Afrikaanse volksliedjies. Deel 2. Minneliedjies S.P.E. Boshoff en L.J. du Plessis GEBRUIKT EXEMPLAAR exemplaar universiteitsbibliotheek Leiden, signatuur: 1129 F 24 ALGEMENE OPMERKINGEN Dit bestand biedt, behoudens een aantal hierna te noemen ingrepen, een diplomatische weergave van Afrikaanse volksliedjies. Deel 2. Minneliedjies van S.P.E. Boshoff en L.J. du Plessis uit 1921. REDACTIONELE INGREPEN Bij de omzetting van de gebruikte bron naar deze publicatie in de dbnl is een aantal delen van de tekst niet overgenomen. Hieronder volgen de tekstgedeelten die wel in het origineel voorkomen maar hier uit de lopende tekst zijn weggelaten. Ook de blanco pagina's (p. 4, 6, 8 en 12) en de advertenties (p. 170-172) zijn niet opgenomen in de lopende tekst. [pagina 1] ‘MINNELIEDJIES’. [pagina 2] By die uitgewers van hierdie boekie het ook verskyn: AFRIKAANSE VOLKSLIEDJIES ‘PIEKNIEKLIEDJIES’ (BALLADE-POËSIE) DEEL 1 (a en b) WOORDE MET TOELIGTINGE EN WYSIEMUSIEK DEUR S.P.E. BOSHOFF EN L.J. DU PLESSIS J.H. de BUSSY: PRETORIA, AMSTERDAM. HOLL.-AFRIK. UITGEVERS MIJ. v/h J. DUSSEAU & Co.: KAAPSTAD. [pagina 3] AFRIKAANSE VOLKSLIEDJIES ‘MINNELIEDJIES’. Woorde met Toeligtinge en Wysiemusiek DEUR S.P.E. BOSHOFF EN L.J. DU PLESSIS DEEL II J.H. de BUSSY: PRETORIA, AMSTERDAM. HOLL.-AFRIK. UITGEVERS MIJ. v/h J. DUSSEAU & Co: KAAPSTAD. 1921 [pagina 9] INHOUD INLEIDING. ‘AFRIKAANSE MINNELIEDJIES’. Bls. 1. Die Liedjies 13 2. Die Afrikaner se Vryery 32 3. Die Huwelik en die Bruilof 36 4. Die Nuwe Jaar 37 A. AFRIKAANSE VOLKSLIEDERE WAT BERUS OP OU HOLLANDSE LIEDERE. 1. ‘Jagters Minnelied’ 39 2. ‘Die Nonnetjie en die Riddertjie’ of ‘Ek ging op hoë berge staan’ 43 3. ‘Skoon Isabel’ 48 4. ‘Floris en Anaatjie’ 53 5. ‘Klaaglied van 'n Minnaar’ 56 6. ‘Ewig sal ek jou beminne’ 59 7. ‘Vaarwel’ 62 8. ‘Die Wêrelds Beloop’ 65 9. ‘Hoe vermaaklik is die dae’ 67 10. ‘Groenlands Straatjies’ 70 11. ‘Kom Vriende, alle hier in d'rond!’ 74 12. ‘Sou ek dan my lewensdae’ 77 13. ‘Daar was 'n Meisie van waarde’ 78 B. AFRIKAANSE VOLKSLIEDERE WAT BERUS OP ‘KUNSLIEDERE’ EN VERTALINGS. 14. ‘Die Afrikaanse Pop’ 81 15. ‘Mama, 'k wil 'n Man hê! 87 [pagina 10] 16. ‘Grietjie’ 90 17. ‘Gertjie’ 93 18. ‘Antjie Schut’ 96 19. ‘Alie Brand’ 100 20. ‘Die Steweltjies van Sannie’ en ‘Môre oompie, Môre Tannie! 103 21. ‘Sannie Beyers’ 108 22. ‘Ek is 'n arme Engelsman’ 110 23. ‘Dapper du Preez’ of ‘Die jonge Dupreez’ 114 24. ‘Swart Jasper’ 118 C. MIN OF MEER SUIWER AFRIKAANSE VOLKSLIEDJIES. 25. ‘My bruin oë’ 125 26. ‘Wewenaars Lied’ 129 27. ‘Die treurende Minnaar’ 131 28. ‘Hier sit ek onder die hoogte’ 133 29. ‘My Hartjie, my Liefie’ 135 30. ‘Ek vat haar aan haar handjie’ 136 31. ‘Mooie Meisies, fraaie Bloeme.’ (Nonnaslied) 137 32. ‘Ag, Jannie, trou jou lewe nie(t)’ 140 33. ‘Klein Miena's Lof’ 141 34. ‘Ag, liewe Lettie! 143 35. ‘Oom Willie’ 143 36. ‘Piet Visage’ 145 37. ‘Hand in die Sy’ 146 38. ‘Die Vaalhaar Noointjie’ 146 39. ‘Appelliefie, jou blaar!’ 147 D. FRAGMENTE? 40. ‘Die Iep en die Ap’ 148 41. ‘Meisieslied’ 149 42. ‘Volstruis is dood’ 150 43. ‘Daar kom die Trippelaar’ 151 44. ‘Wilhelmien’ 152 45. ‘Ou Pietie’ 153 46. ‘Skuins Tamboer’ 155 47. ‘Soetliefie, jy moet skeide’ 156 48. ‘Liedjie van Verlange’ 156 49. ‘Onlangs kom van Koeberg hier’ 159 [pagina 11] 50. ‘Treurigheid en Troos’ 160 51. ‘Die Blouoog’ 161 52. ‘Mama, maak tog oop die deur’ 162 53. ‘Die Nooi met die Lokke’ 162 54. ‘Wie kom daar in die rooi pad aan?’ 163 55. ‘Toe maar Niggie, sê maar ja!’ 164 56. ‘Niggie, Niggie, sê tog ja!’ 165 57. ‘Afsê-liedjie’ 165 58. ‘Teleurgestelde Liefde’ 166 59. ‘Vaarwel!’ 166 60. ‘Liefde is nes 'n jong Komkommer’ 167 61. ‘Flip en Anaat’ 168 62. ‘Jannie en Sannie’ 169 2010 dbnl / erven S.P.E. Boshoff / erven L.J. du Plessis bosh002afri02_01 DSOLmetadata:yes grieks S.P.E. Boshoff en L.J. du Plessis, Afrikaanse volksliedjies. Deel 2. Minneliedjies. J.H. de Bussy, Pretoria, Amsterdam / Holl.-Afrik. Uitgevers Mij. v/h J. Dusseau & Co, Kaapstad 1921 DBNL-TEI 1 2010-01-18 DH colofon toegevoegd Verantwoording Dit tekstbestand is gebaseerd op een bestand van de Digitale Bibliotheek voor de Nederlandse Letteren (https://www.dbnl.org) Bron: S.P.E. Boshoff en L.J. du Plessis, Afrikaanse volksliedjies. Deel 2. Minneliedjies. J.H. de Bussy, Pretoria, Amsterdam / Holl.-Afrik. Uitgevers Mij. v/h J. Dusseau & Co, Kaapstad 1921 Zie: https://www.dbnl.org/tekst/bosh002afri02_01/colofon.php In dit bestand zijn twee typen markeringen opgenomen: paginanummering en illustraties met onderschriften. Deze zijn te onderscheiden van de rest van de tekst door middel van accolades: {==13==} {>>pagina-aanduiding<<} {==Figuur. 1: Onderschrift van de afbeelding.==} {>>afbeelding<<} {==5==} {>>pagina-aanduiding<<} Opgedra aan almal wat in ‘Di Patriot’, in ‘Ons Klyntji’ en elders voorgegaan het om die Afrikaanse volkstradiesie van die ‘liedjiesboekies’ in ere te hou en te handhaaf. {==7==} {>>pagina-aanduiding<<} Voorwoord. In die voorwoord tot die ‘Piekniekliedjies’ (‘Afrikaanse Volksliedjies’, Deel I, A) het ons die bundeltjie alle sukses en goeie vriende toegewens by sy intree in die Afrikaanse boekwêreld. Hy het ook opdrag gekry om die pad oop te maak vir ‘sy boeties wat hom miskien sal volg’. 'n Jaar is verby sinds dié tyd en ons is nou in staat om (met blydskap) te verklaar dat die oudste van die famielie in sy jong lewe reeds 'n paar goeie vriende gemaak het. Maar ons het nog groter nuus, dis namelik, dat die eersteling geen eenling gebly het nie. Die twede broertjie word na 'n jaar hierby te doop gehou. Hy sal sy foutjies hê, nes sy ouboet: liefderyke teregwysing sal met dank aanvaar word! Ons hoop egter dat hy oor die algemeen goed van hom sal laat praat! Veel meer nog as by die eerste bundeltjie was Prof. Boshoff dié keer die outeur van die werk. Ondergetekende kan sy eie werkaandeel in die bundeltjie defineer as die van 'n beskeie medewerker. Paragrawe 2, 3 en 4 van die algemene Inleiding is van ondergetekende se hand, en verder kan hy alleen nog wys op die versameling van enkele liedjies, soos C, 28; D, 40 en D, 54 en ook die Hollandse lesing van ‘Clementine’ (by B, 18). Die algemene resultaat van sy medewerking was die aanvulling of verbetering of ook wel duplikasie van Prof. Boshoff se lesinge (b.v. in A, 10; C, 25; C, 31 en C, 36), en verder wysiging van of toevoeging by sy opmerkings in die algemene Inleiding of in die besondere aantekeninge. *) As die samestellers met hulle werk iets sal kan bydra tot degeliker kennis van en groter liefde vir ons eie Afrikaanse Kultuur, dan sal dit vir hulle beloning genoeg wees! L.J. du P. Potchefstroom, Julie, 1918. {==13==} {>>pagina-aanduiding<<} Inleiding. ‘Afrikaanse minneliedjies’. 1. Die liedjies. In ons inleidingswoord voorin die bundeltjie ‘Afrikaanse Volksliedjies-Piekniekliedjies’ (uitgegee by J.H. de Bussy, Amsterdam, 1918) het ons enkele opmerkings gemaak oor die ‘Lied’ as litteratuursoort, en meer bepaald oor die ‘Volkslied’, waarvan ons aldaar 'n begripsbepaling probeer aangee het, waarna ons hier wens terug te verwys, sodat 'n herhaling daarvan dus hier oorbodig kan geag word. Verder bevat die bogemelde boekdeeltjie, soos die tietel te kenne gee, 'n versameling van 'n bepaalde soort Afrikaanse Volksliedjies, n.l. ‘Piekniekliedjies’. Hier wens ons egter enkele opmerkings te maak oor 'n ander soort van vaderlandse volksliedjies, en wel oor ‘Afrikaanse Minneliedjies’. Ons beskou die liefdesliedjies, wat in hierdie liedereversameling byeengebring is, ook as volksliedjies, omdat hul nes die reeds behandelde piekniekliedjies groteliks gemeenskapsprodukte is, uitdrukkings van volksgevoel, voortbrengsels van volksverbeelding {==14==} {>>pagina-aanduiding<<} en volksvernuf. Maar wat in ons inleiding tot die ‘Afrikaanse Piekniekliedjies’ gesê is, geld ook hier, n.l. dat die min of meer subjektiewe lied van 'n indiwiduele digter dikwels deur sy betrekkelik hoë graad van objektiwiteit en algemeenheid, deur sy populariteit as 'n gevolg van sy aanpassing aan die volksmaak, deur sy ‘Volkstümlichkeit’ dus, in die loop van die tyd 'n volkslied kan word. (vgl. hier onder by die rubrisering). Dit is b.v. die geval met liedjies soos Jannie (De Waal) se ‘Afrikaanse Pop’ (B, 14) met die naïef-luimige aanvangswoorde: ‘Die wêreld, die is baie groot: Dit weet die aap se stert, En oral kry jy meisies, wat 'n Hele boel is werd’.... ens. (Vgl. Dr. N. Mansvelt: ‘Tekstboekje b.d. Hollands-Afrikaanse Liederbundel’, bl. 50). Dit is soms ook die geval met vertalings van sulke liedere uit ander tale, soos in die geval van P.J. H(oogenhout) se ‘Grietjie’, wat 'n vertaling is van 'n Engelse liedjie. (vgl. B, 16). Soms bly net die refrein of koor of selfs net die hoofmotief van so'n kunslied bewaard as 'n volksliedjie. Dit is b.v. die geval met die welbekende volksliedjie: ‘Môre oompie! môre tannie!’ wat berus op Oud-President F.W. Reitz se liedjie: ‘Die Steweltjies van Sannie’. (vgl. B, 20). Dit is dus bes moontlik dat ons enkele liedjies van Afrikaanse volksdigters hier eenvoudigweg opneem as volksliedjies, deurdat hul geestelike vaderskap ons onbekend is; maar waar die bekend is, sal die naam van die digter vermeld word, al het hy ook maar net as doopsgetuie by die liedjie opgetree. Daar kom b.v. in ‘Di Patriot’ en in ‘Ons Klyntji’ verskillende liedjies voor, waaromtrent dit moeilik is om uit te maak of die insenders ook {==15==} {>>pagina-aanduiding<<} die digters daarvan was, en of ons miskien hier te doen het met oorspronklike volksliedjies, waaraan die insenders of die tydskrifredakteurs of beide 'n bietjie ‘gedokter’ het om die h.i. ongelikte en onbeskaafde volkskindertjies na hulle smaak deftige salonkleertjies aan te trek vir hul ‘debuut’ in die boekwêreld. In sulke twyfelagtige gevalle meld ons in elk geval die naam van die insender, as die bekend is. Miskien is daar darem nog ten aansien hiervan deur ons foute begaan, want die feite is moeilik om te kontroleer; maar moontlike teregwysings op hierdie en ander punte van die kant van die welwillende en beter ingeligte leser sal ons hartelik welkom wees. Aan die ander kant word 'n originele volkslied soms deur 'n indiwiduele digter verwerk tot 'n eie subjektiewe kunslied, wat die inhoud of die vorm en ritme van eersgenoemde assimileer, of wat sig 'n ou volksliedrefrein as koormotief of as uitgangspunt van die nuwe liedverhaal toeëien. Die gevolg is dat kunsliedere en volksliedere met mekaar verwar word, en veral dat die volksliedere deur 'n assosiasieproses aanleiding gee tot allerlei vermenginge en nuwe kombinasies, wat 'n mens met 'n term uit die taalwetenskap sou kan aandui as kontaminasieprodukte. 'n Mooi voorbeeld van 'n sodanige ontwikkelingsproses is die by Dr. Mansvelt (t.a.p. op bl. 58) voorkomende volksliedjie ‘Ou Tante Koos’ wat 'n mengsel is van (1) die gelyknamige slampamperliedjie, van (2) die bekende piekniekliedjie: ‘Ander man se koffie, ander man se tee’ (vgl. by die ‘Piekniekliedjies’, A, 9) en ten slotte van (3) die allegoriese minneliedjie met sy blomtaal in die trant van die middeleeuse ‘Roman de la Rose’, met name: ‘Oorkant die spruit staan 'n mooi rooi blom; Hoe sal ek maak om daar te kom?’ ens. 'n Dergelyke geval kom voor by Dr. G. Besselaar (‘Zuid-Afrika {==16==} {>>pagina-aanduiding<<} in de Letterkunde’, bl. 138) wat uit ‘Zuid-Afrika’ van Dr. Hendrik P.N. Muller 'n Afrikaanse volksliedjie aanhaal wat ook 'n kontaminasieproduk is van drie aparte liedjies, n.l. van die twee piekniekliedjies, (1) ‘Vat jou goed, en trek, Ferreira!’ en (2) ‘En rokkies (bolle) wou sy dra’ en van (3) die minneliedjie, ‘Alie Brand’ (vgl. B, 19). Onder die minneliedjies in hierdie bundeltjie kom verskillende voorbeelde van dergelyke kontaminasieprodukte voor (vgl. A, 5; D, 40, D, 42; D, 50 en D, 54). Dit is hier miskien die plek om iets te sê oor ons metode van rubrisering. Ons het die minneliedjies in hierdie versameling ingedeel in A. Afrikaanse Volksliedere wat berus op ou Hollandse liedere, B. Afrikaanse Volksliedere wat berus op ‘kunsliedere’ en vertalings, C. min of meer suiwer Afrikaanse Volksliedjies, en D. Fragmente? Die liedjies onder die eerste rubriek (A) is na hul taalvorme, inhoud en gees beoordeeld, waarskynlik almal van Hollandse oorsprong, alhoewel dit moeilik is om die oorspronklike Hollandse liedere waarop hul berus terug te vind, sodat ons ons in enkele van hul bes moontlik kan misgis hê. In hierdie geval berus ons lesings in hoofsaak op die publikasies in die verskillende jaargange van ‘Ons Klyntji’. In hierdie geval is ons teks dus baie onbetroubaar, want die redaksie van die genoemde tydskrif het maar al te dikwels aan die liedjies ‘gedokter’, moontlik nog selfs nadat dit reeds gedaan was deur die insenders, wat dit uit die onnoukeurige lesings van allerlei ‘liedjiesboekies’ oorgeskrywe of uit miskien minder betroubare mondelinge oorlewering opgeteken het. Die liedere onder die twede rubriek (B) berus min of meer almal op die liedere van indiwiduele digters.... waarvoor ons hier die naam ‘kunsliedere’ gebruik, wat egter om begrypelike {==17==} {>>pagina-aanduiding<<} redes nie 'n heeltemal bevredigende benaming is nie. Dit is dan òf ‘kunsliedere’ (in hierdie sin verstaan) of vertalings van sulke liedere wat in die loop van die tyd volkseiendom geword is en daarom volksliedjies mag genoem word. In hierdie geval berus ons teks op Dr. Mansvelt (‘Tekstboekje b.d. Hollands-Afrikaanse Liederbundel’) en Oud-President Reitz (‘Twee-ensestig uitgesogte Afrikaanse Gedigte’, 5e druk) se lesings, wat veel meer betroubaar is as die van ‘Ons Klyntji’, maar wat tog nog dikwels heel wat te wense oorlaat. Die liedjies onder die derde rubriek (C) is almal min of meer suiwer Afrikaanse Volksliedjies (vgl. Dr. Lydia van Niekerk: ‘De Eerste Afrikaanse Taalbeweging en zijn Letterkundige Voortbrengselen’, bl. 179). In 'n paar gevalle berus ons teks hier, nes in die geval van die liedjies onder A, op die publikasies in ‘Ons Klyntji’, en geld dus hier dieselfde opmerking oor die betrekkelike onbetroubaarheid van ons teks. In die meeste gevalle berus hierdie liedjies egter op mondelinge oorlewering, wat uit die aard van die saak natuurlik altyd onbetroubaar en gebrekkig is. Dit is veral die geval met die liedjies onder rubriek D, wat byna uitsluitelik op mondelinge oorlewering berus, en waarskynlik fragmentaries oorgelewer is. Dit is moontlik, dat wat ons hier vir fragmente aansien, in enkele gevalle volledige volksliedjies is, en daarom dui ons die rubriek aan met 'n vraagteken. Oor die onderlinge verhoudinge tussen die liedjies onder die verskillende aangeduide rubrieke sal ons later 'n woordjie sê. So het dit met ons vaderlandse volksliedjies in die verlede gegaan, en so gaan dit seker vandag nog met hul: hul word gebore op verskillende maniere en plekke, pas hul aan hul geestesomgewing aan, groei, soms aan mekaar, soms deur mekaar, en dan weer soos parasiete op mekaar, ontwikkel en lewe in {==18==} {>>pagina-aanduiding<<} die volksmond, of sterwe uit by gebrek aan aanpassingsvermoë,.. 'n gedurige stryd om die bestaan dus, waarin waarskynlik ook die wet geld van 'n ‘survival of the fittest’. Leersaam is veral die fragmente en 'n vergelyking tussen die minneliedjies en die piekniekliedjies. Ontstaan die Afrikaanse Piekniekliedjies oor die algemeen in verband met piekniekplesierighede, dan is ons liefdesliedjies groteliks gebore by en in verband met bruiloffeeste en die vermaaklike vrolikhede van sulke geselskapsgeleenthede as die Nuwe Jaar, danspartytjies en ook die pieknieks self soms aanbied. Soortgelyke faktore werk mee nie alleen tot die ontstaan van beide soorte van volksliedjies nie, maar ook tot hul verspreiding oor die lengte en die breedte van die land (vgl. die Inleiding by die reeds gemelde bundeltjie ‘Afrikaanse Volksliedjies-Piekniekliedjies’). As 'n gevolg van die wyse van hul oorsprong en voortplanting word beide soorte van volksliedjies dan ook in gelyke mate gekenmerk deur allerlei kontaminasieverskynsele (vgl. hierbo) en deur die aanwesigheid van 'n groot verskeidenheid variante.... 'n gemeenskappelike karaktertrek van alle volkspoësie. Hoe meer populêr en verspreid 'n volksliedjie is, hoe meer variante vertoon dit, en omgekeerd kan 'n mens die gevolgtrekking maak, wat logies onwaar maar psigologies tog waar is, dat hoe meer variante 'n volksliedjie vertoon, hoe meer is dit verspreid onder die volk gewees. In wyse van oorsprong en verspreiding en gedeeltelik ook in uiterlike vorm bestaan daar 'n mate van ooreenkoms tussen die piekniekliedjies en die minneliedjies, sodat dit dikwels moeilik is om die verskillende liedjies van mekaar te onderskei en in vaste rubrieke te klassifiseer. Onder die piekniekliedjies het ons alleen geplaas liedjies, waarvan ons weet dat hul op pieknieks {==19==} {>>pagina-aanduiding<<} gesing word, maar baie van hul het 'n liefdesinhoud en kan dus ook as minneliedjies beskou word. Aan die ander kant is daar verskillende liedjies, wat na hul inhoud beoordeeld suiwerder minneliedjies is as baie van die wat hier volg, maar wat onder die dansliedjies (in 'n volgende bundeltjie) geklassifiseer word weens hul dansritme en die feit dat hul gesing word as begeleidinge by verskillende dans-soorte. In hierdie inleiding word b.v. enkele liedjies aangehaal, wat mag beskou word tiepies te wees vir die Afrikaner se liefdesopvatting, en tog het ons hul om die hierbo gemelde redes by die dansliedjies geklassifiseer. Die liedjies wat in hierdie liederbundeltjie genoem word ‘Koudleiliedjies’ beklee b.v. ook 'n heel eienaardige posiesie, want hul werd, en word gedeeltelik nog, gesing by dansgeleenthede, terwyl die pare na afloop van die dans mekaar koudlei vóór die volgende ‘vervat’, sodat 'n mens geneig sou wees om hul by die dansliedjies 'n plek te gee, terwyl hul na die inhoud beoordeeld eintlik minneliedjies is, waarby ons hul dan ook 'n plekkie toegeken het. Daar sal gevolgelik in ons liederbundeltjies dikwels 'n skynbare onvolledigheid veroorsaak word deur ons rubrisering, sodat iemand miskien in 'n bepaalde bundeltjie van ons serie 'n liedjie sal soek wat hy daar nie sal vind nie; maar die onvolledigheid is skynbaar, omdat in elke bundel net 'n seker soort liedjies behandel word, sodat die leser moontlik in 'n volgende bundeltjie sal vind wat hy reeds in 'n voorgaande gesoek het. Natuurlik bly daar ook 'n werklike onvolledigheid, omdat 'n mens moeilik al die volksliedjies wat oor die lengte en breedte van Suidafrika versprei is in hande kan kry, en later aanvullings altyd nodig sal bly. By al die ooreenkoms wat ons bo opgemerk het tussen die piekniekliedjies en die minneliedjies, is daar tog 'n aanmerklike {==20==} {>>pagina-aanduiding<<} verskil, wat veroorsaak word deur die verskillende bestaansvoorwaardes van die twee soorte volksliedjies. Die hoofbestaansrede van die piekniekliedjies, soos aldaar aangetoon werd, is die behoefte aan 'n woordbegeleiding wat ritmies harmonieer met sekere dansbewegings... vandaar dat by die piekniekliedjies die woordritme hoofsaak en die woordbetekenis heeltemal bysaak is, sodat daar gewoonlik weinig sin in die piekniekliedjies is, maar veelmeer 'n ritmiese aaneenskakeling, nie soseer van woorde nie as van klanke op 'n deuntjiemaat... ‘Lieder ohne Worte’ dus! (vgl. Inleiding by die ‘Piekniekliedjies’). Waar by die piekniekliedjies die ritmemotief hoofsaak is, daar is by die minneliedjies die verhaalmotief van meer belang, want 'n liefdesliedjie moet tog tot op seker hoogte 'n storie-inhoud hê, wat op een of ander manier van 'n minneverhaal of 'n liefdesavontuur, of ten minste van 'n verliefde stemming, vertel. Die gevolg is dan ook dat die minneliedjies langer en meer verstaanbaar van inhoud is as die piekniekliedjies, alhoewel eersgenoemde ook soms in die woorde van een van die piekniekliedjies 'n ‘hoenderkop-en-pootjies-en-tamatieslaai’-affêre is! Daar in hoofsaak alleen rymklanke en 'n deur die dansmaat aangegewe ritme nodig is vir die produksie van die piekniekliedjies, is feitelik enige woordemengelmoes geskik vir die fabrikasie van die vereiste musikale hutspot; maar die minneliedjies stel hoër eise aan die volksverbeelding en die volksvernuf, want hier is 'n verhaal, 'n liefdesverhaal, nodig, wat nie somaar voor die hand lê nie, maar wat inteendeel gedagte-inspanning en kennis vereis. Gevolgelik werd Engelse en Hollandse, veral Middelnederlandse, liedverhaalmotiewe dikwels aangewend en verwerk in die Afrikaanse minneliedjies (vgl. rubrieke A en B). So verskyn o.a. die Middelnederlandse volksliedjie ‘Ic stont op {==21==} {>>pagina-aanduiding<<} hoghe berghen’ in Afrikaans as ‘Die Nonnetjie en die Riddertjie’ (A, 2), terwyl o.m. die Engelse liedjies ‘Young Lochinvar’, ‘Clementine’ en ‘Molly Dear’ respektiewelik in Afrikaans voorkom onder die tietels ‘Dapper Du Preez’ (B, 23), ‘Antjie Schut’ (B, 18) en ‘Grietjie’ (B, 16). Die Afrikaanse Volk het dus uit die ryke liederskat van hul Germaanse stamverwante geërwe en soms hot en haar geplunder, en al verdediging, wat vir hul roofdiermetode kan aangevoer word, is dat wat hul geannekseer, hul ook geassimileer het, d.w.s. hul het die vreemde liedere genasionaliseer, verafrikaans. Ook hier is dit moeilik om uit te maak watter aandeel aan die anneksasiewerk op rekening moet gestel word van die volksgemeenskap, en watter deel moet toegeskrywe word aan die anneksasie-aktiwiteit van indiwiduele volksdigters. Die resultate van dergelyke verwerkings en vertalings van vreemde liedere dra egter oor die algemeen die kenmerke van volkspoësie, n.l. verkortings, vereenvoudigings, vermenginge en variante, ens., en daarom ken ons aan sodanige verafrikaanste liedjies ook 'n plekkie toe onder ons Afrikaanse Volksliedjies. Selfs die also verkorte en vereenvoudigde verwerkings en vertalings van vreemde liedere (soos die liedjies onder rubrieke A en B), sowel as ander volksliedjies van verskillende oorsprong (soos die onder rubrieke C en D), is soms slegs fragmentaries oorgelewerd, sodat dit ons dikwels nie geluk is om meer as brokstukke skriftelik te kan opteken nie (vgl. rubriek D), en daarom sal aanvullings op hierdie gebied deur die belangstellende leser deur ons baie gewaardeer word. Wat die oorlewering betref, staan die minneliedjies in 'n nadelige sowel as in 'n voordelige posiesie teenoor die piekniekliedjies. Laasgenoemde liedjies is gewoonlik slegs mondeling en gevolgelik gebrekkig en onvolledig oorgelewerd; maar die dansritme en die {==22==} {>>pagina-aanduiding<<} dansbewegings, waarby hul as harmoniese woordbegeleiding moes dien, het aan die ander kant weer gehelp om die woorde deur 'n assosiasieproses in die herinnering en daardeur in die lewe te hou. Verder is die onnoukeurige oorlewering hier minder skadelik, want soos hierbo aangetoon en betoog werd, is die woordbetekenis hier bysaak. Die minneliedjies het natuurlik nie so'n assosiasieprikkel vir die geheue nie, en dus... 