeur geensins die waarde van Nienaber se pionierswerk wil verklein nie, want sy goed gedokumenteerde arbeid is eenvoudig onmisbaar. Nienaber het, meen ek, in 1926 na Natal gekom as lektor aan die Universiteit. Dat hy gedurende 'n vyfjarige verblyf Natalse toestande goed deurgekyk het, blyk duidelik uit sy werk. Maar hy mis tog die diepere insig in die groei van die Afrikaanse Beweging wat 'n mens alleen kan verkry deur 'n langdurige verblyf in 'n landstreek en deur aktiewe deelname aan elke fase van die volksbeweging. Wie vanaf 1910 in Natal gewoon het, weet dat daar in die afgelope twintig jaar 'n reuseomwenteling plaasgevind het. Die Afrikaanse saak het op elke gebied langsaam maar seker gevorder, en ten spyte van lawaaierige koerantartikels het daar ook in die gesindheid van ons Engelse burgers 'n geweldige omkeer plaasgevind. Die Nataller kom selde anderkant die Drakensberge, maar sy lidmaatskap van die Unie het tog sy blik oneindig verruim en hom 'n groot gedeelte van sy ‘Home-Kompleks’ laat kwytraak. As Nienaber enigsins 'n besef gehad het van hierdie veranderde mentaliteit, sou hy nie soveel nadruk gelê het op {==116==} {>>pagina-aanduiding<<} die openlike vyandigheid van die onversoenlike Boerehaters nie, en met meer waardering gerep het van wat die Natalse Afrikaners al bereik het deur samewerking met die verstandige Engelse Nataller wat die Kroonkolonie-standpunt langsamerhand ontgroei het. Daar is Afrikaanse amptenare wat in alle stilligheid en met takvolle oorleg veel meer gedoen het vir die Afrikaanse saak as party van die luidrugtige agitators op wie se uitsprake in die pers Nienaber hom so dikwels beroep. Verder begaan Nienaber in die laaste gedeelte van sy werk die ernstige fout om byna al sy gevolgtrekkings te baseer op die toestande soos hy dit persoonlik leer ken het in die stedelike gebied. Ofskoon die meeste leiers van die Afrikaanse Beweging in Pieter-Maritzburg gewoon het, het hulle tog steeds hul sterkste ondersteuning op die platteland gevind, en veral in die twee oud-Transvaalse distrikte, Vryheid en Utrecht, waar die eentalige juk die seerste geskaaf het. Maar oor die ontwikkeling van Afrikaans-medium-skole in die Noorde sê Nienaber feitlik niks. Hy het sewe bladsye nodig om die stryd vir 'n afsonderlike Afrikaans-mediumskool te Pieter-Maritzburg te beskrywe, er die oningeligte leser sou meen dat dit die enigste inrigting in Natal is waar Afrikaans tot sy reg kom. Reeds in 1916, egter, is daar o.a. in Vryheid begin, en binne weinige jare kon 'n Afrikaanse kind moedertaalonderwys ontvang vanaf die laagste klas tot en met Matrikulasie. In 1923 het die eerste A.M.-kandidaat die Matrikulasieeksamen te Vryheid afgelê. Die besonderhede van die ontwikkeling in hierdie sentrum is te vinde in die ‘Gedenkboek van die middelbare skool’ (1927), wat Nienaber egter nie geraadpleeg het nie. Ook het hy blykbaar geen inligting ingewin van die inspekteurs in die Noorde nie, want anders sou hy glad 'n ander kyk op ons skoolsake gehad het. Geen melding word, b.v., gemaak van die feit dat vanaf omstreeks 1923 onder die Superintendentskap van mnr. Hugh Bryan baie Afrikanerskoolhoofde aangestel is, terwyl dit in die vorige tydperk alleen by hoë uitsondering geskied het. Tans het ons vier Afrikaanse inspekteurs uit 'n totaal van agt, met 'n Afrikaanssprekende as Superintendent van Onderwys. Verder is dit al sedert jare moontlik om alle korrespondensie met die Departement van Onderwys in Afrikaans te voer. Sulke feite toon aan dat Nienaber veral in sy slothoofstuk (IV) 'n onvolledige beeld gee van ‘die toestande vandag’. Wat hy daar beweer, geld in hoofsaak alleen vir Durban en Pieter-Maritzburg, maar sekerlik nie vir die platteland nie. By 'n tweede druk kan die skrywer ons ook gerus 'n algemene oorsig in breë trekke van die hele Afrikaanse Beweging in Natal gee. Nienaber se voorliefde vir breedvoerige dokumentasie het soms die nadeel dat die leser verward raak deur veelvuldige besonderhede. Solank Nienaber hom besighou met feite, is sy uiteensetting en toeligting deurgaans helder en saaklik, maar sodra hy betogend optree, verdwaal hy in 'n doolhof van onverstaanbaarheid soos op bladsy 206-7: ‘Elke volk wat as 'n eenheid, soos 'n sielhebbende organisme bestaan het 'n plekkie op aarde waar hy hom bevind, en hy het die reg om in die genade vir hom tuis te voel in daardie plekkie, insover as hy bestaansvaardigheid en regverdigheid betoon teenoor ander van dieselfde lewensklas. Het hy die vermoë om in die gang van seleksie uit daardie lewenssoort vir hom te handhaaf, dan moet die voortbestaan ook hand aan hand gaan met die vereiste dat hy aan sy aard moet getrou bly, want kragtens hierdie eienskap het hy sy bestaan geregverdig.’ Gelukkig is staaltjies van hierdie soort styl egter seldsaam, en vergeleke met Nienaber se vorige werk ‘Die Afrikaanse {==117==} {>>pagina-aanduiding<<} Beweging’ is 'n groot vooruitgang merkbaar. Ek vertrou dat hierdie belangrike bydrae tot die geskiedenis van ons taalstryd 'n groot leserskring sal vind. Nienaber het 'n monument opgerig vir die onvermoeide taalstryders wat ook die Natalse Afrikaner nasiebewus gemaak het. Wie sy werk aandagtig lees, sal merk dat selfs in hierdie uithoek die stryd ter bereiking van die Afrikaanse ideale geensins hopeloos is nie. Die helder uiteensetting van die veelomvattende werksaamhede van die Saamwerk-Unie van Afrikaanse Vereniginge moet selfs die grootste twyfelaar oortuig. Voortaan sal daar geen verskoning wees vir die skromelike onkunde wat so baie skrywers oor die toestande in Natal aan die dag lê nie. Eindelik het Natal dan ook 'n beskeie, maar welverdiende plekkie verkry op die kultuurkaart van die Afrikaanse Beweging. P.C. SCHOONEES. Alt-Heidelberg. Drama in vyf Bedrywe, deur Wilhelm Meyer-Förster. Geoutoriseerde vertaling uit die Duits deur M.R. Heyns. J.H. de Bussy, Pretoria. Posvry 3/6. ‘Ah! les premières fleurs, qu'elles sont parfumées!’ Die gang en stemming van die populêre stuk? O, mein lieber Karl-Heintz, mach' die Augen auf! Om in die lewe te sien, in die volle lig van jeugdige romantiek en deur die skemer van betraande oë, betraan omdat daar liefde is wat gee sonder om te vra, liefde wat maar een keer gevoel word as kinderlike blydskap - spontaan, heerlik, alomvattend! Karl-Heinrich, Prins van Sachsen-Karlsburg, het die skooleksamen afgelê en mag na die studentestad, Heidelberg. In geselskap van die goeie, menslike ou Doktor Jüttner, sy leermeester, en die ysig-kille, konvensionele kamerdienaar Lutz vertrek hy na die oord van vrolike jeug, en neem sy intrek in 'n vrolike gashuis, dawerend vrolik deur studentebesoek. Hier maak hy kennis met lede van verskillende corps, word self lid en word dadelik ingepalm deur die pragtige kind Käthie; beliggaming van skoonheid en lewensvreugde, word sy die son in sy lewe; en deur haar en die spontaneïteit van studentevriendskap leer Karl-Heintz die lewe ken as warmste waarheid. Ook die ou siek Doktor word andermaal weer mens in diepste waaragtigheid, en word deur die fel-op-bruisende lewe meegesleep, tot plotseling die kille dood sy hand op hom lê. Teenoor dit alles staan daar in verblufte gêne die negasie van alle lewensvreugde, die outomatiese stuk hofmeganisme, Lutz! Karl Heintz moet helaas maar al te gou besef dat die geluk maar 'n dag duur. In skoonheidsbewing van vervlietende sonnegoud staan Karl Heintz en Käthie daar in hul eerste groot geluk van 'n nuwe dag. ‘Ons is jong, Käthie, ons het die jeug! Lank genoeg het hul my die keel toegesnoer en my alles ontneem... Lag tog, Käthie... Ons moet iets aanvang, iets wat nog nooit tevore gedoen is nie.... Laat ons twee alleen om die wêreld reis ... na Parys!’ En smagtend teen hom aan leunende murmel sy: ‘Parys!’... Maar die tere weefsels van ons drome ... hoe snel word hul aan flarde geskeur deur die nugtere werklikheid! En voor ons weet, sit ons diep in die benouenisse van elke dag, sy sit in die gewone burgerlike bestaan of in die dodekelder van 'n hofkonvensie. So was dit ook met Karl Heintz. Hy moet na die siekehuis van die Regering in Karlsburg, maar sy lewensvreug bly agter in Heidelberg. En by al die howelinge-sufheid het sy siel gesmag na kinderoë diep en klaar, soos in die bonte lewenstuin, die blomme van die jaar... Nog een maal besoek hy Heidelberg. Hy vind egter alles koud, konvensioneel - - een starre hulde aan sy hoogheid. Die {==118==} {>>pagina-aanduiding<<} studentevrolikheid is dood. Maar Käthie is nog daar. Sy sal nou maar gaan trou met burgerlike fatsoen; ook hy moet in die huwelik tree met 'n adellike dame. Sy hart wil hom nog vasklamp aan die enigste liefde wat hy ooit geken het... Maar dit kan nie. Nou is dit Käthie wat om 'n glimlag van Karl Heintz smeek, hom opbeur tot aanvaarding van die lewensplig. Eers as hy haastig afskeid geneem het, sak sy hulpeloos neer, omfloers deur die eensaamheid van haar groot verdriet.... Mnr. Heyns het hierdie gees mooi bewaar in sy vertaling; ook verbind hy die stuk met sy mooiste herinneringe uit die mooiste tyd van die lewe. ‘Alt-Heidelberg’, so skryf hy in sy Voorwoord, ‘wat 'n mens bekoor deur sy ewig-jonge romantiek en warme menslikheid, sal vir my steeds die weemoedig-tere herinnering bly aan dinge wat skoonheid was, maar te vroeg verbygegaan het.... die skoonheid van vergane studenteplesier en lewensvreugde’. En dit is hierdie sentiment wat alle geleerd-letterkundige en kritiese beskouing van die stuk as kuns uit die orde reël, en wat tewens die roem verklaar wat hierdie stuk in alle lande te beurt geval het. Seker herinner so'n stuk aan veel liefs. Nee, ons praat hier nie van estetika nie. Maar van menslikheid. Van spontaneïteit, van jeugoorgawe. Wie alleen aan die baie bier dink wat die studente drink, of alleen die duelstrepe op hul wange raaksien, of met Lutz die vrypostigheid van 'n Frauenzimmer laak, toon alleen dat hy die ware lewensvreugde van die jeug nooit geken het nie. Vir hom is alles ‘shocking’, vir hom bestaan deug uit ‘'n pantser om zondige leên’, vir hom is die droogstoppel Lutz die enigste reddende moraal temidde van so veel ydele uitspattelikheid. Maar wie deur die kern van menslike waarde ontroer word by al die onegte van die daaglikse roetinelewe, kan altyd nog in ‘Alt-Heidelberg’ veel vreugde vind. Ek wil nie weer in 'n vergelyking met ons eie studentelewe tree nie. Ek gee alleen nog dit: ‘Bly jonk, Karl Heintz, dis al wat ek jou toewens. Bly soos jy is, en as hulle jou anders wil maak - almal sal dit probeer - stry dan daarteen. Bly 'n mens, Karl Heintz, met jou jong hart...’ Tog verander ons almal. Almal. Behalwe die droogstoppels. Want dié is oud gebore. Die vertaling van mnr. Heyns is uitstekend geslaag en verdien 'n groot afset. Waar die Outeur my skryf: ‘Am Abend meines Lebens schrieben Sie mir, daß mein Schauspiel, “Alt-Heidelberg”, im fernsten Süden die jungen Studenten Ihres Heimatlandes erfreut und bewegt hat... Da nun Herr Heyns mein Schauspiel in die Afrikandersprache übertragen hat, so wird es hoffentlich der Jugend Ihres Landes gut gefallen und für meine deutsche Heimat auch dort Freunde werben,’ - daar bring ons ook in hierdie blad hulde aan die sewentig-jarige wat kan terugsien op 'n genot altyd weer aan die jeug verskaf. FRANCOIS MALHERBE. Eugene N. Marais: Gedigte. Met 'n Inleiding deur Gustav S. Preller. Tweede druk. Nasionale Pers, Bpk., Kaapstad, 1932. Eugene N. Marais: Versamelde Gedigte. J.L. van Schaik, Bpk., Pretoria, 1933. Dat 'n herdruk van Marais se eers in 1925 gebundelde gedigte nodig was, is 'n heuglike teken. Hierdie beskeie bundeltjie bevat gedigte wat behoort tot die suiwerste en beste wat ons jong liriek besit. As ooit 'n kunstenaar volksdigter was, verlossende uiting gegee het aan die diepste smart van die volksiel, dan is dit Marais met sy ‘Winternag’, reeds in 1904 gedig en een van die skoonste kunswerke wat ons besit. Subtieler natuurskildering as vertolking van eie stemming is daar nie weer in ons taal gedig nie. Troosteloos is die stem- {==119==} {>>pagina-aanduiding<<} ming van hierdie gedig waardeur die skraal winterswindjie van die Hoëveld kla. Tog moet so'n uiting 'n reinigende, verligtende uitwerking gehad het, soos Preller tereg opmerk in sy mooi inleiding. Dat juis Preller 'n voorrede geskryf het, maak dat die bundeltjie nog meer tot ons spreek. Naas die droewig klaende digter, wat die dowwe smart van sy volk vertolk - so spontaan die tolk daarvan, dat ons so'n gedig soos ‘Winternag’ amper aanvoel as die werk van 'n anonymus - die strydbare prosaïs, die stukrag in die Noorde van die Tweede Beweging. Marais is 'n pessimis. Dit blyk ook uit ‘L'Envoi’ van sy gedig ‘Skoppensboer’: Gewis is alles net 'n grap? Ons speel in die komedie mee geblinddoek met 'n lanfer-lap wat selfs die son 'n skadu gee. En sy troos is slegs 'n geforseerde aansporing tot sinnelike lewensgenieting: Wat treur ons tog? Viool en fluit maak nog geluid; en lank die nag wat voorlê nog. Al kan ons nooit volmaaktheid raak, nog blink die oog en gloei die huid wat heel die winter blomtyd maak. Want: Dus onverlee lag ons maar mee met elke toer van skoppensboer! Maar naas hierdie somber toon hoor ons ook 'n blyere klank. Ek dink veral aan ‘Die Smid’ met sy hoë idealisme, sy manlike aansporing. Besielend klink dit telkens: ‘Blaas hoog die vlam!’ En nes die smid se vuur brand ook die verse hier met 'n suiwer wit vlam: O, hoog en vry en vroom, wees beeld van ons gemoed die stroom van vonk en vlam en vuur wat oprys oor die muur. - Blaas hoog die vlam! Dis die manlike optimisme wat later weer sal opklink in Leipoldt se ‘Klim op, klim op met die slingerpad!’ Hierdie gedigte is algemeen bekend en het 'n groot rol gespeel in ons nasionale bewuswording. Net so bekend is die geestige ‘Klaas Vakie’, waarin pragtig weergegee word die siening van die dommelende kind wat in 'n half-droom verkeer, waardeur Tant Sannie se stem snerp en ‘haar naald blink nes 'n weerligstraal’. Mooi is ook die Bosman- en Kafferliedjies met hulle vrye, eentonige sang. Pragtig word b.v. in ‘Die Towenares’ die eensaamheid van die verbanne jong meid uitgebeeld in die trage ritme van die slotverse: Sy hoor net die stem van die wind alleen, en die wind treur altyd om hy alleen is. Pragtig van beelding is die verhaal van Mabalel en ‘Die Dans van die Reën’. Is die volgende nie 'n fyn skilderytjie nie, so teer en grasieus van lyn as ons skilders nog nie bereik het nie: Die grootwild jaag uit op die vlakte, hulle dam op die bulttop, wyd rek hulle die neusgate en hulle sluk die wind; en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien. Inderdaad hierdie bundeltjie is een van die kleinodieë van ons letterkunde, en die feit dat dit gewaardeer word, stem tot dankbaarheid en stem hoopvol. Of die feit dat hierdie gedigte byna gelyktydig by twee verskillende uitgewers opnuut verskyn, ook so'n verblydende teken is, betwyfel ek. Ek wil hier nie ingaan op die motiewe wat hier agter skuil en wat deels deurstraal in die voorwoord tot Van Schaik se uitgawe nie. Maar 'n ekonomiese aanwending van kragte lyk dit my nie waar die uitgee van poësie in ons land finansieel tog al so'n moeilike onder- {==120==} {>>pagina-aanduiding<<} neming is. Die lesers is hier voor 'n moeilike keuse geplaas. Die herdruk van die Nasionale Pers is, wat die uiterlik betref, veel smaakvoller - en by die genieting van poësie is dit 'n faktor van betekenis. Bowendien bevat dit die mooi inleiding van Preller wat ook literêr-historiese waarde besit. Daarteenoor bevat die ‘Versamelde’ gedigte by Van Schaik uitgegee 'n vyftiental gedigte wat in die ander uitgawe nie voorkom nie. Wel betwyfel ek of daar baie lesers is wat met die digter enkele van hierdie nuwe gedigte ‘as sy beste werk (sal) beskou’, maar, naas gediggies wat eintlik in 'n bundel kinderversies tuishoort, en naas vertaaloefeninge, bevat dit gedigte wat ons nie graag sou mis nie: ek dink hier veral aan die diep ontroerde ‘Die Plaasvervanger’ en aan die wondermooie ‘Lelasini’. Verder is dit die enigste uitgawe wat onder die persoonlike toesig van die digter gestaan het en het die digter veranderinge aangebring - afgaande op 'n noukeurige vergelyking van die twee redaksies van ‘Mabalel’ moet ek egter betwyfel of die veranderinge altyd as verbeteringe kan beskou word. Wie al Marais se gedigte wil lees en ook Preller se inleiding, is wel genoodsaak om altwee uitgawes aan te skaf. G. Dekker. Die holistiese dinamisme van die Witwatersrandse Universiteit. Our Changing World-View, Ten Lectures on recent movements of thought in Science, Economics, Education, Literature and Philosophy. Johannesburg, University of the Witwatersrand Press, 1932. Pp. 172, groot octavo-formaat, stywe linneband; prys onbekend, maar die afsonderlike lesinge is verkrybaar teen 1/6 per stuk, van die Universiteitsbibliotekaris; en 'n beperkte aantal van die hele bundel onderteken deur die referente, teen 21/- per eksemplaar. Hierdie lesinge wat georganiseer was deur prof. R.F.A. Hoernlé, is bedoel eensdeels om fondse te verskaf vir die nuwe Universiteitsbiblioteek, anderdeels om as kultuurfaktor te dien, ter bevordering van kultuur in die beperkte Engelse sin van ‘Culture’; in die woorde van die ‘Preface’ deur die Rektor, beoog die bundel soos die Universiteit self: ‘The spread of culture among the people’, ‘the development of a wider culture in South Africa’, ‘of a true South African culture’, ‘of a real culture for South Africa’. Die dryfkrag van hierdie ‘culture’ word blykens dieselfde voorwoord gevind in ‘the overpowering belief in the dynamic character of the universe’. Nou het die inhoud van die lesinge self geen direkte belang vir ‘Die Nuwe Brandwag’ nie, soos duidelik kan blyk uit die volgende inhoudsopgawe: Genl. J.C. Smuts: Some recent scientific advances in their bearing on philosophy. Prof. J.P. Dalton: The Material World - Yesterday and Today. Dr. R. Broom: Evolution - Design or Accident? Prof. J.F.V. Phillips: Man at the Crossroads. Mnr. I.D. MacCrone: Psychology in Perspective. Prof. J.Y.T. Greig: Literature in the Machine Age. Prof. T.J. Haarhoff: The Holistic Attitude in Education. Prof. C.S. Richards: Our Changing Economic World. Prof. S.H. Frankel: Africa in the Remaking. Prof. R.F.A. Hoernlé: Old Truths and New Discoveries. Maar die dinamistiese tendens van die gemeenskaplike grondgedagte is sekerlik 'n faktor van betekenis in ons Afrikaanse kultuur-ontwikkeling hede en toekoms en verdien wel die aandag van ‘Die Nuwe Brandwag’ se lesers. Veral verkry hierdie oorweging gewig, as daarop gelet word {==121==} {>>pagina-aanduiding<<} dat die gepropageerde holistiese dinamisme nie alleen gehuldig word (met indiwiduele skakeringe) deur al die bogenoemde eminente referente nie, maar ook openlik gepatroniseer is deur manne soos mnr. H.J. Hofmeyr, dr. P.J. du Toit, dr. H.J. v.d. Byl, dr. Pole-Evans, prof. J.T. Dunstan, dr. L. van Schalkwyk, dr. S.F.N. Gie, prof. E.H. Brookes, dr. D.F. Malan, e.a., almal leidende figure in ons openbare lewe. Met enige reg kan ons selfs aanneem dat die Witwatersrandse bewegingsfilosofie maar net die hoogtepunt is van een van die hoofkragte wat ons volkslewe in sy ontwikkeling beheers, naamlik die krag wat vanuit die Angel-Saksiese en orige Europese kultuur ons volk wil assimileer deur die kanaal van ons universiteitslewe en lektuur, ons politiek en handel, ons amusemente, sport en mode. Dit lê nie hier op ons weg om hierdie dinamistiese filosofie te toets en te waardeer nie: laat dit genoeg wees in hierdie verband om daarop te wys dat die teenoorgestelde kultuurkrag waarmee dit om die voorrang worstel, nie is, soos graag voorgegee word, die krag van traagheid of konservatisme nie, maar wel die strewe na kulturele selfverwesenliking. Om die Witwatersrandse dinamisme reg te waardeer, sou ons dit moet vergelyk, nie met konservatisme nie, maar sou dit as 'n tendens tot selfoplossing gestel moet word teenoor die drang na selfhandhawing, of nog meer ingrypend, as 'n vorm van humanistiese relativisme teenoor die Christelike theonomie. Maar in hierdie blad is sulke waarderinge en vergelykinge waarskynlik misplaas. Al wat hier verwag kan word, is 'n beknopte weergawe van die kulturele betekenis van die behandelde beskouingswyse en 'n aanduiding omtrent die wyse waarop dit voorgedra is. Wat die laaste betref, die uitwendige versorging is uitstekend, drukfoute byna geheel afwesig, die taal natuurlik Engels, die metode en styl oor die geheel briljant, die algemene voorstellingswyse interessant en selfs boeiend. Wat die eerste betref, dit kan bes weergegee word, deur vooraf kortliks die hoofgedagte van elke spreker te formuleer: Gnl. Smuts: - die werklikheid is in sy indiwidue holisties, spiritueel en vry; alleen in sy aggregate gebonde en onvry. Prof. Hoernlé: - hierdie vryheid is egter wetmatig, gekondisioneer deur 'n holistiese oorsaak, wat die ewolusie lei tot vryheid en vrye tyd vir die mens, waarin die menslike siel self die objek van godsdienstige verering is. Dr. Dalton: - die stoflike wêreld is oneindig meer kompleks as voorheen ooit geglo is en van sy eigelike samestelling weet ons nog absoluut niks nie. Dr. Broom: - Ewolusie is beheers deur 'n plan en is op fisiese en fisiologiese gebied feitlik voltooi; die toekomsontwikkeling is die geestelik-sosiale ontwikkeling van die mens. Dr. Phillips: - Die toekomstige ontwikkeling van die menslike samelewing hang af van die heerskappy van 'n holistiese wetenskap, d.w.s. 'n wetenskap wat die mens sien in sy verband met die heelal en die lewe as 'n koöperatiewe geestelike geheel. Mnr. MacCrone: - Die taak van die toekomstige psigologie, veral ook as sosiale psigologie, is die ondersoek van die menslike persoonlikheid as 'n geïntegreerde geheel. Dr. Greig: - Ons meganiese beskawing van die verlede is antipatiek teenoor die letterkundige kuns en is verderflik vir die eg menslike lewenswaardes. {==122==} {>>pagina-aanduiding<<} Prof. Haarhoff: - Ons opvoeding moet meer humanisties word, d.w.s. dit moet die mensheid as 'n geheel sien en in die jeug van die mensheid daardie geheelheidsinsig voed. Prof. Richards: - Die ekonomiese toekoms wys in die rigting van groter internasionalisme, solidarisme en stabilisasie of planmatigheid. Prof. Frankel: - In Suid-Afrika soos in die hele Afrika moet die pad vrygemaak word onder blanke leiding vir die ontwikkeling van die naturel ook op ekonomiese gebied. Kort saamgevat kom die boodskap van hierdie lesinge neer op die volgende: Die werklikheid en die waarheid verander steeds, en nou veral; die stukrag en die einddoel van dié verandering is 'n spirituele geheelheid na die trant van die menslike persoonlikheid, waarvoor ons oë nou eers behoorlik oopgaan; en die praktiese konsekwensie behoort te wees 'n redelike integrasie van die menslike lewe in vrye geestelikheid, waarin elke lid sal tel volgens die mate van sy redelikheid of geestelikheid alleen. Hierdie integrasie sal gelei word deur die goddelike ideaal van die mensheid as 'n universele persoonlikheidsgeheel. Die strekking van hierdie boodskap vir ons kultuur is die vervanging van die norme van die 19e-eeuse meganiese naturalisme en indiwidualistiese liberalisme maar ook van ons tradisionele Christendom en nasionalisme deur 'n spiritualistiese dinamisme en 'n holistiese humanisme. Wat ons ook mag dink van die uitdaging in hierdie boodskap vervat - en daaroor kan hier nie gehandel word nie - in elk geval stel dit ons vierkantig voor die nuwe situasie in ons kultuurontwikkeling waarin kerkisme sowel as materialisme en party-politiek saam met ekonomiese indiwidualisme hul algenoegsaamheid as organisasie-faktore ingeboet het. L.J. DU PLESSIS. Het beste uit de gedichten van Rene de Clercq. - Uitgevery ‘De Torentrans N.V.’, Zeist, 1930. Voor in hierdie lywige, netjies besorgde bloemlesing staan die portret van die gemoedelike, mensliewende Vlaming: die oë sterk en helder, die lang wit baard soos dié van waardige ooms wat ons op elke Afrikaanse dorpie aantref. Verlede jaar is René de Clercq oorlede, en in Holland en Vlaandere is hy nie alleen met liefde geëer en herdink om sy propagandawerk in belang van die Vlaamse volk se vrywording nie, maar ook as digter van die lewensvreugde, genieter van die oorskuimende volheid daarvan. De Clercq is gebore in Deerlijk (Wes-Vlaandere) op 14 November 1877. In 1902 het hy in Gent gepromoveer op 'n proefskrif oor Gezelle. Hy was aan verskillende skole as leraar werksaam. Van 1914-1915, toe hy uit België die wyk geneem het, was hy werksaam aan die Belgiese skool in Amsterdam. In Oktober is hy, saam met dr. Ant. Jacob, om sy propagandawerk in belang van die Vlaamse saak, uit die Belgiese diens ontslaan. Tot in Julie 1917 het hy in Bussum, Holland, gebly, en toe is hy, na Duitsland se besetting van Vlaandere, na Brussel as konservator van die Wiertmuseum. Hy was tegelyk een van die leiers van die Aktiviste en onder-voorsitter van die Raad van Vlaandere. Maar toe die Belgiese Regering in 1918 teruggekeer het, moes hy weer die wyk neem na Noord-Nederland. In 1919 is hy deur die Belgiese Regbank tot die dood veroordeel. Hy het sedert die tyd in Holland bly woon, en eers sedert 1929 kon hy weer vry na Vlaandere terugkeer. {==123==} {>>pagina-aanduiding<<} Ons noem hierdie feite uit die lewe van hierdie strydende digter, want dit gee ons 'n baie beter kyk op sy gedigte. Die meeste van hulle is geleentheidsgedigte en het betrekking op Vlaandere se worstelstryd teen die Wale. In een van sy gedigte praat hy met afsku van die ‘Waalsche wijf’, wat vir 'n honderd jaar al om die nek van Vlaandere hang. Veral in sy pragtige strydbundel ‘De Noodhoorn’ het ons kragtige gedigte, vol verontwaardiging oor Vlaandere se vernedering. Soos 'n basuingeskal klink die oproep tot die stryd: Niet om den zwier van 'n vrij gebaar; Niet om de vreugd van een schoon gevaar; Noch uit zucht dat ik roem verkrege; Niet om mijn forschen Leeuwenhaat; Niet uit wrok, om eeuwen smaad; Niet om den jubelzang der zege; Uit liefde, uit liefde alleen, Vlaanderen, heb ik uw strijd gestreên! Sy hart bloei as hy die lyding van sy volk sien. ‘Wij zijn Germanen, geen Latijnen,’ sê hy trots, en daarom is die Waal en die verfranste Vlaming sy vyand. Hy droom van Groot-Nederland: ons is deur broederskap tot 'n eenheid gehewe, bokant grense en tyd: Hollandsch, Vlaamsch, Zuid-Afrikaansch, slechts de naam is anders. Boven 't vlak des oceaans, boven ruimte, boven tijd, staan wij in der geesten strijd, in weelde, in nood, trots krijg en dood, drieéénig groot Groot-Nederlanders. Ja, hy sien die Vlaming as 'n kragtige smid wat slaan dat 'n vonkereën om hom bewe: Zwarte reus met uw schort van leder, de oude banden liggen te vuur. Hameren, hameren, Vlaamsche smeder, deugdelike vormen, werk van duur. Daar gaan 'n kragtige, weldadige vaart deur hierdie verse van De Clercq. Hulle is nasionale gedigte van die suiwerste soort: die manlike ritme, die kragwoord, die emosionele geweld. 'n Digter soos Jan Celliers, wat die Afrikaanse volk so wakker opgeroep het tot die stryd, het ongetwyfeld baie invloed van De Clercq ondergaan, en 'n vergelyking tussen hul werke sou baie leersaam wees! Ook ander Afrikaanse digters, wat hulle aangetrokke gevoel het tot die vaderlandse lied, soos b.v. Keet, het seker ook onder die bekoring gekom van De Clercq se marsmusiek. Maar De Clercq is nie alleen die oproeper, aanvuurder tot die stryd nie. Hy is ook die gemoedelike, hartlike Vlaming, wat sy Vlaamse natuur: die pragtige groen weides, die glinsterende Skelde, die eeueoue Gent, uit sy hart lief het. Hy hou, net soos Timmermans, van die vrolike, uitbundige volksfeeste, waar mense is met 'n ope hart, met 'n drang in hulle om die lewe soos 'n glas skuimende bier uit te drink. Hy is lief vir die ‘land’, die boer, die bloue vertes, en elke ding, wat vol frisse lewenskrag is, trek sy aandag. Sy hart is vol geluk as hy teen sononder die waggelende eende sien aanstap: Geen happen nu, geen wroeten, Geen kwakend hennengroeten; maar kop heel hoog, en kuit heel laag, gewichtig-traag, met vaste val van roode voeten, en spannend vlies van teen tot teen, draai-waggelen ze achtereen. Wie na die oorverfyning van die moderne liriek soek, sal by De Clercq nie die fyngesponne droom en suiwer taal- en beeldvorming vind nie. Nee, hy is soos die kragtige boer wat oor die fris-geurende omgeploegde aarde die goue koring uitstrooi en in sy siel geniet van die dinge wat sy sinne voed. Hy vra nie na die geheim van lewe en lot nie, hy is soos 'n {==124==} {>>pagina-aanduiding<<} ander Pallieter wat die bome sy broers noem. Hy verstaan hul taal: Hoort gij den eik, o bloode boomen? hij ruischt daar, zwaar en zwart! Hij droomt zijn donkere droomen, De boom van mijn hart! Maar ook die digter wat graag wil omring wees van die goue vreugde van eie huislike kring. Hoor hoe opgewek-bly hy sy dogtertjie aanspreek: Gelijk een daske zijt gij dik, gelijk en kwartelke van kwik, gelijk een moorke soms zoo zwart, mijn kleen, kleen dochterke, mijn hart! So wou hierdie digter, met sy kinderlike hart, graag staan in die midde van die bonte, wemelende lewe. Geen bedagte, serebrale kuns by hom nie. Dit borrel op uit die hart soos 'n springende fontein, en die strale van die skeppende son tower hul tintende spel daarin. By hom nie die besonke liriek wat in versuiwerde gestalte opstaan in die klare dieptes van die herinnering nie, maar die gloedvolle, van lewe gelaaide gedig wat ontstaan uit die onmiddellike aandoening, uit die visie van die oomblik. In die ritme van die gedig moet die lewe van die onmiddellikheid klop. Geen besinnende digter nie, maar 'n Pallieter, wat weliswaar baie gely het, maar vir wie die lewensliefde, die hartstog vir die geursware aarde tog tot die laaste bygebly het as die rykste wat 'n arme mens in sy nood kan hê. En daarom is hy vir Vlaandere - ‘Daar is maar één land, dat mijn land kan zijn’ - so'n verteenwoordigende digter! C.M. VAN DEN HEEVER. Nieuwe geluiden, met een inleiding door Dirk Coster. Vierde, herziene en bijgewerkte druk. - Van Loghum Slaterus' Uitgeversmaatschappij, Arnhem. (Ingenaaid f.2.95; ingebind f.3.95. Hierdie meesterlike bloemlesing en inleiding van Dirk Coster is ongelukkig in ons land nog nie bekend genoeg nie. Die meeste van ons wat belangstel in die jongste Afrikaanse digkuns, het al so stadigaan begin ongeduldig word omdat tekens van 'n nuwe, frisse geestesopenbaring uitbly. En ons het al soveel gepleit vir verfyning en innerlike verdieping, dat mens naderhand noodwendig verval in niksseggende gemeenplase. By die deurblaai van hierdie vierde druk van Dirk Coster se bloemlesing, by die lees van 'n treffende gedig hier, van 'n verrassende beeld en uitdrukkingswyse daar, het by my weer opnuut die gevoel opgekom dat ons jonger Afrikaanse digters beslis moet kennismaak met die moderne Nederlandse liriek. As hulle hul deeglik ingewerk het in die Nederlandse taalvorme, sal hulle besef hoe belangrik dit is vir hul hele ekspressiekrag, hoe dié onbewus sal win aan draagwydte en gekonsentreerde krag. Dirk Coster het hierdie bloemlesing saamgestel op die voorbeeld van die Duitse bundel ‘Menschheitsdämmerung’, waarin die nuwe Duitse liriek verteenwoordig is. Hy het begin by 1910. Die Tagtigers het die groot vernuwing op die gebied van die liriek gebring, maar by hulle was die ‘ek’ op die voorgrond, die individualistiese aanbidding van die Skoonheid, wat tenslotte maar net hulle eie, verheerlikte innerlike was. Na hulle (al bly hulle nog gedigte skrywe) kom 'n nuwe geslag, wat intens voordeel getrek het uit die Tagtigers se hiperverfynde waardering van die woord se draagkrag, maar hulle is min of meer verlos van die selfverheerliking; die sonnet, wat tog by uitstek dié kunsvorm is vir die verwoording van die persoonlike emosie, verdwyn gedeeltelik, en 'n wyer ritmiese ontplooiing volg, 'n verhoogde waardering vir die volsin. Ons kry 'n definitiewe hoogtepunt in die figure P.C. Boutens, Henr. Roland Holst, Karel van de {==125==} {>>pagina-aanduiding<<} Woestyne, J.H. Leopold (wat taamlik laat bekend word). Omstreeks 1910 het hierdie meesters reeds die rypste van hulle wese in hul poësie uitgedruk, en by die nuwe geslag wat nou opkom, begin Coster se bloemlesing. Van dié digters wat hy as mees verteenwoordigend beskou, word 'n aantal gedigte opgeneem, en in sy inleiding kry ons 'n indringende, merkwaardig fyne en juiste karakterisering van die digterskap van daardie digters, en tegelyk lig deur die karakteristiek ook die besonder tydsfeer, waaraan geen digter heeltemal ontsnap nie. Deur die digtergeslagte so te volg, kry ons 'n organiese beeld van die ontwikkeling van die Nederlandse liriek sedert 1910, en leer ons, soos nêrens anders nie, die mentaliteit van die mens van voor en na die wêreldoorlog ken. Elke nuwe druk bring dan nuwe figure met 'n uiteensetting van dié se betekenis vir die liriek. Die groep digters wat 'n bloei besorg aan die Nederlandse letterkunde in die tydvak 1910-1918, is seker ook van die belangrikste in die hele Nederlandse liriek. Coster het hom hier bepaal by die volgende: Van Eyck, Geerten Gossaert, J.C. Bloem, H. Roland Holst, H. van der Leeuw en die minder belangrike figure Jacob Israël de Haan (wat in Jerusalem vermoor is) en Francois Pauwels. Dan kry ons tussen 1918 en 1925 'n groep digters met 'n na-die-oorlogse kyk op die lewe, ons kry 'n ontbinding van die metriese vorm, die sogenaamde ‘vrye vers’, waarin die lewe so skerp en hewig as moontlik moet na-tril. Daar is die oorgangsfigure soos M. Nyhoff, De Mérode, Werumeus Buning ens. by wie die liefde vir die suiwer vorm nog oorheersend is. Maar dan kom die ‘modernes’ - te veel om te noem - en hulle soek in hul ‘vrye vers’ na 'n bevryding van die tradisie. Hier was die Vlaming Paul van Ostayen 'n voorloper. In Noord-Nederland word die groep ‘modernes’ verteenwoordig deur digters soos Herman van den Bergh, Hendrik de Vries, J. Slauerhoff, H. Marsman, A. den Doolaard. 'n Nuwe Katolieke digkuns bloei ook op (Albert Kuyle, Jan Engelman, Henri Bruning, Antoon van Duinkerken, ens.). Na 1926 ongeveer kom 'n terugkeer na die tradisie met digters soos Anthonie Donker, H. van Elro, Theun de Vries, ens. Die edel geboetseerde vorm word weer bewonder. Die leser moet die gedigte van die verskillende digters lees om Dirk Coster se weergalose vermoë om te karakteriseer, te kan waardeer. Ons kan die inleiding oral opslaan en ons vind deurdringende kritiese prosa soos die volgende: ‘Hy (n.l. Roland Holst) is die gebannene van een jeugdherinnering gebleven. Eenmaal in zijn jeugd, of in de eerste jongelingsjaren langzaam thuiskerend van een bad, of wakkerliggend in zijn bed, heeft hij de fluistering van zulk een zaligheid in zich vernomen, hij heeft de gewone dingen zulk een oneindige schoonheid en verzieldheid aan zien nemen, dat een digterleven hem niet te lang scheen om ervan te zingen en te droomen. Dus werd zijn kunst een zingend en zoekend terugverlangen naar het paradijs waaruit zijn ziel gekomen scheen, en een uitputtend en bedwelmend zoeken naar de enkele geheime teekenen in dit leven die nog een vage flonkering van dit paradys aan zich droegen, en soms ook een machteloos pogen, zich met een sprong van al zijn energieën buiten deze werkelijkheid te storten, den tijd te breken, en in een tijdeloos geluk terug te keren.’ (bls. XIJ). Die beswaar wat al teen Dirk Coster as kritikus ingebring is, is dat hy soms meer in 'n gedig lees as wat daar werklik is. Die gedig is vir hom soms feitlik net 'n aanknopingspunt vanwaar hy dan himnies voortgaan met sy statige, sonore volsinne. Hier en daar is dit seker waar, maar dit is meer uitsondering as reël. Hy bepaal hom meestal by die kern. Coster is nie altyd ewe ‘esteties’ in sy oordeel nie, {==126==} {>>pagina-aanduiding<<} en hy het digters in hierdie bloemlesing opgeneem wat wel miskien, vanuit 'n menskundige oogpunt gesien, enigsins belangrik is, maar wie se gedigte benede die middelmatige bly hang. Nog 'n fout in Coster se kritieke is 'n stelligheid van uitspraak soms wat as oordrewe aandoen, b.v. na aanleiding van die hoogtepunt wat na die Tagtigers in die liriek bereik is, sê hy: ‘Het was dus te verwachten, dat de vorm, die als 't ware een oogenblik te voren tot een zoo klassieke volmaking was gekomen, als sinds 200 jaar in ons poëzie niet was bereikt’ (bls. VII). Verder weer: ‘... dat men niet behoeft te aarzelen, dit beeld te zien als één der stralende toppunten van ons Europeesche geestesleven, een der hoogste stijgingen waartoe de Europeesche poëzie, na Shelley en Keats, na Baudelaire en De Vigny, instaat geweest is om te stijgen (bls. X). Of oor 'n gedig van P.N. van Eyck: ‘Men behoeft niet te aarzelen, dit de grootste stoïsche levensbelijdenis te noemen die onze litteratuur bezit, en slechts vergelijkbaar bij enkele gelijksoortige uitingen buiten onze grenzen’ (bls. XII). Maar as iemand met so'n hartstogtelike liefde kan skrywe oor die digters wat hy behandel, as hy so fyn die tydstrominge kan aanvoel, dan vergewe ons hom as die toppe van sy ekstase soms te hoog is, en ons word meegeneem deur sy aanbidding vir al wat waarlik skoon en menslik diepsinnig en waar is. Om die grootse te bereik, moet mens soms mateloos wees. ‘Nieuwe Geluiden’ behoort op elke Afrikaanse onderwyser se rak te staan! C.M. VAN DEN HEEVER. Nuwe Boeke. Alle nuwe boeke deur die Redaksie, Bus 460, Pretoria, ontvang, word hier aangekondig. Hierdie aankondiging sluit latere bespreking van 'n boek nie uit nie. Uitgewers word versoek om die prys te vermeld. Andersen, H.C.: Sprookjes en Vertellingen. Volledige uitgave naar het Deensch, door dr. W. van Eeden. (2 delen in één band). De Haan, Utrecht, 1931. (f.6.90.) Dreyer, Eerw. A.: Die Voortrekkers en hul Kerk. Sketse uit die kerklike geskiedenis van die Groot Trek. Nasionale Pers, Bpk., Kaapstad, 1932. Jonker, Abr. H.: Bande. Nasionale Pers, Bpk., Kaapstad. (5/9.) Journal of the South West African Scientific Society, Joernaal van die Suidwes-Afrikaanse Wetenskaplike Vereniging, Veröffentlichungen der Wissenschaftlichen Gesellschaft für Südwest-Afrika. Deel VI (1931-32). Windhoek, S.W.A., 1933. Lestrade, G.P.: Die Naturellevraagstuk en die studie van die Naturel. Uitgegee deur Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings. Posbus 1176, Johannesburg. Limburg, Jilles: Wie? 2e druk. U.M. Holland, Amsterdam. (f2.90, geb. f3.90.) Marais, Eugène N.: Versamelde Gedigte. J.L. van Schaik, Bpk., Pretoria. (4/6.) Gedigte. Met 'n inleiding deur dr. Gustav S. Preller. 2e druk. Nasionale Pers, Kaapstad, 1932. (4/6.) Die Swart Verraad. 'n Drama in vyf bedrywe. Afrikaanse Pers, Bpk., Pretoria. Metelerkamp, Sanni: In die dae van Van Riebeeck. Toneelstuk in 3 bedrywe. J.L. van Schaik, Bpk., Pretoria. (3/6.) {==*11==} {>>pagina-aanduiding<<} Die Nuwe Brandwag Tydskrif vir Kuns en Lettere Uitgewers: J.H. DE BUSSY, Bus 460, Pretoria. Redaksie: Prof. Dr. G. Dekker en Prof. Dr. H.G. Viljoen. Hoofkunsmedewerker: J.H. Pierneef. Alle bydraes aan die Redaksie. Alle boeke vir resensie, besigheidsbriewe, intekengelde, advertensies, ens., aan J.H. de Bussy, Bus 460, Pretoria. INHOUD. Bladsy. Inhoud en Advertensies i-iii Die Afrikaanse Bybel 4 Die Middeleeuse Dodedans, J.J. Dekker 127 Die Wêreld is Ons Woning Nie, Totius 135 Levina Jochem van Bruggen 136 Richard Wagner en Johannes Brahms, W.H.v.d. Bos 145 Ons Dode Totius 150 Veldeensaamheid Totius 150 Leipoldt as Digter G. Dekker 151 Deur Hoop Gemartel J.F. Marais 161 Simon van Cyrene Kleinjan 166 Motte Kleinjan 166 Die Nieu-Hebreeuse Letterkunde, B. Gemser 167 Slaaptyd Kleinjan 172 OOR BOEKE - Red Bread Augusta de Wit 173 Willem van Oranje, A.J.H. van der Walt 177 Chaka G. Dekker 178 Oud en Nieuw over Joost van den Vondel G. Dekker 180 Ter Herinnering aan Dr. Leo Simons, G. Dekker 181 H.C. Andersen, Sprookjies, G. Dekker 182 Bande Francois Malherbe 183 Brothers in The West, P. de V. Pienaar 185 Armoede en Hartkwaal, Francois Malherbe 187 NUWE BOEKE 189 {==*12==} {>>pagina-aanduiding<<} [Die Nuwe Brandwag] Die Afrikaanse Bybel. 7 September 1872 - 29 Mei 1933. Die 27ste Augustus 1933 sal 'n gedenkwaardige dag vir ons volk wees. Dan sal ons die heuglike feit feestelik vier dat die kroon gesit is op die werk en strewe van lange jare, dat ons ons eie Bybel gekry het - 'n gebeurtenis van onskatbare betekenis vir ons geestelike en kerklike maar ook vir ons kulturele lewe. Op 7 September 1872 het Arnoldus Pannevis die eerste stem laat opgaan om 'n Afrikaanse Bybel, die 29ste Mei 1933 is die eerste besending Afrikaanse Bybels in Kaapstad in ontvangs geneem. Gedurende hierdie ruim sestig jare was die ideaal van Gods Woord in die eie taal die leidster van die Afrikaanse Beweging, wat begin met die besef aan die behoefte daaraan en afgesluit is met die verwesenliking van hierdie ideaal. Ere aan die manne van moed en volharding wat ons volk daarvoor help voorberei het. Dankbaarheid betaam ons vir en jeens die manne wat God gegee het om die grootse taak te volbring. By al die verrassende vorderinge wat die Afrikaanse saak in so'n korte tyd gemaak het, staan ons by die Afrikaanse Bybel voor 'n wonder wat ons vervul met ontsag. Maar met die verdwyning van die Statebybel, waarin al ons piëteit vir die verlede beliggaam is, deurhuiwer ook weemoed ons siel. Dié Bybel was ons rigsnoer in die verlede, dit het gedurende byna drie eeue vir ons volk meer beteken as enige ander kultuurinvloed, dit woon diep in ons volksiel en in ons taal. Met die verskyning van ons Afrikaanse Bybel word die veelbewoë tydperk van ons nasiewording afgesluit. Mag dit in ons volkslewe die plek bly behou wat die digter teken as hy sing van die trekker met sy roer, sy os, sy wa, sy Boek. {==*13==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding DIE BYBELVERTALERS MET HULLE ADVISEUR, DR. C. VAN GELDEREN, AAN DIE WERK. ==} {>>afbeelding<<} {==127==} {>>pagina-aanduiding<<} Die Middeleeuse Dodedans. VAN alle motiewe wat die kuns van die mensheid deur die eeue heen in ewig wisselende, steeds nuwe variasies en modulasies behandel het, is die dood die ontsagwekkendste, die aangrypendste. Ten alle tyde het van hierdie ‘ewige refrein van die lewe’ op elke waaragtige kunstenaar 'n ewe magtige as sombere bekoring uitgegaan. Die primitiewe oermens het in heilige vrees en ontsag vir die groot misterie sy dodekultus beoefen - dit was sy religieuse kuns; en die mees moderne kultuurmens, oorversadig van die lewe self, huldig die dood as sy laaste, dekadente kunsinspirasie. Maar geen tydperk is so seer beheers gewees deur die doodsgedagte, geen kultuur het daaraan in sy kuns so'n karakteristieke uiting gegee as dié van die Middeleeue nie. Die doodsgedagte is die Leitmotiv van hierdie kuns. In die vroeë Middeleeue en tot in die bloeitydperk van hierdie magtige fase in die ontwikkelingsgeskiedenis van die Wes-Europese kultuur klink hierdie Leitmotiv nog gedemp: die middeleeuse mens is wel 'n hartstogtelike natuurwese met 'n uitbundige lewensdrang, maar hy is ook innig religieus. Sy kinderlike geloof oorbrug die gapende kloof tussen die tydelike en die ewige. In die mistieke skemerlig van die magtige gotiese katedraal, met sy slanke suile, wat in verhewe simboliek die drang na die ewigheid beliggaam, sterf die folterende doodsangs en vind die benoude sondaarsiel rus in heilige oorgawe aan die Oorwinnaar van die dood. ‘Media vita nos in morte sumus’ - midde in die lewe staan ons in die dood - klink dit in vrome kerkgesang, maar hoog in die gewyde gewelwe vloei die motief met die Verlossingslied saam tot 'n hoër harmonie. Soos 'n skrille dissonant klink dit egter in die wêreldlike poësie. Met die luisterryke ontplooiing van die hoofse adelstand het 'n wilde drang tot sinnevreugde en tot wêreldlike mag ontwaak wat lei tot felle botsing met Rome, maar ook tot heftige sielestryd, tot konflik tussen die noodwendig teenstrydige ideale van wêreldlike ridderskap en geestelike selfverlogening. Maar die teenstrydige ideale staan op die gemeenskaplike bodem van die idealistiese wêreldbeskouing van die Middeleeue, en hul versoening lê in die waaragtige belewing van die idealisme. In die Kruistogte van die elfde tot die dertiende eeu word die versoening beseël. Romantiese sin vir awontuur, dors na vryheid en mag, mag die dryfveer wees {==128==} {>>pagina-aanduiding<<} vir tienduisende kruisvaarders, vir duisende ander uit die geledere van die wêreldlike adel is die kruistog 'n daad van idealisme. As geestelike ridders skaar hulle hul onder die heilige banier in die stryd teen die vyande van God. Die roerendste en noodlottigste uiting van die naïewe idealisme van die Middeleeue is die Kinderkruistog van die jaar 1212 waarby duisende weerlose kinders wat uitgetrek het om die Heilige Land te verower, ten prooi val aan honger en ontbering - Media vita in morte sumus. Maar daarbo klink die ekstatiese jubellied uit: Gloria Deo in excelsis - Ere aan God in die hoogste hemele -. Wanneer hierdie magtige idealisme sterf, gaan ook die middeleeuse kultuur te gronde. Die veertiende eeu kondig dit reeds aan met die verval van kerk en adel, die twee hoekstene van die hele middeleeuse wêreldorde. Die Swarte Dood, daardie gevreesde pestilensie wat die kruisvaarders op hul terugtog uit die verre Ooste vergesel, teister die hele Europa, verwoes ganse stede; die Turke val Oostenryk binne en bring dood en verderf met hulle, die honderdjarige oorlog ontvolk Frankryk. Die vyftiende eeu is 'n tyd van algehele chaos, van vernietiging van alle sedelike waardes. Die skone tempel van die middeleeuse wêreldorde, gegrond op geloof, eeue-oue tradisie en idealisme, word deur die ontwakende kritiek met woeste mokerslae vernietig, maar behalwe in Italië ontbreek dit nog aan skeppende krag om op die puinhope van die Middeleeue te laat verrys die gebou van 'n nuwe kultuur. Charles Villon sing in Frankryk sy troosteloos weemoedige lied van vergane roem en skoonheid. 'n Heftig bewoë lewensbeeld vol brutale kontraste bied hierdie eeu ons. Die mensheid vier ware orgieë van sinnelike uitspattinge. Die kerkhof Aux Saints Innocents in Parys is die afgryslike toneel van sinnelose brooddronkenheid. Die oppervlakte van hierdie begraafplaas lê reeds agt voet bo die aangrensende straat, want die gulsige dood eis daagliks ontelbare slagoffers van pestilensie, honger, moord en doodslag. 'n Kranksinnige danswoede maak hom meester van Europa. Skare van groue bedelmonnike, van Fransiskaners en Dominikaners trek deur die stede en dorpe en predik vol ontsetting berou van sonde en boetedoening. In Reims word (1431) Jeanne d'Arc, die enigste waaragtig heroïese mens van hierdie tyd van verslapping, in wie die sterwende idealisme van die Middeleeue nog verlaas al sy wonderwerkende kragte beliggaam, onmiddellik na haar roemryke bevrydingsdaad temidde van sataniese hoongelag in die openbaar verbrand. Dreigend klink bo dit alles uit die stem van die oordeel: gedenk om te sterwe! Die doodsgedagte word allesoorheersend. Waar die kunstenaars van vorige eeue Christus as die Oorwinnaar van die dood verheerlik het in wondere simfonieë van klanke, van kleure en lyne, word vir die laat-middeleeuer die dood self die lugubere hoofmotief, die {==129==} {>>pagina-aanduiding<<} laaste sombere kunsinspirasie. Die dodedans is die skepping van die veertiende en vyftiende eeu. Dit is die simboliese versinneliking van die sterwende Middeleeue, die brutaal-groteske verbeelding van die krampagtige doodstryd van hierdie tydperk. Oor die oorsprong en vroegste ontwikkelingsgang van die Middeleeuse dodedans-motief bestaan daar baie uiteenlopende teorieë en gissinge. Hou dit enige regstreekse verband met die primitief-heidense dodekultus? Hoe moet die kernprobleem van die dodedans, die vreemde verbinding van dood en dans, verklaar word? Bied die Franse benaming ‘dance macabre (macabrée)’ die verklaring vir die oorsprong van die motief? En so ja, watter van die menigvuldige etimologiese afleidings van die woord ‘macabre (macabrée)’ is die juiste - die Franse, die Engelse, die Arabiese, die Hebreeuse? In watter verhouding staan die dodedans tot die middernagtelike reidans van die dooies op die kerkhof wat die volksbygeloof reeds in die vroeë Middeleeue so goed geken het? Of tot die destyds so populêre legende van die drie lewendes en die drie dooies, of tot die bruidsmistiek van die veertiende eeu? In watter kunsvorm het die dodedans die eerste voorgekom: as gedig, as drama (of tableau vivant), in die beeldhoukuns of in die skilder- en tekenkuns? Want die ganse laat-middeleeuse kuns word beheers deur die doodsmotief: die dodedans is 'n magtige stuk middeleeuse kultuurgeskiedenis in beeld! Al hierdie en baie ander vrae bly nog onopgeloste raaisels trots die onvermoeide wetenskaplike ondersoek veral van die jongste tyd. 1) Soveel staan egter vas: dat die middeleeuse dodedans met sy uitgesproke religieus-etiese karakter onmiddellik deur die geestelikheid geïnspireer is, vir sover monnike en priesters nie self die skeppers daarvan was nie. Die dodedans is 'n predikasie in beeld, soos die aanwesigheid van 'n predikende geestelike op alle muurskilderinge van hierdie aard ten owervloede aantoon. Presies so het in hierdie tyd van ontsettende lewensspanning en van sedelike en geestelike ontaarding, bedelmonnike, Fransiskaners en Dominikaners in werklikheid hul koorsagtige apokaliptiese visioene aan die volk geopenbaar, en met die ontvlambaarheid van hul middeleeuse gemoed en hul lewendige fantasie het die impulsiewe toehoorders gesidder vir die dreigende oordeelsboodskap! {==130==} {>>pagina-aanduiding<<} By die beoordeling van die dodedans (ons bepaal ons daarby uitsluitend tot die muurskilderinge en houtsneekuns, omdat die dodedans in hierdie vorme verreweg sy treffendste uitinge gevind het) moet die godsdienstig moraliserende doelstelling van die kunstenaar steeds duidelik in die oog gehou word. Daaruit verklaar sig bv. al dadelik die opvallende onbeholpenheid van uitvoering in baie gevalle, die artistieke lompheid wat alte graag sy krag soek in oordrewe karikatuuragtige voorstelling en die vaak eentonige opeenvolging van figure. Maar dikwels ook werk juis die naïewe eenvoud van komposisie, die soberheid van kleur en lyn, groots, monumentaal. In hul monumentaliteit lê die onverganklike kunswaarde van die dodedanse. Dikwels skep die tegnies so swak geskoolde kunstenaar in die gloed van sy heilige oortuiging beelde van geweldige visionêre krag en hewige liries-dramatiese bewoënheid wat nie slegs die kinderlik ontvanklike middeleeuse gemoed heftig moet aangegryp het nie, maar ook ons nog magtig imponeer. Die oudste en merkwaardigste geskilderde dodedanse is fresko's en olieskilderye op kerk-, klooster- en kerkhofmure. Sulke muurskilderinge is vandag alleen nog in Frankryk, waar waarskynlik die oorsprong van die dodedans moet gesoek word, Italië, Switserland, Engeland, Oostenryk en Duitsland te vind, maar, veral met die oog op die feit dat ander lande soos die Nederlande en Spanje wel goed verteenwoordig is in die dodedansliteratuur, mag veilig aangeneem word dat hierdie muurskilderinge gemeengoed van alle Wes-Europese lande was. Dat hulle helaas maklik tot niet kon gaan, is lig verklaarbaar. 