Die egskeiding
(1920)–Melt Brink– Auteursrecht onbekend[p. 7] | |
Jaap.
(Kom binne) . Present! (Albei gaan sit; elk op 'n afsonderlike bank) .
Wetleer
(Tot Karlina) . Volgens die versoekskrif, hier voor mij, doen jij weer aansoek om egskeiding.
Karlina.
(Staan op) . Ja, Meneer Regter!... en ek hoop dat ek nou mij sin sal krij, want dis vir mij onmoontlik om nog langer saam met daardie oliekoek te leef.
Wetleer.
Laat ek nog 'n slag sê, dat ek geen egskeiding, anders als om wettige redes, kan toestaan.
Karlina.
O, die het ek nou; 'n hele mudsak vol; en ek brand van verlangste om die aan meneer bekend te maak. Ek kan vir meneer verseker, dat sij hare penregop sal gaan staan, als meneer die moet verneem.
Wetleer.
(Lag) . Dan moet dit wel baje akelig wees!
Karlina.
(Vol vuur) . Akelig is geen naam daarvoor; dit is ijselik! vreeslik! Ou Blouwbaard was 'n onskuldige kindjie bij die monster wat daar sit. (Wijs na Jan) .
| |
[p. 8] | |
Wetleer.
Wat het hij dan gedoen?
Karlina.
(Vol vuur) . Gedoen, vra meneer!?... Hij is in staat om die laaste vrouw in ons land te vermoor en misskien nog op te eet daarbij!
Wetleer.
Wil jij dan so goed wees om ons te vertel wat daar gebeur het?
Karlina.
(Als bo) . Ek moet die hemel dank, dat ek vandag nie so fijn als snuif is, nie uitmekaar geskeur, aan stukkies gesnij als 'n soesoetie, en misskien nog tot as verbrand is nie, om mij lijk uit die pad te krij!
Wetleer.
Nou ja, vertel ons dan!
Karlina.
Die semelbroek dáár wil mij maar net uit die pad hê, hij tempteer mij op al moontlike maniere. Eergister het ek hom weer goed die kop gewas, en die waarheid vir hom gesê, soos seker sij grootmoeder dit nog nooit gedoen het nie; ek het vir hom gesê dat hij die grootste luiaard is, véél groter als al die miere van vader Salomo, dat hij die grootste domkop is, wat nog ooit op vier bene gekruip het, | |
[p. 9] | |
dat hij die lelikste aap is wat daar bestaan, dat hij al die ander ape die nagmerrie op die lijf sal ja, als hulle hom sien, dat hij...
Wetleer.
(Val vir haar in die rede) . Genoeg! Ek wil nie weet wat jij vir hom gesê het nie, maar wat hij gedoen het.
Karlina.
Dis jammer dat meneer nie alles wil aanhoor nie wat ek nog vir hom gesê het; maar ek sal dan maar verder vertel. Hij het toe, so woedend als 'n kwaai bul, die kamer uitgeloop en kom toe 'n rukkie daarna weer terug met 'n vreeslik groot pistool, waar jij 'n hele resiment soldate in een skoot mee kan doodskiet, in sij één hand, en 'n bijl, waar jij twee osse tegelijk die kop mee kan afkap, in die ander hand.
Wetleer.
Dit moet dan wel 'n vreeslike pistool en bijl gewees het.
Karlina.
O, ijselik! Ek weet nie hoe groot die pistool was nie, want mij oë was lam van die skrik, en die bijl was so skerp als 'n skeermes en so lang als hiervandaan... maar néé, ek sal maar liewerste nie sê, anders sal meneer dalkies nog dink dat ek oordrijf. | |
[p. 10] | |
Wetleer.
En wat het hij toe met die bijl en pistool gedoen?
Karlina.
O, meneer die Regter!... Ek het nog die alterasie op die lijf!... (Hou haar hande omhoog) . Kijk maar, mij senuwee, dit bewe nog nes vioolsnare.