'n minder volkome oorlewering. Maar aan die ander kant het hul weer 'n voordeel gehad, n.l. van nie alleen 'n mondelinge oorlewering nie, maar ook 'n skriftelike, wat hul lewensloop en lewenslot ten beste gekom het. Die optekening van ons minneliedjies was die gevolg van 'n onbewus-goeie ou voorvaderlike gewoonte, wat so langsamerhand 'n volkstradiesie geword het, en deur die nalating waarvan die jonger geslagte onbetaalbare nasionale erfgoedere aan die vergetelheid en die vreemdelinge prysgegee het. In ‘Ons Klyntji’ (Twede Jaargang, Maart 1897-Februarie 1898, bl. 114) lees ons: ‘'n Veertig jare gelede was dit wonderlik in die mode onder die jong mense om liedjies te sing op bruilofte en in geselskappe. Elke jongeling en jonge nooi had 'n liedjiesboekie, wat altyd groter werd, omdat daarin gedurig nuwe liedjies bygeskrywe werd. En die jonkman wat die meeste en mooiste liedjies kon sing had al dadelik 'n strepie vooruit.... Die liedjies was meesal oud-Hollandse van afkoms, maar werd deur sing en gedurig oorskrywe hier ordentlik gewysig en verafrikaans. Dis wel jammer dat die liedjies wat eenmaal so gelewe het onder ons jeug nou geheel verlore raak.’ (Spelling veranderd, en kursivering deur ons.) En Schonken getuie hieromtrent in dieselfde gees (vgl. ‘Oorsprong der Kaaps-Hollandse Volksoverleveringen’, bl. 61-62). Die bedoeling van hierdie boekie is dan ook om 'n beskeie {==23==} {>>pagina-aanduiding<<} poging aan te wend om die minneliedjies ‘wat eenmaal so gelewe het onder ons jeug’ en wat, as 'n gevolg miskien van die instroming van vóór die Boere-oorlog af al van populêre Engelse musiek en tingeltangelliedjies (soos die van die ‘Globe Song Folio’) en Amerikaanse ‘ragtimes’ en tierelantyntjies, ‘nou geheel verlore raak’.... getuie die skrale en fragmentariese oorlewering.... sover moontlik aan die vergetelheid te ontruk, en daardeur by te dra tot die ereherstel van 'n goeie voorvaderlike volkstradiesie! Miskien kan ons beskeie werkie ook hierin die ‘Suidafrikaanse Akademie vir Taal, Lettere en Kuns’ behulpsaam wees by die samestelling van 'n Afrikaanse volksliedboek. Opmerkelik is hoe die taal en styl in die minneliedjies deftiger is as in die piekniekliedjies. ‘Omdat die piekniek betrek is hoofsakelik binne die kring van die dorpslewe, daarom was die Engelse invloed hier ook so sterk in die verlede.’ (vgl. die Inleiding by ons bundeltjie ‘Piekniekliedjies’ bl. 18). Maar die minneliedjies stam, nie uit die kringe van die dorpslewe nie, waar die Engelse invloed sterk was, maar uit die Hollands-Afrikaanse samelewing van die ‘ou’ tyd en in later tyd uit die geselskapslewe van die Afrikaanse ‘Hinterland’, uit die nasionale boerelewe van die buitedistrikte, waar die Engelse liedere of ‘songs’ nie so gou ingedring het nie. Daar die minneliedjies miskien minder spontaan as die piekniekliedjies in die lewe gekom het, was hier alleen verdringing moontlik, en geen vermenging nie, geen samesmelting. Ons sien dan ook dat die voorvaderlike erotiese liriek sonder groot verbastering padgegee het vir die Engelse indringers en eindelik in 'n fragmentariese staat beland is in die grenswêreld van die beskawing... behalwe daar waar dit deur oue van dae as relieke gekoester werd. {==24==} {>>pagina-aanduiding<<} Wat die melodieë van ons minneliedjies betref, is die posiesie nog moeiliker en kan ons ons volkome verenig met die opmerking van Schonken daaromtrent: ‘Jammer, dat bijna altijd de melodieën bij de liedjes ontbreken, zodat er biezonder veel moeite en volharding voor nodig is, om ze op te sporen en men maar zelden vermag vast te stellen, in hoeverre die zogenaamde “liedjies” ook werkelik gezongen worden of werden.’ (t.a.p. bl. 62). Dikwels kry 'n mens nogal die melodieë van verskillende liedjies, en dan blyk dit later dat dit nie die oorspronkelike melodieë van die bepaalde liedjies is nie. Dan moet 'n mens dikwels maar tevrede wees om liewer 'n halwe eier te kry as 'n leë dop! Met hierdie paar opmerkings oor die oorsprong, verspreiding, vorm, oorlewering en melodieë van ons minneliedjies kan ons voorlopig volstaan. Ten slotte sal 'n paar opmerkings oor die inhoud, taal en gees van die hier byeenversamelde minneliedjies seker gewens wees. Ons verwag natuurlik dat ons nasionale liefdesliedjies 'n vrug sal wees van ons volksgevoel en van ons volksverbeelding, en dat hul in die besonder 'n uitdrukking sal wees van die Afrikaanse liefdesopvatting.... en dit is ook die geval. Die Afrikaner is gewoonlik nugter van aard.... miskien ook in sy liefdesbegrip; daarvan getuie o.a. sy minneliedjies. Dit is opmerkelik dat, as 'n Afrikaanse jonkman alleen op 'n plaas moet bly en vir homself moet sorg, hy gewoonlik dan gou tot die besef kom dat hy 'n vrou nodig het. En dan raak hy verliefd.... om 'n vrou te kry! Sy liefde het tot doel die huwelik, en die huwelik is vir hom 'n onafskeidbare clement van die lewenspraktyk... die vrou is vir die man vir 'n hulp! Hy wil derhalwe 'n vrou hê wat vir hom kan kos kook en klere lap. Vandaar {==25==} {>>pagina-aanduiding<<} dat daar in een van die Afrikaanse volksliedjies oor die man geklae word: - ‘Maar het hy jou maar net eers vas, Dan moet jy al dae broeke was. ................... ................... Mis moet jy plak, en potte moet jy skuur, Nooit g'n geld om 'n meid te huur.’ ens, In die liedjie ‘Die Afrikaanse Pop’ (B, 14) word die Afrikaanse noointjie geroem, omdat sy blykbaar frikedel kan braai, sop kan kook, kouse kan stop en skouer aan die wiel kan sit. Sy is: - ‘Gesond, beskeie, sag en soet, En vlytig nog boënop!’ Maar die jongkêrel het dikwels moeite moes doen om selfs vir daardie nugter-materialistiese boerbesigheid 'n lewensvennoot te kry. Daarvoor was gewoonlik meer nodig as net ‘die meeste en mooiste liedjies’ te kan sing. As die jonkman die jawoord kom vra, dan moet hy gewoonlik opgee aan die ouers sowel as aan die noointjie sy besittings aan vee en ander eiendom. So heet dit in ‘Floris en Anaatjie’ (A, 4): - ‘Vergun my te gewe Veel geld tot besluit, Om same te lewe As brui'gom en bruid.’ In ‘Grietjie’ (B, 16) heet dit weer: - ‘Griet, my skat, en weet jy wat? Die huis is al gebou, En mooie meubels is gekoop. 't Wag alles net op jou!’ {==26==} {>>pagina-aanduiding<<} In ‘Alie Brand’ (B, 19) belowe die minnaar sy Alie: - ‘Koeitjies en kalfies, alles kan jy kry, Perdjies om te rye, koeitjies om te melke. Koekies en koffie vir die tantes en die ooms, En baie, baie geld Vir die dogters en die soons.’ En in ‘Swart Jasper’ (B, 24) hoor ons weer: - ‘Vier bokke, twaalf skape: dis net na my sin, En één koei met 'n kalf is genoeg om te begin!’ Verder voorbeelde kry ons in C, 34; C, 35; D, 45; D, 46 en D, 56. 'n Onontbeerlike hulpmiddel by die liefde en die uiteindelike huwelik was veral 'n mooi ryperd met al sy toebehore, want in 'n welbekende dansliedjie heet dit: - ‘My ma het gesê jy kan my kry, Solang as jy op die vosperd ry; As jy die vosperd wil verkoop, Kan jy maar na jou moer toe loop; As jy die vosperd wil behou, Kan jy gerus met my gaan trou!’ In ‘Volstruis is dood’ (D, 42) het die ‘swarthaar nooi’ aan haar minnaar 'n brief gestuur: - ‘As jy die blesperd ry, Kan jy na my kom vry; Maar as jy die blesperd wil verkoop, Kan jy gerus na jou swernoot loop!’ Dapper Du Preez (B, 23) het sy noointjie gekry met behulp van sy ryperd, en van Swart Jasper (B, 24) se ryperd, ou Dapper, word beweer: - ‘Daar was in die buurt g'n ryperd so mooi, So vurig as Dapper, as Dapper so rooi.’ {==27==} {>>pagina-aanduiding<<} 'n Ander minnaar sing: - ‘As ek mag siek word en ek mag sterf, Die bruinoog kan dan die bruin perd erf; Ja, sy kan dan die bruin perd kry: Lang het ek met hom na haar gevry! ................... Die geel kamas en die rybroek aan, Die rooi perd loop op die resiesbaan; Die rooi perd loop aan die stang en kou, Maar die bruine het sy heer behou!’ (C, 25.) En die jonkmans maak nie minder van hul ryperde nie as wat die noointjies doen, want by die een jonkman heet dit: - ‘Toe maar niggie, sê maar ja! Die son gaan onder, En die perd ly honger!’ (D, 55.) En in 'n ander geval troos 'n treurende minnaar hom met die gedagte aan sy ryperd, sy trippelaar ‘kolperd’ met die ‘krulstert’.... wat ‘tienduisend spore (trap) op één plek!’ (C, 28). Kort en bondig vra die jonkman die jawoord in die vorm: - ‘Kom ons ja ons skapies by mekaar’, of ‘Kom ons ja ons skapies in één klompie’, of met die volgende rympie: - ‘Ek spring oor 'n tou, Jy spring oor 'n tou. Kom ons same trou’. (vgl. B, 19). En in een van ons minneliedjies (D, 56) klink die jonkman se pleidooi ook weer veelmeer nugter-materialisties as verheweidealisties: - ‘Niggie, niggie, sê tog ja: Die rooi span osse en die bont bokwa, Daarmee sal ons kerk toe ry, As ek maar net vir jou kan kry!’ {==28==} {>>pagina-aanduiding<<} of, as die ‘opsit-kers’ haas uitgebrand is, heet dit: - ‘Die hoenders die kraai, en die rooidag breek aan, Tannie, gee die jawoord; ek wil huis toe gaan.’ Geluk dit die jonkman nie om die jawoord te kry nie, dan troos hy homself met die wysgerige opmerking: ‘Hul is nie geplant nie: hul is gesaai!’ of met ‘Vra is vry, en weier daarby!’ Sonder sentimentele wanhoop en ‘Weltschmerz’ of tranerige ‘Katzenjammer’ sing hy nugter van sy teleurgestelde liefde: - ‘Daar waar die son en die maan ondergaan, Daar het ek gistraand my nooi laat staan; Sewe jaar lang na haar gevry, Die agste jaar verneuk sy my!’ Daar is gewoonlik selfs 'n toon van kalme berusting onder sulke omstandighede. Die een teleurgestelde jonkman sing: - ‘Ek sal met geduld drae die wêrelds beloop.’ (A, 8). En 'n ander: - ‘Vaarwel, Kittie, leef gelukkig! Dis my diepste hartewens, Want ons lot is afgebaken Deur die Heer, nie deur die mens.’ (C, 27). Maar geluk dit die jonkman wel om die jawoord te kry, dan is hy douvoordag in die vosperd se rug en weg oor die bulte... om 'n huis klaar te maak, of, soos hy sê, ‘'n nessie te skop’, en gebooie op te gee. Dan heet dit: - ‘Daar by die fonteintjie om die hoek Bou ek vir jou 'n huisie mooi, Waar jy jou vriende in kan nooi.’ (C, 34). En as dit sover gevorderd is, dan is dit ook tyd om te sing: - ‘Kom laat ons na die dorp toe gaan Om te haal die predikant.’ (B, 19). {==29==} {>>pagina-aanduiding<<} Dan kom die bruilof, die groot feesgeleentheid, waar kelkies wyn en sonneskyn, polka, pierewiet en paddika, seties, horrelpyp en koddeljons hul aandeel bydra tot die voortplanting en die ontstaan van dans- en minneliedjies, gewy aan ‘das ewig Weibliche!’ (vgl. Schonken: ‘O.K.-H.V.’ bl. 19-21). Maar die gees van die Provensaalse minnepoësie of van die erotiese Renaissanceliriek van Suid- en Weseuropa is in die Afrikaanse liefdesliedjies net so skaars as die Platoniese liefdesidee by die Afrikaner, wat hom wel Europese liefdesverhaalmotiewe toeëien, maar gewoonlik nie uitheemse liefdesstemminge nie. Hy het sy eie Afrikaanse, sy nasionale, liefdesopvatting, waarvan sy liedjies 'n uiting is, al druk hy hom soms deur eie skeppingsdrang gedrewe, by gebrek aan eie skeppingskrag, in die woorde van ander nasies uit. Sy minneliedjies het veeleer 'n Hollands-Afrikaanse nugterheid, soos baie van Bredero se liefdesliedjies of enkele van die Middelnederlandse minneliedjies. Daar is egter ook 'n ander opvatting aan die woord, n.l. dat die Afrikaner nie so materialisties en prosaïes in sy liefdesopvatting is nie, maar dat hy inteendeel wel degelik idealisties is in sy liefdesbegrip en selfs emosioneel in sy liefde, maar dat hy te stug is om openlik, veral in sy lied, uitdrukking te gee aan sy hartstogte en liefdesopwellinge. Af en toe doen hy dit egter ondanks sigself, en dit sou dan sulke liefdesstemminge in die Afrikaanse Minneliedjies as die volgende verklaar:- ‘Sannie Beyers, eer ons skei, Gee my hart terug aan my!’ (B, 21). en die romantiese:- ‘Ewig sal ek jou beminne!’ (A, 6). en verdere verklaringe van ewigdurende liefde, soos in A, 3; A, 5; A, 7; A, 8 en A, 9. Dit, so word verder geredeneer, sou {==30==} {>>pagina-aanduiding<<} ook die opgang in Suidafrika van die sentimentele Engelse liedjies verklaar. Wat die eerste argument betref, moet hier daarop gewys word dat die meeste Afrikaanse sentimentele minneliedjies, soos die hierbo aangehaalde voorbeelde, berus op ou Hollandse liedere (die meeste voorbeelde val onder rubriek A), of vertalings of bewerkings is van vreemde liedjies, waaruit dus weinig kan afgelei word. Die Afrikaner se liefdesopvatting het in sulke liedjies 'n vreemde baadjie aan, wat nie al te goed pas nie! Dit is 'n aangematigde sentimenteel-romantiese liefdesstemming vir die Afrikaner! Merkwaardig en opvallend is daarenteen dat daar in die min of meer suiwer Afrikaanse minneliedjies en onder die fragmente (rubrieke C en D) feitelik niks van so'n idealisties-romantiese liefdesopvatting te bespeure is nie! Wat die twede deel van die aangevoerde argument betref, n.l. die opgang van die sentimentele Engelse liedjies in Suidafrika, moet opgemerk word, dat die Afrikaner se Hollandse stamverwante ook sterk die trek vertoon om die liedjies van hul Europese bure na te sing. Die Hollandse straatjongetjies sing en fluit b.v. met groot voorliefde Duitse en Engelse deuntjies en liedjies op straat na. Verder het, die Engelse liedjies deur die bevoorregting van die Engelse taal op elke gebied van die Afrikaanse kultuurlewe onder die Engelse staatkundige owerheersing vir hul 'n plek verower, eers in die stede en dorpe en daarna tot in die ‘Backveld’! Maar sentiment en die gees van die Engelse sentimentele minneliedjies is vreemd aan die Afrikaanse volkskarakter en liefdesopvatting soos die ten minste natuurlik geopenbaar word en spontaan opborrel in die eie Afrikaanse Minneliedjies. Op die agtergrond van die Afrikaanse volkshart mag daar 'n mate van sentimentele {==31==} {>>pagina-aanduiding<<} gevoeligheid skuil, wat hy nie graag uiting aan gee nie; maar in sover as daar aan die Afrikaanse liefdesopvatting in die eie Afrikaanse minneliedjies uiting gegee word, is die mees sigbare en mees geopenbaarde element daarin 'n nugter vooropstelling van die praktyk van die alledaagse liefdelewe wat sig openbaar in, of tot doel het, die huwelik. Verbonde hiermee is 'n waardering van gesonde humor en 'n mate van singenot in die liefdesverhoudinge. Ten slotte wens ons 'n paar opmerkings te maak oor die taal van ons minneliedjies. In rykdom van woordeskat en uitdrukking kan die Afrikaanse minneliedjies tamelik goed die toets van 'n vergelyking met die Europese ballades deurstaan. 'n Paar staaltjies daarvan! Die jonkman se ryperd word beskrywe as 'n ‘blesperd’, 'n ‘blouperd’, 'n ‘rooiperd’, 'n ‘bruinperd’, 'n ‘vosperd’, 'n ‘kolperd’, 'n ‘krulstert’, 'n ‘skimmel’ of 'n ‘trippelaar’. Hyself heet 'n ‘jonkman’, 'n ‘jongkêrel’, 'n ‘kêrel’, 'n ‘minnaar’, 'n ‘jongheertjie’, 'n ‘vriend’ of 'n ‘herder’. Hy is ‘deurwond’ of ‘deurgriefd’ of voel ‘smart’ in sy hart, wanneer hy dink aan sy ‘swarthaar’, sy ‘vaalhaar’ sy ‘geellokhaar’, aan sy nooi met ‘bonte (blonde) lokke’, wat sag is ‘soos lammertjieswol’! Sy is 'n ‘blou-oog’, 'n ‘bruinoog’ of 'n ‘swartoog’, en al haar skoonhede is behoorlik gekatalogiseer, die eienskappe van haar lokkies, ogies, neusie, lippies, mondjie, voetjies, handjies en nekkie. Haar name is legio! Sy heet ‘sielsvriendin’, ‘engelin’, ‘sielsjuweel’, ‘hartjie’, ‘liefie’, ‘nonnie’, ‘nooi’, ‘pop’, ‘nonna’, ‘noointjie’, ‘vriendin’, ‘kortrokdraer’, ‘wyf(ie)’, ‘niggie’, ‘sussie’, ‘koek’, ‘skat’ ..... maar veral ‘soetliefie’! Soms word sy aangedui deur 'n soort van natuursimboliek as 'n ‘blaartjie’, 'n ‘blommetjie’, 'n ‘appelliefie’ of 'n ‘doringblaar’, en sy is {==32==} {>>pagina-aanduiding<<} gewoonhk ‘rietskraal’! Sy, 'n ‘hartlief’ en 'n ‘hartedief’, ontmoet die jonkman by 'n ‘moerbeiboom’ of 'n ‘geeldoringboom’. Hierdie paar opmerkings oor die Afrikaanse minnetaal bring ons tot die volgende punt: die Afrikaanse vryery. 2. Die Afrikaner se vryery. Om die liefdesuiting van die Afrikaner in die lied te verstaan, moet ons ook weet hoe hy die liefde uit in die werkelikheid, hoe hy vry. As 'n sielkundige verskynsel is verliefdheid in Suidafrika natuurlik nie veel anders as in ander lande nie. Maar die Afrikaner het sy eie manier om die liefde kenbaar te maak en wederliefde te win. Aan die ent van 'n week van harde werk gaan die jongkêrel op 'n plek kuier, gewoonlik op 'n Vrydag- of Saterdag-aand. Dit gebeur meermale, hy maak ‘rolplek’ daar! En by die tyd weet al die bure al ‘daar is fout’! Dan begin die grappe oor die kêrel se spoggerig ry, oor sy rooi sysakdoek, en oor sy ‘draai’ daar by die noointjie (vgl. Schonken: ‘O.K.-H.V. bl. 121). So heet dit in een van die minneliedjies:- ‘My hartjie, my liefie, die son trek weg Daar onder by die blou berg, En ek wil-le, wil-le, wil-le na die nonnie gaan vry, En die perd van tien pond doodgery!’ (C, 29). Die ryperd is onafskeidbaar van 'n vryer. 'n Mooi lewendige hengs is 'n sterk aanbeveling, veral as die baas 'n meester is van die rykuns. ‘Ag, kyk tog hoe trippel die kolperd, Tienduisend spore op één plek!’ (C, 28). As die jonkman bemerk dat hy indruk gemaak het op die {==33==} {>>pagina-aanduiding<<} nooi, dan sal hy by die ouers verlof vra om vir haar te kom kuier. Kry hy 'n gunstige antwoord, dan sal die vryery min of meer as volg toegaan:- Die kêrel kom so teen sononder by die plaas, waar sy ‘soetliefie’ woon. Die baas van die plaas ontmoet hom: sal hy afsaal? Goed! Is dit in orde, dan sal ‘ons nou maar nader staan’. Na die wedersydse begroeting, sit die famielie en die gas aan vir die aandete. Na afloop daarvan soek die mansmense bietjie buitelug, terwyl die moeder en die dogters die tafel afdek en die voorhuis aan kant maak. En as alles in orde is, begin die gesels, wat eers nog taamlik algemeen van aard is; maar dan begin die jongspan musiek te maak .... die oumense sal nou maar gaan slaap. So heet dit in een liedjie (B, 24):- ‘Om ag-uur die aand raak oom Stoffel aan d'gaap, En sê toe: ‘Wel, kinders, ek wil nou gaan slaap.’ ........................ ‘Ek sal hier 'n kers op die tafeltjie laat, Solang as hy brand, kan jul sit praat. 'n Rukkie daarna gaan die kers skielik dood, En Jatjie die raak toe gedug in die nood; Sy was wel verleë, maar glad tog nie kwaad; Die kans was te mooi om nou soetjies te praat.’ ........................ ‘Want Jasper die gryp haar meteens by die hand; Sy arme omvat haar net soos 'n lyfband; Terwyl sy in stilte hom saggies hoor vra: “Kom sal ons ons skapies in één klompie ja?” Sy antwoord: “Dit doen ons nou eendag gerus,” En segel die woord met 'n hoorbare kus!’ Dit is opmerkelik dat die ‘uitverkoorne’ tot nog toe op die agtergrond gebly het; maar nou kom sy meer na vore, veral {==34==} {>>pagina-aanduiding<<} onder die sing van stigtelike liedere en miskien ook van enkele van die minneliedjies wat in hierdie bundeltjie volg. So hoor ons in een van die liedjies (n.l. B, 22):- ‘Ek was die aand “ge-introduce”, En ek sit ook aan haar sy: Ag wêreld! ek het toe so gespog: Ek dog sy was verliefd op my! Toe sing ons saam uit die Sankey-boek: “O! happy are we tonight!” Toe bak sy vir ons pannekoek, Toe was die ding “alright!”’ En daarna sal dit nie meer te lang duur nie, vóór die broers en susters gewaar word dat die oomblik gekom is vir hulle om bed toe te gaan. Dit sal wees as 'n sekere stilte oor die geselskap begin neerdaal: dan is die psigologiese moment daar! Nou is die twee alleen en ons neem aan dat Jannie en Sannie, soos hul dikwels in die liedjies heet, vanaand nog baie vir mekaar te vertelle het. Die geselskap sal natuurlik gepaard gaan met allerhande liefkosinge, en die soet woordjies sal wel nou en dan onderbreek word deur..., maar ‘as daar tweetjies is wat vry, is 't beter om jou ver te hou!’ Daarom sal ons nie meer geheime hier verklap nie. Ons wil die leser net die versekering gee dat in sulke gevalle die verhouding altyd baie intiem sal wees, maar gewoonlik ook besonder kuis. Ongelukkig is daar ook 'n minder mooie vryery, wat veral in later tyd onder die jonger geslagte posgevat het; dit is die sinnelike vryery sonder liefde, wat bevorder werd deur die gebrek aan waaksaamheid by baie ouers. Tog was daar ook in die ‘ou’ tyd 'n minder fyne vorm van ‘opsit’ by die vetkers, wanneer die jong paar alleen in die stilte van die {==35==} {>>pagina-aanduiding<<} nag by die flou kersliggie mekaar nie altyd op 'n passelike manier vermaak het nie. (vgl. B, 24, bo aangehaald). Baie stories word vertel van die vetkers, die ‘opsitkers’, van planne om sy lewe te verleng enersyds, en andersyds om sy lig te verminder. Hoeveel daarvan waar is, kan moeilik uitgemaak word. (vgl. Schonken: ‘O.K.-H.V.’ bl. 121, noot). Die oorsaak van die degenerasie van die Afrikaanse opsitgewoonte moet waarskynlik gesoek word in die laksheid van baie ouers. Waar vroeër alleen wedersydse liefde die reg daartoe gegee het en die slaaptyd deur die ouers bepaal werd, is later aan enige jongkêrel dikwels toegelaat om op te sit met die dogter vir enige tyd. Hoe dit ook al mag wees, seker is dit dat die omgang tussen jongmense van verskillende geslag in die ‘ou’ tyd baie kuiser was as in ons tyd. (vgl. Schonken: ‘O.K.-H.V.’ bl. 37). Altyd egter het die liefdesverhouding tussen die kêrel en die nooi oorvloedig stof gebied vir humoristiese kommentaar, waarvan ons minneliedjies ook volop getuienis aflê. (vgl. A, 11; B, 20; B, 22; B, 24; C, 29; C, 30; C, 32; C, 33; C, 39; D, 49 en D, 60, ens.). Dit neem darem nie weg nie dat die opvatting van die huwelik by die Afrikaner in die verlede altyd ernstig was. Die ouers het die erns daarvan altyd aan die kinders voorgehou en ook die volksmond het dit (taamlik lughartig) geformuleer in die spreekwoord: ‘Trou is nie perde-koop nie!’ En een van ons meer ernstige minneliedjies eindig met die moraliserenddidaktiese slotwoorde:- ‘Wil jy gelowe Wat God daar bowe Gevoeg het tot 'n paar Skei die mens nie van mekaar.’ (A, 3). {==36==} {>>pagina-aanduiding<<} Die Afrikaner se skerts met die huwelik in sy minneliedjies was derhalwe waarskynlik maar nes die flikkerglansies op die oppervlakte van diep water. 3. Die huwelik en die bruilof. Die huwelik is vir ons alleen van belang in sovèr dit die doel was van die liefde en die vryery (vgl. paragraaf 1), en veral in sovèr dit as 'n feestelike gebeurtenis die manier waarop die Afrikaner sy vreugde uit, openbaar, die dinge wat hy gebruik as sierade om die bruilof mee op te luister, dinge wat ons terugvind in die minneliedjies, en ten slotte in sovèr die bruilof na afloop van die huwelik die geleentheid bied vir sang, dans en spel. 'n Ruiterskaar begelei die bruidspaar na die kerk. Vóórop gaan 'n perderuiter, gewoonlik met 'n vlag, in die gewese republieke in die reël die Vierkleur. Sierlike ‘kaapse draaie’ voer hy uit met die stoet agter hom aan. Die glorie van die huwelik werd dikwels gemeet na die sierlikheid van die draaie en die getal van die ruiters. Na die kerkseremonie vind die feesmaaltyd plaas, opgeluister deur sang en musiek, en daarna volg gewoonlik allerlei speletjies en die dans. Die feestafel, borde, messe, vurke, stoele, ens. is, nes die perde en die rytuie vroeër in die dag, oordek met bont linte en strikke en papierblomme in die skerpste kleure, soos. rooi, groen, blou en oranje. Ons sien hier weer hoe prominent die ryperd is en hoe hoog 'n bonte kleuremengeling gewaardeer word, nes in die minneliedjies, wat dikwels ook by die bruilof gesing word. (vgl. b.v. A, 8 en B, 23). Schonken skryf: ‘Na de {==37==} {>>pagina-aanduiding<<} feestmaaltijd werd gezongen, gedanst en gespeeld. Zo zong men b.v. het zuiver Hollandse lied:- ‘Schoonste dame vol van waarde, Zie toch eens uw minnaar aan, Want gij alleen zijt maar op aarde, Die mijn smart genezen kan.’ (‘O.K.-H.V.’ bl. 20). 4. Die nuwe jaar. Vroeër was die Nuwe Jaar die vernaamste Afrikaanse famieliefees. Bure en verwante kom op dié dag by mekaar om te eet en te drink, te sing, te dans en te speel, en die jongspan dikwels om te vry. So verskyn daar onder ons minneliedjies 'n geselligheidslied vir die Nuwe Jaar met al sy vrolikhede...., ‘Mooie meisies, fraaie bloeme: Al die meisies wil ek soene. Sit die nonnas op 'n ry, Kyk hoe mooi is sy vir my! Kan ek al die nonnas krye, Ek sal hul aan 'n snoertjie rye,..... Snoertjie rye, paar aan paar: Skink die jonkmans die Nuwe Jaar!’ (C, 31). En in 'n ander minneliedjie heet dit weer:- ‘Daar kom die trippelaar, Die trippelaar van Frits de Jager, Hy kom vir die Nuwe Jaar: Dit sien jy aan sy haar!’ (D, 43). Waar by die bruilof die hoofdrank wyn is, daar is dit hier gemmerbier. Die liedere word gesing in 'n gewone geselskapskring of by tussenpose in die dans. Meesal is dit minneliedjies. Die bloeityd van die Afrikaanse Nuwe-Jaarsfeeste is ongelukkig {==38==} {>>pagina-aanduiding<<} verby. Vandag kry ons nog 'n herinnering aan die Nuwe Jaar deur 'n vertoning in ons winkelvensters van sneeuvlokkies..... in die warm Desembermaand van ons sonnige Suidafrika! Selfs ons Nuwe Jaar word nou al geïmporteer van oor die see af..... van ‘Home’ af. So is deur die Engelse invloed en ander oorsake één stuk na die ander van ons vroeër gesonde eie nasionale kultuurlewe ondermyn! Die ereherstel en ontwikkeling daarvan is één van die pligte van Jong Suidafrika! Mag ons beskeie werkie daartoe ook iets bydra! Potchefstroom, Julie 1918. S.P.E. Boshoff. L.J. du Plessis. * {==39==} {>>pagina-aanduiding<<} A. Afrikaanse volksliedere wat berus op ou Hollandse liedere. 1. ‘Jagters minnelied’. Hierdie allegoriese ‘Jagters Minnelied’ is een van die populêrste en onder die boeremense bes bekende ‘koudleiliedjies’ (vgl. Inleiding). Die frisse allegorie word egter nie die hele liedjie deur volgehou nie. Hierdie minnelied herinner ons aan die erotiese liriek van die Renaissance, en na die half-argaïstiese taalvorme beoordeeld, is dit seker van Hollandse oorsprong, maar dit is sterk verafrikaans deur die sing en die gedurig oorskrywe in ‘liedjiesboekies’ (vgl. ‘Ons Klyntji’ t.a.p. Inleiding). Daar lewe vandag nog in ons land baie ou mense wat hierdie minneliedjie in hul jeug nog dikwels gedurende die pouses op danspartytjies gesing het, of op die weg daarheen of daarvandaan. Uit die mond van sulke landgenote kon ons nog die teks opteken, behalwe dat dit elders te vinde is. (vgl. ‘Ons Klyntji’, Twede Jaargang, Maart 1897-Februarie 1898 bl. 115 en Derde Jaargang, Maart-Desember, 1898, bl. 46.) Die eerste versie wat ons tussen hakies geplaas het, kom in {==40==} {>>pagina-aanduiding<<} party lesings (as 'n verklarende vóórspel) voor, en in ander weer nie. Dit geld ook van die tussen hakies geplaaste ‘Ha! ha!’ ens. wat dan vergesel word deur handgeklap of voetgetrap, waardeur die liedjie iets van die geaardheid van balladepoësie gekry het.... dit het trouens ook gewoonlik by dansgeleenthede voorgekom, soos reeds vermeld is. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} (‘Kom vriende, ons gaan same skiet; Hoor na my Jagters Minnelied. Ons gaan nou saam die jagveld in, Die jag is 'n sinbeeld van die min’). 'n Kloe-ke jag - - ter vrees g'n kou; Maar stap kloek-moe- dig deur die dou; 'n Min-naar wat my op-reg be-min, Ont-sien geen ha - - el sneeu of wind. 1. ‘'n Dapper (kloeke) jag(t)er vrees g'n kou; (Ha! ha!) Maar stap (treed) kloekmoedig deur die dou; (Ha! ha!) 'n Minnaar wat (my) opreg bemin(t) Ontsien g'n hael, sneeu of wind. (Ha! ha!) (Ha! ha! Ha! ha!’) {==41==} {>>pagina-aanduiding<<} 2. ‘'n Haas wat op sy lêplek wag, (Ha! ha!) Word van die jag(t)er nie geag; (Ha! ha!) So ag ons ook g'n juffrou, nee, Wat self haar liefde ons wil gee. (Wat ons vanself haar hart wil gee). (Ha! ha!) (Ha! ha! Ha! ha!’) 3. ‘Ons ag 'n juffrou vol van gloed, (Ha! ha!) Wat ons met moeite kryge moet: (Ha! ha!) Hoemeer 'n nooi my teëstaan, Hoe hoër dat my liefde gaan. (Ha! ha!) (Ha! ha! Ha! ha!’) 4. ‘Dus, meisie(s)lief, bestee jou (jul) tyd, (Ha! ha!) Voordat die jeug en min verslyt; (Ha! ha!) 'n Boompie kry sy blaartjies weer, Maar jy (jul) jou (jul) jonkheid nooit nie weer. (Ha! ha!) (Ha! ha! Ha! ha!’) {==42==} {>>pagina-aanduiding<<} 5. ‘Jy het jou strikkies uitgeset, (Ha! ha!) Om my te vange in jou net; (Jy vang my listig in jou net); (Ha! ha!) Met die bruin (mooi) ogies kwel jy my, Vergun dat ek jou minnaar sy. (Ha! ha!) (Ha! ha! Ha! ha!) (Teks van ‘Ons Klyntji’, II, bl. 114). Variante: - 1.I.p.v. vers 3. ‘Kry ons 'n haas met moeite en sweet, (Ha! ha!) Het ons die tyd ook wel besteed: (Ha! ha!) So ag ons 'n noointjie vol van gloed Wat ons met moeite kryge moet.’ ens. 2.I.p.v. vers 4. ‘Ons jaag deur bos en wildernis, (Ha! ha!) Die wild wat jong en dartel is, (Ha! ha!) So jaag 'n minnaar altyd bly; Kry hy sy bruidjie aan sy sy.’ ens. {==43==} {>>pagina-aanduiding<<} 2. ‘Die nonnetjie en die riddertjie’ of ‘Ek ging op hoë berge staan’. Hierdie minneliedjie wat nes die voorgaande, in Suidafrika op danspartytjies as 'n ‘koudleiliedjie’ moes dien, is ook van Hollandse, selfs van Middelnederlandse, oorsprong, en kom oorspronklik waarskynlik uit Duitsland. (Vgl. Dr. D.C. Tinbergen, ‘Middelnederlandse Lyriese Gedichten’, Uitg. ‘Van alle Tijden’ No. 4, bl. XX-XXI en XXV). Ter wille van die vergelykende studie druk ons die Afrikaanse en die Middelnederlandse lesings in parallel-kolomme af. In Suidafrika is in die ‘ou’ tyd, volgens privaat mededelings, slegs die eerste drie tot vier versies gesing, want die geheel is te langasemig daarvoor. Die Afrikaanse lesing het 'n ander ontknopingsmotief gekry, wat oral voorkom in die middeleeuse liedere van Weseuropa, maar wat veral sterk herinner, soos Dr. Lydia van Niekerk tereg opgemerk het (vgl. ‘De Eerste Afrikaanse Taalbeweging en zijn Letterkundige Voortbrengselen’, Amsterdam, 1916, bl. 173) aan die Middelnederlandse ‘romance’, ‘Het daghet in den Oosten’ waarin die volgende koeplet veral baie ooreenstemming vertoon met die Afrikaanse: - ‘Och ligdij hier verslaghen, Versmoort al in u bloet?’ Dit is een van die liedjies waaraan waarskynlik ‘gedokter’ is deur die insender of die tydskrifredakteur, of deur al twee, en tiepies Afrikaans is dit seker nie! {==44==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Ek ging op ho- - -ë ber-ge staan, En kyk die see-vaart in; Ek sien 'n skip-pie aan sei-le gaan, Daar was drie rid-der-tjies in. Ei daar was drie rid-der-tjies in! Afrikaans, Middelnederlands. ‘Die nonnetjie en die riddertjie’ of ‘Ek ging op hoë berge staan’. ‘Ic stont op hoghe berghen’. 1. 1. ‘Ek ging op hoë berge staan, ‘Ic stont op hoghe berghen, En kyk die seevaart in; Ic sach ter see waert in, (Ek sag verdriet van alle kante); Ek sien 'n skippie aan seile gaan, Ic sach een scheepken driven, Daar was drie riddertjies in, Daar waren drie ruiters in.’ Ei, daar was drie riddertjies in!’ {==45==} {>>pagina-aanduiding<<} 2. 2. ‘Die jongste van die drie riddertjies, ‘Den alderjoncsten ruiter, Wat in die skippie was, Die in dat scheepken was, Die bied me'n glasie te drinke aan, Die schonck mi eens te drincken Van koel wyn uit 'n glas; De coele wijn uit een glas.’ Ei, dit was koel wyn uit 'n glas!’ 3. 3. ‘Ek neem die glasie in my hand, ‘Ic brenct u, haveloos meisjen! En breek dit voor sy voet. Dat u God seghenen moet! Kyk daar, my jongste riddertjie, Gheen ander soudic kiesen, Daar het jy my trou vir goed, Waert ghi wat riker van goet.’ Ei, daar het jy my trou vir goed!’ 4. 4. ‘Wat sal ek met jou troue doen? ‘Ben ic een haveloos meisjen? Wat sal ek daarmee doen? Ic en bens alleine niet: Jy is 'n diensmaag sonder eer, In een clooster wil ic riden, En ek 'n ryk mans seun, God loons hem diet mi riet.’ Ei, en ek 'n ryk mans seun!’ 5. 5. ‘Is ek 'n diensmaag sonder eer? ‘Hi sprac: ‘Wel schone joncfrouwe! En jy 'n ryke heer? So sal ek na klein klooster gaan, Als ghi int clooster gaet, En dien daar God die Heer, Hoe garen soudic weten, Ei, dan kry ek prys en eer!’ Hoe u 't nonnencleet staet!’ 6. 6. ‘Maar eer 'n halwe jaar was om, ‘Maar doen si in dat clooster quam, Haar pa en ma was dood, Haar vader die was doot; {==46==} {>>pagina-aanduiding<<} Toe werd sy die rykste nonnetjie, Men vant in al mijns heren lant En in klein klooster groot, Gheen riker kint en was groot.’ Ei, haar pa en ma was dood!’ 7. 7. ‘En toe die riddertjie dit hoor, ‘De ruiter haddet so haest vernomen, Sê hy: ‘Jan, saal my perd; Ek wil nou wat uit vrye gaan, Hi sprac: ‘Sadelt mi mijn paert, Dit is nou rye werd, Dat si in 't clooster is ghecomen, Ei, Jan saal nou op my perd!’ Dat is dat mijn hert so deert.’ 8. 8. ‘En toe hy by klein klooster kom, ‘Maar doen hi voor dat clooster quam, Toe klop hy ongenood: Hi clopte aan denrinc: Is hier die rykste nonnetjie, ‘Waar is de joncste nonne Hier in klein klooster groot? Die hier lestwijdinghe ontfinc?’ Ei, haar pa en ma is dood!’ 9. 9. ‘Die nonnetjie kom voor hom staan, ‘Dat alderjoncste nonneken Wat doen jy in my land? En mach niet comen uit, Ek bood my trou jou eenmaal aan, Si sit al hier besloten, Toe weier jy my hand, En si is Jesus bruit.’ Ei, vertrek nou uit my land!’ 10. 10. ‘Die riddertjie draai daadlik om, ‘Sit si hier in besloten, Hy spreek g'n enkel woord: En is si Jesus bruit? En toe hy by d'fonteintjie kom, Mocht icse eens sien of spreken? Toe het hy sig vermoor(d), Si soude wel comen uit.’ Ei, toe lê hy in sy bloed versmoor(d).’ {==47==} {>>pagina-aanduiding<<} 11. 11. ‘Lê jy hier in jou bloed versmoor(d), ‘Dat alderjoncste nonneken Ghinc voor den ruiter staen, En dit enkel om my(n)? Haer haerken was afgeschoren, So sal ek jou laat begrawe De minne was al ghedaen.’ Onder my roosmary(n), Ei, onder my roosmary(n)!’ 12. 12. ‘En ek sal daar 'n huisie bou, ‘Ghi meucht wel thuiswaert riden, Op my soetlief se graf, En eensaam daarop woon en wag, Ghi meucht wel thuiswaert gaen, Tot aan my jongste dag, Ghi meucht 'n ander kiesen, Ei, verwag my jongste dag!’ Mijn liefde is al vergaen.’ 13. ‘Toen ic een haveloos meisjen was (Ingestuur vir publikasie in ‘Ons Klyntji’, Twede Jaargang, 1897-1898, bl. 151-152 deur J.H.C. Klaasen, Lichtenburg, Z.A.R.) Toen stiet ghi mi metten voet; Hadt ghi dat wort gesweghen, Het hadde gheweest al goet.’ Aantekening: - Die woorde ‘in klein klooster groot’ in die agste versie lyk onsinnig, maar is waarskynlik toe te skrywe aan die invloed van die gelykluidende uitdrukking in die sesde versie, waar dit heeltemal op sy plek is {==48==} {>>pagina-aanduiding<<} 3. ‘Skoon Isabel’. Hierdie minneliedjie is heeltemal in die trant van die middeleeuse pastorale pastorale poësie van die Renaissancetyd. Nes die voorgaande is dit 'n bietjie lang vir 'n gewone volksliedjie, veral vir 'n Afrikaanse volksliedjie, wat gewoonlik nogal baie kortaf is. Dit is ook waarskynlik, dat van ‘Skoon Isabel’, nes van ‘Die Nonnetjie en die Riddertjie’, slegs enkele versies of koeplette gesing werd as 'n ‘koudleiliedjie’ gedurende die pouse tussen twee danse. (Vgl. Inleiding). Dat dit werklik in Suidafrika bekend was en gesing werd... in elk geval 'n vyftig jaar gelede... daarvan getuie o.a. ‘Ons Klyntji’ (Twede Jaargang, 1897-1898, bl. 114 vgg). Ons teks is die van die ‘Ons Klyntji’ lesing, en daar ons die nie uit 'n mondelinge oorlewering of andersins kon kontroleer nie, is dit natuurlik onbetroubaar (vgl. Inleiding, paragraaf 1). So kon ons b.v. ook nie die wysie van hierdie liedjie kry nie. Die taalvorme vertoon nog 'n tussending tussen Hollands en Afrikaans, en die liedjie is dan ook seker, wat sy oorlewering in Suidafrika betref, van Hollandse oorsprong, en ewemin as die vorige is dit tiepies vir die Afrikaanse liefdesopvatting. Maar die moraliserende slotvers is tiepies Hollands-Afrikaans! (Wysie ons onbekend). 1. ‘Skoon Isabel, hoor na my droewig klae, Ontvang my trou in so 'n korte stond. Jou hart en siel die staan in my behae, Jou liewe lippies en jou rooie mond. Want jou soet wese Kan my genese Van al my pyn en smart, Wat ek voel aan my hart.’ {==49==} {>>pagina-aanduiding<<} 2. ‘Vertrek, jonkman, met al jou valse rede, Want so'n praat dit is ek nie gewend. Sou ek my trou aan 'n herder gaan bestede? Vertrek, jonkman, jy is my onbekend. Wil van my kere (keer); Ek jou nie begere (begeer); My vader hoog van staat, Sal wese desperaat.’ 3. ‘Ag, meisielief, wil my tog nooit verlaat! Hier is op trou 'n ring van diamant, U ouderslief die sal ek wel bepraat. Waarop die eedle dam' hom gee die hand. Waarna hul beide Heimelik vryde, Totdat sy neem 'n pand Met bloedskrif van sy hand.’ 4. ‘Maar toe die eedle Graaf dit eers uitvinde Omtrent sy mooie dogter Isabel, Dat sy 'n herder also teer beminde, Toe werd hy boos en uiters seer ontstel. Waarna hul beide Heimelik vryde By dag en nag, Soos so 'n herder plag.’ {==50==} {>>pagina-aanduiding<<} 5. ‘Maar toe haar vader dit weer kom te hore, En hy haar dikwels by die herder vond, Het hy terstond 'n dure eed geswore: Dat hy haar weg sou stuur na Frankryks grond, Om daar te lewe En haar te gewe 'n Ryke man se soon, Lieftallig van persoon.’ 6. ‘Sy val te voet voor haar liewe vader, En stort toe seer bedroefd haar trane uit; Sy smeek om eens te spreek met die herder, Vóór sy vir laas sal wegvaar met die skuit. Toe roep haar vader Nog eens die herder, Wat sy so teer bemin(t), Soos 'n moederhart haar kind.’ 7. ‘Adieu! Adieu! my herder, vol van waarde! Adieu! Adieu! my liefste waardste pand! Ek hoop God sal u in gesondheid spare. Daarop toe gee hul twee mekaar die hand. Met droewig lyde Moes hul(le) skeide, Adieu, my waarde pand! Nou dool ek oor die land!’ {==51==} {>>pagina-aanduiding<<} 8. ‘Dit was sy laaste woord tot haar gesproke, En met 'n kus neem hy van haar afskeid; Van droefheid was terstond sy hart gebroke, Wyl Isabel haar smarte lyd. Dit bly verhole, Maar hy ging dole Tot oor sewe jaar Kom 'n Edelman aldaar.’ 9. ‘Wat met sy eienaars kom om daar te jage, En met sy brakwindhonde by mekaar Langs 'n berg in bosse en in hage Soek hy na wild al in die rondte daar. Daar kry hul swerwend, Akelig en kermend, 'n Herder vigilant, Beroofd van sy verstand.’ 10. ‘Die Edelman in sy groot mogendhede Hou toe terstond met al sy dienaars raad, En bring hom na die naaste van die stede En gee hom ower aan die Magistraat; Mense by hope Kom aangelope En roep toe tot mekaar: ‘Die herder is weer daar!’ {==52==} {>>pagina-aanduiding<<} 11. ‘Toe hy by die kasteel kom van haar vader, Staan sy lief Isabel net in die deur; En was verskrik toe sy daar sien-die herder. Sy bars toe uit in trane en getreur, Sy gaan hom groet(e), Val aan sy voet(e) As dood ter aarde neer, En roep dikmaals: ‘Ag, Heer!’ 12. ‘Haar vader sien die liefde van hul beide, En stort ook seer bedroefd sy trane uit, Dat hul(le) vóór die dood nie weer kan skeide, En daarom neem hy toe 'n kort besluit, Dat hul sou trou, En bruilof hou, En speel viool en fluit Vir bruidegom en bruid.’ 13. ‘Kom alle minnaars en minnaresse, Spieël jul almal aan die droewig lied; Hier is 'n stuk vir oud en jong tot lesse Van wat eenmaal waaragtig is geskied; Wil jy gelo(we), Wat God daar bo(we) Gevoeg het tot 'n paar Skei die mens nie van mekaar.’ (Ingestuur vir publikasie in ‘Ons Klyntji’, Twede Jaargang 1897-1898, bl. 150-151 deur O.J. Olivier, Tweerivier. Uniondale, K.K.) {==53==} {>>pagina-aanduiding<<} Aantekeninge:- 1.Sou ‘brakwindhonde’ in vers 9 'n kontaminasievorm van ‘brakhonde’ en ‘windhonde’ wees? of het ‘brak’ hier die betekenis van ‘hond’? (vgl. Frans ‘braque’) en is dit 'n dubbele toutologie? 2.Die voorstelling in vers 11 van die jonkvrou in die ‘deur’ van die ‘kasteel’ is seker Afrikaans en nie middeleeus Europees nie! 4. ‘Floris en Anaatjie’. Hierdie liedjie van die verliefdheid van die man, en die weerspannigheid van die vrou is heeltemal in die trant van Bredero se minneliedjies, en is dan ook seker 'n Afrikaanse bewerking van een of ander Hollandse liedjie, soos ook die taalvorme skyn aan te dui. Dit is wonderlik wat 'n voorliefde die half-Hollandse minneliedjies vertoon vir die woorde ‘deurwond’, ‘deurgriefd’, ens., ens. Wat die oorsprong van die liedjie ook al mag wees, vir ons lyk dit in elk geval of die liedjie sig veel meer as b.v. ‘Skoon Isabel’ en ‘Die Nonnetjie en die Riddertjie’ by die Afrikaanse volksaard laat aanpas. Dit gee vir ons 'n veel meer tiepiese vertolking van die nugter Afrikaanse liefdesopvatting,..... in hierdie geval van die meisie se kant....., as die bogemelde twee minneliedjies, wat veel meer van die gees van die middeleeuse ‘romances’ met hul sentimentele liefdestemminge en hul geheimsinnig-avontuurlike verhaalmotiewe weg het. Ons teks is die van ‘Ons Klyntji’ (vgl. agteraan). {==54==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Wat steur my ge-dag-te? Wat laat my ont-stel? Wat doet my ver-smag-te? Wat kan my so kwel? 2. ‘By nag en by dage, In werk en in rus, Bly dit my maar plage, In niks voel ek lus.’ 3. ‘Anaat, wees my sussie! Want ek is deurwond! Ag, gee my 'n kussie, Van jou liewe mond!’ 4. ‘Weg, Floris! Jou klae Die staan my nie aan. Ek het g'n behae In enig jonkman.’ 5. ‘My jonkheid van jare Is nog nie gesind Te prate van troue; Ek is maar 'n kind.’ {==55==} {>>pagina-aanduiding<<} 6. ‘My liewe Anaatjie! My soetste vermaak! Wat het ek met jou al 'n Praatjie op straat!’ 7. ‘Jou tintlende ogies, Jou blakende min, Jou liewe blou ogies, Die is na my sin.’ 8. ‘Vergun my te gewe Veel geld tot besluit, Om same te lewe As brui'gom en bruid.’ 