1) Laat ons nou aan die hand van enkele afbeeldinge die besondere karakter en die ontwikkeling van die middeleeuse dodedans nader illustreer. Afbeelding 1 is 'n weergawe van 'n gedeelte van die monumentale muurskildering ‘Triomf van die Dood’ aan die muur van die kerk van Clusone by Bergamo (Italië). Die geheel word beheers deur die gekroonde Dood, 'n vampieragtige monster wat dood en verderf saai en wat deur die ontsette mensheid aanbid word. Die boonste deel van hierdie skildering is dramaties bewoë, daarenteen kenmerk die onderste deel - die eintlike dodedans - sig deur rustige komposisie. In afgemete takt beweeg die stoet sig gelykmatig voort in tipies reëlmatige afwisseling van lewendes en dooies, 'n volgorde wat ons sonder uitsondering terugvind in alle middeleeuse dodedanse. Ons merk dadelik op dat hierdie muurskilderinge ons nie die verpersoonlikte Dood voor oë stel nie, dog afgestorwenes, dooies, hetsy in die vorm van dorre skelette (soos in afb. 1), hetsy as halfverteerde of as vermummiede lyke van manlike sowel as van vroulike geslag (afbb. 2, 3, 4). Die simboliese voorstelling van die verpersoonlikte Dood is eers 'n Renaissance-verskynsel van die sestiende eeu. {==131==} {>>pagina-aanduiding<<} Van 'n dans in die moderne sin van die woord is op die voorstelling van Clusone (afb. 1) nie sprake nie, ewemin as in die beroemde dodedans van die abdykerk in La Chaise-Dieu, Frankryk (afb. 2), een van die alleroudstes wat bewaar gebly het. Die voorstelling is dié van die rustige middeleeuse reidans. Hierdie rustige uitbeelding is trouens kenmerkend van al die muurskilderinge van die oudste tipe (eerste helfte van die vyftiende eeu). Afgesien van die brutaal groteske houdinge van die dooies (vgl. bv. afb. 2) het die komposisie van die oudste dodedanse daardeur iets styfs, lomps en eentonigs. Alleen uiterlik (deur verskil in kleredrag volgens maatskaplike rang) onderskei die verskillende gestaltes sig van mekaar. Hierdie indruk van artistieke onbeholpenheid word veral by U gewek as U moet oordeel volgens miniatuur-reproduksies in swart en wit. Maar wanneer U voor die oorspronklike muurskilderinge staan, wanneer U in stille kloosterkruisgang of aan sombere kerkhofmuur die byna eindelose stoet van ten dode gedoemdes lewensgroot aan U sien verbygaan, 1) let U nie meer so sterk op die artistieke gebreke nie. Dan word U ontroer deur die uitdrukking van hulpeloosheid en dowwe gelatenheid op elke gesig, dan hoor U die sware, slepende ritme van lome sterwensgang, dan sidder ook U vir die honende grynslag van die afsigtelike kadavers. Dan voel U dat daar demoniese lewe en demoniese krag in hierdie ongekunstelde en soms byna kunstelose beelde skuil! Let op die naaktheid van komposisie van hierdie dodedanse: selde vind ons milieu of agtergrond geskets, dié word hoogstens net aangedui of gesuggereer. Ons dwalende blik vind geen ruspunt nie, word meedoënloos gekonsentreer op die stryd tussen lewe en dood - of liewer: op die kontrasbeeld, want van stryd is in hierdie oudste dodedanse nog nie eintlik sprake nie. In harmonie met die ongekunstelde eenvoud van komposisie is die soberheid van kleurskema. Veral is dit die geval in die fresko-muurskilderinge. Die freskoskilder moet hom nl. noodwendig tot 'n paar kleure beperk en die grysgrou kleur van die gewone muurpleister tot sy eintlike grondkleur kies, daar hy die kleure van sy skildery moet aanbring terwyl die pleister van die muur nog vars en nat is, sodat hy baie haastig moet te werk gaan. Maar laat ons die grootse eenvoud van die fresko nie net of hoofsaaklik op rekening van die lastige tegniek stel of aan gebrek aan kunsvaardigheid van die skilder toeskryf nie! Immers, hy kon hierdie tegniese moeilikheid baie maklik vermy deur sy toevlug te neem tot olieverf, wat hy dan ook dikwels gedoen het - maar ook daar het hy gewoonlik die voorkeur gegee aan eenvoud van kleurskema. Intuïtief het die skepper van die dodedans gevoel dat juis die freskokuns die meeste reg aan sy inspirasie sou laat geskied. So ook is sy keuse van die houtsnee vir dieselfde doel geensins bloot as toeval te verklaar nie. {==132==} {>>pagina-aanduiding<<} Maar laat ons terugkeer tot ons afbeeldinge. Afbb. 3 en 4 gee onderskeidelik 'n gedeelte weer van die muurskildering van die Marienkirche te Lübeck (Noordduitsland) en van dié van die knekelhuis of vergaderplaas van doodsbene op die kerkhof van Metnitz in Kärnten (Oostenryk). Altwee werke dateer uit die tweede helfte van die vyftiende eeu en behoort dus tot 'n jonger tipe van dodedans. Van die oudste tipe onderskei hulle sig al dadelik deur hul veel gevorderder tegniek. In plaas van die eentonige gelykvormigheid van houding en uitdrukking van laasgenoemde werke, so tiperend van die middeleeuse kollektivistiese lewens- und kunsbeskouing, het ons hier te doen met dikwels vry goed geslaagde poginge tot individualisering en sielkundige verdieping - 'n heel duidelike teken dat ons daarmee op die drumpel van die nuwe tyd staan. Maar veral vind ons hier in plaas van die monumentale rus van die oudste dodedanse met hul onderdrukte of gedempte hartstog, ontsettende dramatiese spanning, onmiddellike uiting van 'n hewig bewoë siel en van felle sielestryd. Die rustige tempo van die ou middeleeuse reidans het plaas gemaak vir die wilde takt van 'n barokagtige sprongdans van enkele pare. (Op die dodedans van Metnitz sien ons hoe een van die dooies die dans met trommelmusiek begelei.) Die onderdrukte hartstog ontlaai hom in al sy bewegingsdrang in hierdie dinamiese beelde van die danspare wat mekaar in balladeske plotselingheid opvolg. Die dowwe gelatenheid van die lewendes het verdwyn, ons lees wilde angs en wanhopige verset in hul gelaatsuitdrukking en gebare. Uittartend is die diabolies tergende houding van die afsigtelike kadavers, daardie demone wat hoonlaggend hul hulpelose prooi saamsleur of hulle potsierlik-hoflik tot die noodlottige dans vorder wat niemand kan ontspring nie. In hul vreeslike simboliek en walglike naturalisme is hierdie jonger dodedanse die aangrypendste en tegelykertyd die brutaalste versinneliking van die sware doodstryd van die Middeleeue. Na die muurskildering is die houtsnee die mees geliefde en mees veelvuldig voorkomende vorm van die middeleeuse dodedans. Om verskillende redes. In die eerste plek was die houtsneedruk, na die muurskildering wat vir iedereen toeganklik was, die mees effektiewe middel om die dodedans binne die bereik van die breë volksmassa te bring. Dit moet onthou word dat die dodedans, hoewel in eerste instansie uitgaande van die geestelikheid, al heel spoedig egte volkskuns geword het, 'n feit wat meteens verklaar waarom die standesatire so'n prominente rol daarin speel: met onverhole voldoening moet die gewone burger opgemerk het hoe aan die spits van die dodedans steeds verteenwoordigers van die hoogste maatskaplike stande staan: keiser, keiserin, koning, koningin, hertog, graaf, maar veral paus, kardinaal, aartsbiskop, biskop ens., almal in volle ornaat en met alle bykomende tekens van hul waardigheid. Hoe strelend moet dié aanblik nie op sy toenemende selfgevoel gewerk het nie! {==133==} {>>pagina-aanduiding<<} Maar daar is 'n ander, dieper verklaring vir die kunstenaar se uitgesproke voorliefde tot die houtsneekuns. Net soos in die geval van die fresko het hy ook in die houtsnee intuïtief een van die mees passende stylmiddels vir sy besondere kuns herken. Ook hier word naamlik juis deur die eenvoud en soberheid van tegniek, wat die houtsneekuns so sterk kenmerk, die indruk van die monumentale verhoog en kan die kunstenaar uitsluitend konsentreer op sy eintlike motief wat met weinige forse lyne dramaties veraanskoulik word sodat die beskouer geen geleentheid gebied word om deur allerlei bykomende detailwerk afgelei te word nie (soos bv. wel in die geval van die kopergravure). Die vroegste houtsnee-dodedanse dateer uit die middel van die vyftiende eeu. Met die bloei van hierdie kuns staan ons egter feitlik al in die nuwe tyd. Dit begin waar die fresko eindig en is die laaste ontwikkelingsvorm van die dodedans. Openbaar sig in die jongste freskokuns (omstr. 1500) reeds 'n uitgesproke neiging tot oplossing van die reidans in die dans van enkele pare, die houtsneekunstenaar bepaal hom uitsluitend tot die enkele paar. Hierdie beperking wat die boekvorm hom noodwendig oplê, hinder hom egter nie, daar sy uitgangspunt en doelstelling heeltemal anders is as dié van die middeleeuse muurskilder. Die houtsnee ken nie die fantastiese kleure-mistiek van die fresko nie, dit spreek 'n grof-sinnelike taal, die taal van die nuwe tyd wat die innig religieuse sin van die Middeleeue, met hul drang tot vergeesteliking van al die sinnelike, verloor het, wat in sy verheerliking van die mens anders, selfbewuster staan teenoor die probleme van dood en ewigheid. Die inspirasie van die Renaissance-kunstenaar is nie meer religieus-eties nie, maar suiwer esteties. Sy kuns word hom ingegee nie deur die vrees vir die heilige en vreeslike misterie van die sterwe nie, maar deur sy belangstelling in die lewe, in die mens wat hy in soewereine kunstenaarskap uitbeeld. Dit sien ons die beste in die beroemde ‘Beelde van die Dood’ (1538) van Hans Holbein, die grootmeester van die moderne dodedans. Daar spreek 'n heeltemal nuwe gees uit hierdie pragtige realistiese karakterbeelde: die intense belangstelling van die fyne waarnemer en kenner van die mens in die sielkunde van die individu. En al is ook hierdie beelde 'n ontsettende maanstem van die dood, tog verplaas hulle ons juis in die volle lewe in al sy bonte en interessante verskeidenheid. (Let op die sorgvuldige milieu-tekening in hierdie nuwe kuns: Afb. 5.) Holbein se ‘Beelde van die dood’ is dramatiese momentopnames van die hoogste tegniese raffinement. Nie dooies nie, maar die verpersoonlikte Dood tree hier op. Die Dood is egter geen simbool, geen skim wat ons eers by die sterwe ontmoet nie, maar 'n dramaties handelende persoon wat nog aktiewer aan die lewe deelneem as die mense van vlees en bloed vir wie hy orals en altyd vergesel - as vriend of as vyand. Die negosiehandelaar oorval hy plotseling in die pad, die ou vrou bekoor hy deur sy lokkende musiek om haar onverhoeds in die oop graf te laat {==134==} {>>pagina-aanduiding<<} strompel, met die boer bebou hy in die sweet van sy aanskyn die aarde, en as bekommerde vriend bring hy die sieke na die dokter (afb. 5). Die gierigaard beroof hy van sy geld en daarmee van sy lewe, met die prediker staan hy op die preekstoel, en die klein kind ontvoer hy voor die oë van haar verbysterde moeder. Elke stand, elke leeftyd oorval Dood plotseling, soms spottend, soms vriendelik, maar niemand verskoon hy nie. Holbein kon vir die hoogs dramatiese vertolking van sy lewenserns, sy humor en sy satire geen beter stylmiddel gekies het nie as juis die realistiese houtsneekuns. Sy ‘Beelde van die Dood’ is die klassieke dodedans van die nuwe tyd. Van die middeleeuse dodedans verskil hierdie kuns wesenlik. Die middeleeuse Christen sien in sy drukkende sondebesef die dood as 'n demoniese vyandelike mag van die ewigheid, vir die humanis van die nuwe tyd is die dood 'n inherente deel van die lewe self. Die verskil van opvatting spruit voort uit verskil in lewensbeskouing. Maar of die dood aan die sterwenspoort op die mens wag en of hy saam met hom deur die lewe gaan, hy bly 'n skrille dissonant in die lewenslied. Wat is ten slotte die verskil tussen die lied ‘Media vita nos in morte sumus’ van die Middeleeuer en die weemoedige skone verse van die onlangs gestorwe Oostenrykse digter Rainer Maria Rilke: Der Tod ist groß. Wir sind die Seinen lachenden Munds. Wenn wir uns mitten im Leben meinen, wagt er zu weinen mitten in uns. J.J. DEKKER. {==*14==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding 1. TRIOMF VAN DIE DOOD. (Dei Disciplini-kerk. Clusone.) ==} {>>afbeelding<<} {==135==} {>>pagina-aanduiding<<} Die Wêreld is Ons Woning Nie. Die wêreld is ons woning nie. Dit merk ek aan die son wat wyk, en 'k merk dit aan die reier wat mistroostig na die son sit kyk op een been, in die biesievlei. En is die laaste strale weg, dan rys 'n koue op uit die vlei. 'n Koue gril deurhuiwer my; en 'k sien dit dan in alle ding wat in die skemer my omring: die wêreld is ons woning nie. Die wêreld is ons woning nie. Dit sien ek as die bloedrooi maan van agter veldstof opgegaan, nog net die kerk se dak bestryk, vanwaar 'n uil, misterie-stom, sit na die maan se skyf en kyk. En nou dit stil word op die straat, dink ek hoedat die middag laat 'n lykstoet daar het uitgekom waar nou die maan en uil ontmoet. En 'k merk dit dan aan alle ding wat in die aandstond my omring: die wêreld is ons woning nie. Die wêreld is ons woning nie. Dit voel ek as die wind ontwaak, as die eikebome knars en kraak; dit hoor ek in die fladdering van voëltjies wat hul vlerke slaan teen die verwarde boomtakke aan. En as ek nader kom, dan vind ek by die maan se wisselstraal 'n nes vol kleintjies deur die wind omlaaggeslinger, dood, verplet. Ek voel dit dan aan alle ding wat in die nagstond my omring: die wêreld is ons woning nie. TOTIUS. (Uit ‘Passieblomme’.) {==136==} {>>pagina-aanduiding<<} Levina. (Eerste Bedryf uit die dramatiese verwerking van Die Burgemeester van Slaplaagte.) Huiskamer van Lodewikus Prinslo. LODEWIKUS PRINSLO (Oom Lood). HENDRIK OBERHOLZER, sy swaer. TANT LEVINA, sy vrou. LEVINA, sy dogter. HARRY PEACH, handelsreisiger. LOOD (kom binne met 'n bokvel, wat hy brei): Vandag is ek dankbaar dat ek g'n boerdery het om my oor te bekommer nie. Wêreldse goed gee net beslommernis; - selfs 'n bokooi of 'n vers vra gedurige versorging in hierdie swaar tyd. - As die droogte so aanhou, gee ek die boere nog drie dae en dan kan hulle maar 'n vuurhoutjie in hulle gesaaide steek..... Ons ouderling is ook raadop met sy tyd; - die ou is seker weer op huisbesoek. (Hendrik Oberholzer kom binne.) Die son brand dat die kraaie gaap! Môre, boet! OBERHOLZER: Slaplaagte voel soos 'n bakoond! Die vlieë trap vandag vas! Soos Jan Kirsten gesê het: die wolke trek vanjaar net met een span! Ek sê: Ons word gestraf! Ons het afgedwaal van die oupaaie, en ons kinders wandel op die breë pad na die groot dorpe toe! Die fout lê by ons, boet Lood!... Ek hoor dat Levina ook soontoe dwing. LOOD: Ek voel beswaard boet Heina, omdat ek so onmagtig teenoor my eie dogter is. Die kind is anders as toe ons nog kinders was. Ek verstaan die jong geslag van teenswoordig nie; - alles gaan so buitekant die ouers om; - 'n ouer se raad en planne beteken niks meer nie.... Maar wat ek wou sê, terwyl die droogte onse land so teister, .... ek dreig al 'n week lank om met jou daaroor te praat; - dink jy nie dat dit baie wenslik sal wees om 'n biduur te bestel nie? OBERHOLZER: Wanneer ons harte reg is, goed! Oorlede vader het dikwels gesê: Goud het g'n waarde tensy dit gemunt is nie; - en met ons gaan dit net so; - as ons gemunt is, kan ons bidure hou; - so nie, dan is ons bidde laster!... Jy moet vir Levina kort vat boet!... Sy is 'n knap dogter, maar sy het verkeerde planne... Ek praat nou soos jou ouderling. {==137==} {>>pagina-aanduiding<<} LOOD: Ja, boet Heina... Wat sal 'n mens sê? Dis maar moeilik!... Ek meen Levina is 'n baie moeilike kind... Ons moet tot inkeer kom!... Die droogte is tog te vreeslik swaar, boet Heina! OBERHOLZER: Maar ek het ook oorgekom met baie goeie nuus. Die droogte kan die loop van onse kerk se lewe nie uitdor nie! Ek kan ook soos oorlede Koos Vermaak gesê het, toe die sprinkane sy koring bytrek: Dit sal 'n verandering in die lewe bring! Die Ring het besluit om af te stig, boet Lood... LOOD: Ons gaan ons eie leraar en ons eie kerk hier kry? OBERHOLZER: En ons eie koster!... Heelwaarskynlik sal jy die amp nog kry. Jy het ons altoos trou gehelp in daardie betrekking tydens ons buitedienste.... Maar boet, laat ek jou waarsku,... hou jou dogter in die spoor van onse opvoeding... Ek is op huisbesoek, ou swaer, en moet verder. (Af.) LOOD: 'n Mens se swaer moet nooit sy ouderling wees nie!... Boet Heina loer te veel oor ons onderdeur en is te danig besorg oor Levina. - Die kind sal regkom, as ek net die kans kry om verstandig met haar te praat... As sy net onderdanig wil bly... As sy net haar onstuimige humeur kan bedwing... (Tant Levina kom binne met wasgoed.) Vrou, hè-jy die nuus gehoor? TANT LEVINA: Wat se nuus? LOOD: Ons het afgestig, en die kosterskap is heel waarskynlik myne! Ou vrou; sy 't seker al dikwels daaraan gedink nie waar nie? TANT LEVINA: My kop is vol gedagtes, Lood. LOOD: Ek meen dat ons die kerk duskant die skool moet bou. Daar kan ek die kerkklok ver oor die bulte laat hoor. TANT LEVINA: Jy plant voordat jy geploeë het, my man! Ek moet jou reguit sê dat Pieter van Staden ook 'n eersteklas koster sal uitmaak. Hy kan sy tong roer, en hy is rats. LOOD: Piet van Staden, sê jy?... Jy sê Piet van Staden? Hy is 'n windbroek al is hy rats. 'n Koster mag nie rats wees nie,... 'n koster moet effens ouerig wees, hy moet sy woorde weeg en so half stywerig met kraakstewels deur die kerk loop... Ek kan skoene maak wat kraak! TANT LEVINA: As die amp vir jou bestem is, sal jy hom wel kry. LOOD: Maar boet Heina lê 'n servituut op ons - ons moet Levina in die spoor van onse opvoeding hou. {==138==} {>>pagina-aanduiding<<} TANT LEVINA: Ja Lood, dis juis oor haar dat my kop so vol gedagtes is. Die kind gee baie sorge. Sy maak die wêreld moeilik vir haarself; sy kan hier in ons samelewe nie aard nie. Maar boet Heina het nie nodig om hom daarmee te bemoei nie; hy 't self groot dogters.... Meester het gesê dat ons haar verder moes laat leer het.... Daar het boet Heina en sus ook hulle oë en neuse voor opgetrek. Hulle moet stil bly oor Levina! LOOD: Sy 't ver genoeg geleer, dwars deur die skool. Jy kan skaars jou naam teken en jy 't goed deur die wêreld gekom! Altemit is dit die geleerdheid wat haar inwendigheid so in 'n rep en 'n roer bring. Hoekom kan sy nie soos haar moeder wees nie? Wetenskap en kennis bring tot raserny; ons lees dit in die Woord.... TANT LEVINA: Levina het my geaardheid, Lood. Ek moet woel en werskaf en is tevrede hier; maar Levina se drang om uit te spring en te werk, dryf haar van Slaplaagte af weg. LOOD: Altemit is dit die droogte wat op haar senewees druk. Ons moet haar met tak behandel, en ek dink dat ons vanaand gerus iets besonders kan gebruik. Gee vir my 'n daler, dan koop ek vir ons 'n blikkie vis. Ons kan haar van die afstigting ook vertel. (T. Lev. af)... Piet van Staden... Koster?... Die dwarstrekker se dwarstrekker sal dit in sy dwarskop kry om my voor te spring... (T. Lev. bring die geld.) (Lood af.) TANT LEVINA (vou bondel wasgoed saam.) - (Levina kom binne): Hoekom loop jy dan so in die warm son, my kind? LEVINA: Ek was by die pos; Tant Annie sê dat hulle daar 'n werk vir my oop sal hou; sy laat die groete weet. TANT LEVINA: En is dit regtig jou begeerte om ons te verlaat? Het Johannesburg se trekpleister so sterk geword? Daar sal jy onder vreemdes harde dae hê; jy sal aanstote moet verdra, belediginge moet sluk, skimpe opvreet en nêrens die liefde ondervind wat jou ouers se huis jou kan gee nie, as jy jou net kan oorgee aan die lewe hier. LEVINA: Maar dis juis waarna ek verlang; werk en lewe met ander meisies van my leeftyd saam om vir myself te sorg! Hier lê die toekoms voor my soos 'n doodsvallei, hier beweeg ek soos 'n pop wat niks kan uitrig nie. Wat is my lewe hier werd? Omring deur lug en bulte; opgesluit in die ruimte, waar 'n mens voel hoe waardeloos jy is en altoos teen dieselfde liewe, stroewe, eenvoudige gesigte van jou familie vaskyk, waar hulle jou agternakyk met groot vals oë, om tog op te merk {==139==} {>>pagina-aanduiding<<} of jy wel deeglik in jou spore trap!... Ag liefste moeder, praat tog met pa. Gee my net 'n kans om self vir my te sorg, al was dit net vir 'n maand of twee. Moeder sal nooit spyt daarvan kry nie. Ek soebat julle! TANT LEVINA: As dit 'n kuier na sus Annie hulle is, kan ek jou vader oorhaal; maar dis jou selfstandigheid en eie wil wat sake so moeilik maak. Oom Heina het vandag reeds met jou vader gepraat. Hy meen dat jy verkeerde pad opgaan en waarsku ons. LEVINA: Wat het oom Heina oor my te sê? Ek is mos julle dogter; - sien ma nou, dis ook 'n rede waarom ek hier nie kan bly nie; hy pas ons op soos 'n tronkbewaarder sy bandiete! Laat hy sy eie huis oppas! TANT LEVINA: Maar hy is ons ouderling, Levina; hy moet waak soos 'n wagter op Sions mure; - en hy het baie invloed hier in ons gemeente. LEVINA: Solank as ek my goed gedra kan hy niks maak nie moeder, en ek weet hoe om my te gedra, ek het g'n oppasser nodig nie! TANT LEVINA: Ek sal weer met jou pa daaroor gesels, Levina; maar nou moet ek eers die wasgoed besorg. (Af.) LEVINA: Oom Heina het hom weer laat hoor, nè - ek kon dit dink! Pa is vir die swartspan net so bang as vir die magistraat. (Gooi haar brief op die tafel.) Wat help dit my dat tant Annie hulle werk vir my gekry het op die Rand? Ek sit hier vasgeketting deur oom Heina se stille dreigemente en pa se vrees vir hom. (Werk aan 'n doilie.) En ek moet soos 'n sedige ounooi op hierdie dooie plaas my deurentyd sit en verveel tot iemand eendag opdaag en hom oor my ontferm..... Dan sal ek ja sê uit pure kan-nie-anders-nie (lag bitter). Dis wat oom Heina en al die goeie mense hier wil hê... Doilies hekel vir tydverdryf; besoekies aflê op Slaplaagte, en dit in die ongenadige hitte. Alles maak 'n mens hier moedverlore! Alles staan hier en opkrimp; - die mielies lyk soos stokou riete, en die pampoenblare bly in die nag soos vaatdoeke hang. Hier sal ek net so verlep en verskrompel en wegraak soos die kweek op hierdie kaal ou werfie!... Ek moet 'n gehoorsame meisiekind bly, volgens oom Heina se goedkeuring, na die voorbeeld en patroon van sy dogters... (smyt die hekelwerk op die tafel). Hoekom kan ek nie soos hulle wees nie? Hoekom wil ek anderster wees as hulle? O, die begeerte brand in my om weg te kom van hierdie omgewing, om my eie pad deur die lewe te volg, te veg as dit moet!... Maar ek sal, wag maar!... (vat die brief en lees) - (Lodewikus Prinslo kom binne.) {==140==} {>>pagina-aanduiding<<} LOOD: Wat se nuus, Levina? LEVINA: Dis 'n antwoord op my brief aan nig Annie, Pa; - sy skrywe dat daar 'n oop plek sal wees in die fabriek waar hulle werk... Ek het mos vir pa hulle gesê wat my planne is. Ek hoef nie vir ander meisies, wat vir hulle self sorg, agter te staan nie! LOOD: Maar jy handel al te danig op jou eie houtjie!... Jy sal die planne uit jou kop uitsit, wanneer jy weet wat ek weet. Ek sal jou die geheim vertel. Ons hoef nie meer so skraps te lewe nie, Levina. Slaplaagte gaan sy eie kerk kry, en ek word koster. Jy kan jou ook maar klaar maak om hier aangeneem te word. LEVINA: Ek pas nie by die jong klomp van Slaplaagte nie! LOOD: Ek het vis gekoop vir ons vir vanaand, - die toekoms lyk rooskleurig - jy sal die klere kan dra wat jou hart begeer, want ek wil hê dat jy aansienlik moet lyk wanneer ek koster is. LEVINA: Ek is baie bly vir pa se part; maar ek wil eers vir pa wys wat pa se dogter kan doen; - ek wil my planne deursit, pa! LOOD: 'n Kind doen soms dinge waarvan 'n ouer g'n notisie hoef te neem nie! Jou planne is gevaarlik, my kind! LEVINA: Ek kan g'n gevaar sien nie! LOOD: Ek hoop so; maar ek sê vir jou dat die duiwel die sterkste is waar die mensdom opmekaar gepak is in die stawels huise, blok aan blok. Sê nou dat jy daar beswyk vir sy mag? Wat word van ons? LEVINA: Pa is darem bang; - hoe meen pa eintlik? LOOD: Wanneer ek jou laat gaan en jy kom tot 'n val, dan is my kosterskap ook na sy maai! Hulle sal jou onder sensuur bring; - jou oom Hein het my reeds gewaarsku. LEVINA: Ek sien! Pa is bang!... Omdat sy suurpruim van 'n dogter so salig op Slaplaagte sit, wil hy pa s'n ook hier hou, en pa gee in! - Syne is bang vir hom om hoë-hak skoene en sy-kouse te dra, en dis iets wat sy innerlik begeer; - omdat ek hulle lankal dra, is my oorblufte niggie afgunstig en venynig en haar bekrompe baasspeler van 'n pa vertoorn op my. Die duiwel is hier die sterkste in die ouderling se huis! LOOD: Stil Levina! Ons moet die kerk se opsieners eerbiedig.... LEVINA: Maar hulle moenie so nagaande wees nie en nie wil baasspeel oor 'n ander nie! {==141==} {>>pagina-aanduiding<<} LOOD: Ons moet maar verdra en onderworpe bly, Levina; - hou dit maar uit, my kind; - dis nie so erg as jy dit maak nie; - dis alles tot ons beswil; - ek neem g'n notisie daarvan nie! LEVINA (vat die hekelwerk, sonder om te hekel): Pa wil my paai, maar Pa sal notisie van my moet neem! (Ja ongeduldig die vlieë van haar gesig.) Dekselse goed! (Probeer hekel.) LOOD: Die vlieë is vandag besonder lastig. LEVINA: Die goed tempteer 'n mens! LOOD: 'n Mens moet maar geduldig die ongemakke van die ou wêreld dra! LEVINA: Ek kan nie soos pa en ma hier op Slaplaagte geduldig bly nie! LOOD: Wanneer dit eers gereent het, sal jy weer geduldig word, my kind. Dis droogte wat jou aantas. Dis maar tydelik! LEVINA: Dis die eentonigheid wat my klaar maak; ek sal hier nooit aard nie.... ek wil ook nie hier aard nie! LOOD: Ek verstaan jou nie, my kind! LEVINA: Pa sal my ook nooit verstaan nie, omdat pa nie kan voel soos ek voel nie.... hierdie doellose lewe van doilies hekel,... melk gaan haal, .... pos toe stap,... wasgoed wegbring;.... hierdie aldag selfdag is my dood! LOOD: Ek verstaan jou, maar jy verheel jou dit alles. LEVINA: Nee pa,... ek is hier in my eie pad... ek is in almal se pad; .... ek wil alleen vir myself sorg en nie op die nek van my ouers lê nie! LOOD: My kind, ek glo dat jou gestel uit order is.... dis die droogte. Gebruik kort-kort 'n lepel van die bitterolie, jou maag en lewer is uit order. LEVINA: Bitterolie! Droogte!... Pa se onverskilligheid maak my mal! Ek sal op hierdie kale buiteveld tussen al die liewe, goeie, geduldige mense sterf! LOOD: Ek wil jou goed glo, my kind; - al die goeie en geduldige mense op ons liewe ou aarde moet sterf. LEVINA: Kan pa dan nie verstaan dat ek nie soos pa hulle so ewe tevrede 'n bokvelletjie kan kernuffel nie? Moenie onverskillig word nie, pa!... Ag my liefste pa, gee my tog die kans om na Johannesburg toe te gaan. Ek gaan mos by ons eie bloedfamilie bly! Elke Sondag sal ek gereeld na die kerk gaan; - ek sal die aanneemklasse bywoon en elke maand geld vir julle opstuur. {==142==} {>>pagina-aanduiding<<} LOOD: Ons het nog nooit gebrek gely nie, Levina, en altoos nog goed sonder jou hulp klaar gekom. LEVINA: Maar julle lewe van die goedheid en genade van oom Heina hulle. Smorens moet ek in sy kombuis staan en wag vir die daaglikse kan melk; my staan en opkrop as hy 'n kooksel groente vir my gee, en ek skaam my dood as hulle my nog ander gunsies bewys.... Pa kry mos amper alles verniet. Dis ma wat onder die bondels wasgoed gedaan raak, en ek voel dis onreg om van daardie geld vir my te vat... Ek kan vir myself sorg... ek wil vir myself sorg! LOOD: Nee, my kind, sit daardie gedagte uit jou kop uit. Ek mag jou nie oop-oë in die verderf sien stort nie... LEVINA: Wat sal my verderf?... Hier!... Hier!... Alles hier sal my verderf. My eie gedagtes sal my hier in die verderf stort... Hier sal ek wegraak soos 'n pampoenrank!... En dan sal pa nog sê: my kindjie, neem 'n paar druppels van die bitterolie,... dis die klimaat wat jou aantas! LOOD: Moenie so te kere gaan nie, Levina! LEVINA: Ek sal raas!... Ek sal aanhou... LOOD: Levina!.... LEVINA (haar moeder kom binne; Levina val haar moeder om die nek): Ag my moeder, praat tog met pa!... Pa wil my nie verstaan nie! Pa maak my mal!... Pa moor my!... TANT LEVINA (stoot haar suutjies opsy): Jou vader is reg, my kind; - sy bedoelings is die beste om jou ontwil! Gaan lê 'n rukkie op jou kooi, en wanneer jy kalmer is, sal ons verder oor die saak praat. LEVINA: Ek sien die hele ding nou deur en deur:... julle span saam om my hier in die ellend te stort!... Julle wil my hier vashou!... Maar ek sal wegloop;.... ek sal trap al is dit môre!... ek sal wegloop tot in die verderf!... En dis julle skuld!... Julle soek daarna!... dis julle skuld!... (Wil na buite vlug, maar loop amper teen Harry Peach vas, wat net inkom - gil - vlug haar slaapkamer binne.) PEACH (kom dralend nader): Verskoon my tog, vriende, dit lyk nou sleg om om te draai. Ek besoek al ons mense;... maar as ek hier ontydig gekom het, sal ek omdraai en later weerkom... Ek het hier iets wat ek julle tog moet wys. {==*15==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding 2. UIT DIE DODEDANS IN DIE ABDYKERK VAN LA CHAISE-DIEU, AUVERGNE (ongeveer 1400-1410). ==} {>>afbeelding<<} {==143==} {>>pagina-aanduiding<<} LOOD: Nee vriend, kom maar binne;... Ons was maar net 'n weinig ontdaan! Levina... ek meen onse dogter... nee wat, dit sal reg kom... Sit maar... En hoe is die neef se van? PEACH: My naam is Peach, meneer Prinsloo; - ek het by die winkel gehoor dat u hier bly. LOOD: Peach nè. As jy hier gebly het sou ons jou perske verdoop... Ouvrou, kyk tog of daar 'n lafenissie in die ketel is. (T. Levina af.) PEACH: Moenie laat ek julle ‘trouble’ nie, my werk is om vir julle iets te wys, en ek wil 'n present gee wat julle vir julle lewe kan behou en julle kinders na julle. (Maak sy handsak oop en haal 'n pak portrette en vergrotings uit.) Ek sal enige portret van u Meneer Prinslo of van u vrou of van u kind of van julle almal saam, dit maak g'n saak nie, ek sal enige portret vergroot, so wesenlik, so perfek as niemand anders dit kan doen nie. En die gee ek julle dan vir 'n persent. Ek sal hom maak in kleure ook, net soos julle begeer. Kyk, dis die portret, en dis die vergroting, hier is nog baie; - ... dis die dogtertjie van die onderwyser van Bultvlei. Julle ken hom altemit... Hier is die oorlede president se vergroting.... Die kan ek julle ook persent gee as julle dit verkies... Ek het mooi skilderye ook. LOOD: Maar jy is alte goed om somar iets persent te gee... PEACH: Tog is dit so, meneer Prinslo; die vergroting is verniet, ek wil niks daarvoor hê nie. Hier is die slag van Bloedrivier; kyk hoe pragtig is die kleure; dit lyk of 'n mens die kaffers by hul nekke kan vat en hulle koppe teenmekaar kan stamp. (T. Levina kom binne met koffie.) Dankie, mevrou. LOOD: Sit maar neer, ouvrou. Ek dink dat ek hierdie een maar sal vat, meneer Peach, hy geval my goed. PEACH: Reg, meneer Prinslo; al wat ek van u wil hê is dat u die ‘frame’ en die glas by my bestel. U hoef nie alles nou te betaal nie; gee my net 'n deposit van tien sjielings... LOOD: 'n Deposit van tien sjielings? Jy vra 'n deposit op 'n persent? Bêre hom, ou vrind. Ek het g'n geld vir deposits nie. Hoe gaan dit met Levina, kyk 'n bietjie, my ouvrou! TANT LEVINA: Ons moet haar stil laat staan; die kind se senewees is heeltemal uit order. LOOD: Sy maak my dom! Ek begin so stadig aan te dink dat ons haar vir 'n week by sus Annie hulle moet laat kuier. {==144==} {>>pagina-aanduiding<<} PEACH: Is u kind siek, meneer Prinslo? Ek kan haar invat na die dokter toe. LOOD: 'n Dokter kan net so min aan Levina doen as 'n predikant aan 'n wederdoper. Sy dwing met mag en krag na Johannesburg toe om daar in 'n werk te kom. PEACH: Ek dink dat u dogter heeltemal reg is. TANT LEVINA: Ons voel so skrikkerig om haar na die vreemde plek te stuur. Die wêreld is vol verleiding. PEACH (laggend): So dink julle almal in die ‘backveld’, en dis totaal verkeerd. Die wêreld het so verander, dat julle hom nie bra verstaan nie! Wat tien jaar gelede 'n ongehoorde iets was, is nou 'n simpele saak. Dis nou die tyd dat elke mens moet agter homself kyk. Daar werk baie eerbare meisies in my besigheid. TANT LEVINA: Maar ons geaardheid en opvoeding is nie so nie. LOOD: Bly jy in Johannesburg? PEACH: Ek het 'n groot besigheid daar. Die meisies wat daar werk, word goed opgepas, en die werk is skoon... Ek het niks met julle sake te doen nie, maar as julle wil, sal ek vir julle dogter daar 'n plek kry. Vir 'n eerlike meisie van 'n opregte plaasboer kan ek altoos gebruik... Hier is my adres (oorhandig sy kaart). Laat haar net na my toe kom. Julle was baie vriendlik vir my; ek het 'n persent belowe, en hier is hy, meneer Prinslo (gee die ‘Slag van Bloedrivier’). Moenie so sleg van Johannesburg dink nie en ook nie van julle dogter nie. Gee haar 'n kans!... (Groet laggend - af.) LEVINA (storm die vertrek binne): Dankie tog, my liefste moeder! Dankie, pa! Ek het alles gehoor! Julle sal nooit berou hê nie! Die man het soos 'n besturing na ons toe gekom. Nou sal julle sien wat julle dogter werd is en wat sy kan verrig! LOOD (bewoë): My kind!... Jy ken die geskiedenis van die verlore seun. Ek voel soos die vader, want ons gee jou af aan die wêreld... Bewaar die reinheid in jou hart en bid gedurig dat die Here die reinheid in jou hart bewaar. (Gordyn.) JOCHEM VAN BRUGGEN. {==145==} {>>pagina-aanduiding<<} Richard Wagner en Johannes Brahms. DIE jaar 1933 is belangrik vir die musiek, omdat dit vyftig jaar gelede is dat Richard Wagner (1813-1883) oorlede is, en honderd jaar dat Johannes Brahms (1833-1897) die lewenslig aanskou het. Hierdie twee komponiste is deur hulle respektiewe bewonderaars voorgestel as onversoenlike teenstanders, maar hierdie voorstelling is verkeerd. Hulle werk lê op volkome verskillende gebied, waar elk 'n meester is: Wagner is amper uitsluitend operakomponis; aan Brahms dank ons vier simfonieë, konserte, kamermusiek, koorwerke, liedere. Hulle het mekaar se werke geken en gewaardeer, en dis verkeerd om Brahms te sien as die verdediger van die klassieke styl teen die rewolusionêr Wagner. Hy komponeer maar net in die styl wat hom pas. Soos in hulle kuns, so is hierdie twee kunstenaars teenvoeters in hulle lewe. Teenstand, verguising, aanvanklike gebrek aan begrip het hulle altwee ondervind; watter kunstenaar het dit nie moet deurmaak nie? Maar naas die veelbewoë, stormagtige lewe van Wagner lyk dié van Brahms amper burgerlikrustig. Veral twee faktore het die groot invloed bepaal wat Wagner se werke op die ontwikkeling van die opera uitgeoefen het: dat hy sy eie teksdigter was, en sy behandeling van die orkes. Die resep vir 'n opera voor Wagner se tyd is: neem 'n goeie drama, verknoei dit tot 'n slegte teks, en gee dit aan 'n komponis om daarvan 'n opera te maak! In Mozart se ‘Towerfluit’ vind mens 'n kombinasie van die skoonste musiek en die onsinnigste teks wat mens kan bedenk. In Beethoven se ‘Fidelio’ kom dit as 'n groot verrassing vir die ander spelers dat die jonkman Fidelo die vrou Leonore is, al begryp die toehoorders nie dat hulle dit die hele aand nog nie gehoor en gesien het nie. Met hierdie tradisie breek Wagner radikaal vanaf sy eerste opera. Sy teks lewer die inspirasie, en die musiek pas daarby van die begin tot die end. Hy soek sy teks in die ou geskiedenis (Rienzi, Die Meistersinger von Nürnberg), maar veral in die sage (Lohengrin, Tannhäuser, Der fliegende Holländer, Tristan und Isolde, Der Ring der Nibelungen, Parsifal). Om handeling en musiek aan mekaar te keten tot 'n onverbreeklike eenheid voer hy die ‘Leitmotiv’ in: 'n bepaalde persoon of handeling word reëlmatig begelei deur 'n karakteristieke musikale tema. Wagner hef daarmee die rol van die orkes op van 'n begeleidende instrument van die sang tot 'n integrerende deel van die {==146==} {>>pagina-aanduiding<<} opera. Miskien die treffendste toepassing van hierdie geniale idee vind mens in die derde tafereel van die derde bedryf van ‘Die Meistersinger’. Beckmesser, stadskrywer van Nürnberg en vrugtelose mededinger van jonker Walther von Stolzing na die hand van Eva Pogner, kom hier in die verlate werkplaas van die skoenmaker Hans Sachs (hoofpersoon in die opera). Hy sing nie en praat nie: net die orkes speel. Beckmesser loop opgewonde oor die toneel: die herinneringe aan die vorige aand laat hom nie met rus nie. Die orkes vertolk sy gedagtes in brokstukke van die motiewe uit die vorige akte; daar die publiek hulle al ken, lees hul die gedagtes af uit die orkesspel. Die orkes word in hierdie behandeling tydelik tot hoofpersoon: Beckmesser verskyn voor die venster en kyk in die winkel (orkes: serenade van Beckmesser aan Eva). Hy kom binne (orkes: vegparty-musiek). Hy kyk rond in die werkplaas (orkes: motief van Hans Sachs se oorpleinsinge uit die begin van die derde akte). Hy strompel 'n paar stappe en vrywe sy rug van pyn ('n stoterige ritme en 'n sterk dissonant van die strykinstrumente). Hy sit op die werkbankie van Sachs, maar spring direk weer op en bekyk die bankie, wat hom weer die gebeurtenisse van die vorige aand te binne bring (skoenmaak-motief, voorspel op die luit vir die serenade en vegparty-motief afwisselend). Hy kyk deur die venster na Pogner se huis, dink aan Eva, dan an Walther; sy jaloesie oorweldig hom, hy gooi die venster toe (Eva-motief, Walthermotief, vegparty-motief). Hy leun teen die werkbank en broei oor 'n nuwe lied (Sachs-oorpeinsing met serenade-motief). Dan sien hy opeens die blad papier waarop Sachs sojuis die lied opgeteken het wat Walther gemaak het. Hy vat dit en lees (orkes: ‘Preislied’-motief). Dan bars hy los in woede, en die lang episode van stil spel is verby. Hoe geniaal Wagner soms verskillende motiewe kontrapunties deureenwerk, blyk onder meer uit die orkesbegeleiding van Sachs se apologie van die Meestersangers (derde akte). Waar hy sing: ‘(Ehrt eure deutschen) Meister, dann bannt ihr gute Geister!’, set die orkes by die woord ‘Meister’ in met drie verskillende temas: 1. Die slotsang van Walther se pryslied, hier van 3/4 op 4/4 gebring deur die tydsduur van die eerste tel te verdubbel. 2. Die Meestersangersfeesmotief (die derde tema in die voorspel) in verdubbelde tempo, met 'n paar onbelangrike wysiginge vir die harmonie. 3. Die Meestersangersmotief, waarmee die voorspel insit, hier deur die bastuba, die swaar koperinstrument, geblaas. By Wagner vind mens nie meer die verdeling in arias en resitatiewe soos in die ouere operas nie: dis alles ‘dwarsdeur gekomponeer’. Mens vind dit ook in ‘Genoveva’ van Schumann, 'n vergete werk, die enigste opera van {==147==} {>>pagina-aanduiding<<} Schumann en ook werklik 'n mislukking. Die Wagnerse orkesvoorspel is inderdaad 'n inleiding tot die opera, gebaseer op die motiewe. Ook dit vind mens al in vroeëre operas (Mozart: ‘Don Juan’, ‘Towerfluit’, maar nie ‘Figaro’ nie; Beethoven: ‘Leonore’ 1, 2, 3), maar nie so konsekwent soos by Wagner nie. Sy geweldigste werk, al is dit nie sy mooiste musiek soos ‘Meistersinger’ en ‘Parsifal’ nie, is ‘Der Ring des Nibelungen’. Dis vier operas (‘Rheingold’, ‘Die Walküre’, ‘Siegfried’, ‘Götterdämmerung’) wat bedoeld is om op vier opeenvolgende aande opgevoer te word. Die teks ontleen hy aan die Germaanse godeleer. Baie bekende orkesgedeeltes is die ‘Feuerzauber’ uit ‘Walküre’, as Wotan die vuur rondom die slapende Brunhilde laat kom, en die treurmusiek by Siegfried se dood uit ‘Götterdämmerung’. Wagner het sy hervorminge ook uitgestrek tot die inrigting van die operagebou. Die gewone skouburg met sy klein orkesruimte, sy stalles en losies is akoesties vir opera-doeleindes nie juis in alle opsigte bevredigend nie. Hy verwesenlik sy plan met die stigting van die wêreldberoemde ‘Festspielhaus’ in Bayreuth. Dirigent en orkes is hier onsigbaar vir die publiek, wat net die toneel sien en wie se aandag nie deur die onvermydelike bewegings van dirigent en orkeslede gestoor word nie. Die sangers sien net die dirigent; die orkes is oordek en loop onder die toneel deur. Die beskikbare orkesruimte is groot, en al mag die klank bietjie minder ope en helder wees, die sangers word, selfs by sterk orkesbesetting, nie oorstem nie. Dis ook maar al te waar dat die klank van twintig viole wat saggies speel, baie aangenamer is as dié van vier viole wat sit en kras! Die resultaat sien mens in Wagner se orkesbesetting: in die vroeë operas, soos ‘Lohengrin’, skryf hy gewoonlik vir drievoudige besetting van die blaasinstrumente (‘Meistersinger’ selfs twee hobo's, twee klarinette, twee fagotte), in die ‘Ring’ egter vir vier of vyf, ag horings, ses harpe, dit alles gebalanseer deur 'n sterk besette strykorkes. Ook gebruik hy die min toegepaste blasers soos die klein fluit (piccolo), die lae hobo (Engelse ‘horing’ - dis heeltemal geen ‘horing’ nie), die basklarinet, die kontrafagot, bastrompet, kontrabastuba, kontrabastrombone. Mens moet hiermee vergelyk die orkesbesetting van die simfonieë en operas van Haydn, Mozart en Beethoven: een of twee fluite, twee hobo's, twee fagotte, twee horings, soms twee klarinette (Mozart, Simfonie in Es, operas, en al Beethoven se simfonieë), soms een of twee trompette en, as 'n groot uitsondering, trombones, piccolo en kontrafagot (finale Beethoven se vyfde; die beroemde kontrafagot-effek in Haydn se ‘Schöpfung’). Met hierdie ryk orkes bereik Wagner allerhande nuwe effekte; hy is 'n groot instrumentator soos Hector Berlioz, die pionier op hierdie gebied. Die {==148==} {>>pagina-aanduiding<<} groot tegniese verbetering in horing en trompet as gevolg van die invoering van die ventiele kom hom goed te pas. Ons moet egter bewonder hoe die ou meesters, soos Haydn, Mozart en Beethoven, gewoeker het met die beperkte moontlikhede en weinig beskikbare tone van die natuurhoring en- trompet. Johannes Brahms, wel genoem ‘die klassikus van die klassici’, is die boumeester onder die komponiste. Die vormgewing is in sy musiek van groot skoonheid en tree, met die ritmiek, meer op die voorgrond as melodie en harmonie. In hierdie opsig lyk Brückner op hom. Dis veral in sy groter werke, soos die simfonieë, dat dit uitkom. Neem die grootse inset van die langsame deel in die vierde simfonie. Die horings sit 'n statige tema in, breed en strak van ritme, die fagotte, dan die klarinette, hobo's en fluite kom by, maar alles op dieselfde note of in oktawe. Harmonie is daar nie, en dis nie die melodie wat die groot indruk maak nie: dis die ritme en wydse bou, soos van 'n magtige katedraal. Brahms het al vroeg sy bewonderaars gekry, maar hulle aantal was aanvanklik nie groot nie. Onder hulle moet spesiaal Schumann genoem word; hy het die groot gawe van Brahms dadelik erken en daarvan getuig in sy bekende tydskrifartikel ‘Neue Bahnen’. Selfs in ons dae kry Brahms nie die algemene waardering wat hy ongetwyfeld verdien nie. Baie musici vind sy werke duister, troebel, log en swaar en erger hulle aan sy voortdurende modulasies. Dis miskien dat die noordelike volke Brahms, self 'n Noorderling, beter kan begryp as die Suidelike. Die beweerde swaarheid is moontlik 'n gevolg van Brahms se voorliefde vir 'n sterk gevulde basakkord, in stryd met die natuurlike ligging van die harmoniese botone. Die omkeer in die algemene waardering vir Brahms begin met sy ‘Deutsches Requiem’, vir sopraan- en bariton-solo, koor en orkes. Dis dan ook 'n werk van groot skoonheid, waarin die koor ‘Denn alles Fleisch, es ist wie Gras’ en die sopraan-solo met begeleidende koor ‘Ihr habt nun Traurigkeit’ hoogtepunte vorm. Ook die kleiner koorwerke (Nänie, Gesang der Parzen, Schicksalslied), maar veral die talryke liedere bewys m.i. dat Brahms as vokaalkomponis hoër staan as Beethoven. As instrumentalis natuurlik nie. Sy simfonieë, pianokonserte, vioolkonsert somin as sy kamermusiek, hoeveel skoons hulle ook bevat, staan op dieselfde hoogte as die gelyksoortige werke van Beethoven. Dis merkwaardig dat Brahms so lank gewag het voor hy sy eerste simfonie komponeer. Hy gee self, in 'n brief, die rede aan: hy voel hom beangstig en gedruk deur die ontsaglike voorbeeld van ‘daardie reus’! Hy bedoel natuurlik Beethoven. Dis 'n bewys van sy beskeidenheid en selfkennis, soos ook dat hy ondanks sy bewondering vir Wagner - of miskien juis daardeur! - nooit 'n opera geskryf het nie. {==149==} {>>pagina-aanduiding<<} Brahms se veelsydigheid blyk wel hieruit dat tot sy beste werke, behalwe die reeds genoemde, gereken moet word: Vier ernste Gesänge (bariton en piano). Liebeslieder (solo sopraan, alt, tenoor en bariton; piano vierhandig). Drie trio's (piano, viool en cello), trio in Es (piano, viool en horing in Es), trio in A kl. t. (piano, klarinet en cello). Kwartette (piano, viool, alt, cello; twee viole, alt, cello). Pianokwintet en klarinet-kwintet; onder sy werke vir piano alleen veral die derde sonate in F kl. t., die Händel-variasies met fuga, die Rapsodieë en Intermezzo's. Dis goed dat die Brahmsviering hierdie jaar ook in ons land die aanleiding is om iets meer van sy werke te hoor; vir Wagner is dit, by gebrek aan 'n eersterangse operageselskap, nie moontlik nie. Enkele van sy voorspele en orkesgedeeltes uit sy operas word hier uitgevoer; dis die minste wat mens kan doen in ons land en die beste wat ons kan doen: 'n goeie indruk van Wagner se betekenis as komponis gee dit nie en kan dit nie gee nie. As ons op 'n reis na Europa die kans kry om 'n goeie opvoering van 'n Wagner-opera by te woon, laat niks ons dan daarvan weerhou nie! W.H. VAN DEN BOS. GEESTELIJKE ontwikkeling blijft een leuze in de lucht wanneer niet ieder huis in het bezit is van een boekerij. Een boekerij, dat betekent dat een gezin ingeschakeld wordt in den stroom der beschaving, het betekent versterking van het groote gemeenschapsleven en van het kleine gemeenschapsleven, de familie, tegelijkertijd, het beteekent dat overal volksgroepen opstijgen uit de ontmoediging en de verwildering. DR. P.H. RITTER, JR. {==150==} {>>pagina-aanduiding<<} Ons Dode. Hul kan nie alte ver wees, nee. En wat is vir ons denke verte, wat so geswind is soos die herte en lugtig swenk-swaai soos die ree? Net soos die herte, laat en vroeg, het rondgejaag in dorsversmagte my rustelose swerfgedagte; en nou is ek so moeg, doodmoeg. Want soos die hert wat skreeu van dors, gaan staan om na 'n stroom te luister wat pers in onderaardse duister terwyl dit voortbrand in sy bors, so 't ek gaan staan en was dit my toe 'k hoor die Lewensstroom se bruising, maar 't is 'n verre en diepe ruising, en 'k kan, helaas, nie naderby. Veldeensaamheid. Ek drink die ew'ge stiltes in Waar niks die vrede om my verstoor, waar ek die wêreld kwyt is en myself in eind'loosheid verloor. Ook in die verte is niks wat roer, die vee lê in die velde neer. My voet het ongemerk gaan staan, en my gedagtes dink nie meer. Ek kyk my in die vertes weg; wat in my eng was, word nou wyd, wat swaar was, lig... Is dit, my siel, geen oomblik uit die ewigheid? TOTIUS. (Uit ‘Passieblomme’.) {==*16==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding 3. UIT DIE DODEDANS IN DIE MARIA-KERK, LUEBECK (1463). ==} {>>afbeelding<<} {==151==} {>>pagina-aanduiding<<} Leipoldt as Digter. IV. IN Die Bergtragedie 1) hoor ons nie die hartstogtelike gevoelsdigter nie, maar die sagte mymeraar. Na die beste in ‘Uit Drie Wêrelddele’ vertoon hierdie werk 'n groot insinking. By die eerste lesing word ons ontstel en ontstem deur die chaotiese, die gebrek aan samehang. En ook by herhaalde lesing kan ons geen diepere eenheid, geen innerlike noodwendigheid bespeur nie. Na 'n lang natuurbeskrywing waarin die sentrale siening ontbreek, vertel die digter hoe 'n jong seun Tafelberg beklim, deur die mis oorval word en in 'n afgrond stort. Die siel verlaat die lyk, wat ons in sy jeugskoonheid uitvoerig geskilder word. Dit bring die digter tot 'n lang mymering oor die Skoonheid; daarna kyk ons saam met die siel neer op die panorama wat sig voor hom ontvou; 'n reeks liriese sange op Kaapstad, Stellenbosch, Pêrel, Wellington, Tulbagh volg. Dit word middag en nag, en die siel styg omhoog en los hom op in die ‘ruimt'lose eensaamheid’, die ‘wêreldsiel’. Net soos in die geval van ‘Dingaansdag’ is ook hier nie die stof die oorsaak dat die werk nie geslaag het nie - dis die gebrek aan sterk besieling, wat die stof tot 'n hegte eenheid moes saamgesmelt het. Browning sou van hierdie gegewe 'n grootse kunswerk geskep het. Maar Leipoldt besit nie die gawe van grootse komposisie nie, hy kan nie 'n werk van langer adem skep nie. Ook sy dramatiese werk bewys dit - sy werklik dramatiese skeppinge het òf monoloë gebly òf is as dramas nog te skematies (‘Die Heks’, ‘Die Laaste Aand’). Leipoldt is die digter van die kortstondige felle ingewing, hoewel daardie ingewinge 'n eenheid van sielelewe as agtergrond openbaar. Ons het reeds gesien hoe die ritme van die ontroering in sy styging en daling skoon versinnelik word in die harmoniese bou van hierdie korter gedigte. Maar in ‘Die Bergtragedie’ is die ontroering mat - die gevolg is die bandelose, die gebrek aan selfbeheersing en gevoel vir verhouding wat hierdie individualis juis dán so sterk kenmerk. Die hoofkonsepsie word so oorwoeker deur afsonderlike, dikwels bloot toevallige détails, dat dit daarin verstik. In plaas dat die hoofmotief: die siel wat skielik deur 'n katastrofe van die brose, vir aardse skoonheid so ontvanklike liggaam bevry {==152==} {>>pagina-aanduiding<<} word, styg op tot sy raadselagtige ewige bestemming van opgelos te word in die Alsiel, in plaas dat hierdie konsepsie, wat al lank in Leipoldt leef, uitgroei tot 'n grootse Idee, waaraan al die bykomstige van self ondergeskik is, sodat die geheel word 'n skone argitektuur, het ‘Die Bergtragedie’ verloop in 'n kunsmatig aaneengeskakelde reeks afsonderlike sieninge en mymeringe waarin die dinamiese stroom van die grote ontroering, die formerende krag van alle grote kuns, ontbreek. Dit het geword 'n wonderlike aaneenryging van langdradige natuurskilderinge à la Leipoldt in sy minder besielde oomblikke, wat reekse van détailsieninge bly, slegs selde fel of treffend van visie, dikwels slegs cliché of herhaling van sy vroeëre poësie, en mymeringe oor die skoonheid, met as toegif die nogal gewildsangerige liedere van die dorpe, persoonlike ontboeseminge van Leipoldt wat met die hoofmotief nie die minste verband het nie - die toppunt van gewildheid is wel die refrein ‘O Ararat, o Ararat’ in die lied die Pêrel. Die bewonderaar van Leipoldt wat ook agter hierdie digwerk die broeiende, maar nie fel lewende, nie tot groot kunsskepping ontgloeiende, digtersiel voel, ondervind dat langsaam sy ontstemming plaas maak vir weemoed, weemoed dat die sagte geneurie van ontroerde mymeringe soos die volgende nie deel uitmaak van die musiek van 'n grootse geheel nie: Ons lewe, deur die jare heen, Is soos 'n ligglans wat verdwyn In skemer wat die nag verleen Voordat die volle maanlig skyn - 'n Glans wat net genoeg is om Te wys die Weg wat ons betree, Voordat die nag se donker kom, En voor die Dood ons vrede gee - Die Weg wat deur die wêreld lei, Die sterre en komete oor, Die lug-omgorde heelal verby, En verder as die donker vóór. Weemoed dat die glansing van heerlike skildering soos die volgende telkens verdof tussen die grys-eentonige opsomming van détailsiening: {==153==} {>>pagina-aanduiding<<} Skoon kleure verf Die heerlike sonsondergang Waar in die wes die songod sterf, Met bont van pers en blou oorhang, En die oseaan Wat hyg benee die wonderprag Van kleurskakerings wat vergaan Al stadig in die skemernag - Weemoed dat die ryke afwisseling van versvorm en strofebou nie 'n gedragenheid van sielsmusiek verklank nie, dat hierdie gedig nie sy eie lewe van binne uit lewe nie, dat die skone slotverse daardeur nie geword het 'n heerlike Apoteose nie: Tot in die ruimt'lose eensaamheid, Rys statig op die siel, bereid Om, soos die druppels reën wat spat Neer op die onstuimige see se nat, Bereid is om hul waterkrag Te meng met die oseaan se mag, Sy eenheid en selfstandigheid, Sy eie Ek, wat Dood nòg tyd Kan breek of broksgewys verniel, Met daardie groter wêreldsiel Daarbuite die heelal se kring, Volmaak, oneindig een te ming. V. Wagg'lende halme in die wind - die blom wat verlep in 'n middag - Doww'rige, donsrige wolkies daarbo in die kroon van die hemel - Branders wat bloei tot 'n berg van smaraggroen-deurskynende skoonheid, Branders wat breek in 'n oomblik tot skuim waar die reënboog in lewe - Spinnerak-matte bedou met die soet, koele dou van die môre, Skitterende pêrels van vog, verwasem tot niks eer die skaduwee, Fier uitgerek, van die berg in die ooste verdwaal tot 'n vlek - Wat is die lewe meer as al hierdie vlugtige skoonheid? Reeds in ‘Dingaansdag’ besing Leipoldt die skoonheid, in verse wat nie juis getuig van sterk ontroering nie: {==154==} {>>pagina-aanduiding<<} Ja, iets wat Tyd nog Dood kan skinner, Nog aan sy mag kan perke stel, Wat meer as roem en rykdom tel Bly oor; die Skoonheid as oorwinner. In ‘Uit Drie Wêrelddele’ kom dieselfde gedagte weer voor (Slampamperliedjie XXVI), en in ‘Die Bergtragedie’ mymer hy oor die wese van skoonheid. Sy jongste bundel dra die naam Skoonheidstroos. 1) Leipoldt se skoonheid is nie Shelley se Intellectual Beauty nie, ‘the awful shadow of some unseen Power (that) floats though unseen among us’; dis ook wesensverskillend van die hieraan verwante panteïstiese godheid voor wie Perk geknield lê: ‘Schoonheid, o, Gij, wier naam geheiligd zij.’ Ook bid Leipoldt nie soos Adama van Scheltema tot die ‘Schoonheid die in de hemel zijt, die in de wereld zijt, die in ons zelven zijt’, om te gee ‘van uw geweldigheid, van uw deemoedigheid, van uw dapperheid’ om groot en goed en eerlik te lewe nie. Sy lewe is ook nie een strewe na die suiwere verbeelding van die sinnelik waarneembare skoonheid soos Keats se kort lewe was nie. Leipoldt mis die suiwer artistieke drang en die alles bykomstigs verterende intensiteit van die Engelse digter met sy ongelooflike eenheid van doel. Vir hom is die skoonheid 'n troos: Om lewe ryker, godliker te maak Vir peinsend siele wat deur aards geweld Verbyster word, deur werklikheid gekwel Tot moedeloos twyfel aan die lewenstaak. So is dit reeds in sy eerste bundel waarin hy ontkom aan die skrynende smart deur hom met kinderlike onbevangenheid oor te gee aan die heerlike natuur, wat hom dan weer nuwe moed gee om aan te spoor: ‘Klim op, klim op met die slingerpad’. So is dit ook in sy derde bundel waarin hy juig ‘somer en son en safier vir my’. En namate die stryd in sy siel hewiger woed, die gevoel van eensaamheid skrynender word, gee hy hom meer bewus oor aan die skoonheid wat vergetelheid bring. Daarom kry sy poësie later 'n koorsagtige aksent, gaan die selfbeheersing dikwels verlore. Dit word 'n bedwelmingsmiddel om te ontkom aan sy smart. In ‘Die Bergtragedie’ en ‘Skoonheidstroos’ gaan Leipoldt meer bewus nadink oor die wese van die skoonheid, en die grondtoon van hierdie mymeringe (hoe gebrekkig en swak-besield ook dikwels verwoord in die eers- {==*17==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding 4. UIT DIE DODEDANS VAN DIE KNEKELHUIS IN METNITZ, KAERNTEN (ongeveer 1500). ==} {>>afbeelding<<} {==155==} {>>pagina-aanduiding<<} genoemde digwerk, is tekenend vir sy digterpersoonlikheid. Die skoonheid bly nie slegs die huiwering van die sinne nie, dit word egter ook nie 'n buite die siel bestaande metafisiese mag nie - die wese daarvan lê vir hom in die daad van die siel wat dit sig eie maak. Nie in die uiterlike bekoring lê die skoonheid nie: Maar in die siel wat sublimeer Tot goud die skrale sinsprofyt Uit rein gevoel, en keer op keer Dit omskep tot nuwe heerlikheid. En daarom: Nie één van dié, Musiek nòg woorde en kleure, kan Die innerlike harmonie, Die wese van die skoonheidsplan Verklaar nie. Krag Om te besef wat skoonheid is, Lê in die siel wat skoonheid ag As sy onsterflike erfenis. Dis kenmerkend van hierdie individualis en eensame soeker dat die waarde van die skoonheid vir hom lê in die verwerwing daarvan deur die siel. Daarom kan hy selfs praat van ‘vir skoonheid sy siel ontgin’. En daarom kom hy in sy roerende ‘Kersnaggebed’, waarin die toon van 'n waaragtige gebed tril, nadat hy gesmeek het om naasteliefde, om krag tot troue vervulling van sy plig, om die strewe na ware kennis, om geduld as die ouderdom kom, om volharding, tot die skone klimaks: Ek smeek U, Heer, om hulp dat ek behou Die wonderskat my toebedeel as kind: Dat ek, in wat ek op U wêreld vind, Weerkaatsing van U godlik skoon aanskou. Hierdie skoonheid bloei telkens vir hom op in die natuur en laat hom, wat so uiters ontvanklik is vir sinsindrukke, huiwer van geluk. Hierdie geluk is die troos waarmee hy sy vermoeide, afgestrede siel verkwik. {==156==} {>>pagina-aanduiding<<} ‘Skoonheidstroos’ bring geen nuwe Leipoldt nie, geen nuwe, verrassende ontwikkeling van sy talent nie. Dit vertoon wel groter rustigheid en selfbeheersing. Dit vertoon nog al die gebreke van ‘Uit Drie Wêrelddele’, maar in minder mate. Die hewige stryd, die opstandigheid is verby, die grondtoon klink vaster, sekerder - die pessimisme is nog daar, klink 'n enkele keer nog fel op, maar gewoonlik bly dit meer op die agtergrond, gedemp van kleur al die verse met 'n sekere berustende droefgeestigheid. Agter die natuurbeskrywinge skryn gedurig die besef op van die voortvlugtige, die verganklike van die aardse skoonheid. Die grootste deel van hierdie gedigte beantwoord dan ook nie aan die beskrywing wat die digter self in Slampamperliedjie XIX gee nie: Soos 'n borrelende vink sy hart verlos Van die sang wat opbruis en uiting moet vind As hy swaai op die tak van die swarthoutbos, Gestreel deur die sag-koel môrewind; Soos die seemeeu sing as hy ooswaarts gly Op sy sterke wieke die branders oor, Omhoog, omhoog in die blou lug, vry, Deur die skyn van die son en die see bekoor - So sing ook die hart wat die skoonheid min, Want skoonheid bekoor soos die son en die see; En hy wat vir skoonheid sy siel ontgin, Skenk terug in sy lied wat die lewe hom gee. Die meeste gedigte in hierdie bundel is wel sang, die digter skenk daarin ook wel ‘terug in sy lied wat die lewe hom gee’, maar die hartstogtelikspontane, die juigende wat in die eerste twee strofes van hierdie lied uitgebeeld word, hoor ons lank nie in al die gedigte nie. Dis natuurlik nie die bedoeling om al hierdie gedigte uitvoerig te bespreek nie. Ek sal slegs by enkele van die belangrikste stilstaan. In ‘Pater Servaas’ openbaar Leipoldt hom as die fyn-ironiese verteller. Die geestige spot, wat tog altyd simpatiek bly, met die dogmatiese pater wat so jammerlik faal in sy geesdriftig ondernome sending om die glimlaggend-hoflike, in die redeneerkuns so geslepe Oosterlinge te bekeer, en wat sy eie geloof alleen deur 'n roemlose vlug red, is heeltemal in ooreenstemming met Leipoldt se lewensbeskouing. Hoe fyn-geestig is die volgende portret: {==157==} {>>pagina-aanduiding<<} En Abdoel Feisal - koddig dat 'n gees, So groot, tevree met stof so klein kan wees As hierdie liggaam, uitgeput en teer; Die kind-fyn hande deur die tyd verweer, Die skerp gelaat deur ouderdom besaai Met rimpels wat sy ruwe werk verraai; Die fonk'lende oë, gulsig na die lig En selwers vol daarvan, die bleek gesig, Die dun sarkasties' lippe met hul lag - Dis Feisal wat na waarheid soek en wag. Mooi is die siening in ‘'n Kersnaglegende’ van Judas wat ronddwaal ‘stok-oud, gebroke, en alleen’ op die Noordpoolvelde. Na die skone, innige ‘Kersnaggebed’ volg 'n reeks sonnette, waarin poësie voorkom wat tot die beste en meest tipiese van hierdie bundel behoort. Die twee sonnette op ‘Die Pan’, ‘In die Suringtyd’ en die twee op ‘My Moederstad’ gee pragtige skildering, maar styg nouliks bo skildering uit. Opmerklik is dat ons in die eerste sonnet op ‘My Moederstad’ wat die opset betref onmiskenbare invloed merk van Totius se ‘Die Oue Put’. Die res van die twintigtal tref ons deur die kragtige toon en die selfopenbaring wat die digter daarin gee. In ‘Voorbeelde’ bring hy ‘as allenigheid my moedloos maak’, 'n slapelose nag deur temidde van die natuur, en dan: Rys voor my op, in droomgestaltes dig, Die ontelb're siele van die voorgeslag Wat ook alleen gestaan het om te stry Vir wat hul reg geag het, eer en plig. Dan kry ek in my eensaamheid 'n krag So sterk as ooit 'n sterflik mens kan kry! Ook in ‘Die Las van Lang Verlede’ klink die ou toon op: O, bitterskoon was alles, en versot Op skoonheid was die siel wat, vir sy loon, Gefolter is om daeliks, waar hy kyk, Die afval-as van al sy moedeloos stry, Die flenters van sy ideaal te aanskou... Hoe hoor ons weer die toon van pessimisme en van manlike pligsaanvaarding in ‘Die Teenkant’ - al die heerlike skoonheid is hy bereid om af te staan: {==158==} {>>pagina-aanduiding<<} Dit sal ek afstaan, soos ek moet, tevree; Ek het dit tog bewonder en gehoor, Daaruit geput my troos en sielsplesier Wat moed tot deurvolharding steeds kon gee, Voordat die teenkant, met sy smart, versmoor Die liefde wat my lewensloop versier. Die verleiding om van hierdie skone gedig ook die pragtige oktaaf te siteer, was groot. Want hierdie gedig is skoon nie alleen as gedig nie, maar veral ook as sonnet. Dit is ook die geval met ‘As ek moet kies...’, waarin die motief van ‘Mymering’ (‘Uit Drie Wêrelddele’) terugkeer, en met ‘Kinderverstand’, met die heerlike plastiek van die oktaaf: Ek soek, in pelgrimstogte deur die duine Die stem wat eenmaal ek as blootsvoet kind Gehoor het en verstaan het in die wind, En in die see se growwe bas-basuine, In kreun en kraak van branders wat die bruine Geknoeste bamboes uit mekaar ontbind, En waterskoon en waterkleur verslind, En strandkastele wegslaan om in puine Te lê te treur! Let op die pragtige antiklimaks van die laaste half-vers - veral op die ritme. Hoe graag sou ek ‘In die skemer’ uitvoerig vergelyk het met ‘Die Soutpan’ - ook hier, in sy latere gedig, die geestelike siening van die landskap, maar hoe heel anders en met heeltemal verskillende middele uitgebeeld. Hier nie die détailindrukke, veral van die oog, nie, hier waai die misterie ons toe uit die forsgesiene grootse silhoeëtte wat geheimsinnig opdoem in die flou maanlig - en in die slotverse stroom die verborge lewe te voorskyn wat die hele sonnet besiel: En in die stilte wat die aandlug streel, En soos 'n seën rus oor die hele land, Ruis deur die nag die weergalm van sy lied. Leipoldt bly in ons letterkunde nog altyd onoortroffe as sonnettis. Verskillende van hierdie gedigte sou as uitnemende voorbeelde kan dien om die wese van hierdie heel besondere kunsvorm aan te toon. {==159==} {>>pagina-aanduiding<<} Ook die verdere deel van die bundel is ryk aan ontroering, aan plotseling opbloeiende skoonheid. Ek ken in ons hele letterkunde geen vers wat 'n groter wonder van klank en ritme en siening is as die eerste vers van die mooi ‘Branderlied’ nie: Die blou van die bewende see waaroor die wit seemeeue skree - Luister ook na die slot-akkoord van hierdie lied van die brander wat ‘stroom uit die diep oseaan’: En my hoof na die hemel gerig, rol ek voort in 'n dond'rende skaar. Wat 'n weelde van natuurprag in ‘Bosveldlied’, en hoe gloei en bewe in ‘Waarom’ die yle, voortvlugtige skoonheid van die verganklike. Daarnaas vind ons minder besielde gedigte; meer as een gedig word ook geskend deur onsuiwerhede, deur verse waarin die bedenkende verstand die verkwynende besieling te hulp moet kom met 'n gedagtebeeld. Ons hoor van: Die sagte middag-seewind, wat die skroei Van die loodregte, louwarm sonstraal snoei. en dat: die lug se blou-bleek perlemoen Deur die somer se goud word gesoen tot 'n mengsel van minlike kleur. Ons hoor van ‘die hand van die outyd’ en van die winter se yskoue hand wat die nuwe kleure geverf het oor die land. En so sou ek tal van voorbeelde kan aanhaal. Ook die sonnette is glad nie almal vlekkeloos nie. Hoewel daar in hierdie opsig 'n groot vooruitgang te bespeure is, sondig Leipoldt nog menigmaal teen die taal - die Engelse ‘met’-basil tier nog welig. * * * As individualis in die dieper sin van die woord is Leipoldt uniek in ons letterkunde. Langenhoven word 'n individualis genoem, en hy is dit ook - in 'n ander sin. In sy verset teen alle skyn en onegtheid, - in sy geestigheid en humor, selfs in sy mees verrassende wendinge en verbluffend grillige invalle is hy altyd in die eerste plek die tolk van die volk. Sy stryd is teen magte buitekant hom, hy is nooit eensaam nie, agter hom staan die volk, van wie se mentaliteit hy 'n geniale uiting is. Leipoldt stry sy stryd alleen, 'n {==160==} {>>pagina-aanduiding<<} stryd van die magte in sy siel. Alleen uit die latere poësie van Totius spreek 'n individualisme wat in sommige opsigte verwant is aan die van Leipoldt. As die smarte van die lewe hom murw geslaan het, kom 'n namelose droefheid en verlatenheid sy siel soos 'n vloedgolf oorweldig: Net soos 'n skaap wat siek is, dwaal en uit die kudde, stil aan 't wei, verlate alleen wil agterbly - so dwaal ek weg, en wil my gees in eensaamheid gekoester wees. Hier nie die heftigheid en opstand van Leipoldt nie, en die klag verstil as die digter die vertroosting van sy geloof weer deelagtig word. Op my ou ramkietjie Met nog net een snaar Speel ek in die maanskyn Deurmekaar. So het Leipoldt self sy kuns gekarakteriseer. Jong Suid-Afrika sê seer seker nie meer ‘Halfpad mal!’ nie, maar het in hom een van sy beste digters, een van sy interessantste kunstenaarpersoonlikhede leer waardeer, in sy poësie die eerlike, spontane uiting van 'n modern-komplekse siel, die sielekreet van 'n mens gehoor. Sy jongste bundel bring die openbaring van verhewigde skoonheidsontvanklikheid, van 'n rustiger lewensbeskouing en groter artistieke selfbeheersing. ‘Skoonheidstroos’ bring 'n skone belofte vir die toekoms. G. DEKKER. Potchefstroom, Januarie 1933. {==161==} {>>pagina-aanduiding<<} Deur Hoop Gemartel. ONDER die kelders van die Kerklike Geregshof van Sarragossa het, jare gelede, die eerwaardige Pedro Arbuez d'Espila, sesde prior van die Dominikane van Segovia, derde Groot-Inkwisiteur van Spanje, gevolg deur 'n fra redemptor (meestermartelaar) en voorafgegaan deur twee dienare van die inkwisisie-regbank - laasgenoemdes met lanterns in die hand -, een aand teen skemer afgedaal na 'n onderaardse gevangenishol. Die grendel van 'n swaar deur knars: hulle tree 'n bedompige in-pace 1) binne, waar 'n klein venster bó slegs vaag, tussen ringe in die muur ingemessel, 'n pynbank, swart van die bloed, 'n komfoor en 'n kruik laat sien. Op 'n hoop vuil strooi en opgerig gehou deur kettings, met die yster halsbeuel om die nek, sit 'n man van 'n voortaan onbepaalbare ouderdom, verweerd en in toiings. Hierdie gevangene is niemand anders as Rabbi Abarbanel, 'n Aragonse Jood, wat - beskuldig van woeker en hardvogtige onverskilligheid teenoor die Armes - reeds meer as 'n jaar lank elke dag op die pynbank gemartel is. Ewewel, aangesien ‘hy in blindheid net so verhard is as sy huid’, het hy nog altyd geweier om sy geloof af te sweer. Trots op sy afkoms van etlike duisende jare, groots op sy voorouers van oudsher - want alle Jode wat die naam waardig is, is jaloers op hulle afstamming - het hy, volgens die Talmud, afgestam van Othoniël en gevolglik van Ipsiboa, vrou van hierdie laaste Rigter van Israel - 'n omstandigheid wat hom tot sterkte was in die ergste van die oneindige martelinge. Dit is dus met trane in sy oë oor hierdie verharde hart wat die saligheid verwerp, dat die eerwaardige Pedro Arbuez d'Espila die sidderende rabbi nader en as volg toespreek: ‘Wees verheug, my seun: jou beproewinge op aarde gaan 'n einde neem. Indien ek, om soveel hardnekkigheid, met leedwese moes toelaat dat jy veel liggaamskwelling ondergaan het, my taak van broederlike tereghelping het tog sy perke. Jy is die weerspannige vyeboom wat so dikwels sonder vrug gevind is dat hy uitgeroei moet word.... maar dis aan God alleen om oor jou siel te oordeel. Miskien sal die lig van Eindelose Goedertierenheid oor jou skyn in die laaste uur! Ons moet dit hoop! Dit het al tevore gebeur... mag dit so wees! Rus dan in vrede vanaand. Môre sal jy die auto da fé 2) ondergaan; {==162==} {>>pagina-aanduiding<<} dit wil sê, jy sal blootgestel word aan die quemadero, die vlamme wat die voorsmaak is van die Ewigdurende Vuur: dit brand, soos jy weet, my seun, van vèr, en die Dood neem ten minste twee, dikwels drie uur om in te tree, as gevolg van die ysverbande waarmee ons die voorhoof en hart van die brandoffer beskerm. Julle sal altesame slegs drie-en-veertig wees. Bedink dus dat jy, aangesien jy in die agterste ry geplaas sal word, oorvloedige tyd sal hê om God aan te roep en Hom hierdie vuurdoop, wat van die Heilige Gees is, aan te bied. Hoop dus op die Lig en rus.’ Aan die einde van die betoog gee Don Arbuez 'n teken dat die ongelukkige ontketen word, en hyself omhels hom liefderyk. Vervolgens is die fra redemptor aan die beurt; fluisterend smeek hy die Jood om hom te vergewe vir die marteling wat hy hom met die oog op sy bekering laat ondergaan het. Dan word hy omhels deur die twee dienare wie se kusse deur hulle mantelkappe geluidloos gegee word. Die plegtigheid is ten einde, en die gevangene word alleen en verbysterd agtergelaat in die duisternis. Rabbi Aser Abarbanel staar met 'n droë mond en 'n deur lyding verdwaasde uitdrukking op die gelaat na die geslote deur sonder om te sien. ‘..... Geslote?’ Die woord op sigself wek 'n illusie in sy verwarde brein, die illusie dat hy vir 'n oomblik die lig van die lanterns deur 'n skrefie tussen die muur en die deur gesien het. 'n Sieklike besieling van hoop, veroorsaak deur die verswakking van sy verstand, ontroer sy hele wese. Hy sleep hom na die ongewone verskyning! En baie saggies terwyl hy sy vinger met groot voorsorg inskuif in die kier, trek hy die deur na hom toe oop.... Verbystering! Deur buitengewone toeval het die dienaar wat dit toegemaak het, die groot sleutel gedraai voordat die deur teen die klipkosyn gestamp het, sodat die verroeste tong van die slot nie in die huisie geskiet het nie en die deur opnuut die krot binneswaai. Die rabbi waag 'n blik na buite. In die bleek lig van skemering onderskei hy eers 'n halfsirkel van grondkleurige muur waarin 'n spiraalvormige trap opgaan; hoër voor hom, bo vyf of ses kliptrappies, 'n swart portaal wat toegang verleen tot 'n uitgestrekte gang, waarvan hy hier van onder net die eerste gewelwe kan sien. Hy strek hom dus op die grond uit en kruip tot op die drumpel van daardie portaal. - Ja, dit is wel 'n gang, maar onmeetlik lank! Bleek daglig, 'n droomskynsel, verlig dit: nagliggies bo aan die gewelwe werp 'n blouagtige skynsel neer in die matte kleur van die insyferende lig... die einde van die gang verdwyn in die duisternis. En nie 'n deur langs die hele uitgestrektheid nie! Net aan die een kant, die linkerkant, is daar in die muur ysterbetraliede luggate waardeur 'n skemerlig syfer, seker dié van sonsondergang, want af en toe val daar rooi strepe lig oor die plaveisel. {==163==} {>>pagina-aanduiding<<} En hoe verskriklik stil is dit!.... Tog kan daar ver, aan die ander end, in die diepte van die wasigheid, 'n uitgang na vryheid wees! Die flikkerende hoop van die Jood is hardnekkig, want dit is die allerlaaste. Sonder aarseling dus waag hy hom op die plaveisel, al onder die luggate langs, en probeer om homself te laat saamsmelt met die donker kleur van die mure. Hy sleep homself langsaam vorentoe op sy maag en onderdruk telkens 'n smartkreet as 'n ope wond teen die stene stamp en hom laat sidder van pyn. Plotseling dring die geluid van naderende voetstappe tot hom deur in eggo van die steengalery. 'n Rilling gaan deur sy lyf, angs verstik hom, sy oë verdof. Nou ja, dis gedaan, dis seker! Hy vou homself op in 'n hoekie, en half-bewusteloos van angs wag hy. Dis 'n dienaar wat haastig aankom. Hy gaan vinnig verby met 'n marteltoestel vasgeklem in die hand, sy gesig agter die monniksmantel verberg - aaklig - en verdwyn. Die ontsteltenis het die rabbi se lewenskrag as 't ware tydelik uitgeblus, en byna 'n uur lank kan hy nie die geringste beweging maak nie. Uit vrees dat hy dubbele marteling sal ondergaan as hy gevang word, begin hy daaraan dink om terug te keer in sy sel. Maar die vroeëre hoop fluister hom weer daardie goddelike ‘Miskien’ toe wat troos gee in die grootste nood! 'n Wonder het gebeur! Hy mag nie meer twyfel nie! Hy begin dus weer aan te kruip na die moontlike oord van ontsnapping. Afgemat van pyn en honger en bewende van angs, gaan hy vorentoe! - En die grafagtige gang skyn op geheimsinnige wyse langer te word terwyl hyself maar aanhou voortgaan en altyd instaar in die duisternis voor, daar vèr, waar daar 'n uitkoms tot redding moet wees. O! O! Daar klink die voetstappe weer, maar hierdie keer langsamer en somberder. Die wit-en-swart gedaantes van twee inkwisiteurs met langwerpige hoede tree te voorskyn in die matte lig in die verte. Hulle praat op 'n fluistertoon en skyn te argumenteer oor 'n belangrike saak, want hulle maak heftige handgebare. Rabbi Aser Abarbanel sluit sy oë: sy hart klop om te sterf; sy verflenterde klere is klam van koue angssweet; hy bly sprakeloos lê, roerloos, uitgestrek langs die muur in die lig van een van die solderlampe, roerloos, in vurige smekinge tot die God van Dawid. Die twee inkwisiteurs kom tot regoor hom en bly in die lig van dieselfde lamp staan - ongetwyfeld laat die loop van die gesprek hulle toevallig juis hier stilstaan. Een van hulle kyk, al luisterend na sy metgesel se argumente, strak na die rabbi! En onder daardie blik, waarvan hy in die begin nie die afgetrokke uitdrukking opmerk nie, voel die ongelukkige weer die vurige tange invreet in sy vlees. 'n Nuwe aanklag en 'n nuwe foltering wag hom dus! Byna bewusteloos, met swaar ademhaling en bewende ooglede, ril hy oor sy hele liggaam as die monnik se mantel aan {==164==} {>>pagina-aanduiding<<} hom raak. Maar, vreemd en tog natuurlik, die blik van die inkwisiteur was klaarblyklik dié van iemand wat diep in gedagte is oor wat hy gaan antwoord, met sy hele aandag in beslag geneem deur wat hy hoor; sy oë is star - en skyn na die Jood te kyk sonder om hom te sien! Inderdaad, 'n paar oomblikke later sit die twee onheilspellende diskuteerders hulle wandeling al fluisterend voort na die binneplein waaruit die gevangene gekom het: Hulle het hom nie gesien nie!.... En plotseling flits daar deur die verskriklike warreling van gewaarwordinge die gedagte: ‘Sou ek reeds dood wees dat hy my nie gesien het nie?’ 'n Afgryslike gesig ruk hom skielik uit sy bedwelming: terwyl hy na die muur vlak voor sy gesig kyk, meen hy dat hy daar regoor syne twee wreedaardige oë sien wat hom aanstaar!... Hy ruk sy kop agteruit in skrikbeweging... Maar nee! nee! Hy betas die klippe met sy hande: dis die weerkaatsing van die inkwisiteur se oë wat hy nog in sy eie bewaar het en wat nou deur twee kolle op die muur teruggewerp word. Voorwaarts! Hy moet hom haas na die doel wat hy hom, waansinnigerwys natuurlik, as die redding verbeel! na die duisternis wat nou nie meer as 'n tree of dertig van hom af is nie. Hy hervat dan vinniger as tevore op knieë, hande en maag sy weg van smart, en weldra kom hy in die donker deel van die skrikaanjaende gang. Meteens voel die armsalige skepsel 'n tog van koue lug op sy hande wat op die plaveisel rus; dis 'n sterk trek van onder 'n klein deurtjie waarop die twee mure uitloop. O God! as die deur uitgaan op die buitewêreld! Die hele wese van die armsalige vlugteling ondergaan 'n duiseling van hoop! Hy bekyk dit van bo tot onder sonder om veel te kan onderskei in die donker. Hy betas die deur: geen slot of grendel nie - 'n klink!... Hy rig hom op: die klink skuif onder sy duim; die deur swaai geruisloos voor hom oop. ‘Halleluja!....’ prewel die rabbi met 'n groot sug van danksegging, terwyl hy nou regop op die drumpel staan en die toneel voor hom gadeslaan. Die deur het oopgegaan op tuine, onder 'n sterbestrooide hemel! Op die Lente, die Vryheid, die Lewe! Dit kyk uit op die omliggende velde, op die verre Sierras waarvan die kronkelende kartellyne blouagtig afgeteken staan teen die horison - daar, dáár is die Vryheid! - O! om te ontvlug! Hy sal die hele nag deur die lemoenboorde loop, waarvan die geur nou na hom aangesweef kom. As hy eenmaal in die berge is, is hy veilig! Hy adem die frisse, geheiligde lug in; dit laat sy longe uitset, gee hom sterkte. Hy voel in sy onstuimige hart die Veni foras! 1) wat Lazarus eens gehoor het! En om nogmaals die God te dank wat hom hierdie genade betoon het, strek hy sy arms voor hom uit en hef sy oë op na die Hemel. Hy is in verrukking. {==165==} {>>pagina-aanduiding<<} En toe lyk dit of die skaduwee van sy arms op hom terugkeer, asof daardie skadu-arms hom omvat, hom omhels, - en dat hy liefderyk teen iemand se boesem gedruk word. 'n Lang gestalte is inderdaad langs syne. Sonder argwaan kyk hy af na daardie gedaante.... en hy bly roerloos staan, hygend na asem, verdwaasd, en met verstarde blik. - Verskrikking! Hy is in die arms van die Groot-Inkwisiteur self, die eerwaardige Pedro Arbuez d'Espila wat hom aankyk met betraande oë en soos 'n goeie herder wat 'n afgedwaalde skaap terugvind... Die sombere priester druk die Jood teen sy hart met so'n heftige opwelling van liefde dat die hare van die Dominikaan se boetrok deur sy kleed op sy bors steek. En terwyl Rabbi Aser Abarbanel, met oë omgekeerd onder sy ooglede, roggel van angs in die arms van die strengvrome don Arbuez en met sy verwarde verstand begin begryp dat al die fases van die noodlottige aand niks anders was nie as net 'n nuwe voorbedagte marteling, dié van die Hoop, prewel die Groot-Inkwisiteur in sy oor met asem brandend-droog van vas, op 'n toon van ontroerende verwyt en met 'n uitdrukking van ontsteltenis: ‘En nou, my seun? Op die vooraand miskien van jou saligwording... wou jy ons dan verlaat!’ Uit: Nouveaux Contes Cruels (Mercure de France, Parys, 1922) van Philippe Villiers de l'Isle-Adam, vertaal deur J.F. MARAIS. {==166==} {>>pagina-aanduiding<<} Simon van Cyrene. En hulle 't jou gedwing om ook Sy kruis te dra! - Jy sien Hom strompel teen die hang. Jy sien die druppels bloed die aarde vang. Die massa kook, en in jou ore suis gejouel, spot, - geween; die skerp rinkink van wapens skeur die lug; bevele snar; - Jou veldgemoed kan skaars meer dink, en star kyk jy Hom aan, wat deur die stofdamp blink. Jy sien Hom strompel teen die hang. - ‘Hier jy! Kom help die kruisbalk dra!’ - Gebreekte oë sê dank! - En skielik in jou diepste vlam 'n deernis, dieper as die mededoë vir vrou of kind... Vaag in sy donker kry Ook Afrika die Lig - en sien - die Lam. Motte. Waar kom die motte, die motte vandaan, as dit buite so reën, as dit buite so reën? Is die blare te klein om hul skuiling te gee, as die hemel so seën, as die hemel so seën? Waar kom die grys-groen motte vandaan? Ek dink hulle kom na die lig van 'n lamp, wat herberg gee as die strome so spoel, as die winde die blomme se stingels breek en die blitse die hemel deurwoel, deurwoel. Ek dink hulle kom om skuiling te soek by 'n liggie wat brand in 'n mens se siel. Want hul dons is so fyn en hul voelers so mooi dat sò'n liggie hul nimmer of nooit sal verniel. KLEINJAN. {==167==} {>>pagina-aanduiding<<} Die Nieu-Hebreeuse Letterkunde. 1) DIE Hebreeuse letterkunde is nou in sy vierde millennium. Daar is seker min volke in die hele wêreld wat op meer as drieduisend jaar geskiedenis van hul literatuur kan terugsien. Hierby moet nie vergeet word nie dat daar tussen die oudste voortbrengsels van die Hebreeuse letterkunde en dié van vandag, wat die taal betref, onvergelyklik meer ooreenkoms en verband bestaan as, by voorbeeld, tussen Middel-Nederlands en die teenswoordige Nederlands, of tussen die taal van die Angel-Saksiese kronieke en die huidige Engels, tussen Latyn en Italiaans of Oud-Grieks en Nieu-Grieks. Die seun uit die Oor-Jordaanse stad Sukkot wat die name van die sewen-en-sewentig aansienlikes en oudstes van sy stad vir die Rigter Gideon kon opskryf, sou seker nie baie moeite gehad het om heelwat van die kortverhale van die skrywers van sy ou volk van vandag te lees en te geniet nie, as hulle maar net in die Oud-Hebreeuse skrif geskryf was en 'n paar veranderde lewensomstandighede vir hom verklaar was. Tog lê tussen hom en vandag 'n tydsruimte van meer as dertig eeue. En die seuns van Juda wat uit een van die oudste Hebreeuse digbundels, Die Boek van die Opregte, die Klaagsang van Dawid op die gesneuwelde Saul en Jonatan moes leer, sou seker nie baie meer moeilikheid gehad het met die leer van Perets of Bialik se verse nie. Tog is die geskiedenis van die Hebreeuse taal en letterkunde vol lewe en beweging. ‘Opgaan, blinken en verzinken’ was ook hulle lot, maar dit nie slegs eenmaal en met ‘verzinken’ as die volstrekte einde nie, dog met 'n gedurige weer opgaan, telkens 'n nuwe dagbreek na die nag. Gewoonlik is op 'n dooie taal en sy letterkunde die woord van toepassing: ‘Dood, sal hulle nie meer leef nie, oorlede, sal hulle nie meer opstaan nie’, maar die Israelitiese volk, met sy taal en sy literatuur, lyk een van die ‘dooies van God’, van wie Jesaja sê: ‘U dooies sal leef!’ Die Oud-Hebreeuse taal, wat gedurende 'n vyf, ses eeue die uitdrukkingsmiddel was van 'n hoogontwikkelde letterkundige sin by die volk van Israel in die land Kanaän - die pragtige Oorwinningslied van Debora (Rigtere 5) is een van die ouds-dateerbare proewe daarvan (twaalfde eeu voor Christus), en die boekie Rut, die landelike idille, sou letterkundig as 'n eerste ‘kortverhaal’ kan beskou word - is in die eeue tussen die Babiloniese Bal- {==168==} {>>pagina-aanduiding<<} lingskap en die begin van die Christelike jaartelling uit die daaglikse gebruik verdring deur die Aramees, wat 'n paar eeue lank die algemene, internasionale verkeerstaal in die Ou Nabye Ooste was. Die taal van Jesus en die Apostels was, soos bekend, Aramees. Tot in die derde eeu na Chr. was Hebreeus egter as taal van die Joodse geleerdes nog in gebruik, in 'n jongere vorm wat vermeng was met baie Aramese, Griekse en Latynse woorde. In hierdie taal is die oudste gedeelte van die Talmoed, die Misjna, geskrywe. In die taalkunde word hierdie vorm van Hebreeus reeds Nieu-Hebreeus genoem. Onder die Nieu-Hebreeuse letterkunde word egter gewoonlik verstaan die literatuur wat aan die end van die negentiende eeu ontstaan het. Vanaf die vierde tot die tiende eeu het Aramees onbeperk geheers in die Joodse wêreld. Die jongere dele van die Talmoed (die Gemára) is daarin geskrywe. Tog was daar baie Hebreeuse elemente in hierdie taalvorm, soos ook reeds die Oud-Hebreeus van die Ou Testament verskillende Aramese elemente bevat het. En deur die ywerige studie van Bybel en Misjna deur die geleerdes, sowel as deur die verpligting wat op elke seun van die Ou Volk gerus het om die Skrif in die oorspronklike taal te lees, deur die baie Hebreeus wat by die erediens in die Sinagoge gebruik word en die groot aantal formuliergebede in Hebreeus vir persoonlike en huislike gebruik, het selfs in die eeue toe die ou Heilige Taal uit die daaglikse omgang verdring was, die kennis van die taal so lewendig gebly, dat hier moeilik van 'n dooie taal gepraat kan word; dit sou dan ten minste in heeltemaal verskillende sin as, by voorbeeld, van Latyn, gedoen moes word. In die elfde eeu beleef die Hebreeus, onder die invloed van die verwante Arabiese taal en letterkunde, 'n wonderlik kragtige en veelbelowende renaissance onder die Jodedom in Spanje. Bekende digters en skrywers soos Ibn Gabirol, Jehoeda Halewi en die gebroeders Ibn Esra het die ou taal weer tot nuwe intense lewe laat ontwaak, en nie alleen die liefde vir Sion en die heimwee na die Land van die Vadere in godsdienstige en nasionale gedigte besing nie, maar ook die natuur, die skoonheid en die liefde met Oosterse gloed en kleurerykdom in hul poësie geskilder. Ook in Italië het die herlewing deurgewerk, en waar die Jode in daardie tyd nog in die algemene kultuur van die tyd kon gedeel het, baie van hulle manne van wetenskap en bekleërs van belangrike posisies was, het die Hebreeuse letterkunde van die elfde tot die veertiende eeu 'n waardige plek ingeneem in die kultuur van die tyd. Dit spreek vanself dat die Ghetto-lewe, die opgesluit wees binne die streng bewaakte mure van die Jodewyk, wat veral na die verdrywing van die Jode uit Spanje aan die end van die vyftiende eeu begin het, nie bevorderlik was vir literêre produktiwiteit nie. Uitgesluit van die deelname aan die al- {==169==} {>>pagina-aanduiding<<} gemene kultuurlewe, aan alle moontlike beperkings en plaerye onderwerp, het hulle hul teruggetrek en beperk tot die studie van die Talmoed en die tradisionele wets- en stigtelike literatuur, en die poësie het alleen in godsdienstige liedere bestaan. Dit het geduur tot die end van die agtiende een, toe 'n ander gees oor Europa vaardig geword het en die waarde van die mens, ongeag sy afkoms en stand, besef is. Die sogenaamde ‘Verligting’ en die stromings wat in die Franse Revolusie hul gewelddadige uiting gevind het, het die houding van die Europese volkere tot die Jode gewysig en meer menslik gemaak. Die geslote mure en poorte van die Ghetto word oopgemaak. Die Westerse kultuurlewe word vir hulle toeganklik en dring op hulle aaan. Dit wek nuwe kulturele lewe in die dor doodsbeendere en gee die geboorte aan die Nieu-Hebreeuse literatuur. Die Nieu-Hebreeuse letterkunde word geag te begin in die jaar 1785, met die oprigting in Duitsland van die tydskrif Ha-Meässeef, ‘Die Versamelaar’, met die doel om die ‘Verligting’ onder die Jode te verbrei en die ontwikkeling van die Hebreeuse taal te bevorder, soos in die program staan: ‘.. om aan alle volkere die skoonheid van die taal van die Bybel te toon’. 'n Groot groep geesdriftige medewerkers, die Meässefiem genoem, almal Maskiliem, voorstanders van die ‘Verligting’ (in Hebreeus ‘Haskala’ genoem), het in artikels oor allerlei kulturele onderwerpe hulle oortuiging en die goeie reg van die Hebreeuse taal gepropageer. In die begin van die negentiende eeu slaan die beweging oor na die Oostenrykse Jodedom, vernaamlik in Galicië, en ongeveer in dieselfde tyd begin dit ook in Italië. Verskeie ander tydskrifte verskyn, asook geskrifte op die gebied van taalkunde, geskiedenis, wysbegeerte, godsdienswetenskap, letterkundige kritiek en skone lettere, vertalings wat bekende Europese skrywers en geleerdes bekend maak by die Jodedom in die nasionale taal, en alles wat aan die geestelike bevryding van die opgroeiende Jodedom uit die Ghetto-slawerny kon diensbaar wees. Name soos Mendelsohn, Erter, Wessely, Franko-Mendes, Rappoport, Krochmal, en, in Italië, die Luzatto's kenmerk hoogtepunte van die beweging. In die dertiger jare ontwaak ook die Russiese Jodedom onder leiding van die driemanskap J.B. Lewinsohn, M.A. Ginzburg en A.B. Lebensohn, met, as latere groot figure, J.L. Gordon en A. Mapoe, wat skepper is van die eerste Nieu-Hebreeuse roman Die liefde vir Sion, in 1853 verskyn. Dis merkwaardig om te sien hoe die tradisionele ortodoksie eerder vyandig as simpatiek teenoor die weeroplewing van die Hebreeus gestaan het. Aan die ander kant is dit begryplik, omdat al die skrywers besield was met die gees van die ‘Verligting’. Eers het hulle meer defensief die algemeen-menslike ontwikkeling van die Jode voorgestaan, maar hoe langer hoe meer begin hulle aanvallend op te {==170==} {>>pagina-aanduiding<<} tree. Die literatuur van die sestiger tot die tagtiger jare is 'n gedurige offensief teen die Rabbinisme en sy strewe om die Joodse lewe in die dwangbuis van die seremoniële wette en oorlewerings te pers. Hoe nodig hierdie ‘verligting’ van die Jodedom ook mag gewees het, dit het die gevaar van denasionalisasie meegebring. In hul ywer om die Jood Europese kultuur by te bring, het hul vergeet om die skatte van die nasionale tradisie en ideale diensbaar te maak aan die ontwikkeling van die Joodse nasie na eie aard en om die Jodedom op te voer tot 'n eie kultuurfaktor in die volkewêreld. Dat leidende geeste in die Oos-Europese Jodedom hierdie gevaar begin besef het, is 'n bewys van die gesonde lewe en ontwikkeling van die beweging wat in die Nieu-Hebreeuse literatuur sy uitdrukkingsmiddel gevind het. Reeds voor die opkoms van die Sionisme het in die begin van die sewentiger jare 'n man soos Smolenski in sy werke, met sprekende titels soos Die ewige volk, Dis tyd om te plant en Die dwalende op die paaie van die lewe (roman in vier dele), en die Palestyner Pines in sy Kinders van my gees in opbouende, nasionaal-kulturele en godsdienstige gees gewerk. Die Sionistiese beweging, met sy drie programpunkte: die fundamentele eenheid van alle Jode as nasie, die behoefte aan 'n staatkundige, nasionale sentrum in die Land van die Vadere, en die eis van 'n nasionale taal, Hebreeus, as voertaal van die nuwe staatkundig-nasionale lewe - hierdie beweging beteken in die tagtiger jare die begin van 'n nuwe fase in die Hebreeuse literatuur, geopen deur die groot hervormer van die Nieu-Hebreeuse taal, Ben Jehoeda, wat in sy huis in Palestina geen ander taal as Hebreeus geduld het nie. Die pogroms, die sistematiese deur die owerheid begunstigde massale Jodemoorde in Rusland, het aan hierdie nasionale beweging 'n kragtige stoot vorentoe gegee. Die Anti-Semitisme het die ‘verligte’, vereuropeaniseerde Jode net so goed getref as die ongeletterde massa en die gevoel van saamhorigheid versterk. 'n Hebreeuse joernalistiek met week- en dagblaaie ontstaan, volksliedere word gedig en gesing, en in romans (soos b.v. Twee Uiterstes, van R.A. Braude) word die nuwe strominge onder die Jodedom kunsvol verwerk, en word geprobeer om die gewenste sintese van konservatisme en vooruitstrewendheid te vind. Die magtigste figuur in hierdie geestesworsteling is Asjer Ginzberg, meer bekend onder sy tipiese skrywersnaam ‘Achad Ha'aam’ (‘Een uit die volk’), wat 'n geestelike Sionisme voorstaan, die geestelike ondergrond en historiese noodsaaklikheid van die Sionisme probeer ontdek en 'n Joodsnasionale wêreldbeskouing as grondslag van die beweging propageer. Hy wil herlewing van die Joodse ideale, maar as 'n nuwe geboorte, met die pioniers in Palestina as kern van die vernieude volk, maar met die Jode in die verstrooiing as ewe seer vernieu in gedagte- en gevoelslewe en as ewe harde samewerkers aan die nuwe toekoms, geen herleefde Ghetto-Jood nie, maar 'n nuwe {==*18==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding UIT HOLBEIN, ‘BILDER DES TODES’. ==} {>>afbeelding<<} {==171==} {>>pagina-aanduiding<<} Jood-mens, geen idealisering van die verlede, geen kosmopolitiese assimilasie nie, maar nasionale opbou, nie alleen staatkundig nie, maar veral na gees en gesindheid, en volgens algemeen-menslike beginsels. Vir dié herbore volk behoort Hebreeus die taal te wees, en nie Jiddiesj, die mengsel van Hebreeus, Aramees, Duits en die tale van die woonplekke van die Jode in die vreemde, nie; die historiese bewussyn van die nasie behoort met die taal verbonde te wees, en dit moet die taal wees waarin die vernaamste skatte van die gesamentlike nasionale skeppe van die volk gebêre is. Dis uit hierdie entoesiasme dat die jongere Nieu-Hebreeuse literatuur gebore is, waaraan die in hierdie versameling voorkomende skrywers 'n belangrike aandeel gehad het en gedeeltelik nog het. Achad Ha'aam se mees begaafde leerling is Bialik, wat die ideale van sy meester veral in sy gedigte besonder aangrypend en kunssinnig tot uitdrukking bring, en 'n wêreldroep verwerf het. Maar die laaste vyftig jaar het ook literêre kunstenaars van hoë gehalte voortgebring wat nie die ideale van die nasionale en seker nie van die geestelike Sionisme deel nie (die digters Tsjernichowski, Berditsjewski, en Sjnejoer, wat onder Nietzsche se invloed staan). Die literatuur van die laaste vyftig jaar weerspieël die mees uiteenlopende geestelike gesteldhede en lewenshoudinge, sowel die mees geesdriftig optimistiese nasionalisme as 'n panteïsties gekleurde natuur- en kragverheerliking, en selfs 'n pessimisme wat aan alle waardes begin twyfel het. Maar Hebreeus het vir al die gevoelens en gedagtes 'n volkome geskikte uitingsmiddel geblyk. Die toekoms van die Nieu-Hebreeuse letterkunde is, na menslike berekening, afhanklik van die slaag of misluk van die pogings wat in Palestina gedoen word om daar in die Land van Israel 'n nasionale tuiste vir die onder alle nasies verstrooide Jodedom te maak. Vir die ‘chaloetsiem’, die ‘pioniers’, is Hebreeus die huistaal, en op baie laer-, party hoërskole en aan die Hebreeuse Universiteit te Jerusalem is Hebreeus voertaal van onderwys. Maar selfs al sou hierdie pogings voorlopig nie die gewenste resultaat gee nie, en al sou na die pragtige opbloei van die Nieu-Hebreeuse taal en letterkunde van die laaste honderd-en-vyftig jaar weer 'n periode van verval volg, waarom sou na die herlewings in die elfde en in die negentiende eeu nie 'n derde renaissance moontlik wees nie? B. GEMSER. {==172==} {>>pagina-aanduiding<<} Slaaptyd. In die aand, in die aand, as ons oudjies gaan slaap, en die skottelgoed raas in die bak, is my oë styfvaak, wil my mond al maar gaap, want Klaasvakie kom aan met sy sak. Rekkebek! Oë-rek! - Na die muur, tureluur, tot die prente gaan dans en die muurpapier wals. - Hu! so'n maerklou Sefiel is geniepsig en vals! Hy't so waar, by my siel, my so amper verniel! Nou's hy weg! - Ja, hy's weg, En Klaasvakie kom weer met sy korreltjies sand en ek krul soos 'n kat, soos 'n kat in sy mand. Rekkebek, Oë-rek! - Effens nog tureluur na Sefiel op die muur. Dan vanself, 'k weet nie hoe, sluit my ooglede toe. - 'k Wil nog net sê - Ou Sefiel, jy is laat! Klaasvaak is my maat, So wê! KLEINJAN. {==173==} {>>pagina-aanduiding<<} Oor Boeke. Red bread. Maurice Hindus. Jonathan Cape, London. ‘Mijn waarde Hindus, Ik heb juist Uw boek gelezen. Het beantwoordt dozijnen vragen die ik over Rusland had gedaan en nog eens dozijnen andere, die ik gedaan zou hebben, als ik genoeg over Rusland geweten had om die te doen. Het is even leerrijk en boeiend als overtuigend. Ik heb er meer uit geleerd dan uit eenig ander werk dat ik in jaren las.’ Zoo H.G. Wells aan den auteur van ‘Red Bread’ die ook de auteur is van ‘Humanity Uprooted’. Ieder die ‘Red Bread’ leest, zal het hem nazeggen. Hindus had voordeelen als misschien van duizend schrijvers over Rusland niet één. Hy is een geboren Rus die in Amerika opgroeide, en deel kreeg aan Westersche cultuur: het tot het uiterste gedreven individualisme en de macht van den mensch over de machine die kenteekenend zijn voor de Amerikaansche beschaving. Als volwassen en ‘volleerd’ man keerde hij terug naar zijn geboorteland, en vond in de menschen van zijn geboortedorp de gevoelens nog levend die hemzelven als kind bezielden. In de Sovjet-aanhangers herkende hij denkbeelden in Amerika aangenomen; en daarmede vermengd denkbeelden en gevoelens die in Amerika nog niet bekend en in Rusland nog weinig zijn. Dusdoende had deze Rus-Amerikaan tegelijk het medegevoel en het begrip en daarbij ook nog de distantie zoo zelden in vereeniging aangetroffen en zoo onontbeerlijk voor het vormen van een juist oordeel, alle drie. ‘De mensch is er op aangelegd onder den drang van veranderde omstandigheden zich een samenstel eigen te maken van nieuwe drijfveeren, doeleinden, samenhangen. De Russische mensch van onze dagen heeft zich een samenstel van nieuwe drijfveeren, doeleinden, samenhangen eigen gemaakt, dat gaandeweg Rusland zal maken tot een uitzondering onder de naties, een ware planeet Mars op aarde. De sociale herscheppingen inherent aan de collectivizatie, zijn grenzeloos en fantastisch’. Hindus schreef dat verleden jaar. Dezer dagen hooren wij van bloedige honger-oproeren, als een van de gevolgen van men mag niet zeggen: de collectivizatie, maar van de wijze waarop de collectivizatie is doorgedreven; van de dwingelandij, de razende haast, en de geestdrijvers-onverbiddelijkheid der machthebbers, die, met den Russischen heilstaat als vurig begeerd doel voor oogen en de angst voor een verraderlijken aanval van geheel Europa, neen, van de geheele behoudensgezinde wereld als opjagenden zweepslag in den rug, den met lijf en ziel aan zijn land verkleefden boer van dat land losrukken en met geweld den Kolchoz 1) in dwingen. Wat naar het blijkt slechts uiterst weinigen, indien al éenigen, onder de huidige machthebbers zijn, te weten psycholoog, dat is Hindus. Hij let op de geestelijke dingen in den mensch. Een werkelijk-practisch mensch moet dat doen. Een zoo nuchter politicus als Bismarck sprak van ‘de waarde der imponderabiliën’. Het zijn imponderabiliën die den Russischen boer weerspannig maken tegen den Kolchoz; de erfenis van gedachten, stemmingen, gevoelens, die in de zoo lang stagneerende Russische maatschappij in zijn voorvaderen ontstonden; onbewuste aan- {==174==} {>>pagina-aanduiding<<} driften; overtuigingen waarvan hij den grond niet kent, maar die niettemin de drijfveer zijn van zijn handelingen. Daarin is niet enkel veel geschiedenis vergroeid, maar ook veel natuur. Daarvan weet de stedeling niets. En daarom begrijpt de stedeling den moezjiek 2) ook niet. Die tegenstelling, die soms rechtaf vijandschap is, tusschen boer en stedeling is aanwezig zelfs in Westelijk Europa, waar het volksonderwijs toch den plattelander zooveel dichter bij de gedachtensfeer van den stedeling brengt en de plattelander machines gebruikt voor zijn arbeid zoo goed als de stedeling voor zijn fabriek. Zij is op dit oogenblik een gevaar voor de ontwikkelingen in Duitschland. Hoe moet het dan niet wezen in Rusland waar gister nog de millioenen boeren niet konden lezen en schrijven, terwijl de duizenden stedelingen ingenieurs waren, staathuishoudkundigen, politici? Men heeft de vraag maar te stellen om het verschrikkelijk antwoord te bevroeden. ‘De tijd alleen kan het antwoord geven op de vraag of de Kolchoz het einde beduidt van den onophoudelijken krijg tusschen stad en dorp, boer en proletariër, of alleen het begin van een nieuw conflict, het ontzaggelijkste dat de Sovjets tot nog toe hebben doorstaan.’ In zijn hart is Hindus een moezjiek. Natuurlijk. Hij is de zoon van moezjieks. Al zijn kinderherinneringen zijn boezjiekherinneringen - en wij weten dat het kind niet sterft in den mensch, levenslang niet. Te meer is de eerlijkheid te bewonderen waarmede hij antoont hoe de levenswijs van den moezjiek den dood van het Russische volk zou betekenen; hoe zijn kleinbedrijf niet langer eenig recht heeft van bestaan. Daar zien wij hem in zijn geboortedorp in gesprek met de vrienden van zijn kindertijd. Zij lamenteeren; en zij lijden werkelik onverdragelijke dingen. Maar hij toont aan hoe zij andere kwaden, even zeer onverdragelijk en die in de gevolgen nog verschrikkelijker waren, leden in hun eenzelvig moezjiek-bestaan. De kindersterfte vroeger was ontzettend, tengevolge van de onwetendheid der moeders en van de afzichtelijke vuilheid der ‘huizen’, niet dan ellendige krotten zonder lucht en zonder licht, waar het gezin te samen met varkens en kippen huisde. ‘Onze oude buurvrouw Adarya had in dertien jaar dertien kinderen gebaard en begraven.’ Nu was er een crêche in het dorp waar drie toegewijde verpleegsters dertig zuigelingen en kleuters verzorgden. Vroeger was er telkens overal brand - de ellendige krotten van hout en riet vlamden als tonder waar een vonk viel; en traditie verbood te blusschen met water - daartoe was melk nodig! ‘Cijfers die ik hier voor mij heb liggen, wijzen uit dat het oude Rusland vijftienmaal zooveel brandschade leed als Frankrijk en twintigmaal zooveel als Duitschland. Gemidmeld brandde ieder dorp eens in de tien jaar af.’ Onder het nieuwe régime (van 17 tot 27) was door onophoudelijke verdeeling en onderverdeeling der akkers het getal kleine hofsteden gestegen van zeventien tot zeven en twintig millioen. De nieuwgezette huizen (het proces van nieuw bouwen was al begonnen omdat de vrouwen weigerden bij de schoonouders in te trekken zooals vroeger gebruikelijk was), de stallen, en de grensscheidingen, die in Rusland bij gebreke van heggen bestaan uit strooken onbebouwd land, onttrokken millioenen bunders aan bebouwing, terwyl tegelijk die braakliggende strooken een broeibed waren van onkruid dat de velden rechts en links besmette. ‘Er is uitgerekend dat de gezamenlijke uitgestrektheid van die grensstrooken brood genoeg zou opleveren om de helft der bevolking van alle Russische steden te voeden.’ De eigenaar van zulk een klein veldje kon natuurlijk geen paard, geen ploeg, geen machine betalen, {==175==} {>>pagina-aanduiding<<} en zonder die drie kon hij niet genoeg uit zijn land halen. Er waren nergens scholen. En de boer leerde niet wat hem het allernoodigste was: Denken. Denken is een zware inspanning. Wij lezen 3) van primitiewe volken hoe vermoeiend zij dat vinden: ‘Ik kon mijn “palaver” nooit langer dan twee uur laten duren, want dan zeiden de negers dat zij moede werden. Het was te vermoeiend; en ik deed toch nooit anders dan de simpelste vragen. Maar diezelfde menschen bewezen op de jacht en op reis verbazende concentratie-kracht en volharding. Mijn bode liep telkens 120 kilometer aan eén stuk zonder rusten; en ik heb een vrouw die in de zesde maand van zwangerschap was, met een zuigeling op den rug en een lange pijp in den mond een geheelen nacht door zien dansen om een vuur, bij 34o Celsius temperatuur, zonder van uitputting om te vallen’. De Moezjiek van gisteren is als die Elgon-negers. Hij weet het ook wel dat hij niet denken, niet voorzien, niet organizeeren kan; daarom wil hij Joden in zijn dorp hebben - die kunnen dat alles wel. Zoo als een dorpeling tot Hindus zei: ‘Wat kon een stompe smerige moezjiek weten? Hij had geen verstand om iets groots of iets nieuws te begrijpen, en die Revolutie, met haar Kolchozij en andere “ozij” dwong hom tot denken, denken, denken, tot hij geen hersens meer had voor iets anders.’ Misschien zouden zij wel op den duur lid van den Kolchoz zijn geworden, als zij niet gezien hadden hoe vreeselijk de beambten die kwamen om de boeren den Kolchoz in te drijven, het volk mishandelden, beroofden, van hun eigen grond verjoegen, in ballingschap wegvoerden naar de gevreesde houthakkerskampen, naar Noordelijk Siberië, naar wildernissen waar geen mensch leven kon. ‘O! de dingen die hier gebeurd zijn, zoontje! Het was als een pogrom, bij God! een pogrom door het geheele land!’ Wij hebben in al onze kranten gelezen van ijselijkheden als waarover die oude moezjiek jammerde, die zelf uit zijn huis was gehaald, als ‘Koelak’ 4) van zijn gezin gescheiden, naar Siberië gesleept, en pas vrijgekomen was, dank zij zijn zoon, een ‘proletariër’, die den machthebbers in de stad rust noch duur liet eer het schandelijke onrecht was hersteld. Maar hoe heél anders grijpt het ons aan het hier te lezen, als door een dier verdrukten aan zijn vroegeren landsman verhaalde eigen beleving! De Sovjet-Regeering heeft later veel van zulk onrecht hersteld, en in zijn vermaarden brief over ‘Duizeligheid van succes’ beschuldigt Stalin de Kolchoz-organisators van schending van het principe der vrije keuze, dat de grondslag had zullen zijn der organizatie van collectief-bedrijven. Maar Hindus weigert, en geeft uitvoerig zijn redenen op voor die weigering, om Stalins verklaring dat de Sovjet-Regeering van de excessen harer beambten niets wist, te gelooven. ‘Waarom wachtten Stalin en het Centrale Comité dat hij toen oppermachtig beheerschte, twee maanden lang alvorens een einde te maken aan “de perverteering der Partij-lijn” in de dorpen?’ Hij toont het ongerijmde aan van Stalins verzekering dat hij daarvan niets wist. ‘Er bestaat geen regeering die zulk een menigte allervoortreffelijkst geoefende informatieagenten heeft, als het Centrale Comité der Russische Communistische partij.’ En hij telt op: de Ogpu; het halve millioen kranten-corrrespondenten in de dorpen, die geen gebeurtenis van eenig belang laten voorbijgaan zonder rapport en commentaar; de massa's soldaten van het Roode Leger die door hun familie en vrienden bestormd worden met klachten over de Re- {==176==} {>>pagina-aanduiding<<} geering; de talrijke secretarissen der partij; en een geheel leger sociale werkers, altijd te velde - onderwijzers, verpleegsters, landbouw-leeraars, houders van cursussen en anderen, die stellig niet ‘duizelig van succes’ waren en die het gevaarlijke der toegepaste methoden duidelijk inzagen en stellig hun aanmerkingen en klachten ter kennis van hun superieuren of van de Ogpu 5) brachten: ‘Het Centrale Comité en Stalin moèten geweten hebben wat er in de dorpen gebeurde.’ Zijn conclusie is, dat Stalin, alles wetende, het schreeuwende onrecht oogluikend heeft geduld, omdat hij, nadeel wegend tegen voordeel, het voordeel toch als het zwaarste zag in de schaal. Het onmenschelijke systeem bezorgde den Staat voldoende graan voor het uitzaaien van den zomeroogst, gereedschap, zaad, vee, en gebouwen tot een waarde van vierhonderd millioen roebel in goud; een vierde van de boerenbevolking gevestigd op de kolchozy met zes en dertig millioen hectaren van het vruchtbaarste land tot hun beschikking; en tevens tot de beschikking als onder de controle der Regeering. De kolchozy waren het, de Staatsboerderyen niet dan in veel mindere mate, die Rusland in 1930 herstelden op haar plaats als een mogendheid op de korenmarkt der wereld. ‘Voor de eerste maal sedert hun bestaan waren de Sovjets in hooge mate onafhankelijk van den individueel-arbeidenden boer geworden voor het noodige brood.’ Die winst scheen Stalin zoo enorm, dat hij het verlies daartegenover niet telde. Was zijn berekening juist? Reeds in '31 stelde Hindus de vraag. Wat dezer dagen gebeurt, zou misschien zijn vraag veranderen in een ontkenning. En dat, terwijl hij alle recht laat weervaren aan wat de collectivizatie tot stand heeft gebracht, ook van een niet-politiek, van een enkel-menschelijk standpunt uit bezien. Het is inderdaad, zooals wij het hier aangetoond zien, bewonderenswaardig veel: onderwijs, hygiene, voedsel, kleedij, huizenbouw, goede methoden van landbouw, en bovenal: gemeenschapszin. Een jong meisje dat Hindus had gevraagd naar de wijze van leven der Amerikaansche meisjes, en ten antwoord gekregen dat er al meer en meer komen die hun eigen brood verdienen, verheugde zich zeer daarover: ‘Een vrouw kan niet vrij zijn zoolang zij van iemand, al was het haar eigen vader, afhankelijk is... En wat doen zij verder? Wat voor doeleinden hebben zij? Waarvoor leven zij?’ - ‘Voor zichzelven.’ Zij kon het niet gelooven eerst. En op het laatst, overtuigd, riep zij uit dat zij nooit zó zou willen leven: ‘Enkel voor mijzelve leven?? Nooit!’ Dit vrouwelijke egoïsme, oordeelde een ander jong meisje, was de zonde der ‘bourgeoisie’. Anna Katerina was van die zelfzucht een voorbeeld; de zelfzucht was het waardoor zij ongelukkig werd. Een jongen van een jaar of twaalf wien Hindus vroeg of hij niet graag rijk zou zijn om alles te kunnen koopen wat hij begeerde, zag hem verbaasd aan. ‘Wel neen! waarom?’ ‘Maar als iemand je nu eens een auto gaf, veel land, paarden, koeien - zou je dan niet blij zijn?’ ‘Ik zou alles aan vaders kolchoz geven,’ zei de jongen. En na een poos: ‘In onze Sovjet-Unie, burger, hebben wij het woord “rijk” in de archiven gedeponeerd.’ Ziedaar dan het jonge Rusland. Uit Hindus' boek krijgt men zeer sterk den indruk dat de jeugd moedig is, blijde, vol hoop; en de ouderen gedrukt en hopeloos. Begrijpelijk voor wie bedenkt dat vaders en moeders zich hun tijdgenooten, die het régime-Stalin als ‘koelaks’ verbande - een millioen huisgezinnen werden als ‘Koelaks’ uiteengerukt en het land uitgejaagd; terwijl de jeugd zich vereenzelvigt met jongens en meisjes voor wie pas de Revolutie en de collectivizatie de poort {==177==} {>>pagina-aanduiding<<} hebben ontsloten tot een menschwaardig leven, tot onafhankelijkheid, studie, eervol en vreugdevol werk voor de gemeenschap. De ouderen zien om, de jongeren zien vooruit. Hindus heeft met zijn boek geen ‘litteratuur’ willen geven. Maar wie het niet voor iets werkelijk schoons prees, zou er geen recht aan laten weervaren. Daar zijn korte verhalen in, die doen denken aan Turgenjew's ‘Herinneringen van een Jager’ en aan Tolstoi's dorpsvertellingen en ook weer aan Gogols fantastische verhalen van geesten, woud- en waternimfen, spoken. Het nieuwe Rusland roeit met kracht en geweld dat alles uit tegelijk met het geloof aan God. Dat zij met die schadelijke dingen tegelijk de heilzame uitroeien, tegelijk met de verlammende angst de poëzie en de verbeelding, de scheppende krachten der ziel, dat begrijpen de nieuw-lichters niet. Hindus, zoon van moezjieks als hij is, weet het. AUGUSTA DE WIT. Willem van Oranje. Een Boek ter Gedachtenis van Idealen en Teleurstellingen door Dr. A.A. van Schelven, Hoogleeraar aan de Vrije Universiteit te Amsterdam. H.D. Tjeenk Willink en Zoon. N.V., Haarlem. Nog 'n boek oor Oranje? Dis 'n redelike vraag of daar naas die baie werke wat oor hierdie groot figuur in vroeëre en ook in latere tye verskyn het, nog plek is vir 'n nuwe Oranje-biografie. Die skrywer self regverdig sy werk deur te verklaar dat hy met onderskrywing van Eduard Meyer se skerpe onderskeiding tussen Historiografie en lewensbeskrywing, nie 'n moot uit die geskiedenis van die sestiende eeu wil skrywe nie, ‘maar het verhaal der wording en werking van een mensch’. So hoop hy om nog bestaande leemtes aan te vul. En hierin slaag hy uitnemend. G'n verdere regverdiging is nodig nie. Die karakter van Oranje word ontleed onmiddellik na die behandeling van sy jongelingsjare. Seker 'n gewaagde onderneming by enige historiese persoonlikheid, veel meer by 'n persoon soos die prins, wat tog so met en deur die gebeurtenisse en verhoudinge innerlik gegroei en ontwikkel het. Dit bied egter die voordeel dat deur die blootlegging van die grondtrekke van sy karakter aan ons die sleutel gegee word tot baie wat anders duister is in sy optrede. Prof. van Schelven sien dan agter die Boergondiese Grand Seigneur wat die prins in lewenshouding wel was, die man uit die Westerwald, die Bakermat van die Nassauers. Soos by sy volksgenote is die grondtrekke van sy karakter gebrek aan kragtige inisiatief, maar aan die ander kant volharding op die eenmaal ingeslae weg waarvan hy moeilik af te bring is. Hierdie laaste trek het gemaak dat hy so selde iets kon laat vaar, selfs wanneer die noodsaaklikheid dit vereis het, dat hy soms meerdere ysters in die vuur gehad het, onwillig was om sy brûe agter hom af te breek. En dit het die skyn gewek dat hy nie altyd reg deur see gaan, nie eerlik-rondborstig was nie, iets wat vir hom die bynaam ‘De Zwijger’ aan sy vyande ontlok het. Terselfdertyd egter is dieselfde bynaam 'n teken van die onwillige bewondering van sy vyande vir 'n man wat sy planne en emosies nie aan Jan Rap en sy maat openbaar nie, maar dit verberg meestal agter 'n masker van opgewektheid. Reeds Granvelle gebruik die woord taciturnus instede van die meer algemene astutus. Van sy karakter bring die skrywer ons tot sy lewensstryd. Met fyn sielkundige aanvoeling word die reaksies van die prins op gebeurtenisse en omstandighede geteken! Sy aarseling voor die koms van Alva, toe hy tog reeds besluit het om hom te verset teen ‘Une domination absolute et tirannique sous couleur d'extirper les hérésies’; sy taaie volharding onder onvergelyklike moeilikhede, toe hy eenmaal {==178==} {>>pagina-aanduiding<<} onder invloed van verskillende faktore, nie die minste die nood van sy aangenome vaderland nie, eindelik besluit het om hom aan die hoof van die verset te stel. Die tipering van die karakter van die verset verdien veral opmerksaamheid. Prof. van Schelven ontleed noukeurig die argumente van Pirenne, wat in die opstand 'n botsing sien tussen 'n ‘gouvernement monarchique et espagnol’ en 'n ‘gouvernement national et bourguignon’, en van Rachfahl wat daarin sien 'n botsing tussen feodaliteit en eenheidstaat. Vir die eerste stadium van die verset - teen Granvelle - konkludeer hy met Rachfahl dat dit eerder 'n politieke as 'n nasionale verset was. In die latere stadia word dit egter meer 'n nasionale verset d.i. gerig teen 'n buitelandse vyand. In geen geval is dit egter soos by Pirenne 'n botsing tussen 'n Boergondies-Nederlandse en 'n monargisties-Spaanse idee nie. Daarby geld verskillende motiewe by verskillende groepe. Oranje self maak sy lewenskeus om sy afkeer van vorstelike absolutisme wat hy beliggaam gesien het in die strewe van Philips II. Sy ideaal van 'n dualistiese staat gepaard met sy twee ander groot ideale, 'n generale Unie en godsdiensverdraagsaamheid, was die rigsnoer van al sy dade. Maar sy lewe, so laat hierdie werk baie duidelik sien, was 'n lewe nie slegs van ideale nie, maar ook van teleurstellinge. Die Pasifikasie van Gent bring hom binne handbereik van die verwesenliking van sy ideale, wat dan weer deur die skielike kentering daarna skipbreuk ly, 'n skipbreuk inderdaad ‘op den havendam’. Nie alleen is met die Unie van Utrecht en die Akte van Verlating een van die elemente van die dualistiese staat, die landsheer, uitgeskakel nie, maar van die sewentien provinsies bly maar sewe volhard, en van 'n breë toleransie bly slegs oor gewetensvryheid. Objektief gesien was die resultate van sy werk groot en blywend, van uit die standpunt van sy ideale gesien, gebrekkig en onvolkome. Ek mag nie eindig sonder om te wys op die indringende ontleding van Oranje se godsdiensontwikkeling van Katoliek in lewenspraktyk tot oortuigde Calvinis nie. Die gedagte dat die hele verandering in Godsdienshouding niks meer was as die utiliteitsmaatreëls van 'n skynheilige Macchiavellis nie word met oortuiging na die ryk van die legendes verwys. As man van wetenskap is prof. van Schelven g'n klakkelose heldevereerder nie. Die figuur van Oranje wat ons te sien kry, is 'n ‘gerestaureerde’ figuur, geïsoleer ‘van elke exploitatie ten behoeve van politieke doeleinden’. As resultaat kry ons in die woorde van die skrywer self ‘Een staatsman van groote bekwaamheid, maar niet zonder fouten! Een oprecht Christen, maar die meermalen niet handelde zoals het een Christen past.’ Kortom, 'n lewende en strewende mens. Oranje het hierdeur nie in ons agting gedaal nie. A.J.H. VAN DER WALT. Chaka. An historical romance. By Thomas Mofolo. with an introduction by Sir Henry Newbolt. Translated from the original Sesuto by F.H. Dutton, Director of Education. Published for the International Institute of African Languages and Cultures. Oxford University Press, 1931. Prys 7/6. Hierdie verrassende werk van 'n Basoeto kom as 'n beskuldiging dat ons, afgesien van enkele geesdriftige vakmanne, nog so weinig belang stel in, so min weet van die geskiedenis en die tradisies, die taal en die kultuur van die swart rasse temidde waarvan ons lewe. Wie ‘Chaka’ gelees het, besef dat dit tyd word dat ons ook aandag begin skenk aan die ontluikende jong Bantoe-literatuur. Hierdie historiese roman, voor die Engelse vertaling waarvan niemand minder as Sir Henry Newbolt 'n mooi en bewonderende inleiding geskryf het, is 'n kunswerk van hoë gehalte - ‘sterk’ is die woord wat dit die beste karakteriseer. Hoewel dit, wat die styl {==179==} {>>pagina-aanduiding<<} betref, hemelsbreed daarvan verskil, laat dit in sommige, essensiële opsigte sterk dink aan die Grettirsage van die Oud-Yslandse letterkunde. Ook die Basoeto het al die verhale wat om die figuur van sy held gegroei het, al die sagiese en mitiese stof geskif met die intuïtiewe insig en die selfbeheersing van 'n groot kunstenaar en uit die sobere gegewens wat hy sielkundig waar en daartoe dienstig geag het, die psigologiese skepping gegee van die tragedie van Chaka se sielelewe. Hierdie werk word gekenmerk deur die sielkundige waarheid en die sobere, maar sterke simboliek. In die rustige trant van 'n idille begin die boek met 'n beskrywing van Kafferland: It is a green country with luscious grazing, and the soil is a rich clay: this tells us that the crops are large. Its grasses are the ‘seboku’ and the ‘Atlanyane’ and water stands in the valleys: this tells us that the cattle there are fat. The rivers are numerous: this tells us that there is plenty of rain. It is a land of mists which do not disperse till the sun is high: this tells us that there are no droughts and that the moisture remains long in the ground. Dan begin die verhaal en die tragiek. Uit die voor-egtelike verkeer van Senzangakona en Nandi word Chaka gebore - die vloek rus dus op hom vanaf sy geboorte. As sy vader by sy ander vrouens manlike seuns verwek het, word Chaka en sy moeder uitgestoot, en hy ly 'n jeug van smaad, mishandeling en ontbering. Na die eerste inenting deur die toordokter word hy veglustig. As jong seun is hy die enigste onder die volwasse mans wat nie lafhartig vlug nie maar die aanstormende leeu dood. Van sterk simboliese krag is die hoofstuk ‘Chaka is visited by the lord of the deep waters’ met sy pragtige uitbeelding van die mitiese verhaal, wat veral psigologiese betekenis kry. Chaka se heldedade besorg hom die naywer van sy halfbroers. Die realistiese uitbeelding van die geveg (bl. 37-8) is die skrywer van die Grettirsaga waardig. Treffend teken Mofolo ons sy held aan die end van hierdie ontwikkelingsfase: ‘And now we see, if we have not seen it before, that Chaka was indeed the hare whose ears are struck, an orphan, a buffalo standing alone; for all who saw him attacked him without any reason at all.’ Hy vlug, en nou vind die omkeer plaas in sy siel; as hy terugdink aan sy kinderjare: ‘He saw that on earth the wise man, the strong man, the man who is admired and respected is the man who knows how to wield his spear, who, when people try to hinder him, settles the matter with his club. He resolved that from that time on he would do as he liked: whether a man was guilty or not he would kill him if he wished, for that was the law of man.’ Nêrens kom die skone simboliek van die boek so duidelik uit nie as in die verskyning juis op hierdie oomblik van Isanusi, wat van nou af Chaka se slegte genius is. Isanusi is nie 'n allegoriese persoon, 'n abstraksie nie. Hy is 'n lewende wese, die kind van die verbeelding, maar hy het vir die kunstenaar, en vir die leser, die beliggaming geword van die duiwel in Chaka se siel wat hom langsaam maar seker tot die ondergang bring. Chaka se eerste indruk is tekenend: When sleep first left Chaka and his eyes lighted on the man he saw a mocking look on his face; his mouth was drawn down in a grimace, and in the depth of his eyes he could see unbounded malice and cruelty. He seemed to see a man far more evil than any sorcerer, more cruel by far than any murderer - the very father of malice, wickedness and treachery. Chaka's body shuddered and his eyes quivered. When he looked again he found the man's face full of pity and compassion and very sorrowful. And when he looked into the depth of his eyes he saw there perfect kindness, a sympathetic heart, and {==180==} {>>pagina-aanduiding<<} the truest love. The expression on his face which he had seen before had vanished entirely. Chaka word hom nou bewus van sy tomelose eersug, en hy belowe vrywillig onvoorwaardelike gehoorsaamheid aan die toordokter wat hom alleen op daardie voorwaarde sy eersug sal help bevredig. ‘Thy work is to kill without mercy, fashioning thyself a road to thy glorious Chieftainship.’ As 'n veranderde mens kom hy by Dingiswayo se kraal aan. Later volg hy hierdie edele, mensliewende kaptein op. En, bygestaan en aangehits deur Isanusi se twee handlangers, verower hy steeds meer mag, word koning van die Zoeloes. Sy steeds groeiende eersug stuit nie vir moord nie. Wat 'n pragtige simboliek skuil daar nie agter die moord op sy geliefde, Noliwe, nie, waartoe Isanusi hom dwing - daarmee het hy die hoëre in hom, die liefde tot sy medemens finaal gedood. Hierdie toneel word met aangrypende soberheid uitgebeeld. Die betekenis van hierdie daad gee die skrywer weer in 'n paar woorde: ‘When Chaka saw her eyelids flutter he was terrified, he began to tremble, and then he fled. When Noliwe was quite dead, Chaka felt within himself something like a heavy stone falling, falling, till it rested on his heart.’ Van nou af gaan dit gou. Die groeiende bloeddors, die waansin van die laaste jare, en tenslotte die hallusinasies en wroeging van die laaste nag word fel beskrywe. As die end daar is, verskyn weer die sinistere figuur van Isanusi - diepe simboliek: ‘Their three spears met in his body and at that very moment Isanusi came to Chaka to demand his reward.’ In hierdie roman het Mofolo die raadsel Chaka psigologies geïnterpreteer. Deur sy sterk intuïsie, sy lewendige verbeeldingskrag, sy gawe van sobere, sterke uitbeelding, sy groot artistieke selfbeheersing het dit 'n kunsskepping van betekenis geword. Oor die vertaling kan ek natuurlik nie oordeel nie. Daar sal natuurlik baie verlore gegaan het van die beeldende, die ekspressiewe, die eie ritme van die oorspronklike taal. Dat die vertaler die taal en styl van sy oorsetting dikwels na bring aan die van die Bybel, lyk my goed gesien. Tereg voer Newbolt hiervoor aan, ‘that the Bible narratives have filled a large place in the author's education, and have helped to form his thought if not his speech.’ Ek kan my bowendien goed voorstel dat daar in die uitdrukkingswyse 'n sekere mate van affiniteit bestaan. G. DEKKER. Oud en nieuw over Joost van den Vondel. Verspreide opstellen van dr. J.F.M. Sterck. De Spieghel, Amsterdam, 1932. ‘Hic labor extremus, longarum haec meta viarum (dit is my laaste werk, dit die eindpaal van my lang reise). Hierdie woorde van Virgilius plaas die gryse Vondelvorser as motto op die titelblad van sy jongste bundel Vondelstudies. Onder die Vondelbestudeerders neem hierdie onvermoeide werker 'n ereplek in. Sy liefde vir die vors van die Nederlandse digters, wat ontwaak het in die kring van die kunssinnige Alberdingk Thijm, het hom sy lewenstaak gegee: die rustelose ondersoek na gegewens in verband met Vondel se lewe, sy persoonlikheid en sy werk. Kalff het reeds in 'n mooi Gidsartikel in 1908 gewys op die gevaar wat die Roomse Vondelstudie loop om ‘door overmatige waardeering van den Roomschen Vondel den blik op den heelen Vondel te verliezen.’ Hy voeg daar egter tereg aan toe: ‘Het minst bedreigd door dit gevaar is zeker J.F.M. Sterck.’ Iedere Vondel-bestudeerder weet hoeveel die studie aan Sterck verskuldig is. Wat Verwey indertyd van sy ‘Oorkonden over Vondel en zijn kring’ gesê het: ‘het heeft niet zoozeer aanspraak op onze beoordeeling als op onze erkentelijkheid’, geld ook van sy ‘Hoofd- {==181==} {>>pagina-aanduiding<<} stukken over Vondel en zijn kring, Het Leven van Joost van den Vondel, Rondom Vondel en Van Rederijkerskamer tot Muiderkring’. Die eredoktoraat wat 'n Nederlandse Universiteit hierdie deeglike wetenskaplike aangebied het as 'n blyk van waardering vir hierdie werk, was dan ook ten volle verdien. By Sterck moet ons nie soek na estetiese waardering, na 'n poging om diep deur te dring tot die wese van Vondel se kuns nie. Daarvoor moet ons ons wend tot die studies van die ander groot Vondelis, ook geen akademikus nie, die onlangs oorlede stigter van die ‘Wereld-Bibliotheek’, L. Simons. Sterck is die vorser na biografiese gegewens. Deur die uitgebreide en presiese kennis wat hy hom verwerf het van Vondel se lewe, sy vriendekring, sy tyd op velerlei gebied is hy in staat om menige verkeerde opvatting oor Vondel se persoon en oor sy werk uit die weg te ruim, menige moeilike plaas op te helder of 'n meer bevredigende interpretasie te gee. Hy het hierdeur onmisbare hulp verleen om die mens Vondel en sy kuns beter te begryp, en ons kan dankbaar wees dat juis hy, wat die aangewese persoon daarvoor was, die biografiese inleiding en aantekeninge versorg van die monumentale nuwe Vondel-uitgawe. ‘Oud en Nieuw over Joost van den Vondel’ is heeltemal in die gees van Sterck se ander werk. Hierin is 'n aantal verspreide studies gebundel. Ons moet hier geen forse tekening van die mens of die kunstenaar Vondel soek nie; ons vind hier die vrug van skerpsinnige ondersoekinge oor allerlei wat betrekking het op die digter, sy opvattinge en sy lewe, en dit bring ons tog weer nader aan die digter en sy kuns. Die interessantste studie is seker wel ‘Wie was regisseur van Vondels treurspelen?’, waarin Sterck tal van bewyse aanvoer dat Vondel, nes Shakespeare ‘zelf zijn stukken regisseerde, en zich zeer zeker met de instudeering ervan bemoeide’. Interessant is dit ook om te lees dat die reisange oorspronklik gesing en nie bloot gedeklameer is nie. In hierdie bundel is ook opgeneem die bekende studie oor die oorspronklike ‘Gijsbrecht’. Verder nog o.a. ‘Vondel-uitgaven, nu en voorheen’, waarin ons 'n mooi kyk kry op Van Lennep se belangelose ywer vir sy bekende Vondel-uitgawe, ‘Vondel lid eener Duitsche dichtersvereeniging’, ‘Vroeg roomsche indrukken’, ‘Vondels bibliotheek’. Die ander stukke sal meer die vakman interesseer. Hierdie bundel is 'n aanwins vir die Vondel-literatuur waarvoor ons Sterck dankbaar is. G. DEKKER. Ter herinnering aan dr. Leo Simons, 1 augustus 1862-11 junie 1932. N.V. Maatschappij tot verspreiding van Goede en Goedkoope Lectuur (Wereldbibliotheek), Amsterdam, Sloterdijk, 1933. Dat die redaksie van ‘Die nuwe Brandwag’ kort na die jongste werk van Sterck hierdie gedenkboek ter resensie ontvang het, is 'n gelukkige omstandigheid. Ons word daardeur herinner aan die werk van twee Vondel-vereerders wat mekaar mooi aanvul. Naas die Vondel-biograaf en troue vorser, die kunssinnige bestudeerder van Vondel se kuns, wat so diep deurgedring het tot die innerlike dramatiek van sy werk. Meer as iemand anders is dit seker Simons wat die wanvoorstelling van Jonckbloet e.a. uit die weg geruim het dat Vondel se dramas slegs skoon is deur die onderdele en nie as dramas nie. Die groot waarde van Simons se Vondel-studies lê daarin dat hy die Meester se dramatiek weer opnuut belewe het en dat hy die Nederlandse volk weer tot daardie skoonheid ingelei het. Naas Rooyaards en Verkade, die vertolkers op die toneel, Simons die vertolker in sy geskrifte. Maar nie alleen deur sy studies is hy van so'n groot betekenis vir die nuwe Vondel-waardering nie. Ook deur sy deeglike en goedkoop uitgawes. Simons was 'n man met 'n breë {==182==} {>>pagina-aanduiding<<} belangstelling en 'n mooi praktiese idealisme. As literator het hy 'n warm liefde gehad vir en hom 'n diep insig verwerf in die letterkunde van sy eie land, maar ook na die literatur van die hele Wes-Europa het sy belangstelling uitgegaan, met name na die dramatiek. Hy was bv. een van die eerste in Nederland wat Ibsen bewonder en openlik verdedig het. Die skoonste vrug daarvan is sy ‘De Ontwikkeling van het Toneel en het Drama’ in vyf dele, die deurwrogte studie waarvoor elke Nederlandskundige belangstellende hom dankbaar sal wees. Maar Simons was meer as literator. Hy het gedroom van volkshervorming, en hierdie hervormingsideaal was meer as 'n vage droom - met praktiese middele het hy aan die werk gegaan. Geen ‘Volkskracht’ sonder kultuur nie. Daarom het hy die saak van volksopvoeding aangepak deur sportvereniginge, toneelvereniginge, leesklubs, medewerking aan die Volksuniversiteit, openbare leessale. Ons staan verbaas oor die onuitputlike energie, die breë belangstelling van hierdie man. 'n Studie van sy lewe bring ons midde in die geesteslewe van Nederland gedurende die afgelope vyftig jaar. Ook as warm vriend van die Vlaminge en as nugtere maar oortuigde bepleiter van die Dietse ideale, waarvoor hy ook bereid was om iets op te offer, is hy 'n figuur van betekenis. Maar die skoonste monument het hy homself opgerig in sy stigting ‘De Wereldbibliotheek’, die uitgewers-maatskappy wat die goeie boek teen 'n billike prys en in 'n deeglike, smaakvolle vorm aan die breë lae van die volk gebring het. Deur sy idealistiese opvatting van sy taak as uitgewer sowel teenoor die outeur as teenoor die lesers het hy hom die eretitel van ‘edelman onder de uitgevers’ verwerf. Wat later in Engeland onderneem is in die bekende ‘Everyman's Library’ het Simons reeds in 1905 in Nederland begin, en die ‘Wereld-bibliotheek’ bestaan in sy verskillende vertakkinge al uit meer as duisend werke. Hoeveel ook in ons land het skoonheid en kennis deelagtig geword deur hierdie kostelike uitgawes - en ook vir Vlaandere was hulle tot groot seën. Mooi getuig prof. Prinsen hiervan: ‘Wat niemand mogelijk achtte, heeft hij aangepakt en bereikt: de schoonheid en de wetenschap in velerlei schakeeringen en richtingen te brengen aan de zeer velen voor wie dit alles een licht en een vreugde in het leven werd voor immer. Zijn werk is en blijft de beste volksuniversiteit die er in ons land bestaat.’ Hoe jammer dat die Nederlandse Universiteite tot sy laaste lewensjaar gewag het voor een van hulle homself geëer het deur aan die kranke grysaard die doktorstitel ‘honoris causa’ aan te bied! Hierdie mooi uitgevoerde gedenkboek is 'n waardige hulde aan die nagedagtenis van hierdie nobele idealis, en deur die bydraes oor Simons se lewe en strewe in sy tyd, 'n interessante kultuurhistoriese dokument. G. DEKKER. H.C. Andersen. Sprookjies en Vertellingen. Volledige uitgave naar het Deensch door Dr. W. Van Eeden. (2 delen in één band.) W. de Haan, Uitrecht, 1931. Prys f.6.90.) Dit sou sonde wees om oor die sprokies van Andersen 'n swaarwigtige letterkundige bespreking te gee. Direk of indirek het ons almal kennis gemaak met hierdie altyd-frisse verhale, wat deur die natuurlike, kinderlik-eenvoudige verteltrant, die lewendige verbeeldingskrag, die tere natuurliefde 'n wonderwêreld laat oopgaan, nie alleen vir die kind nie, maar ook vir die volwassene. Ek wil dan ook slegs met 'n paar woorde wys op die belang van hierdie mooi uitgawe. Waar die meeste Andersen-uitgawes slegs bloemlesings vir kinders is van 'n betreklik klein aantal sprokies het ons hier die enigste volledige uitgawe, wat honderd-twee-en-sestig verhale bevat - daarin is opgeneem 'n sestal wat nog nooit gepubliseer is nie, selfs nie {==183==} {>>pagina-aanduiding<<} in Deens nie. Wie weer kind wil word, 'n oomblik wil lewe in die ryk van die kinderlike verbeelding, die lewe en die natuur weer vol wonders en vol bekoring wil sien, 'n oomblik wil ontsnap aan die drukkende sfeer van ons oorbewuste, intellektualistiese kultuurlewe, om tot die verrassende ontdekking te kom dat hy ryker geword het aan wysheid, kan nie beter doen as hierdie vertaling te lees nie. Ek kan dit nie vergelyk met die origineel nie, maar vanaf die eerste bladsy het die suiwere, spontaan-eenvoudige Nederlands, wat nooit laat dink aan 'n vertaling nie en vry is van alle boeketaal, my bekoor. In watter familiebetrekking die vertaler tot Frederik van Eeden staan, weet ek nie, maar by die lees van hierdie sprokies het dit my weer opnuut duidelik geword hoeveel die skrywer van daardie heerlike sprokie, ‘De kleine Johannes’, aan Andersen te danke gehad het. Ek hoop dat hierdie mooi uitgawe, smaakvol van uiterlik en versier met fyn vignette deur die bekende tekenares Rie Cramer, baie gelees sal word in ons land. Terwille van ons kinders moet ons dit aanskaf vir ons huis- en skoolboekerye - as ons dit nie doen nie, onthou ons hulle 'n skat van skoonheid en iets wat vrugbare invloed sal uitoefen op die ontwikkeling van die kindersiel; ons verwaarloos dan ook die mees voor die hand liggende middel om ons kinders vrywillig, sonder enige dwang daartoe te bring dat hulle reeds op jonge leeftyd kennis maak met Nederlands. Maar ook op ons kuns kan hierdie onopgesmukte, suiwere sprokies slegs 'n heilsame en vrugbare invloed hê. G. DEKKER. Bande. Deur Abr. H. Jonker. Nas. Pers, Kaapstad, 1933. In die Februarienummer het ek ‘Die Plaasverdeling’ van Jonker verwelkom om die suiwerheid van sy karaktertekening en van sy realisme in die algemeen. Wel is daarin nog opgemerk 'n sekere wydlopigheid. In hierdie nuwe werk is verdere ontwikkeling ten goede. Die lewensbeeld in ‘Bande’ word strenger en strakker; gekonsentreerd om 'n novelle-inhoud, word die lyn essensiëler en dus geesteliker. 'n Besondere eenheid kenmerk die bundel. Die verhale word saamgesnoer om die grondbesef van lewensbegrensing, en wie dit saamsnoer is iemand wat die woord van Goethe deurleef het, dít naamlik, dat al ons dade, ja selfs ons lyde, die kringloop van vergeefse verset voltooi. En dít, hierdie styluitdrukking van vergeefse lewenspyn, bitterheid ook, gee aan die verhale 'n inhoud, wat oortuig as waarheid. Veel bitterheid lê daar oor die bladsye; soms is dit versag tot stil-elegies klae om ons aller gebondenheid; maar tog ook, 'n enkele keer, en op sy skoonste in ‘Droogte’, is daar 'n versoening met die begrensdheid, gebore uit 'n besef van heldhaftige verset teen die noodlot, asook uit 'n sagte huiwering, soos van verre vleuelslag bo ons hoof, van die Hoop... Hierdie gekonsentreerde blik op lewensmomente, die gespannenheid en ook die menslike toon in die verhale is van belang vir ons realisme, wat nog alte dikwels nie hoër styg nie as die neutrale opsommingskuns van waarneminkies en gebeurtenissies van elke dag. Ek noem hier enkele verhale. In ‘Soos die gras’ is dit 'n arme sukkelaar wat aan bande gelê is deur armoede en 'n heersugtige vrou. Pateties is sy smag na vryheid, op die grootpad van sy verbeelding of in sy hulpelose grootdoen voor vreemdes. Ten slotte weet hy dit: ‘Hy is soos die gras hier op die plaas: hy groei maar net hier in die rondte, en dan kom die wind van die winter en... die Dood.’ Bande van armoede en huislike ellende is ook die motief in ‘Werkloos’; geldelike moeilikheid in ‘Offervreugde’. In ‘Op die stoep’ is dit doodse lewensverveling en eensaamheid van 'n onderwysersvrou {==184==} {>>pagina-aanduiding<<} wat haar lewensgang aan bande lê. Die mees gebonde deur teleurstelling en leed en, ten slotte, die mees versoende ook mèt die teleurstelling en die leed, is die lewensblik in ‘Droogte’. Die gewone Afrikaanse motief word in hierdie verhaal weer nuut en sterk beleef.... Teistering van droogte, veral in die siel van 'n ou vader en sy seun, gesien ook as botsing tussen die twee.. In die vader dreun die hoopvolle refrein: ‘totdat die reën kom’ - so afhanklik van die bloue hemel en van die water in die lug... ‘En weer is sy droewige gesig sonder trek of beweging; en weer verdof die goedigheid in sy oë tot die vale hoop op uitkoms, wat slegs na lang verbeiding kan verwesenlik word.’ Teenoor sy verset rys steeds hoër en dreigender op die wanhoop van sy seun, wat die droogte as 'n vloek sien en al heser daaraan uiting gee namate sy vader se stem al sagter word. Dan rol daar oor verset en wanhoop, as ydele spel, die trooswoorde van die onderwyser, totdat ook hy tot swye gebring word deur die godtergende wanhoop van die seun: ‘Die reën sal kom... maar eers as die velde pik-swart gebrand lê... as elke skaap en bees gevrek het. Ja, dan sal die reën kom soos 'n bespotting...’ Die laaste kragte skyn uitgeput. 'n Diepe stilte... Die gety keer.... ‘Die stilte in die huis daar op die droë vlaktes van die Noord-Vrystaat het 'n soort van wyding geword. Die werf en alles lê stil in die donker van die nag. Dit was of oor alles die hand van die dood kruip...’ ‘Die stemming het die skoolmeester ook aangegryp. Eienaardige mense hierdie. By nadere kennismaking sou 'n mens noueliks sê dat hulle een volk uitmaak met die mense waar hy vandaan kom, hoewel hulle dieselfde taal praat. Hulle is soos plante van die veld met 'n eie skoonheid - - sterwende plante in 'n vinniguitdroënde land.’ En in die wydingsvolle stilte word die wonder verrig, die wonder van selfvergetende aanskouing. So, asof in gebed, fluister die onderwyser stil voor hom heen die woorde van 'n vers, en daar daal uit hoër sfeer, as lewensdou, 'n nuwe lafenis.... ‘Niemand roer nie. En met nog groter wyding kom die gevoelvolle stem van Karel van Arlen: “Amen! Amen!” want dit was die bede van almal se harte. Dit het sy gemoed geraak, wanneer uit Gods erbarming in die bloue hemel 'n wit wolk verrys.’ Die werklikheid in hierdie verhaal is Jonker se eie, omdat dit ‘oorwonne’ is. Oorwonne ook daarin is ons romantiek van droogte. En dis 'n vooruitgang in waaragtigheid. So word in hierdie boek, in dubbele sin, bande van begrensing verbreek. Op die weg van sulke, meer vergeestelikte, realisme moet Jonker voortgaan. En die gevare daarby probeer vermy! Hierdie verhaal toon ook Jonker se beste vermoë as bouer van 'n verhaal. Wat natuurlik méér sê as dat hy bloot tegnies vooruitgaan. Gemaklik is dit na te gaan hoe die gloed van emosie styg tot die klimaks (die wanhoopsuiting van die seun), hoe dit verbreek met die preweling van die onderwyser, en terugvloei in die wydingsvolle slot. Hoewel al die verhale op flink literêre peil gehou is, val daar nog aanmerkings hier en daar te maak. Soms is meer konsentrasie op die hoofindruk gewens, soms word die klimaks beter gebou, en dus gekonsipiëer, as begin of slot - so belangrik in 'n kortverhaal. Soms word die eenheidsindruk geskaad deur kompositories minder gelukkige psigologie, soos die onverskilligheid van die seun in ‘Offervreugde’. Maar dié oorweginge hoef geensins af te doen nie aan die lof waarmee ek hierdie bundel wil aanbeveel by die leser. FRANÇOIS MALHERBE. {==185==} {>>pagina-aanduiding<<} Brothers in the west. By Robert Reynolds, Harper & Co., New York. (5/6.) Aan hierdie eersteling-werk van 'n nog betreklik jeugdige skrywer is die bekende Harper-prys in 1931-1932 toegeken. As 'n mens hoor dat dit die skrywer se eerste gepubliseerde werk van enige aard is, staan jy verbaas oor die grootse konsepsie, die meesterlike uitbeelding, die frisse skildering vol jong en sonlig-helder kleure, die ryp lewensfilosofie wat 'n mens van 'n meer ervare skrywer verwag. Nog te bewondere is dat dié werk in hierdie tyd en in Amerika gebore is. Tereg laat die skrywer vooraf die woorde uit ‘The Tempest’ volg: ‘O brave new world, that has such people in it’, wat van toepassing is op homself. In 'n land wat in die ystergreep van die masien-eeu lê, waar die verstand soos 'n robot-oog net rooi of groen materialisme flits, waar alle vergesigte van emosionaliteit deur fabrieksrook toeverstik lê, alle fyngevoelige waardering van wat mooi en skoon in die lewe is, skrikbevange weggeduik het vir óf die koeëls van rampokkers óf vir die terroriserende goedkoop impersonasies in Hollywood, daar het met Reynolds 'n soort profeet wat die vergiftigende coma van die materialistiese lewe rondom hom ontvlug, dààr na die berge van sy ‘Wild West’ toe, waar die son nog tot by die rotsige aarde kan skyn en dieper selfs tot op die murmelende waterstrome, diep in die hart van die canyons. ‘Brothers in the West’ is 'n idille van oneindige vlaktes en hoë, geweldige rotsgebergtes. Die onbesoedelde natuur groen hier welig soos somer-vleigras, of rus witstil onder 'n dekking van ‘blizzard’-sneeu. Die skrywer wou verder wegvlug van hierdie ‘brave new world’, na die ongerepte van die begin van die skepping, daarom voel ons dadelik die primitiewe wat ons aan ons eie Vrystaatse hooglandvlaktes en die versnyde Natal laat dink, toe ons voorouers die land ingekom het. Ons voel die magtigheid van die berge, van die winter, van die skrikwekkende draaiwind, ons voel die stryd wat kultuur-mens en -dier hier voer teen die vernietiging deur die oneindigheid van hierdie stadig-aankruipende arms van berge en vlaktes wat hulle offers eis. Die Indiaan sluip agter sy vyand aan en dra aanstonds 'n bloeddruppende kopvel aan sy gordband, die wolwe ruik die elk, en 'n woeste kamp op lewe en dood volg teen die rotsige hange, wit van die sneeu. Die Indiaan se bene bleik self môre-oormôre wit, die wolf lê deurboor deur die dolkhorings van die deur-bloedverlies-beswykte elk; net die berge en vlaktes bly, en die Winter kom, daarna die Lente en die Somer.... totdat dit weer Winter word. Daar was twee broers, blokke van kêrels, wat deel was van die geweldige omgewing waar hulle tuishoort, asof hulle uit die rotswand uitgekap is. Hulle weet nie waar hulle vandaan kom nie, die Charles en David, en ons sien die jong reuse hulle vermei in die koel water van 'n stroom op hulle trek deur hierdie wêreld van hulle eie. Die onbekommerde lewe en die uitbeelding daarvan laat ons aan Timmermans en sy ‘Pallieter’ dink, net Pallieter is 'n getemde en gemeste jongperd, terwyl hierdie manne soos twee jong olifante in die vrye verkeer. Primitiewe lewe, primitiewe instinkte. Hierdie natuurkinders - broers een en onafskeidelik - was die tolkstemme van die wildernis. Vry geniet hulle van alles wat die lewe bied. Die natuur het hier g'n perke nie, hulle ook nie, tot hulle Karin ontmoet en haar van haar lewe as slavin van 'n lafhartige wellusteling bevry. Karin was anders as die ander meisies wat hulle vir geld gekoop 't. Sy was 'n natuurkind soos hulle, en hulle 't haar bevry. Hulle was die berge, sy die sonlig wat hulle bestraal 't; hulle was 'n twee-eenheid; toe sy bykom, was dit 'n drie-eenheid, en die bande {==186==} {>>pagina-aanduiding<<} wat hulle nou saamgesnoer 't, was sag soos fluweel, tog sterk soos staal. Maar sy was 'n vrou, en hoewel David haar liefgehad het om haarself, was daar by haar die verlangste om 'n kind te hê, om die lewe voort te sit. Die skakel tussen die wêreld en hulle 't sy gevorm, want hulle 't net bestaan vir hulleself en vir haar. Haar verlangste het hulle kommer en al drie se ideaal geword, die ander s'n om haar ontwil. En so't hulle van die noorde na die suide geswerwe en weer na die noorde toe. Hulle 't met mense in aanraking gekom - watter sieklike wesentjies, almal op een of ander manier wees geword deur hierdie vlaktes en hooglande van hulle -, wat hulle vergader het onder hulle sterke beskerming, want God 't hulle nie geken nie. Die berge en natuur en hulle 't alleen bestaan: ‘We go our own way as we will and expect nothing from God.’ Dit was God, maar Karin 't nog geglo, want - - sy was die skakel. Haar geloof 't haar vrugbaar gemaak en sy het die voorbeeld van die vee en van die ander vrouens wat saam met hulle gereis 't, gevolg en 'n seun ter wêreld gebring. Tussen die hoë berge vol met reuse-dennebome, op 'n groen gelykte, 't hulle en Padre Llorente en God gewoon, want hulle 't vir Hom 'n kerkie van dennestompe gebou. Die broers was altyd rusteloos. Partykeer 't hulle dae aaneen in die berge vertoef, hoewel die lewensverganklikheid ook merktekens aan hulle gelaat 't, wat die naderende uur aanwys wanneer die groot den sal omkantel of die rotsblok van die bergekruin sal aftuimel na die versandende waterstroom. Karin 't, na sy weer sterk geword 't, saamgegaan, maar die band wat sy met die wêreld gehad 't, haar seun, 't haar dood gekos, en die twee broers, wat alleenlik haar verlatenheid geërwe het, het haar gedra bo na die berge, waar hulle haar op 'n brand-bed neergelê het en haar as deur die wind verstrooi is. ‘Ek gaan na die land waar julle gebore is’, só het sy hulle vooruitgegaan... Grys, vereensaamd en verweerd vind ons die twee ou broers bergopwaarts sukkelende. Die natuurgeweld 't hulle nie verswelg nie. Hulle klim met vermoeide, beblaarde voete en hande, hoër, verder, tot by die land van hulle geboorte, daar waar Karin reeds was. Soos 'n magtige aardbewing rukgolf een ding deur die hele boek: lewensverganklikheid! ‘We burn out like stars in a black wilderness, one by one. Which of us, you or I, will go first and leave the other, as she has gone? Death is certain, a black wrapping around the soul that keeps it by itself.’ O, die doelloosheid van die kort lewensuurtjie. Ons kom, ons bly, ons gaan: waarom? Net die vlaktes bly en die groot berge, al lê daar diep vore in die rotswande en diep skeure tot by die hart van die aarde. Die Dood, wat soos 'n swartgevlerkte spooksel swewe oor die idilliese lewe van die ‘Wild West’, voer dwarsdeur die boek 'n onopgemerkte stryd met die onbekommerde lewe, en dis altyd maar hy wat seëvier tot hy by die broers kom! Teen die romantiese agtergrond van die ewige wildernis word daar 'n realistiese stryd gevoer van die verganklikheid, wat sy swart sluier oor alles en almal se harte toevou, teen die natuurkinders wat keer op keer seëvier totdat hulle ook voor sy aanslae wegkrummel. Daardie natuur fluit soos lieflike wildsang deur dennenaalde of slaan aan soos die silwer klanke van Padre Llorente se kerkklokkie, dwarsdeur die musiek van die pragtige prosa. Ek sien in die verte die opdoemende mesa-pêrs, ek hoor die angstige coyotegehuil, ek ruik die verjongende lug wat soos bronwater my dorstende longe inspuit en ek voel, o die heilige gevoel van alleen te wees met al hierdie Almag rondom my, nietige mensie. Die hele werk is louter poësie. Die skilderende woorde lê soos harmoniërende warm kleurveë van 'n kragtige penseel {==187==} {>>pagina-aanduiding<<} in grootse perspektief neergestryk. Dis musiek met 'n bewegende ritme, soos die wye deining van die Wild-West-natuur self. Daar is 'n gloed van 'n liefdevolle hart wat stadig uit bladsy na bladsy na die leser opslaan. U sal my 'n lang aanhaling vergewe: ‘The great shaggy animal, bleeding at the throat and breast, staggering on three legs, broke the back of the wolf with a sharp blow of a forefoot. Then, with head low and sobbing for breath, he turned his great dark eyes on the two approaching men. ‘He had grown up in the Western mountains. He had nibbled the green aspen leaves of many springs. He had beheld the passage of the seasons in a ragged and beautiful land. He had lain beside cool streams on mossy banks. And he had pursued and mounted his doe in the whispering forests. He had locked horns with other bulls as mighty as he, rising aloft on his hind legs to throw them down. He had outlived bitter winters, nosing beneath the snow-heavy pines for roots, eating shaggy bark. His swift hooves before now had out-distanced wolves, and idle summer evenings had found him standing belly deep in some mountain pond where yellow succulent lilies bloomed. He had grazed with herds of his kind on lofty mountain stopes where the sun called forth rare, delicate flowers, where the shadows of granite cliffs and snowy peaks crept into the deep valleys before the day was done. Black-bellied, stately antlered, and full of the vigor of life, he had been a glorious king of his kind.... Then before David could shoot again, the creature fell, struggled to his knees of its forelegs, fell again, rolled on its side, and with a sound much like a heartbroken moon, wapiti moved no more.’ As daar een dag oor die geelgoue oneindigheid van ons vlaktes so'n epos gelewer word, sal ook ons oë kan opslaan en die horisonte van ons kuns uitskuiwe tot waar dit sal saamblou met die mesas van die kuns van Raynolds en ander groot epici. P. DE V. PIENAAR. Armoede en hartkwaal. Deur David J. Coetzee. Nas. Pers. 1933. Weinig geestelik is hierdie eerste werk van Coetzee. Wat natuurlik nie uitsluit dat dit 'n etiese, selfs godsdienstige doel nastrewe nie. En daarmee sukses kan hê. Want in sy soort is ‘Armoede en Hartkwaal’ lank nie onverdienstelike werk nie en word die tendens in die kleine realistiek opgeneem, en doen dit, behalwe op 'n enkele plek, nie as te opsetlik aan nie. Die skrywer het ongetwyfeld talent. In sy voorstelling van ons ‘eenvoudigste’ klas boermense toon hy 'n raakheid van opmerkingsgawe en 'n doeltreffendheid van dialoogtekening wat ons laat uitsien na werk wat van hoër gesigspunt sal gekonsipieer wees. Want by alle waarheid van voorstelling en selfs by elke poging tot verheffing en genesing van die armblankedom - armoede as hartkwaal - is daar 'n tekort aan geestelike draagkrag. En tog kan ek my so goed voorstel dat menige leser wat ‘Ampie’ te plat vind, deur ‘Armoede en Hartkwaal’ sal gestig word. Hoe groot egter die verskil! Van Bruggen staan hoër as die bywonertjie, en tog gee hy hom realisties suiwer. Wat Van Bruggen te sê het oor ons armblankedom vind beeldend vorm in mensskepping. Menige leser sien alleen die uiterlike realistiek in ‘Ampie’ raak en word nie daarmee versoen deur besef van die nobele geestesgesteldheid agter die feitelike siening van die toiingskind nie. In ‘Armoede en Hartkwaal’ sal hy eerder die feitelike gang van die tendens opmerk as enige tekort aan geestesgesteldheid. Oor hierdie allerbelangrikste punt in die kritiese wetenskap - en een waaroor daar nog so veel misverstand heers - 'n enkele woord alhier. {==188==} {>>pagina-aanduiding<<} Seker moet die kunstenaar hom inleef in die gegewe milieu - in hierdie geval in die platte lewensfeer wat hy realisties wil voorstel. Geensins mag hy die natuur vervals nie. Maar hy is die meerdere van sy mense, veral in bewustheid van dinge waarvan hulle nie sò bewus kan wees nie. Hy sien hul in 'n lig wat nie vir hulle oë is nie. Hy groepeer hulle lewensverskynsele op sy eie wyse en bring dié in die eenheidslig van sy individuele siening. En vir die leser val daar 'n nuwe lig op hul lewe, 'n lig wat hul waaragtig en natuurgetrou toon, en wat tog nie van hul is nie. Hierdie lig kan nooit die indruk van ordinêr maak nie, hoe dit ook al die ordinêre en die platte beskyn en deurlig. Hierdie twee-eenheid is die geheim van alle groot realisme. Ons skrywer staan nog buite dié geheim. Wel is Coetzee getrou aan sy analisering van platte realiteit, ook hy waak teen die afkeurenswaardige neerblik uit die hoogte, selfs openbaar hy die so nodige simpatie en inleef met sy sujette. Maar verder reik sy vermoë nog nie. Die ware kunstenaar, daarenteë, doen meer, is meer as fotograaf. Ons weet dat die realiteit dood bly sonder die herskeppende gees, sonder die beligting van innerlike aanskouing. Die direkte weg van outydse kommentaar vermy die moderne kunstenaar as uit die bose; en sy weg is dié van die subtiele van 'n eie styl. Uit die styl self spreek die hele persoonlikheid van die inlewende kunstenaar. En soos ons reeds dikwels beklemtoon het, is styl die hele uitdrukkingswys van 'n bepaalde konsepsie, soos dit reeds ook die hele konsepsie omvat. Die kunstenaar redeneer nie, maar verbeeld alleen. En hy verbeeld tussen vreug en smart, só dat sy representasie van die werklikheid, sonder meer, interpretasie word van 'n bepaalde stuk lewe. So word die wonder verrig, die wonder van natuurgetrouheid in harmonie met die verheffende gees, wat die verskynsele groepeer en interpreteer op eie geïndividualiseerde plan van aanskouing. Dus: onbevangenheid van beelding èn skone menslike aksent verrig hierdie wonder. Natuurlik is die ontwikkelingsweg dáártoe nie af te lê deur blote inspanning nie. Dit is 'n groei in styluitdrukking, en dit veronderstel o.a. 'n dieper ontroerd wees deur die geheimenisse van lewe en lot, 'n inniger besef van lewenstragiek; en as by teenstelling: 'n ryker aandeel aan die begenadiging van Skoonheid, om visioene te sien ook dáár waar alle skoonheid ontken word... Want die wonder van skeppingswerk lê juis in die vreemde en tog so natuurlike verbinding van beskouing en skouingslewe. En by hierdie ontroering en die besef van skoonheid, wat deur ons weer bloei selfs op die mishope van die lewe, is alle nugter oorweginge van patriotiese of godsdienstige aard van so bloedweinig artistieke belang.... Ek noem dit alles hier om die aanleiding wat die tekort in Coetzee se werk ons daartoe bied. Want hierdie tekort is nog veels te algemeen in ons literatuurproduksie. En dié tekort is verantwoordelik vir die weinig veredelende aard van ons kultuuruitinge. Gelukkig het ons in die laaste jare begin insien dat romankuns nog iets anders is as godsdienstige of vaderlandse didaktiek. Ons moet vervolgens leer besef dat literatuur meer is as blote weergawe van die werklikheid in die platte praattaal van elke dag. Mnr. Coetzee sal begryp waarom ons hier alleen by die een kern-oorweging van sy boek bly stilstaan. Miskien kom hy ons nog op die gesketste weg verras. Want met veel in die voorberig, deur Eitemal geskrywe, gaan ons akkoord. Wie reeds so suiwer aanvoel en beluister, laat ons meer verwag. ‘Armoede en Hartkwaal’ kan origens as 'n baie verdienstelike verhaal die leser aanbeveel word, en te meer waar dit die invretende kanker by 'n groot gedeelte van ons mense wil genees en keer. Stellenbosch. FRANÇOIS MALHERBE. {==189==} {>>pagina-aanduiding<<} Nuwe Boeke. Alle nuwe boeke deur die Redaksie, Bus 460, Pretoria, ontvang, word hier aangekondig. Hierdie aankondiging sluit latere bespreking van 'n boek nie uit nie. Uitgewers word versoek om die prys te vermeld. Bruggen, Jochem van: Die Sprinkaanbeampte van Sluis. J.L. van Schaik, Bpk., Pretoria. 7/6. Donker, Anthonie: Maar Wij...? Spel van Jeugd en Arbeid. Uitgegeven door de Vrijzinnig Christelijke Jeugd Centrale. Nieuwe Gracht 7, Utrecht. (f.1.50.) Engelbrecht, Dr. S.P.: Thomas Francois Burgers. 'n Lewenskets. J.H. de Bussy, Pretoria. (20/-.) Hamsum, Knut: Hoe het Groeide. Roman in twee deelen. Uit het Noorsch vertaald door Margaretha Meyboom. Van Loghum Slaterus' U.M., Arnhem. (f.1.90.) Hobson, G.C. en S.B.: Buks. J.L. van Schaik, Ppk., Pretoria. 5/6. Jongejan, Dr. E.: De Humor-‘cultus’ der Romantiek in Nederland. W.J. Thieme & Cie., Zutphen. Kamp, Willem C.W.: Matteo en Leonardo. J.L. van Schaik, Bpk., Pretoria. (6/-.) Melle, J. van: Dawid Booysen. J.L. van Schaik, Bpk., Pretoria. (6/6.) M.E.R.: Karlien en Kandas. Nasion. Pers, Bpk., Kaapstad. (8d.) Molsbergen, dr. E.C. Godée: Tijdens de O.I. Compagnie. N.V. Swets en Zeitlinger, Amsterdam, 1932. (Geb. f4.90.) Nienaber, G.S.: Honderd Jaar Hollands in Natal. J.H. de Bussy, Pretoria. (5/6.) Noordmans, D.: Augustinus. (Volksuniversiteitsbibliotheek, 57). De Erven Bohn, Haarlem (geb. f.1.90). Prinsloo, J.G., en Gauché, J.G.: In die woeste Weste. Die lydensgeskiedenis van die Dorslandtrekker. J.H. de Bussy, Pretoria. (3/9.) Raptschinsky, Dr. Boris: Blank en Geel in het Verre Oosten. W.J. Thieme, Zutphen. (Ingen. f.3.90, geb. f.4.90.) Schumann, P.W.S.: Hantie kom huis-toe. J.L. van Schaik, Bpk., Pretoria. Rothmann, Miemie E.: Kinders van die Voortrek. 2e druk; Nas. Pers, Bpk., Kaapstad. (3/6.) Simons-Mees: Geloof. Drama uit den Hugenotentijd. Inleiding en Aantekeninge deur dr. C.M. van den Heever. J.H. de Bussy, Pretoria. Spiethoff, Walter: So'n Vabond! Blyspel in drie bedrywe. Nas. Pers, Bpk., Kaapstad. (2/3.) Stoker, Dr. H.G.: (almal by J.H. de Bussy, Pretoria): Die Nuwe Wysbegeerte aan die Vrye Universiteit. (2/-.) Iets oor Redelikheid en Rasionalisme. (2/6.) Die Slakkehuisteorieë van die Bewussyn. (2/-.) Die Wysbegeerte van die Skeppingsidee. (2/3.) Strydom, C.J. Scheepers: Waar die Driedorings Groei. Nas. Pers, Bpk., Kaapstad. (4/-.) Sterck, Dr. J.F.M.: Oud en Nieuw over Joost van den Vondel. De Spieghel, Amsterdam. (Ingen. f.2.50, geb. f.3.50.) Veterman, Eduard: Vader des Vaderlands. A.J.G. Strengholt, Amsterdam. Waal, J.H.H. de: Johannes v. Wyk. 7e druk. Nas. Pers, Bpk., Kaapstad. (6/6.) Wilma: De klank van het Leven. U.M. Holland, Amsterdam. (6/-.) {==*19==} {>>pagina-aanduiding<<} Die Nuwe Brandwag Tydskrif vir Kuns en Lettere. KWARTAALBLAD 10/- per jaar. Uitgewers: J.H. DE BUSSY, Bus 460, Pretoria. Redaksie: Prof. Dr. G. Dekker en Prof. Dr. H.G. Viljoen. Hoofkunsmedewerker: J.H. Pierneef. Alle bydraes aan die Redaksie. Alle boeke vir resensie, besigheidsbriewe, intekengelde, advertensies, ens., aan J.H. de Bussy, Bus 460, Pretoria. INHOUD. Bladsy. Inhoud en Advertensies i-iii Martin Luther en die Duitse Bybelvertaling J.J. Dekker 190 Vyftig Jaar Moderne Skilderkuns, P. Ant. Hendriks 196 Die Laaste Beeld N.J. de Jager 200 Karroo-Sonnette - 1. Vir my die Glorie, 2. Geduld, o Geduld, J.D. Du Plessis 204 Karroo-Sonnette J.D. Du Plessis 204 Verbeeldingstipes in ons Letterkunde, J.R.L. van Bruggen 205 Die Beessmour, S.B. en G.C. Hobson 214 In die Awenduur J.C. Botha 218 Nederlandsche Litteratuur van dezen Tijd, III Anthonie Donker 219 Die Genadelose, C.M. van den Heever 228 Nicolaas Mansvelt: 'n Stryder en Bouer J.Chr. Coetzee 236 OOR BOEKE - H.G. Stoker: 1. Die Nuwere Wysbegeerte aan die Vrye Universiteit. 2. Die Wysbegeerte van die Scheppingsidee. 3. Iets oor Redelikheid en Rasionalisme. 4. Die Slakkehuisteorie van die Bewussyn N. Diederichs 243 Tijdens de O.-I. Compagnie, A.J.H. van der Walt 245 Gedenkboek aan August Vermeylen, C.M. van den Heever 246 Gods Goochelaartjies G. Dekker 247 Matteo en Leonardo J.J. Le Roux 248 Stijn Streuvels en zijn werk, C.M. van den Heever 249 Die Sprinkaanbeampte van Sluis, P. Schoonees 250 NUWE BOEKE 253 {==*20==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding MARTIN LUTHER. Deur Lucas Cranach die ouere, 1526. ==} {>>afbeelding<<} {==190==} {>>pagina-aanduiding<<} Die Nuwe Brandwag Tydskrif vir Kuns en Lettere DEEL V. No. 4. PRETORIA. NOVEMBER 1933. Martin Luther en die Duitse Bybelvertaling. VIERHONDERD-EN-VYFTIG jare het verbygegaan sedert die geboorte van die groot Hervormer (10 November 1483), en weldra sal die vierde eeufees van die verskyning van sy monumentale Bybelvertaling (1534) gevier word. Waar die hele Protestantse Christenheid dankbaar hierdie groot gebeurtenis en hierdie magtige daad herdenk, waar die ganse beskaafde wêreld hom weer ernstig die betekenis van Luther en van sy werk vir die mensheid afvra, daar pas dit wel by uitstek ons as Afrikanervolk om ons ook rekenskap daarvan te gee, om te soek na 'n heldere Lutherbeeld - die Afrikanervolk wat gebore is uit die Hervormingstryd en wat slegs enkele maande gelede die voorreg mog smaak om, as sy erfenis van die Hervorming, die Boek in sy eie taal te ontvang. Besit ons wel 'n duidelike beeld van Luther? Hierdie afstammeling van eenvoudige, ongeletterde boere beheers sy tyd, die sestiende eeu; sy magtige gestalte werp sy skadu oor die hele Europa. Hy is een van die allergrootste, maar tewens mees omstrede figure in die geskiedenis van die nuwe tyd en bly daarom tot vandag toe in menige opsig 'n probleem vir die wetenskaplike vorser. Want elke geestesrigting, elke tyd bepaal tenslotte die betekenis van 'n historiese persoonlikheid volgens sy eie besondere maatstaf, en dit is slegs menslik dat die waardebepaling van die eeue juis dáár tot die mees teenstrydige gevolgtrekkinge moes lei waar dit die persoon en die werk van die godsdienstige hervormer geld; immers die heiligste maar ook mees persoonlike beginsels en oortuigings van die mens moes hier die maatstaf aangee. Daarom soek ons tevergeefs na 'n vaste, absolute historiese Lutherbeeld. Hartstogtelike liefde en fanatieke haat, dwepende verering en kleinlike vooroordeel vertroebel en verwring die beeld gedurig. 'n Deur God gesonde profeet, 'n heilige byna, was Luther in die oog van dié tydgenote wat heiligeverering as afgodery verfoei het. Vir die ander was hy die in ontug {==191==} {>>pagina-aanduiding<<} verwekte gevleesde kind van Satan, die verderflike vyand van God en mens. Die sewentiende eeu staan nog in die teken van die felle godsdiensoorloë en werp dus geen nuwe lig op die Luthergestalte nie. Aan die een kant leef die oorgelewerde beeld van die profeet en strydende dienaar Gods voort, slegs, teen die einde van die eeu onder die invloed van die Piëtisme, ontdaan van sy hoekigheid en strakheid van lyn, en teerder, weekliker van koloriet. Aan die ander kant is die Katolieke Lutherbeeld so moontlik nog brutaler, met die verfynde detailkuns van spitsvondige jesuïtiese boosaardigheid. Eers met die agtiende eeu kom die stormagtig bewoë gemoedere tot rus. Hierdie eeu van die ‘Verligting’, met sy nugter verstandelike wêreld- en godsdiensbeskouing (Voltaire) waarvan die mens self die verheerlikte middelpunt en einddoel is, stel heldeverering in die plek van Godsaanbidding. Een van sy grootste helde is Luther, die bevryder van die menslike gewete uit die bande van geestelike slawerny. Eindelik dus 'n beeld van die mens Luther. Maar dit toon ons nie die sestiende-eeuse hervormer nie, dog 'n skepping van die agtiende eeu; nie die geloofstryder, die met die moed van die wanhoop worstelende Godsoeker nie, maar die ideale mens, die gebore oorwinnaar, onfeilbaar deur sy trotse selfbewustheid; die genie van die vernuf, die soewereine Übermensch, die godmens van die agtiende-eeuse verbeelding. In die siel van die ware Luther, met sy donker afgronde van wilde vertwyfeling, die siel met sy tere mistiek van kinderlik beleefde geloof kon die beperkte blik van die selftevrede verstandsmens van die agtiende eeu nie indring nie. Met die negentiende eeu verander die Lutherbeeld weer. Dit word deurtintel van gevoelslewe. Die intensiewer geskiedvorsing probeer om die Luthergestalte in 'n suiwerder perspektief tot sy tyd en sy omgewing te sien, dog neig onder die invloed van die Katolisisme tot onderskatting van die Hervormer. Dank sy die nuwe lig wat veral in die laaste tiental jare deur die onvermoeide geskiedvorsing op die sestiende eeu en die gestalte van Luther gewerp is, is ons blik vandag veel onbevangener en skerper, al is die historiese Lutherprobleem nog nie volkome opgeklaar nie. Hoe sien ons Luther? Is dit nie so dat hy vir die breë volksmassa 'n byna legendariese gestalte geword het nie, bekend en tog onbekend? Ons wil hom probeer begryp uit sy briewe en geskrifte, waarin hy sy hele wese so helder openbaar. In sy voorberig tot sy versamelde werke noem hy hom treffend 'n tweede Saulus. Met dieselfde blinde ywer waarmee Saulus van Tarse die Christengemeente vervolg het, wil die jong monnik almal vervolg wat ongehoorsaam is aan die pous - ‘so vol en dronk was ek van die leer van die pous, ja so seer daarin verdrink, dat ek gereed sou wees om moord te pleeg as ek die geleentheid daartoe gehad het’. Ook Luther het sy Damaskus-gang, maar dit is 'n ander Damaskus-gang, dié van 'n Saulus van {==192==} {>>pagina-aanduiding<<} die nuutste bedeling. Jarelank moet hy soek na die heilsweg, jare waarin die vrome Augustynse monnik gemartel word deur die vreeslikste visioene van die Oordeelsdag. Dag en nag klink in sy smeekgebed tot God die bange vraag: Wat moet ek doen om salig te word? Eers na jare van bange worsteling verskyn God hom in die verblindende lig uit die Hemel. Dan word ook hierdie Saulus tot 'n Paulus, dan trek ook hy die wapenrusting Gods aan en stry om in te gaan in die ewige heerlikheid. Luther-Paulus: daar bestaan inderdaad 'n enge geestelike verwantskap tussen hierdie twee persoonlikhede en karakters, en dié feit verklaar meteens die uitgesproke voorliefde van die hervormer vir hierdie Apostel, wie se woorde hy nie genoeg kan siteer in sy briewe, strydskrifte en predikasies nie. Ook Luther word 'n dulder wie se enigste wapen in die bittere stryd die woord is - hy verbied sy volgelinge selfs uitdruklik om ooit van 'n ander wapen gebruik te maak, want die swaard is alleen aan die wêreldlike owerheid gegee, en wee diegene wat, selfs terwille van die geloof, waag om dit te trek: sulke opstandiges behoort ‘heimlik doodgesteek en verwurg en in die openbaar verbrand te word’, so lees ons in Luther se ope brief teen die opstandige Protestantse boere! Luther wil hervorming, geen revolusie nie. Ook Luther is, net soos Paulus, 'n geleerde, ja hy beroep hom met naïewe trots daarop: ‘Ek is ook 'n doktor, ja 'n buitengewone doktor!’ maar ook hy word 'n volksman in die diens van 'n hoër saak as dié van 'n Erasmus van Rotterdam. Paulus (2 Kor. 12 vs. 7) verklaar dat hom ‘'n doring in die vlees gegee is, 'n engel van die Satan, om (hom) met vuiste te slaan’; ook Luther verseker ons, met verwysing na hierdie teks, dat hy gedurig die hewigste aanvegtinge van die Bose moet verduur. Hy word jarelank gefolter deur 'n vreeslike ingewandsiekte wat hom meer as eens op die rand van die graf bring en hom fisiek totaal uitput. Maar wanneer Luther van aanvegtinge gewag maak, bedoel hy veral geestelike aanvegtinge. Hy is vanaf sy vroegste jeug die slagoffer van melancholia, en in sy veelvuldige aanvalle van versombering moet sy gedeprimeerde siel worstel met die Bose. Hierdie stryd verlam hom nie, dryf hom veel meer tot steeds dieper studie van die Bybel en versterk hom slegs in sy oortuiging, maar tog maak dit hom vroeg oud. Aandoenlik klink sy woorde wanneer hy as sewen-en-veertigjarige in 'n skrywe aan sy vrou meedeel hoe hy lewensmoeg 'n graf vir homself uitgesoek het. Hoe dikwels bid hy nie om die dood, vra hy sy vriende om vir sy spoedige verlossing te bid nie. En tog bly hy tot sy dood toe 'n onvermoeide stryder wat sy byna bomenslike krag put uit sy onwrikbare oortuiging en sy lewendige geloof. Hartlik en opofferend in sy vriendskap, teer in sy liefde, is hy met sy driftige temperament 'n gevaarlike vyand, steeds eerlik in sy wapens maar ook sonder vrees, selfs wanneer hy hom voor keiser en kardinale in die Ryksdag van Worms moet verdedig teen die aanklagte van kettery. Hoe uitdagend klink {==193==} {>>pagina-aanduiding<<} dit in sy ope brief aan die koning van Engeland wat sy leer aangeval het: ‘Die koning of vors wat meen dat Luther sig vir hom verootmoedig...., die bedrieg hom baie en maak hom bly met 'n gulde droom.’ Hy skroom nie om Hertog Georg van Saksen 'n seepbel te noem ‘wat die hemel met sy opgeblase buik trotseer’ nie, maar, so verseker hy die hertog: ‘Ek sal darem nie vir 'n seepbel bang wees nie!’ Luther is 'n dominerende karakter, 'n man van die wil, 'n hartstogtelike strydnatuur, wat die gistende gees van sy tyd in sy persoonlikheid beliggaam, 'n storm-en-drang-natuur ‘wie se gees na dade, wie se asem na vryheid dors’. Luther is groot in sy veelsydigheid, sy volle menslikheid. Met meer reg nog as die ou Romeinse wysgeer kan hy van homself getuig: Ek is 'n mens, ek beskou niks mensliks vreemd aan my nie. In hierdie volle menslikheid lê die verklaring van die dikwels paradoksale in sy karakter en sy uitinge. Sy menslikheid, sy hartstogtelike natuur probeer hy steeds beheers, nooit verloën hy dit nie. Hy is groot in sy forse manlikheid. Maar sy ware grootheid lê in sy nederigheid en deemoed, sy ware sieleadel openbaar sig in sy selfverlogenende dienende liefde. Wel mog hy van homself getuig: ‘Waar dit my leer geld, is ek vir keiser, koning, vorste en die hele wêreld veel te trots, onbuigsaam en hooghartig; maar as mens is ek deemoedig en onderdanig teenoor elke kind.’ In hierdie nederigheid en dienende liefde is Luther groter as al sy tydgenote: groter as die geestelike aristokraat Erasmus van Rotterdam, wat te selfsugtig is om te dien; groter as die onstuimige Ulrich von Hutten; groter ook as die edele, deemoedige Melanchthon, want wat Melanchthon van nature was, dit kon Luther alleen deur felle stryd teen sy eie natuur word. Carlyle het in sy ‘On Heroes and Hero-worship’ 'n treffende portret van Luther geteken: ‘Luther's face is to me expressive of him; in Kranach's best portraits I find the true Luther. A rude plebeian face, the emblem of rugged energy; at first, almost a repulsive face. Yet in the eyes especially there is a wild silent sorrow; an unnameable melancholy, the element of all gentle and fine affections; giving to the rest the true stamp of nobleness. Laughter was in this Luther, as we said; but tears also were there. Tears also were appointed him; tears and hard toil. The basis of his life was Sadness, Earnestness... Great, not as a hewn obelisk; but as an Alpine mountain, - so simple, honest, spontaneous, not setting up to be great at all; there for quite another purpose than being great! Oh yes, unsubduable granite, piercing far and wide into the Heavens; yet in the clefts of it fountains, green beautiful valleys with flowers!’ * * * Met ander groot meesters van die sestiende eeu - dink slegs aan 'n Michel Angelo - het Luther gemeen 'n verbysterende veelsydigheid van genie. {==194==} {>>pagina-aanduiding<<} Hy is die grootste taalskeppende genie wat Duitsland ooit gehad het. Geen man het die nood van sy tyd en van sy volk dieper deurvoel as hy nie, en geen digter het spontaner en onmiddelliker uiting daaraan gegee nie. Daarin lê die groot geheim van Luther se magtige invloed op sy volk - 'n taal wat hy van ‘die kinders in die straat, die man op die mark en die vrou in die huis’ afgeluister het. Daar is baie groter digters as Luther. Selfs sy onsterflike Hervormingslied ‘Ein' feste Burg ist unser Gott’ ly aan 'n sekere skoolse tradisie. Maar tog is die skepper van die Protestantse geestelike lied 'n digter by die grasie Gods, wat in sy weinige verse die angs en die hoop van sy tyd vertolk het soos geen ander nie. Weinige verse - want die stryder wat ‘gebore was om teen samesweerders en duiwels oorlog te voer’, kon hom nie oorgee aan digterlike drome nie. Luther se lewenswerk is sy Bybelvertaling, wat na jare van worsteling in die stille Wartburg reeds in 1534 die lig gesien het, maar waaraan die Hervormer tot sy dood toe met nooit verflouende ywer bly werk het, soos die gedurige verbeterings by elke nuwe oplaag duidelik bewys. Hierdie Bybelvertaling (dit is nie die eerste Duitse vertaling soos dikwels gedink word nie) is verreweg die grootste letterkundige meesterwerk van die sestiende eeu. Luther streef as Bybelvertaler in die eerste plaas na suiwere weergawe van die inhoud. Self gewapen met 'n deeglike kennis van die Hebreeuse en Griekse oertale, word hy trou tersy gestaan deur die beste humanistiese taalgeleerdes van sy tyd, waaronder veral die uitmuntende talekenner Melanchthon. Maar sy vertaling is nie die werk van 'n koud-verstandelike filoloog nie, dit is die skepping van die gelowige Christen wat eers die Bybel - met name geld dit vir die Evangelies - innerlik deurleef om daarna te vertaal. So is sy vertaling, by alle suiwerheid en presiesheid van weergawe, meer as blote vertaling: dit is tegelykertyd 'n nuwe skepping, geïnspireerde kuns. In sy vertaling is dit sy eie siel wat kla, snik, ween, bid of jubel, wat God loof en dank; dit is sy eie beangstigde en verslae hart wat vertroos word deur die woorde van Psalm 51 vs. 19, dit is sy eie lippe wat die trooswoorde vind. Sy rype geloofservaring stel hom in staat om hom in te leef in elke afsonderlike Bybelboek, in die sielelewe van elke Bybelouteur. Met Job is hy die kind van God wat in sy vreeslike aanvegtinge en versoekinge getrou bly en geregverdig word deur die Geloof; met Dawid sing hy psalms in die nag, met Paulus onderwys hy die gemeente, met Johannes spreek hy tere woorde van liefde en hoop. Luther se uitnemende inleidinge tot die verskillende Bybelboeke getuig daarvan hoe seer hy hom met elke Bybelouteur vereenselwig; sy vertaling is daarvan die sprekendste bewys. Om te kan vertaal, so sê Luther self, ‘daartoe is nodig 'n waarlik vrome, troue, vlytige, christelike, geleerde, ervare en geoefende hart’. Sedert Luther se vertaling het talryke nuwe Duitse Bybelvertalinge die lig gesien, daaronder moderne vertalinge soos van Bartholet, Menge, {==195==} {>>pagina-aanduiding<<} Kautzsch, Weissäcker, vertalinge wat deur hul wetenskaplikheid ver bo dié van Luther uitmunt. En tog sal 'n mens telkens na Luther se Bybel teruggryp, want hoeveel inniger spreek dit nie tot die Christen se siel nie! Van verskillende kante is die aantyging teen Luther se Bybelvertaling gemaak dat dit te subjektief is. Daar word aangevoer dat dit te seer Luther is wat die woord voer, dat daar nouliks verskil is tussen die gees van die Ou en van die Nuwe Testament, dat eenselfde styl die vertaling beheers. Dit is op sy minste sterk oordrewe: Luther was om te beginne 'n veel te fyn aanvoeler van die verskillende stylsoorte en stylskakeringe, hy het hom veel te seer ingeleef in die ware gees van elke Bybelboek as dat hy sonder meer die verskil in styl sou oor die hoof gesien het. Wel het hy die hele Bybel - Ou sowel as Nuwe Testament - in die lig van die Evangelie gesien en daardeur 'n grootse eenheid in sy vertaling geskep. Maar dit is sy triomf as Bybelse kunstenaar dat hy 'n eenheid in veelheid geskep het. Luther streef as Bybelvertaler in die tweede plaas na duidelikheid. Daarom verwerp hy alle letterknegtery. Immers, hy skryf die Duitse Bybel vir die Duitse volk, vir die eenvoudige volk. Daarom, so skryf hy, ‘moet 'n mens nie die letters in die Latynse taal vra hoe 'n mens moet Duits praat nie; maar 'n mens moet die moeder in haar huis, die kinders in die straat, die gewone man op die mark daarna vra, en na hul mond kyk hoe hulle praat, en daarvolgens vertaal; dan verstaan hulle dit en voel dat 'n mens Duits met hulle praat’. Daarom kies Luther steeds die eenvoudigste en natuurlikste taal, die alledaagse omgangstaal vir sy vertaling. Maar die gewone taal word deur hom veredel tot dit die waardige vorm is van die Goddelike Boodskap. Ruimte verbied om hierdie proses in besonderhede te belig, anders sou Luther se taalveredeling en taalverryking deur talryke treffende voorbeelde aangetoon kan word. Hier is die bewuste en onbewuste taalkunstenaar aan die woord, die magtige taalskeppende genie wat as skeppende kunstenaar put uit die lewendige bron van sy waaragtige belewing van die Woord van God. So skep Luther in sy Bybelvertaling die eerste groot kunswerk in Duitse prosa, 'n werk wat deur sy innige, tere en tog kragtige taal ons meesleep, 'n werk van betowerende musikale en ritmiese skoonheid. En omdat hierdie magtige kunswerk 'n volksboek geword het - binne vyftig jaar na die eerste oplaag is honderdduisend eksemplare versprei - 'n volksboek in die suiwere taal van die volk, het die taal van Luther se Bybelvertaling geword die grondslag van die Nieu-Hoogduitse taal. Mag ons in die lig van hierdie feit nie vertrou dat ons Afrikaanse Bybel, wat vertaal is met dieselfde liefde en geloof en wat geskrywe is in ons onvervalste volkstaal, ons Afrikaanse Bybel, waarvan honderdduisend eksemplare binne enkele maande versprei is, ons volk tot 'n ryke seën sal strek ook in die veredeling en ontwikkeling van ons taal nie? J.J. DEKKER. {==196==} {>>pagina-aanduiding<<} Vyftig Jaar Moderne Skilderkuns. I. Die Impressionisme. WANNEER ons vandag dink aan 'n landskapskilder, dan sien ons hom al sit op sy veldstoeltjie, voor sy veldesel, onder 'n groot sambreel. Daar was onder die skilders van eeue gelede ook landskapskilders. Ons dink in die eerste plek aan die Hollandse Skool. Ons dink aan Seghers, Rembrandt, Hobbema, van der Neer en die Ruijsdaels. Hulle het eenvoudig en mooi geskilder. 'n Tekening wat ons baie natuurgetrou voorkom, harmoniese, sagte kleure; die tone is suiwer en raak weergegee. Die stemming van die landskap is daar. 'n Storm kom dreigend op, of ons sien die eerste sonstrale deurbreek na die donderbui; dis 'n sagte lentedag of 'n warm somermiddag. En ons sien in gedagte die ou meesters in hulle skilderagtige klere daar buite aan die werk. Jacob Ruijsdael sit aan die voet van die duine en skilder die fyn silhoeët van die stad Haarlem, met die blekerye op die voorgrond. Maar ons verbeelding berus nie op waarheid nie, want die ou meesters het dit nie so gedoen nie. Hulle het nie buite gesit en skilder nie. Hulle het buite gesit en kyk, hulle het buite sketstekeninge en aantekeninge gemaak. Dis eers gedurende die laaste honderd jaar dat 'n skilder met sy komplete uitrusting in die veld gaan sit en werk. Die ou meesters het by die huis gebly vir die werk. Dit was natuurlik geriefliker in sekere opsig, maar wat die werk self aangaan, het dit meer inspanning geverg. Die sketse wat buite gemaak was, mag gehelp het vir die vorm van die dinge, maar die hoofsake - kleure en tone - moes die skilders tog onthou het. Dat hulle die gawe gehad het om te onthou, dit bewys hulle skilderwerk, wat die vlugtigste natuureffekte weergee. 'n Voordeel van hulle werkmetode was dat hulle ook vergeet het. Alles wat van min belang was, alles wat afbreuk gedoen het aan die totaalindruk van die skildery, dit het hulle bewus of onbewus vergeet. Die manier van werk van die moderne landskapskilder soos ons hom ken, is dus heeltemal verskillend. Die natuur is daar, sy palet is vol met al die briljante kleure wat die moderne chemie hom verskaf het. Hy sê wel dat die ou meesters beter kleure gehad het as hy vandag kan koop, maar dis sy bygeloof. Die ou meesters het geweet wat hulle met kleure kon doen en wat hulle nie moes doen nie - en dit is die verskil. Nou ja, hy sit buite, en hy skilder op sy doek wat hy voor hom sien. {==197==} {>>pagina-aanduiding<<} Leonardo sê êrens dat 'n mens in 'n kamer moet sit - 'n klein kamer, nie 'n saal nie - om te dink. Om buite te gaan sit om te dink, te konsentreer, is buite die kwessie. Buite kan 'n mens lekker sit en dink - en droom. Die gedagtes gaan ver weg. En so gaan dit met ons skilder. Hy sit lekker en werk - hy droom oor die skildery, en sy oog sien die kleure, en sy hand gee dit weer op die doek. Hy gaan huis-toe, moeg en welvoldaan. Hierdie skilder is 'n impressionis. Sy oog het gesien; hy het maar min gedink oor wat hy gesien het, en sy hand het gemaak wat die oog gesien het. Waarom het die ou meesters nooit so buite gewerk nie? Hulle wou dit miskien wel, maar hulle kon dit nie doen nie. Om 'n eenvoudige rede. Ons skilders het iets wat die ou skilders nie gehad het nie. Ons besit die laaste honderd jaar 'n nuwe ding, en dit is die metaal-tube om nat verf in te bewaar, wat met 'n skroefdekseltjie lugdig afsluit. Die verf kan nie net jarelank hou nie, maar ons kan dit orals veilig ronddra, en die verf is klaar om gebruik te word wanneer ons dit wil hê. Klein oorsake het groot gevolge. Met die uitvinding van die verftube was dus die tegniese middel daar wat uiteindelik tot die ‘plein-air’-skilderskool gelei het. In die begin het die skilder klein studies buite gemaak, maar die groot skilderye is nog gekomponeer en uitgewerk op die ateljee. Die koue lig - die vensters lê aan die kant waar die son nooit kom nie - het gelei tot donkere, swartagtige skaduwee-tone. (Of dit noodsaaklik daartoe moet lei, is 'n ander kwessie.) Toe die skilders sistematies buite gaan skilder het, en vernaamlik 'n groep Franse het dit gedoen, toe het dit tot gevolg gehad 'n skilder in helder kleure; ook die dofste skaduwees het van toe af deurskynend, lig en kleurryk geword. Die skool van die Impressionisme was gebore. Dit het plaasgevind omtrent 1870 in Parys. 'n Groep jong skilders het die eerste kern gevorm en het tot die eind die knapste meesters van die rigting gebly. Hulle idees het selfs invloed gehad op ouer skilders van betekenis (Manet). Natuurlik, beïnvloeding was wedersyds. Daar is nie 'n rewolusie wat hom nie lank vooruit aanmeld nie. Dit geld ook van die impressionistiese rewolusie. Dit was omtrent die tyd van die val van die tweede Keiserryk dat dit plaasgevind het. Maar die voortekens was lankal daar. 'n Honderd jaar gelede het die reaksie begin teen die oorheersende invloed van die ou meesters, wat nagevolg is, nie net in hulle donker kleure nie, maar selfs in hulle onderwerpe. Toe vind 'n paar ondersoekende kunstenaars uit dat die ou skilders oorspronklik nie so donker en swart geskilder het as hulle skilderye geword het in die loop van die jare en onder die bruin vernislae nie. Hulle het uitgevind dat Velasquez b.v. in silwerige helder tinte geskilder het. Dit was 'n openbaring. {==198==} {>>pagina-aanduiding<<} Uit dieselfde tyd dateer die opkoms van die momentfotografie. Dit het verrassinge gebring. Op die foto's het die pote van die reisiesperde heeltemal anders gelyk as wat hulle gewoonlik voorgestel was op die prente van die tyd. Die prente gee hulle met die pote lank vorentoe en agteruitgestrek. Die skilders het vroeër meer geskilder wat hulle weet van die dinge, as wat hulle daarvan sien. Die nuwe uitvinding van die fotografie het die oog geleer om anders te sien. Nie meer dink nie, maar net kyk, was die les. En dit was die les vir die impressioniste. Daar was nog meer invloede aan die werk. Die gekleurde Japanse houtsneë het in dié dae bekend geword. Die versamel daarvan het 'n mode geword. Daar is toe voortreflike boeke daaroor geskrywe (de Goncourt), en wat eers 'n kuriositeit was, het later 'n voorwerp van skoonheid geword. Die lewendige kleure wat van 'n verrassende frisheid en klaarheid en altyd harmonies was, was nuut vir Europa. Dit was 'n ander harmonie as die harmonie van die bruin vernis. Die skilders het geprofiteer van die les wat hier te leer was. Die onderwerpe was hier ook so anders van opvatting - frisse toneeltjies uit die daaglikse lewe, uit toneelspele, uit die natuur. Só ongekunsteld was die Europese kuns nie. Natuurlik, dis moeilik om te sê wat oorsaak en wat gevolg was. Was die Japanse houtsneë so geliefd omdat hulle in die gees van die tyd gepas het, of het hulle die gees van die skilderkuns laat verander? Dit is van minder belang. Ons konstateer net die feite. So het dus die nuwe rigting ontstaan. Die groep jong skilders het eers swaar gekry. Die publiek het, soos altyd, grappe gemaak oor wat hulle nie verstaan het nie. Hulle het ook nie daarvan gehou nie, want dit was vir hulle vreemd. In 1874 het die vernaamste van die groep van opelugskilders, Claude Monet, 'n doek tentoongestel wat hy genoem het ‘Impression’ - ‘'n Indruk’ -. Toe was die skilders algou gedoop - hulle skilder nie bome, berge of mense nie, hulle skilder ‘impressions’, hulle is dus impressioniste! Maar die grap het waarheid bevat, en die naam het slegs kort 'n spotnaam gebly. Want dit het juis uitgedruk wat die skilders nagestreef het. Die Impressioniste wou die vlugtige, veranderlike aspekte van die natuur weergee en nie die permanente verskyning nie. Hulle wou nie die kleur weergee van die boomstam nie, maar die tinteling van die lig daarop. Hulle skilder in suiwer tone, liefs nie gemeng nie, hulle sit die kleur in punte of haaltjies of strepies naas mekaar, die oog sien dit op 'n afstand as 'n tintelende eenheid van kleur. Die impressionisme het oor die hele wêreld gegaan. Maar dit is in Frankryk gebore, en sy beste verteenwoordigers is Franse. Die grootste name is Monet, Sisley en Pissarro. Daar is nog Manet, Degas, en Renoir, as kunstenaars miskien groter as die eersgenoemde drietal - hulle word soms impressioniste genoem, maar hulle betekenis val tog buite die skool. {==199==} {>>pagina-aanduiding<<} Claude Monet (geb. 1840) was die meester van die skool. In sy beste werke staan hy ver bo die ander uit. Dit word ook beweer dat hy die ouer grootmeester Manet tot die impressionisme oorgehaal het. Pragtige landskappe uit die omgewing van Parys, van die Franse seekus en van die Teems in Londen. Daardie mistige Londense atmosfeer, veral by sonsondergang, het hom goed gepas. Hy het skilderye in reekse gemaak, die Waterlelies, die Katedrale - dieselfde onderwerp telkens in 'n ander stemming, variasies van 'n gegewe tema. Daar was die Katedraal van Rouaan, b.v. Hy het in die oggend begin skilder - die vroeë sonstrale op die Gotiese kerkgewel. As die son gedraai het, vat hy 'n ander doek. So gaan dit aan met die ligveranderinge gedurende die dag. En die volgende môre vroeg gaan hy weer aan met sy eerste doek. En so verder. As 'n eerwaardige grysaard, ver in die tagtig, het hy sy laaste jare op sy buiteplaas tussen sy blomme gewerk. Clemenceau, die staatsman, was sy vriend. Clemenceau het vlak voor sy dood nog 'n boek oor sy vriend geskrywe wat kort voor hom heengegaan het. Die muurskilderye, die Waterlelies, simfonië in kleur, vul twee aparte sale in die Louvre. Camille Pissarro (1830-1903) is 'n skerp en fyn opmerker, rustieker en swaarder, maar nie so 'n verfynde kleurdigter as Monet nie. Alfred Sisley (1839-1899) is uit Engelse ouers in Parys gebore. Hulle het probeer om 'n koopman van hom te maak, maar hy het een van die digterlikste skilders van die Franse skool geword. Hy het die verfynde stemmingskoonheid van die Ile-de-France besing. Hy het sy groot roem nie beleef nie en in sorg gesterwe. 'n Edel skilder wat 'n edel mens moet gewees het. Die impressionisme is tot sy uiterste konsekwensie deurgevoer deur die neo-impressioniste (Seurat, Cross en Signac). Die verdeling van die kleur het hulle verder voortgesit, hulle het net die mees briljante kleure, die spektrumkleure, op hulle palet gehad. Die doek is daardeur sistematies met klein vlakkies, met punte bedek (die pointillisme). Op 'n afstand het dit tot 'n skitterende ligtafereel geword. Maar die vorm het verlore gegaan. In die Neo-impressionisme het die rigting doodgeloop. Maar deur aksie en reaksie, het daaruit die latere rigtinge ontstaan, waarvan die name ons welbekend is en wie se doel teengesteld was aan die impressionisme. P. ANT. HENDRIKS. {==200==} {>>pagina-aanduiding<<} Die Laaste Beeld. OP die Vrystaatse vlaktes is daar nogal plek vir bulte, grotes en kleintjies, koppies en miershope - die lang-bult met sy skofformaat kan soms so mooi die beskuitkoppies van die horison weghou, die laagtes so vér wegstoot van die sandklipkranse op sy ribbes. Laagtes en spruite is alte lief om gedurende die reënseisoen eers vir hulle eie kuile, skeure en holplekkies te sorg en dan die orige afloopwater aan te stuur rivier-toe. Fonteine drink vir al wat hulle werd is, want hulle kan mos in die winter pronk met ysglasbrille in die oggend en smiddags blinkoog tot dáár waar die kruisbessies in die somer tussen die sandklipkranse rondklouter om hulle broodjies te bak. Braamfontein kniel onder die groot drag van somerweelde. Die kalwerhok is vanjaar te klein. Die grassate hang swaar aan die stengels - veral daar waar die kort-bult die lang-bult in die sy pomp; die plakkie is te gemaklik en breed en het nie eens soveel belangstelling in die omgewing om sy oorpuntjie effens op te krul nie. Kosie vat so hier en daar grond... een hand op die slap hoedjie, waarvan die voorste rand so maklik op- en afklap, en die ander een oor die baadjiepunte op die maag; sy skaduwee is agter hom in oor die kweekwerf huis-toe. ‘Pa, Blommetjie het gekalf! 'n Yslike groot bulkalf met 'n spierwit kolletjie voor sy kop! Pa weet, Kolberg sal net 'n mooi naam vir hom wees, en Pa weet, outa Skalk sê my dat hy nog een dag 'n blok van 'n os sal word!’ Outa Skalk is met Blommetjie en Kolberg op pad kraal-toe. Outa waag dit nie om te naby te kom nie, want Blommetjie voel vandag in 'n bui om al wat voorkom te gaffel; haar oë kyk wild, haar neusgate stoom wyer oop, pekeldruppeltjies soek formaat en kleur op die neus. Sy kan nie vandag alles raaksien waarna sy so vinnig moet kyk nie; sy vorm om die beurt 'n vooren dan weer 'n agterhoede om haar klein besie. Sy steek vas, draai haastig om, ruik aan haar kalfie onder diep kosekreune, lek hom teen die nek en stap weer te vinnig aan. Die outjie lyk allesbehalwe in 'n vriendelike bui. As hy so onhandig 'n draffie probeer, dan klapsleep sy agterbeentjies teen mekaar; die knorrige trekkies bokant sy vies neusie lyk soos growwe snare waaroor hy kort-kort 'n ongetemde bulknoot uitstoot. Die plaashond, Boel, stel baie belang in al wat klein is. Hy nader stertswaaiend om Kolberg welkom te heet in hierdie wêreld waar kalwers groot gemaak word om geslag te word. Sy verskyning plaas net die verkeerde kiekie {==201==} {>>pagina-aanduiding<<} in Blommetjie se groot oë. Haar krullerige stertkwas flap op 'n graspol.... Kolberg steek vas, draai skuins en aarsel solank... Boel staan op drie pote, die ander een hangleun vooruit op die kweek, en sy kop sak effens.... Blommetjie pylspring, met kop benede liggaamshoogte, Boel skram 'n boog deur die gras weg en verlustig hom verder in die welkome wedren, wat hom eerder groot lag gee as om hom bang te maak. Blommetjie bebulk en bekreun die hele kraal toe Kolberg, met voorbene rietstyf vooruit, op sy sit die kalwerhok ingaan.... Hierdie gekerm staan 'n ouma koei glad nie aan nie - haar koutjie lê vir 'n oomblik stil.... ‘Waaroor al hierdie verspottigheid?’... 'n borrelslukkie, 'n neusoptrek-asemstoot, malende kakebene - oë sluit, en haar droomgedagtes word nie verder gekwel deur familiekommer nie. Kolberg is op sy knieë agter in die hok besig om so te gaan lê dat hy nie op sy bene te lande kom nie - nog altyd sentimenteel-vies Blommetjie se afskeidsbulk word deur die holte van die nag ingesluk. Outa Skalk sit voor die kombuisdeur, met sy kniekoppe net so hoog as sy kop voor hom, besig om af te reken met 'n homp brood; sy kop duik effens vooroor as 'n beker koffie op die holte van sy hand rus. Kosie se gebedjie is vanaand baie opreg: ‘Baie dankie, liewe Heertjie, dat Blommetjie vandag gekalf het, net jammer dat dit nie 'n verskalf is nie.’ * * * In die kraal is dit 'n gewoel van die ander wêreld. Op 'n plat klip op die muur staan die blink emmers soos wagte; party so vol dat wit kronkelstrepies muur-toe syfer. Die skuimblase bol eintlik bokant die groot emmer uit. 'n Klein dopemmertjie wat vol was, is nou nie meer vol nie... van die skuimoë het uitgeblaas en weggeval. ‘Kyk nou, so'n moedswillige derduiwel!’ ontsnap die gemoed van een van die melkers wat opsy spring, emmer in die hand.... 'n miswolk, 'n snoep kalf wals agter om 'n koei; die tong van die koei hang by 'n bek uit wat aan 'n jong blaasbalkie laat dink. ‘Hok!’ 'n Hokstok bring die snoeperd op sy knieë; melkstrale speel fluitjie op die boom en binnekant van 'n emmertjie. Die koei wil nie bra sak nie; sy trek die melk vir Kolberg weg. Al Kolberg se aanvalmetodes het tot so ver misluk, en met 'n trek van misnoeë redeneer hy dat dit tog sy moeder is en dat hy tog mos sy moeder se kalf is. In 'n ander hoek van die kraal toe-oog 'n groter kalf... vogblink tot amper by sy oë, terwyl die moederkoei met raspertong besig is om sy hare te borsel. * * * Die son begin die skaduwees in die kalwerhok vinnig opvou,... die hek gaan oop; die kalwers baljaar oor die werf kalwerkamp-toe. Kolberg {==202==} {>>pagina-aanduiding<<} is vanoggend katjie van die baan. Hy was die manhaftigste van almal om 'n hen met kuikens oor die tuinmuur te bêre. * * * Kolberg voel dronk in die vlei, wat lou-warm gestoof is deur die namiddagson. Hy gaap binnensmonds, terwyl sy een agterbeen styfskop en sy elegante liggaampie skraal trek en rimpeltjies oor sy skoffie gly. Sy ore trek bak as hy dromerig na sy maatjies tuur. Die botterblomme vermeerder voor sy oë; dit dein op en neer; die geel golwe oorspoel sy hele klein gedagtewêreldjie; hy kniel; sy koppie rus teen sy ribbes, sy keelvelletjie op 'n kloutjie. Hy dobber voort op die liggolwe van die vlei en word gesus in die skoot van somerloute. Dit klam onder hom op... die broeiende hitte wil hom verstik... hy asem die stilte in... hy slaap. Die vlei wieg op sy skoot 'n dromende kalfie. Hy droom dat sy kop vassit tussen die sporte van die kalwerhokhek... hy spook en spartel... die hek hou...., sy keelvel skaaf, sy kop en ore is baie groot, sy oë draai in sy kop, sy stertkwas raps hom kriewelrig oor sy neus, en nugterwakker vlieë hy op en staan dáár.... Sy kalfmakkers in sy onmiddellike nabyheid is nog almal in droomland .... net so hier en daar wikkel 'n tregteroor as 'n vlieg daarop gaan sit. 'n Gevoel van dapperheid en 'n begeerte om alle dinge te ondersoek oormeester hom. Sy kop knik effens as hy in die rigting van 'n waterkuil stap. Kolberg skrik eers as die watervlak hom vol in die oë skyn; die gruis op die oppervlakte van die opening wat toegang tot die water verleen, laat hom sy brieke vinnig rem, soos iemand wat 'n steilte met 'n paar drukskoene afmartel. Nog 'n paar treë van die water af begin sy nek al vorentoe rek en waterwaarts styfspan, terwyl die res van sy liggaamsgewig die droë aankleef. Asemstrale pers deur sy neusgate.... Sy blik peil dieper as net die spieëlgladde watervlak. Voor hom gewaar hy dof in die water die beeld van 'n ander kalf. Die skaduvorme van palmiet- en graspolle, met torinkies af in die water, borduur 'n raamwerk om die kalfgedaante onder die water. Kolberg word met 'n vrees van onverskilligheid bevange; hy leun eers agteroor met sy voorbene styfgespan voor hom uit, dog sy nuuskierigheid om nader kennis te maak met hierdie watermaat sterk sy selfbeheersing. Hy hang oor water-toe, sy voorbene hoepel effens, hy ruik na sy beeld in die water... te ver vooroor... sy neus is onder die water, die rimpeltjies en golfies jaag kant-toe, die hele watervlak is in beroering. In 'n blitssekonde sien Kolberg hoe sy watermakker se gedaante verrimpel, vervaag en terugsak tot die diepte. Terstond vlieg hy kort om, met opdrifseltjies vog aan sy voorpote... viesverskrik haal hy om weg te kom, met die beeld wat hy in die water gesien {==203==} {>>pagina-aanduiding<<} het, nog helder voor hom. Die portret wat deur die golfmengeling uitgewis is, dra hy met hom saam... Hy sluit weer aan by die res van die kalwergemeenskap. * * * Somers wyk en winters verdwyn... Die spruitjie kuil nog so laag deur die vlei; swart turfwalletjies krummel die water in, waar palmiet en gras polle plant langs die watersoom. 'n Blok van 'n os land by die slagpale van Johannesburg, met 'n lyfrondte wat dril soos 'n vrag hooi op 'n wa.... Bloeddamp smoor sy keel toe... Hy verspil sy krag deur verset.... Soos die glorie van waterskynsel kom die mes op hom neer... In 'n verlatenheidsgevoel stort hy inmekaar met gewaarwordings wat vlam... Die ewebeeld van 'n kalfie verrimpel onder in 'n waterkuil... die golfies spoed groter en vinniger weg. Bloedreuk versmoor die hele omgewing... die palmietpolle stap die water in, die graspolle volg... die los turfgrondjies korrel agterna die diepte in... die vlei vou toe oor die waterbeeld van Kolberg; sy oë verglaas... vervalle dofblink kykers verlang na die vrye veld... uit elke oogkuiltjie swel 'n traan wat ooprol in oneffe heldernat paadjies. H.J. DE JAGER. {==*21==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding KATEDRAAL VAN ROUAAN. Deur Claude Monet. ==} {>>afbeelding<<} {==204==} {>>pagina-aanduiding<<} Karroo-Sonnette. 1. Vir my die glorie.... Gepunte blare van die silwerboom Wat deur die kille Kaapse newels boor Waar berge, deur die see se blou omsoom, Hul kruine ophef na die westergloor - Te bleek vir my die lug waar julle droom Wanneer die suidewind sy mag verloor En ver benee jul rusplek, stil en vroom, Die see sy sagte aandgebed laat hoor. Vir my die glorie van die groot Karroo, Waar na die son se val 'n bloedrooi kam Nog vurig oor die donker rante vlam En purper koeltes uit die koppies kruip Wanneer die balsemende stilte val Op wit pendorings langs die spruit se wal. 2. Geduld, o geduld. O sagte wening van die wilgerboom Wanneer hy, deur die môre-wind gewek, Sy arms oor die droë damvloer strek Waar asvaal modderkoeke, bars-omsoom, Die hoop op laafnis vir sy blare toom. O droewe ruising as hy t'rug moet trek! Sal ooit die môre-wind sy blare wek Om koel te duikel in 'n waterstroom? Kyk hoe die aalwee-kand'laars teen die hang Aan brand gesteek word deur die Westerson! Geduldig staan die garingboom en wag Op uitkoms by die opgedroogde bron; En swaar geteister lê die veld en smag; En wank'lend is die honger skaap se gang. I.D. DU PLESSIS. {==205==} {>>pagina-aanduiding<<} Verbeeldingstipes in ons Letterkunde. ONS lewe in 'n eeu van toetse. Alles moet sover moontlik gestandaardiseer word, anders raak die lewe met sy geweldige komplekse ons baas. Toetse skyn ons egter nie te bevredig nie. Hulle doen koud aan - koud juis omdat hulle ons gevoelslewe, ons verbeelding nie eintlik raak nie. En tog voel ons diep-in dat juis hier die enigste hawe is waar ons anker kan uitgooi, as die deurdrywende meganisme en materialisme van die lewe die beste wat in ons is, dreig te verprooi. Hoe sou ons iets so ontasbaars, so verbygaand as die verbeelding kan toets? Hier immers het ons te doen met 'n geestesfunksie wat nie met 'n duimstok of apparate gemeet kan word nie, net so min as ons die bekoring wat die kunsprodukte van dieselfde geestesfunksie op ons uitoefen, kan meet. Klaarblyklik sou ons hier 'n toets moet instel waar die verbeelding in aksie is, en waar die nugter-denkende verstand-reaksies so goed as nie fungeer nie. Edwin E. Slosson het, gedurende 'n lang joernalistieke loopbaan in Amerika, die gelukkige inval gehad om in hierdie verband gebruik te maak van die interessante kolom Personals van die London Times. Hierdie koerant, met sy onpretensieuse uiterlik, so heeltemal in kontras met die skreeuende sensasie-vetdruk van die meeste koerante, het op hom 'n besondere indruk gemaak. Die ‘Times’ is uniek in sy soort - nie omdat dit die grootste sirkulasie het nie, maar omdat dit die duurste Engelse dagblad is en oor die hele Britse Ryk in alle klubs en biblioteke aangetref kan word. Die minimum onkoste van so'n persoonlike advertensie is 10/- vir twee reëls, en 5/- word gevra vir ieder ekstra reël. 'n Duur grappie dus. Maar dis nog nie al nie. Die ‘Times’ word gelees deur die meer ontwikkelde deel van die bevolking. Hierdie feite gee aan die advertensies in die kolom ‘Personals’ 'n sekere eksklusiviteit, wat 'n sekere waarborg is teen lae of gemene streke, en wat ons verbeelding tewens des te meer prikkel, omdat ons te doen het met mense wat die kuns verstaan om intrigant te dink. Slosson het toe op die gedagte gekom om hierdie persoonlike advertensies te gebruik as verbeeldingstoetse, en veral as oefening vir aspirant kortverhaalskrywers om hier die stof vir hulle stories te vind. Saam met June E. Downey, professor in Sielkunde aan die Universiteit van Wyoming, het hy proewe onder tal van studente gemaak, en prof. Downey het ontdek dat hierdie proewe uitstekend is om die verbeelding wakker te maak. Self het ons ook 'n aantal studente, doktore, professore, {==206==} {>>pagina-aanduiding<<} predikante en kelners getoets met verrassende en dikwels vermaaklike resultate. Neem enige uitgawe van die ‘Times’ op. Daar staar 'n paar woorde die leser betekeningloos aan, geadresseer aan en geskrywe deur niksseggende name, nie eens persone nie. En tog, wat 'n wêreld van intrige, watter moontlikhede van klug tot tragedie kan hierdie paar woorde nie insluit nie! Die verbeeldingstoets bestaan dan hierin, dat die leser die verborgene wat deur die advertensie gesuggereer word, deur die verbeelding moet ontrafel volgens die indrukke wat so'n advertensie op hom maak. Dit is uiters interessant om te sien hoe verskillend persone op so'n toets reageer, en sodoende hulleself, wat verbeelding betref, in sekere kategorieë rangskik. Jy maak kennis met die lui, die stereotiepe, die melodramatiese, die generaliserende en die partikulariserende verbeeldingstipes. Laat ons 'n konkrete voorbeeld neem. Ons oë volg die kolom ‘Personals’ af. Uit amper iedere advertensie waai die geheimsinnige ons teen. Ons kies een advertensie na willekeur. Jasper. - Tick-tock, tick-tock. - Sweetie. Vir die lui verbeeldingstipe sê so'n advertensie doodgewoon niks nie. Sy verbeelding is so verstomp, so kleurloos en selfgenoegsaam, dat alleen gekruide prikkels dit uit sy letargie kan ruk. Die advertensie word met 'n onverskillig-hooghartige gebaar opsy geskuiwe. Hoogtens kan iets skynheiligs as die volgende gereproduseer word: ‘Persoonlike advertensies in koerante interesseer my nie. Daar is immers die gebruiklike kanale waardeur respektabele mense met mekaar korrespondeer. Dit smaak vir my of daar altyd 'n verkeerde reukie aan so'n advertensie hang: daarom interesseer hulle my nie.’ Jammerlike sieltjies wat in hulle self-ingenomenheid nooit die trillende snikke van smart, die afgronde van sielemarteling, die hopeloosheid van verlange, die veelkleurige lewenskosmos kan deurvoel nie. So lank as die dae verbygaan soos altyd, sonder stamp of stoot, is hulle selfgenoegsaam tevrede. Arme, arme mensies, met wie 'n mens geen kontak het nie. Die stereotiepe verbeelding werk ook in groewe. Hierdie tipe ly ook nog aan geestelike bloedarmoede. Hy is dikwels 'n roetineslaaf in wie Gods gawes vasgeklink is aan 'n masjinale sleurarbeid. Hy kan net die letter sien en die gees wat agter die letter skuil geensins aanvoel nie. Hy is aards, en ken nie die blou van die hemel nie. Die sterrehemel het vir hom geen spraak nie, nog die wind 'n boodskap. Die see is water waarin baie visse hou, en hy voel nie hoe die deinings asemhaal nie. Hoe baie van ons welgestelde, welgevoede, welgebuidelde besigheidslui, hoe baie van hulle wat die lot van {==207==} {>>pagina-aanduiding<<} ander in kantore bestier, sou ons nie met 'n medelydende glimlaggie as ‘geestelik bloedarmoedig’ kan etiketteer nie! Hulle motiewe is gewoonlik maklik te verstaan en te volg. Sweetie is amper altyd 'n liewe suikerbekkie van 'n dingetjie, met sybokhaartjies en kupidowangetjies. Haar oë is blou en kan naïef groot-rond ons manlike beskerming afbedel. Haar kleredrag is à la mode en laat jou dink aan die poppies wat in barbierwinkels naels sny en blink poets. Jasper daarenteen is een van die ‘strong silent men’. Hy is donker, sy houding rustig-beskermend, en vir hom is Sweetie 'n bekoorlike wesentjie, wat hy ver van die draaikolk van die lewe moet hou. Sentimentele moeders sien in hom graag die eggenoot van hulle wispelturige vlinderdogtertjie. Dan is ‘Tick-tock, tick-tock’ natuurlik een of ander beriggie in die twee se liefdeskode, b.v. ‘ek tel die sekondes tot jy terugkom’! of ‘kom gou, kom gou’, ens. Van hierdie twee verbeeldingstipes kan geen werk van letterkundige gehalte verwag word nie. Hierdie mense is geestelik slawe - die lui tipe van homself en die stereotiepe van 'n maatskappy wie se konvensies en modekodetjies hy blindelings volg. Altwee tipes is gewoonlik in diens van god Mammon, wat verbeelding as 'n weerbarstige rebel lankal uit sy voorhowe verban het. Onder die melodramatiese tipe val hy wat, in teenstelling met die stereotiepe verbeelding, graag wil ontvlug aan sy daelikse doening en sy toevlug soek in die onreële van sy eie verbeeldingsfabrikasie. Hier vind hy sy geestelike ontspanningsoord, sy eie lewensbioskoop, dikwels sy gewetensklankprent - kostelike aasplekke vir die psigo-analitikus! Die bakvissie droom hier haar drome vol sugte, ewighede, trane en ander nat geluide; die seksueel-perverse roep, asof in 'n opiumswymel, op wat sy sieke gees begeer; die romantiese adolesent-student pypkan deur die verdediging, om onder oorverdowende toejuiging sy drie agter die pale te druk, terwyl die twee oë van sy nôi die groot tribune klein maak. Tussen die jare vanaf sewentien tot sewentig tref ons hierdie tipe aan. Gevoelsmense, wat nog nie geleer het om, waar nodig, hulle gevoelens met 'n stang te ry nie. Hulle hou van sensasie in enige vorm. Bonte afwisseling is voedsel vir hulle gees. By bruilofte en begrafnisse voel hulle hul tuis. 'n Gelukkige, kinderlik-voelende en -dinkende tipe, wat in hierdie wêreld van meetbaarheid, masjines en meedoënlose feite 'n trilling van romantiek in die polsslag van die lewensritme laat klop. Die melodramatiese tipe mis egter lewensrealiteit. Sy gees kanker juis daarteen, en sy verbeelding is vir hom 'n veiligheidsklep om daaraan te ontvlug. Hierdie tipe sou min of meer die volgende gebeurtenisse voor die gees oproep: Sweetie is die enigste dogter van konserwatiewe ouers wat nie wil {==208==} {>>pagina-aanduiding<<} hê dat sy deelneem aan die genietinge van die lewe nie. Sy het Jasper een keer by 'n verjaardagspartytjie ontmoet, en onmiddellik was dit 'n geval van ‘love at first sight’. Sy het hom bekoor met haar groot blou smeekoë, waarin haar heimlike verlangens, soos skugter kinders, uitkyk, en hy haar deur sy resolute ken en kalme houding. Sy dink aan hom as ‘my eie donker Jasper’. In die maanlig het hulle mekaar se lippe gevind, terwyl hulle harte gesmelt het tot één. Daar was rooi rose wat in die tuin gegeur het, en die maan het vol die wêreld oorvloei. Briefwisseling was na hierdie salige oomblik onmoontlik. Haar ouers het as sensor van haar korrespondensie opgetree. ‘Tick-tock, tick-tock’ is die kode waardeur sy aan haar liefste te kenne gee dat haar hart gedurig klop in gelyke ritme met syne, net soos in die salige stonde in die maanlig, toe die aandgeure hulle bedwelm het. By die melodramatiese tipe roep so'n advertensie as 'n klein romannetjie op, 'n romannetjie waarin die persoon self al te graag die hoofrol waarna hy hunker, sou speel. Daar is nog so goed as geen werklikheid nie - nog net sentimentele lewensverlange. Die puberteit veral is die periode waarin die melodrama sy handeling afspeel. Die teenoorgestelde geslagte begin in die wye wêreld hulle geestelike maats soek. Min van daardie wêreld het die groeiende gees nog tot sy eiegoed gemaak, en daarom word die newelige, onbekende omkrans met mistiese keerkringe, wat dit vir die soekende siel moontlik maak dat 'n gebit wat lyk soos 'n kerkhof, 'n mond nie ontsier nie, dat 'n vrat 'n skoonheidsvlekkie word, en 'n stem wat krys soos katermusiek, kan koer soos 'n duif. By baie, baie mense bly die puberteit hulle troos tot die dood toe, en daar is dikwels 'n wonderlike naïwiteit in oujongnôiens van veertig, wat laat dink aan die kwinkslae van bakvissies van veertien. Die melodramatiese tipe skrywe graag. Geestelike stroop word getap, terwyl honger harte smagtend hap-hap na eterstrome. Swaar en swoel waggel sinne retories na 'n punt toe. Maar dis gesond dat die tipe sy ewigheidsversugtinge sublimeer - solank as dit persoonlike besit bly. Die sublimasie werk geestelik-bevrydend, is inderdaad 'n psigiese purgeermiddel. Daarom, laat die jong adolesent op skool sy skeppende werk doen. Moenie sy gees kortwiek nie deur dit te belas met daardie pynlike opstelletjies, wat al tradisie skyn te geword het. Waarom sou 'n matrikulant op 'n gegewe tyd en plek belang stel in ‘Die Toekoms van ons Industrieë’ of in Joos-weet-wat-'n-eksaminator-nie-dalkies-mag-vra-nie. Laat hom liewer, onder simpatieke leiding, vry om sy eie gevoelens en gewaarwordinge 'n eiendommelike verbeeldingskleur te gee. Laat hom sy dagboek hou, sy gediggies skrywe, sy drome op papier vorm gee. Daar is talle en talle van skole wat afdoende bewyse gelewer het dat die resultate wat as gevolg van skeppende werk ver- {==209==} {>>pagina-aanduiding<<} kry word, veel hoër staan as dié wat met die ou opstel-gewoonte behaal is. Daar is trouens teenswoordig baie opvoedkundiges wat besef hoe reinigend hierdie skeppende werk in ons skole vir 'n wordende gees is. Eie verbeelding kry gestalte, eie gevoelens kry vorm, en die waarde van geestelike besit of vermoë kan nooit oorskat word nie. Dit beteken natuurlik glad nie dat die laaste matrikulant wat daarin slaag om aan sy gevoelens vorm te gee, in die wieg gelê is vir 'n kunstenaar nie. Gelukkig vir ons sif die liewe lewe hulle self. Party egter hou aan ‘dig’, onbewus van die feit dat hulle stemme skor klink soos die geskree van die korhaan. In ons letterkunde, veral toe ons nog bloedarmoede gely het aan poësie, is dingetjies gebundel waaroor die skrywers seker nou hulle hare uit hulle hoof kan trek van spyt. Die geestelike barensweë van Harper Martens is ons nog welbekend, en dit was niemand anders as die sagte, wyle Lydia van Niekerk, wat 'n einde aan sy eposwoede gemaak het nie. ‘Voel, leser voel! Wat ek hierso bedoel!’ klink dit êrens amegtig van hom, en ons besef inderdaad dat die ‘digter’ regtig swaar gekry het, en dat dit goed was dat Lydia van Niekerk vir Harper Martens 'n blaaskansie gegee het. Ook in ons prosa vier die melodrama dikwels hoogty. De Waal se heldinnetjies herinner sterk aan ‘Sweetie’, terwyl sy helde orals 'n rapsie van die populêre Jasper weg het. Blaai bietjie deur Gordon Tomlinson se ‘In die Smeltkroes’, of Sadie Bosman se ‘Langs kronkelende Weë’, of Theunissen se ‘Marianne’ - om nie te praat van ‘Genoveva’ en Fanny Eden se sugskrifte nie. Waai die neweldampe van die melodrama U nie onfris teë nie? Is die rose nie verlep nie? Hang die maan nie soos 'n siek geel vrug in die lug nie? Kan U tussen al die sugte nog asemhaal, deur al die trane nog heenswem? Die melodramatiese tipe kan! Dit is juis daardie atmosfeer van newel en onrealiteit wat balsem vir sy siel is. Die wêreld word 'n waas van verlatenheid, waarin eensaamheid op haar troon die eeue deursug. Die gees speel sy melodrama in die wêreldbioskoop af! Daar is min jong digters wat veel van hulle jeugwerk nie deur die sirenestem van die melodrama op harde rotse te pletter laat loop het nie. Ons noem U net die eerste bundeltjies van H.H. Joubert, Keet, Wassenaar, Kamp, Kleinjan, C.M.v.d. Heever, Dirk Mostert en Eitemal, Ben J. Dreyer ens. Die sirenestem van die melodrama is gewoonlik in hierdie ontvlambare jonge gemoedere die lokstem van Eros gewees. Hulle harte is mos dan so groot soos die oseaan; dit was kaserneharte, waar plek was vir baie skones en dan vir nog meer. Joubert het sy ‘taal’ so lief, dat hy ‘kussies op stingel en kruin’ daarop wil druk. Hoe hy dit kan regkry weet joos - maar dit sê nie, wat dig is hy. Daarom lyk die donker seker ook so ‘duister as die swart {==210==} {>>pagina-aanduiding<<} vereen van tienmaal duisend maanverlate nagte’. Arme vuurvliegies! Keet se nôi se oë was seker blou - en blou is sy gebundel. Ook vir Wassenaar was blou kykers dikwels te magtig. Wêreldsmart tref ons orals by Kamp in sy ‘Oorwinning’ aan; eensaamheid en verlange na 'n onbereikbare ideaal by Kleinjan - twee tipiese puberteitsiektes. In Dirk Mostert vlam gedurig verlangens op om òf sy volk òf sy nôi ‘tot sterwens toe te dien’. Die hoogtepunt van liefde in die melodrama is dan ook altyd selfvernietiging. Selfs in romantiese liefde verteer die vuur van liefde die harte wat daarna hunker, soos ons orals in die volgelinge van Rousseau sien. By ons vind ons 'n tipiese voorbeeld in Eitemal, wat in sy gedig Delilah uitroep: - ‘En soos brandhout wat 'n bloesem Van vuur en vlam ontbloot, Ontvang ek aan my boesem Die liefde - en die dood.’ Oor ‘Stemmingsure’ van C.M.v.d. Heever hang ook 'n digte newel van romantiek, wat die digter destyds verhinder het om ‘verre kuste’ te sien; dis net die ‘aandster’ wat wink en die maan, wat soos 'n ‘geel spanspekskyf’ die miste wil deurboor. Dwarsdeur die bundeltjie huiwer die digter-adolesent se elegiese rouklag oor die lewe. En hoe mak sukkel Eitemal se ‘Burger en sy Perd’ b.v. nie langs die vurige ‘Voorslag’ van Visser nie - eintlik veels te mak om hom by sy Magdaleen te bring. Die meeste van bogenoemde digters is egter ook opregte kunstenaars, en 'n kunstenaar laat hom nie loketteer nie. Bostaande aanhalings en bewerings geld dan ook slegs 'n klein, ondergeskikte gedeelte van hulle verskuns. Ons sal hulle ook onder die generaliserende en veral onder die partikulariserende verbeeldingstipes aantref. Die generaliserende verbeelding veronderstel al 'n veel hoër ontwikkeling van die verbeelding. Hierdie persone maak algemene gevolgtrekkings van besondere gevalle. Dit is 'n interessante, maar dikwels gevaarlike kategorie, waaronder ontwikkelde vroue veral val. Ons sê dit sonder om afbreuk te doen aan die wonderlike gawe van intuïsie, wat die vrou se beste wapen in die lewensstryd is. Ons dink egter hier meer aan die ultra-moderne ge-ëmansipeerde modepoppies, wat met voetlank-sigarethouers, in sy-pijamas, al cocktail-drinkende, die lewe blasé deurslampamper. Luister maar na hulle briljante, dog siellose gesprekke. Vir hierdie tipe veronderstel 'n besondere slagter, kruidenier, agent, akteur, ens., ens., 'n gelyksoortige massa. Die orrel speel 'n diapason, maar hoè die afsonderlike pype saamsmelt in die harmonie, weet hulle dikwels nie. Die tekortkomings van hierdie tipe lê dan ook daarin, {==211==} {>>pagina-aanduiding<<} dat dit geen rekenskap hou met die eindelose verskeidenheid van karakteropenbaring, selfs binne die grense van die besondere soort nie, en dat dit derhalwe geneig is om gevolgtrekkings te maak wat wel waar mag wees vir die soort as geheel, maar wat nie waar is in hulle besondere toepassing nie. Hierdie tipe is egter onontbeerlik vir die maatskappy. In wetenskap, filosofie, besigheid, die leër, kortom orals waar ons met die massa te doen het, weet hulle hoe om vinnig te reageer en die min-of-meer juiste etiket op gelyksoortighede te plak. In ons eeu van toetse en standaardisering is hulle onmisbaar, en die mees deurtastende van die generaliserende tipes is dan ook die matematikus. Vir hierdie tipe, wat letterkundige werk betref, is die raad van Flaubert aan De Maupassant van pas: ‘Nadat hy my oortuig het dat daar in die hele lewe g'n twee korrels sand, twee insekte, twee duime, of twee neuse absoluut eenders is nie, het hy my gedwing om 'n wese of objek sò te beskrywe dat die besondere op die voorgrond tree, waardeur dit van sy gelyksoortige groep onderskei kan word.’ - Hierdie tipe sou dus skrywe soos iemand wat uit die stereotiepe sleur van die lewe ontvlug het, maar wat nog die generaliserende eienskap van die stereotiepe verbeelding, al is dit in baie edeler en subtieler vorm, bewaar. Hierdie tiepe skyn dus, oor die algemeen, nie besonder geskik vir 'n letterkundige loopbaan te wees nie. Die bos word wel raak gesien, maar nie die bome nie. Ons kry van hulle wel opinies oor die mens, maar ons maak selde kennis met die mense self. Die generaliserende verbeeldingstipe kan egter dikwels briljante essayiste en letterkundige causeurs oplewer. Baie van ons kritisi vertoon ook die neiging om te generaliseer. Sekere kunsformules word meedoënloos op letterkundige produkte toegepas waar hulle heeltemal nie tuis hoort nie. Die werke word dan van buite-af en nie van binne-uit benader, en dié kritiek word dan gewoonlik onsimpatiek genoem. Die menslike inlewing is nie daar nie. 'n Welbekende fout het Schoonees ons in sy proefskrif ‘Die Prosa van die Twede Taalbeweging’ gelewer. Baie van die kunsformules van die ‘Tachtigers’ het hy b.v. toegepas op die werke van Von Wielligh met noodlottige gevolge, beide vir skrywer en kritikus. Hierdie gebrek aan kritiese perspektief het Schoonees in sy herdruk verwyder, en hy het ons Von Wielligh laat sien, soos hy behoort gesien te word, n.l. as 'n uitstekende volkskunstenaar, wat onder die vaandel van Langenhoven vir ons onbevoorregtes geskrywe het. Dit is alleen wanneer Von Wielligh probeer mooi skrywe dat hy sleg skrywe en dat kunsvorms op sy geskrifte toegepas kan word. Hoewel Langenhoven kop en skouers bo die ander volkskunstenaars in ons letterkunde uitsteek, het sy voorliefde vir die puntige, pittige volkswyshede waarop hy ons vergas het, in sy ‘Ons weg deur die wêreld’, hom soms {==212==} {>>pagina-aanduiding<<} gevaarlik laat generaliseer. Baie van sy spreuke en lekeprekies moet dan ook glimlaggend, cum grano salis opgevat word. Dit is egter selde dat die generealiserende verbeeldingstipe groot letterkundige werk oplewer. Selfs vir Langenhoven leer ons deur sy werke beter ken as mens dan as groot kunstenaar. Sy afsonderlike werke het altyd fragmentaries gebly, hoewel die globale indruk wat sy hele letterkundige nalatenskap op ons maak, groots is. Ons kom nou tot die partikulariserende verbeelding, en hier betree ons die heiligdom van die kunstenaar. Hierdie tipe dring deur die algemene tot die besondere, of liewer, gaan eers uit van die besondere, voel in die besondere die algemeen-menslike en keer dan weer, asof met geestelike elektrisiteit gelaai, terug tot die besondere. Dan word daardie doel van die skepping wat in sy geestesbattery opgegaar is, onder die soekligstrale van die kunstenaarsgees blootgelê. Ons kry 'n goeie voorbeeld hiervan in die Ampie-skepping. Van Bruggen het ongetwyfeld uitgegaan van 'n besondere persoonlikheid; maar hierdie persoonlikheid kon eers vlees en bloed word nadat dit deur die louteringsvuur van die skepper se eie sielelewe gegaan het. Toe het die toiings begin wapper in 'n Augustus-wind, in tipiese harmonie met die siel wat daaronder beweeg, in harmonie met die stof-vaal bulte en 'n grou getroue esel. Die besondere het algemeen-menslik geword eers nadat die skrywer die figuur in al sy naakte waarheid as mens aan ons geopenbaar het. Arnold Bennett het eenkeer gesê: ‘Firstclass fiction is, and must be, in the final resort autobiographical... when the real, intimate work of creation has to be done, the novelist can only look within for effective aid... Good fiction is autobiographical, dressed in the colours of mankind’. En daarom ook is Ampie, in groot mate altans, outobiografies. Dit is die skrywer se innerlike bevrydingskreet, wat smag om natuurkind te wees. En omdat dit menslik deurvoel en deurleef is, is dit ook algemeen-menslik waar. Dit spreek vanself dat hierdie verbeeldingstipe kuns kan skep, omdat die skrywer voel, sien, hoor, en selfs ruik wat hy skrywe. Wat ons plastiek noem, is dan ook niks anders nie as die skone weergawe van sintuiglike waarneming. Emile Zola was b.v. besonder sterk olfaktief aangelê; derhalwe kan ons dikwels die tonele wat hy beskrywe, ruik. Jac. van Looy het sy beskrywende tonele, en selfs gevoelstoestande, in kleure weergegee, terwyl Virgilius met sy ‘Quadrupedante putrem sonitu quatit ungula campum’ die dreunende geklop van 'n perdekommando laat hoor. Die innerlike prikkel van die sintuiglike waarneming word beeldend veruiterlik in skoonheidsgestalte. En oor hierdie besondere waarneming speel die verbeelding en maak dit tot algemene waarheid. Voorbeelde van hierdie tipe van verbeelding vind ons by elke waaragtige kunstenaar. Ons volstaan met slegs een voorbeeld - 'n skitterende {==213==} {>>pagina-aanduiding<<} stukkie dierelewe van Sangiro. In die ongerepte oerwoud het 'n vallende blaartjie, 'n reëndruppel wat in die kampvuurtjie afplof en tot stoom versis, 'n fier ou maanhaar-leeu se gemoedsontroeringe, kosmiese betekenis. Sonder die heel fyndeurvoelde besonderhede sou die skrywer die oerwoud-atmosfeer nie gevang het nie, sou die dierelewe dus nie in 'n oortuigende milieu geteken kon word nie. Wie van ons sal ooit die volgende beeld van 'n renosterwesie, nadat hy sy maatjie, die seekoeitjie, vaarwel moes sê, kan vergeet? ‘Nog 'n rukkie staan die donker figuurtjie daar op die witbrak, af en toe sag kwiekende, onderwyl hy oor die water staar, die knoestige koppie vooruitgestrek in 'n poging om verder te sien met die klein ogies. Eensaam en verlate genoeg lyk hy, met sy kneukelige dik lyfie, gerimpelde moddervelletjie en swaarmoedige renostergesiggie’. Dit smaak vir ons of 'n moeder hierdie beeld sò kon deurvoel het. Hoe intens en vol van groot medelye doen hierdie beeld nie aan nie. Hoor ons nie die sagkwiekende gekla van die renosterwesie nie? Sien ons nie sy knoestige koppie en swaarmoedige renostergesiggie vooruitgestrek nie, en voel ons nie die eindelose verlatenheid van hierdie klein verlore oerwoudbewonertjie nie? Hier vind ons die partikulariserende verbeelding in aksie. En hierdie besondere beskrywing van 'n renosterfiguurtjie word tewens vir ons 'n algemeen-ware uitbeelding. Sò sou van die oertyd af tot vandag toe 'n verlate renostertjie onder dergelike omstandighede voor die mens se gees opdoem. En sò verstaan elke waaragtige kunstenaar hoe om lewe te skep, om mense te laat asemhaal, beweeg, ween, juig; die hele toonladder van menslike gevoelens word verklank in blywende vorm. Resumerende, kan ons sê dat, vir letterkundige doeleindes, ons die lui en stereotiepe verbeelding nooit hoef aan te moedig nie; dat die melodramatiese tipe letterkundige potensies besit; dat die generaliserende tipe dikwels briljante letterkundige causeurs word, maar dat dit die partikulariserende tipe alleen is wat waaragtig grote kuns kan lewer. Hierdie verbeelding is egter nie dadelik nommerpas klaargebore nie, maar ontwikkel gewoonlik deur die newels van melodrama tot die lig van generalisasie; en in hierdie lig kan die kunstenaar die hoë bergtoppe beklim, om die lewensdrama daaronder fyn geëts voor hom uitgebyt te sien. J.R.L. VAN BRUGGEN. {==214==} {>>pagina-aanduiding<<} Die Beessmous. DIE hele dorpie het daarvan gepraat. Vuishoue is dan ook maar 'n ongewone iets op Sandfontein, en selfs op baie groter plekke is dit nie aldag dat 'n man soos Dik Jan die hoteltrappe afgeskop word nie. Dit was die middag na die vetvee-vendusie. Die dorpie se enigste straat het gewemel van mense. Die kantien, die voorportaal van die hotel, tot die lang stoep het vol gesit van boere wat opgewonde gesels en die een heildronk na die ander op mekaar instel. Ja, die slagosse was die dag moddervet gewees, eintlik sulke broekdraers, blokke soos daar lanklaas op die jaarlikse vendusie te sien was. Na hulle verweerde gesigte te oordele, verweerder as selfs dié van die boere om hul heen, was die twee mans wat in die hoekie op die stoep gesit het, klaarblyklik nie dorpenaars nie. Tog het Daniel du Plooy, klein en verskrompel, en sy groot gespierde maat gesit asof hul daar tuishoort en die teenwoordigheid van hul medemense en die geriewe van die beskawing weer 'n slag geniet soos alleen diegene weet om dit te geniet wie se hele lewe aan rondswerwe oorgegee is. Albei het maar die dag vantevore teruggekom, Pat, die prospekteerder, wes uit die woestyn, Danie uit die Noorde, waar hy nege maande lank op die jag uit was, velle gebrei het, biltong gemaak het, en gedoen het wat sy hande gevind het om te doen, maar veral beeste geruil het, want Danie is 'n beessmous en het juis dorp-toe gekom om die vee wat hy bymekaargemaak het, van die hand te probeer sit. Aan 'n tafeltjie regoor hul was Dik Jan, die groot beesboer, besig om drie setlaars wat vee wou koop, te trakteer, en ongelukkig het die een snapsie op die ander Dik Jan se anders versigtige tong die middag losgemaak. Die distrik was vir opreggeteelde beeste nog te woes. Friese was daarvoor te tingerig, korthorings te swaar. Dit was kafferbeeste wat 'n man moes koop as hy vorentoe wou boer. Dié kon ver loop water-toe, het fluks aangeteel, was teen droogte bestand - - -. Maar hoe glad van tong ook, Dik Jan het dit daardie middag maar opdraand gehad. Die drie met wie hy te doen gehad het, was van beter stoffasie gemaak as die intrekkers aan wie hy reeds beeste afgesmeer het. Vir die drie was die pryse wat hy vra, nou eenmaal te hoog. Onder gewone omstandighede sou Dik Jan hom nie van stryk laat bring het nie. Maar die snapsies het begin trek; die groot beesboer was al net {==215==} {>>pagina-aanduiding<<} warm. Plaas dat hy hom in toom hou, was hy naderhand sommer op sy perdjie. Die drie kon na die hoenders gaan. Kon koop waar hul wou. Kon hul dik koop. Mog 'n beessmous hul maar in die kloue kry en hul behoorlik die vel van die ore trek. Beessmouse het mos geen gewete nie. Die vuilgoed sou enigiets... Maar verder het Dik Jan ook nie gekom nie. Toe hy weer kyk, was die Ier op hom en het 'n vuishou hom tussen die oë getref dat hy op die naat van sy rug lê. Die gebeurtenis het 'n hele opskudding verwek. Daar die Ier geen beessmous is nie, was daar maar een uitleg: Pat was die middag dronk, ‘fighting drunk’ soos die een setlaar dit uitgedruk het. * * * Die gewone toeskouer sou gesê het dat die groot bruingebrande man wat daar bewegingloos op die kameelstomp sit, niks doen nie, aan niks dink nie, maar diegene wat die wye oop wêreld liefhet en die bekoring van die natuur ken, sou geweet het dat Pat versonke sit in die grootse natuurtoneel voor hom: 'n somerson, rooi aan die westerkim wat die gesigseinder met tienduisendtal skakeringe bespat en meteens wegsak, 'n vuuroseaan agter die aarde in - die skaduprag van die naderende donker wat sag oor die vlaktes op die aandkoeltetjie aangewuif kom en deur die klowe optrek na die trotse kruine wat oud en verweer daar bo teen die lig afgebaken staan, reusewagtorings waar die Voorsienigheid onverbiddelik paal en perk aan die uitbreiding van die woestyn stel. Die vlaktes raak weg. Die oeroue kameelbome op die voorgrond begin trots agter die verdwynende lig aan te drywe. Die Korannaberg gaan in die donker op. Die Ier kom stadig op die been en begin aanstap na sy staanplek, waar die vlamme van die kampvuur - groot soos alleen die naturel dit in 'n boomryke wêreld weet om te maak - reeds hoog in die lug opslaan. Onverwagte gaste sit vanaand om die groot man se vuur. ‘Ekskuus dat ons gebruik maak van u staanplek,’ sê die een toe hul hom gewaar en opstaan om te groet. ‘Ons het gemeen om die plaas nog voor sononder te haal, maar ons perde is flou.’ ‘Julle is welkom,’ sê Pat goedig. ‘Ek is maar te bly om geselskap te hê.’ En nie lank nie of die Ier met sy innemende maniere het dit al so ver gebring dat die drie jong setlaars dood op hul gemak om die vuur sit en gesels en koffie drink. ‘U is seker al jare in die land,’ sê die een naderhand terwyl hy hom na Pat wend. ‘Sal u ons nie van u ondervindinge meedeel nie?’ ‘Nie vanaand nie,’ weier die Ier. ‘Maar as jul lus het, sal ek jul vertel wat 'n baie goeie vriend van my een slag deurgemaak het. Wie weet miskien verskoon dit ook my alte haastige optree die dag op Sandfontein.’ En by die vuur in die groot, donker nag vertel Pat sy storie: {==216==} {>>pagina-aanduiding<<} Op 'n snikhete agtermiddag sowat vyftien jaar gelede steier daar 'n man deur die ruie, aanmekaargevlegte doringstruike wat plek-plek die oewers van die Limpopo toegroei, tuimel hals oor kop die steilte van die wal af en kom onder in die water te lande. Gelukkig dat die kuil vlak was, want die man - ons sal hom maar Dirk noem - was al heeltemal te ver heen om te swem. Met die grootste inspanning het die man darem orent op sy knieë gekom en bedwelmd om hom heen gekyk. So het hy lank snaaks vooroorgebuk gekniel, dan gulsig gedrink, dan met die plat kant van die hande op die water geslaan, en die kop doelloos van kant tot kant geswaai. Langsamerhand het hy bedaar. 'n Snaakse gespanne uitdrukking het oor sy gesig gekom. Hy het die wal lank strak aangestaar. Maar eindelik het die onnosele uitdrukking uit sy oë gewyk en het Dirk geweet dat hy in die einste rivier sit waarna hy al daelank wanhopig soek. Die reaksie was vir hom te veel. Sy hele liggaam het aan rittel en bewe gegaan. Sy bene het geweier om diens te doen. Hy het die gladde modderwal hande-vier-voete uitgesukkel en hom aan 'n takstam probeer optrek. Maar verniet of hy weer op die been kon kom. Drie dae en drie nagte aaneen na jou staanplek te soek, na 'n bekende boom of koppie waar jy tog koers vandaan kan kry, na water om jou brandende dors te les, is selfs vir die sterkste te veel. Twee uur te perd reg noord stap Danie du Plooy dieselfde dag teen 'n los koppie uit en kry die beeste wat hy soek. Die spoor het hy die week vantevore al wes van die Blouberge gevat en dit daarvandaan af oor die Magalakwin gevolg, deur die gebroke veld af na die Pongolo toe en daarvandaan deur die ruie doringveld tot aan die Matlabas. Tien dae alleen sukkel en spoorhou, nege nagte met die een oog oop slaap en waak dat die leeus sy ryperd nie opvreet nie, het die onvermydelike uitwerking op die man gehad. Sy oë is al aaklig hol. Dit lyk of hy sommer inmekaar kon sak, so uitgeput is hy. Maar du Plooy stam van 'n stoere voortrekker-geslag af. Hy ruk hom reg en kyk die wêreld 'n slag deur: Suidwes 'n streek lowergroen bome - die loop van die Limpopo. Noordwes, tussen hom en sy staanplek, die een vaal grasvlakte en dorre kameelbult op die ander, 'n woeste onbewonde streek waar hy nie meer die krag het om deur te kom nie. Die knaende pyn agter sy kop, onmiskenbare teken dat die koors hom alweer beethet, breek vir geen oomblik meer af nie. Daar is vir hom net een uitweg, suidwes wegslaan en regdeursteek veiligheid-toe. Hoe eerder hy by mense kom, hoe beter. By dié gedagte het die klein verskrompelde mannetjie gou om die beeste gery en hul begin aanja rivier-toe. Daar het hy die middag by 'n kuil af- {==217==} {>>pagina-aanduiding<<} gesaal om die diere 'n bietjie te laat rus vir die lang nagskof wat nog voorlê. Hy wou net vuur maak, toe hy merk dat die aasvoëls die een na die ander om die draai van die kuil neerval. Met die geweer in die hand en die voorvinger aan die sneller, want wie weet watter leeu of luiperd daar nie miskien sy prooi in die ruigte lê en bewaak nie, stap Danie nader. Wat de drommel sou dit wees wat die vieslike voëls so omring? Tog nie 'n mens nie? Tot vandag toe nog herinner Dirk hom maar baie vaag dat hy in 'n velkombers toegedraai gelê het onderwyl sy laaste stukkie klere om 'n groot vuur gehang het om droog te word; dat 'n uitgeteerde mannetjie met verwilderde oë warm koffie in sy keel afgegooi het; dat hy op 'n perd gesukkel is deur 'n man wat hom elke slag laat val het en hom dan maar weer opgetel het, wat gesukkel en gevloek het totdat hy hom eindelik bo op die perd gekry het. Dit was weke lank voordat hy so ver herstel het dat hy kon besef dat hy terug in die prospekteerderskamp is van waar hy op die jag uitgegaan het. By stukkies en brokkies het sy maters hom alles vertel: hoe hul vergeefs na hom gesoek het en al op weg was terug kamp-toe toe hul hom raakloop, bo op 'n perd vasgemaak wat deur 'n ylhoofdige man gelei word wat sy voete met byna bo-menslike inspanning stap vir stap vorentoe dwing. Die man het twaalf uur oor 'n boeg geslaap en toe stilletjies die kamp uitgesluip en na twee dae weer teruggekom met die klompie beeste wat hy by die kuil moes gelos het. ‘'n Man van durf en daad voorwaar,’ merk een van die geselskap op terwyl Pat vooroor buk en 'n stompie optel om sy pyp aan te steek. ‘Maar u storie sou dan 'n verskoning wees vir u optree die agtermiddag op Sandfontein?’ ‘Dit is ook,’ antwoord die Ier, ‘want as Danie du Plooy vir Dirk daar by die kuil laat lê het, dan het ek nie vanaand hier gesit en gesels nie.’ S.B. en G.C. HOBSON. {==218==} {>>pagina-aanduiding<<} In die Awenduur. Ek drink die stilte in die awenduur. Die sagte skemering bring salwing aan die siel wat in die aandlug tuur. Ek drink die wyding in die awendlug, en voel tevree. 'n Awendbee styg na omhoog waar 'n windjie deur die bome sny. Ek drink die teerheid in die awendstond, en ek bieg. 'n Reier wieg traag-eensaam na vanaand se rus, en om die huis fladder nog 'n late mossie rond. J.C. BOTHA. {==219==} {>>pagina-aanduiding<<} Nederlandsche Litteratuur van Dezen Tijd. III. De Tachtigers zooals men hen niet kent: Herman Gorter. GORTER is in onze litteratuur als Leopold een bijna legendarische figuur. Van den mensch weet men weinig, zelfs zijn portret kende men in het algemeen niet: in Geschenk, de propaganda-uitgave der boekenweek 1933, vindt men het thans, een door en door Hollandsche kop (Gorter was van Friesche afkomst), eenvoudig en onopvallend, maar buitengewoon helder en open, niet op het eerste gezicht een dichter, het kon ook een architect of wiskundige zijn, maar wel bij de eerste blik een mensch van belang, klaar en vastberaden. Voor het eerst zijn over zijn leven intiemere bijzonderheden openbaar gemaakt in een kort geleden verschenen boekje van Henriette Roland Holst, die lange jaren met hem bevriend was en wier persoonlijke strijdmakker hij was, eer hij tot de ultra-linksche richting der communistische internationale overging, waarin zij hem niet volgde. Persoonlijke bijzonderheden zijn waarlijk niet enkel tot bevrediging van nieuwsgierigheid. Wanneer Henriette Roland Holst ze meedeelt, kan men zeker zijn, dat het haar om niets anders te doen is dan om het heldere beeld van den mensch zooals hij is geweest. Het is mij wat waard, van den dichter van ‘Mei’ te weten, dat hij een geestdriftig sportman was, cricketer, schaatsenrijder, zeiler. Dat hoort bij de ruimte en open helderheid van ‘Mei’ en van zijn latere en laatste gedichten. In al zijn werk is een ruimende wind, en ik weet geen ander dichtwerk, dat mij zoo aan de open vlakten van Holland herinnert als dat van Herman Gorter. In Nederlandsche gedichten herkent men maar zelden en nooit dadelijk de onmiskenbaar Hollandsche volksaard: men moet diep doordringen in het werk van Boutens, van A. Roland Holst, van Werumeus Buning, van Leopold om er onvoorwaardelijk den Hollander, die er toch in steekt, in te herkennen, en bij Kloos, Nijhoff, Marsman zoekt men hem eigenlijk vrijwel vergeefs. Met de Hollandsche duinen, vlakte en zee is het werk van Gorter onverbrekelijk verbonden. In een der nagelaten gedichten vinden wij er een, dat Gorter ‘Mijn beeld’ heeft genoemd, een beeld van ongehoord fijne, scherpe zichtbaarheid in een oneindig verloren verte en ruimte: - {==*22==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding PISSARRO: DIE BOME.==} {>>afbeelding<<} {==220==} {>>pagina-aanduiding<<} Eén Visschertje zeilt over de oneindge zee met scherp gezwoeg, 't schuim splijt om zijnen boeg. Het hoort erbij, te weten dat Gorter een vurig zeiler is geweest. Gedichten bestaan wel met volle kracht op zichzelf, en een geheel dichteroeuvre heeft de aanvulling van een biografie tenslotte niet eens noodig. Maar wie den mensch naderen wil, begrijpen wil, voor hem zijn zulke bijzonderheden van groote waarde: de gedichten zijn voor hem behalve hun eigen pracht tegelijk en vooral een toegangsweg tot den mensch. Na zijn veertigste jaar is Gorter nog een hartstochtelijk bergenklimmer geworden. Hij waagde graag, zegt Henriette Roland Holst. Dat woord geldt voor zijn gansche leven en werk. Hij waagde graag in de poëzie, hij deed den roekeloozen gooi naar de opperste klankexpressiviteit en versmaadde daarvoor een gemakkelijk te bereiken perfectie zijner verzen. Hij waagde het, de volmaaktste, naaktste, gewoonste eenvoud in zijn verzen te beproeven. Kan het eenvoudiger dan dit: - Het is juist goed dat ik de glorie derf, daardoor moet ik iets goeds maken voor ik sterf. Een wager was hij in zijn politieken strijd, één die alle kleinheid versmaadde, die voor een andere wereld letterlijk vocht, en tot wanhoop en woede verviel, als in de trage massa geen beweging te krijgen was, als het leger den voortrekker niet volgde. Dan slingerde hij zijn banvloek naar de horde der kleinmoedigen: Verdoemd! Allen zijn klein, Geen is er groot. Beter weg in den dood Dan verdoemd met het kleine te zijn. Is het bij zulke versregels niet van belang te weten, dat deze man zich bijna tenonderstboven werkte voor zijn sociale overtuiging, dat hij naast zijn talrijke privaatlessen in Grieksch en Latijn voor het staatsexamen, overal cursussen over het socialisme hield, in het openbaar sprak, vergaderingen en {==221==} {>>pagina-aanduiding<<} politieke besprekingen had te voeren, en met het oog op de zwakke gezondheid zijner vrouw dan meestal nog in den nacht op de fiets naar huis terugkeerde? En dat deze wager in 1920 als verstekeling naar Rusland wist te komen, om te trachten Lenin te overtuigen, dat voor het Westen andere methoden van actie noodzakelijk waren dan voor het Oosten? En tegelijk had deze rustelooze werker, gelijk Henr. Roland Holst verraadt, ‘een sterke ontvankelijkheid voor zinnelijk genot, een sterke behoefte aan vroolijkheid, luieren in de natuur, spelen, goed eten’. Een genieter van de onuitputtelijke rijkdom der aarde - de dichter van ‘Mei’! Ten volle kan men begrijpen, dat hij vroolijk geweest moet zijn, vurig en voortvarend, ongeduldig als men in inspanning geen gelijken tred met hem hield hetzij bij examenstudie of politieke actie; dat hij eerzuchtig en zelfs heerschzuchtig alles voor een zaak over had, en toch, vooral in latere jaren, na de nerveuse collaps die hij doormaakte, door overspanning, overgevoelig tot in het zwakke toe kon zijn. Uit de practijk der politieke actie heeft hij zich tenslotte geheel moeten terugtrekken, zijn laatste levensjaren waren afzijdig, maar in die jaren ontstonden de helderste der nagelaten gedichten. In die jaren, nadenkend over zijn leven, zijn strijd, zijn tegenslagen moet hij geschreven hebben: Het diepe zeeruim is onschuldig en ook de diepte is onschuldig. - Alleen de mensch is schuldig. - Neen, hij is ook onschuldig. Den dichter Gorter kent men in het algemeen zoo min, als den mensch. Gorter is nu eenmaal voor allen voorgoed de dichter van ‘Mei’. En waarlijk, het was nie te weinig geweest, indien hij enkel dien lang aangehouden juichkreet om de schoonheid van het leven had geschreven, die overstelpende bergbeek van taalmuziek had geschapen, dien overvloed van Hollandsch natuurleven in zijn gedicht had uitgeschud. Het is het levensgenot van een jong mensch, een zwemmer, een zeiler, een kijker, in duizend beelden weerkaatst. Maar die prachtige lichtbron heeft zijn ander werk overstraald. Ten onrechte, want Gorters dichterschap is nadien niet uitgedoofd en nauwelijks geslonken - het is zelfs gestegen en heeft zich zeer verdiept. ‘Mei’ is het prachtig begin, maar niet het hoogtepunt van dit dichterschap. Dit wordt bijna nooit erkend. ‘Mei’ is voor mijzelf de openbaring geweest der poëzie: dit gedicht en de verzen van Guido Gezelle waren de eerste ervaringen, die de poëzie onweerstaanbaar midden in mijn leven brachten. Die herinnering is onverzwakt gebleven, maar later, Gorters werk in zijn geheel {==222==} {>>pagina-aanduiding<<} leerende kennen, bleef daarin ‘Mei’ niet dat, waarvan ik het allermeest houd. Nog altijd straalt dit gedicht voor mij zijn bekoring onverminderd uit, maar sommige der ‘Verzen’, in hun onomwonden naakte waarachtigheid, enkele der onunitspreeklijk teedere liefdesverzen, sommige waterklare fragmenten uit ‘Een klein heldendicht’ en ‘Pan’, en het allermeest nog de mannelijke soberheid en ongeëvenaarde eenvoud der kleine, nagelaten gedichten hebben evenveel en meer indruk op mij gemaakt. De ‘Verzen’ hebben overigens algemeen in den roem van ‘Mei’ gedeeld: gedichten als ‘Gij staat zoo heel, heel stil’ en ‘Ik wilde, ik kon U iets geven’ zijn met verscheidene andere alom bekend en geliefd om hun zuivere innigheid en om dat natuurlijk en onomwonden uitspreken van wat eigenlijk onuitsprekelijk schijnt, teederheid en liefde, door geen beeld of taalpracht maar in de stamelende natuurwoorden, die uit verrukking en overgave vanzelf, onbeholpen en overweldigend tegelijk, opwellen. Toch heeft men die verzen als een eind beschouwd, een nabloei, een verinniging nog van het beste uit ‘Mei’. En voor wat Gorter daarna schreef heeft men weinig oog, ja eigenlijk wil de legende, dat de dichter in den politicus is ondergegaan. Maar politicus is geen woord, dat ooit op Gorter van toepassing kon zijn, hij was een sociaal strijder, een profetische natuur, een geloovige, een pionier, en in het waagstuk van den socialen strijd en zijn hartstochtelijke toekomstverwachting evengoed en altijd een dichter. Men heeft door de haast kale eenvoud en de simplistische visie van ‘Een klein heldendicht’ en door de dorre en droge fragmenten van ‘Pan’ niet heengezien, terwijl de nagelaten gedichten te weinig bekend zijn geworden (een goedkoope uitgave ervan is dringend noodig). Men heeft meestal niet gemerkt, dat in die lange gedichten behalve een droog beredeneeren blinkend waterklare beelden en fragmenten staan zooals alleen Gorter ze in onze taal heeft kunnen schrijven, en hoe telkens en telkens weer dat groote ruischen erdoor vaart, natuurlijk en helder, als van de wind door boomtoppen, als de zee in een schelp. Ja, Gorter was een boomkruin hoog in den wind, hij was een schelp van groote zeeën doorzongen. Ik ken maar weinig gedichten zoo sterk in hun eenvoud en zoo tot in ieder woord en iedere vezel zelf de vernieuwing, waarvan zij een beeld geven, als dat fragment uit ‘Een klein heldendicht’, waar een nieuw licht, een nieuw besef daagt in de jonge vrouw. En als zoo vaak bij Gorter, weet men niet, of deze vernieuwing, dit ontwaken het eerste opwellen van liefde of van een bewustwording van sociale taak is. Ook woordelijk nemen ‘geliefde’ en ‘socialisme’ in tal van zijn gedichten elkaars plaats in, en ik ben zeker, dat beide elementen, liefde en toekomstverwachting daarin gelijkelijk aanwezig zijn, zooals bij Shelley, bij Dante idee en liefde versmolten, ondeelbaar tot een hun gansche leven doortrekkend licht. {==223==} {>>pagina-aanduiding<<} De verzen over die vernieuwing in die jonge vrouw luiden: Zij holde door het gouden bruine licht zooals een schip dat, nieuw, zijn vlosjes hout, zijn ijzersplintertjes, zijn vlokjes verf verliest als het snel doorschiet door de zee. Zooals een paard dat in de weide komt, en 't verliest zacht 't donkerbruin winterhaar, doordat het strookt door de fijne landlucht, Zoo holde zij door 't groene dagelicht. Tintlend was 't of nu hier dan daar op d'huid Een plekje nieuw ontplook. Was dat de lucht die 't deed, de wind? of kwam het uit haar zelf? Was het de ziel - was het haar nieuwe ziel? Zooals een meisje in wie de bronnen opengaan, zoo was 't over haar lijf. In ‘Een klein heldendicht’ gaat het ten nauwste samen, jonge liefde en het jong besef van een nieuwe taak, zij versmelten tot een ondeelbaar geluk, zij zijn zoo vereenigd, dat ze hetzelfde, ongescheiden één geworden zijn. Immers, dezelfde, ongescheiden één is ook de dichter van natuur- en liefdeslyriek en de sociale strijder in Gorter - hoe meer men in zijn werk doordringt, des te duidelijker wordt het, dat hierin geen kloof in zijn oeuvre ligt, maar dat dezelfde dichter, dezelfde mensch uit ‘Mei’, in de latere dichtwerken terugkeert. ‘Een klein Heldendicht’ is een geschiedenis van sociale bewustwording en van ontwakende liefde tegelijk. Die eenheid bereikt een waarlijk grandiose schoonheid in het fragment: Het meisje kwam tot hem, zooals het Voorjaar komt aan de wereld, 't is alsof een boog nieuw hemelsch op de aarde wordt gesteld. Zoo kwam zij, en zij kwam zeer dicht tot hem tot vlak bij zijn hart. En zooals in een haven van de zee, plotsling, wanneer daarin een schip inzeilt, de kleur van 't schip opengaat, als in eens valt er de zon op, en een gouden bol of knop of een vuurrood pompoentje gaat open in het volle licht, zoo was zij. - 't Kan ook wel wezen, dat in mistge lucht {==*23==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding SISLEY: FEBRUARIE-MORE AAN DIE LOING BY MORET. ==} {>>afbeelding<<} {==224==} {>>pagina-aanduiding<<} 's avonds boven de haven de lichttoren aangaat, dan wordt het warm, de lentelucht weet in eens niet wat haar gebeurt, zoo kwam zij tot hem, het blosrood blankzwarte meisje. - O hoe heerlijk als de vrouw met den man één is, en 't allergrootste beiden voelen. Niets is er wat boven den man en vrouw uitgaat, die eensgezind het hoogste uit de wereld willen- en elkaar liefhebben. Zoo kwam ze tot hem en ze school aan hem, hoewel hij jong was, zooals aan een sterke. En als twee kindren in wie 't hoogste bloeit, praatten zij toen aanééngezeten, samen het hoofd voorover, de zachtdonzige. Met zulk een eenvoud en kracht is sinds Vondel's rei der oprechte trouw het geluk van man en vrouw niet meer onder woorden gebracht. Ik zeide reeds, dat het onderscheid tusschen idee en geliefde in Gorters latere gedichten herhaaldelijk vervalt. Dit heeft men in het werk van dichters ook vroeger waargenomen, en bij Dante, Shelley en ook Jacques Perk meende men dan van een zuiver platonische liefde te kunnen gewagen. Dit denkbeeld heeft, geloof ik, veel verwarring gesticht, en uit het oog doen verliezen, dat een zoo intens tot innerlijke kracht geworden liefde, waarbij de vervoering van den geest de gevoelens doorstraalt, geen abstractie, geen enkele idee kan zijn, maar ten nauwste concreet verbonden blijft aan haar voorwerp, en geenszins de natuurlijke erotische kracht in haar louterste vorm, geest en lichaam doordrenkend (ook die scheiding van lichaam en ziel, geest en hart is te kunstmatig en menschelijk onbeholpen om waar te kunnen zijn) daarbij verloren is gegaan. Er staan in de ‘Nagelaten gedichten’ van Gorter verzen, die men alleen begrijpen kan, als men ze als de puurste liefdeslyriek ziet die er in onze taal geschreven is. En het dubbel geluk van liefde en gemeenschapsgevoel, door één mensch beleefd, smelt zoo ondeelbaar samen, dat die gevoelens elkander doordringen, en de mensch, van het een sprekend tegelijk het andere bedoelt. Geluk, liefde breidt zich altijd naar alle zijden over een menschenleven uit, en alle dingen staan in het licht ervan. Daarom is Gorters sociale lyriek liefdeslyriek en heeft een sterk en prachtig erotisch temperament aan die verzen tegelijk de ideëele overtuigingskracht gegeven. Niets van abstractie is er in het voluit, zich als het ware openbreidende en weer sluitende liefdevers: {==225==} {>>pagina-aanduiding<<} Uit haar droom zag zij op: Was dit de Liefde? In haar droom zonk zij terug: O dit was Liefde! En niet minder het verrukkend zinnelijke, zuiver gelukkige gedicht, jong als het begin van ‘Mei’: Als koele knoppen is uw aanwezigheid, als rozeknoppen uw zachte bloedwangen, uw vroolijkheid, als schittrende droppen van zilver van uitdagendheid - zijn uwe oogen als ge ze van mij trekt en 't heerlijk lijnig lichaam van mij rekt, achterover, zijlings, als riet, opdat ge mij medetrekt, wijl uw zachtbloeiende lach mij zegt: komt ge niet? Die versmelting van gevoelens spreekt uit tal van gedichten: waar hij de Vrijheid aanschouwt, hij ziet haar in het duister gaan, ‘haar smijdig goud figuurtje’; dat is eens als geluk aan een mensch waargenomen, en de erotische gelukssensatie draagt zich op volle kracht over naar het vurigst begeerde, de Vrijheid. En vooral is er dat in Gorters gedichten van den dans. De dans, ook Gorter moet dat gevoeld hebben, is de kunst waarbij geest en materie het allermeest één zijn, de mensch beeldt zich in geen ander voorwerp uit dan in zichzelf, en de ziel wordt intensiever dan ooit in het lichaam waarneembaar, boetseert zich in het lijf, wordt een lijfelijke muziek. Reeds in de ‘Verzen’ van Gorter vindt men een gedicht van den dans, de rhythmische beweging wordt daarin een lichte, stil zwevende vervoering, een lijfsmelodie. En die zelfde verrukking keert in zijn latere gedichten terug en versmelt met de vervoering der gemeenschapsidee. Zoo intens doorleeft hij die idee, dat hij haar danst, dat zij met elkander dansen. Telkens komt dat motief bij hem terug: ‘En zoo danste hij met haar vurig zacht,’ heet het in een zijner gedichten en in een ander: ‘Dansen is de voorpoort der liefde’. Het vers van den dans uit zijn jeugd, vol van stille erotische verrukking keert na vele jaren terug in de verheerlijking der andere geliefde, de Idee, en de volle verrukking van zijn vurig en sterk zinnelijk temperament deelt zich mee aan die ideëele verbeelding van het melodisch, het muzikaal samengaan met de Idee in den dans: {==226==} {>>pagina-aanduiding<<} Onzichtbaar zoet klinken van verre de snaren van een veêl Uit ver, van licht, droomachtig glanzen, En wijl wij dansen, Lijke' onze leden, waarop wij neerzien, één geheel. Uw boezem en dat zachte iets, Dat over U nederstroomt, - Is 't liefde? - dat zooals haast niets Van overal van U wederdroomt, En uwe kleeding, waarin 't riets Van uw lichaam, Golvende dansend, op en neder komt, Zij zijn het éénig iets, - Dat danst - - Voor mij die dans En Muziek, anders bestaat er niets. En in den zachten weemoed, één verrukking, Van 't dansend glijden, Voelen de geesten aan 't geluk en Samen zich wijden. Dansen is de voorpoort der liefde. Dansen is heilig, Dansen is teedere minne, Dansen met u, zoo glijdend en veilig, Met U zijn bevredigd de zinnen. Merkwaardig is het, telkens in Gorters werk te zien, hoe de vervoering hem te machtig wordt en hij stamelen gaat, zinsbouw verwaarloost, woorden om het rijm verminkt, zonder dat die onbeholpenheid de pracht van zijn vers al te zeer benadeelt. Het spreken, in de allereenvoudigste woorden, maakt bij Gorter steeds weer zooveel goed. Idee en Geliefde te vereenzelvigen werd, denk ik, tenslotte ook een traditie bij hem, een gewoonte, een ritus als het ware, maar ook dan wordt dit niet eens gezocht en blijft het van een ontroerende realiteit, zoo als in die wanhopige regels als hem de moed ontzinkt: Geliefde, ga niet weg van mij, Gij zijt het eenige wat ik heb. De vloed zijt gij, Ik ben de eb. {==227==} {>>pagina-aanduiding<<} De kreet van een mensch is dat, en dien kreet hooren we telkens en telkens weer uit die van bouw allersimpelste korte verzen opstijgen. Doodeenvoudig spreekt hij het uit, dat hij hoopt, dat na hem één zal komen, sterker dan hij, want zijn stem is slechts zwak; één die komen zal zoo als na Van Eyck Rembrandt kwam. In die latere jaren van teruggetrokkenheid was er ook herhaaldelijk het besef van vereenzaming, van alleen te zoeken, zonder steun en zonder aanhang: Ik weet het wel, ik zoek alleen, nog niet zoover zijn de arbeiders ontwaakt... Nu goed, laat mij dan maar, ver van 't gemeen, zoeken in schaduw, of mijn hand iets raakt. - Pas na het prachtige, beroemde gedicht ‘Mei’, heeft zich Gorters grootheid aan menschelijk gevoel, overtuiging, verbeelding en zelfs ook dichterlijk, aan taalkracht - ten volle verwezenlijkt. Zijn latere poëzie is een machtig geding, een hartstochtelijk gevecht om wat niet te verwezenlijken scheen in een dorre en vadsige en miserable wereld. Een diep menschelijke en profetische stem - dat is Gorters poëzie na ‘Mei’. De louterste toekomstverwachting, waartoe een mensch in staat kan zijn, en - het zij vooral niet vergeten -, de allerpuurste liefdeslyriek, ooit in onze taal geschreven, zijn daar te vinden. ANTHONIE DONKER. {==228==} {>>pagina-aanduiding<<} Die Genadelose CLOTILDE staan voor die raam na die blink glansing van die reën en kyk soos dit saggies en gelykweg neerstort oor die herfslandskap, oor die slapende tuin, waar die vergeelde blare die groot druppels met klappende getik vang en hulle weer laat val op die deurweekte grond. Dit reën nou al twee dae so aaneen, en die jong meisie van twee-en-twintig luister met stille weemoed na die suising van die druppels op die dak, sy kyk na die blare wat blink kristalrye aan hulle kante dra en ootmoedig neerweeg grondtoe. En agter die bome, agter die kaal takke, waar nog enkele blare los fladder of hulle ook maar begerig is om los te kom en na die donker, vogtige aarde te daal, lê die grys, eentonige miswolke, ry aan ry, en stadig drywe hulle hoër, woel deurmekaar en dra sluieragtige tone aan die kante, vervorm tot 'n gelyk vlak waaruit die reën aanhoudend drup soos 'n toonlose lied van die sterwende lewe in die najaar. Twee dae nou al dat sy nie kon gaan skilder nie.... Sy skuiwe die dik gordyn voor die raam nog 'n entjie verder weg om die bleek reënlug dieper in die kamer te laat binneskemer. Drie maande werk sy al aan hierdie skildery. Met liefdevolle oorgawe het sy geskilder om die wye vergesig in lyn en kleur op die doek te suggereer: die slingerende rivier waar hy in die kloof, tussen doringbome deur, wegvloei na die weste, opgeneem word in die vloed van kwynende sonlig... Sy haal die kleed weg van die skildery, maar plaas dit weer moedeloos terug. In 'n weer soos hierdie, sonder die verdiepende ligeffek van die glansende son, is die kleure dood, sonder lewe of skoonheid glim hulle haar teen, olie-agtig en mat. Maar as die son weer deur die wolke kom, saggies sy strale laat vloei deur die kwasharde takke van die doringbome, daar 'n tere glans droom oor die walle en kronkels van die rustige rivier, dan lig die lewensvreugde in haar siel op soos kersies wat iewers in die skemering aangesteek word, dan neem sy die penseel, en lank staan sy nog eers en kyk na die seeblou kleur langs die kloof wat wegvloei in die goudwarm van die laaste sonstrale wat gloei deur 'n strepie geel gras.... Maar nou.... Sy kyk weer deur die raam. Die reën val nou sterker. Met vaal vlae ruis dit neer oor die modderdeurtrapte pad, waar 'n maer perd langs plas, sy maanhare blouig glimmend deur die nattigheid heen. Teen die ruit loop die druppeltjies met slingerende spore af. Die vogtigheid damp op uit die nat grond en bewasem die vensters, sodat die bome in die tuin, die verre rande nou dof lê soos oortrek van 'n dun rookvlaag.... {==229==} {>>pagina-aanduiding<<} Wanneer sal dit tog ophou? Sy gaan sit op haar rusbank, leunend op haar hande langs haar. As haar vader maar tog nie so gou dood was nie... Daardie vreeslike Julie-maand verlede jaar met die griep. Hy was nog so gesond in die môre en het by haar kom sit waar sy geskilder het. En die aand reeds was hy baie siek. Drie dae daarna dood.... Nou lê hy in die triestige kerkhof, waar die reën neerkletter teen die wit stene, waar vogtigheid en dood is.... Sy ril en staan op. Daar kom 'n somberheid in haar siel oor haar vader wat so stil-stil uit haar lewe weg is. Hy was so fyn en kunssinnig en het haar altyd aangemoedig, gesê dat sy langsaam en geduldig moet werk en nie tevrede moet wees voor sy die innerlike wonder van die dinge getref het nie. En vandat hy uit haar lewe weg is, skilder sy gedurig. Maar dit word al moeliker. Haar stiefmoeder en Bettie! Hulle laat nooit 'n geleentheid verbygaan om hulle sarkasties uit te laat oor haar werk nie. Haar arme vader het naderhand maar leer swyg in hierdie omgewing van mense vir wie eer en geselsery oor 'n voortreflike huwelik die hoogste is... en Bettie se grootste ideaal is om soveel kêrels as moontlik te lok, en tog skyn dit of hulle haar wil ontwyk. Haar stiefmoeder... As sy tog maar verlos kan raak uit hierdie omgewing, as hierdie skildery, waaraan sy met soveel oorgawe, soveel liefde gewerk het, maar die oog van die kritici sal vang wat die prys moet toeken vir studie oorsee. Maar hoe sal hulle? Daar is soveel knap werk. Sy weet dat Hennie Hugo die steun het van kunssinnige mense, dat hy skilder in 'n atmosfeer waar mens moed kan hou. Maar in hierdie huis is net triestigheid en haatlikheid.... Die eetklokkie lui, en dit roep vir Clotilde met 'n skok na die werklike lewe terug. As sy maar hier op haar kamer kon eet. Nou moet hulle weer soos houtpoppe aan die tafel gaan sit, en dan sal Bettie begin oor die kêrels wat gisteraand so graag met haar wou dans, en sy sal met 'n nare gevoel in haar hart besef dat dit alles leuens is, die gepraat van Bettie oor verliefde kêrels. En die moeder sal goedkeurend lag, maar met 'n skerpe flonkering in haar oog na haar stiefdogter kyk asof dié op die een of ander manier in Bettie se pad staan - - - Clotilde loop na die eetkamer, gaan stil-beskeie soos ander dae aan die tafel sit, met 'n gevoel asof sy die ete wat sy kry, nie verdien nie, want net die manier waarop haar stiefmoeder na haar kyk, die wyse waarop sy vir haar tee aangee, suggereer op onfeilbare wyse vir haar hoe ongewens sy in hierdie huis met sy hoë wit mure is, in hierdie huis waar die vensters gedurig die lig uitsluit, in hierdie huis, omruis deur triestige reënvlae..... ‘Kyk, Bettie,’ sê die moeder, wat al diep in die sestig is, ‘ek gaan met mnr. Van der Merwe praat en uitvind of hy nie nou 'n plek vir jou in die kantoor het nie. Ek hou niks van hierdie leeglêery in die huis nie.’ Clotilde se wange word bloedrooi, sy kyk nie van haar bord af op nie, maar voel dat die steek vir haar bedoel is, want dat Bettie ooit op 'n kantoor sal gaan {==230==} {>>pagina-aanduiding<<} werk - sy weet hoeveel daarvan sal kom.... Sy moet weg uit hierdie akelige huis, waar die laagheid op haar aanwalm soos 'n nare reuk, waar stowwerigheid, doodsheid heers. Sy wil weg waar son en warmte is, son wat die kleure van die dinge deurtower met sy diepe en geheimsinnige krag. Maar waarheen? Sy het geen familie nie. Die noodlot het haar hier vasgedruk, hier waar die afskuwelike vergrotings vloek teen die eentonige mure, waar 'n neerdrukkende atmosfeer styg uit die ou, smaaklose meubels, waar mens nie diep kan asemhaal nie. ‘Hennie Hugo het vanmôre gesê hy kom vanmiddag hierheen,’ kras die grys ou vrou se stem, ‘sorg nou dat jy nie weer uit is nie, Bettie.’ Na 'n rukkie sê sy, ‘miskien kan jy ook maar 'n bietjie afkom uit jou kamer,’ sonder om Clotilde se naam te noem, ‘die mense sal naderhand dink jy is dood.’ Clotilde sug saggies 'n antwoord. Die ou moeder is tevrede met die wyse waarop sy 'n netelige saak bewerk het, want Hennie Hugo het duidelik gesê dat hy bietjie vir Clotilde wil sien. Maar Hennie Hugo is skatryk, en wat wil hy nou gesels met so'n arme mens wat nie boe of ba kan sê nie. Mens is eintlik aardig om haar in geselskap te bring. Sy kan darem ook nie verstaan waarom Bettie so vreeslik onhandig is met die kêrels nie... Die laaste een verneem altyd net na dié arme mens wat nie kan pruim sê nie. Wat sien hulle aan die ou prentjies wat sy maak? Al verneem mense ook na haar, dit is nie eens nodig om vir haar daarvan te sê nie, want sy is te aan-die-slaap om ooit iets uit te vind, sy sit gedurig met haar groot oë en staar of sy wie-weet-wat sien aankom... Na ete gaan Clotilde maar weer uit die eetvertrek. Langsaam loop sy met die hoë trap op. In haar kamer probeer sy lees. Hennie Hugo - hy vra altyd net om vir Bettie te sien. En geen wonder nie, want Bettie is aangenaam in die omgang. Sy kan opgewek gesels en lag .... maar sy.... Altyd is sy swygsaam, en in geselskap voel sy vaag-bang, 'n vrees vir mensstemme en mensgesigte jaag die onrus in haar op. Dan wil sy altyd weg, weg na haar penseel en doek toe, waar die streling van kleur en lyn, van die rus wat lê in skeppingswerk, haar vrede gee, wat diep in haar gemoed aangroei tot brose stemminge. Maar vandag is sy vasgekeer. Weer gaan sy voor die raam staan. Die reën het nou effens bedaar, maar aan die kim lê die dik miswolke, en oor die hemel is 'n dun vlieserige wolklaag gespan, wat 'n eentonigheid aan hemel en aarde gee. Hulle huis lê op die kant van die stad, en om by die trem te kom, moet sy 'n hele end deur die modder sukkel. Maar wat sal sy tog ook in die stad gaan doen? Niemand ken sy intiem nie. Sy wens dat sy kon gesels met Hennie Hugo oor skilderkuns. As sy met hom intiem kon gesels oor die landskap wat sy nou skilder, dan sal haar woorde stroom sonder einde. Maar sy sal vanmiddag maar nie na die triestige sitvertrek gaan nie. Sy weet so goed wat sal gebeur. Bettie sal die hele geselskap beheers met haar opge- {==231==} {>>pagina-aanduiding<<} ruimde lawwigheid. Sy sal langs hom gaan sit met 'n album en 'n uur lank kiekies wys. Dan sal die besoek netnou ten einde loop, en sy sal weer met die trappies opklim en na haar kamer gaan, met die leë gevoel in haar hart. As haar pa tog maar bly lewe het... Sy sien nou so duidelik hoe hy verlate daar agter in die tuin sit nà een van die rusies met haar stiefmoeder. Byna elke dag was daar 'n klein onaangenaamheid, en dit was meestal oor die twee dogters. Hoe sou haar moeder gewees het? Dié is dood toe sy twee jaar oud was. Haar vader het later toe weer getrou... haar stiefmoeder het al so baie gesuggereer dat dit net om haar geld was, want hy was 'n onpraktiese man wat van sy winkelbesigheid 'n mislukking gemaak het. Haar arme pa! Hy was net soos sy: hulle deug nie vir hierdie lewe, waar mense gryp en baasspeel, verdruk en verkleineer, beklad en seermaak nie. Hulle altwee was mense vir die stilte, maar daarvoor is daar nie meer plek oor in hierdie stad nie... Fyn tik die druppeltjies teen die raam, en die reën wolk al weer donsig neer oor die swart landskap. Haar plekkie by die rivier sal nou seker net die ene modder wees. Maar as die weer opklaar, dan gaan sy haar stuk werk klaar maak. In die linkerhoek kan sy die doringboom se skaduwees nog effens dieper kleur en op die agtergrond die rooi-geel deurskynender laat lig. Sy sien die skildery nou in haar gees, vermooi deur haar lewendige fantasie: die donker, treurende doringbome met hulle wegvloeiende skaduwees in die geheimsinnige holtes en kronkels van die spruit, waar 'n kolletjie water vlammend uit ophelder; sy sien die goudwarm gloed oor die wit gras, die breë rivier wat ontsaglik uitgevloer lê na die weste, waar die songloed aan daal is, deurskynend en diep, soos die kleur van 'n grasbrand wat agter verre heuwels verkwyn.... As sy haar werk maar kon maak net so hewig en sterk soos sy dit sien in haar verbeelding. As sy dit net so kon oordra op die doek: al die innige kleure wat die weemoed van haar stemminge dra... Sy plaas haar hand onder haar ken. Sy hoor dat gebel word daaronder. Miskien Hennie Hugo? Sy sou so graag met hom wou gesels, baie, baie oor hulle skilderye, maar Bettie staan tergend voor haar, Bettie wat nie eens vir haar kans sal gee om tien woorde te sê nie... Sy sal maar bly, lewe met haar drome wat opstaan en weer sterwe in die geslotenheid van haar vereensaamde siel.... In die sitvertrek benede ontvang mevr. Nieuwoudt vir dr. Schröder, die bekende kunskritikus van die stad, werksaam op een van die dagblaaie. Die ou vrou is verbaas oor die besoek en meen dat dit te doen het met Bettie. ‘Verskoon my, mevrou,’ sê dr. Schröder, ‘maar u het tog 'n dogter wat skilder, nie waar nie?’ ‘Wat skilder?’ sê mevr. Nieuwoudt onthuts, en 'n trek van verbasing en oorbluftheid kom op die ou gesig. Sy skuif haar dikglas-bril reg. ‘Wat skilder?’ mompel sy. ‘Nee, my stiefdogter maak so'n bietjie prentjies, {==*24==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding SIGNAC: DIE PYNBOOM.==} {>>afbeelding<<} {==232==} {>>pagina-aanduiding<<} maar my dogter Bettie doen netjiese handwerk. Sy het lesse geneem by mej. Gautier.’ ‘U hoef nie so beskeie te wees oor u stiefdogter se skilderye nie, mevrou,’ sê dr. Schröder, en 'n glimlag lewe om sy oë, ‘om die waarheid te sê: ek is een van die kommissie wat daardie prys moet toeken, daardie prys vir oorseese studie; ek het onlangs net so terloops gekyk na die landskap waaraan sy besig was daar by die rivier. Ek ken haar nie, en het so van 'n afstand gekyk. Dit was vir my pragtige, deurleefde stemmingskuns. Maar ek kon nog nooit persoonlik met haar gesels nie. Ek wil graag 'n onderhoud met haar hê en 'n artikel oor haar werk vir ons blad skrywe. Dit sal haar baie help om bekend te word. Om u die eerlike waarheid te sê: ek meen dat daardie skildery van haar uitstaan bokant die werk van amateurs wat ek gesien het. Sy sal 'n goeie kans hê om die prys te kry. Mog ek 'n oomblik met mej. Nieuwoudt gesels?’ Hy staan nog altyd met die hoed in die hand, sy blou oë vriendelik-vraend gerig op die ou vrou, op wie se gelaat ongemerk 'n norse ontevredenheid aangedonker het. Sy het nie alles verstaan wat die vent gesê het nie. Net een ding het in haar gees glashelder kom staan: daardie groot prent van Clotilde kan haar skatryk en beroemd maak, sodat sy op Bettie kan neerkyk - so 'n aan-die-slaap.... ‘Dit spyt my, meneer, maar my stiefdogter is uit vir die middag,’ sê sy koel en afwysend. ‘Mag ek 'n bestelling met haar maak, mevrou?’ vra dr. Schröder, 'n bietjie beledig deur die hooghartige houding. ‘Wel, ek sal haar sê, en dan kan sy u oplui.’ ‘Hartlik dank. Tot siens, mevrou.’ Hy is by die deur uit sonder dat mevr. Nieuwoudt op sy ‘tot siens’ geantwoord het. Ek vir haar sê om 'n bestelling te maak! Sy kon vir my part met haar prente en al op Loksenberg gaan sit! Die ou vrou gaan met kort, gelyke stappies na haar stoel en sak stadig daarin neer, die ou hande, blou bedek met are, krampagtig aan die leunings vas. Haar grysgrou hare lê laag oor die ore; die voorkop is rimpelrig en die lippe effens ingevalle met fyn kepies in die bloedlose vlees. Die dof-blou oë kyk vas en wesenloos deur die dik brilglas, wat nou en dan opglim in die halflig van die kamer. Die skilderye sal haar skatryk maak en beroemd, en sy sal neerkyk op Bettie... Sy sal vir Hennie Hugo in die hande kry! Haar kind sal die mindere wees, sy die skatryk vrou van Hennie Hugo.... Die ou hande bly knokkig vasgryp aan die leuning van die stoel, die beenderige skouers in die swart bloese hoog opgetrek.... Haar kind, aan wie sy soveel geld gespandeer het, sal moet wyk vir die aan-die-slaap leeglêer! Die gedagte werk traag om in die afgeleefde gees, maar elke slag trap dit sy voor dieper in, elke slag groei dit vaster en venyniger om 'n monsteragtige obsessie in die ou vrou se gees te word. {==233==} {>>pagina-aanduiding<<} Die diensmeisie bring naderhand die berig dat mnr. Hennie Hugo opgebel het en gevra het om verskoning. Hy moet onverwags weg na 'n siek vriend... Die ou vrou bly maar so doodstil sit en knik net droomverlore. Bettie kom in met rooi-gehuilde oë en sê dat iemand haar naam swartgesmeer het by Hennie... hy word by die dag snaakser teen haar. Hy praat ook net gedurig van Clotilde. Die ekskuus van vanmiddag is somar... Maar die ou vrou sit maar roerloos en onwesenlik. Die een gedagte, van haar dogter se vernedering, skerp hom al dieper en dieper in haar gees in. Haar gedagtes gaan nou oor die hele veld van die verlede. Veral sien sy die tydperk toe sy met haar tweede man getroud was: hoe hy vir Clotilde bederwe het, gedurig haar kant gekies het, hoe hy haar, met haar ewige buierigheid, bederwe het tot in die grond, en hoe daar rusies was, waarin sy, die moeder, onbuigbaar soos altyd, gedurig gewin het. Die arme man het geen wil gehad nie! Van kleins af was Bettie die appel van haar oog, en al het sy op die skool nie gedeug nie, sy weet dat sy dit in haar lewe nog baie verder sal bring as Clotilde. Sy was daar altyd rotsseker van, maar die vent nou vanmiddag! Wat hy daar gesê het, het met vreemde afsku haar hele wese deurskok. Sy het plotseling besef dat die arme sukkelaar uit haar onderdanige posisie opgehef kan word deur daardie prent, dat sy kan neerkyk op Bettie, dat sy vir Hennie in die hande kan kry en skatryk kan wees. Dit vreet soos 'n vuur in haar baasspelerige natuur. Sy voel siek. 'n Nare gevoel kom om haar hart... weer die nare hartpyn... Die ellendige Clotilde sal nog haar dood kos! Sy moes haar al uit die huis gedrywe het! Maar die gedagte dat Clotilde vir Hennie iewers in die buitewêreld sal ontmoet, hom sal afrokkel van Bettie, laat 'n aangebore sug om baas te speel en te verkleiner hewig oplaai in die afgeleefde siel. Sy plaas haar verdorde hand op haar hart en voel die wilde bonsing. Haar hart is klaar! Die verduiwelde kind vertoorn haar lewe. As sy en Bettie maar alleen was. Maar 'n onbegryplike lus om te oorheers vier hom nou bot in haar. Dit is of sy bly voel dat Clotilde nog daar is, bly net omdat sy haar kan verneder, oorheers, laat kruip... Maar nou? Sê nou daardie prent maak haar beroemd... Dofblou staar die oë deur die dikblou glase na die reën wat ween teen die ruite, na die dag wat verkwyn agter die opgestawelde miswolke in die weste, maar die weemoedige troosteloosheid roep geen stemming van eensaamheid of verlatenheid in die afgeleefde siel op nie. Hard en genadeloos is die gloed in die oë, en roerloos sit die ou vrou na die raam en kyk, waar eers 'n vlugtige blos rooi op verskyn en dan die skemering kom, gou vervloeiend in duisternis, wat ontsaglik staan agter die ruite, onafwendbaar soos die geweld van die dood... 'n Koue huiwering kom deur die ou ledemate; die ou vrou bel, en toe die meisie verskyn, sê sy: ‘Maria, ek sal nie vanaand eet nie. My hart voel weer sleg. Ek gaan maar lê.’ Stadig {==234==} {>>pagina-aanduiding<<} staan sy op, en langsaam, met gelyke, kort treetjies gaan die swart figuur deur die triestige sitkamer, na haar ewe triestige slaapkamer, waar 'n bedompige atmosfeer hang, waar baie dinge ordeloos opgestawel is, 'n benouende bedruktheid lê oor alles. Nadat sy haar ontkleed het, gaan sy sit-lê teen die hoë kussings, en nog altyd werk haar gees aanhoudend met dieselfde vraag... Bettie kom vir haar ma naand sê. ‘Sal ek nie vannag by ma bly as ma dalk siek word nie?’ vra sy. ‘Dankie, kind, dit is nie nodig nie. Gaan maar slaap. Dit is maar weer my hart. Môre is ek weer beter... Nag, Bettie, moet jou nie bekommer oor Hennie Hugo nie. Dit sal regkom...’ Die ruising van die nagstilte gaan deur die somber huis. Die ligte is al dood, en daarbuite het die reën opgehou en skyn die jong maan sag oor die landskap, wat 'n fris geur uitwasem. Diep het die een gedagte hom ingesny in die afgeleefde gees, en teen middernag besluit die ou vrou om tot die daad oor te gaan. Saggies sal sy opstaan, na Clotilde se kamer gaan, maak of sy iets daar wil gaan haal. Clotilde sal seker slaap. Sy sal die skildery neem, dit na haar kamer bring en in duisende stukkies versnipper... Bettie sal nie meer verneder word nie. Al die rykdom en roem van Clotilde sal na die maan wees, en soos 'n arm muis sal sy weer wees, net wat sy vroeër was: afhanklik van haar en Bettie... Wankelrig staan die beenderige gestalte op, nadat sy die kers opgesteek het. Die vlammetjie tril bang-onseker en jaag sy lig huiwerend oor die verbleikte portrette heen. Die ou vrou beweeg na die deur, maar toe kyk sy, met skuwe hoofbeweging, na die portret van Clotilde se vader, en 'n angs donker in haar siel aan - 'n angs wat verhewig word deur die nagstilte wat geheimsinnig lewe deur die huis. Die ou vrou huiwer, maar langsaam gaan sy voort, met die wikkelende blaker en deinende kersvlam voor haar: 'n spookagtige wit wese, omgewe van lig, 'n wese wat voortskuiwe deur die nagstil huis om haar verraderlike daad te verrig... Saggies beweeg sy, met ligte geslof, by die trappe op, die voete gaan onseker langs die trappies heen, die een verdorde hande tas bewend na die leuning. En om haar wikkel die skaduwees rond; dit dans soos wilde kabouters teen die hoë wit mure, gaan sit en spring op, is soos spoke van die dood wat haar wil gryp en saamneem, rek hulle uit soos stukke lap wat uiteen geskeur word. Die wit wese gaan staan, 'n ligkol in die duisternis rondom, en sy luister na die slapende huis. Langsaam klim sy weer. Nog drie trappies, dan is sy bo, maar haar hart klop al hewiger... Voor haar groei die kersvlam groter en groter, dit dy uit tot 'n wild laaiende oond in 'n donker grot, die trappe en leuning draai en slinger - en daar is Clotilde se vader, wat in sy doodskleed na haar kom, sy oë aaklig oopgesper in die gloed van die vlamme... Toe dreun dit deur die {==235==} {>>pagina-aanduiding<<} slapende huis, daar volg 'n sakkige gerol, die blaker klink springend deur die stilte... Clotilde en Bettie kom albei uit hulle kamers, die ligte spring aan... Hulle tel die slap liggaam op en dra die moeder na haar bed, en terwyl die twee dogters probeer om haar tot haar bewussyn te bring, gaan die diensmeisie die dokter roep. In albei kinders se angsverwarde gedagtes spook dieselfde vraag: Wat wou hulle moeder doen? Wat wou sy maak by Clotilde, in 'n kamer waar sy nooit gekom het nie? Waarom het sy geval? Dit is of die dinge se wese verander het, die lewe van gister en vandag aan vergaan is. Hier by die stilte van die bed, met die eensaamheid van die nag wat om die somber woning lê, kom 'n huiwering in Clotilde se siel op, 'n vrees vir die ondeurgrondelike van die lewe. Sy dink na oor haar eie bestaan: hoe sy skugter en oorgevoelig saam met haar vader vir die eerste maal hierdie woning betree het, hoe haar stiefmoeder haar liefkosend aangekyk het, maar tog met 'n blik in haar oë waarvan sy nie gehou het nie. En nou lê die dae van eensaamheid, die nagte toe sy verlore gelê en peins het oor die onbegryplike van die lewe, weer so duidelik voor haar, die vergane stemminge lewe weer in haar op en deurhuiwer haar wese met 'n afkeer vir die stryd van die lewe, die geswoeg om eer, die afguns en haat. Waarom sou haar stiefmoeder nie van haar kon hou nie? Sy was ook altyd so lomp en kon nooit soos ander meisies beweeglik en maklik mense se guns win nie. Wat sou haar stiefmoeder by haar wou kom doen? Miskien kom gesels oor iets belangriks. Miskien wou sy haar, op daardie snaakse tyd van die nag, sê sy moet die volgende dag pad gee, die wêreld ingaan.... Hoe onbegryplik dit alles. Dan sien sy vir Bettie, wat liefderyk oor haar moeder heen buig en haar lippe natmaak, Bettie: die liefling van die moeder... en dan dwaal haar gedagtes weg en sy sien die son wat met uitlaaiende vlamme vergaan agter die rivier wat sy geskilder het, sy sien die kleure wat sy aangebring het op die doek, maar in haar siel weeg lome vakerigheid neer. Sou dit ernstig wees - die ongesteldheid van haar stiefmoeder? Waarom help sy nie ook ywerig soos Bettie nie, waarom staan sy weer soos 'n wêreldvreemde as sy tussen mense is? - - - Eindelik word die voetstappe van die dokter gehoor, en in die kamer, met sy benoude atmosfeer, ondersoek hy die ou vrou en sê toe sag en gedemp: ‘Dit kan nog net enkele minute duur. Haar hart is gedaan en die val...’ Luid huil Bettie in die nagstilte, maar met wydoop, vraende oë staan Clotilde na die hopie daar in die bed en kyk, na 'n afgeleefde mens wat altyd so onvriendelik, so genadeloos teenoor haar was en wat nou eensaam die laaste, groot stryd stry met die Genadelose self - - - C.M. VAN DEN HEEVER. {==236==} {>>pagina-aanduiding<<} Nicolaas Mansvelt: 'n Stryder en Bouer. I. VROEG op die môre van die 8ste September 1874 staan 'n jong man van 22 jaar voor die oop raam van 'n kamer op die bo-verdieping van 'n netjiese woning in 'n Bolandse dorp. Hy kyk met nuuskierige en verraste oë uit na die nuwe omgewing waarin hy hom nou bevind. Dit is 'n verruklike lente-môre wat op die jong man die indruk maak van 'n aardse paradys, vol vrede en jong lewe. Van buite-af waai 'n lieflike, skone môre-luggie hom in die aangesig teë, wat hom verfris laat rondkyk en die slaap uit die oë dryf en wat hy om die pure reinheid daarvan met lang en diep asemhalinge die longe intrek. Wat 'n krag, lewenslus en lewensmoed gee dit hom! Voor sy rustige maar weetgierig rondkykende oë sprei sig 'n pragtige natuurskoon uit: aan sy voete lê 'n bottende, bloeiende wingerd in sy nuwe lenteskoonheid en -krag, verderop lê veelkleurige, geskakeerde bome en hegge, met die daartussen-in verspreid liggende wit huise netjies afgewerk, daar ver lê 'n skoon agtergrond van gloeiende heuwels met hul telkens afwisselende omtrekke en kleurmengelinge in die opkomende môre-son. In die vroeë môre-stond word die bewonderende jong man begroet deur 'n soet maar vir hom eienaardige gesang van vreemde en tog blymoedige voëltjies. Wat 'n welkom vir 'n gevoelige, dankbare vreemdeling - want die jong man is 'n vreemdeling in hierdie omgewing, en dit is sy eerste gesig van hierdie heerlike, lokkende lente-lewe. Hy is 'n volle drie maande gelede vertrek per langsaam bewegende tussenboot uit 'n barre, vlakke noordeland na hierdie sonnige, heerlike, oneffe suideland. Hy het sy vaderland, waar hy reeds as ‘secondant’ werksaam was aan 'n onderwysinstituut, op uitnodiging van 'n uit die vreemde land vir 'n vakansie-reis teruggekeerde medeburger en op aanmoediging van die chef van die onderwysinstituut verlaat: sy eie rustige, veilige en bekende omgewing verruil vir hierdie vreemde, onbekende maar tans lokkende wêreld. Die reis per boot na die nuwe land het lank geduur en was nie vry van ongerief, teëspoed en gevaar nie. Wat was dit nie 'n vreugde vir hom gewees om na die lang en vermoeiende reis die vorige dag die nuwe land, met sy eerste natuurtoneel, 'n groot indrukwekkende tafelberg, te begroet as die toekomstige arbeidsveld nie! Die jong man staan op die vroeë môre van die 8ste September 1874 by die aanskouing van die aanloklike toneel in gedagtes versonke, en voor sy {==237==} {>>pagina-aanduiding<<} geestesoog doem 'n skoon toekoms op van werk en van seën op die werk. Hy is nog 'n jong man met 'n vriendelike oog, 'n breë vorhoof, 'n ferme mond, 'n aantreklike en vername voorkome. Hy is in die nuwe land gekom met 'n sending: hy het gekom om aan 'n onderwysinrigting in hierdie mooi dorp onderrig te gee aan die jeug van hierdie vreemde land maar tog nie-vreemde volk. Wat sal hy vind as hy die skoollokaal binnetree? Wat sal hy vind om te doen in die omgewing buite die skool? Wat sal hy in die onderwys en opvoeding van die onbekende en tog bloedverwante jeug tot stand kan bring? Die jong man is Nicolaas Mansvelt, in Nederland gebore op 30 Julie 1852. Hy is nou in Suid-Afrika en wel in die woning van die vriendelike, vaderlike en gasvrye ds. Neethling van Stellenbosch, waar hy op uitnodiging van ds. Frans Lion Cachet die betrekking van onderwyser in die moderne tale aan die plaaslike Gymnasium sal beklee. II. Die jonge Mansvelt staan voor 'n skaar van opgewekte en nuuskierige kinders in 'n origens heel gewone skoollokaal. Die kinders is gretig om kennis te maak met die vreemdeling uit die verre noordeland. Hulle het gehoor van sy koms en... daar staan hy voor hulle. Dit is 'n lewendige klompie kinders - en tog is die atmosfeer in die lokaal vir die ywerige, voortvarende maar so anders groot geworde en gewende vreemdeling bedrukkend. Sy taak is om aan hierdie kinders moderne tale te onderwys, meer in die besonder om Nederlands, of, soos die taal in Suid-Afrika bekend was, Hoog-Hollands, te onderwys. Maar wat vind hy en wat hoor hy? Hy vind in die klas een eksemplaar van die ‘Beknopte Spraakkunst’ van Hagoort, en dit moet dien as leerboek vir die hele groep. Hy vind dat die kinders 'n voorgeskrewe les uit die spraakkuns tuis van buite geleer het, en dat dit nou sy taak is om te kontrolleer of die kinders die gememoriseerde sonder die hulp van die boek kan opsê. Hy vind verder dat daar heelwat vertaalwerk gedoen word, van Hollands in Engels en van Engels in Hollands. Hy vind dat die lees-onderrig geskied deur middel van 'n Hollandse leesboek met die titel ‘Europa’ - 'n boek uit Engels in baie slordige Hollands vertaal. Hy hoor die kinders onder mekaar praat, en hy luister skerp: wat praat hulle? Dit is vir hom enigsins moeilik om vas te stel: dit is nie Nederlandse klanke wat hy daar opvang nie - en tog is die woorde nie heeltemal vreemd en onverstaanbaar nie. Hy hoor, oplettend, die klanke van 'n nuwe taal, wat hom as geleerde onmiddellik boei, waarin hy onmiddellik belangstel en wat sy wetenskaplike sin onmiddellik prikkel. Van hierdie taal gaan hy 'n siste- {==238==} {>>pagina-aanduiding<<} matiese studie maak. (In 1884 publiseer hy die vrug van sy ondersoek en sistematiese versameling, nl. ‘Proeve van een Kaapsch-Hollandsch Idioticon, met toelichtingen en opmerkingen betreffende Land, Volk en Taal.’) In en buite die skool luister die jong geleerde, liefhebber van en stryder vir sy moedertaal, skerp na die gesproke taal van sy vreemde medemense: Orals ontdek hy tot sy bittere teleurstelling en diep verontwaardiging 'n verdrukking en agteruitsetting van Nederlands. Hy ontmoet die ouer deftige burgers van hierdie land in hul huise en op straat: hy hoor dat hulle 'n taamlik deftige maar tog gebroke Hollands praat, hy vind dat hulle as hulle lees, stywe Hollands lees en as hulle skryf, 'n deftige maar onsuiwer Hollands skryf. Hy besoek die openbare erediens en hoor niks anders, en met 'n dankbare hart, as deftige, selfs sewentiende-eeuse Nederlands in die voorlesing, die gebed, die sang en die prediking nie. Minder deftige en suiwere Hollands hoor die jong geleerde ook op die openbare vergaderinge, waar die ouer geslag die leiding het. Maar tot sy innige droefheid hoor hy iets anders by die jonger, meer ontwikkelde geslag. Hy hoor òf meer Engels en minder Hollands òf meer Kaaps-Hollands en minder Hoog-Hollands. 'n Groot deel van die ontwikkelde jonger geslag lees, skryf en praat net Engels, praat dit nie alleen op straat, in die besigheid of in wetenskaplike kringe nie, maar ook in huis en in die gesellige verkeer. En as hy hulle uit pure verontwaardiging vra waarom afstammelinge van eg-Hollandse voorouers so doen, dan kry hy as antwoord: ‘Engels is 'n wêreldtaal, Engels is 'n kultuurtaal, Engels is 'n letterkundige taal. Die Engelse letterkunde is so skoon en so ryk - en die Hollandse so lelik en so arm; en die Kaaps-Hollandse is net geskik vir die kombuis en het absoluut geen literatuur nie.’ Wat 'n eienaardige en teleurstellende indruk maak hierdie ontdekkinge op die jong geleerde, liefhebber van sy eie skone en ryke Nederlands! Hierdie vreemde bloedverwante van hom sukkel voort op drie klankweë: Op die breë, gladde Engelse, op die smalle, steile Nederlandse en op die dowwe, hobbelagtige Afrikaanse! Wat moet tog van so'n volk word! Verdeeld in sy taal - 'n afspiegeling van die verdeeldheid in sy hart en lewe! Die jonge Nederlander is deur die toestande tot in die diepste van sy siel geskok, ontroer en verontwaardig. Dit gryp hom aan tot in sy hart: die onderwys van die jong Hollandse Afrikaners in en deur Engels, die anglisering van die jong Hollands-Afrikaanse volkie, die miskenning en vertrapping van die siel van die Hollands-Afrikaanse kind - en die verguising en agteruitsetting van sy skone, lieflike en ryke Nederlands! En toe voel die jong man in hom bewus word sy sending, sy lewensroeping in die nuwe land: nie onderwyser in moderne tale wees nie, maar onderwyser van sy moedertaal, die moedertaal van die moedertaal van die Hollands-Afrikaanse kind! Sy stryd is 'n stryd om die Hollands-Afrikaanse {==239==} {>>pagina-aanduiding<<} kindersiel, en 'n stryd om die handhawing van Nederlands in hierdie land van Nederlandse grondlegging en aanvang. In die vervulling van die sending kom Mansvelt in stryd, gelukkig, met die verengelste Afrikaner, maar ook in stryd, ongelukkig, met die verafrikaanste Afrikaner. Hy is nie alleen yweraar vir die handhawing van Nederlands as spreek- en skryftaal nie, maar ook pleitbesorger vir die invoering van Nederlands as onderwysmedium - en van sy standpunt gesien reg, want in 1880 verdedig hy die onderwys van en deur Hollands as die taal wat aan die moedertaal van verreweg die meeste van sy leerlinge die nouste verwant is, as die taal waarvan die Hollandse Afrikaner hom bedien in sy kerk, sy huis, sy openbare samekoms. Daarom is Mansvelt van mening dat hy reg het om te eis dat sy leerlinge in die taal en deur die taal onderwys sal word. Maar noodwendig kom hy in botsing met, in 'n ander laer as, die stryders vir die invoering van Afrikaans as moedertaal van die Hollands-Afrikaanse kind. Mansvelt is uitnemend onderlê en aangelê vir die sendingswerk wat hy op hom geneem het. Hy is 'n uitstekende onderwyser; vriendelik en sagaardig, gestreng en regverdig, bekwaam en ywerig wen hy die liefde van die kinders en die vertroue van die ouers. Hy is wetenskaplik goed onderlê: dit word bewys deur sy studie vir die ‘Kaapsch-Hollandsch Idioticon’. Deur sy sukses as onderwyser en sy ywer as wetenskaplike kom hy sterk onder die aandag, ook van die outoriteite in 1885 toe die Stellenbosche College, onder die naam Victoria College, toegetree het tot die korporasie ‘De Universiteit van de Kaap de Goede Hoop’. Hy word tans bevorder tot hoogleraar in die moderne tale aan die nuwe Universiteitskollege. Dit bring hom in 'n baie gunstige posisie vir die vervulling van sy roeping: hy word nou die erkende leier van die groep van ontwikkelde manne wat met die ou moederland, Nederland, verband wou bewaar en wat vir die ou moedertaal, Nederlands of Hoog-Hollands, wou ywer en stry. So arbei hy saam met ds. (later prof.) de Vos, ds. (later prof.) Moorrees vir die behoud en die herstel van Hoog-Hollands. In die tydskrif ‘De Zuid-Afrikaan’ skryf Mansvelt (en ook ds. Moorrees) in April en Mei 1890 artikels waarin gewys word op die gebiedende noodsaaklikheid van 'n algemene ‘Taalcongres’. Die gevolg van hul skrywe is 'n voorlopige vergadering wat in De Paarl byeenkom en waarop besluit word om in Oktober 1890 'n kongres te hou gelyktydig met die sitting van die Sinode van die Ned. Geref. Kerk in Kaapstad. Die groot ‘Taalcongres’ sit op 31 Oktober en 1 November 1890 in Kaapstad, en daar word besluit tot die stigting van 'n ‘Zuidafrikaansche Taalbond’ onder die voorsitterskap van ds. de Vos, met Mansvelt as sekretaris. Mansvelt is en bly die siel van die Bond tot hy in 1891 na 'n nuwe werkkring vertrek. {==240==} {>>pagina-aanduiding<<} III. Die toneel van sy nuwe arbeid word verplaas van die rustige Stellenbosch en Kaap wat vir hom so lief geword het, na die woelige en woelende Pretoria en Transvaal. In 1891 tree die byna veertigjarige Mansvelt sy nuwe werkkring in, en wel as onderwyshoof. Vir die taak is hy uitnemend aangelê en toegerus. Hy is in die volle krag van sy lewe, 'n man met 'n forse, ietwat hooghartige houding, die oop en hoë voorhof van die denker, die wakker, deurdringende oë, die ferme mond en die entoesiasme en ywer van die man van die daad; 'n begaafde en bekwame leier, 'n onvermoeide, harde en besielende werker, 'n sterk persoonlikheid met groot deursettingsvermoë, 'n eerlike en troue vriend - maar voortvarend, fyngevoelig, oorsnel verontwaardig, eersugtig en baiekeer onhandig in wisselgesprek; 'n man met reeds 'n sestienjarige onderwyservaring in Suid-Afrika, 'n liefhebber en stryder vir sy taal en volk. Dit is hierdie man wat nou aan die hoof kom te staan van die onderwys in die Transvaalse Boere-republiek. En wat vind hy hier? 'n Huis sonder stuurman en sonder wet en reël, deurmekaar en wanordelik: 'n desorganisasie van die onderwys oor die hele gebied. Orals was verslapping ingetree. Vir meer as twee jaar is die Republiek nou alreeds sonder 'n vaste stuurman vir sy onderwyssake. Reeds voor die vertrek van die vorige leidsman het die verslapping al ingetree, wat eerder erger as beter geword het sinds sy vertrek uit Transvaal in 1889. In die praktyk het maar min geblyk van die goeie beginsels van die vorige onderwys-voorman, wat in die wetgewing van 1882 gesorg het veral vir die ouerlike reg en gesag, vir die christelik-nasionale gees van die onderwys, en in die besonder vir die handhawing van die plek en die reg van Nederlands as onderwysvak en voertaal. Baie onderwysers is uiters onontwikkeld, skaars een kwart van hulle is gesertifiseerd, 'n aansienlike deel is nie alleen onbekwaam nie maar ook nog boonop pligsontrou. Hy ontdek gevalle waar 'n onderwyser aangehou word alleen omdat hy 'n bloedverwant is en 'n bietjie Bybelkennis besit. Nog erger, hy ontdek in sy rondgaan dat hier, eweas in die Kaap, die onderwys op skool deur en deur verengels word: Engels word nie net as vak nie maar selfs as voertaal op die Transvaalse skole in ere gehou. En dit is die huis waarin Mansvelt, nou as voorman van die Republikeinse owerheid, orde moet bring. {==241==} {>>pagina-aanduiding<<} Hy begin met 'n nuwe wetgewing in te dien, wat hy reeds vroeg in 1892 tot wet verklaar kry. Hierdie wet, geskoei op die beginsels en voorbeeld van die van 1882, is 'n baie vollediger dokument. Al bly die hooflyne onverander, is daar tog 'n hele paar afwykings van ingrypende belang. Naas die oorspronklike grondgedagtes van ouerlike plig en reg, van christelik-nasionale gees en van Hollandse voertaal kom nou 'n sterker benadrukking van die plek en reg van die Staat: Mansvelt stuur aan op groter sentralisasie van die onderwys en op 'n strenger beheer daarvan deur die Staat. Hiermee voer hy die oorspronklike beginsels weer in die praktyk van die onderwys in - en wil sorg dat hulle gehandhaaf word. Naas die opstelling van die nuwe skoolwet pak die nuwe onderwyshoof ook die ander sake aan, soos verandering van die standaard van onderwys, die opstelling van 'n nuwe lys van aanbevole handboeke, die instelling van 'n gereëlde administrasie, die samestelling van 'n skoolgids met volledige wenke vir die voorligting van onderwysers en skoolkommissie-lede. Hy brei onmiddellik die aantal skool-inspekteurs uit en pak die probleem van die opleiding van onderwysers aan. Hy wil 'n opleidingskool oprig vir die voorbereiding van onderwysers en amptenare, maar slaag nie gou genoeg na sy sin daarin nie - hy is nou besonder voortvarend en haastig en kan amper geen teëstand duld nie. In die raadsaal vind hy dit uiters moeilik - weens sy swakheid as openbare spreker - om sy rapporte en aanbevelings aangeneem te kry. Maar hy volhard. Om egter in die dringende behoefte aan gesertifiseerde onderwysers, en meer in die besonder van Hollands-gesinde onderwysers, te voorsien, slaag hy daarin om 'n groot aantal (ruim 200 altesaam) van sy ou moederland in te voer. Dit bring hom weer in botsing met 'n sterk deel van die Afrikaanssprekende burgers, wat algaande meer en meer gekant raak teen die oorwegende Hollander-element. Mansvelt word ongelukkig in sy haas al meer en meer nougeset: en dit hoofsaaklik uit reaksie teen die drang van Engelse kant. Nieteenstaande teëkanting, stryd en moeilikhede slaag Mansvelt met sy ywer en deursettingsvermoë daarin om die chaotiese onderwystoestand binne 'n klein tiental jare om te skep in so'n bloeiende toestand, dat hy in 1900 op die groot wêreldtentoonstelling in Parys die toekenning van die Grand Prix sowel vir laer as vir middelbare onderwys verwerf. En dit nie sonder groot verdienste en reg nie! VI. Maar die einde is daar. In 1899 breek die veroweringsoorlog uit - en dit vernietig die heerlike werk van Mansvelt. Die onderwyshoof is een van die eerste amptenare van die Suid-Afrikaanse Republiek wat na die besetting van Pretoria in 1900 deur die {==242==} {>>pagina-aanduiding<<} militêre owerhede die land uitgesit word, ‘because your department has always been known to be anti-British’, waarop Mansvelt snydend en raak antwoord: ‘You mean because it has always been known to be pro-Dutch.’ Op 'n skone lente-môre in 1874 het hierdie stoere werker en vegter vir die eerste maal die aangesig van die nuwe wêreld geniet... op 'n droewe winter-dag in 1900 staar dieselfde man vir die laaste maal die aangesig van daardie wêreld aan! 'n Kwart eeu van vreugde en droefheid, van werk en ontspanning, van oorwinning en ondergang lê agter. Mymerend neem die agtenveertigjarige Mansvelt op 'n vertrekkende boot afskeid van sy nuwe vaderland, met die stille hoop dat die verdrukking haas op 'n end sal wees, dat sy Transvaal oorwinnend uit die bloedige strydperk sal tree en dat hy self weer sal terugkeer na sy so geliefde werkkring. Teruggekeer in sy ou vaderland, verdedig hy deur voordrag en geskrif die saak van die Transvalers. In die begin is hy nog hoopvol dat Transvaal as oorwinnaar sal uittree en dat sy onderwysstelsel, met soveel inspanning en vreugde opgebou, weer sal herstel word. Toe eindelik die droewe tyding kom, het hy nog nie die moed verloor nie. Hy het steeds trou gebly: geywer vir die handhawing van sy moedertaal in die verre suideland! Suid-Afrika het hy nooit weer gesien nie. Op 6 Februarie 1933 het hierdie stoere vegter vir Nederlands in Suid-Afrika, vir 'n christelik-nasionale onderwysstelsel in Transvaal sy hoof ten doodslaap neergelê, en staan ons hier in die verre Suid-Afrika met weemoed, maar met dankbaarheid oor hierdie lewe, by die geopende graf. Wat het hy vir ons gedoen? Op Stellenbosch het hy die Hollandse onderwys op 'n hoër peil gebring, aan die ontwikkelde Afrikaner het hy deur die invoer van Nederlandse boeke die so nodige leesstof verskaf, deur sy studie oor die Kaapsch-Hollandsch die belangstelling gewek vir die nuwe taal, deur sy openbare voordragte en sy onderwys die Afrikaanse volk voorligting gegee oor taal- en letterkundige sake en eindelik in die Taalbond 'n kragtige organisasie in die lewe help roep waardeur sy ideale verwesenlik is en die Hollandse taal 'n ere- en liefdesplek in menige hart verwerf het. In Transvaal was sy hoofwerk die vestiging van 'n onderwysstelsel wat in gees christelik-nasionaal was, wat aangesluit het aan die godsdiens, die geskiedenis, die taal en die tradisie van die jong volkie. Sy nagedagtenis bly vir die Afrikaner staan as die van 'n vurige vegter om die behoud van die siel van die Afrikanerkind, as die van 'n bouer aan die grondslae van ons volksbestaan! Potchefstroom, 30 Julie 1933. J.CHR. COETZEE. {==243==} {>>pagina-aanduiding<<} Oor Boeke. H.G. Stoker: 1. Die nuwere wysbegeerte aan die Vrye Universiteit (Amsterdam). Blss. 69; prys 2/2 posvry. 2. Die wysbegeerte van die skeppingsidee. Blss. 64; prys 2/3. 3. Iets oor redelikheid en rasionalisme. Blss. 76; prys 2/6. 4. Die slakkehuisteorie van die bewussyn. Blss. 47; prys 2/-. Almal uitgegee deur J.H. de Bussy, Pretoria. Hierdie brosjures van prof. Stoker vorm 'n interessante bydrae tot 'n Afrikaanse wysbegeerte op Calvinistiese grondslag. Hoewel hulle veel oorspronkliks bevat, is hulle grotendeels gebaseer op die nuwe Calvinistiese wysbegeerte aan die Vrye Universiteit (Amsterdam), soos voorgestaan deur proff. Dooyeweerd en Vollenhoven. In die eerste van die genoemde brosjures word dan ook 'n beknopte oorsig gegee van die huidige stand van hierdie wysbegeerte. 'n Afrikaanse kleur word ook in die brosjures gevind in sover daar uit hulle straal die godsdienstige, anti-rasionalistiese, nugtere Afrikaanse gees wat nog met 'n ope blik die wêreld besien, 'n oog het vir die bonte veelkleurigheid van die skepping en nog nie homself verloor het in die solipsistiese, monistiese en wêreld-ontvlugtende dogmas van ouer lande nie. Die inhoud van die brosjures is kortliks as volg: 1. In die eerste brosjure word 'n heldere uiteensetting gegee van die nuwere Calvinistiese wysbegeerte aan die vrye Universiteit. Die vernaamste kenmerke van hierdie stelsel is: eerstens, die poging om weg te breek van die ou heidense denkbeelde en begrippe en dié met nuwes te vervang; tweedens, die fundering van die stelsel op die Heilige Skrif en die aanvaarding, as Archimediese uitgangspunte, van die Openbarings-, die Skeppings- en die Wetsbeginsel. Sonder om verder op besonderhede in te gaan en sonder om hierdie uitgangspunte nader te ondersoek, mag ek net meld dat hierdie stelsel m.i. gevaar loop om in 'n wetsformalisme te verval wat nie voldoende rekenskap gee van die substansiële, inhoudelike sy van die werklikheid nie. 2. Terwyl prof. Stoker in die eersgenoemde brosjure 'n min of meer objektiewe uiteensetting gee van die nuwere Calvinistiese wysbegeerte, kom hy nou in die tweede brosjure daartoe om homself grotendeels op die standpunt van hierdie wysbegeerte te stel en probeer hy om van daaruit verder te bou. Na enkele inleidende paragrawe oor die taak en terrein van die wysbegeerte en oor die Bybel as bron van kennis, word nou die vraag gestel oor die eenheid van die kosmos en die verhouding van die kosmos tot God. Die antwoord is dié van die skriftuurlike dualis wat 'n skerp grenslyn trek tussen God en kosmos en die kosmos as 'n skepping Gods beskou, waardeur ook die formele eenheid van die kosmos gehandhaaf word. Alle bestaan word hier religieus gedui as ‘ter ere Gods’. Die veelheid en verskeidenheid in die heelal word aanvaar, en die kosmos word beskou as openbaring van die gedagtes van God. God is die Soewereine Wetgewer aan wie alle kreature onderworpe is, maar alles besit ook die kenmerke van soewereiniteit in eie kring en vryheid in eie bevoegdheid. Die intrinsieke eenheid van die kosmos word gewaarborg deur die feit dat al die veel- {==244==} {>>pagina-aanduiding<<} vuldige wetskringe, sfere of modaliteite die een die ander veronderstel of fundeer en deur antisipasies en retrosipasies ten nouste met mekaar verbonde is. 3. In die derde brosjure word 'n kritiek gelewer op die rasionalisme, die leer wat die rede beskou as die enigste en hoogste maatstaf van kennis. Besonder interessant is die feit dat prof. Stoker rasionalisme nie net as 'n teorie sien nie, maar ook en veral as 'n lewenshouding wat hom in die praktyk laat voel. In sy kritiek op die rede as betroubaarste kenmiddel voer prof. Stoker aan: a) Die rede is gebind aan die objek of saak wat geken moet word. Die beslissing van waar en vals, van redelike en onredelike oortuiginge lê dus uiteindelik nie in die rede self nie, maar by die rede-objek, die te kenne of gekende objektiewe saak. b) Die rede is nie die enigste funksie van die menslike gees nie. Dis maar een deel van die hele persoonlikheid wat 'n menigte funksies, soos wils-, gevoels-, lewens-, sedelikheids-, godsdiens-, fisiese e.a. funksies, omvat. Die rasionalis isoleer die rede en ruk dit dus uit verband met die ander funksies van die menslike persoonlikheid; c) Die rede is self beperk in sy moontlikhede weens sy skeppingsnatuur, die dinamiek van die werklikheid en die menslike beperktheid. In verdere paragrawe word nog ander vraagstukke behandel aangaande rasionalisasies, geloof en suggestie, botsinge en rasionalisme, ens. Hoe treffend die kritiek van prof. Stoker op die rasionalisme ook mag wees, nogtans voel ek nie oortuig dat die rasionaliste hulle sonder meer by hierdie kritiek kan neerlê nie. Hulle kan b.v. maklik die standpunt inneem dat die besware van prof. Stoker alles goed en waar is, maar tog nie die kern van die saak tref nie. Want, mag die rasionalis beweer, hierdie argumente tref alleen die rede soos hy geopenbaar of gemanifesteer is in die omstandighede van die tyd-ruimtelike wêreld. Dit wil egter nog nie sê dat die rede as sodanig, die rede in sy wese, afgesien van sy beliggaming in die menslike persoon, aldus beperk is nie. Dit kan b.v. aangevoer word dat die geometrie 'n sirkel definieer as 'n lyn ewewydig getrek van 'n bepaalde punt. Dis die definisie van 'n sirkel in sy wese, maar 'n volmaakte dergelike sirkel word nêrens in die werklikheid gevind nie. So ook mag van die rede beweer word dat dit as sodanig, sekere hoedanighede besit, wat net nie in die werklikheid tot volle verwesenliking kan kom nie. 4. Hierdie brosjure is gewy aan 'n kritiese bespreking van die ‘slakkehuis’-teorie van die bewussyn, d.w.s. van die opvatting dat alle primêre bewussynsinhoude alleen in die bewussyn en nie realiter bestaan nie of, m.a.w., dat die mens soos 'n slak binne die wande van sy eie bewussyn gevange is en slegs 'n verskyningswêreld, nooit die werklikheid self ken nie. Teenoor hierdie leer stel prof. Stoker die Calvinistiese opvatting wat die naïewe ervaring as onmiddellike openbaringsgrond volmondig erken en op grond van sy vertroue in wat God ons in ons bewussyn openbaar, alles wat sig as oorspronklik gee, net so aanvaar as wat dit sig gee. Hier speel die Openbaringsbeginsel 'n groot rol; aanvaar ons die hele kosmos as 'n openbaring Gods, dan is dit hierdie Openbaringsbeginsel wat die brug skep tussen die kennende subjek en die gekende objek, m.a.w., die slakkehuiswande verbreek en kennis laat sien as 'n geskenk van God. Prof. Stoker sluit hierdie brosjure af met die stelling dat die menslike bewussyn prinsipieel nie 'n slakkehuis-struktuur besit nie, maar prakties tot op sekere hoogte wel, as gevolg van die sonde, wat slakkehuisvormend en verduisterend op die menslike bewussyn werk. Behalwe die invloed van manne soos Dooyeweerd en Vollenhoven word in hierdie werkies ook die invloed gevoel van die fenomenologiese skool, en dit veral in die laaste werk. Die nugter-realistiese {==245==} {>>pagina-aanduiding<<} kyk op die wêreld, wat die verskynsels van die werklikheid wil aanvaar soos hulle hul gee, is ook tipies van die fenomenologie. Vergelyk b.v. die stelling van prof. Stoker dat die ‘Calvinistiese wysgeer alles, let wel: alles wat sig as oorspronklik gee, net so aanvaar, as wat dit sig gee,’ met die ‘Prinzip aller Prinzipien’ van Husserl, ‘daß jede originär gebende Anschauung eine Rechtsquelle der Erkenntnis sei, daß alles, was sich uns in der Intuition darbietet, einfach hinzunehmen sei, als was es sich gibt, aber nur in den Schranken, in denen es sich gibt’ (Ideen..., bl. 43-44). Besonder belangwekkend is ook die aanvaarding van die substansiële veelheid van die heelal en die verwerping van enige vorm van monisme. As ons in aanmerking neem dat 'n monistiese wêreldbeskouing meestal saamgaan met passifistiese, geresigneerde temperamente, terwyl pluralisties gekleurde wêreldbeskouinge weer saamgaan met aktivisme en strydlus, dan spreek dit vanself dat 'n Calvinistiese en veral 'n Afrikaans-Calvinistiese wysbegeerte nie anders kan as om monisme te verwerp nie. Ook die anti-intellektualisme en anti-rasionalisme van prof. Stoker se leer is tipies van 'n jong volk, veral as so'n volk 'n sterk religieuse agtergrond het. 'n Verwerping van die alleenheerskappy van die rede om sodoende aan die kragte van wil en gemoed ook hul regmatige plek toe te wys, is ongewyfeld 'n bewys van jong lewe wat nog daadkrag en strydkrag in hom voel. 'n Noukeurige kritiek van die beskouinge van prof. Stoker is hier natuurlik buite die kwessie. Ons wil hier egter die brosjures van harte verwelkom en hulle aanbeveel, in die hoop dat hulle veel mag bydra tot bestryding van die gees van intellektualisme en rasionalisme in ons land deur 'n nuwe nadruk te lê op die wesenlike en noodsaaklike veelvuldigheid van die kosmos en op die rol van die non-rasionale funksies van die menslike gees in hierdie kosmos. N. DIEDERICHS. Tijdens de O.-I. Compagie. Door Dr. E.C. Godée-Molsbergen, Oudhoogleeraar, Landsarchivaris te Batavia. N.V. Zwets en Zeitlinger, Amsterdam. Dr. E.C. Godée-Molsbergen, is in Suid-Afrika as geskiedskrywer geen onbekende nie, en daarom sal hierdie nuwe werk van hom in wye kring belangstelling wek. Dit bestaan uit 'n gebundelde serie briewe oor mense en dinge tydens die Oos-Indiese Kompanjie wat ontstaan het uit materiaal versamel in Holland, Suid-Afrika, Ceylon en Java ‘als verpoozing in tropische avonden’, en wat oorspronklik verskyn het in ‘Het Soerabaiaasch Handelsblad’. Uitgaande van die gedagte van prof. J. Huizinga dat ‘In onze beschaving haar gehalte van historische kennis dan het hoogste mag worden genoemd, wanneer de wetenschap erin slaagt een kritisch gezuiverd product te leveren van zoo duidelijke levenswaarde dat het algemeen ontwikkeld publiek het aanvaardt, begeert en verwerkt’, is die doel van die skrywer om aan belangstellendes op geskikte wyse by te bring wat kultuurhistories werd is om van die werk van die Kompanjie in die Ooste te weet. Mens soek derhalwe in hierdie werk te vergeefs na 'n stelselmatige uiteensetting van die krygsgeskiedenis van die Kompanjie, na die fyngesponne drade van politieke aksie, na die organisasie van die regswese of na die handels- of internasionale politiek van die magtige liggaam wat eenmaal as ‘staat in 'n staat’ sy invloed op die wêreldgebeure laat voel het. Dit wil die skrywer ook nie gee nie. Inteendeel, hy neem ons met hom saam op reis in die ou kompanjieskepe van Nederland na die Kaap, na Indië; hy laat ons sien mense aan die werk, mense van gelyke beweging as ons, wat eenmaal geleef en gestreef het, wat met menslike foute en gebreke, maar ook met bewonderenswaardige sielskrag, met moed en volharding vir die Nederlandse stam 'n groot werk verrig het. As die oogmerk van die skrywer as norm van beoordeling geneem word, {==246==} {>>pagina-aanduiding<<} dan moet sy werk ongetwyfeld as goedgeslaag beskrywe word. Niemand sal hierdie boek neersit sonder die besef dat hy geniet het nie, maar ook dat hy aan kennis en insig gewin het. Die briewe dek 'n ruim veld: Die Kaap, die hele gebied waaraan Multatuli die mooi naam Insulinde gegee het, Japan, China. Wat die Kaap meer insonderheid betref, is daar verskillende briewe wat, hoewel hulle nie veel nuuts bring nie, tog belangwekkend is: oor van Riebeeck se afkoms, sy familie en sy wapen; oor die Hottentotteoloog Kramat; oor die sonderlinge geskiedenis van die Hottentotmeid Eva, e.d.m. Die waarde van die boek word vir die vakman verhoog deur 'n reeks aantekeninge oor die bronne en deur 'n goedversorgde naamregister. A.J.H. VAN DER WALT. Gedenkboek aan August Vermeylen, ter gelegenheid van zijn zestigsten verjaardag, 12 Mei 1932. August Vermeylen - die wakker leier van die Vlaamse Beweging sedert die negentiger jare van die vorige eeu - reeds sestig jaar! Dit klink byna ongelooflik as ons nou sy jeugdig-frisse opstelle lees, tintelend van geesdrif en tog reeds gedra deur 'n begeerte om redelik, menslik, ewewigtig te wees. Vermeylen was vir die herlewing van die Vlaamse letterkunde wat Willem Kloos in die Noorde was, en ongetwyfeld het hy veel geleer van Kloos en Verwey, sy kritiese prosa behoort inderdaad tot die suiwerste, die indringendste wat in Hollands geskrywe is. Dat Vermeylen nie die weg van verdorrende indiwidualisme opgegaan het nie, dat hy bly staan het in die herlewingsbeweging van sy volk self, het hom gered vir die kuns, die kritiek, die lewe. Hy het as gevolg van rustige studie ontwikkel tot 'n kultuurdraer by uitnemendheid, en sy persoon, sy geskrifte het die bewondering afgedwing van die hele jong Vlaandere. Vermeylen het van die begin af getoon dat hy nie die oorhaastige is nie. Elke woord wat hy geskrywe het, is deurdag, hy is die meester van die formulering, soos Maurice Roelants hom tereg genoem het. Sy ‘De Wandelende Jood’ het hy jarelank as idee in hom omgedra en uiteindelik 'n voldrae werk gegee, vol diepe sin, gegroei uit bespiegeling en ervaring. Sy opstelle, soos b.v. sy meesterlike kritiek op die Vlaamse beweging, op die holle en leë kultuurgepraat, was in sy tyd 'n manifes van groot betekenis. As ons die huldebetuigings in hierdie gedenkboek lees ,loftuitinge van letterkundiges uit Noord- en Suid-Holland, dan verstaan ons eers duidelik wat hierdie denker en kunstenaar vir die geesteslewe van Vlaandere beteken het. Met die Wêreldoorlog, toe Vlaandere so ontsettend moes ly, het 'n tyd van beproewing vir Vermeylen aangebreek, en later is die hardste dinge hom na die hoof geslinger deur die Aktiviste. Tog het hy as Senator onder sy landgenote 'n geëerde plek bly hou en is hy in 1930 aangestel as die eerste rektor van die vervlaamste Universiteit van Gent. Ons verneem nou dat hy eersdaags hierdie verantwoordelikke betrekking - veral verantwoordelik in so'n strydende tweetalige land! - gaan neerlê. As geleerde sal hy seker nie rus nie, want sy bekende werk oor die Wes-Europese plastiek getuig van sy fyne smaak, sy omvattende kennis van die kunsgeskiedenis. Sy onverganklike betekenis vir die Vlaamse Beweging is seker dat hy gesien het dat Vlaandere nie by enge provinsialisme kan bly nie, dat leë geroem op eie verlede niks beteken in die mond van iemand wat self geen verfynde kultuurbesef het nie, dat die Vlaming moet uitgroei tot Europeër, sonder om neer te sien op sy waardige verlede. Willem Kloos het hom in die Noorde op suiwer literêre terrein beweeg. Vermeylen moes ook op die hele volksbeweging let, dit geestelik peil en in deurdagte opstelle waarin helderheid van die gedagte en oorgawe van die gevoel tot ewewig saamge- {==247==} {>>pagina-aanduiding<<} vloei het, rigting gee en perspektiewe open. Hierdie Gedenkboek bevat nie alleen lofuitinge, benaderinge van Vermeylen se betekenis vir Vlaandere nie, maar ook 'n hele aantal wetenskaplike studies, elkeen van betekenis. Dit strek die Vlaminge tot eer dat hulle nie die groot werk wat Vermeylen vir hulle in die verlede gedaan het, vergeet het nie, want Vlaandere ly, net soos Suid-Afrika, aan die gevaar dat oppervlakkige politiekery in die weg staan van ware kultuurgroei en dat die meeste hulde dikwels gebring word aan diegene wat die hardste skreeu! C.M. VAN DEN HEEVER. Gods goochelaartjies, door Augusta de Wit. N.V. Em. Querido's U.M., Amsterdam. Augusta de Wit laat in meer as een opsig aan Van Looy dink: ook by haar vind ons die ernstige opvatting van die kunstenaarskap, waardeur sy niks slordig of haastig uitgee nie, ook by haar die siening van die oëskoon in al sy rykdom en flonkering en die uitbeelding daarvan deur die skone woord wat middel bly en nooit doel word nie - sy sien die dinge natuurlik minder met die oë van die skilder met palet en penseel as Van Looy. Ook Augusta de Wit sien nie slegs die uiterlike skoonheid nie, dit word vir haar openbaring van die ewigmenslike vreugde en smart! Sy is romantieser. Oor haar werk lê nie die allesverterende stralegloed van die son nie, dis meer gehul in die geheimsinnige sprokiesfeer van die Ooste. Ook van haar werk gee 'n groot gedeelte 'n fragmentariese indruk. Nes haar ouer kunsbroeder is sy altyd die harmoniese, selfbeheerste, bewuste skepper van skoonheid. Die verskyning van ‘De Wijde Wereld’ was vir die bewonderaars van haar kuns dan ook 'n teleurstelling - dis nie veel meer as 'n versameling vlot-joernalistieke sketse nie, hoewel haar ware kunstenaarskap hier en daar deurstraal. Veel hoër staan haar jongste werk, ‘Gods Goochelaartjies’. ‘Joculatores Domini noemde Franciscus zijn broeders toen hij hen met den bedelnap en zijn Lofzang van de Zon de sombere gevaarlike wereld in zond.’ En so teken die skryfster ons 'n aantal van die ‘Joculatores Domini’, ‘Gods Goochelaartjies’, van die gelukkige dromers vir wie die gewone begeertes en behoeftes van die materialistiese mens nie bestaan nie. Hulle lewensvreugde vind hulle in 'n swerwersbestaan waarin hulle die skoonheid van die skepping najaag. So teken sy ons Rumphius wat in die sewentiende eeu sy hele lewe en sy gesondheid gewy het aan die ingespanne studie van die plante- en dierewêreld van Ambon, ‘die (er heen) ging om te begrijpen en te beminnen, die er wonderen, openbaringen, verrukkingen beleefde, terwijl hij met al verhelderende oogen het gewas en gedierte van Ambon beschouwde.’ Sy teken ons die Fransman wat sy ouerlike huis ontvlug en op Ambon sy bestaan maak met die verkoop van die vlinders wat hy so hartstogtelik bewonder. Die belangrikste belewer van hierdie digterlike droom is die swerwende sanger van die laaste verhaal. Al hierdie dromers is verwant aan De Meesterglaswerker, die in sy skoonheidskepping versonkene, wat eensaam en onbegrepe lewe. Die kunstenares gee hier nie die rykdom wat sy in daardie heerlike skets gee nie, nie die gedragenheid van styl nie, maar haar prosa flonker tog telkens van seldsame skoonheid. As voorbeeld siteer ons die beskrywing van die Priamus-vlinder. ‘Schitterend groen met zwart fijn dooraderd als het edelste malachiet waren van wortel tot midden de vleugels en breed bezoomd met donzig en toch glanzend zwart, waar weder streekjes en toetsjes groen doorheen liepen; langs den uitersten bovenrand lag als een fladderende grashalm gebogen een lange streep groen langs het zwart. De onderzijde had een zweem van {==248==} {>>pagina-aanduiding<<} blouw door het getemperde groen dat naar de randen in een weifelig blond verschoot. Aan weerszijden van den grootoogigen forschen kop, in het zwarte dons der borst, brandden twee vuurroode plekken, of de liefdedrift en de lewenslust van het dartele wezentje daar vlammend uitgeslagen waren.’ Hierdie bundel is vol van sulke skoonheid. G. DEKKER. Matteo en Leonardo. Deur Willem C.W. Kamp. (L.J. van Schaik, Beperk, Pretoria, 1933.) 'n Vyftiental van die kortverhale van Willem Kamp wat in ‘Die Huisgenoot’, ‘Die Landbouweekblad’ en ‘Die Vaderland’ verskyn het, het nou gebundeld uitgekom by van Schaik, met die naam van die eerste stuk as titel van die boek. Dis 'n reeks romantiesgekleurde verhale met 'n groot voorliefde vir die tragiese gebeure, wat aangename ontspanning sal verskaf aan baie lesers - veral jong lesers - in hul ledige ure, want die verhale is in gemaklike, direkte trant geskrywe en die outeur verstaan die kuns om die nuuskierigheid te prikkel en die aandag geboei te hou tot die klimaks toe, wat telkens op die end kom. Buitendien bevat hierdie verhale nog baie ander goeie elemente. Die skrywer teken die uiterlike van sy figure telkens in 'n paar kort trekkies, voldoende om 'n beeld voor ons gees te laat oprys, maar nie so veel dat dit vervelig word nie. En sy oog dring deur die uiterlike heen na die innerlike toe, sodat elke verhaal 'n skets van 'n stukkie sielelewe word. Die verhaal word dikwels effektief afgewissel met stukkies milieutekening. Daar is stukkies goeie dialoog en ook buitekant die dialoog word die atmosfeer goed bewaar deur middel van gedagtepraat. Hy kan 'n lugtige toon sowel as 'n ernstige aanslaan. Daar is stukkies werklik goeie plastiek. En tog laat die bundel my onvoldaan. Ons kry die indruk dat ons hier te doen het met 'n jeugdige skrywer wat nog rigting soek en gevaar loop om die verkeerde rigting in te slaan. Die stukkies sielelewe wat geskets word, is geen beelde wat 'n blywende indruk maak deur intense belewing nie. Die uiterlike gebeure bly tog maar vir die skrywer hoofsaak; die eensydige, karikatuuragtige karaktertekening kom sterker na vore as die psigiese ervaring; die melodramatiese of retoriese slot bederf alte dikwels 'n goeie tekening van innerlike lewe. En so is die totaalindruk dat hierdie verhale staan in die teken van die rolprent met sy jag op effek. Ook in onderdele werk die onrype, die ondeurleefde telkens storend. Om 'n paar voorbeelde te noem: Op bls. 13 steek Leonardo 'n paraffienlamp aan op die tafel, met die gevolg dat hy en sy maat die gesig van Sartos beter kan sien by die kerslig. 'n Rukkie daarna ontstaan daar rusie, Sartos gooi onverwags die tafel om, en ‘in die rumoer kry hy dit reg om by die deur te kom wat na die agterhuis lei. By die voordeur kan hy nie verby kom nie, want daar sit (!) Leonardo.’ Maar die wonderlike lamp brand nog altyd op die vloer, en ‘Matteo het dit gou opgetel’ (n.l. die lamp), en dan gryp hy ‘sy eie mes wat op die tafel lê (n.l. die omgevalle tafel). 'n Ander verhaal is weer die van mnr. O'Grady wat wel selde nugter was, maar dat hy op een aand so onder die praat deur somar twee volle bottels brandewyn leeggedrink het en nog verstandig kon praat, is darem 'n bietjie te veel om van ons goedgelowigheid te verg. Dieselfde onversorgde, onafgewerkte hinder ook telkens in sy taal: hier en daar duik 'n hinderlike Anglisisme op; hier en daar is daar 'n sleg gekose woord, soms 'n absurditeit soos op bls. 59: ‘Al wat nou agter die wyd oopgevoude Mail te sien is, is die maer wit vingers’, of op bls. 69: ‘Waarom het sy hom gisteraand so onverskillig gesoen na die afskeid?’ Wanneer hy hom aan langer sinne waag, dan raak {==249==} {>>pagina-aanduiding<<} hy daar dikwels verward in, soos in hierdie een: ‘Daar was geen enkele rede vir ons om ons in die minste aan hom te steur nie: ons was nie sy kinders nie, hy het geen sê gehad in die huis nie, en tog ..., al daardie vereistes wat nodig is om stilte en behoorlikheid en sedigheid te hê, skyn by hom in een onverklaarbare karakter-eienaardigheid so saamgeknoop te wees dat dit, sonder dat hy hom veel daartoe inspan, sy invloed op ons nie mis nie.’ (Bls. 53.) Willem Kamp staan op die tweesprong. Hy sou kon aangaan met verhaaltjies te skrywe, en dan sal hy daar sukses mee hê op die gebied van ontspanningslektuur. Hierdie bundel bevat egter ook 'n belofte. Hy sou hom kon toelê op die produksie van ernstige kuns, en ook daarmee sou hy sukses kon behaal, maar daarvoor sal nodig wees dat hy hom losmaak van die bioskoopagtige, dat hy leer insien dat die innerlike gebeure belangryker is as die uiterlike, dat hy die waaragtig beleefde moet laat insink en elke onderdeel met die mees nougesette sorg moet afwerk. J.J. LE ROUX. Stijn Streuvels en zijn werk. Door F. de Pillecyn. - L.J. Veen's Uitgeversmaatschappij, Amsterdam. Oor die groot Wes-Vlaamse prosaskrywer Stijn Streuvels, of Frank Lateur, soos hy in die daaglikse omgang heet, is reeds baie geskrywe. Ridder het 'n boek gewy aan die lewe en kuns van die outeur, en onlangs het bogemelde simpatieke werk verskyn. Wes-Vlaandere is die rustig-eenvoudige streek, waar die eensaamheid van die landelike lewe ingewerk het op die beskouingswyse van die bewoners, dit is die klein wêreld waar nog iets oorgebly het van die mistieke katolieke geloofsopvatting van die Middeleeue, die afgesonderde deel waar die groot priester-digter Guido Gezelle gelewe en gely het, Gezelle wat 'n oom is van Streuvels. En net soos die fyngevoelige godsdiensdigter gedurende 'n lang periode die grootmeester op die gebied was van die poësie, so sou Streuvels, wat eers 'n eenvoudige bakker in Avelgem was, deur noeste ywer en werklike aanleg hom omhoogwerk tot die grootste prosaskrywer van Vlaandere. Dit is die besonder verdienste van De Pillecyn se werk dat hy probeer om die organiese ontwikkeling in Streuvels se kuns aan te toon. Die jong kunstenaar lees intens op sy eensame kamer in die banale, skinderlustige dorpie Avelgem in die werke van groot Russiese en Skandinaviese outeurs - sy geesverwante Gorki, Tolstoi ens. moet belangrike vormende invloed op sy soekende gees gehad het. Sy eerste werke het dan ook 'n swaarmoedige toon, dit word beheers deur die noodlotsgedagte. In 1893 word die tydskrif ‘Van Nu en Straks’ opgerig, en deur die redaksie se aanmoediging skrywe Streuvels, wat totnogtoe net in onbelangrike tydskriffies gepubliseer het, sy beste kortverhale - want inderdaad is dit die kunsvorm waarin sy gees uiting soek. Sy eerste boek ‘Lenteleven’ (1899), wek dan ook veel geesdrif, nie alleen onder sy landgenote nie, maar ook in Noord-Nederland, waar die toon teenoor die Suid-Nederlandse letterkunde (Gezelle was nog nie deur die Tagtigers ‘ontdek’ nie) tot 1891 onveranderd hooghartig gebly het. Maar Streuvels, Buysse, Van de Woestyne begin werk in Noord-Nederlandse tydskrifte te plaas, en letterkundiges, soos b.v. Verwey, doen mee aan die werk in die Suide. Die saamwerking sal voortaan hartlik wees. Hoe verbasend gebalanseerd Streuvels se styl alreeds in sy eerste werk is, tog staan hy nog maar aan die begin van 'n belangrike ontwikkeling. Ná 1900 gaan hy in Ingoygen woon. Die noodlotsgedagte wat so neergeweeg het op sy gees, verdwyn gaandeweg. Sy beskouing van die dinge word kragtiger, sonniger, dieper. Die werk van Pillecyn besit 'n groot aantal mooi foto's, en as ons na Streuvels se sterk, deurvoorde boeregelaat kyk, kan {==250==} {>>pagina-aanduiding<<} ons verstaan dat hy die skepper is van kragtige werk, waarin daar hewig die mag van die natuurgeweld oor die mens gevoel word. Streuvels word beheers deur die kompleks mens - aarde, en Vermeylen het in sy werkie ‘Van Gezelle tot Timmermans’ vir ons 'n oortuigende beeld geskep van die verskil in stofbehandeling by Vlaandere se twee grootste beskrywers van die landelike lewe: Buysse en Streuvels. Buysse se aandag rus meer op die mens self, sy beweginge, los gesien van 'n agtergrond. By Streuvels word die mens 'n nietige stippeltjie teen die grootse agtergrond van die natuur, die natuur wat 'n dwingeland, 'n heerser is, aan wie se vreemde magsgreep die doodgeswoegde werker vergeefs probeer ontkom. Sy kuns groei uit tot monumentaliteit in sy werk ‘De Vlaschaard’ (1907), waarin sy prosa gedrae is, dit breed golf binne sierlike periodes, ons 'n magtige beeld kry van die jeugskoonheid en kwynende ouderdom, in botsing teen mekaar, met die natuur soos 'n swygende noodlotsheerser op die agtergrond. Vir die Afrikaanse skrywer is daar baie te leer uit Streuvels se werk - werk wat van rus en kalme beheersing getuig. Hoe sy prosa gaandeweg tot volheid en teerheid van ekspressie ryp, wys Pillecyn mooi aan. Streuvels se prosa ontwikkel hom buite die impressionisme om. Hy is die visuele kunstenaar. ‘Zijn proza is allerminst fragmentair. Het in zich opgenomene, in zich herschapene uitzicht en leven van natuur en mensch word weergegeven in een beeld waarvan het synthethische zich onweerstaanbaar opdringt door den gang van den zin, het rhythme van het proza, de stijl’ (bls. 182). Later beweeg Streuvels se werk weg van die landelike af. Sy mooi kinderwerk ‘Prutske’ (1922) wys op nuwe belangstelling, nl. in die eindelose domeine van die kinderfantasie. Opmerklik is dit dat sy prosa, sy dialoog, gaandeweg ook verander van karakter, en dat sy taal, wat eers so sterk Wes-Vlaams getint is, nader kom aan algemeen-beskaafde Nederlands. Sy belangrikste werke van die laaste jare is ‘De Teleurgang van den Waterhoek’ (1927) en ‘Alma met de Vlassen Haren’ (1931). In laasgenoemde werk kry ons 'n poging om rustig-omslagtig in te dring in die godsdienstige denkwyse van 'n Katolieke meisie. Pillecyn waardeer hierdie werk, wat soveel kritiek uitgelok het en deur boekbeskouers bestempel is as 'n agteruitgang in Streuvels se kunsontwikkeling. Belangrik vir ons wat met Afrikaans ook al soveel hooghartige uitlatings van Nederlandse kant moes aanhoor oor ons ‘aardig taaltje, zonder eenige literaire pretenties’, is ook die dom-astrante gepraat oor Streuvels se ‘grappig Nederlandsch’, nl. sy Wes-Vlaams - die skrywe van Wes-Vlaamsch het hy nooit tot in fyne onderdele deurgevoer nie, maar altyd so dig aansluiting gesoek as moontlik by algemeen-beskaafde Nederlands. Die minsaam-toegewende toon teenoor sy werk van die kant van mense met 'n kleindorpie-gees, is minder aangenaam. Hoeveel oppervlakkigheid en naskrywery daar oor Streuvels se werk plaasgevind het, toon Pillecyn duidelik aan. As ons van die werke lees van sommige skrywers wat die Nobelprys ontvang het, dan besef ons baie helder dat twee Vlaminge, nl. Streuvels en Timmermans, daar seer seker reg op het deur die innerlike skoonheidswaarde van hulle werke, en dit sal vir die Dietse letterkunde as geheel van groot betekenis wees as van die ‘grappig Nederlandsch’ notisie geneem en skrywers gehuldig word wat dit werklik verdien. C.M. VAN DEN HEEVER. Die sprinkaanbeampte van Sluis. Deur Jochem van Bruggen. J.L. van Schaik Bepk., Pretoria. (Prys 7/6). Lambertus Bredenhand, die hooffiguur van hierdie verhaal, is eie-familie van Liepie Stols, Sitman, die meeldiaken, Oom Lood, die Burgemeester van Slaplaagte, {==251==} {>>pagina-aanduiding<<} Oom Tys, Annekie se vader, en Org Basson, die ouderling van Sukkelaar. Hierdie ses broers van die Lamsak-familie ly almal in meerder of minder mate aan die ongeneeslike kwaal van papbroekerigheid. Dit sou 'n interessante studie wees om die oorsprong, die wisselende simptome en verloop van die familiekwaal in elke geval te ondersoek en te vergelyk. By alle uiterlike verskil in omstandighede is daar tog ook onmiskenbare familietrekke tussen hierdie lamlendige broers van Slaplaagte, Sukkelaar, Sluis... ens. Hulle het byna almal eienskappe wat aan beter dae herinner, oorblyfsels van die beskawing wat hulle met patetiese koppigheid probeer handhaaf. Lambertus Bredenhout het deur ‘sprinkaan, skuld en boedel’ uit alles uitgeraak, en dis alleen deur die goedgunstigheid van swaer Lewies dat hy nog 'n hoekie van die plaas mag bewoon. Hy verdien af en toe iets deur los werkies en verbeel hom dat hy 'n volmaakte ambagsman is, wat net deur een goeie kontrak weer finansieel selfstandig sal kan word. In werklikheid egter, is hy 'n armsalige sukkelaar, wat gedurig spog oor sy bedrewenheid in alle ambagte en sy groot toekomsplanne, maar intussen sy drie kinders laat verhonger. As ‘ouboet’ van die familie maak hy aanspraak op die eerbiedige hulde van al sy broers en susters. Die blinde verering van sy bejaarde moeder, wat in hom die ewebeeld van haar oorlede eggenoot sien, versterk die besef van sy ‘ouboetskap’ en kom goed te pas as hy nou regtig honger is. En Ouboet is darem nie te trots om 'n shilling, wat die weduwee van haar alimentasiegeldjies afknyp, in sy sak te steek nie! Maar van sy broers en susters verdra hy geen kritiek nie. As hulle maar net verlangs skimp oor sy verwaarloosde kinders, dan voel hy bitter gekrenk. Hy beskou homself as 'n voorbeeldige vader, wat sy kinders goed versorg en 'n christelike opvoeding gee. Sy verlies aan prestige in die buitewêreld probeer hy inhaal deur 'n oordrewe strengheidsbetoon teenoor sy oorblufte kinders, wat wegkrimp van vrees as hy hul net skeef aankyk. Hy het hul wel innig lief, maar in plaas van te sorg dat hul tenminste mieliepap in die huis het, streel dit sy eieliefde om hul verstandjies met vernuftige bybelverklarings te verbyster. So handhaaf hy sy roem as vaderlike priester van die huisgesin. Hy, wat nederig die Jood se belediginge moet verdra om weer 'n bietjie krediet te kry, sluit hom op in 'n trotse ongenaakbaarheid sodra dit familiesake geld. So lei Lambertus 'n dubbelbestaan. In sy verbeeldingswêreld is hy nog steeds die onafhanklike ‘ouboet’ wat met salwende praatjies sy meerderheid handhaaf. Maar telkens word hy uit die droom van eie vernaamheid wakker geskud deur die krenkende realiteit van sy sukkelbestaan. Hierdie gedurige botsing tussen droom en daad het Van Bruggen fyn-ironies veraanskouelik. Ons moet glimlag oor die wewenaar, wat so swaarwigtigvervelend kan redeneer oor geluk, maar as die oujongnooi effens swaar van begrip is, met lustige basstem Uit Diepten van Ellenden ‘uitsing tot die laaste vers toe’. Maar tewens voel ons 'n innige medelyde met die arme sukkelaar wat meen dat 'n tweede vrou sy ekonomiese rehabilitasie sal verseker - ‘'n hulp neffens hom sal die voorspoed weer verdubbel...’ En hoe wel die deernis nie in ons hart op nie as ons die patetiese figuurtjie van die kindmoeder, Ousus, betrag. Terwyl Lambertus in vrome oorpeinsings 'n late oggendrus geniet, moet sy maar bontstaan om die noodsaaklikste kossies te leen - hier 'n brood, daar 'n bietjie mieliemeel... Van jongmensplesier weet sy niks, want haar moederlike pligte hou haar tuis. ‘Sy moet soos 'n grootmens saam met tant Leen en Ouma ou klere sit en lap en verstel, dikwels na hulle stemmige redenasies luister en die vermanings aanhoore dat sy die wesies en Pa tog al te goed moet oppas en versorg....’ Byna daagliks moet sy haar fyngevoeligheid geweld aandoen om weer 'n aanneemlike ekskusie uit te dink as sy {==252==} {>>pagina-aanduiding<<} Klein uitstuur om iets te gaan leen. Maar haar eerbied vir haar vader bly ongeskonde, al weet sy maar al te goed dat van sy wonderlike planne selde iets tereg kom. Lambertus se aanstelling as sprinkaanbeampte bring 'n hele omkeer teweeg in die armoedige huishouding. Die spens is vol kos en pa kom heel deftig op 'n vosperd aangery! So lank as hy kan, bewaar hy 'n geheimsinnige stilswye om die eerbiedige bewondering van sy kroos ten volle te geniet. Hierdie aanstelling is salf vir sy gekwetste hoogmoed, want nou kan hy sy verlore prestige in die familie herwin en hul lastige bemoeiing met sy huislike sake hooghartig van die hand wys. Buitendien word die hele distrik sy koninkryk; kuier-kuier kan hy rondry om orals orders af te gee, selfs aan die korrelkop Louw Grebe, wat hom altyd uit die hoogte wil behandel. En nou voel hy ook astrant genoeg om die rooihaar-dogter, Dirkie Coetzee, te verower! Maar iets knaag tog aan sy gemoedsrus, want Dirkie het sy eerste aansoek van die hand gewys, omdat sy al moeg was om ander mense se kinders groot te maak. In 'n oomblik van swakheid het hy sy seun Koos aan swaer Lewies afgegee, en hy voel nou dat die aandrang van die familie om hom daartoe te beweeg niks anders as 'n sluwe plan van die Satan was om die pad na Dirkie oop te stoot nie. Hy herinner hom sy doopbelofte en vorm die vaste besluit om sy spannetjie bymekaar te hou. Vol innige vadergevoelens gaan hy hulle tegemoet en met ongewone tederheid behandel hy Koos se diepsinnige vraag. Hierdie armsalige sukkelaar, so kleingeestig en kleinserig in sy hoogmoedswaan, so nalatig in die versorging van sy kroos, ken tog ook die ekstase van die opregte vaderliefde: ‘Bredenhand se vaderhart word groot. Watter span kan teen syne optrek in godsvrug en 'n goeie stil geaardheid? En nou moet hulle uitmekaar uit? 'n Buitestaander kan 'n vaderhart nie peil nie... Koos moet eendag, so die Here wil, predikant word.’ Pragtig het Van Bruggen die diepere menslikheid van hierdie eenvoudige siel aan ons geopenbaar ook in die sterftoneel waar die vader in die gebed worstel om die behoud van sy seun. Die plotselinge omswaai van knaende armoede na betreklike rykdom wek ook by Ousus 'n hunkering na geluk. ‘Moenie huil nie, moenie treur nie, die jongetjies van Sluis kom weer,’ sing dit in haar hart. 'n Geurige koffiekan sal die lokmiddel wees, of ‘sy kan maar baie dikwels die werf gaan vee, so ewe ongeërg, en Adriaan de Bruin of Sarel Venter sal sonder moeite na haar toe kom....’ In suiwerheid van uitbeelding hoef Ousus nie agter te staan by Annekie nie. Dit mag waar wees dat Van Bruggen in hierdie verhaal geen nuwe rigting inslaan nie, dat hy eenvoudig voortborduur op bekende motiewe, maar wat innigheid van aanvoeling en forsheid van beelding betref, verdien sy jongste werk al die lof wat hy vroeër met ‘Ampie’ behaal het. P. SCHOONEES. {==253==} {>>pagina-aanduiding<<} Nuwe Boeke. Alle nuwe boeke deur die Redaksie, Bus 460, Pretoria, ontvang, word hier aangekondig. Hierdie aankondiging sluit latere bespreking van 'n boek nie uit nie. Uitgewers word versoek om die prys te vermeld. Arden, Clive: Het web der begoocheling. A.W. Sijthoff's U.M., Leiden. Bierens de Haan, Dr. J.D.: Het Tragische. Schuld, Noodlot en Bevryding. A.W. Sijthoff's U.M., Leiden. Campbell, Ethel: The Voortrekkers. Told in Verse. With a foreword by Doctor Gustav S. Preller. Robinson & Co., Ltd., Printers, Durban. Gemser, Prof. Dr. B.: Nieu-Hebreeuse Kortverhale. (Die Kortverhaal, VI). J.H. de Bussy, Pretoria. (4/6.) Haarhoff, T.J.: Die Liefde van Catullus. Nasionale Pers, Bepk., Bloemfontein. (3/9.) Heever, C.M. van den: Groei. J.L. van Schaik, Bepk., Pretoria. (7/6.) Heever, C.M. van den: Bloemlesing uit die gedigte van Guido Gezelle. Met Inleiding en aantekeninge. (Uit die Dietse Boord, No. 4.) J.H. de Bussy, Pretoria. (6/6.) Kazemier, Dr. G.: Het vers van Hooft. Van Gorcum & Comp., N.V., Assen, (f.3.90.) Malherbe, D.F.: Die hart van Moab. Nasionale Pers, Bepk., Bloemfontein. (6/-.) Meiring, Dr. J.G.: Die wonder van jou ontstaan en geboorte. Vir seuns en dogters. J.L. van Schaik, Bepk., Pretoria. (2/3.) Smits, Dr. K.: Monografie van de Nederlandsche Primitieven. Uitgeversbedryf ‘De Spiegel’, Amsterdam. {==*25==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} {==2==} {>>pagina-aanduiding<<} Die Dierverhaal in Afrikaans. DIE lees van Buks, die jongste dierverhaal van G.C. en S.B. Hobson (J.L. van Schaik, Beperk, 1933) het my laat terugdink aan my jeug. In my kinderdae op 'n Bolandse plaas was die ratel reeds uitgesterwe in die omgewing, en tot vandag toe het ek nog nie die eer gehad om een in lewende lywe te sien nie, maar vir die ou volkies was hy nog 'n vertroude persoonlikheid, en uit hulle gesprekke het my nog vier van sy eienskappe bygebly: hy hou van heuningsteel; sy taaiheid is spreekwoordelik; hy kan nie verder as drie tel nie, en hy kan geweldig stink. Wie het dit ooit kon dink dat 'n dier met hierdie eienskáppe, en veral die laaste, ooit 'n romanheld sou word, en dan nog so 'n intieme, dat 'n mens hom op die end van die boek nie anders kan noem nie as ‘Buksie’, waarby jy voel dat hy 'n goeie ou maat is, 'n getroue metgesel wat agter jou hakke aan sou kon draf en onder jou skryftafel in kruip, soos jou huishond. Wie van ons word nie by die lees van sulke dierverhale teruggevoer na ons kinderjare nie, die salige dae toe ons nog nie geweet het van lees en skrywe nie, toe ons behalwe vader en moeder, ons outas en ou aias gehad het, wat ons stories kon vertel van Wolf en Jakkals, van Skilpad en Hasie, en so lekker raaiseltjies kon opgee? Ander beminde figure was daar ook uit die dierewêreld, maar Jakkals, die aartsskelm was daarom altyd bobaas. Eers op ryper leeftyd besef 'n mens watter rykdom van geskiedenis en tradisie daar agter hierdie eenvoudige ou storietjies sit. Jy gaan besef hoe elke volk sy eie skat van dergelike verhale besit. Jy gaan besef hoe Andersen en Grimm veel meer was as enkel gesellige vertellers. Jy gaan insien hoe hier 'n uitgebreide en ingewikkelde terrein van wetenskaplike navorsing om bearbeiding vra. As jy jou gaan verdiep in ons eie verhale, merk jy al gou dat ons hier 'n gemengde maar ryke voorraad het, afkomstig nie alleen van ons Europese voorouers nie, maar ook van inboorlinge van verskillende ras. En algou kom jy onder die indruk daarvan hoe die volksfantasie nog steeds besig is met nuwe skeppingsarbeid. Dan ontstaan die verlange om hierdie volksbesit sistematies deur te lees, te geniet, te klassifiseer en te bestudeer. Maar besit ons die middele daartoe? Hoe staan dit met die optekening daarvan? Dit lyk of ons stoere ou baanbreker, wyle mnr. G.R. von Wielligh, hier ook weer 'n wegwyser gewees het, want volgens 'n voetnoot in {==3==} {>>pagina-aanduiding<<} dr. Schoonees se bekende werk oor ons prosa, is sy vier bundels Dierstories uit die mond van Hotnots (1917-1922) en sy vier bundels Boesman-stories (1919-1921) reeds in 1907 voorafgegaan deur 'n voorlopige bundel Dierstories. Is hy tot hierdie onderneminge geïnspireer deur die werk van Lloyd en Bleek? Ons hoef die vraag nie te beantwoord om dankbaar vir sy werk te wees nie. Ander vroeë werke op hierdie gebied is vermoedelik Jakkalsstreke, 'n vrye vertaling in Afrikaans van die Nederlandse Reinaard de Vos, en die Wolf en Jakkals-versies van Sara Goldblatt (Nas. Pers) - werke waarvan ek geen persoonlike kennis dra nie. Maar ek herinner my nog goed die geesdrif waarmee Ou Hendrik z'n Stories deur K.L. en A.O. Vaughan (Longmans, Green & Co.) in 1910 ontvang is. Vreemd doen die stywe titel in Vereenvoudigde Hollands van hierdie eg-Afrikaanse stories teenswoordig aan, en nog vreemder was die Hooghollandse teks waarin die omlysting vir die verhaaltjies geskrywe was, maar die skrywers het darem besef dat Ou Hendrik niks anders as Afrikaans kon praat nie, en daarom het hulle die verhaaltjies self in Afrikaans geskrywe - gesellig en intiem. In 1921 verskyn Uit die lewe van 'n Gensbok deur H.A. Aschenborn en Uit Oerwoud en Vlakte van Sangiro (snaaks dat dit so op die kiele volg van Von Wielligh se werk!), en dadelik ontstaan daar 'n woede vir die skrywe van dierverhale, sodat hierdie genre nou ryk verteenwoordig is in ons literatuur. Ons kan in hierdie artikel alleen rekening hou met wat in die vorm van afsonderlike boeke gepubliseer is, en selfs dan: wat 'n merkwaardige produktiviteit as ons bedink dat dit alles die werk van twaalf jaar is! Van dié tyd af kan ons twee hoofstrominge in die Afrikaanse dierverhaal onderskei. Die eerste bestaan uit stories wat navertel word of wat selfstandig gekomponeer word maar tog die geaardheid van sprokies of kinderstories dra. Die vernaamste figuur in hierdie verhaaltjies is natuurlik ons vriend, Broer Jakkals. Onder hierdie groep is daar Outa Danster en Aia Martha, navertel deur D.J. Seymore (Self-Lees-Serie, Nasionale Pers, 1931); mag hierdie werkie 'n aansporing wees vir baie andere om ook die stories van hulle outas en aias na te vertel! Verder noem ons Jakkals se Strooptogte deur C.J. Grové (Nas. Pers, 1932) en Ondank is die wêreld se loon deur J.M. Friedenthal (Nas. Pers, 1931). Hierdie laaste vertoon ons op Afrikaanse gebied dieselfde ontwikkeling wat die Reinaard-verhale in Nederland deurgemaak het, want die skrywer het sy kort jakkalsstories inmekaar gevleg tot 'n groter eenheid. Die tweede groep is ook maar kinderstories, al verslind grootmense hulle met net so veel graagte as kinders, want ten opsigte van die diere- {==4==} {>>pagina-aanduiding<<} wêreld is ons maar almal kinders. Maar hierdie verhale en sketse is die gevolg van noukeurige waarneming en ernstige studie van die dierelewe. In hierdie afdeling van ons literatuur is daar twee helder ligpunte, wat egter uit stilistiese oogpunt ver, soos twee pole, van mekaar verwyderd staan - Sangiro en die Hobsons. In die bewoording van Prinsen het ek hulle metode en styl tevore in ‘Die Nuwe Brandwag’ gekarakteriseer deur Sangiro die Dionysiese kunstenaar te noem en die Hobsons Apolliniese kunstenaars. Soos die Bacchante in die ou tyd op die feeste van Dionysos, die wyngod, raak Sangiro in vervoering deur sy onderwerp en voer sy lesers mee op 'n ritmiese golfstroom; die werk van die Hobsons daareenteen vertoon die sorgvuldig uitgebeitelde vorme van die gespierde, simmetries geboude god van die digkuns, Apollo. Sangiro sien die geweldige stryd tussen mens en dier; die Hobsons beeld vir ons die nimmereindigende stryd op lewe en dood tussen die diere onderling uit. Sangiro projekteer graag sy eie sielelewe in die van die diere; die Hobsons staan meer objektief teenoor hulle stof en beeld die diere wetenskaplik juister uit, enkel as diere. So 'n tipering hou egter nie 'n waardebepaling in nie. Ieder kan volgens eie aard en aanleg 'n groot kunstenaar wees, hoewel Sangiro in sy geseënde momente ryker begenadig is. Op sy eersteling het Sangiro in 1924 Op Safari laat volg, wat egter nie dieselfde hoë peil bereik het nie. Met Buks sit die Hobsons die goeie werk voort wat hulle in 1929 met Kees van die Kalahari begin het. Hierdie twee skrywers staan egter nie alleen nie. Afgesien van minder ligte wat af en toe 'n dierverhaal skrywe, het ons bekende natuurkundige Eugène N. Marais, kenner van miere en bye, ook sy ernstige aandag aan hierdie genre gewy: Natuurkundige en Wetenskaplike Studies (Nasionale Pers, 1928); Sketse uit die lewe van Mens en Dier (Nasionale Pers, 1928). W.S. Chadwick - nóg 'n liefling van ons jeug - lewer die bewys dat daar ook geld in die Afrikaanse dierverhaal sit, want hy laat sy in Engels geskrewe stories eers in Afrikaans vertaal voor hy hulle publiseer: Op die Spoor van ons Grootwild (Nasionale Pers, 1930); Bosreuse (Nasionale Pers, 1931). Aschenborn het dit raadsaam gevind om sy tweede boek: Die Adelaar e.a. Afrikaanse verhale (van Schaik, 1925) ook maar voor publikasie deur Sangiro in Afrikaans te laat vertaal. En ons gaan selfs daartoe oor om beroemde werke wat in ander tale gepubliseer is, soos Bonsels se Biene Maja, te vertaal (van Schaik, 1927). Van vertaling gesproke, het ons nie rede om trots te wees dat Oerwoud en Vlakte reeds in Engels en in Frans oorgesit is nie? Deur ons belangstelling vir die dierewêreld het ons oë ook oopgegaan vir daardie tipe van mens wat maar net een trappie hoër staan as die dier, die Boesman. Ook hier is Von Wielligh weer 'n baanbreker, en sy werk {==5==} {>>pagina-aanduiding<<} word o.a. voortgesit deur Aschenborn en deur die Hobsons in daardie mooi boek Skankwan van die Duine. By Le Vaillant en ander ou reisbeskrywers lees ons van die ontelbare wilde diere wat daar vroeër in Suid-Afrika gehuisves het. Hierdie oerbevolking van ons land is vinnig aan die uitsterwe. Daarom bly ons ons skrywers dankbaar dat hulle vir ons lewendige beelde geteken het van wat daar nog bestaan in die Kalahari, in Suid-Wes, in Oos-Afrika en.... aan die oewers van die Limpopo, soos die Hobsons in hulle laaste werk doen. Hierdie werk, Buks, die geskiedenis van 'n ratel, is sterk van komposisie, sterker as hulle eerste verhaal, en 'n bepaalde en waardevolle aanwins vir ons literatuur. Maar tog, hoe kom dit dat 'n mens soms die gevoel kry dat die werk nie heeltemal deurleef is nie, dat dit maar 'n verhaal is? Hier en daar ook word 'n mens gehinder deur 'n kleine onnoukeurigheid van uitdrukking soos nie in hulle eerste werk voorgekom het nie. 'n Mens hoop dat hulle tog nie ook sal gaan ly aan die algemeen Afrikaanse kwaal van oorhaasting nie. Dan sal ons nog 'n gereelde stroom groot dinge van hulle kan tegemoet sien as voortsetting van 'n eervolle tradisie wat hulle help vestig het. J.J. LE ROUX. Romans en Verhale. Die swerwer-jagter. Deur P.J. Schoeman. Nasionale Pers, Bep., Kaapstad. (Prys 5/6.) Die meeste van ons ken hierdie simpatieke skrywer, swerwer in Afrika se binnelande, reeds uit ‘Die Huisgenoot’, waaruit die sketse van hierdie werk gebundel is. Op boeiende wyse vertel hy ons sy ondervindinge as jagter, waarby dan ook sy groot liefde en bewondering vir die dier uitkom. En Schoeman slaag daarin om die geheimsinnige van die grootse natuur te vertolk - en dan word hy kunstenaar. Een van die mooiste bladsye van hierdie boek is seker wel die uitbeelding van die dagbreekuur op bl. 20: ‘Daar is iets so misterievol in die dagbreekuur. 'n Gevoel van bangheid wil jou so elke keer oormeester, veral as 'n sekere soort aasvoël sy nare diep basnote - doodsgeluide - laat hoor: Rhoemm ... roemoe... roemoe... roemm. En, om dit te vererg, vlieg daar skielik bo uit die donker takke 'n swerm horingbekke of harida's op met oorverdowende geskreeu. Op die lawaai volg dan weer 'n skielike stilte. En as die stilte net weer ondraaglik wil word, gee 'n bosbok 'n paar kort skor blawwe hier vlak by jou en spring met groot geraas die ruigtes in. Ver, van die oop vlaktes se kant af, hoor jy af en toe hoe die kwaggas vir mekaar runnik.’ In so'n beskrywing sit belofte! Pakkend is ook die skets ‘Strepies - die Sebratjies.’ En hoewel Sangiro en die Hobsons die skrywer se oë miskien geopen het vir die grootse en geheimsinnige en die ontroerende teerheid in hierdie natuur- en dierelewe, die uitbeelding berus op eie belewing en siening en is sy eie. {==6==} {>>pagina-aanduiding<<} Daarnaas kry ons sy sketse uit die kafferlewe, waarin hy die kaffer vir ons teken as 'n mens wat ook sy drome van liefde en geluk koester, ook gevoelig is vir smart en pyn. Hy skilder ons tipes wat hy self ontmoet het, hy vertel ons sprokies waaruit die kaffermentaliteit duidelik spreek; hy skilder ons ook gebeurtenisse ‘uit die magtige Zoeloe-epos wat wag op 'n vertolker’. Die gevoel vir die bo-natuurlike het hy mooi vertolk. Schoeman wil nie in die eerste plek kunstenaar wees nie. Anders sou ons daarop gewys het dat hy hier en daar te didakties word, self nog 'n keer by wyse van nabetragting wys op iets wat uit sy skets al spreek. Die heuglike is dat die stof hier in die hande is van 'n Boerseun wat nie sentimenteel of dweperig word nie. By al sy simpatie vir die Kaffer, by al sy besef van ons roeping om hom te leer erken en verstaan as mens, bly Schoeman die nugtere, gebalanseerde Boer wat nie sy volkstradisies verloor nie. Ons wil hierdie boek warm aanbeveel, en ons hoop dat die skrywer wat so aangegrepe is deur die romantiek van sy onderwerp, dat hy dit bestudeer het met lewensgevaar en groot opofferinge, ons opgewekte dors spoedig weer sal les - want dit smaak na meer! Die huis van die vier winde en ander verhale. Deur Eugène N. Marais. Afrikaanse Pers Beperk, Pretoria. (Prys 5/6.) Marais se roem as kunstenaar berus veral op sy poësie, wat hom 'n eervolle plek in ons digkuns verseker (vgl. die bespreking van sy poësie in ‘Die Nuwe Brandwag’, 1933, II, bls. 118-120). Hy is egter ook produktief op die gebied van die prosa. Daar gee hy veral blyk van sy groot liefde vir en kennis van die dierewêreld. Dit skyn of niemand minder as die groot Belgiese kunstenaar Maeterlinck nie geskroom het nie om plagiaat te pleeg en sonder erkenning gebruik te maak van sy interessante studies oor die miere, wat in ‘Die Huisgenoot’ verskyn het. Ook stel Marais groot belang in okkulte verskynsels, wat hy wetenskaplik-psigologies benader. Veral die laaste jare het hy heelwat prosaverhale gelewer, wat hoofsaaklik in ‘Die Vaderland’ verskyn het. 'n Sestal hiervan het hy in die voor ons liggende bundel versamel. In drie van hierdie verhale is dit die geheimsinnige, die skynbaar bonatuurlike wat hom boei. Marais slaag daar goed in om die spookatmosfeer uit te beeld. Hy is 'n baasverteller wat deur sy rustige, skynbaar so nugtere maar in werklikheid sterk suggestiewe verhaaltrant ons voorberei op die geheimsinnige. Dit is veral die geval in die titelverhaal. So'n verhaal is nie somar 'n haastig neergepende storietjie nie. Daar sit studie agter, Marais maak ernstig werk van sy historiese agtergrond en lokale kleur. Daardeur versterk hy ook die indruk van waarheid. Die duidelikste sien ons dit in ‘Die Vliegende Hollander’, wat die beroemde sage tot agtergrond het. Maar die skrywer bly nie by die geheimsinnige verskynsel staan nie - hy wil dit verklaar. Hierdeur doen hy dikwels afbreuk aan sy verhaal. Vergelyk slegs die lang betoog oor 'n sekere siektebeeld in ‘Die Vliegende Hollander’ - soiets hoort tuis in 'n populêrwetenskaplike verhandeling, nie in 'n verhaal nie. Ook ‘Salas Y Gomez’, die verhaal van 'n hoogs interessante Afrikaanse Robinson Crusoe, is verrassend oorspronklik van vinding en, nieteenstaande die gewaagde van die gegewe, oortuigend en boeiend vertel. 'n Paar taalkundige opmerkinge: die gedurig gebruikte woord ‘aanstrenging’ is tog seker nie Afrikaans nie, net so min as die lelike Anglisisme ‘in enige geval’. Die gedurige gebruik van ‘dan’ i.p.v. ‘as’ as vergelykende partikel is onafrikaans. ‘Die huis van die vier winde’ is gesonde en boeiende ontspanningslektuur, en dit gee ook iets vir die verstand. {==7==} {>>pagina-aanduiding<<} In die woeste weste. die lydensgeskiedenis van die Dorslandtrekker. Deur J.G. Prinsloo en J.G. Gauché. De Bussy se Historiese Leesboeke IX. J.H. de Bussy, Pretoria. (Prys 3/9.) Die skrywers sê in die Voorwoord: ‘Hier is gestreef na suiwerheid wat die geskiedenis en aardrykskunde betref; dis 'n vertelling nie net van die trek deur die “dors” nie, maar ook van die stigting van Humpata en Grootfontein deur die pioniers van Angola en Suidwes-Afrika.’ Hulle voeg daaraan toe: ‘Dis 'n verhaal uit die mond van 'n Dorslandtrekker self, wat alles gesien en deurleef het, van die omswerwing van die klompie Afrikaners “in die Woeste Weste” van Afrika.’ Dr. S.P. Engelbrecht het voorin 'n warm aanbeveling geskryf. En ons kan ons daarmee verenig. Al is die styl nie beeldend of persoonlik nie, is die stof só interessant, dat die verhaal ons aandag gevange hou. Dergelike boeke wat ons op aangename wyse die geskiedenis van ons land en volk meedeel, is die lektuur wat ons nodig het. Die boekie bevat 'n aantal interessante illustrasies. Kinders van Ismael. Deur Regina Neser. Nasionale Pers Bep., Bloemfontein. (Prys 5/6.) ‘Sonder om opsetlik sedelesse te wil preek - dit is natuurlik baie sterk af te keure in 'n roman van hierdie aard - slaag die skryfster tog daar goed in om 'n gevoel van innige medelyde by die leser gaande te maak vir daardie klas van kleurling by wie die kleur teenwoordig maar nie maklik bespeurbaar is nie.’ Dit sê Thos. B. Neser, aan wie die werk opgedra is, van Regina Neser se jongste werk. Prof. Richard Maynard en sy student, Valario Sanico, is altwee sulke slagoffers van die sonde van die voorouers. Hoewel almal hulle aansien vir blankes, het hulle gekleurde bloed in die are. Teen alle waarskuwinge van Val se moeder in en hoewel hulle ywerige bestudeerders is van die erflikheidswette van Mendel, trou hulle, in die hoop dat ‘die aaklige noodlot ons kinders nie sal vang nie... Geluk dit ons nie - nou ja; dan sal ons grootmoedig genoeg wees om ons las te dra.’ Wat hulle in reine en diepe liefde aanvaar het, dra hulle ook moedig. Want hulle ervaar die bitterheid van die lewe van dergelike blanke kleurlinge. ‘Die kinders van Ismaël, ronddolende in 'n Sahara van gemoedslewe, kom partykeer by 'n oase uit, maar dan vind hulle die water daarvan vergiftig.’ As hulle vierde kind 'n kleurling is, begin hulle lewe as swerwelinge. En dit kom tot broedermoord, tot kindermoord en selfmoord van die kinders. Maar as aan die einde van die boek die ouers na al hierdie bittere smart alleen oorbly, haal hulle die woorde van die digter aan: 't Is better to have loved and lost, Than never to have loved at all. Dit is ongetwyfeld goed dat ons wakker geskud word om die dreigende volksgevaar te besef wat die kleurmenging in ons land word, en die onuitspreeklike lyding wat die onskuldige slagoffers daarvan moet deurmaak. Hoe die skryfster, wat gedurig die regering en die politici verwyt dat hulle niks doen om die verder gaan van hierdie euwel te keer nie, haar egter voorstel dat die ‘wetgewer’ moet ingryp? Vanuit 'n kunsoogpunt beskou - nieteenstaande die opvatting in die ‘Inleidende Voorwoord’ uitgespreek, is die boek 'n tendensroman van die ergste soort, sonder psigologiese diepte, dikwels sielkundig onwaar en geskrywe in 'n onsuiwere taal en styl. De pestilentie te Katwyk. Door Aernout Drost. Wereldbibliotheek, Amsterdam-Sloterdyk, 1933. (Prys 6/9.) O, klaagt om 't jonge leven, met één slag {==8==} {>>pagina-aanduiding<<} Gesloopt, en zóoveel hope en al zijn droomen! Klaagt om het Land, dat niet beleven mag, Wat roem van zulk een Zoon Haar toe zou stroomen! Een van die mooiste figure uit die Nederlandse Romantiek is die jonggestorwe Aernout Drost, die stukrag van die ‘Gids’-groep. Hoe vrugbaar was hierdie kort lewe, vrugbaar aan stimulerende invloed op sy geesdriftige vriende Potgieter en Bakhuizen, vrugbaar aan letterkundige werk, waaruit so'n mooi idealisme, so'n innige vroomheid, so'n breë ontwikkeling en belangstelling, so'n grondige kennis blyk. Van sy werk is ‘De Pestilentie te Katwyk’ wel die mooiste. Dis eers na sy dood gepubliseer en lewer een van die interessantste voorbeelde van literêre samewerking op - Potgieter en Bakhuizen het die ver van voltooide verhaal op grond van Drost se aantekeninge en van gesprekke met hom só voltooi, dat dit 'n mooi suiwer geheel geword het en die nie sterk opvallende stylverskille eers veel later deur die kunssinnige Verwey opgemerk is. Die gees van Drost het só in sy vriende na gewerk, dat ons die roman as sy werk kan beskou. Dit het ons altyd verwonder dat ‘De Pestilentie’ nadat die mooi uitgawe van Verwey en De Vooys (1906) uitverkoop was, nie herdruk is nie, en ons kan die Wereldbibliotheek dankbaar wees dat hulle in 'n werklike behoefte voorsien met hierdie mooi uitgawe in artistieke stempelband. In hierdie werk sien ons 'n besonder karakteristieke produk van die Romantiek. Drost gee ons hier 'n kleurige beeld van die sewentiende eeu, wat hy so goed geken en so lief gehad het. Hier leef sy vrome siel hom uit. Die verhaal is vol romantiese gebeure en momente, maar Drost het veral die geestelike eenheid agter dit alles aangevoel, en... hy het met die oortuiging van sy jong siel geglo aan hierdie romantiek. Daarom is hierdie werk, by al die jeugdige onbeholpenhede, so suiwer, so eg. Bo alles munt dit uit deur die suiwerheid en deurvoeldheid van die skilderagtige styl. Ook in ons land, waar die historiese roman so in die sentrum van die belangstelling staan, sal hierdie herdruk 'n aanwins wees - dit sal ons behulpsaam wees om te leer onderskei tussen egte en vose romantiek. De klank van het leven. Door Wilma. U.M. Holland, Amsterdam. Die bekende Christelike skryfster gee hierin 'n aantal sketse en verhale. Hoewel die moderne Christelike kuns in Nederland nog nie die groot kunstenaar voortgebring het wat 'n grootse skepping van diepste menslikheid, gedra deur sy lewensbeginsel, gelewer het nie, is die tyd dat ‘Christelike’ kuns vereenselwig is met prekerige bekeringsgeskiedenissies, verhale ‘naar 'n ware gebeurtenis’ maar in wese onwaar, gelukkig verby. Dat ook die Christelike skrywers die hoogheid van die kuns leer besef het, 'n dieper lewensaanvoeling en daarmee die uitbeeldingsvermoë van die kunstenaar verwerf het, blyk uit hierdie werk van Wilma. Hierdie sketse is lewenswaar, gee blyk van 'n fyn psigologiese indringingsvermoë. Ons vestig veral die aandag op die verhaal ‘Wat de Schilder zag’, waarin 'n skrynende lewenservaring in die siel van die kunstenaar langsamerhand groei tot skone versoening - hierdie skets het ontroerende simboliek geword. Willem van Oranje. Beelden uit het leven van Prins Willem van Oranje, Vader des Vaderlands. Door A. den Hertog. A.W. Sijthoff's U.M., Leiden. (Prys 7/9.) Dat die vierde eeufees van die geboorte van Willem die Swyger die bestaande lite- {==9==} {>>pagina-aanduiding<<} ratuur oor hierdie belangrike figuur in die staatkundige geskiedenis en geesteslewe van Wes-Europa, met 'n groot aantal werke vermeerder het, is begryplik. Sowel die wetenskaplike as die kunstenaar en die skrywer van gesonde lektuur het weer sy aandag aan hierdie heroïese en innigmenslike figuur gewy. In die boek van Den Hertog ‘weeft (de schrijver) fantastische droomen rondom wat hij vond’ in die onmeetlike grot van die verlede. Dis 'n vlot geskrewe reeks beelde uit die lewe van die prins - die held word geteken in sy sorgelose jeug, as die stralende edelman met sy Boergondiese opvoeding, maar ook in sy stryd en verdieping. Willem van Oranje word nie 'n vlekkelose held nie, maar 'n mens met deugde en gebreke en wat slegs deur stryd en lyding kom tot sy grootheid en sieleadel. Hierdie boek moet in elke skoolbiblioteek aanwesig wees - dis 'n uitstekende boek om ons jonger geslag liefde in te boesem vir die man wat so'n belangrike rol gespeel het in ons voorgeskiedenis en wat Suid-Afrika met reg mag beskou as ook een van sy geestelike voortrekkers. Het liedje van den soldaat. Door Henri Barbusse. Uit het Fransch door L. Roelandt. Uitg. De Korenaer, Aalst. (Franco per post 10 frank (Belg.).) Hierdie oorlogsketse van die bekende skrywer van ‘Le Feu’ (‘Die Vuur’) en ‘L'Enfer’ (‘Die Hel’) word ingelei met ‘Een Woord Vooraf’ waarin Barbusse sê dat hy hier slegs weergee ‘werkelijke gebeurtenissen die ik trillend van leven in het groote oorlogstafereel heb waargenomen, en waarvan het relaas volkomen overeenstemt met wat ik zelf gezien en gehoord heb.’ Die ontroering wat van hierdie verhale mag uitgaan, moet ons toeskrywe aan sy ‘deemoedige berusting in het feit, wellicht noch dichter noch redenaar in dezen te zijn geweest, maar enkel een getuige en een mensch’. Die sestal verhale is een vlammende aanklag teen die oorlog, die brute selfsug en geweld wat dit ontketen en waarvan die soldaat, wat slegs as kanonvleis moet dien, die slagoffer is. Die beskuldiginge wat teen die Franse leërowerheid ingebring word in ‘De lewende Doode’, ‘Moordenaars’ en ‘Wraak van Hoogerhand’, vervul ons met ontsetting. ‘Het Liedje van den Soldaat’ en ‘Vreemden’ is twee sketse wat ons deur die brandende soberheid en wrange humor, die ontsettende lewenstragiek, bly agtervolg. Literatuur en Geskiedenis. Kuns in lewe en kultuur. 'n Eenvoudige bespreking van enige grondbegrippe. Deur Jan F.E. Celliers. Nasionale Pers, Bep., Kaapstad. (Prys 5/9.) Die reeks artikels wat die bekende volksdigter in ‘Die Huisgenoot’ geskryf het, is in hierdie werkie herdruk. Elkeen sal in hierdie studies dadelik die digter Celliers herken, met sy groot liefde vir die natuur, sy sterk maatskaplike gevoel, sy eenvoudige gemoedelikheid. Dis dan ook tiperend dat die kuns veral gesien en bespreek word as maatskaplike verskynsel en dat die maatskaplike en etiese waarde beklemtoon word, hoewel die skrywer die outonomie van die kuns handhaaf. {==10==} {>>pagina-aanduiding<<} Celliers skrywe hier nie vir die geleerdes of kunstenaars nie. Hy skrywe vir diegene wat wel die gawe van kunsgenieting besit maar dit nie ontwikkel het nie: ‘My doel is om die gedagtes 'n bietjie meer op te wek oor dinge wat te veel vergeet word. Ek wil elkeen tot die besef bring dat hy 'n gebore kunstenaar is, dat hy dit slegs moet raaksien om op die, van natuur reeds gelegde fondament, voort te bou, al is dit nie juis om 'n kunsskepper te word nie: elkeen kan darem kuns genieter wees.’ Hiermee is die gees van die werkie gekarakteriseer, net soos die metode in die volgende woorde: ‘Alte nougesette vakof beroepsmense sal miskien vind dat ek dikwels nogal ver buite die perke van my tema rondgedwaal het. My antwoord is dat my tema geen perke ken of erken nie, die hele lewe is sy gebied. Daarom het ek my die vryheid veroorloof om, gemoedelik geselsend, af te dwaal (skynbaar) waar ek wil.’ Ons kan hierdie gemoedelike causerieë oor kuns in lewe en kultuur sterk aanbeveel. Dit bring 'n besef van die hoë waarde en belang van die kuns en prikkel tot nadenke. Geschenk, 1933. Herinneringen aan Nederlandsche Schrijfsters en Schrijvers, bijeengebracht ter gelegenheid van de Nederlandsche Boekenweek, 29 April - 6 Mei 1933. Uitgegeven van wege de vereeniging ter bevordering van de belangen des boekhandels. Hierdie keurig gedrukte en geïllustreerde werk is inderdaad 'n geskenk waaroor die vriende van die Nederlandse boek hulle sal verheug. Dit bevat 'n aantal kort bydraes van die hand van bekende skrywers oor onlangs oorlede Nederlandse letterkundiges. Geen swaarwigtige verhandelinge nie, maar persoonlike herinneringe of beskouinge wat die persoon van die kunstenaar nader aan ons bring en dikwels mooi insigte in sy kuns gee. Hoe roep die bydraes oor Emants, Van Looy, Buysse, De Meester, Couperus, Heyermans en so veel ander 'n hele tydperk van ryke kunsproduksie voor ons op, en watter weemoedige vreugde gee die reeks goeie portrette en facsimilés van handskrifte ons. En dan... hierdie werkie bring ons die eerste gepubliseerde portret van Herman Gorter! ‘Geschenk’ van 1933 is mooier as die van 1932, waarin meer as een skrywer wat oor sy eie kuns en bedoelinge skrywe, verval in die vergeeflike maar minder interessante fout van selfgenoegsaamheid. Dit sal ook 'n sekere literêrhistoriese waarde bly behou. Die voortrekkers en hul kerk. Sketse uit die kerklike geskiedenis van die groot trek. Deur Eerw. A. Dreyer. Nas. Pers, Bep., Kaapstad, 1932. (Prys 3/3). Hierdie werkie van die bekende argivaris van die Kaapse Kerk gee interessant vertelde en gedokumenteerde mededelinge omtrent die houding van die Kaapse Kerk teenoor die Voortrekkers tydens die Trek en later. Verder 'n hoofstuk ‘Godsdienssin van die Voortrekkers’, een oor ‘Eerste Kerkgeboue’ en een oor ‘Die Ring van Transgariep’. Veral die eerste deel is interessant. Hierdie stuk kerkgeskiedenis is van die grootste belang vir ons kulturele en politieke geskiedenis, en ons kan Eerw. Dreyer dankbaar wees dat hy die gewone leek 'n kykie daarin gegee het in hierdie sketse wat ‘gegrond is op offisiële stukke wat ek enige jare gelede in 'n versameling van Boustowwe getietel “Die Kaapse Kerk en die Groot Trek” in die lig gegee het.’ Die werk is smaakvol uitgegee en bevat 'n aantal mooi illustrasies. {==11==} {>>pagina-aanduiding<<} Dramas. Hantie kom huis-toe. Deur P.W.S. Schumann. J.L. van Schaik, Bep., Pretoria. (Prys 3/6.) Die titelblad bring die mededeling: ‘Hierdie stuk is deur die Krugersdorpse Munisipale Vereniging vir Drama en Opera met 'n eerste prys bekroon in die Suid-Afrikaanse Toneelskryf-kompetisie deur hulle in 1932 gehou.’ Met Jochem van Bruggen se dramatiese bewerking van ‘Ampie’ het die armblanke ook sy verskyning in ons drama en op die toneel gemaak - iets wat ons met gemengde gevoelens begroet. Die skrywer van ‘Hantie kom huis-toe’ is besield met 'n mooi ideaal - die besef van ons roeping teenoor die armblanke wat hy eerlik in sy diepe gesonkenheid uitbeeld. Die plig van ‘persoonlike belangstelling in hierdie ongelukkiges’ predik Schumann deur ons die nobele pligsgevoel te teken van 'n meisie wat gebore is van 'n armblanke-familie, deur 'n welgestelde tante opgevoed word en later die wrede ontdekking van haar afkoms doen - sy sien af van alles wat die lewe en die liefde haar bied en voel dat haar roeping is by haar eie mense. Hierdie drama bevat goeie eienskappe: die dialoog is vlot en lewendig, die tekening van die diep gesonke armblankes goed - veral die senuweeagtige, doellose gejaagdheid van Tant Grieta by die koeliewinkel. Tog het die outeur in sy hoofmotief nie geslaag nie. Wel verkeer Hantie in tweestryd en kan nog nie afsien van haar geliefde nie. Maar hierdie amper sieklik geeksalteerde meisie, wat mistieke gemeenskap het met God en Hom dan aanspreek as ‘Jong’, kom op alte mistieke wyse tot haar besluit om haar lot in te werp met haar familie - daardeur is die konflik aan die drama ontneem. Die figuur van Hantie is nie oortuigend nie. Dis dan ook opmerklik dat alleen síj opgeskroefde taal gebruik: ‘Dan is die nag my deel, en ek omhels die duisternis soos 'n bruidegom’. Dat sy, voor sy nog van haar afkoms weet, so aangetrek word deur die tonele van lyding en armoede in Kaapstad se agterbuurte, is goed gesien. Maar hoe is dit moontlik dat haar tante haar onvoorbereid huis-toe laat gaan! En hoe stapel die outeur wreedheid op wreedheid deur eers haar geliefde sy vernederende woorde te laat uitspreek oor haar familie sonder dat hy weet dat die haar familie is, haar dan na die krot in Lappiesdorp te bring, die toneel van onwettige drankhandel en verliederliking, en tenslotte haar te laat ontdek dat die liederlikste tipe van almal, die man van wie sy 'n afsku het, haar vader is. Teenoor die realisme waarmee hierdie armblankes geteken is, openbaar die skrywer onmag om Hantie sielkundig oortuigend te teken. Sy word geen lewende mens nie, bly slegs 'n skim, die begrip van selfopoffering. Die greep om haar tydens 'n floute God te laat sien, kan tog nie as die oplossing dien nie. Ons het hierbo gesê dat ons die verskyning van die armblanke op die toneel met gemengde gevoelens begroet. Die vertolking van Van Bruggen se ‘Ampie’ deur 'n begaafde kunstenaar wat egter óf die diepere betekenis, die uit innige deernis gebore humor, nie begryp het nie, óf doelbewus na 'n lagsukses gestreef het en van die gesonke deel van ons volk 'n spotbeeld gegee het waaroor duisende Afrikaners geskater het, het ons oë geopen vir die gevaar. Wat moet ons verwag van die opvoering van 'n drama waarin die armblanke in nog veel skriller kleure en sonder die alles begrypende en vergewende glimlag van Van Bruggen se humor geteken is, terwyl die poging om die bange sielestryd uit te beeld van die van hierdie verwording geredde heldin, misluk is? {==12==} {>>pagina-aanduiding<<} In die dae van van Riebeeck. 'n Historiese toneelstuk in drie bedrywe. Deur Sannie Metelerkamp. J.L. van Schaik Bep., Pretoria. (Prys 2/6.) Derrick van Eltsen, bootsman van die ‘Dromedaris’, waag dit om na die liefde te streef van Mina van Laun, die niggie van die kommandeur Van Riebeeck. As sy hom, deur 'n misverstand, koel behandel, stem hy toe om leier te word van 'n groepie deserteurs. Hulle word gevang en swaar gestraf. Uiteindelik blyk dit dat hy van hoë afkoms is, toekomstige Graaf van Maastricht en Direkteur van die N.O.I.C. Slottoneel: die heildronk op Suid-Afrika se eerste bruid onder die sing van die volkslied! Hierdie vlotgeskrewe drama, met sy lewendige romantiese handeling, sal seker 'n aangename speelstuk blyk. Die klugtige ‘inboorlinge’ en die troulustige weduwee Martha Maart, wat Anthonie Ongers forseer om haar vierde man te word, verskaf die komiese element. Die swart verraad. 'N Drama in vyf bedrywe, deur Eugène N. Marais. Afrikaanse Pers, Bep., Pretoria. (Prys 3/6.) Hendrik Janse van Rensburg en sy stiefseun Petrus Coetzee het in hulle jeug die berugte ‘Swart Verraad’ gepleeg teen hulle eie volk in die oorlog teen Mapela. Coetzee word later 'n ‘dronkaard-padloper’ en pers Van Rensburg gedurig geld af deur te dreig om die geheim te verraai. As hy sy belofte breek om sy gesig nie meer op Windhoek te wys nie, gelas Van Rensburg sy prokureur om die by kontrak vasgestelde betalings aan hom te staak. 'n Samekoms word egter gereël waarby Coetzee in 'n beëdigde verklaring sy beskuldiginge sal terugtrek. As kommandant Fouché, wat die Mapela-oorlog meegemaak het, 'n spannende verhaal vertel hoe hy destyds twee blanke seuns verraad sien pleeg het maar dit nou as 'n droom beskeu, ontwaak die deur die drank versufte Coetzee skielik en wil die verraaier aanwys. Sy seun wil hom tot bedaring bring, stoot per ongeluk die lamp om, 'n skot weerklink in die donker, en as daar lig gemaak word, blyk dit dat Coetzee is wat doodgeskiet is. Dis blykbaar Van Rensburg se dogter, Enon, wat die moord begaan het. Verbysterd roep haar vader uit: ‘Tot op die vierde en vyfde geslag van onskuldiges sal die straf val.’ 'n Werklike drama het hierdie romantiese verhaal nie geword nie. Die slot laat meer aan 'n speurdersroman dink. Enon spreek wel 'n paar keer haar bekommernis uit oor die gevaar dat haar vader se goeie naam bedreig word (die juiste van die saak weet sy nie) en sê selfs: ‘Die dood sou vir my niks wees om dit te verhinder nie,’ maar dit is slegs 'n ‘clue’ vir die speurdersverhaal! Wat in haar siel omgaan, weet ons nie - hoe sy tot so'n gewelddaad gekom het, is nie gemotiveer nie. Hektor Coetzee speel 'n rol waarmee in 'n klug sukses behaal kon word, en Pierre is 'n dwase karikatuur. Die dialoog is ook telkens onnatuurlik. In die gewoel. Toneelstuk in drie bedrywe, deur E.A. Schlengemann. J.H. de Bussy, Pretoria. (Prys 3/6.) Die lees van hierdie nagelate drama van die talentvolle skrywer van ‘Die Drie van der Walts’, wat so gunstig ontvang is, dat 'n tweede druk reeds op die pers is, vervul ons met weemoed. Daar skuil belofte in die jonk oorlede outeur se werk. Louis Terblanche, 'n jong skilder met nie te veel wilskrag nie, is getroud met die opgeruimde, moedige Marie, wat bereid is om armoede met hom te deel en self vir die lewensonderhoud te werk sodat haar man ‘buite die gewoel’ kan bly en hom aan sy kuns kan wy. Deur 'n misstap. vervalsing van 'n tjek as hy geld dringend nodig het vir sy siek vrou, val Louis in die hande van {==13==} {>>pagina-aanduiding<<} 'n bende sluwe afpersers. Hy neem nou noodgedronge die mooi aanbod van sy vriend De Wet aan en word klerk op sy kantoor. Daar ontstaan egter 'n verwydering tussen hom en sy vrou as hy, omdat hy gereeld groot somme moet betaal vir die stilswye van die Noordhuizen-bende, op suinigheid moet aandring sonder om Marie in sy vertroue te kan neem. Met die ontknoping rehabiliteer Louis hom deur te weier om sy bevryding te koop met verraad teenoor sy vriend. Noordhuizen word gevang en die misverstand tussen die egpaar uit die weg geruim. Dit alles is nog wel geen hewige innerlike dramatiek nie, maar dis in hoofsaak oortuigend. Wat veral bekoor, is die natuurlike, vlotte dialoog. Ook hierdie tweede drama sal 'n dankbare speelstuk bly. Die smaakvolle uiterlik verdien vermelding. Vader des Vaderlands. Heldendrama door Eduard Veterman. A.J.G. Strengholt, Amsterdam, 1933. 'n Drama in die tegniese sin van die woord is hierdie werk oor Willem die Swyger van die bekende skrywer van toneelstukke, wat o.a. ook Timmermans hulp verleen het by sy ‘Leontientje’, nie. Dis 'n reeks van nege taferele waarin die heldestrewe van die Prins uitgebeeld word. Die mees spannende momente uit hierdie heroïese lewe word weergegee in tonele van sterk dramatiese spanning. Dis begryplik dat die Idee wat die Prins se lewe beheers het, hier veral beklemtoon is en dat Oranje hierdie Idee soms miskien meer bewus en met 'n juister insig en groter historiese perspektief uitspreek as histories wel moontlik was. Maar dis 'n reeks knappe en uitstekend geslaagde tonele wat groot verwantskap vertoon met die beste in Bernard Shaw se ‘Saint Joan’. Hoe graag sou ons die opvoering hiervan bygewoon het. Dis te hope dat hierdie werkie sy plek sal kry in al ons skoolbiblioteke en deur ons jonger generasie bestudeer sal word - desnoods, want dis mos glo die enigste middel om 'n boek gelees te kry, as voorgeskrewe werk. Daarmee stempel ons dit nie tot 'n kinderboek nie - ons beveel dit sterk aan by almal wat graag 'n boeiende en mooi dramatiese werk lees. De dolende soldaat. Een radiotreurspel in 3 bedrijven, door Martin Beversluis. N.V. Servire, Den Haag, 1932. Die digter sê van hierdie radio-spel: ‘Het wil niet worden ingelijfd bij de Vaderlandsche letteren; het wil slechts een deel uitmaken van het manifest, dat tegen den oorlog geschreven is en wordt geschreven.’ Na literêre skoonheid streef die outeur dan ook nie, en die waarde daarvan kan ons nie suiwer letterkundig soek nie. In sobere verse word uitgebeeld die skynheilige verheerliking van ‘die onbekende soldaat’, hoe hy uit sy graf styg en die wêreld ingaan om te sien wat die vrug van sy offer is - hy vind niks as jammer, werkeloosheid, die haat waaruit 'n nuwe oorlog dreig om te ontbrand, en hy eindig: Laat mij nu den steen weer tillen... Laat de dood mij weer omgeven... Liever zal ik eenzaam wezen, dan gemeenzaam met dit leven. Hier en daar bereik die digter 'n sterk effek, veral aan die einde van die tweede bedryf in die herhaling telkens van die verskillende persone se slotwoorde. As hierdie stuk streng simbolies opgevoer word, moet dit ongetwyfeld van dramatiese werking wees. Die sober simboliek van die ontwerp op die omslag verdien vermelding. {==14==} {>>pagina-aanduiding<<} Vir die Jongspan. Die silwervaring. 'n Rugby-verhaal deur I.D. du Plessis. Nasionale Pers Bep., Kaapstad. (Prys 4/-.) Die doel van hierdie vervolg op ‘Die Springbok’ is ‘om 'n gesonde sportgees te bevorder, om ons rugby-terminologie te bestendig en om leesstof vir die jongspan te verskaf’. Meer as een sal die vraag stel of dit nodig is om ons seuns nog meer te laat lewe in sport en internasionale voetbaltoere! Maar die skrywer kan hierop antwoord dat dit nou eenmaal die romantiek is wat die moderne seun se siel in beslag neem en die plek inneem van die roweren Rooihuidstories wat sy vader se verbeeldingslewe gevoed het. Du Plessis het 'n vlotte, onderhoudende boek geskrywe in 'n aangename trant en suiwer taal en styl. ‘Die Silwervaring’ is 'n aanwins vir ons seunslektuur. Kinders van Suid-Afrika. Deur C.R. Swart. Nasionale Pers, Bloemfontein. (Prys 3/9.) Die skrywer sê in sy inleiding: ‘In die volgende bladsye word beskrywings gegee van 'n aantal heldedade wat deur kinders in ons geskiedenis verrig is. Ook word daar een en ander vertel van die rol wat die kind in ons geskiedenis gespeel het, en wat hy moes ondergaan en deurstaan in die dae en jare en eeue wat verby is. Die vertellings in al hierdie aangetekende gevalle berus op feite. Dit is geskiedenis en nie sommer stories en verdigsels nie. Alleen hier en daar is daar by wyse van aanvullings van beskrywings gebruik gemaak van 'n bietjie geregverdigde verbeelding wat inpas by die omstandighede.’ Hierdie boek is 'n aanwins vir die skool- en huisbiblioteek. Elke ouer, elke onderwyser wat daarmee kennis maak, sal dadelik voel dat hy sy kinders of leerlinge hierdie uitstekende lektuur nie mag onthou nie. Mnr. Swart is 'n onderhoudende verteller en 'n goeie pedagoog. In hierdie verhale voer hy sy jeugdige lesers dwars deur ons geskiedenis, van die dae van Jan van Riebeeck tot die Tweede Vryheidsoorlog. Hy praat in die taal van die kind, 'n gemoedelike geselstrant, hy weet wat sy jeugdige lesers interesseer, en, sonder om hinderlik didakties te word, kweek hy by hom 'n gesonde nasionale gees aan, laat hy hom op aangename wyse kennis van die volksverlede opdoen. Ook vir die ouer wat nie met 'n groot mate van verbeeldingskrag begaaf is nie en saans voor die taak staan om sy jongspan se hongerige fantasie met stories te moet voed, is hierdie boekie 'n ware uitkoms. Die styl is besonder aangenaam, maar die taal is nie heeltemal sonder vlekkies nie en die interpunksie gebrekkig. Kinders van die voortrek. Deur Miemie E. Rothmann. (Self-lees-serie.) 2e druk. Nasionale Pers Bep., Kaapstad. (Prys 3/6.) Hierdie werkie behoort algemeen bekend te wees. Dit doen die ‘Self-lees-serie’ alle eer aan. Die seun of dogter wat een bladsy daaruit gelees het, sal dit sonder enige aansporing agtermekaar uitlees. En menige volwassene ook! Die simpatiekste van hierdie werkie is wel dat die skryfster haar krag nie soek in beskrywinge van oorlogsgeweld en wreedheid en heldemoed nie (dat sy die dinge treffend kán beskrywe, daarvan gee sy ruimskoots blyk), maar haar veral daarop toelê om die daaglikse lewe van die Trekkers uit te beeld. Deur haar eenvoudige verhaal van die lief en leed van 'n Trekkersfamilie, hulle {==15==} {>>pagina-aanduiding<<} daaglikse doen en bedrywighede ,het mevr. Rothmann daarin geslaag om haar jong lesers nader te bring aan daardie belangrike tydperk in ons geskiedenis. Die Voortrekkers bly vir hulle nie amper bomenslike bedrywers van heldedade nie, maar word mense, en daardeur word hulle heldemoed des te beter besef. Mevr. Rothmann kan uitstekend vertel en beskik oor 'n suiwere, eenvoudige styl - juis die styl waarin hierdie verhaal vertel moes word. Drosters. Twee boeiende verhale vir kinders, deur M.H. Theunissen. Self-lees-serie. Nasionale Pers, Bep., Kaapstad, 1932. (Prys 2/-.) Ook hierdie deeltjie doen die serie eer aan en bied goeie leesstof vir kinders. Die avontuurlike verhaal van hoe Jan en Martin deel neem aan die dryfjag op die moordenaar Radipêla sal die seuns se oë laat glinster. Die wyse waarop Radipêla hom self kom oorgee is 'n fyn stukkie Kaffer-sielkunde, maar die seuns sal dit nog wel nie verstaan nie. Die soektog na Pietjie Verryn is mooi vertel en sal menige volwassene boei - die tekening van die kindersiel is hier ook goed geslaag. Gelukkige outjies. Sketsies van die plaaslewe. Deur Léon Maré. Met prentjies van Annie Coster. J.H. de Bussy, Pretoria, 1932. (Prys 2/9.) Bartjie Koekemoer en ander seunsverhaaltjies. Deur Léon Maré. J.H. de Bussy, Pretoria. (Prys 2/9.) Hier het ons twee uitstekende, smaakvol uitgegewe kinderboeke. Wat die werkies besonder aantreklik maak vir die kleinspan, is dat die plaaslewe en die sfeer van die plaas hier so mooi uitgebeeld is. Orals voel 'n mens hoe die skrywer self sy hart ophaal aan wat hy hier beskrywe. Maré se skerp oog vir die kleurige uiterlik van die dinge blyk op elke bladsy, sonder dat hy bewus literêr of artistiekerig word - dit bly kinderboeke waarin die skrywer self weer kind is. ‘Gelukkige Outjies’ is vir kinders van 6 tot 8 jaar en bevat bekoorlike beskrywings van al die dinge wat die lewe van die plaaskind vul: 'n veldbrand, 'n piekniek, voëlnessies, sprinkane, die dorsmasjien, tal van voorvalletjies uit die dierelewe, esv. ‘Bartjie Koekemoer’ is 'n seunsboek met verhale en sketse oor die dinge wat 'n seun se belangstelling het: voorvalle uit die skoollewe, jagstories, avontuurlike visvangste esv. Kroniek. ALICE NAHON, die bekende Vlaamse digteres, is op sewenendertigjarige leeftyd oorlede nadat sy jare in die skadu van die naderende dood geleef het. M'n hoofdje hangt gebogen, M'n woningske wordt zwart; Het deemstert in m'n oogen..., Het deemstert in m'n hart. Van haar veelgelese gedigte, waarin die invloed van Gezelle duidelik merkbaar is, het verlede jaar 'n versamelde uitgawe verskyn by De Nederlandsche Boekhandel, Antwerpen. Dr. G. BESSELAAR, wat so'n belangrike rol gespeel het in die taalstryd in Natal en vroeër professor in Nederlands en Afrikaans was aan die Natalse Univer- {==16==} {>>pagina-aanduiding<<} siteitskollege, is benoem tot buitengewone hoogleraar in die Afrikaanse taal- en letterkunde aan die Gemeentelike Universiteit, Amsterdam. Hy het op 9 Oktober j.l. hierdie amp aanvaar met 'n rede oor ‘Afrikaanse Taal- en Letterkunde Universitair Studievak te Amsterdam’ (Swets en Zeitlinger, Amsterdam). Hierin betoog hy dat die instelling van hierdie leesstoel voortvloei uit ‘gepast Nederlands gevoel van eigenwaarde’, uit trou aan die tradisie van Nederland as een van die eerste en trouste beoefenaars van die vergelykende studie van die Germaanse tale, uit 'n besef van ‘universitaire plicht om te vervullen een specifiek Nederlandsch wetenschappelike taak’ en ‘uit begeerte tot culturele samenwerking met het Afrikaanse broedervolk’. Die hoogleraar betoog dat daar bestaan ‘de specifiek Nederlandse wetenschappelike taak om methodies te peilen het Afrikaanse wezen in taal en letteren, in geschiedenis en cultuur’. Hy kan nie 'n afgeronde program van studies aanbied nie maar sal hom laat lei ‘door openbaar wordende behoeften’. Hy noem 'n aantal onderwerpe op taalkundige, letterkundige, historiese en kulturele gebied wat behandel sal word. LEVINA, die dramatiese verwerking van Jochem van Bruggen se ‘Die burgemeester van Slaglaagte’, word tans onder leiding van die outeur op verskillende dorpe opgevoer. Die heer Viljoen gee 'n fyn deurvoelde vertolking van Oom Lood, terwyl mej. N. van Bruggen as Levina haar 'n veelbelowende, talentvolle toneelspeelster betoon. Ons verwelkom die verskyning van die nuwe tweemaandelikse tydskrif KOERS - dis eintlik 'n voortsetting van ‘Die Wagtoring’, wat gereorganiseer is. Die strewe bly dieselfde: ‘dit wil die beginsels van die Heilige Skrif volgens die interpretasie van die Calvinisme propageer op die verskillende terreine van die lewe’. Dit sal egter groter verskeidenheid van stof bied. Veral sal ‘soveel moontlik rekening gehou word met vraagstukke wat van aktuele belang is’ op alle terreine van die lewe. Die eerste twee nummers gee goeie verwagtinge en bring 'n mooi verskeidenheid van deeglike artikels. Om 'n aantal te noem: Soewereine onafhanklikheid en Koalisie, C.N.O., Die Krisis van die demokrasie, Droogte en natuurlike bodembedekking, Die Godsdiens van die kleuter, Rasverhoudinge, Die huidige ekonomiese ontwrigting. Die uitgewers is A.H. Koomans, Bep., Bus 123, Potchefstroom, en die intekengeld 10/- per jaar. HERMAN POORT wat deur sy lesings soveel gedoen het vir die ontwikkeling van die letterkundige smaak en belangstelling in die literatuur in Nederland, is onlangs oorlede. Sy bundeltjie studies, ‘Litteratuur’, is in ons land welbekend. Ook HENRI BOREL, wat soveel populariteit verower het met sy romans ‘Het Jongetje’ en ‘Het Meisje’, maar veral verdienstelik is deur sy boeke oor China, wat in Engeland en Amerika opgang gemaak het, is oorlede. *) Dr. J.C.A. Fetter: Willem van Oranje, etc., p. 21. *) ‘Die Bergtragedie’ en ‘Skoonheidstroos’, Die Nasionale Pers, Kaapstad, 1932. Die kosbare papier en die smaakvolle letter, veral van ‘Die Bergtragedie’, waarmee die band egter nie in ooreenstemming is nie, verdien vermelding. *) Kursivering in hierdie opstel orals van my. *) Let op die klankekspressie waardeur ons die gepiep van die swaeltjie hoor! *) Hierdie reproduksie, sowel as ‘Jongmeidjie’, ‘Oom Piet’ en ‘Nena’ kon ons ongelukkig nie in hande kry nie. 1) Mnr. Steen het van daardie portrette tydens die Engelse oorlog duisende reproduksies op briefkaarte van Holland uit in Engeland laat versprei. 1) Uit ‘Die Liefde van Catullus’ (wat eersdaags verskyn by Die Volksblad Drukkery, Bloemfontein). 1) Ek gebruik die eerste en nie die veranderde en verbeterde tweede druk nie, omdat my doel veral is om die digter se ontwikkelingsgang na te gaan. 2) Dis hier nie die plek om daar nader op in te gaan nie - ook nie op al die anglisismes nie. Slegs een opmerking moet my van die hart: wanneer sal Leipoldt tog besef dat ‘tril met jammer’, ‘dof met die dreun’, sat met prag’ esv. Engels is, en dat ons hier die voorsetsel van gebruik? 1) Vgl. bv. W. Stammler: ‘Die Totentänze des Mittelalters’ (München 1922), en die mooi studie ‘Der Totentanz, seine Entstehung und Entwicklung’ (Berlin 1926), van G. Bucheit waarin 'n sorgvuldige bibliografie van die uitgebreide dodedans-literatuur voorkom. Vir 'n pragtige kultuurhistoriese beeld van die 14de en 15de eeu word die belangstellende verwys na die klassieke werk ‘Herfsttij der Middeleeuwen’ van Prof. Huizinga. Hierdie werke is o.a. geraadpleeg deur skrywer van hierdie artikel. 1) Aan die vervalle toestand waarin die bewaard geblewe muurskilderinge verkeer, is dan ook te wyte dat die reproduksies wat hierdie studie illustreer, nie duideliker is nie. 1) Die muurskilderinge is tot 25 tree lank! 1) Nasionale Pers, Bpk., Kaapstad, 1932. 1) Nasionale Pers, Bpk., Kaapstad, 1932. 1) Kloostergevangenissel. Letterlik (Latyn): in vrede. - Vert. 2) Dood deur vuurmarteling. - Vert. 1) Kom uit! - Vert. 1) Uit die inleiding tot 'n bundel Nieu-Hebreeuse kortverhale wat by die firma J.H. de Bussy ter perse is. 1) Kolchoz: Gezamenlijke boerderij onder het collectivizatiestelsel. 2) Moezjiek: Russische boer. 3) C.G. Jung: ‘Seelenprobleme der Gegenwart’. 4) Koelak: Welgesteld boer die ook handel drijft en de armere boeren uitzuigt. 5) Ogpu: Geheime politieke politie (vroeger bekend als Cheka).