Wetleer.
Maar wat het hij dan gedoen?
Karlina.
Hij het die pistool so vlak voor mij kop gehou, reg tussen mij twee oë, en sê toe met 'n stem, so hard als van donderweer, dat mij hare op mij kop daarvan bewe: ‘Als jij nie ophou met praat, dan skiet ek jou soos 'n konijntjie morsdood! en kap daarna jouw kop met die bijl af, snij jouw tong uit en stuur dit vooraf na die duiwel, sodat hij hom kan voorberei om jou te ontvang!’... Is dit nie ijselik, meneer Regter? Als ek nie so kwaad gewees was nie, dan het ek seker driemaal flouw geword.
Wetleer.
Ja, dis erg, heel erg!
Karlina.
En wat sê meneer van sij plan om mij tong na mij dood uit te snij en aan die duiwel te stuur, en mij so stom te wil maak? | |
[p. 11] | |
Wetleer.
Ja, dit sou 'n onherstelbare verlies vir jou gewees het.
Karlina.
(Keer haar tot Jan) . Hoor jij nou? jou vrouwemoordenaar! wat die Regter sê?
Wetleer.
(Tot Karlina) . En kan jij nou alles wat jij mij vertel het, als die waarheid besweer?
Karlina.
Ja seker!... Dis méér, véél meer als die waarheid!
Wetleer.
(Tersij) . Dit lijk vir mij ook so. (Luid) . En kan jij getuie bring van sij slegte gedrag teen jou?
Karlina.
Wat? Wil meneer nog getuie hê na al wat ek vir u gesê het?
Wetleer.
Wel seker! Als jouw man dit ontken.
Karlina.
Getuie?... hm, getuie... Wie roep dan getuie als jij met jouw man wil rusie maak?
Wetleer.
Leef jouw man dan altijd so sleg met jou? | |
[p. 12] | |
Karlina.
Sleg? Sleg is geen naam daarvoor! Ek het 'n vreeslike lewe bij hom, ek is geen minuut meer seker van mij lewe nie.
Wetleer.
Wat doen hij dan? Slaan hij jou?
Karlina.
Wie? Hij? Die semelbroek? Hij moet dit probeer om mij aan te raak! Vra vir hom hoeveel kere hij al onder die besemstok was.
Wetleer.
Dan slaan hij jou seker weerom?
Karlina.
Dit sal hij wel uit sij lijf laat, die lafaard! Als ek maar net die stok grijp, is hij soos die blits die huis uit.
Wetleer.
Dan verwaarloos hij jou seker en gee jou geen geld vir die huishouding nie, sodat jij gebrek moet lij?
Karlina.
Ek is baas, en hij moet mij iedere oortjie wat hij verdien, thuis bring.
Wetleer.
Dan speel hij seker knip-ogies met ander vrouwens? | |
[p. 13] | |
Karlina.
Daar sal die lelike apekind wel goed vir oppas; dan was sij oë lankal uit sij kop uit gekrap! Ek laat nie met mij speel nie!
Wetleer.
Maar wat doen hij dan? Jij sê hij leef sleg met jou! Maar op watter manier dan?
Karlina.
Hij wil volstrek nie na mij luister nie en volg altijd sij eie kop, en sê, hij het net so goed reg daarop als ek, en als ek hom dan daaroor uitskel en sleg maak, dan skel die duiwels-kind mij ook uit, en dit wil ek nie langer verdra nie. Hij behoor sij snater vir mij te hou en daarom wil ek van hom skei.
Wetleer.
Nou ja, laat ek nou die saak van jouw man se kant ook hoor.
Karlina.
Dis glad nie nodig nie, meneer die Regter! Meneer sal maar net vererg word met sij leuentaal aan te hoor; wat ek vir meneer gesê het, kan meneer op gaan. Ek lieg nooit nie, want lieg is sondig.
