Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel (1939)

Informatie terzijde

Titelpagina van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel
Afbeelding van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweelToon afbeelding van titelpagina van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.24 MB)

XML (0.04 MB)

tekstbestand






Vertaler

P.C. Schoonees



Genre

proza

Subgenre

marialegende
vertaling: Nederlands / Afrikaans


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel

(1939)–Anoniem Beatrijs–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige
[pagina 28]
[p. 28]

X.

Op sekere dag kom 'n ab (superintendent van kloosters) wat die klooster gewoonlik eenmaal per jaar besoek om te verneem of daar ook skinderpraatjies was, wat die goeie naam van die nonne tot skande kan maak.

Op die dag toe hy kom, het die sondares biddend gekniel in die koor van die kerk. Daar was 'n geweldige tweestryd in haar siel. Die duiwel het haar in versoeking gebring om haar sondige verlede nie aan die ab te bely nie. Onder haar gebed sien sy hoe langs haar verbygaan, 'n jongeling in wit gewaad, wat 'n naakte kindjie in sy arm dra. Sy dag dat die kindjie dood was. Die jongeling gooi 'n appel op en vang dit weer om die kindjie te vermaak. Terwyl sy bid sien die non die spelery, en sê aan die seun: Vriend, as dit kan wees dat jy van God gekom het, so smeek ek jou by Sy gebooie om nie vir my weg te steek nie, waarom jy vir daardie kind met so n mooi rooi appel speel, terwyl dit dood in jou arms lê. Jou spelery baat tog mos niks.’

‘Seker, non, jy praat die waarheid, en die kind weet niks van my speletjie nie; dis dood en kan nie hoor of sien nie. Net so min weet God dat jy bid en

[pagina 29]
[p. 29]

vas; dit help niks; dis verniet dat jy jouself kasty; jy is so versmoor in die sonde, dat God daarbo in die hemel jou gebede nie hoor nie. Ek raai jou: gaan haastiglik na die ab en bieg aan hom al jou sonde, sonder om iets weg te steek; laat die duiwel jou nie bedrieg nie; die ab sal jou absolusie gee van die sonde wat jou hinder. Maar as jy nie wil bieg nie, sal God dit swaar aan jou wreek.’

Die jongeling verdwyn uit haar oë; meer wou hy nie sê nie; maar wat hy gesê het, het sy goed verstaan.

Die volgende môre gaan sy so vroeg moontlik na die ab en versoek hom om haar bieg van begin tot end geduldig aan te hoor. Die ab was 'n verstandige man en antwoord: ‘My liewe dogter, ek doen dit graag. Dink goed na oor al jou sondes en moenie een enkele vergeet nie.’

Toe gaan sy reg oor die heilige ab sit en openbaar hom haar hele lewe; hoe 'n dwase liefde haar so in die versoeking gebring het dat sy haar habyt moes aflê. Op sekere nag het sy dit laat lê op die altaar van Maria, en die klooster verlaat met 'n man, aan wie sy twee kinders gebaar het. Niks wat met haar gebeur het, het sy verberg nie; al wat op die grond van haar hart lê, maak sy aan die ab bekend. Toe sy alles klaar gebieg het, sê die heilige vader: ‘Dogter, ek sal jou absolusie gee van die sondes wat jou beswaar en wat jy nou aan my bely het. Geloof en gebenedy moet die Moeder Gods wees! ’ Toe lê hy sy hand op haar hoof

[pagina 30]
[p. 30]

en skenk haar vergiffenis. Verder sê hy: ‘Ek sal jou bieg in 'n preek openbaar, maar alles so versigtig inklee, dat dit nie jou naam of dié van jou kinders ooit tot skande sal strek nie. Dit sou onreg wees om hierdie skone mirakel, wat die Here laat geskied het ter ere van Sy Moeder, te verswyg. Ek sal dit orals verkondig en hoop dat nog menige sondaar daardeur bekeer word en Onse Liewe Vroue die eer gee.’

Voor hy huis-toe gaan, het hy die klooster vertel, wat met 'n non gebeur het, maar wie dit was het verborge gebly. Die ab het weggery in Gods hoede. Albei die non se kinders het hy saamgeneem. Hy het hulle die groue habyt laat aantrek en hulle het twee goeie manne geword. Hulle moeder se naam was Beatrys.

Loof God en prys Sy naam en ook Maria, Sy moeder, wat hierdie heerlike wonder laat geskied het. Sy het haar uit alle nood gehelp. Laat ons almal, groot en klein wat hierdie mirakel hoor lees, laat ons almal bid dat Maria ons voorspraak mag wees in die soete dal, waar God die wêreld sal rig!

 

AMEN.

 


Vorige

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken