Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
De Gids. Jaargang 138 (1975)

Informatie terzijde

Titelpagina van De Gids. Jaargang 138
Afbeelding van De Gids. Jaargang 138Toon afbeelding van titelpagina van De Gids. Jaargang 138

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave



Genre

proza
poëzie
sec - letterkunde
sec - taalkunde

Subgenre

tijdschrift / jaarboek


In samenwerking met:

(opent in nieuw venster)

© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

De Gids. Jaargang 138

(1975)– [tijdschrift] Gids, De–rechtenstatus Auteursrechtelijk beschermd

Vorige Volgende
[pagina 577]
[p. 577]

Breyten Breytenbach
Gedichten

Wy

 
my hart is in die boland en niks
 
kan dit ontwy nie dis gebêre in
 
'n kissie in wit wellington
 
 
 
ek droom soms runnikend daarvan
 
in die heuwel van die nag en
 
verbeeld die wit keil van sneeukop
 
 
 
hier is die strate oppehopie van
 
winter en die mure is blomryk
 
van hande vol bloed
 
 
 
vrouens met rooigeverfde borste suig
 
'n man se lyf droog soos luise en
 
busbestuurders staak as dit reën, maar
 
 
 
my hart is in die boland en niks
 
kan dit ontwy nie dis gebêre in
 
'n kissie in wit wellington
 
 
 
(Uit: Die ysterkoei moet sweet)
[pagina 578]
[p. 578]

My vrou

 
my vrou se naam is Yolande
 
sy is 'n vrou
 
klein en getrou
 
maar getrain
 
haar hare is swart
 
haar oë mispelbruin
 
haar neusie is plat
 
en haar mond 'n rooiborsie
 
gestol in die vlug
 
agter haar tande
 
hang die vleesklok van 'n vreemde land
 
Yolande Yolande gee my jou hande
 
ek het jou getrou
 
jy is my vrou
 
 
 
- en al jullie vraatsige oë, Here, kakkerlak
 
vir spek en boontjies oor my handkaart
 
as jullie verwag, onnosele age, dom donders
 
dat ons my vrouw vir julle slag en rangskik
 
in die beddens van julle verbeelding
 
dis ons twee wat lag -
 
[my vrou en ek]
 
om af te rond:
 
haar ore is dus kerke
 
haar hande is soos wyn
 
haar voete is meesterwerke
 
roosblaar en klein konyn
 
sy dra vyf tone aan elke voet
 
worsies spek en bloed
 
van die beste in die land
 
my Yolande
 
hier kom sy nou
 
my Vrou
 
 
 
(Uit: Die huis van die dowe)
[pagina 579]
[p. 579]

Die afstand tussen die blom en die mond

 
die taal is taal
 
is maar nét taal
 
kepies van tekens en klanke op ruimte
 
taal vertaal word talle tale
 
bye met die stuifmeel van 'n blom wat >voel< en >is< was
 
vertaal tot vertaling
 
die heuning of die byewas
 
wat jou maag laat werk of jou oë van lig laat praal
 
 
 
maar denkmasjiene, staalkake, vertalende
 
matematiesharte doen dit beter
 
waarom moet ons soos doofstomblindes mors
 
as alles herlei tot 'n Morse-kode van
 
ek is honger ek is dors ek is bang
 
my liefling?
 
wat die hart van vol is loop van mond tot oor
 
sal die presiese vertalers ons liefdesby-vlugte skors?
 
 
 
ek wou dit anders hê en sê
 
wou dat elke woord 'n lekhart bepaal
 
dat die strepies wat jou oë gaan lees
 
die klanke wat jou gevleuelde mond gaan weef
 
die heuning om jou korf kan sekreer
 
 
 
want dit >weet< ek weer
 
iewers agter al die tale wat ons skei
 
lê die ekke, lê 'n jy
 
 
 
[27/8/66 - Formentera]
 
 
 
(Uit: Die huis van die dowe)
[pagina 580]
[p. 580]

Hardlywigheid

‘Niemand het nog ooit geskryf, geskilder, gebeeldhou, geboetseer, gebou of uitgevind behalwe om pad te gee uit die hel.’
[artaud in verwysing na Van Gogh]
 
Want alle ware digkuns is wreed
 
dis nie 'n spreeu nie
 
sê Antonin Artaud iewers
 
in 'n opstel oor die mislukking van Coleridge
 
of elders in 'n aftakeling van die sukses van Van Gogh
 
mislukking en aftakeling relatief
 
relatief tot die tong van Artaud
 
want hy 't nie 'n siel gehad nie
 
maar 'n groot mond sonder tande
 
wat soos 'n tuig om die tong kon pas
 
 
 
Nie dat Coleridge tot die garde verdoemde poëte behoort nie
 
sê hy
 
die uitgeworpenes wat op 'n gegewe moment daarin slaag
 
om 'n waksagtige poep van afgryslike pyn
 
deur die tonnel en draaihekke van bloed te baar
 
en daar stem ek saam
 
want wat is 'n gedig
 
anders dan 'n swart wind?
 