Wetleer.
Dit kan wees. Maar mij plig is om altwee die kante aan te hoor, voordat ek uitspraak doen. | |
[p. 14] | |
Karlina.
Is dit nou 'n manier van doen? Kan iemand nou so reg in die wêreld krij als hij kom kla?
Wetleer.
Ek ken mij plig, juffrouw Peperkop en het dit nie van jou te leer nie.
Karlina.
(Brom opsij) . Dis nou 'n manier om 'n vrouw te behandel! Die mans is almaal eenders, kop in één mus! Die duiwelsgoed!
Wetleer.
(Tot Jaap) . Nou, meneer Peperkop! Laat ons hoor wat jij te sê het.
Jaap.
Nie baje nie, meneer Regter. Meneer het mij vrouw gehoor; ek dink dis genoeg.
Wetleer.
Daarom moet ek ook vir jou hoor, voordat ek kan reg spreek.
Jaap.
Ek is nou al vijftien jaar met haar getrouwd en ek het nooit haar sin kan doen nie. Die grootste part van die tijd het met twiste omgegaan en ek is kompleet moeg daarvan. | |
[p. 15] | |
Wetleer.
Maar jij skijn ook nie heeltemaal onskuldig te wees, en jou als 'n lam te gedra nie.
Karlina.
(Spring op) . Wat! Hij 'n lam?... Hij was nog woedender als die ergste ou bokram, partijkeer...
Wetleer.
(Streng tot Karlina) . Orde! Ek spreek met jouw man!
Jaap.
Meneer Regter, 'n lammetjie kan ook kwaad word als jij hom te veel pla.
Wetleer.
Maar jij het jouw vrouw gedreig met 'n pistool en 'n bijl, om haar te vermoor en daar had jij geen reg toe nie.
Jaap.
Ek kan nie ontken nie, dat ek dit gedoen het, maar sij het mij daartoe gedrijf deur al haar twiste en mishandeling.
Wetleer.
Dit gee jou nog nie die reg om so'n ding te doen nie.
Karlina.
(Spring op) . Reg so! Vertel hom dit, die skobbejak en vrouwevermoorder.
| |
[p. 16] | |
Wetleer.
Stilte!
Jaap.
Ek beken dat ek te driftig gewees het.
Wetleer.
Sij wil nou van jou skei.
Jaap.
Ja, dit was lankal haar begeerte.
Wetleer.
Sij het nou al vir die vierde maal aansoek daarvoor gedoen. Die eerste drie kere was die redes wat sij gegee het te nietig om haar dit toe te staan, maar nou dat jij haar lewe bedreig het, is ek wel genoodsaak om aan haar versoek te voldoen.
Jaap.
Ja, meneer Regter, is reg.
Wetleer.
Dus is dit ook jouw begeerte om van haar geskei te word?
Jaap.
O ja! Ek het niks daarteen nie! Hoe eerder hoe liewer!
Karlina.
O, die ondankbare kreatuur! Nadat ek hom solang versorg het. Verlede week het ek nog 'n knoop aan sij onderbaadjie gewerk, wat ses maande geleë afgebreek het deur 'n houw met mij besemstok. | |
[p. 17] | |
Wetleer.
(Tot Karlina) . Is daar niks wat julle weer met mekaar kan versoen?
Karlina.
Nee!!... Dink meneer dat ek nou weer die kans sal laat glip om van hom ontslae te raak?
Wetleer.
(Tot Jaap) . Wil jij van jouw kant ook niks opoffer om die saak te skik nie?
Jaap.
Meneer het self gehoor wat sij gesê het. - Ek dink dat skeiding vir ons altwee die beste is.
Wetleer.
Nou ja, als daar tog geen kans is dat julle ooit weer als twee tortelduifies met mekaar sal wil leef, en als dit die wens van altwee is om te skei, dan gee ek, Janus Wetleer, Regter van hierdie stad, mij toestemming; en verklaar julle van die huweliksband ontslae.