9. ‘Weg, Floors, met jou klae! Koop koek vir jou geld! Dis maar 'n boel fabels Wat jy my vertel(t).’ 10. ‘Hier stop ek my ore Vir al jou geween; Ek wil jou nie hore, Vertrek en gaan heen.’ (Ingestuur deur A. de Klerk Jnr., Lemoenkraal, Burgersdorp, K.K. vir publikasie in ‘Ons Klyntji’, Twede Jaargang, 1897-1898, bl. 151.) {==56==} {>>pagina-aanduiding<<} 5. ‘Klaaglied van 'n Minnaar’. 'n Klaaglied van 'n minnaar aan sy ‘teerbeminde’, sy ‘sielsvriendin’, wat hom blykbaar sonder rede ontrou geword het, kom, soos hierdie bundeltjie kan getuie, nogal tamelik dikwels voor onder die Afrikaanse minneliedjies, al is die meeste van hierdie soort liefdesliedjies, soos hierdie een, bewerkings van vreemde, veral van ou Hollandse, liedjies. Dat hierdie klaagliedjie van 'n minnaar vroeër gelewe het onder ons volk, bewys die feit, wat ons hier kan konstateer, dat onder die Afrikaanse boeremense in die Transvaal en in die Oranje Vrystaat vandag nog dikwels die versie gehoor word:- ‘Dit is my lot, dit moet so wese! Dis my lot, dit moet so syn! Mog my smart dan nooit genese; Ek soek vertroosting in my pyn.’ (vgl. D, 50). En daar is selfs 'n ander Afrikaanse minneliedjie, wat byna woordelik met hierdie versie ooreenstem. (vgl. D, 50). Ons teks is die van ‘Ons Klyntji’, waaraan egter ‘gedokter’ is. (vgl. ook Dr. L. van Niekerk, t.a.p. bl. 179). {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Ag, my skoon-ste, my be-min-de, Al te dier- baar was jy mees. Sal ek jou ooit we-der vin-de; As 't die bes-te wil mog wees? {==57==} {>>pagina-aanduiding<<} 2. ‘By my broeders en my vrinde Soek ek tevergeefs na troos; Troos kan ek vir my nie vinde Uit g'n Noord, Suid, Wes of Oos.’ 3. ‘Ag, my oë swem in trane! Waar is my nog troos bereid? Kyk ek op my lewensbane, Dis 'n reis na d'ewigheid.’ 4. ‘Jy wou my jou hart verpande, Waarom het jy my verlaat? En vergeet die liefdebande? Wat sal droefheid my nou baat?’ 5. ‘O! my smart is onafmeetlik, Daarom treur 'k solang ek leef; Want jy bly my onvergeetlik, Daar my hart jou steeds aankleef.’ 6. ‘Ag! hoe bitter is die lewe! Eensaam sug ek en alleen, As die Heer my nou begewe, Ag, waar vlug ek sondaar heen?’ {==58==} {>>pagina-aanduiding<<} 7. ‘Op dees dag werd ek verbonde, Weg was alle pyn en smart, Ek had my geluk gevonde Aan 'n jong en deugdsaam hart.’ 8. ‘Sy, ontrou, het my verlate; 'k Wou eers trag haar te vergeet, 'k Wou probeer om haar te hate, Tot versagting van my leed.’ 9. ‘Maar as 'k dink aan my beminde, Weg is al my haat dan weer! Mog ek haar eens weder vinde, 'k Kniel as skuldenaar voor haar neer.’ 10. ‘Sal dit nimmermeer gebeure, Dat ek haar ooit weer ontmoet? Sal ek tot my dood toe treure? Niks te wete is my goed.’ 11. ‘Dis my lot, dit moet so wese! Dis my lot, dit moet so syn! Mog my smart dan nooit genese; 'k Soek vertroosting in my pyn.’ {==59==} {>>pagina-aanduiding<<} 12. ‘Vaar dan wel, my teerbeminde! Vaar dan wel, my aardse skat! Vaar dan wel, my sielsvriendinne; Vaar dan wel al wat ek had.’ ('n Ou Hollandse lied vir publikasie in ‘Ons Klyntji’, Derde Jaargang, 1898-1899, bl. 52, ingestuur deur A.J. Boshoff Jnr., Jacobsdal, O.V.S. en deur ‘Ons Klyntji’ vry gevolg.) Variante:- 1. I.p.v. die 11de vers:- ‘Dit is my lot, dit moet so wese! Dit is my lot, dit moet so syn! Dit is my lot, wie kan daar teë stryde? Al my hoop is op haar alleen.’ 6. ‘Ewig sal ek jou beminne’. ('n Ou minnelied.) Onder die tietel ‘'n Ou Minnelied’ werd hierdie liedjie in Ons Klyntji’ (III, bl. 192) gepubliseer. Ons teks is die hier genoemde, terwyl die variante deur ons opgeteken werd uit mondelinge oorlewering in die distrik Senekal, O.V.S. Dit is een van die sentimentele Afrikaanse minneliedjies, waarvan ons in die Inleiding by hierdie liederebundel beweer het, dat hul nie 'n natuurlike vertolking van die Afrikaanse liefdesopvatting is nie, temeer in hierdie geval, daar hierdie {==60==} {>>pagina-aanduiding<<} liedjie slegs 'n bewerking is van 'n vreemde, van ‘'n ou minnelied’. Van sulke liedere kan ons dus heel weinig omtrent die Afrikaner se liefdesopvatting aflei. Dat dit egter populêr was, bewys die variante voldoende. (vgl. Inleiding). Hierdie ‘ou minnelied’ is waarskynlik van Hollandse oorsprong, alhoewel dit in gedagte, gees en rymskema sterk herinner aan Burns se ‘Highland Mary’. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} E-wig sal ek jou be-min-ne, Dit-be-loof ek tans voor God. Nie-mand an-ders streel my sin-ne, En sal de - - le in my lot. 2. ‘Sê my dan een van die dae Wat jou hart vir my gevoel, En gee antwoord op my klae, Dat my brandend' hart sig koel.’ 3. ‘Wil jy my jou liefde gewe, My beminne tot die dood? En van nou aan vir my lewe? Wat is my geluk dan groot!’ {==61==} {>>pagina-aanduiding<<} 4. ‘Maar ag nee, ek wil nie klae, Maar geduldig dra my smart; Kan ek jou geluk doen dae, Ewig gee ek jou my hart.’ 5. ‘Alles wil ek vir jou gewe, Alles lê ek aan jou voet: Ek laat vir jou selfs my lewe, Ja, my laaste druppel bloed.’ 6. ‘Al wil jy van my nie weet nie, Al stoot jy my weig'rend af, Tog sal ek jou nooit vergeet nie, Maar bemin tot aan my graf.’ 7. ‘Al kan ek jou hart nie winne, Haat jy my met bitt're haat, Tog sal ek jou steeds beminne, Totdat eens my sterfuur slaat.’ 8. ‘Gee tog antwoord op my vrae, En verminder tog my smart, Langer kan ek dit nie drae, Openbaar my tog jou hart.’ (Ingestuur deur Annie van Wyk, van Vryheid, en bewerk deur ‘Ons Klyntji’, III, bl. 192.) {==62==} {>>pagina-aanduiding<<} Variante:- 1.I.p.v. vers 1. ‘Met eer en reg sal ek jou minne, Dit beloof ek tans voor God; Niemand anders ken my sinne, En kan dele in my lot.’ 2.I.p.v. vers 2. ‘Sê my dan in dese dae Wat jou hart vir my gevoel, En gee antwoord op my vrae, Wat my brandend' hart gevoel.’ 3.I.p.v. vers 4. ‘Is 't nee, ek wil nie klae, Maar wil drae al my smart, Is 't ja, geluk der dae, Ewig gee ek jou my hart.’ 4.I.p.v. vers 6. ‘Kan ek ook jou hart nie wete, Of jy my met bitt're haat wil straf, Tog sal ek jou nooit vergete, Maar beminne tot in die graf.’ 7. ‘Vaarwel’. Hierdie afskeidsliedjie word in ‘Ons Klyntji’ (III, bl. 237-238) beskrywe as ‘'n oue Hollandse lied’, en stem in gees ooreen met die voorgaande (No. 6: ‘Ewig sal ek jou beminne’), {==63==} {>>pagina-aanduiding<<} wat, soos ons reeds gesien het, ook in ‘Ons Klyntji’ beskrywe word as ‘'n ou Minnelied’. (vgl. ook No. 5: ‘Klaaglied van 'n minnaar’). Dit is een van die minneliedjies waarvan ons beweer dat, hoewel hul in Suidafrika bekend en moontlik selfs populêr was en oral gesing werd, hul nie 'n spontane vertolking van die Afrikaanse liefdesopvatting is nie, en moeilik kan wees. Dit is opvallend dat al die min of meer sentimentele minneliedjies in Afrikaans vertalings of bewerkings is van vreemde, Engelse sowel as Hollandse, liedjies, terwyl die suiwer Afrikaanse liefdesliedjies allesbehalwe sentimenteel is, waaruit ons afgelei het dat die Afrikaner baie nugter is in sy liefdesbegrip. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Vaar - - wel, my ei-e soet-lief! 'k Gaan vèr vèr hier-van-daan. Be-treur my nie, my soet-lief! Dat ek so vèr moet gaan. 2. ‘Ek sal jou nooit, nee nooit vergeet; Ek bly my soetlief trou: Waar ek op aard ook swerwe mog, Dink ek tog steeds aan jou.’ {==64==} {>>pagina-aanduiding<<} 3. ‘My hart klop vir my soetelief, My tong kan noucliks spreek; Ek sien jou traantjies droewig rol, Dit laat my hart ook breek.’ 4. ‘Hoe swaar dit val jou te verlaat..... Ek kan dit nooit vertel. Vaarwel my eie soetelief! Tienduisendmaal vaarwel!’ 5. ‘Moet ons hier skeide, hartelief! Met trane van verdriet; Ek hoop jou nogmaals weer te sien, Ag, soetlief, ween so niet!’ 6. ‘Nou swerf ek eensaam rond op aard So vèr van vriend of maag, En sonder hulp, of steun, of troos, Ek moet my lot beklaag.’ 7. ‘Met trane moet ek slape gaan, Wanneer die lig verdwyn; Met sugte uit my bed opstaan, Wanneer die lig verskyn.’ {==65==} {>>pagina-aanduiding<<} 8. ‘Dit moet so wees, dit sal so wees; 'k Sal in my lot berus: So vaar dan wel, my soetelief, Net nog een afskeidskus!’ (Ingestuur deur J.W. Muller en vertaal en bewerk deur ‘Ons Klyntji’, III, bl. 237-238.) 8. ‘Die wêrelds beloop’. ('n klaaglied). Van hierdie klaagliedjie, vol van ‘Weltschmerz’, sowel as van die volgende teenoorgestelde liedjie, vol van wêreldvreugde en liefdesgeluk (n.l. No. 9: ‘Hoe vermaaklik is die dae’), getuie ‘Ons Klyntji’ IV, 1899, bl. 221)’: ‘Die twee (eerste) liedjies is oue Hollandse liedere, wat vroeër dae baie gesing werd op bruilofte en in geselskappe’. (Die kursivering is deur ons gemaak, en die spelling veranderd.) Dit is dus al weer een van die verafrikaanste minneliedjies, maar ons het hier nadere gegewens, want ons word meegedeel dat dit een van die liedjies is wat op bruilofte en geselskappe gesing werd. ....die plekke waar die Afrikaanse minneliedjies gelewe het onder ons volk. (vgl. die Inleiding). Daar is so iets van 'n refreinmotief in die laaste twee reëltjies van elke versie .....om klem by die klaaglied te sit. {==66==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Die sor-ge die kwel my by dag en by nag; Dit wil nie ge-luk nie waar ons so na trag... O trag, ja trag, waar ons so na trag, Dit wil nie ge-luk nie waar ons so na trag. 2. ‘Ek soek na die vrede vir my arme hart, Maar ek vind nooit iets anders as kwelling en smart.... Smart, ja smart, niks anders as smart, Ek vind nooit iets anders as kwelling en smart.’ 3. ‘Die onreg die brande tot aan die getreur; Die mens die weet tog nie wat staan voor sy deur..... Deur, ja deur, wat staan voor sy deur, Die mens die weet tog nie wat staan voor sy deur.’ {==67==} {>>pagina-aanduiding<<} 4. ‘Ek eindig my klagte, maar 'k leef nog op hoop, Ek sal met geduld drae die wêrelds beloop.... Loop, ja loop, die wêrelds beloop, Ek sal met geduld drae die wêrelds beloop.’ (Ingestuur deur Mej. Johanna Buys, van Waterbeig, Transvaal, vir ‘Ons Klyntji’, IV, 1899, bl. 220.) 9. ‘Hoe vermaaklik is die dae’. Is die vorige (No. 8: ‘Die Wêrelds Beloop’) 'n klaaglied oor die liefdesmart, dan is hierdie 'n juiglied oor die liefde, wat hier eenvoudig beteken die geluksaligheid van liefdesgenot en liefdeservaring: - ‘Jou te sien en trou te minne, Jou te segge dat ek min.....’ ens. Hierdie liedjie van die gelukkige liefde herinner sterk aan die pastorale erotiek uit die tyd van die Renaissance, en in die besonder aan Hoofts minneliedjies, soos die volgende uit sy herderspel ‘Granida’: - Liefd' en Min aen een vertuyt, Beyde siel- en lichaem-mengers.’ ens. Vorm die twee liedjies (No. 8 en No. 9) in gees en inhoud 'n teenstelling, uitwendig het hul min of meer dieselfde geskiedenis en lotgevalle deurgemaak. (vgl. opmerking by die vorige liedjie, No. 8: ‘Die Wêrelds Beloop’, en verder by F.Th. Schonken: ‘De Oorsprong der Kaapsch-Hollandsche Volksoverleveringen’, bl. 62-63, en by Dr. L. van Niekerk: ‘De Eerste {==68==} {>>pagina-aanduiding<<} Afrikaansche Taalbeweging en zijn Letterkundige voortbrengselen’, bl. 179). ‘Hoe vermaaklik is die dae’ is waarskynlik van Hollandse oorsprong, en word deur Dr. Mansvelt (Tekstboekje bij de Hollands-Afrikaansche Liederbundel’, bl. 71) aangegee as 'n ‘Oud-Afrikaans lied’. Ter wille van die vergelyking gee ons hier, nes by die twede liedjie onder hierdie rubriek (n.l. die Afrikaanse ‘Die Nonnetjie en die Riddertjie’ en die Middelnederlandse ‘Ic stont op hoghe berghen’), beide die Afrikaanse ‘Ons Klyntji’-lesing en die Hollandse Mansvelt-lesing aan. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Hoe ver-maak-lik is die da- -e..., As ons Sa-me is ver-blyd; Vèr van droef-heid, vèr van kla-e..., Is my hart aan jou ge-wyd. Afrikaans. Hollands. 1. 1. ‘Hoe vermaaklik is die dae, ‘Hoe vermaak'lik zijn de dagen, As ons same is verblyd; Als gij dikmaals bij mij zijt, Ver van droefheid, ver van klae, Vrij van droefheid, vrij van klagen, Is my hart aan jou gewyd.’ Is mijn hart in u verblijd.’ (3 maal.) {==69==} {>>pagina-aanduiding<<} 2. 2. ‘Jou te sien en trou te minne, ‘U te zien en trouw te minnen, Jou te segge dat ek min, U te zeggen dat 'k u min, Dit verheug my hart en sinne, Dat verheugt mijn hart en zinnen, Daar is groot genoege in.’ Daar is groot verg'noegdheid in. (3 maal.) 3. 3. ‘Maar moet dan myliefste skeide, ‘Waarom moet gij van mij scheiden? Ag, wat ly ek groot verdriet; Nogtans dink ek met verblyde: Ach! wat lijd ik toch verdriet! Onse harte skeide nie(t).’ Nochtans denk ik met verblijden: Onze harten scheiden niet.’ (3 maal.) 4. 4. ‘Jy het trou aan my geswore, ‘Gij hebt trouw aan mij gezworen, Dat jy my opreg bemin(t); Jou alleen het ek verkore, Mij met hart en ziel bemind... As my liefste, as my vrind.’ U alleen heb 'k uitverkoren Als mijn min naar en mijn vrind.’ (3 maal.) 5. 5. ‘Steeds bly ek tot jou genege; Want jy is my skat op aard; Jou te minne is 'n sege, ? Is my meer as rykdom waard.’ {==70==} {>>pagina-aanduiding<<} 6. 6. ‘Niemand sal my hart ontvange, ‘Niemand zal mijn hart ontvangen, As my skoonste, jy alleen; Duisend sugte met verlange Dan mijn minnaar gans alleen; Send ek daagliks na jou heen.’ Duizend zuchten met verlangen Zend ik daag'liks tot hem heen. 7. 7. ‘By ons sal die liefde wone, Wat ons groot genoege skink; ? Liefde sal my liefste lone, Wat so teder aan my dink.’ (Ingestuur deur Johanna Buys, van Waterberg, Transvaal, vir ‘Ons Klyntji’, IV, bl. 202). (Dr. N. Mansvelt: ‘Hollands-Afrikaanse Liederbundel’, bl. 120 en ‘Tekstboekje’ daarbij, bl. 71). 10. ‘Groenlands straatjies’. Welke Groenland word hier op gesinspeel? of is die naam weer net 'n algemene pleknaam, soos in baie van ons Afrikaanse volksliedjies? (vgl. ons aantekeninge by die ‘Piekniekliedjies’). Dit is opvallend dat, terwyl die liedjie bekend gaan onder die naam ‘Groenlands Straatjies’ in die noordelike deel van die Kaap Provinsie en in die Oranje Vrystaat, die eerste koeplet, waaraan die liedjie sy naam ontleen, op die meeste plekke, veral in die O.V.S., verlore geraak is, sodat die mense daar nie meer weet waarom hul die liedjie so noem nie. Na die taalvorme beoordeeld, lyk dit na 'n oorspronkelike Hollandse liedjie wat verafrikaans is. Dit vertoon hier en daar 'n Renaissancetrek, en herinner veral aan Hooft se ‘Amaryl, {==71==} {>>pagina-aanduiding<<} de deken sacht’ en aan menig liedjie van die telkens teleurgestelde digter-vryer, Bredero. In hierdie geval is die variante besonder leersaam, want hul taalvorme is oor die algemeen suiwerder Afrikaans, terwyl die eienaam, Bettie, daarin vervang word deur die generalisasie ‘liefste’, en veral die variant van die sewende koeplet is, van uit ons standpunt oor die Afrikaner se liefdesopvatting, baie interessant, want die versmade minnaar wil op sy ‘soetlief’ se bruilof kom... nie om sentimentele redes nie... maar om vir hom 'n ander ‘soetlief’ te kies... ‘Hul is mos nie geplant nie... hul is gesaai’! {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Ek het daar in Groen-land-se straat-jies, So dik-maals my tyd deur-ge-brag; Daar het ek my soet-lief ver-lo-re; Dat heb-ben my vrien-de ge-daan. 2. ‘Nie langer as gistere- (Saterdag-) awend, Toe stond ek voor my soetlief se (haar) deur; En ek seide: ‘Soetlief, doe open, Doe open: hier staan ek voor jou deur.’ 3. ‘Ek doe(n) jou voorwaar nie(t) open, En ek laat jou my huis nie weer in, Gaan jy maar na jou huis en gaan slaap, Want ek het hier 'n ander lief in.’ {==72==} {>>pagina-aanduiding<<} 4. ‘Het jy daar 'n ander lief binne, Dat ek jou nie sprcke mag? So wens ek jou dan vir die laaste 'n Goeie, goeie, rustige, goeie nag! 5. ‘My vryster die is my ontnome, My ankertjie was daar dan nie vas; My vryster die is my ontnome, Want ek het haar nie goed opgepas.’ 6. ‘Is jou vryster jou dan ontvry? Het jy haar nie goed opgepas? Dan moet jy vir jou 'n ander gaan soek, En hou die wat beter vas!’ 7. ‘Ag Bettie, as jy kom te troue, So skryf my dan tog eens 'n brief! Opdat ek op jou bruilof mag kome, Opdat ek op jou bruilof mag syn.’ 8. ‘Jy sal op my bruilof nie kome, Jy sal op my bruilof nie syn, Want ek het daar soveel ander jong heertjies, Wat hier op my bruilof sal syn.’ {==73==} {>>pagina-aanduiding<<} 9. ‘Ag Bettie, as jy kom te sterwe, So skryf my tog eens 'n brief, Opdat ek op jou grafsteen mag skrywe! “Hier lê ook 'n soetlief van my”.’ 10. ‘Jy sal op my grafsteen nie skrywe, Jy sal op my grafsteen nie skryf, Want ek het daar soveel ander jong heertjies, Wat op my grafsteen sal skryf.’ (Mondelinge oorlewering). Variante: - 1.I.p.v. die laaste reëltjie van vers 2: - ‘En sie tog hoe ek om jou treur.’ 2.I.p.v. die eerste reëltjie van vers 3: - ‘Ek maak nie my deur vir jou oop nie.’ 3.I.p.v. die laaste twee reëltjies van vers 3: - ‘Want ek het hier 'n ander jong heertjie, Wat ek nou van harte bemin.’ 4.I.p.v. die laaste twee reëltjies van vers 4: - ‘As jy my nie binne wil late, Wens ek jou vir laas goeie nag. Goeie nag!’ 5.I.p.v. die laaste twee reëltjies van vers 6: - ‘Vaarwel dan vreugd' van my lewe, Vaarwel, ek het dit nooit gedag!’ {==74==} {>>pagina-aanduiding<<} 6.I.p.v. vers 7: - ‘My liefste, as jy kom te troue, Skryf my vir laas nog 'n brief; Dat ek op jou bruilof mag kome, En kies my 'n ander soetlief.’ 7.I.p.v. vers 8: - ‘Jy sal op my bruilof nie kome, En ek wil jou op my bruilof nie sien, Want ek het hier 'n ander jong heertjie, Wat my in my poorte sal dien.’ 8.I.p.v. vers 9: ‘My liefste, as jy kom te sterwe, Dit sal my indagtig nog syn, En ek sal op jou grafsteen laat skrywe; “Hier lê 'n soetlief van my(n)”.’ 9.I.p.v. vers 10: ‘Jy het niks met my grafsteen te doen, Jy het niks met my grafsteen te maak; Want ek het hier 'n ander jong heertjie, Wat daarvoor sal sorg en sal waak.’ 11. ‘Kom vriende, alle hier in d' rond!’ Hierdie liedjie van 'n kieskeurige en punteneurige jonkman wat ‘nergens kon vind, Die hom van hart' bemin(t)’, is alweer een van die half-Hollandse, half-Afrikaanse minneliedjies, {==75==} {>>pagina-aanduiding<<} wat, soos die refreinagtige slotreëls by elke koeplet aantoon, gesing werd as 'n ‘koudleiliedjie’. By die slotreëls van elke koeplet het die danspaartjies, wat mekaar koudlei, klem bygesit aan die sing deur met die voete te stamp of met die hande te klap. Die liedjie was in vroeër jare in die Vrystaat op danspartytjies en by ander geselskapsgeleenthede, soos bruilofte en nuwejaarsvieringe, goed bekend en populêr. Vandaar dat daar allerlei ander koeplette met 'n opsomming van allerlei ander aardse goedere ‘ad infinitum’ gehoor word! Die ‘goud’ en die ‘kristal’ van hierdie liedjie is tiepies vir die middeleeuse ‘ballades’ en ‘romances’. Gee dit miskien iets aan die hand vir die nasporing van die oorsprong van die liedjie? {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Kom vrien-de, al-le hier in d'rond, Kom hoor eens wat ek hier verkond van 'n jonkman in ons land, Wat rond-ry van hoek tot kant, Maar ner-gens kon hy vin-de, Maar ner gens kon hy vin-de, Maar ner-gens kon hy vin-de, Die hom van hart be-min-de. {==76==} {>>pagina-aanduiding<<} 2. ‘Sy huisie was 'n erdvarkgat, Sy deurtjie was 'n springbokmat, Sy venster was 'n bottelglas, Wat in 'n hoek gemessel was. Wie het dan so'n huisie? (3 maal.) Wie hier op dese aard?’ 3. ‘Sy ete die was altoos koud, 'n Vet gestoofde paddabout, Of anders 'n gebraaide slak, Die smulde hy op sy gemak. Wie het dan so'n ete? (3 maal.) Wie hier op dese aard?’ 4. ‘Sy perdjie droeg die naam van Fleur, Hy had dan ook 'n skimmel kleur: Sy haartjies was so sag en fyn, As die skoonste perd kon syn. Wie het dan so'n perdjie? (3 maal.) Wie hier op dese aard?’ 5. ‘Sy stalletjie was ook goed geboud, Die vloertjie was gelê met goud, Die krippie was geheel en al Ook uitgelê met kristal. Wie het dan so'n stalletjie? (3 maal.) Wie hier op dese aard?’ (Mondelinge oorlewering). {==77==} {>>pagina-aanduiding<<} 12. ‘Sou ek dan my lewensdae’. Dit is weer een van die ‘koudleiliedjies’ van liefdesinhoud wat o.a. in die Vrystaat gesing werd op danspartye. Die taalvorme van hierdie minneliedjie is Hollands-Afrikaans, en vertoon die tiepiese ‘deurgriefd’ van daardie soort liedjies. (vgl. No. 4: ‘Floris en Anaatjie’, en die inleidende opmerkings aldaar). Ons teks stam uit mondelinge oorlewering uit die Noord-Oostelike Vrystaat. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Sou ek dan my le-wens-da-e Sly-te son-der 'n vrien-din? Nee, ek sal my hart op-dra-e, Aan 'n juf-frou wat ek min. 2. ‘Juffrou lief, ek min jou teder, Jy, jy het my hart deurgrief, Skenk jy my die liefde weder, Wat jy my so het ontrief.’ 3. ‘Hê tog met my medelyde, Wees nie doof vir my geklag, Want nou moet ek van jou skeide, En nooit weer by jou kome mag.’ {==78==} {>>pagina-aanduiding<<} 4. ‘Waar 'n ander rose plukke, Kry ek dorings tot my deel, Al wat 'k doen, wil nooit gelukke, As die rampspoed algeheel.’ 5. ‘'k Wens dat die uurtjie eens mag kome, Dat ek haar na die altaar lei, Dat uit haar liewe mond word vernome, Dat sy voor ewig die myne sy.’ (Mondelinge oorlewering.) 13. ‘Daar was 'n meisie van waarde’. Dit is waarskynlik maar 'n fragment hierdie van 'n minnelied wat vertel van die tragiese gevolge van 'n treurige mededeling aan 'n ‘meisie van waarde’ omtrent haar minnaar. Wie die ‘meisie van waarde’ is, weet ons nie, en wie haar ‘page’ is, ook nie. Is ‘Malbroekie’ die naam van haar minnaar, wat haar ‘page’ deur ‘vier offisiers’ gesien begrawe het? Of is ‘Malbroekie’ die ‘meisie van waarde’ self, wat sterf aan die gevolge van die tyding wat haar ‘ter harte gaan’? Die liedjie herinner o.a. aan die suiwer Hollandse bruilofslied {==79==} {>>pagina-aanduiding<<} wat in die ou dae in Suidafrika, veral in die Kaap-Kolonie, by bruilofsgeleenthede gesing werd: - ‘Schoonste dame vol van waarde, Zie toch eens uw minnaar aan, Want gij alleen zijt maar op aarde, Die mijn smart genezen kan.’ (Vgl. Schonken, bl. 20). Maar hierdie liedjie, wat ons uit mondelinge oorlewering in Potchefstroom opgeteken het, was nie 'n bruilofslied nie, maar 'n ‘koudleilied’. Na die half-Hollandse taalvorme, die ongewone woorde ‘page’ en ‘rontern’, en die geheimsinnige gees van die geheel, beoordeeld, wil dit ons voorkom of ons hier te doen het met 'n Hollands-Afrikaanse minneliedjie van Hollandse oorsprong wat baie ooreenstemming vertoon met die middeleeuse Europese geheimsinnige ballades. (Vgl. b.v. die Engels-Skotse ballades ‘Clark Colven’ en ‘The Lass of Lochroyan’, e.a.) Wat ook heel eienaardig is van hierdie liedjie is dat die wysie dié is van die Engelse piekniekliedjie: ‘We are jolly good fellows!’ wat ook al in Afrikaans gesing word as: ‘Want ons is lekker kêrels!’ {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Daar was 'n mei-sie van waar-de, My ron-my ron-de ron- tern. Daar was 'n mei-sie van waar-de, Sy kyk by die ven-ster uit; Sy kyk by die ven- {==80==} {>>pagina-aanduiding<<} ster uit; Sy sag haar pa-ge ko-me, Ge- heel in swart ge-kleed, Ge-heel in swart ge-kleed; Ag pa-ge lief, ag pa-ge, Wat ty-ding bring jy my? Refrein: - ‘Daar was 'n meisie van waarde, My ron-, my ron-de ron-tern.’ 2. ‘Die tyding wat ek jou bring, My ron-, my ron-de ron-tern, Sal jou ter harte gaan. (bis) Hy sag Malbroekie begrawe, Al deur vier offisiers.’ Refrein: - ‘Daar was 'n meisie van waarde, My ron-, my ron-de ron-tern.’ (Mondelinge oorlewering). {==81==} {>>pagina-aanduiding<<} B. Afrikaanse volksliedere wat berus op ‘kunsliedere’ en vertalings. 14. ‘Die afrikaanse pop’. By Dr. N. Mansvelt (‘Tekstboekje bij de Hollands-Afrikaanse Liederbundel’, bl. 50-52) kom die liedjie, ‘Die Afrikaanse Pop’, voor as die werk van Jannie; maar daar dit voorkom... nie as 'n vertaling of bewerking nie, maar as eie werk... as die eerste stukkie in ‘Stompies’ van J.H.H. de Waal, kan ons seker aanneem dat Jannie en J.H.H. de Waal dieselfde persoon is, en die maker van die liedjie. Wie Jannie is, weet egter die meeste mense wat die liedjie sing nie, maar dit weet ons dat hy 'n lied geskrywe het wat lewe in die mond van die Afrikaanse volk, en wat om die rede alleen verdien om 'n Afrikaanse volkslied genoem te word. Die digter is op die agtergrond getree, en sy lied, en veral die eerste koeplet, op die voorgrond. Dit is hierdie soort van minneliedjies wat ons op die oog het, waar ons in die Inleiding by hierdie liederbundeltjie beweer dat ‘die min of meer subjektiewe lied van 'n indiwiduele digter dikwels deur sy betrekkelik hoë graad van objektiwiteit en algemeenheid, deur sy populariteit as 'n gevolg van sy aanpassing aan die volksmaak, deur sy “Volkstümlichkeit” dus, in die loop van die tyd 'n volkslied kan word.’ {==82==} {>>pagina-aanduiding<<} Hierdie liedjie is so Afrikaans ‘volkstümlich’, omdat dit so 'n ongedwonge vertolking is van die Afrikaner se nugter liefdesbegrip. (Vgl. die opmerkings hieromtrent in die Inleiding). Let op die eienskappe van die Afrikaanse pop! ‘Gesond, beskeie, sag en soet, En vlytig nog boënop’! Verder is dit in die liedjie ook vanselfsprekend dat sy al die goeie eienskappe besit wat by die ander afwesig is: sy kan dus ‘frikedel braai’, sop kook, kouse stop en skouer aan die wiel sit. In gees en in inhoud is die minneliedjie ‘Die Afrikaanse Pop’ één van 'n tweeling, waarvan die ander heet: ‘Mama, ek wil 'n man hê!’ (Vgl. No. 15 onder hierdie rubriek.) {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Die wê-reld die is bai-e groot; Dit weet die aap se stert. En o-ral kry jy mei-sies, wat 'n He-le-boel is werd. Maar jy kan gaan van Oos tot Wes, En 'k wed jou vir 'n dop, Dat nê-rens kry jy so 'n nooi, As d'A-fri-kaan-se pop. {==83==} {>>pagina-aanduiding<<} 2. ‘Die Franse nooi haar ogies blink Baie lief, dit moet ek sê; Haar neusie is so fyn en fraai En glad, as jy wil hê! Sy is baie aanlokkend, ja dis waar; Maar, kêreltjie, pas op!.... Gaan kry jou tienmaal liewer tog 'n Afrikaanse pop.’ 3. ‘Die “Fräulein” uit die gawe land Van worsies en van bier Is 'n bekoorlik singertjie En tuis by die klavier; Maar hoe jou frikedel te braai En hoe te kook jou sop, Daar kom sy by die hak nie van Die Afrikaanse pop.’ 4. ‘Die Skotse “lassie” met Haar stem van silwer klank, Het wangetjies as rose en 'n Nekkie lelieblank; Maar, allalet! sy is te fyn, Te tingerig boënop, Om skouer aan die wiel te sit Soos d'Afrikaanse pop.’ {==84==} {>>pagina-aanduiding<<} 5. ‘Die “miss” uit Engeland die weet Hoe 'm hoedjies te bestel, En van teaters kan sy jou 'n Ganse lot vertel; Maar as jy graag 'n vrou wil hê, Wat ook jou kous kan stop, Vry dat dit kraak, ou boetie, na 'n Afrikaanse pop.’ 6. ‘Laat ander sê wat ander wil, Maar hierso staan ek by: Jy kan g'n beter wyfie in Die hele wêreld kry: - Gesond, beskeie, sag en soet En vlytig nog boënop. Sy is tog 'n al te liewe ding..... Die Afrikaanse pop.’ (Mansvelt-teks, t.a.p. bl. 50-52.) Aantekeninge: - 1.Die in één asem noem (in vers 3) van die ‘bekoorlike ‘Fräulein-singertjie’ en van ‘die gawe land van worsies en van bier’! herinner ons aan Heine se eienaardige verbindings, soos ‘Die Stadt Göttingen, berühmt durch ihre Würste und Universität....’ (Harzreise). 2.Die ‘Skotse lassie’ word ook in ander liedere verheerlik, soos in Burns se ‘Highland Mary’ en in Harry Lauder se ‘Highland Lassie’. {==85==} {>>pagina-aanduiding<<} 3.‘Wyfie’ het hier (in vers 6) nog die betekenis van die Engelse ‘wife’, die goeie ou betekenis wat 'n mens nog in Middelnederlands kry, waar dit selfs gebruik word van die maag Maria, in die sin dus van ‘vrou’ en selfs van ‘edelvrou’. 4.Terwille van die vergelyking gee ons hier ook die lesing van ‘Stompies’ (bl. 1-2) wat in enkele opsigte, veral van uit die oogpunt van volkskuns, nie 'n verbetering is nie. 1. ‘Die wêreld is 'n bol tamaai, Waarop die mens krioel; En dierb're diertjies, flink en fraai, Kry orals jy 'n boel. Maar soek in Oos, Wes, Suid of Noord, Daar 's één wat almal klop, Daar 's één wat almal gooi oor boord.. Die Afrikaanse pop.’ 2. ‘Die mammesel van Frankryk is 'n Fraai ding, moet ek sê; Haar wangetjies is vol en fris En glad as jy wil hê. As sterretjies haar ogies staar; Tog, kêreltjie, pas op! Verkry jou tienmaal liewers maar 'n Afrikaanse pop.’ {==86==} {>>pagina-aanduiding<<} 3. ‘Die 'Fräulein' uit die ryk gebied Van wors en biet en bier, Is vlytig, vlug, ook lief in lied En tuis by die klavier. Maar hoe jou frikedel te pan, En hoe te sous jou sop, Daar kom sy by die hak nie van Die Afrikaanse pop.’ 4. ‘Die Skotse blou-oog “lassie”, ah! Haar lyf is los en slank! Sy golwend goue lokkies dra, Haar hals is lelieblank. Maar ag, by haar steek nie die pit, Die moed, die krag, die kop, Om skouer aan die wiel te sit, Soos d'Afrikaanse pop.’ 5. ‘Die “miss” uit Engeland is wat werd By hoedjies te bestel! En van komedie en konsert Kan sy 'n trop vertel; Maar wil jy jou 'n vrou verkry Wat ook jou kous kan stop, Leg aan, leg aan, ou boetie, by 'n Afrikaanse pop.’ {==87==} {>>pagina-aanduiding<<} 6. ‘Laat ander sê wat ander wil, Maar onteenseglik bly: G'n degeliker diertjie sal Jy op die wêreld kry! Gesout, gesond, soet, saggesind, Begaafd en gou boënop.... Sy slaan hul almal in die wind.... Die Afrikaanse pop.’ 15. ‘Mama, 'k wil 'n man hê!’ Hierdie welbekende en populêre Afrikaanse minneliedjie is die teenhanger van die net so bekende en gevierde liedjie van die Afrikaanse pop, (vgl. No. 14 onder hierdie rubriek: Die Afrikaanse Pop’). Dit is hier dan ook van die vierde versreëltjie af duidelik dat by die Afrikaanse pop die ‘Franse man’, die ‘Hollander’ en die ‘Duitserman’ net so min kans het teenoor die ‘Boereman’ as by laasgenoemde die ‘Fräulein’, die ‘lassie’ en die ‘miss’ in die voorgaande liedjie. Terwyl die liedjie van ‘Die Afrikaanse Pop’ die vorm het van 'n sangmonoloog, het ‘Mama, 'k wil 'n man hê!’ die van 'n sangdialoog tussen die ‘mama’ en die dogter, 'n Afrikaanse pop. Nes die voorgaande liedjie dra hierdie een die spore van die werk van een of ander digter te wees..... dit is te selfbewus en subjektief om 'n suiwer produk van volkskuns te wees, maar dit is beide deur inhoud en gees, deur die onbekendheid van {==88==} {>>pagina-aanduiding<<} die maker en vir 'n deel deur Mej. Annie Visscher se voordrag daarvan, volkseiendom geword, en mag daarom met reg 'n volkslied genoem word. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} ‘Ma-ma, 'k wil 'n man hê!’ ‘Wat-ter man, my lie-we kind? Wil jy dan 'n Frans-man hê?’ ‘Nee, ma-ma, nee! 'n Fran-se man, die wil ek nie, Want 'par-lez-vous' ver-staan ek nie, Dit is my ple-sier, Met die Boer-jong-kê-rels hier.’ 2. ‘Mama, 'k wil 'n man hê!’ ‘Watter man, my liewe kind? Wil jy dan 'n Hollander hê?’ ‘Nee, mama, nee! 'n Hollander, die wil ek nie, Want God vervloek dit kan ek nie,’ Refrein: - ‘Dit is my plesier,’ ens. {==89==} {>>pagina-aanduiding<<} 3. ‘Mama, 'k wil 'n man hê!’ ‘Watter man, my liewe kind? Wil jy dan 'n Duitser hê?’ ‘Nee, mama, nee! 'n Duitserman, die wil ek nie, Want “Schweinefleisch” dit lus ek nie,’ Refrein: - ‘Dit is my plesier’, ens. 4. ‘Mama, 'k wil 'n man hê!’ ‘Watter man, my liewe kind? Wil jy dan 'n Boer soms hê?’ ‘Ja, mama, ja! 'n Boereman, die wil ek hê, In 'n Boer se arms wil ek lê,’ Refrein:- ‘Dit is my plesier,’ ens. (Teks van Dr. N. Mansvelt, t.a.p. bl. 80.) Aantekeninge: - 1.Hierby teken Dr. Mansvelt aan (bl. 81, n.l. oor vers 2) ‘Zinspeling op het voor Afrikaners zo pijnlik en ergerlik misbruik van Gods naam door zo vele Nederlanders.’ Dit is die opmerking van 'n Hollander en verder kommentaar is hier dus oorbodig! 2.Die Duitser is beroemd om sy liefde vir ‘Schweinefleisch und Kartoffeln’, (vgl. ook die voorafgaande liedjie). 3.Na die derde versie teken Dr. Mansvelt (t.a.p.) aan: ‘Koepletten verder “ad libitum” met Chinezen, Turken, Kaffers, {==90==} {>>pagina-aanduiding<<} enz.’ Met die eerste deel van hierdie opmerking, n.l. koepletten verder ‘ad libitum’ gaan ons akkoord, maar met betrekking tot die twede, n.l. ‘met Chinezen, Turken, Kaffers, enz.’ antwoord ons met 'n kafferwoord, wat al amper in Afrikaans burgerreg verkry het ‘Hikona!’ 4.I.p.v. ‘watter’ in die 2e reël in elke versie ‘wat vir 'n’... 16. ‘Grietjie’. Die liedjie van ‘Grietjie’ en die van ‘Antjie Schut’ (vgl. No. 18 onder hierdie rubriek) het dit met mekaar gemeen, dat hul beide vrye vertalings is van Engelse liedjies, wat egter so verafrikaans is, dat hul gewoonweg deurgaan vir Afrikaanse volksliedjies, en dan ook lewe in die Afrikaanse volksmond! Hierdie minneliedjie sluit sig goed aan in inhoud en gees by die Afrikaanse nugterheid; vandaar sy populariteit onder die volk. Die indruk wil maar nie weg nie, dat die minnaar Grietjie se hand wil hê om haar ‘honderd pond’....‘wat in die spaarbank lê’! ‘Grietjie’ is 'n vertaling van die Engelse liedjie: - ‘Molly dear, Now did you hear, What all the people say?’ Volgens Dr. Mansvelt (t.a.p. bl. 54) is die maker of vertaler P.J.H. te Groenberg, terwyl die liedjie volgens Dr. G. Besselaar (‘Zuid-Afrika in de Letterkunde’ bl. 147) die werk is van {==91==} {>>pagina-aanduiding<<} P.J. Hoogenhout, dus van P.J. Hoogenhout, woonagtig op Groenberg. Seker is dit dat hierdie luimige minneliedjie vandag in Suidafrika 'n volksliedjie geword is.... en dit is vir ons die hoofsaak. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Griet, my skat, en weet jy wat Die men-se nou weer praat? Dat ek en jy dalk an-der maand nog voor die preek-stoel staat. Ek weet nie wat jou plan is nie, Maar myn' is lang al klaar, En as jy net die woord-jie sê, Dan trou ons met me-kaar! Refrein. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Griet-jie, my lie-we Griet-jie, Ek het jou bai-e lief. Ag! luis-ter na my lied- -jie, My {==92==} {>>pagina-aanduiding<<} sko-ne Griet-jie, my har-te-dief! Mei-maand, my hart is vry-maand. Kom, ons twee vra jou pa. Gaat maar saam en neem my naam, My hart-lam, waar-om is jy skaam? Sê tog net een-keer Ja! 2. ‘Griet, my skat, en weet jy wat? Die huis is al gebou, En mooie meubels is gekoop, 't Wag alles net op jou. G'n ding ontbreek en niks makeer: Word jy maar net my vrou, Dan is die hele wêreld reg, En sal 't jou nooit berou.’ Refrein: - ‘Grietjie, my liewe Grietjie,’ ens. 3. ‘Griet, my skat, en weet jy wat Die mense verder sê {==93==} {>>pagina-aanduiding<<} Omtrent die honderd pond van jou Wat in die spaarbank lê? Hul sê: dit is net om jou geld, Dat ek jou het gevra; Maar was dit nege en negentig maar, Sou jy mos ook sê: ‘Ja!’ Refrein: - ‘Grietjie, my liewe Grietjie,’ ens. (Teks by Dr. Mansvelt, t.a.p. bl. 52-54.) 17. ‘Gertjie’. Dr. Mansvelt teken by hierdie liedjie aan (t.a.p. bl. 77): ‘Het 5de koeplet, bevattende de woorden door Jannie gesproken, ontbreekt. Het liedje werd de verzamelaar medegedeeld door een Hollander, die het op commando en in krygsgevangenschap had hooren zingen.’ Dit is ons ewemin as Dr. Mansvelt geluk om die woorde van die 5de koeplet in hande te kry, en dit is baie jammer, omdat die 5de koeplet ongetwyfeld baie belangryk is, want dit moet Gertjie se besliste standpunt in die 6de verklaar. In die 2de koeplet raai sy Jannie ‘die pret’ met Sarie af, in die 4de gee sy die voorbeeld van Pieter en Griet aan, en in die 6de steek sy Jannie in die pad. Dit is ongetwyfeld die gevolg van sy antwoord in die ontbrekende 5de koeplet. Owerigens het ons die liedjie dikwels in Afrikaner kringe by geselskapsgeleenthede hoor sing, maar dan gewoonlik net die {==94==} {>>pagina-aanduiding<<} eerste koeplet en die refrein, en af-en-toe ook een van die ander versies, maar die 5de ongelukkig nie! ‘Gertjie’, waarin ons nes in ‘Mama, 'k wil 'n man hê!’ (vgl. No. 15 onder hierdie rubriek), die sangdialoog en die refreinmotief terugvind, behoor tot dieselfde klas van volksliedjies as ‘Grietjie’ (vgl. No. 16 onder hierdie rubriek); maar die die maker (?) of vertaler (?) van ‘Gertjie’ is onbekend. In beide die liedjies (n.l. No. 16 en No. 17) is daar sprake van dat daar van die minnaar geskinder is: in die een geval wil hy, soos ‘die mense sê’ die geliefde hê om haar ‘honderd pond’....maar dit lyk tog of alles sal reg kom.... terwyl in die ander geval Gertjie die verloofskap blykbaar afbreek weens die praatjies, wat daar rond gaan, dat Jannie verlief is op Sarie. Gertjie is 'n bietjie meer jaloers as Grietjie! En die rede? ‘Cherchez la femme!’ sê die Fransman. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Wan-neer kom ons trou-dag Gert-jie, Gert-jie? Hoe's dit dan so stil met jou? Ons is so lang ver- loof al, Gert-jie, Gert-jie, Dit is tyd dat ons gaan trou. {==95==} {>>pagina-aanduiding<<} Refrein. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Glo tog, Gert-jie ek sal nooit nie, Nooit nie, Nog lan-ger aan jou sleep-tou bly nie, bly nie. Jy dink mi-skien ek kan nie dood nie, dood nie, Maar my ja-re gaan ver-by. 2. (Sy) 'k Hoor jy is verliefd op Sarie; Maar die pret moet jy laat staan! Pas maar op vir Pieter en Danie, En Danie: Hul is kêrels, wat somaar slaan.’ Refrein: ‘Glo tog, Gertjie’, ens. 3. (Hy) ‘Jy weet, as ons Sondags kuier Agter om die kop verby, Dan sê ek: “Nonnie, lig jou sluier, Sluier, Kom en gee 'n soen vir my”.’ Refrein: - ‘Glo tog, Gertjie’, ens. {==96==} {>>pagina-aanduiding<<} 4. (Sy) ‘Jannie, al die soentjies help nie; Kyk vir Pieter en vir Griet: Vandag wil hul mekaar nie hê nie, Hê nie: Al die soentjies is verniet.’ Refrein: - ‘Glo tog, Gertjie’, ens. 5. (Hy) ? Refrein: - ‘Glo tog, Gertjie’, ens. 6. (Sy) ‘Ons moet dan die pret maar staan laat, Ons moet maar die soen laat bly; Ek sal my eie pad dan kry maar, Kry maar, En jy kan na Sarie vry.’ Refrein: - ‘Glo tog, Gertjie’, ens. (Teks by Dr. Mansvelt, t.a.p. bl. 75-77). 18. ‘Antjie Schut’. Goed en byna oral bekend is die Engelse minneliedjie ‘Clementine’, en net so algemeen bekend in Suidafrika is die Afrikaanse liefdesklaagliedjie ‘Antjie Schut’, wat 'n onbekende Afrikaanse digter daarvan gemaak het. Dit is dus 'n vreemde liedjie, soos {==97==} {>>pagina-aanduiding<<} ‘Grietjie’ (vgl. No. 16 onder hierdie rubriek), wat hier in Suidafrika genasionaliseer geraak het. Beslis-treurig is dit net so min as wat dit sentimenteel is, en 'n mens kry so half-en-half die indruk, dat die woorde: - ‘Maar g'n hartseer Of g'n smart meer Voel my liewe Antjie Schut’ ook geld van die kwansuis (?) klaende digter-minnaar! Intussen het hy al weer sy afgestorwe Antjie Schut se ‘kleine suster’. gekus, en hoe groot die ‘kleine suster’ was.... daar hang baie van af! {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Aan die kant-jie van 'n rant-jie. In 'n reg- te mooi-e hut, Met haar pa-pe, By die ska-pe Woond' my lie-we An-tjie Schut. 2. ‘Jaagd' die eendjies, Haakt' haar beentjies, En die water kon nie stut: Sy's gesonke En verdronke, Ag, my arme Antjie Schut!’ {==98==} {>>pagina-aanduiding<<} 3. ‘By 'n stroompie, Waar 'n boompie Met sy lommer dit beskut, Suig die rosies Nou hul blossies Uit die stof van Annie Schut.’ 4. ‘Ag! ek miste 'er; Ag! ek miste 'er; O! my liewe Antjie Schut! Maar ek kust' 'er Kleine suster, En dat strekte my tot nut!’ 5. ‘Dit is klaar nou Ook met haar nou, En my rympie's uitgeput, Maar g'n hartseer Of g'n smart meer Voel my liewe Antjie Schut!’ (Teks by Dr. Mansvelt, t.a.p. bl. 63-64.) Aantekening: - Hierby moet gevoeg word die deur 'n Afrikaner gemaakte Hollandse Clementine-bewerking, wat stam uit die tyd van die Boere-oorlog, toe dit beide by die burgers op kommando en by die in ballingskap baie populêr was. {==99==} {>>pagina-aanduiding<<} ‘Ziet gij daar die blauwe bergen?’ 1. ‘Ziet gij daar die blauwe bergen, Waar onz' vrienden zijn verkocht? Door de vijand zijn gevangen, En zo ver zijn weggevoerd?’ Koor: - ‘Wederziens! Wederziens! Wederziens! mijn lieve vriend! Wederziens! in 't heerlik land, Waar geen scheiden ooit meer zijn zal; Wederziens! mijn lieve vriend!’ 2. ‘Nu omringd door millioenen, Onze dood is toch zo wreed, Tussen spiezen en geweren Zien wij onze vrienden gaan.’ 3. ‘En naar Kaapstad als bandieten, Op de schepen naar Ceylon, Over golven en door dalen Zien wij onze vrienden gaan.’ 4. ‘De laatste avond toen 'k hem groette, Was hij in des vijands kamp, Was zijn woorden tot mij vriendelik: “Ik blijf u tot de dood getrouw”.’ {==100==} {>>pagina-aanduiding<<} 5. ‘En ten laatste kwam de tijding, Dat mijn vriend zijn leven gaf, Welk een bittere kelk te drinken Op deez' droevig tranendal.’ 6. ‘In mijn lijden, in mijn droefheid Zal ik hem gedachtig zijn, Die zijn liefde aan mij gaf, (Maar) Voor eeuwig is weggeleid.’ Aantekening: - 1. Die leser sal opgemerk het dat hierdie Hollandse lied van 'n Afrikaner allesbehalwe suiwer Hollands is....wie ken die geskiedenis nie? Dit is natuurlik alleen maar 'n bewerking van die klaagliedmotief oor 'n heengegane vriend(in) van die Engelse ‘Clementine’-liedjie, en bevat één vers meer as die Afrikaanse vertaling, n.l. ‘Antjie Schut’, behalwe 'n koor. 19. ‘Alie Brand’. ('n Vrystaatse minnelied.) Die liedjie van ‘Alie Brand’ word tereg genoem 'n Vrystaatse minnelied, (vgl. Dr. Mansvelt, t.a.p. bl, 72), want dit is daar beter bekend as ergens elders in ons land. Hoewel die naam van die digter, volgens Dr. Mansvelt, {==101==} {>>pagina-aanduiding<<} onbekend is, bestaan daar in die Vrystaat allerlei tradiesies oor die digters, want 'n hele paar name word opgegee as die van die digter van die liedjie. Maar al die name is van owerigens onbekende persone, sodat die outeurskap twyfelagtig bly, wat alleen bewys dat die digter op die agtergrond getree is en sy liedjie volkseiendom geword het. Dit is die lewensgeskiedenis van meer as één volksliedjie (vgl. No. 14 en No. 16 onder hierdie rubriek). Dat die liedjie volkseiendom geword is, word verder bevestig deur die variante..... 'n karakteristieke eienskap van volkspoësie! (vgl. die Inleiding.) Die rymskema is onreëlmatig en die taalvorme half-Hollands, soos in baie ou Afrikaanse volksliedjies uit die ‘ou’ tyd (vgl. veral die liedjies onder die eerste rubriek). En die nugter materialisme van hierdie minneliedjie het seker ook baie gehelp om daarvan 'n volksliedjie te maak. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} A-lie Brand, die lief-ste van my land, Kom, laat ons on-se ska-pies in één klom-pie ja... Kom, gee my per-mis-sie, my lief-ste A-lie Brand, Kom, laat ons na die dorp toe gaan, Om te haal die pre-di-kant. {==102==} {>>pagina-aanduiding<<} 2. ‘Koeitjies en kalfies, alles kan jy kry, Perdjies om te rye, koeitjies om te melke, Koekies en koffie vir die tantes en die ooms, En baie, baie geld Vir die dogters en die soons.’ 3. ‘As jy nie wil nie, dan weet ek wat ek doet; Dan vat ek 'n tamaai riem en die bind ek om jou voet, En so, my liefste Alie, hou ek dan vir jou vas; Want sonder my liefste Alie Is d' lewe my 'n las.’ (Teks van Dr. Mansvelt, t.a.p. bl. 72.) Variante: - 1. ‘Alie Brand, ag my liewe Alie Brand, My liefste van my hart, kom laat ons ons goedjies In één klompie maak, my liewe Alie Brand, En môre na die dorp toe ry Na die predikant.’ 