 
 
Miskien is dit wat Artaud wou sê
 
dat sy lyfeie anus beslaan was met tande
 
waaruit spreeus kon ontsnap
 
maar die kraaie het bly nes
 
om die tonnels en draaihekke en wagkamers van bloed
 
te verslind
 
 
 
Coleridge vaar die oseane plat op soek na die wit
 
van 'n albatros
 
en dié ideaal is dood
 
Van Gogh se vrese vlieg soos swart roofvoëls
 
oor die branders met oë van koring
 
en hy sterf met 'n koeël in die buik
 
Artaud sper sy kake wyd
 
die swart en dik kraai worstel in sy nes
 
en vrek sonder om 'n tand te kan lê
 
 
 
Ekskresie vlieg nie
 
en ekskreseer nie
 
 
 
[10/8/66 - Formentera]
 
 
 
(Uit: Die huis van die dowe)
[pagina 581]
[p. 581]

Luistervink

(vir Stephen L.)
 
jy vra my hoe dit is om in ballingskap te leef, vriend -
 
wat sal ek dan sê?
 
dat ek te jonk is vir bittere verset
 
en te oud vir wysheid of berusting
 
by my Lot?
 
dat ek tog net een van vele is,
 
die onaangepastes,
 
die heerskare van uitgewekenes, verlooptes,
 
burgers van die duister se derms,
 
een van die ‘Franse met 'n spraakgebrek’
 
of selfs dat ek my tuis voel hier?
 
 
 
ja, maar ook dat ek nou die kamers van eensaamheid herken,
 
die bevuiling van drome, die oorblyfsels van herinneringe,
 
'n viool se dun gekerm
 
waar oë vér altyd vérder kyk,
 
ore tjoepstil na binnetoe luister
 
- dat ek ook soos 'n bedelaar
 
bid vir die aalmoese van ‘nuus van die huis,’
 
vir die genade van ‘onthou jy,’
 
vir die erbarming van ‘een van die dae’
 
 
 
maar ek onthou nie,
 
liedere het vervaag,
 
gesigte sê niks,
 
drome is gedroom
 
en soos in die wierhare van 'n vrou in liefdesoeke
 
verlaat jy jou in 'n skuifelende massa anonimiteit
 
van vroegverouderde rewolusionêre,
 
van digters sonder taal en blinde skilders,
 
van briewe sonder tyding net soos seë sonder getye,
 
van hulle wat stik in die kindsheid van verlange,
 
van hulle wat geeste oproep uit die wierook,
 
landskappe optower uit die tonge,
 
die wete van die self opgooi
[pagina 582]
[p. 582]
 
- moet ek ook 'n dieper wending gee?
 
dat ons almal net ballinge is van die Dood
 
om binnekort ‘huis toe’ te mag gaan?
 
 
 
nee, want nou begin ek, tastend met afgevrotte hande
 
hulle wat voor ons hier was verstaan
 
en ek vra jou net
 
in die naam van wat jy vra
 
om goed te wees vir hulle wat ná ons kom
 
(Parys - Paasfees 1968)
 
 
 
(Uit: Kouevuur)

4.6 Truth lies in-between

 
Ons het van C na I geloop om die ou kasteel te besigtig,
 
2.5 kilometer vanaf C en 3 vanaf I en onderweg het ons
 
'n naaldekoker aangetref, byna dood - sy oë is opregte
 
jukeboxe van Franse plastiek vol vonke en dit maak musiek
 
dit was nie jy nie
 
dit was nie ek nie
 
Daar is 'n dorpie in die suide met as enigste industrie
 
die fabrikasie en verkoop van duiwemis; daar is torings
 
vol duiwe; en hierdie dorpie behoort aan 'n mongoolse
 
kind - so is sy inkomste en versorging - met as enigste
 
bywoner tussen die duiwe 'n hondmak homoseksuele
 
Switserse skrywer
 
Iedereen kies sy eie kruis; trek die deur op slot en
 
sluk die sleutel in en verknies jou in jou gevangenskap
 
al is dit nie jy nie
 
al is dit nie ek nie
 
Op pad terug het iemand die son in 'n boom vas laat vlieg
 
en op sy werf het ek gedog ek sien 'n boer maar dit was
 
'n masjien met die stert van 'n duif
 
Daar was ook 'n man met 'n hardebolkeil en sandale en
 
baard
 
Dit het reeds geruik na aand
 
Onder my wolk het ek beweer ek is die koning van die mugge
 
maar iemand het gesê nee jy is 'n jood
 
dit was nie jy nie
 
dit was nie ek nie
 
'n Dorp is vrede, is algehele integrasie
 
dit was nie jy nie
 
dit was nie ek nie
 
As mens dit net reg kan sien
 
is die blom 'n bom
 
 
 