(Tot Penveer) . Vul dadelik die vorms in en laat hulle dit met hul handtekening bekragtig.
Penveer.
(Skrijf) . Ja Edelagbare, dit sal dadelik gereed wees.
| |
[p. 18] | |
Karlina.
En nou die huisraad! Meneer sal mij als vrouw tog seker drie kwart daarvan toeken?
Wetleer.
Omdat julle in gemeenskap van goedere getrouwd is, krij elkeen die helfte van die gemeenskappelike besittings.
Karlina.
'n Fraaie grap! Dat hij die helfte sal krij, die oliekoek!
Wetleer.
Nou ja, als jij nie daarmee tevrede is nie, dan raai ek jou aan, om jouw man maar te hou, met die ander helfte daarbij. Jij het nog die kans voordat jij geteken het.
Karlina.
(Heftig) . Néé! bij mij grootjie nie!... Laat hij dit dan maar hou, hij sal daar tog geen seën mee hê nie.
Penveer.
Die stukke is gereed. (Tot Karlina) . Wil jij teken?
Karlina.
Ja, ja, gee gouw hier, al was dit honderdmaal, als ek maar van hom ontslae raak. - (Penveer hou haar die stukke voor, sij teken, daarna doen Jaap dieselfde) .
| |
[p. 19] | |
Penveer.
(Tot Wetleer) . In orde, Edelagbare. (Gee vir hom die papier, wat hij teken) .
Karlina.
Is ons nou geskei, meneer Regter? Heeltemaal van mekaar af?
Wetleer.
Ja, alsof julle nooit met mekaar getrouwd was nie. So vrij als die vooltjies in die lug.
Karlina.
(Verheug) . Og! Wat is dit 'n verligting vir mij arme vrouwelike hart! Die ketting is nou van mij been. Ek is vrij als 'n vooltjie wat uit sij kouwtjie ontvlug het. Ek is verlos van die ondraaglike olifant! Og, hemeltjie, hoe dank ek meneer!
Jaap.
(Ook verheug) . En ek dan? Dat ek van jouw bose tong en besemstok ontslae is!
Karlina.
Pas op maar vir wat jij sê! Ek sal jou vir skenderij aankla, jou lelike aap... (Tot Wetleer) . En nou, meneer Regter, het ek nou die vrijheid om weer te kan trouw, als daar soms 'n jonkman en 'n weduwnaar na mij wil kom vrij?
| |
[p. 20] | |
Wetleer.
Sekerlik, daardie reg het jij, maar net met één van die twee, nie met altwee gelijk nie.
Karlina.
(Baje blij) . Og, nou is mij naam weer Karlina Snip, en ek kan weer trouw. Wat sal die papbroek skeef kijk, als hij mij met 'n mooi jonkman aan die arm sien loop.
Jaap.
(Met 'n sug) . Ek sal die jong man van harte bekla.
Karlina.
(Vlieg op) . Wat sê jij daar, jou olike vent?
Wetleer.
Stilte!... (Tot Jaap) . Ek kan nie nalaat, meneer Peperkop, om jou, hoeseer jij ook al onder jouw vrouw mag gelij hê, mij afkeuring ten sterkste te kenne te gee oor jouw handelwijs, om haar, wat toe jouw vrouw was, so met moorddadige instrumente te dreig om haar die lewe te beneem. Als 'n man had jij jouw drifte moet bedwing. Weet jij wel dat, als jij haar doodgemaak had, die gereg ook jouw lewe sou geëis het? En dat jij sonder verskoning sou opgehang geword het? Wie 'n mens se bloed vergiet, die se bloed sal ook deur die mens vergiet word.
| |
[p. 21] | |
Karlina.
Reg so!... Lees hom goed die Levitikus voor! so'n Blouwbaard.
Jaap.
Meneer Regter, ek vertrouw dat meneer mij sal toestaan om iets tot mij regvaardiging te sê.
Wetleer.
Goed, ek luister.
Jaap.
Als ek werkelik die voorneme gehad het, om haar dood te maak en dit ook gedoen het, dan sou ek niks minder als die dood verdien het nie. Maar ek verklaar hier plegtig dat ek volstrek nie van plan was om haar te vermoor, nog enige letsel toe te bring nie. Soos ek gesê het, het ek vijftien jaar lang onder haar skerpe tong en besemstok moet sug. Ek kon dit nie meer uithou nie en het gewens ook maar van haar ontslae te raak. Daarom het ek toe die plan bedink en 'n groot pistool en 'n bijl, van blik laat maak, die een so onskuldig als die ander. En daarmee het ek haar gedreig, omdat ek goed geweet het dat sij dit als 'n rede om te skei sou aanvoer.
Karlina.
(Spring op) . Wat? 'n blikke pistool en 'n blikke bijl? Dis nie waar nie! Die pistool was so swaar als 'n kanon en die bijl was van pure staal.
| |
[p. 22] | |
Jaap.
(Knoop sij jas los) . Hier is die pistool en die bijl. (Lê dit op die tafel) .
Wetleer.
Waarom het jij dit nie eerder gesê nie? Jij het die gereg bedrieg!
Jaap.
Ekskuus, meneer Regter! meneer het vir mij gevra of ek haar gedreig het, en ek het ja gesê, maar meneer het nie vir mij gevra waaròm en waarmee nie.
Wetleer.
Dis reg. Nou ja, dit sou ook niks daaraan verander het nie. Jul twee was tog begerig om te skei.
Jaap.
En nou meneer Regter, het ek ook die vrijheid om weer te kan trouw?
Wetleer.
Sekerlik! Jij het dieselfde reg als jouw vroeëre vrouw.
Karlina.
(Spring driftig op) . Wat! Hij ook? Dit kan nie wees nie.
Wetleer.
Sekerlik. Hij het daar eweveel reg toe als jij. | |
[p. 23] | |
Karlina.
O, mij liewe grootjie! En ek het nogal gedink om hom te laat voel hoe dit hom sal smaak om sij lewe voortaan sonder 'n vrouw te moet slijt. En nou, veronderstel nou, dat die lelike uilskuike dit in sij kop krij na 'n jonge meisie te gaan vrij?
Wetleer.
Dit kan niemand hom belet nie, ewemin als vir jou, als daar 'n jong man na jou kom.
Karlina.
Ja, maar hij kan enige meisie gaan vra; en ek sal moet wag totdat daar 'n man na mij kom.
Wetleer.
Dis nie mij saak nie. Julle het mos wil skei en het nou julle sin. Wees nou maar tevrede en gaan huis toe.
Jaap.
(Vrijf vergenoeg sij hande) . Hierdie slag het jij tog lekker agter die net gevis.
Karlina.
O, ek krij dit nog op mij senuwee! Had ek dit tog maar liewer nie gedoen nie! O, die vervlakste haastigheid! En die ellendige besemstok, wat maar altijd bij die hand was als ek wou slaan. | |
[p. 24] | |
Jaap.
(Sing) . Vooraf gedoen, te laat bedink, het menigeen in leed gebring.
Karlina.
Ek het nogal gedink om hom te straf en nou het ek self aan die kortste end geraak! (Met 'n sug) . Og, het ek dit tog maar liewer nie gedoen nie en hom met meer liefde en verdraagsaamheid behandel, dan was ek seker vandag nog 'n gelukkige getrouwde vrouw, en nou is ek 'n onbestorwe weduwee!... O, die drif en onverdraagsaamheid het al baje ellende in die wêreld gebring!... Waar krij ek nou weer 'n man! (Huil) .
(Gordijn).
|
|