2. ‘My en jou ouers is al beide oud, Kom hul te sterwe, dan erf ons geld en goud. Koeie om te melk en perde om te ry, Blomtuin en pluimvee...alles sal ons kry, Koffie en koekies vir die tantes en die ooms. En darem nog geld genoeg vir die dogters en die soons.’ {==103==} {>>pagina-aanduiding<<} 3. ‘Alie Brand, ag my liewe Alie Brand, My liefste van my land, Moenie sê nee. As jy sê nee, Dan weet ek wat ek doen, Dan neem ek 'n lang riem En ek hang my aan 'n boom. Want sonder jou, my Alie, Wat maak ek met my nek? Ja, sonder jou my Alie, Wil ek maar liewers vrek!’ Aantekeninge: - 1.Die ou Boere-manier om die ja-woord te vra was, soos hier: Kom ons ja ons skapies in één klompie.’ (of) ‘Kom ons ja ons skapies by mekaar.’ of mooier nog met 'n rympie: - ‘Ek spring oor 'n tou, Jy spring oor 'n tou, Kom ons same trou.’ (vgl. die Inleiding). 2.In die variant van vers 3 is die minnaar meer desperaat! 20. ‘Die steweltjies van Sannie’, en ‘Môre oompie! Môre Tannie!’ By Dr. Mansvelt (t.a.p. bl. 67-69) kom voor 'n minneliedjie van Oud-President F.W. Reitz, n.l. ‘Die Steweltjies van Sannie’, wat al heeltemal 'n Afrikaanse volksliedjie geword is, en waarvan {==104==} {>>pagina-aanduiding<<} die motief heel eienaardig verwerk is in die loop van die tyd tot 'n Afrikaanse volksliedjie: ‘Môre oompie! Môre tannie!’ Laasgenoemde liedjie behoort dus eigenlik tuis onder rubriek C, maar dit sal nie oninteressant wees om die twee lesings met mekaar te vergelyk nie, wat hier vergemaklik word deur die twee, ten spyte van ons rubrisering, onmiddellik na mekaar af te druk. Die kunsliedjie van Oud-President F.W. Reitz het o.i. die voordeel van groter uitwerking en afwerking, maar die volksliedjie het weer die voordeel van groter konsentrasie of direktheid, of wat ons miskien sou kan noem inwerking. Oordeel self! ‘Die steweltjies van sannie’. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Pas al-tyd vir 'n vrou-mens op; Dit help jou net g'n stuk nie: Steek jy jou nek eers in die strop, Dan kan jy nooit los ruk nie. 2. ‘So was dit ook met my gewees: Ek was nie reg van plan nie, Toe was dit lank al klaar met Kees: Ek was geknoop aan Sannie.’ {==105==} {>>pagina-aanduiding<<} 3. ‘Skaars was ek agtien jare oud, Toe vry ek al na Sannie; My sakoorlosie was van goud, En 'k gee pad vir g'n man nie.’ 4. ‘Haar ouers het ons uitgelag; Hul sê, ons is maar vul'tjies, En ek moet nog 'n bietjie wag Met sulke kinderspul'tjies.’ 5. ‘Maar, neef, ek moet jou tog verhaal, Hoe dit met my gebeur is: Jou tyd die kom ook nog eenmaal, Vóór jy mooi reg daar deur is.’ 6. ‘Ek droom mos, dat sy voor my staat Met splinternuwe stewels. Hul mag van kleine voetjies praat, Maar Sannie het twee knewels.’ 7. ‘Ek trek my aan die oggend vroe': “Saal op die skimmel daar!” Toe ry ek reguit Sannie toe, Om te hoor hoe sy nog vaar.’ {==106==} {>>pagina-aanduiding<<} 8. ‘“Goei” môre, Tante!.. môre, Oom! “En waar is Sannie dan?” Daar kom sy net soos in my droom, Met dieselfde stewels aan.’ 9. ‘Wel, ek sal jou maar kortaf sê: Ek het haar toe gevra, Of sy my vir 'n man wil hê, Toe sê sy somaar: “Ja!”’ 10. ‘'n Mens die bly tog maar 'n mens; Ek weet nie wat 's die rede: Maar, soos hy kry net wat hy wens, Dan word hy ontevrede.’ 11. ‘Dit help nou weinig om te huil, Al het ek spyt van Sannie; Kon ek die ou ding maar verruil, Dan sou ek...maar ek kan nie.’ (Teks by Dr. Mansvelt, t.a.p. bl. 67-69. Vgl. ook Dr. L. van Niekerk, t.a.p. bl. 122-123.) {==107==} {>>pagina-aanduiding<<} ‘Môre oompie! Môre Tannie!’ (Volksliedjie.) {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} ‘Mô-re oom-pie! mô-re tan-nie! Waar is San-nie dan?’ ‘San-nie het gaan wa-ter haal, Daar on-der by die dam.’ Refrein. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} ‘Ja, oom-pie, ja! Mô-re gaan ons trou! Ja, oom-pie, ja! Mô-re gaan ons trou!’ 2. ‘Haar rokkie was 'n skeurtjie in, Die jonkman kyk daarna; Die jonkman vra om na Sannie te vry: Van skaamgeit sê sy: “Ja!”’ Refrein: - ‘Ja, oompie, ja!’ ens. Variante: - I.p.v. die laaste twee reëltjies van vers 1: 1. ‘Sannie het gaan perde span Daar onder by die pan.’ 2 of ‘Daar loop sy op die stoep Met haar nuwe stewels aan.’ {==108==} {>>pagina-aanduiding<<} 21. ‘Sannie Beyers’. ‘Sannie Beyers’ is 'n vrye vertaling in Afrikaans van Byrons ‘Maid of Athens’ deur 'n ‘ongenoemde’. (Vgl. Dr. Lydia van Niekerk, t.a.p. bl. 128-129.) Daar die liedjie egter voorkom in Oud-President F.W. Reitz se ‘Twee en sestig uitgesogte Afrikaanse Gedigte’ (bl. 54), word dit dikwels aan Oud-President Reitz toegeskrywe, maar hy verseker ons self dat, hoe hy ook al die liedjie bewonder, dit nie sy werk is nie, en dat hy ook nie kon uitvind wie se werk dit is nie. Beide deur Dr. van Niekerk en deur Oud-President Reitz word bewondering uitgespreek vir die gelukkige verafrikaansing van: ‘Ζωή μον, σᾶς ἀγαπῶ’ as ‘Hartjie, ek het lief vir jou!’ ‘Sannie Beyers’, die liedjie van 'n onbekende Afrikaanse digter, lewe in Suidafrika in die volksmond en verdien daarom 'n plekkie onder ons Afrikaanse volksliedjies. Die vertaling het van 'n kunslied 'n volkslied gemaak, soos dikwels gebeur. Veral in die Vrystaat is die liedjie goed bekend en word dit dikwels gehoor op bruilof- en dansgeleenthede, waar dit baie populêr is. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} San-nie Bey-ers, eer ons skei, Gee my hart te- rug aan my! Of nou-dat dit al ver-loor is, {==109==} {>>pagina-aanduiding<<} Vat dan maar al wat oor is! Vóór ek weg gaan, sweer ek nou: Hart-jie, ek het lief vir jou! 2. ‘Ag! die lokkies ongebind, Wat heen-en-weer waai met die wind! Ag, die wange rond en mooi, Nes 'n perske sag en rooi! Ag, die ogies hemelblou! Hartjie, ek het lief vir jou!’ 3. ‘Maar, O! die lippies! Al my vee Sal ek vir één soentjie gee; My hart wil somaar owerstort, En woorde kom my nou te kort; Altyd bly ek aan jou trou: Hartjie, ek het lief vir jou!’ 4. ‘Sannie, ek gaan van jou weg, Maar, as jy so ellendig leg, Dink om my! by jou digby Sal my hart en siel nog bly. Kan my liefde ooit ophou? Hartjie, ek het lief vir jou!’ (Teks van Oud-President F.W. Reitz, t.a.p. bl. 34.) {==110==} {>>pagina-aanduiding<<} Variant: - 1.p.v. die laaste twee reëls van vers 1: ‘Al wat oor is gee ek jou, Sannie, ek het lief vir jou!’ Aantekening: - ‘Ζωή μον, σᾶς ἀγαπῶ’ = ‘My lewe, ek het lief vir jou!’ 22. ‘Ek is 'n arme Engelsman’. Dit lyk of hierdie ‘verspotte’ minneliedjie kan stam uit die tyd van ‘Di Patriot’, alhoewel dit ons nie geluk is om dit daar te vind nie, net so min as dit ons geluk is om uit te vind wie die maker of vertaler was, want dit lyk baie na 'n vertaling of bewerking van 'n vreemde liedjie. Eienaardig is die deureenmenging van half-Hollandse, Afrikaanse, half-Engelse en Engelse taalvorme, en die moraliserend-didaktiese slotkoeplet herinner aan meer as één gediggie en liedjie uit ‘Di Patriot’. (Vgl. b.v. ‘Skoon Isabel’, No. 3 onder rubriek A.) Maar hierdie kammakastige minneliedjie is deur sy volkshumor, sy ruheid van rym en vertelling, en deur inhoud en gees 'n volksliedjie geword. Dit geld veral van die luimig-beskrywende koor of refrein: - ‘Op haar hotoog sit 'n karkatjie, Haar haaroog wys sy's 'n platjie, Op haar neus sit 'n goem van 'n vratjie, En haar mondjie rek van oor tot oor!’ {==111==} {>>pagina-aanduiding<<} Hierdie refrein is goed bekend en baie populêr onder die boeremense, veral in die Vrystaat. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Ek is 'n ar-me En-gels-man, En 'n wees-kind ook daar-by. Nou sal ek vir jul 'n grap ver-haal, Hoe ek uit-ry Om te vry: Dit was met die Nag-maal, In die kerk het ek haar vir eers ge-sien, En ek raak toe so-maar op die plek, Ver-liefd op die swart-oog Mien. Refrein. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Op haar hot-oog sit 'n kar-kat-jie, Haar haar-oog wys sy's 'n plat-jie, Op haar neus sit 'n goem van 'n vrat-jie En haar mond-jie rek van oor tot oor! {==112==} {>>pagina-aanduiding<<} 2. ‘Dit was op 'n Saterdagaand laat, Toe kom ek op haar plaas; Die niggie was vir my so bang, Sy loop gelyk 'n haas; Ek klim daar af en ek loop daarin, En ek gaan parmantig sit; Die niggie was regtig na my sin, Net jammer sy was 'n bietjie al te wit.’ 3. ‘Ek was die aand “ge-introduce”, En ek sit ook aan haar sy: Ag wêreld! ek het toe so gespog; Ek dog sy was verliefd op my! Toe sing ons saam uit die Sankey-boek: “O! happy are we tonight!” Toe bak sy vir ons pannekoek, Toe was die ding “alright”!’ 4. ‘Maar tot my grootste leed en spyt, Wat moes ek van alles hoor: Die ou tante was so warm, Sy wou daar niks van hoor! Ek keer toe bedroefd na huis, En ek praat g'n enkel woord; Ek hou my stil gelyk 'n muis, En ek dag: “Ek sal maar hoor!”’ {==113==} {>>pagina-aanduiding<<} 5. ‘Ek het haar weer 'n aand ontmoet, Toe was ons net alleen; Ek kry toe moed om haar te groet, En ek vra of sy myn sal syn. Sy sê: “O, ja! Waarom dan nie? Ek het jou tog so lief! Groetnis tuis, en twyfel nie, En skryf my 'n lange brief”.’ 6. ‘Maar op 'n môre in die kerk Sien ek Mien voor die preekstoel staan: Sy was te troue met 'n ander een, 'n Lelike skeeloog man! Maar eer ses maande was verby, Toe sit die skeeloog alleen: En met 'n smous was sy weggeloop... Van Oom Jannie met die hoepelbeen!’ 7. ‘Vriendjies, wat ek jul wil raai, Moet nooit so jong gaan vry, Of jul moet nou lang wil draai, En slegs maar tweemaal ry. Doen jul gelyk as ek Om sewe jaar te vry, Op die ou ent raak jul verneuk, Dan moet 'n ander haar kry.’ (Mondelinge oorlewering.) {==114==} {>>pagina-aanduiding<<} Aantekeninge: - 1.‘'n Goem van 'n vratjie’ (refrein) = 'n groot vratjie (?) 2.‘Oom Jannie met die hoepelbeen’ is 'n bekende piekniekgas. (Vgl. by die piekniekliedjies, en ook by die dansliedjies.) (Vers 6). 3.Die slotvers herinner aan die laaste vers van ‘Die Steweltjies van Sannie’ (vgl. No. 20 onder hierdie rubriek), hoewel die gevalle net die teenoorgestelde van mekaar is: hier is die ellende die spoedige verlies van Mien, daar die lang behoud van Sannie. (Vgl. ook die slotvers van No. 3 onder rubriek A). 23. ‘Dapper du Preez’ of ‘Die jonge Dupreez’. Die ballade van ‘Dapper du Preez’ is in Engels bekend as ‘Young Lochinvar’ en kom voor o.a. in Scott se ‘Marmion’. Dit sou ons miskien reeds regverdig om hierdie Afrikaanse vertaling van 'n Engels-Skotse ballade as 'n volksliedjie te beskou, maar dat dit in Suidafrika werklik 'n volksliedjie geword het, word bewys (1) deur die aanwesigheid van verskillende variante.... 'n kenmerk van byna alle volkspoësie (vgl. die Inleiding by ons bundeltjie ‘Afrikaanse volksliedjies, ‘Piekniekliedjies’, bl. 15), en (2) deur die feit dat die liedjie in Suidafrika oral gesing word, reeds van lang vóór die Boere-oorlog af, sonder dat die volk ooit dink aan 'n digter, want hy het hier op die agtergrond getree en sy werk aan die volk as volkseiendom bemaak. Daar is owerigens ook 'n tradiesie in ons land dat die vertaling uitgelok werd deur 'n bepaalde insident in Suidafrika. Volgens Dr. Lydia van Niekerk (t.a.p. bl. 56) is ‘Die Jonge Dupreez’ een van 'n negetal gediggies en liedjies wat in 1888 {==115==} {>>pagina-aanduiding<<} deur Oud-President F.W. Reitz versamel werd uit verschillende bladen, waaronder ‘Het Volksblad’, ‘Het Zuid Afrikaansche Tijdschrift’, ‘'t Oranje Vrijstaatsche Familicblad’ en de ‘Bloemfontein Express’. As sulks kom dit dus voor in Oud-President Reitz se ‘Vyftig Uitgesogte Afrikaanse Gedigte’ (Kaapstad, 1888) en ook in sy later ‘Twee en Sestig Uitgesogte Afrikaanse Gedigte’ (Kaapstad, 1916) waarop ons teks berus, terwyl die variante op mondelinge oorlewering berus. Van hierdie oogpunt uit verdien ‘Dapper du Preez’, soos dit onder die volk heet, nes ‘Antjie Schut’, ‘Grietjie’ en ‘Die Afrikaanse Pop’, ens, 'n plek in ons bloemlesing Afrikaanse volksliedjies. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Daar vèr uit die Wes-te kwam jon-ge Du-preez; Sy perd was ge-teeld by Melck en Coet-zee, En bui-ten sy ry-sweep, g'n wa-pen droeg hy. Hy ry on-ge-wa-pend, hy kom om te vry: So trou tog in lief-de, kom, stem met my mee... Was daar ooit knap-per jonk-man as jon-ge Du-preez? {==116==} {>>pagina-aanduiding<<} 2. ‘G'n wind en g'n spruit kan hom keer; Hy ry deur die stroom waar g'n mens wou probeer; Maar, toe hy wou afklim by die meisie haar huis, Vond hy alles in roer, selfs tot in die kombuis. Die bruid had 'n ander haar jawoord gegee, En dit aan 'n vyand van jonge Dupreez.’ 3. ‘Dog Dupreez gaan na binne. Wat gee hy tog om, Al staan al die jonkmans en meisies verstom? Toe sprak die bruidsvader: “Wat soek jy, Dupreez, (Want die bruidegom self was skoon al verleë,) Kom soek jy na vrede, of soek jy wel stryd? Wil jy veg nou, of dans?.... want nou is jou tyd”.’ 4. ‘Ek vry lang na jou dogter, oom Jacob Fouree,’ Is die antwoord van jonge en dapper Dupreez; ‘Ek vry lang na jou dogter, jy wou dit nie hê; Maar die liefde brand diep, dit kan ek jou sê; Ek kom nie om te veg nie, waarom sou ek stry?... By ons is daar meisies veel mooier as sy, Ek kom vir die laaste.... so jy dit wil skink, Ek kom om te dans, en 'n glasie te drink.’ 5. ‘Die bruid kus die glas; Dupreez neem dit weer; Hy drink haar geluk en toe smyt hy dit neer; Sy begos al te bloos; sy sug al hoe meer; Met ted're ogies sien sy op hom neer. Hy nam haar saft' hand vóór haar moeder kon praat: “Kom, laat ons nou dans, want vir my word dit laat”.’ {==117==} {>>pagina-aanduiding<<} 6. ‘Hy was mooi van postuur; sy was mooi van gesig, Elk oog werd, in liefde, op die twee gerig; Haar moeder was kwaad, haar vader was boos, En die bruidegom staan daar, ag! heel sonder troos, Die strooimeisies fluister: “'t Was beter veeleer, Had Dupreez haar gekrege, die knappe jongheer.”’ 7. ‘Hy drukte haar hand; hy fluisterde iets; Hy dans na die deur; maar niemand merk iets; Meteens sprong hy uit.... sy perd stond gereed.... Die meisie is mee, en, O! wat een leed! Die kind van fatsoenlik Oom Jacob Fouree Is weg in die donker met dapper Dupreez.’ 8. ‘Die Vorsters en Kriels, van Heerdens en Greefs, Dit dreun soos hul ja; maar al 's tevergeefs: G'n perd hoor hul meer: hy is vèr al miskien: Die nag is so donker;.... g'n ding kan hul sien; Maar so rat en so dapper.... ek wou wel wat gee. Weer 'n jonkman te sien soos die jonge Dupreez!’ (Teks van Oud President F.W. Reitz, t.a.p. bl. 47-48.) Variante: - 1.I.p.v. vers i reël 2 en 3: ‘Sy perd was die beste uit die land vergeleë, En buiten sy rysweep, g'n geweer of pistool droeg hy.’ {==118==} {>>pagina-aanduiding<<} 2.I.p.v. vers 2, reël 3 en 4: ‘Maar toe hy kom by Oom Jacob Fourie se huis, Kry hy alles in rep en roer, tot in die kombuis.’ 3.Reëls 5 en 6 in vers 4 kom net in party lesings voor, en gee aan hierdie vers 2 meer reëls as aan die ander. 24. ‘Swart Jasper’. Dr. Lydia van Niekerk maak melding (t.a.p. bl. 123) van ‘'n gedichtje van zekere C.S.J., met de weinig passende titel: “'n Merkwaardige Gebeurtenis”.’ Ons kon hierdie gediggie egter nie in die eerste jaargang van ‘Ons Klyntji’ kry nie, waar 'n mens blykbaar daarna moet soek, want Dr. Van Niekerk beweer (op bl. 124): ‘Onder de titel “Jasper en Jatjie” is 't gedichtje nog eens in de tweede jaargang van “Ons Klyntji” afgedrukt, met enige kleine verbeteringen.’ Ons volg hier die laasgenoemde teks, en ons gee die liedjie ook 'n plek onder ons volksliedjies, omdat ons in die Vrystaat die liedjie hoor sing het in 'n vorm wat hier en daar afwyk van die ‘Ons Klyntji’-redaksie. Of die variante wat ons uit mondelinge oorlewering opgeteken het, berus op die vroeëre lesing, wat Dr. Van Niekerk noem, weet ons nie, en derhalwe gee ons as variante die afwykinge van die redaksie van ‘Ons Klyntji’ (Twede Jaargang, bl. 214). Materialisties-berekenend is al weer die liefdesverhouding! Die paartjie wil gaan trou, maar bereken eers hul besitting aan vee: ‘vier bokke, twaalf skape, één koei met 'n kalf’. Karakteristiek is wat Schonken opmerk omtrent die so alombekende ‘opsitkers’: ‘Men spreekt dikwels van een gebruik...... opsit met die {==119==} {>>pagina-aanduiding<<} kers.....dat hierin bestaan moet, dat de vrijer het meisje een kaars aanbiedt; wanneer deze wordt aangenomen, dan mag het jonge paar alleen opblijven, hetzij, totdat zij opgebrand is, of de plaats heeft bereikt, die de moeder met een speld aangegeven heeft. Het leven der vetkaars wist men te verlengen door er zout op te doen........ Veel hiervan houdt P. Kestell (echter) voor verzonnen.’ (O.K-H.V. bl. 121, voetnoot). En tog is die opsitkersverhaal nie 'n blote legende nie! (vgl. Inleiding, paragrawe 1 en 2). Onder die boeremense heet die liedjie ‘Swart Jasper’..... 'n tietel wat ons hier behou, al wyk dit af van die wat daar vroeër aan gegee is. (vgl. bo). {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Kom vrien-de, ek wil jul hier nou wat ver-tel. Van Jas-per, hy het so-'n don-ker-bruin vel; Dus word hy ge- noem: Swart Jas-per daar-bo. Hy ry om te vry toe dwars- deur die Ka-roo. Daar was in die om-trek so ver as ek weet, G'n ry-perd soos sy-ne so vu-rig en heet. {==120==} {>>pagina-aanduiding<<} 2. ‘Sy saal was nou korteliks weer nuut oorgetrek, Nog heeltemal skoon en ook glad sonder vlek: Die kleedjie was swart met groen breiding getint: Met vier grote kwaste gemaak van geel lint. Al was nou Swart Jasper maar sestien jaar oud, Tog wil hy gaan vry en dus nog nie getroud.’ 3. ‘Maar noudat die winter weer aankom, dog hy: Dit word vir my tyd om 'n vroutjie te kry. Ek het al 'n koei en 'n vark na my sin, Twaalf skape, vier katte, om mee te begin; Ek moet dus begin om te soek na 'n vrou, Want so iets kan ek nou al goed onderhou.’ 4. ‘Ek sal vir ou Dapper laat opsaal en ry, En sien van Oom Stoffel vir Jatjie te kry. Loop, Kiewiet, so gou as jy kan en loop haal My perd uit die veld uit en sit op die saal, Maar neem eers 'n bossie en veeg hom goed af, En gee hom 'n dik voer van hawer en kaf.’ 5. ‘Katryn, neem die emmer en loop na die dam, En vra 'n stuk seep vir jou ma en 'n kam; Bring somaar meteens ook 'n klein stukkie vet: 'k Wil daarmee my velskoene smeer, as sy het; Dan moet jy my ook nog 'n skoon sakdoek gee; Maak gou! en bring al die goed saam met jou mee!’ {==121==} {>>pagina-aanduiding<<} 6. ‘Bring dit na my kamer, maak gou! dit word laat; Want ek moet nog vèr ry en baie nog praat.’ ‘Maar kyk toe Swart Jasper sy kamer uit kom, Toe staan al die volk en die meide verstom: So fraai lyk hy in sy swart lakense pak, Met sakdoek wat effe uithang uit sy sak!’ 7. ‘Sy nuwe vaal keil en sy nuwe blou das, Sy hare gekam en gesig skoon gewas. Die swartgoed sê almal: “Hoe deftig lyk hy! Swart Jasper gaan seker nou uit om te vry.” Hy spring op sy ryperd en sonder te praat, Vat Dapper die pad wat na Stoffel toe gaat.’ 8. ‘'n Klein bietjie deuskant Oom Stoffel se plaas, Laat Jasper vir Dapper so effentjies blaas; Klim af toe en trek eers die buikgord goed vas, En kyk of die kleedjie nog op sy plek was. En toe met sy dubbel gevlegte karwats, Klop hy vir ou Dapper net vurig en rats.’ 9. ‘En toe hy die werf na Oom Stoffel opry, Dans Dapper, dan éénkant, dan dié kant se sy; En Jatjie, as of dit net so moes gebeur, Die staan toevallig net vlak voor die deur. Om agtuur die aand raak Oom Stoffel aan d'gaap, En sê toe: “Wel kinders, ek wil nou gaan slaap”.’ {==122==} {>>pagina-aanduiding<<} 10. ‘“Ek sal hier 'n kers op die tafeltjie laat, So lang as hy brand, kan jul sit praat.” 'n Rukkie daarna gaan die kers skielik dood, En Jatjie raak toe gedug in die nood; Sy was wel verleë, maar glad tog nie kwaad; Die kans was te mooi om nou soetjies te praat.’ 11. ‘Want Jasper die gryp haar meteens by die hand; Sy arme omvat haar net soos 'n lyfband; Terwyl sy in stilte hom saggies hoor vra: “Kom sal ons ons skapies in één klompie ja?” Sy antwoord: “Dit doen ons nou eendag gerus”, En segel die woord met 'n hoorbare kus!’ (Teks van ‘Ons Klyntji’, II, bl. 214-215.) Variante: 1.I.p.v. vers 1, reëls 1-4: ‘Daar kom eenmaal 'n jonkman deur die Karoo, Met sy ryperd, met sy ryperd, wil jul my glo; Daar was nie in die buurt 'n ryperd so mooi, So vurig as Dapper, as Dapper so rooi.’ 2.I.p.v. vers 2: ‘Sy saal was nou kort weer nuut oorgetrek, So netjies, so glad, sonder enige vlek, Sy kleedjie was blou met groen breidings gebind, Vier klossies gebind en dit was van geel lint. Swart Jasper sê, al is hy maar sestien jaar oud, “Die winter kom aan, en ek slaap snags so koud!”’ {==123==} {>>pagina-aanduiding<<} 3.I.p.v. vers 3, reëls 1-2: ‘Hy sê, dit was vir hom al lang tyd geblyk, So soetjies vir hom na 'n vroumens te kyk.’ 4.I.p.v. vers 5, reëls 1-2: ‘Hy vra vir Klaartjie 'n stukkie vet om sy velskoen te smeer, En 'n stukkie seep om sy baard mee te skeer.’ 5.I.p.v. vers 6, reëls 3-4: ‘Toe Swart Jasper die oggend die kamer uit kom, Toe staan al die meide en jongens verstom.’ 6.I.p.v. vers 7: ‘Sy nuwe swart jas en sy nuwe blou das, Sy hare glad gekam en sy gesig skoon gewas, Hul sê algar: “Ag, hoe deftig lyk hy! Hy gaan seker uit om vanoggend te vry.” Sy nuwe vaal hoed en sy nuwe swart pak, Sy sakdoek hang effentjies buiten sy sak.’ 7.I.p.v. vers 8, reëls 1-2: ‘Daar deuskant Oom Stoffel, Oom Stoffel se plaas, Laat hy vir ou Dapper 'n klein bietjie blaas.’ 8.I.p.v. vers 9, reëls 1-2 en 5-6: ‘Toe Swart Jasper daar deur die hawer na Oom Stoffel toe ry, Toe kyk Dapper na dié kant, na dié kant se sy.’ en ‘Die aand aan tafel begin die ou mense te gaap, Hul sê: “Nou kinders, nou wil ons gaan slaap”.’ {==124==} {>>pagina-aanduiding<<} 9.I.p.v. vers 10, reëls 1-2: ‘Ons sal op die tafel 'n kersie verlaat, Solang as dit brand, kan jul sit en praat.’ 10.I.p.v. vers 11, reëls 3-6: “Ja, Jasper! Ja, Jasper! dit kan ons meer doen”, Daarop hoor ek Swart Jasper, dat hy haar toe soen. “Vier bokke, twaalf skape: dis net na my sin, En één koei met 'n kalf is genoeg om te begin!”’ {==125==} {>>pagina-aanduiding<<} C. Min of meer suiwer Afrikaanse volksliedjies. 25. ‘My bruin oë’. Hierdie minneliedjie is 'n egte volksliedjie, en vertoon dan ook verskillende eienskappe van volkspoësie, soos die algemeenheid en vermenging van motiewe, die naïewiteit van die inhoud en gees, en die uitbreidende herhaling, soos ‘dié en dié met die strik in die sy’,.... ‘dié en dié met die pêrels om die nek’,.... ‘dié en dié met die strik voor die bors’, ens.... 'n karaktertrek wat 'n mens in verskillende Afrikaanse volksliedjies vind en ook in die Engelse tradisionele ballades, waar dit genoem word ‘incremental repetition’, (vgl. J.C. Smith & G. Soutar: ‘A Book of Ballads’, bl 8, 19, ens.). Dit is egter nie alleen net 'n volksliedjie nie, maar na inhoud, gees en taalvorme beoordeeld, 'n spesifiek Afrikaanse volksliedjie, (vgl. Dr. Lydia van Niekerk, t.a.p. bl. 179). Verder lyk dit of hierdie Afrikaanse minneliedjie, wat melding maak van die Witwatersrand en die Basterland, kan ontstaan {==126==} {>>pagina-aanduiding<<} wees in die noorde van ons land, en of dit selfs van tamelik late datum kan wees.....ten minste na die onderneminge op die Witwatersrand! Dit stel ook weer aan die orde die vraag of hierdie liedjie berus op 'n bepaalde historiese insident en of dit nie miskien oorspronkelik die werk van 'n indiwiduele digter is nie. Ten slotte moet daarop gewys word dat hierdie liedjie, na die inhoud beskoud, 'n minneliedjie is, en dat dit as sulks opgevat werd deur ‘Ons Klyntji’ (waarin dit eers gepubliseer werd, n.l. in die Twede Jaargang, 1897-1898, bl. 151) en ook as sulks aangegee word in die bundel ‘Afrikaanse Gedigte’ (‘Byeenversameld uit wat in die laaste 30 jaar verskyn is 1876-1906’, Paarl, 1906, bl. 121-122), maar dat die liedjie, na die ritme en vorm beoordeeld, 'n dansliedjie is en dat dit kan gesing word by 'n ‘Wals’, 'n ‘Paddika’ en 'n ‘Polka’, al na gelang van die wysie en tempo waarop dit gesing word, soos baie, ja die meeste, Afrikaanse volksliedjies. Maar weens die inhoud, en omdat die liedjie vroeër opgevat werd as 'n minneliedjie en nie as 'n dansliedjie nie, en omdat die meeste Afrikaanse volksliedjies, historiese, minne- en skimpliedjies, ook op 'n dansdeuntjie kan gesing word, het ons hierdie liedjie 'n plekkie toegeken by die minneliedjies, waarvan dit ongetwyfeld 'n goeie model is. Let op die samestelling van die liedjie! Eers die twee versies as vóórspel oor ‘die bruin oog’ en ‘die bruin perd’ wat in één asem genoem word, en dan die drie volgende versies oor al die ‘dié en dié's’. Dan volg die repliek van ‘die bruin oog’ self, haar ‘ma se enigste kind’, en dan, in die laaste versie weer, die jonkman se antwoord daarop: ‘Ek is die man wat die bruin perd ry, Ek is die man wat vir jou sal kry.’ {==127==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} As ek mag siek word en ek mag sterf, Die bruin- -oog kan dan die bruin perd erf. Ja, sy kan dan die bruin perd kry; Lang het ek met hom na haar ge-vry. 2. ‘Die geel kamas en die rybroek aan, Die rooi perd loop op die resiesbaan; Die rooi perd loop aan die stang en kou, Maar die bruine het sy heer behou.’ 3 Dié en dié met die strik in die sy, Dié en dié is die Pollie van my, Dié en dié met die pêrels om die nek, Dié en dié is ek baie na gek.’ 4. Dié en dié met die strik voor die bors, Dié en dié het my lewe gekos, Dié en dié met die strik op die skoen, Dié en dié wil ek al te graag soen.’ {==128==} {>>pagina-aanduiding<<} 5. Dié en dié met die strik-op die mou, Dié en dié wil ek dol-graag mee trou, Dié en dié met die pluim op die hoed, Dié en dié is my eie stuk goed.’ 6. ‘Ek is my ma se enigste kind, Waarom sal ek my nou al verbind? Julle kan ry en julle kan sing, Lang sal julle om my nog moet dwing.’ 7. ‘Sit ek vanaand aan die Witwatersrand, Dan sê ek die ring is my troupand; Sit ek vanaand in die Basterland, Dan druk ek die ring aan Pollie se hand.’ 8. ‘Ek is die man wat die bruin perd ry, Ek is die man wat jou kan vry, Ek is die man wat die bruin perd ry, Ek is die man wat vir jou sal kry.’ (Ingestuur vir publikasie in ‘Ons Klyntji’, II, bl. 151 deur R.V., van Strydenburg.) Aantekeninge: - 1.Die ‘Ons Klyntji’-lesing gee in vers 2, reël 1: ‘Geel Kolmas en met die rybroek aan’; maar die woord ‘Kolmas’ is seker 'n verbastering van ‘kamas’, {==129==} {>>pagina-aanduiding<<} wat ons dikwels by mondelinge oorlewering hoor. In die geval van hierdie reëltjie wyk ons lesing dus af van die gevolgde lesing. 2.Vers 6 word dikwels alleen gesing, en kom soms in die volgende vorm voor, ook as dansliedjie: - ‘Ek is my ma se enigste kind, Waarom sal ek my aan die jonkmans verbind?’ ens. (vgl. ook die Piekniekliedjie: ‘Rokkies wou sy dra!’) 3.Soms word hier nog 'n 9de vers en 'n refrein by gesing: - ‘Hartjie, my liefie, my dierbare pand, Sê jy my af, dan verlaat ek jou land! Waar wil jy woon? In die Kolonie se kroon. Waar wil jy bly? In die Vrystaat se vlei.’ Refrein: - ‘Die windjie kan maar waai, En die stoffies kan maar draai, Dan loop die bruinperd Dat die sandjies so saai!’ 26. ‘Wewenaars lied’. Daar is in die bewoording van hierdie minneliedjie geen aanduiding te vind waarom dit juis 'n ‘Wewenaars Lied’ moet genoem word nie, 'n benaming wat ons alleen deur die oorlewering besit. Die onbekende minnaar ry ver: ‘ses-en-twintig uur’, met Witvoet en Hartbeesvanger en sy booi na sy Sarie, wat sy ‘hart verkies tot vrou’. Fleur is gewoonlik die naam vir 'n perd, maar hier lyk dit of dit die naam van {==130==} {>>pagina-aanduiding<<} die booi kan wees; of het die wewenaar vier perde voor die kar waarvan net drie genoem word? Hierdie liefdesliedjie herinner aan 'n ander, waarin die koeplet voorkom: - ‘Die jonkmans kom van verre, En die nooiens lei hul perde!’ Na inhoud en gees beskoud, lyk dit na 'n egte Afrikaanse liedjie; die kwessie is of dit 'n egte volksliedjie is. Daarvoor lyk ons 'n benaming, soos Hartbeesvanger, 'n bietjie vreemd en vèrgesog; of sou dit 'n latere variant wees? Verder dra die liedjie wel die spore van volkspoësie! (vgl. Dr. L.v. Niekerk, t.a.p. bl. 179). {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Ag, hoe word my hart ge-dre-we, Na my Sa- rie wat ek min; Ek wil e-wig vir haar le-we, My ge-lief-de siels-vrien-din. 2. ‘Ek wil na my soetlief ry, Haar aanbiede al my trou! Nooit sal ek na 'n ander vry; Haar verkies my hart tot vrou.’ {==131==} {>>pagina-aanduiding<<} 3. ‘Kom, my perdjies, draf maar lustig; Dis maar ses-en-twintig uur. Môre-awend vreet jul rustig By my Sarie in die skuur.’ 4. ‘Rep jul bene, rek jul sene, Môre staan jul in die stal; Gars en hawer sal ek lene, Wat jul weer verkwikke sal.’ 5. ‘Rep jou, Witvoet, rep jou trede! Booi, stoot Hartbeesvanger aan! Fleur sal môre met my mede, Moedig voor my Sarie staan.’ (Ingestuur vir publikasie in ‘Ons Klyntji’, II, bl. 237: deur A.J. Myburgh, Hopetown). 27. ‘Die treurende minnaar’. Hierdie minneliedjie wat die afskeid besing van 'n minnaar, van sy geliefde ‘sielsjuweel’ is wel miskien 'n volksliedjie, en seker ook 'n Afrikaanse minnaarsliedjie (vgl. Dr. L.v. Niekerk, t.a.p. bl. 179), maar dit het in woordvorme en in woordkeus 'n sekere mate van onafrikaanse sentimentaliteit, wat laat dink dat dit die subjektiewe ontboeseming kan gewees het van 'n indiwiduele digter. Die blomme in ‘bos en dal’ is beslis onafrikaans en konvensioneel. {==132==} {>>pagina-aanduiding<<} Aan die ander kant is Sarie's en Lenie's, maar veral Pollie's en Kittie's, gewoonlik die heldinne van die Afrikaanse volksliedjies. (vgl. by die Picknickliedjies). Die Kittie van hierdie minneliedjie pleit dus al weer vir die ‘Volkstümlichkeit’ daarvan. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Kit-tie lief, my teer be-min-de, Na wie my hart met smart ver-lang, Sou ek nie jou lief-de sin-ge, Waar-aan heel my sie-le hang? 2. ‘Tans van jou so wreed geskei, Hoor jou treurende minnaars lied; Ag, wat laat die liefde ly; Tog beklaag ek my liefde nie(t).’ 3. ‘Blonde hare, bloue oë, Mooiste wat die aarde draag! Nooit sal ek jou weerga vinde, Wat my hart so seer behaag.’ 4. ‘Nimmer sal ek jou vergete, Solang as ek nog asem heef. Troos jou met die soet gewete, Dat 'n minnaar vir jou leef.’ {==133==} {>>pagina-aanduiding<<} 5. ‘Maar wat sou die min my baat? Treure is my lot en deel, Om my enigst' uitverkoorne, Om my kostbaarst' sielsjuweel.’ 6. ‘Eensaam is my nou die lewe, Vèr van die my hart deurdring; Tog sal ek jou nooit vergete, Kittie, wie ek tans besing.’ 7. ‘My sou dit die bes gewees het, Had ek jou nooit hier ontmoet, Dan sou 'k nie so bitter ly nie: O! kyk wat die liefde doet.’ 8. ‘Kyk, hoe vrolik bloei die Lente, Strooi met blomme bos en dal: Maar wat gee al die skoonheid? Daar niks my bekore sal.’ 9. ‘Vaarwel, Kittie, leef gelukkig! Dis my diepste hartewens, Want ons lot is afgebaken Deur die Heer, nie deur die mens.’ (Ingestuur vir publikasie in ‘Ons Klyntji’, II, bl. 190, deur B.H.S., van Bethlehem, O.V.S.) {==134==} {>>pagina-aanduiding<<} 28. ‘Hier sit ek onder die hoogte’. Hierdie liedjie van 'n treurende minnaar is in die Transvaal bekend (Lichtenburg), alwaar daar 'n soort legende aan verbonde is wat waarskynlik indirek op historiese feite berus. Die ‘kêrel’ sou deur sy nooi afgesê gewees het; die smart hieroor het hom oorweldig en half waansinnig gemaak. Sy moeder se vermaning en troos kon hom nie help nie. Die lied gee sy gedagtes weer, as hy ergens onder 'n koppie sit en treur. Tog het hy nog sy ryperd, en die gedagte daaraan is vir hom 'n troos, veral as hy met trots terugdink aan sy windmaker-vrytogte van vroeër, toe sy ‘kolperd’ met die ‘krulstert’ in sy vurigheid ‘tienduisend spore (getrap het) op één plek’.....!! Wat 'n trippelaar en wat 'n troos! Afrikaans, eg Afrikaans, is die gees van die liedjie! {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Hier sit ek on-der die hoog-te, Hier sit ek on-der die hoog-te, Hier sit ek on-der die hoog-te, Met tra-ne in my o-ë! 2. ‘My moeder se dierbare woorde, (3 maal) Die trap ek onder my voete.’ {==135==} {>>pagina-aanduiding<<} 3. ‘My soetlief se swakke belofte, (3 maal) Die berg ek in my harte.’ 4. ‘My saal en my toom en my ryperd, (3 maal) Die enkele kol met die krulstert.’ 5. ‘Ag, kyk tog hoe trippel die kolperd, (3 maal) Tienduisend spore op één plek.’ (Mondelinge oorlewering). 29. ‘My hartjie, my liefie!’ Die inhoud van hierdie minneliedjie is tiepies vir 'n Afrikaanse vryery. Van die minnaar, wat te perd gaan vry, sê Schonken: ‘Wanneer hij des Zaterdagsavonds te paard dikwels een bepaald huis bezoekt en hij daar zijn “rolplek” maakt, dan gaat de boze faam weldra van mond tot mond en aan de plagerijen komt geen einde.’ (O.K.-H.V. bl. 121). Miskien behoort die woorde in ons liedjie ‘en die perd van tien pond doodgery’ tot een van die plagerye aan die adres van die jonkman, wat na die nonnie wil gaan vry, en wat moontlik op 'n vorige keer reeds 'n ryperd doodgery het om teen sononder by die noointjie te kom.... die ‘nonnie’, wat daar vèr by die ‘blouberg’ woon, waaragter die son ondergaan. {==136==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} My hart-jie, my lie-fie, die son trek weg, die son trek weg, die son trek weg, My hart-jie, my lie-fie, die son trek weg, Daar on-der by die be-lou-berg. En ek wil-le, wil-le, wil-le na die non-nie gaan vry, En die perd van tien pond dood-ge-ry! En ek wil-le, wil-le, wil-le na die non-nie gaan vry, En die perd van tien pond dood-ge-ry! (Vgl. Schonken: ‘O.K.-H.V.’ bl. 121). 30. ‘Ek vat haar aan haar handjie’. Hierdie liedjie begin so'n bietjie sentimentelig, maar die ontknoping bring die ontnugtering....so'n skerpioensteek agteraan, {==137==} {>>pagina-aanduiding<<} soos in baie van Heine se minneliedjies! Hierdie liedjie is ons uit ons vroegste kinderjare bekend in die Vrystaat. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Ek vat haar aan haar hand-jie, Ek lei haar om die rant-jie; Ek vat haar om haar nek, Ek soen haar op haar bek. 2. ‘Ek vat haar om haar lyf, En ek sê: “Jy is my wyf!” Toe ek aan haar handjie vat, Toe skop ek haar op haar blad!’ (Mondelinge oorlewering). Aantekeninge: - 1. ‘Wyf’ het hier nog die vroeëre goeie betekenis, soos in Engels ‘wife’, (vgl. No. 14 onder rubriek B). 31. ‘Mooie meisies, fraaie bloeme’. (Nonnaslied.) Hierdie minneliedjie ‘Mooie meisies, fraaie bloeme,’ by party mense bekend as ‘Nonnaslied’, werd gewoonlik gesing by gesellige geselskapsgeleenthede, soos pandspeel, en ander speletjies, waarby die meisies of nonnas op 'n ry sit, terwyl die jonkman voor hul staan. Maar ook by ander geleenthede, selfs by danse, waar dit soms as 'n ‘koudleiliedjie’ gesing werd, werd die nonnaslied gehoor as 'n soort geleentheidslied. {==138==} {>>pagina-aanduiding<<} Vir sy populariteit getuie die groot verskeidenheid variante. In die Oranje Vrystaat, van die suide na die noorde, is die liedjie nog bekend, en vroeër was dit ongetwyfeld, volgens die verhale van die ouere mense, nog veel beter bekend as vandag. Dit is 'n geselligheidslied..... vir die Nuwe Jaar met sy vrolikhede, maar dit is nie sonder 'n waarskuwing nie vir die jong mense wat op die punt van hubaarheid staan...... ‘Festina lente’! {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Mooi-e mei-sies, fraai-e bloe-me: Al die mei- sies wil ek soe-ne, Sit die non-nas op 'n ry: Kyk, hoe mooi is sy vir my! Kan ek al die non-nas kry-e, Ek sal hul aan 'n snoer-tjie ry-e.... Snoer-tjie ry-e paar aan paar; Skink die jonk-mans die Nu-we Jaar! {==139==} {>>pagina-aanduiding<<} 2. ‘Treurig hartjie, lig van sinne, Ek wou so graag 'n stryd beginne. Vóór jy weer 'n stryd begaan, Vat dit nie so haastig aan: Haastigheid maak lig berou.... Dit is nie goed so jong te trou! Huisverdriet kom net gewis, Eer julle in julle jare is!’ (Mondelinge oorlewering.) Variante: - 1.I.p.v. reël 2, vgl. 1), 2), 3). 1)‘Sie die meisies die ek noeme.’ 2)‘Die ek lief het sal ek roeme.’ 3)‘Deur mooie meisies is ek hier gekome.’ 2.Vanaf reël 3, a) en b). a) ‘Een mooie meisie het ek lief. Dis 'n mooi meisie wat my hart deurgrief, Kan ek so veel mooie meisies krye, Dan sal ek hul gaarne in 'n snoertjie rye. Dan sal ek sewe op my vat, Totdat ek al die mooiste meisies in my armpies had.’ ens. soos bo. b) ‘Alle meisies het ek lief, Maar nie almal ewe lief,’ ens., soos bo. {==140==} {>>pagina-aanduiding<<} 3.Vanaf reël 2: ‘Dis nie goed te jong te troue, Driemaal sewe kan bestaan, Maar driemaal ag sal beter gaan. Kyk, die noointjies so op 'n ry: Kyk, wat 'n mooie skildery. Kan ek al die nonnas kyer,’ ens., soos bo. 32. ‘Ag, Jannie, trou jou lewe nie(t)’. Dit is nie juis 'n minneliedjie nie, maar dan tog die advies (van 'n vrou met ervaring aan een sonder ervaring?) oor liefdesake.... 'n advies wat herinner aan die van die ou ‘Nurse’ aan Juliet (in ‘Romeo and Juliet’), die lotgenoot van Jannie (= Jannetjie?). Die moontlikhede van wat die huweliksband kan meebring, word dan ook byna uitgeput; maar of Jannie per slot van saak die goeie raadgewing sal aanneem? Dis 'n ander saak! en 'n vraag! {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Ag, Jan-nie, trou jou le-we niet, Dan raak jy in ver-driet, Trou jy met 'n ou-e, Dan gaan hy vóór jou dood; Trou jy met 'n jon-ge, Dan speel hy op jou skoot. {==141==} {>>pagina-aanduiding<<} Trou jy met 'n manke, Dan spring hy op één been; Trou jy met 'n skele, Dan kyk hy al ooreen; Trou jy met 'n mare, Dan slaap jy al te koud; Trou jy met 'n vette, Dan slaap jy al te benoud; Ag, Jannie, trou jou lewe nie(t), Anders raak jy in verdriet!’ (Mondelinge oorlewering.) 33. ‘Klein Miena's lof’. Hierdie volksliedjie, wat in die Transvaal (Potchefstroom) bekend is, lyk meer na 'n skimpliedjie of hekeldig as na 'n liefdesliedjie; maar dit behoort tot die soort van minneliedjies wat Bredero soms geskrywe het, en wat nie baie vleiend was vir die meisies nie. Hierdie liedjie is te vergelyke met die refrein van ‘Ek is 'n arme Engelsman’ (No. 22 onder rubriek B), en is 'n teëhanger van 'n liedjie soos ‘Daar bo op die berg’ ens. (vgl. No. 44, onder rubriek D), waarin die geliefde se skoonhede opgesom word, maar anders as hier. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Ek sing Klein Mie-na's lof, E- - - -k sing Klein Mie-na's lof, Ja, ja... ja! Ek sing Klein Mie-na's lof. {==142==} {>>pagina-aanduiding<<} 2. ‘Haar handjies net en fraai, Staan gelyk die pote van 'n kraai, J...a, j...a, j...a! Gelyk die pote van 'n kraai! E..k sing klein Miena's lof.’ 3. ‘Haar tandjies haelwit, Staan gelyk die kole van 'n smid, J...a, j...a, j...a! Gelyk die kole van 'n smid! E...k sing klein Miena's lof!’ 4. ‘Haar voetjies waarop sy gaat, Staan gelyk 'n perdepoot op straat, J...a, j...a, j...a! Gelyk 'n perdepoot op straat! E...k sing klein Miena's lof!’ 5. ‘Haar hare net en teer, Staan gelyk die borsels van 'n beer, J...a, j...a, j...a! Gelyk die borsels van 'n beer! E..k sing klein Miena's lof!’ (Mondelinge oorlewering.) {==143==} {>>pagina-aanduiding<<} 34. ‘Ag, liewe Lettie!’ Die Willie van ons liedjie wil vir hom 'n huisie bou, of, soos die Boere sê, ‘'n nessie skop’; en nou vra hy sy ‘liewe Lettie’ om die huisie te kom help bewoon. Is dit nie die tiepe van die normale Afrikaanse huweliksaansoek nie? Wat die ‘sware sorge’ is, waar Willie van hoop om vry te kom, sê hy ons nie, maar ons het so effentjies 'n argwaan dat dit meer die sorge van die huishouding is as die liefdesmart! {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Ag, lie-we Let-tie, my ou skat, As jy tog net vir my wil vat, Dan is jou Wil- -lie al te bly; En van sy swa-re sor-ge vry. 2. ‘Ag, liewe Lettie, skone koek, Daar by die fonteintjie om die hoek Bou ek vir jou 'n huisie mooi, Waar jy jou vriende in kan nooi.’ (Mondelinge oorlewering.) 35. ‘Oom Willie.’ Hierdie Vrystaatse minneliedjie vertel van 'n jonkman wat kom ouers vra, en sy kop stamp. Tiepies is die jonkman se opgawe van sy veegetal, en ook die getal self. (Vgl. veral die volgende liedjies). {==144==} {>>pagina-aanduiding<<} Eienaardig is die deureenmenging van rymende en rymlose versreëls,..... waarskynlik is die mondelinge oorlewering hier gebrekkig en foutief gewees. Verse 2 en 3 herinner sterk aan ‘Die Steweltjies van Sannie’ (vgl. No. 20 onder rubriek B). {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Eens ry ek na oom Wil-lie toe, En hy vra my waar ek ry; Ek sê: ‘ek kom na oom toe, En ek kom jou dog-ter vry.’ 2. ‘Ou Oom, jou dogter,’ het ek gesê, ‘Jou dogter, ek wil haar hê.’ ‘Wag! wag! my liewe neef, En moenie praat so gou.’ 3. ‘Ou Oom,’ sê ek, ‘waar is jou dogter, Die jongste van die twee?’ Hy sê dat sy daar agter Was om die kamers uit te vee.’ 4. ‘Ou Oom vra toe hoeveel vee En skape dat ek het, Ek sê: “Twaalf skape en één koe(i)”, Toe sê hy somaar nee!’ (Mondelinge oorlewering.) {==145==} {>>pagina-aanduiding<<} 36. ‘Piet Visage’. Hierdie kort liedjie bevat eintlik meer 'n voorspelling as die vervulling van die liefde.... dit gee maar net 'n suggestie van wat ‘saans’ na die werk van die dag gebeur. Hierin herinner dit ons aan die piekniekliedjie ‘Vanaand gaan die volkies koring snij!’ Maar geen een van die twee is waarskynlik 'n werkliedjie, d.w.s. 'n maaiers- of oes-liedjie, nie. ‘Piet Visage’ gee veeleer in 'n paar trekke die gedagtegang van Milton se ‘L'Allegro’ oor a)die baas en sy plaas, b)die dagbreek met haangekraai en voëltjiesang, c)die werk van die dag, en a)die verposing wat die aand bring. Of in die eiename, Piet Visage (spreek uit Visasie), Driefontein en Soutrivier aanwysinge skuil omtrent die plek of die wyse van oorsprong van die liedjie is, soos in byna al dergelyke gevalle, moeilik om uit te maak. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Piet Vi-sa-ge, Drie-fon-tein, Die haan die kraai in die Sou- ri-vier, Die voël-tjies fluit in die moer-bei-boom, Be-dags, be-dags ko-ring sny, Saans, Saans, nooin-tjies vry. (Mondelinge oorlewering). {==146==} {>>pagina-aanduiding<<} 37. ‘Hand in die sy’. Die jonkman lug sy gemoed, omdat hy aan die hand van sy ‘aanstaande’ die teken van hul verlowing as voorloper van hul uiteindelike egverbintenis sien. Maar hoe lang sal dit nog op sig laat wag? Intussen bly sy tog so vèr! {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Hand in die sy; Is die nooin-tjie van my! 'n Ring in die hand; Is 'n wa-re trou-pand. 2. ‘Die ring het 'n steen: Sy het dit gemeen! Die ring het 'n ster: Sy bly tog so vèr!’ (Mondelinge oorlewering.) 38. ‘Die vaalhaar noointjie’. (Die rietskraal meisie). Hierdie liedjie van die ‘Vaalhaar noointjie’ of die ‘Rietskraalmeisie’ het, nes ‘Piet Visage’ (vgl. No. 36 bo), so'n tintjie van liefdes-suggestie, maar die voorstelling is by die plastiese verby....tot by die platte. Die minnaar stel sig die beminde seker ‘op trek’ voor....die hele famielie is op die wa! Die liedjie is in die Vrystaat goed bekend, en is ons bekend uit ons prilste jeug. {==147==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Voor op die wa sit die vaal-baard pa, Ag-ter in die wa sit die swart-haar ma, Bin-ne in die wa sit die vaal-haar nooi, met die buik-plank-pens... Ag, hoe lief het ek die mei-sie-mens! (Mondelinge oorlewering). 39. ‘Appelliefie, jou blaar!’ Die benaming ‘blaar’ of ‘blaartjie’ vir die beminde, kom in die Afrikaanse volksliedjies meermale voor, soos in: ‘Saartjie, my blaartjie’ ens. Maar ‘appelliefie’ (‘appel-der-liefde’) is 'n minder bekende liefdesnaampie. Die liedjie is 'n uitdrukking van die ja-nee-gees: hy wil en hy wil ook nie! Die minnaar praat of liewer sing min, maar hy sê baie! {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Ap-pel-lie-fie, jou blaar, Dat ek jou lief het, dis waar; Maar dat ek jou wil hê, Eh! Eh! (Mondelinge oorlewering). {==148==} {>>pagina-aanduiding<<} D. Fragmente? 40. ‘Die iep en die ap’. Dit is 'n Transvaalse minneliedjie hierdie; al die plekke daarin genoem is dan ook in die Transvaal, waar die liedjie bekend is. Ons het dit opgeteken uit die mond van mense uit die streek van Mooirivier en Losberg. Is die jonkman een van Kliprivier se ‘deurtrappers’? En gebruik hy ‘wit pampier’ of ‘Mooirivier se blou pampier’ om 'n brief te skrywe aan sy ‘soetliefie’, 'n ‘Magaliesberg se kortrokdraer, die rietskraal doringblaar’? Dit lyk of die liedjie..... kort en fragmentaries, soos dit waarskynlik is...... elemente bevat van verskillende liedjies; b.v. die koeplet ‘Wie kom daar in die rooi pad aan?’ ens. was lang vóór die Boere-oorlog al bekend in die Aliwal-distrik, en kom in verskillende volksliedjies voor. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Die iep en die ap, en die wit pam-pier, Jul deur-trap-pers van Klip-ri-vier, Ma-ga-lies-berg se kort-rok-draer; Mooi-ri-vier se blou pam-pier. {==149==} {>>pagina-aanduiding<<} Die rietskraal doringblaar! Wie kom daar in die rooi pad aan? Dis vervas my soetliefie! Nooiens, nooiens, soutvleis braai, Dit lyk of die jonkmans hier wil draai!’ (Mondelinge oorlewering). 41. ‘Meisieslied’. Waarom hierdie liedjie juis 'n ‘meisieslied’ moet heet, weet nugter, maar onder dié naam is dit bekend onder die boeremense, wat dit gewoonlik sing vir 'n noointjie, as sy haar jonkman of ‘kêrel’ die aand verwag, sodat dit 'n soort van spotliedjie geword is. Oorspronkelik was dit egter seker net 'n gewone minneliedjie wat vertel van die jonkman se koms. Ons het hier waarskynlik met slegs 'n fragment te doen. Die derde versie is besonder tiepies: die ou mense gaan slaap om die jonges 'n kansie te gee! {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Tik-kie, tik-kie, aan die deur: Dit is Jan-nie met ou Fleur. Jan-nie, haak die ou dier maar vas, Dan kan jy jou ge-vreet kom was. {==150==} {>>pagina-aanduiding<<} 2. ‘Nee! Jannie, nee! die ou dier sal skrik, Want die kraalhek die is van blik, Nee! Jannie, nee! die hek is sterk, My pa die sê, dis sy handewerk.’ 3. ‘Die klok het skaars toe ag geslaan, Die twee ou mense is na die bed gegaan; Jannie en Sannie het opgebly, Want die twee wil net so'n bietjie vry.’ (Mondelinge oorlewering). Aantekening: - Moet Jannie in reël 1 vers 2 miskien gelees word Sannie? 42. ‘Volstruis is dood’. Hierdie liedjie is in die Vrystaat en in die noordelike Kaap Provinsie bekend. Of Volstruis 'n vorige ryperd was wat dood is, en of sy opvolger, ‘die blesperd’, die een is wat duur is, en of dit met die volstruisboerdery (in die Karoo?) nie goed gaan nie, is nie heel duidelik nie. Die woorde ‘dié een’ (in reël 1) kan eintlik net gebruik word, as Volstruis ook 'n perd is. Dít is ten minste duidelik dat die jonkman ‘die blesperd’ nie sal verkoop nie, want daarmee wil hy ‘dwarsdeur die Vrystaat dwaal’ na sy ‘soetliefie’ toe. Hierdie minneliedjie herinner aan die dansliedjie ‘My ma het gesê jy kan my kry. So lang as jy die blou perd ry,’ of ‘So lang as jy in die Vrystaat bly.’ {==151==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Vol-struis is dood, en die een is duur; Die swart-haar nooi het my 'n brief ge-stuur: A-s jy die bles-perd ry, Kan jy na my kom vry; Maar as jy die bles-perd wil ver-koop. Dan kan jy ge-rus na jou swer-noot loop. Die riviere is vol en die trane die rol, Die blesperd sal by die brug om hol, Al is sy pote ook van yster of staal, Maar dwarsdeur die Vrystaat sal hy dwaal.’ (Mondelinge oorlewering). Aantekening: - 1.‘Na jou swernoot’.... die vervloeking self is oud. 43. ‘Daar kom die trippelaar.’ Lettie is seker 'n koketjie wat vir Frits sal vastrek, want ‘Sy was glad te slim vir hom’. Frits de Jager (spreek uit: de Jaar) kom seker nie net vir die Nuwe Jaar nie! Dit is die geleentheid vir feestelikheid, vrolikheid en vryery! Frits het {==152==} {>>pagina-aanduiding<<} miskien 'n strepie vooruit met sy trippelaar.... sy ryperd wat blykbaar blink gevoer en glad gereskam is.... vir die Nuwe Jaar! (vgl. ‘Hier sit ek onder die hoogte’, No. 28 onder rubriek C). Maar wat het die ryperd, want dit is tog seker geen merrie nie, dan met 'n vul te doen? Of is ‘vul’ 'n spotnaam vir die trippelaarryperd? Of is dit maar somaar 'n rymstop? {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Daar kom die trip-pe-laar, Die trip-pe-laar van Frits de Jager, Hy kom vir die Nu-we Jaar: Ja, dit sien jy aan sy haar! Hy kyk eers om so na sy vul, En dag dat Lettie hom wou kul; Maar sy was glad te slim vir hom, En wink vir hom om na huis te kom.’ (Mondelinge oorlewering). 44. ‘Wilhelmien’. Dit is waarskynlik maar net 'n fragment van 'n minneliedjie hierdie, wat die uiterlike skoonhede beskrywe van Oom Kobus Malan, van Klein Vogelgesang, se dogter, Wilhelmien, wat moontlik een of ander jonkman se ‘soetliefie’ is... vandaar sy verheerliking van haar skoonheid. In hierdie opsig is hierdie liedjie 'n teëhanger van ‘Klein Miena's Lof’ (vgl. onder rubriek C), terwyl die versmaat 'n soort van naklank gee van ‘Dapper du Preez’. (Vgl. No. 23 onder rubriek B). {==153==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Daar bo op die berg lê Klein Vo-gel-ge-sang, Die tuin-plaas van ryk oom Ko-bus Ma-lan. Hy woon daar al-leen met sy dog-ter Wil-hel-mien, 'n Mei-sie so mooi as jy ooit het ge-sien. Haar neus staan so lief, die fatsoen is so fraai, Dat as ek haar aankyk, my kop somaar draai; Haar handjies so lief en haar vingers so fyn, Haar voetjies nes van 'n kindjie so klein, Haar hare nog sagter as lammertjieswol, Dik om haar koppie tot lokkies gerol. (Mondelinge oorlewering). 45. ‘Ou Pietie.’ Dit is 'n minneliedjie wat handel oor wewenaarsliefde.... 'n geliefkoosde motief by die Afrikaanse volksliedjies. Die slot van die liedjie is veral tiepies. Hoeveel liedjies eindig nie met 'n opsomming van wat die minnaar besit, of vir sy ‘soetliefie’ sal koop, as hy haar maar net kan kry. {==154==} {>>pagina-aanduiding<<} Dit is egter nie seker dat dit die slot van die liedjie is nie: dit lyk vir ons baie na 'n fragment, want die slot is baie onverwags en kortaf. Eienaardig is 'n Engels-Afrikaanse dubbelwoord, soos ‘jam-’ komfyt.....'n karakteristieke taalverskynsel in die Afrikaanse volksliedjies nes in die Europese ballades, veral in die Engels-Skotse en die Frans-Duitse, (vgl. by die Piekniekliedjies)....... 'n verskynsel wat ook voorkom in die minder suiwer spreektaal, vgl. ‘bulldog’-hondjie, ‘singlebed’-katel, en ‘cab’-kar, ens. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Ou Pie-tie was 'n we-we-naar, 'n Man van skaars 'n ses- tig jaar; Sy vrou-tjie was al twee jaar dood, En som-tyds raak hy in die nood. Dan vry hy hier, dan vry hy daar; En somtyds kom hy in gevaar. Hy vry daar na die skoonste bloem Wat hy op aarde op kan roem. Hy daag 'n meisie van sestien jaar, Van sestien jaar om met hom te vaar: Hy belowe om te koop één sakkie fyn meel, Tien pond suiker en wat kaneel, 'n Weinig gemmer en jam-konfyt, Sodat die mense hom niks kan verwyt.’ (Mondelinge oorlewering). {==155==} {>>pagina-aanduiding<<} 46. ‘Skuins tamboer’. Hierdie liedjie wat nes ‘Oom Willie’ (vgl. C, 35) vertel van 'n jonkman wat kom ouers vra en teleurgesteld uitkom, is in die Vrystaat (Senekal) bekend, maar die oorlewering laat baie te wense oor. Waarom b.v. die jonkman heet ‘Skuins Tamboer’ is onduidelik, en tog heet die liedjie onder die boeremense na hom. Hier is plat Afrikaans vermeng met deftige Hollands-Afrikaans (vgl. ‘krye’ of ‘kryge’, soos sommige dit nog sing). Die slot herinner aan ‘Volstruis is dood’ (vgl. D, 42). {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Wel ou-e heer, kan ek u dog-ter kry-e? Wel ou-e heer, kan ek u dog-ter kry-e? Waar-om die drom- mel, die drom-mel nie om, Kan ek u dog-ter nie kry-e? ‘Wel, Skuins Tamboer, jy kan my dogter nie krye, Wat is jou besitting dan?’ ‘My kissie met my klere.’ ‘Wel, Skuins Tamboer, jy kan my dogter nie krye.’ ‘Dan wil ek jou dogter nie hê nie, En gaan jy na jou moer!’ (Mondelinge oorlewering). {==156==} {>>pagina-aanduiding<<} 47. ‘Soetliefie, jy moet skeide’. Dit is waarskynlik ook maar 'n fragment van 'n minneliedjie hierdie, wat die smart van die skeiding van 'n verliefde paartjie vertolk, soos verskillende van Burns se liefdesliedjies. Die taalvorme is interessant...... half-Hollands en half-Afrikaans. Sou ‘nastergaal’ (i.p.v. die gewone ‘nastergal’) 'n volksetimologiese vorm wees vir ‘nagtegaal’? Die rym met ‘taal’ bevestig ook hierdie vermoede. ‘Bonte lokke’ is seker ook 'n verbastering vir ‘blonde lokke’. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Soet-lie-fie, jy moet skei-de. Jy was my en-ge-lin soet; En waar moet ek nou gaan swer-we? Sien tog wat die lief-de doet! 2. ‘Haar mooie bonte lokke, Haar aangename taal, Dit doen my dikmaals dinke, En klink soos nastergaal.’ (Mondelinge oorlewering). 48. ‘Liedjie van verlange’. Hier het ons 'n brokstukkie van 'n liedjie van verlange.... waarvan in hoofsaak alleen die refrein, wat blykbaar die {==157==} {>>pagina-aanduiding<<} hoofgedagte bevat, bewaar gebly is. Die eienaam, Sarie Maree, sal waarskynlik ook maar, nes in die ander volksliedjies, 'n algemene nooiensnaampie wees, soos Pollie, Kittie, Antjie, e.a. Lokale kleur word aan die liedjie gegee deur die plekbepaling, ‘Mooirivier’ en die ‘Transvaal’ maar.... en hierin lê gedeeltelik al weer die volkskunstige daarvan.... in die Vrystaat heet dit: ‘O, bring my terug na die ou Vrystaat!’ {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Sa-rie Ma-ree is nou weg van my sy, Om haar nooit weer trug te sien. Sy het in die wyk van die Mooi-ri-vier ge-woon, Vóór-dat die oor-log het be-gin. Refrein. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} O bring my trug na die ou Trans-vaal, Daar waar my lief- ste woon: Daar tus-sen die mie-lies en die geel ko-ring land; En daar, waar my Sa-rie woon. {==158==} {>>pagina-aanduiding<<} Refrein: - ‘O, bring my terug na die ou Transvaal! (2 maal) Daar waar my liefste Sarie woon; Daar onder aan die Mooirivier by die geeldoringboom, Daar woon my Sarie Maree.’ Variante: - 1. ‘O, bring my terug na die ou Vrystaat! (2 maal) Daar waar my liefste Sarie woon; Daar tussen die mielies en die geelkoringland. En daar, waar my Sarie woon.’ (Mondelinge oorlewering). Aantekeninge: - 1. Ons het as 'n soort van kuriositeit by ‘Antjie Schut’ aangegee die Afrikaans-Hollandse lied: ‘Ziet gij daar die blauwe bergen?’ (vgl. B, 18), en die volgende staaltjie sal hier miskien ook nie van belangstelling ontbloot wees nie. Tydens die Rebellie van 1914-'15 werd deur die weigeraars (‘shirkers’), wat op Upington geïnterneer werd, spontaan die volgende liedjie gemaak, onder die invloed van die liedjie hierbo: - 1. ‘En altyd was sy bang, Dat die kakies my sou vang, En my oor die grootvlei stuur; Nou sit ek in die kamp, In ou Upington se kamp, Hier langs die Groot Rivier.’ Refrein: - ‘O, bring my terug na die ou Transvaal!’ ens. soos bo. {==159==} {>>pagina-aanduiding<<} 2. ‘Verlossing het gekom, En die huistoegaan is daar. En terug na die ou Transvaal, Haar lieflike persoon Sal seker ook daar wees Om my met 'n kus te groet.’ 49. ‘Onlangs kom van koeberg hier’. Die liedjie van die kieskeurige jonkman van Koeberg het ons opgeskrywe uit die mond van Kolonialers wat later na die noorde verhuis het. Dit stam dan ook waarskynlik uit die suidwestelike streke van die Kaap Provinsie, miskien selfs uit die buurt van die Koeberg tussen die Paarl en Malmesbury. Die ‘swarte jonkman van plesier’ herinner aan ‘Swart Jasper’ (vgl. B, 24), en stam moontlik uit dieselfde wêreld. Wat die taalvorme betref, is die liedjie half-Hollands, half-Afrikaans, en vertoon dit 'n neiging tot 'n soort van Hollandse deftigheid in taalgebruik wat in daardie streke nie onbekend is nie. Die ontknoping is verrassend en minder deftig, maar ons het hier waarskynlik met 'n fragment te doen, wat net die onaangename slot bewaar het. (Vgl. C, 30). {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} On-langs kom van Koe-berg hier, 'n Swar-te jonk-man van ple-sier. Om te sien of hier of daar Na sy sin 'n juf-frou waar. {==160==} {>>pagina-aanduiding<<} Maar, o nee(n)! hy vond er geen: Onder almal slegs maar één, Die alleen was na sy sin, Daar vond hy sy behae in. ‘Juffrou, nu, ek kom om u: Sê my wat is u mening nu. Wil gy wese nu die myn? So sal ek die uwe syn.’ ‘Nee(n)! o nee(n)! gee my hier 'n taaiboslat, En sit die honde agter sy blad!’ (Mondelinge oorlewering). 50. ‘Treurigheid en troos’. Hierdie brokstukkie van 'n minneliedjie, wat in die noordelike Vrystaat bekend is, is net 'n generalisasie oor die treurigheid en die troos van 'n liefdesverhouding, en herinner aan enkele verse uit die ‘Klaaglied van 'n Minnaar’ (vgl. A, 5),.... net, hier is dit die klaaglied van 'n meisie. Ook hier, nes daar, is die taalvorme Hollands-Afrikaans. Dit wil ons voorkom of hierdie fragment net 'n verbastering en 'n nuwe toepassing is van die hoofmotief van die bogenoemde ‘Klaaglied van 'n Minnaar’. Dit gebeur nogal dikwels met volksliedjies! {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Een on-trou het ek ver-la-te, Aan wie ek my hart {==161==} {>>pagina-aanduiding<<} en siel ver-bond; Maar 'n an-der het ek uit-ver-ko-re, Aan wie ek my hart en siel ver-bind. 2. ‘Dit is my lot, dit moet so wese; Dit is my lot, dit moet so syn; Dit is my lot, wie kan ertegen stryde? Al my hoop is op hom alleen!’ (Mondelinge oorlewering). 51. ‘Die blouoog’. Kort en bondig is hierdie liedjie, en tog is dit 'n geheel, alhoewel dit moontlik maar 'n fragment is. Dit is die vraag van 'n ‘kêrel’ wat seker wil maak van sy saak, en ‘Blouoog’ se antwoord daarop. ‘Blouoog’, ‘swartoog’ en ‘bruinoog’, ‘vaalhaar’, ‘swarthaar’ en ‘geellokhaar’ is konvensionele kleure in die Afrikaanse erotiek. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} ‘Blou-oog, blou-oog, is dit jy, Wat die kê-rels so ver-lei?’ ‘Nee, nee dit is nie ek nie, Wat die kê-rels so ver-lei.’ (Mondelinge oorlewering). {==162==} {>>pagina-aanduiding<<} 52. ‘Mama, maak tog oop die deur’. Hierdie jonkman laat hom in liefdesake deur niks keer nie. Hy is van die ras van Bredero en Burns. Hierdie fragment van 'n minneliedjie, wat in die Vrystaat goed bekend is, bevat elemente van 'n daarmee in woorde nou ooreenstemmende dansliedjie omtrent die ‘vaalhaar nooi’. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Ma-ma, maak tog oop die deur, Dat ek die ink kan kry. En die pen en die skoon pam-pier; Dit wil ek vir die blou-oog stuur. Ek wil haar hê en ek sal haar kry, Want sy is verloof aan my; Ma kan praat en pa kan slaan, Maar ek sal haar nog nooit laat staan.’ (Mondelinge oorlewering). 53. ‘Die nooi met die lokke’. Hierdie stukkie van 'n Afrikaanse volksliedjie herinner aan verskillende Middelnederlandse minneliedjies. (vgl. ‘Het daghet in den Oosten’), waarin die verliefde paartjie mekaar sal ontmoet {==163==} {>>pagina-aanduiding<<} by 'n afgesproke ‘rendezvous’: 'n lindeboom, of so iets, wat die Afrikaner miskien sou noem 'n bymekaarkomplek. In die Afrikaanse minneliedjies is die ontmoetplek gewoonlik 'n ‘moerbeiboom’ (vgl. C, 36). {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Dis waar wat ek sê, Dis waar wat ek sê, Die nooi met die lok-ke wil ek hê: Sa-ter-dag aand is ek daar, By die nooi met die geel-lok-haar. ‘Met saal en toom By die moerbeiboom.’ (Mondelinge oorlewering). 54. ‘Wie kom daar in die rooi pad aan?’ Dit is 'n eienaardige en tog tiepiese minneliedjie hierdie. Die eerste lyntjie laat dink aan 'n meisie wat die jonkman te perd sien aankom ‘in die rooi pad’, maar van die twede versreëltjie af lyk dit of dit 'n minnaar is wat verlang na sy ‘soetliefie’, een of ander dorp se blommetjie! Dit is waarskynlik ook maar net 'n fragment en bevat tog heterogene elemente, soos b.v. die aanvangskoeplet, ‘Wie kom daar in die rooi pad aan?’ (vgl. D, 40.) wat ook in ander liedjies voorkom. {==164==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Wie kom daar in die rooi-pad aan? Dis ver-vas my soet-lie-fie: Ron-de, ron-de trom-mel-tjie, Bloem-fon-tein se blom-me-tjie. Middelburg } Potchefstroom }se blommetjie. ens. } (Mondelinge oorlewering). 55. ‘Toe maar niggie, sê maar ja!’ In hierdie brokstukkie van 'n minneliedjie vra 'n jongkêrel die jawoord, en sy pleidooi berus nie op die leegheid van sy hart nie, maar op die van sy ryperd se maag! {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Toe maar nig-gie, sê maar ja! Die son gaan on-der en die perd-ly hon-ger. (Mondelinge oorlewering). {==165==} {>>pagina-aanduiding<<} 56. ‘Niggie, niggie, sê tog ja!’ Die volgende liedjie is eintlik 'n dansliedjie, maar na die inhoud beoordeeld, is dit 'n minneliedjie, en ons gee dit hier veral as 'n parallel en tog as 'n teëhanger van die voorgaande, ‘Toe maar niggie, sê maar ja!’ (vgl. No. 55 bo.) {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Nig-gie, nig-gie sê tog ja! Die rooi span os-se en die bont bok-wa, Daar-mee sal ons kerk toe ry, As ek maar net vir jou kan kry. (Teks by Schonken, O.K.-H.V. bl. 96, (3). 57. ‘Afsê-liedjie’. Langs 'n omweg kom die nooi (want dit is waarskynlik 'n nooiensliedjie hierdie) tot die laaste lyntjie, waarin die jongkêrel die onaangename afsê-verrassing kry. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Die pad-das in die dam, die krie-ke in die vlei, Dit sê ek jou da-rem: Jy is ge-flous met my! (Mondelinge oorlewering). {==166==} {>>pagina-aanduiding<<} 58. ‘Teleurgestelde liefde’. Hier volg 'n brokstukkie van 'n Afrikaanse liedjie van teleurgestelde liefde..... tiepies vir die ingebore nugterheid, ook in liefdesake, van die Afrikaner, wie se voorouer reeds heet ‘Le flegmatique Hollandais’! {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Daar waar die son en die maan on-der-gaan, Daar het ek gis-traand my nooi laat staan; Se-we jaar lang na haar ge-vry: Die a-g-ste jaar toe ver-neuk sy my! (Mondelinge oorlewering). 59. ‘Vaarwel!’ Hierdie Vaarwelliedjie is kort en kragtig, en gee die indruk as of dit die refrein kon gewees het van 'n langer minneliedjie, sodat ons hier waarskynlik met 'n fragment te doen het, alhoewel ons geen sekerheid op die punt het nie. {==167==} {>>pagina-aanduiding<<} {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Vaar-wel! vaar-wel! my dier-baar-ste, God ken jou as my e-nig-ste. Vaar-wel! vaar-wel! nog dui-send keer, Ek sien jou se-ker nim-mer weer! (Mondelinge oorlewering). 60. ‘Liefde is nes 'n jong komkommer’. {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Lief-de is nes 'n jong kom-kom-mer, Lief-de is nes 'n jong kom-kom-mer, Lief-de is nes 'n jong kom-kom-mer, Pluk jy 'm af, ver-lep hy som-mer! Burns sê: ‘But pleasures are like poppies spread.... You seize the flow'r, its bloom is shed; Or like the snow falls in the river.... A moment white....then melts for ever.’ (‘Tam O'Shanter’), {==168==} {>>pagina-aanduiding<<} werd deur Oud-President Reitz vertaal: - ‘Plesier is nes 'n jong komkommer: As jy hom pluk, verlep hy sommer; Of nes 'n skilpad in sy dop in: Soos jy hom vat, dan trek hy kop in.’ (‘Klaas Geswind’). Op hierdie Afrikaanse vertaling berus waarskynlik die Afrikaanse liedjie hierbo. (Teks by Schonken, O.K.-H.V. bl. 107). 61. ‘Flip en Anaat’. Dit is waarskynlik ook maar net 'n brokstukkie van 'n minneliedjie, wat in die Vrystaat bekend is. Die vèr-kom-motief ken ons ook uit ander liedere; ook die term ‘jonkman van plesier’ kom elders voor. (vgl. D, 49). {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Flip was 'n jonk-man van ple-sier, Hy woon-de aan Groot-ri-vier. A-naat was so skoon ver-stom, Dat Flip so-vèr oor haar kon kom! (Mondelinge oorlewering). {==169==} {>>pagina-aanduiding<<} 62. ‘Jannie en Sannie’. Net twee reëltjies! Maar wat suggereer hul nie alles nie! Dit is die idee van ons tietelbladtekening. (vgl. C. 29). {== afbeelding ==} {>>afbeelding<<} Daar kom Jan-nie oor die bult, Hier sit San-nie vol ge-duld. (Mondelinge oorlewering). *) Sedert die persklaar maak van hierdie bundeltjie het ons al weer allerlei gegewens, soos ander minneliedjies en uitvoeriger tekste en variante van gegewe liedjies, ens. gekry; maar ongelukkig te laat om daar nog gebruik van te kan maak. Andermaal moet ons Mnr. Pierneef bedank vir sy tietelbladtekening. * Sedert die skrywe van hierdie inleiding in 1918 (en die verskyning van ons boekie in 1921), het ons die oorspronkelike tekste van verskillende Afrikaanse Minneliedjies in ou Hollandse liedboekies van die 17e en 18e eeu gekry, maar te laat om daar (sonder radikale veranderinge) nog by hierdie uitgawe van gebruik te kan maak. Amsterdam, April 1921. S.P.E. Boshoff.