(Uit: Lotus)
[pagina 583]
[p. 583]

8.8 (Byeboer)

 
hier kom ek aan uit die berge
 
met blomme in die hare
 
en bergbye by 'n stralekrans om die hoof
 
 
 
hier kom ek aan uit die berge
 
met die tong opgeswel van die kennis
 
van die liefde - om jou skoonheid te loof
 
 
 
die bye het al my selfstandigheid geroof:
 
heel my by-die-huis is 'n kloof vir koel vlerke
 
en in kloostergrot en oogsel glinster die stroop
 
 
 
kom, ek sluit die berge vir jou oop
 
kom, wees koningin in hierdie hele ryk
 
kom, laat my jou met my heuningkwas bestryk

9.3 (Die tekenaar)

 
die lig tril; jy is trillende lig
 
en ek uit jou verban
 
met die banvloek van die lyf
 
 
 
om verban te word
 
is om verdoem te word tot síén
 
en kyk
 
jy is buite
 
 
 
kom beminde, maak 'n einde aan beginsels
 
en sit ons in mekaar
 
nes intiem
 
 
 
ek wil nie wees nie
 
maar net 'n rilling in die lig
 
om dan die tekens van die lig
 
te mag teken
 
 
 
(Uit: Lotus)
[pagina 584]
[p. 584]

Die beloofde land

 
dit help niks om te sê
 
die woestyn is soos die bloesende gelaat van 'n vrou
 
of die uitspansels van 'n openbaring
 
'n apokaliptiese openbaring van hitte nie;
 
'n woestyn is van sand en van lug
 
die lug en die sand is warm en droog;
 
 
 
agter die strande van die Kalahari
 
waar die wit bome groei: maroela,
 
mopani, kameeldoring, kremetart -
 
agter die hitte se skuinstes lê buitewyke van die vagevuur
 
 
 
Johannesburg!
 
 
 
'n stad het op uit die gesidder gestyg
 
soos lugspieëlings op die vlak;
 
ingekamp agter torings van elektrisiteit
 
steier wit fabriekskoorstene en suile hemelwaarts
 
en vlamme word teen die blou gespu:
 
oertamboere van die dood...
 
 
 
en 'n skitterbeeld: die hel met God
 
 
 
God die Buro vir Staatsveiligheid
 
God met 'n helm op,
 
in die een hand 'n aktetas vol aandele en goud
 
en in die ander 'n sambok,
 
God regop in al Sy glansende héérlikheid
 
op die skouers van swartes halflyf in die grond
 
se ryk:
 
 
 
'n granaat!
 
 
 
'n oopbarsting van rooi harte
 
om daardie bos aan die brand te skenk!
 
(trek die skoene van jou voete af om sonder skoenspore te sluip..
 
 
 
(Uit: Skryt)
[pagina 585]
[p. 585]

Ik zal sterven en naar mijn vader gaan

 
ik zal sterven en naar mijn vader gaan
 
naar Wellington met lange benen
 
glanzend in het licht
 
waar de kamers zwaar en donker zijn
 
waar sterren als zeemeeuwen op de nok zitten
 
en engelen naar wurmen pikken in de tuin,
 
ik zal sterven en met weinig bagage
 
op weg gaan
 
over de bergen van Wellington
 
tussen bomen en schemer door
 
en naar mijn vader gaan
 
de zon zal in de aarde kloppen
 
de branding van de wind laat de voegen kraken
 
we horen de huurders
 
schuivelvoeten boven ons hoofd
 
we zullen dammen achter op de veranda
 
- pa beet nemen -
 
en bij de radio
 
luisteren naar het nieuws van de nacht
 
 
 
vrienden, medestervenden -
 
vrees niet - nu hangt het leven, nog als vlees om onze lijven
 
maar de dood beschaamt niet -
 
ons komen en ons gaan
 
is als water uit de kraan
 
als klanken uit de mond
 
als ons komen en ons gaan:
 
onze benen zullen de vrijheid kennen -
 
kom mee
 
in mijn sterven in mijn naar mijn vader gaan
 
naar Wellington waar de engelen -
 
met wurmen vette sterren uit de hemel hengelen -
 
laten we sterven en vergaan en vrolijk zijn:
 
mijn vader heeft een groot pension
 
 
 
(ongepubliceerd)
[pagina 586]
[p. 586]
 
er is een groot soort vogel mijn beminde
 
ik weet niet of het een wilde gans is
 
of een tamme albatros
 
of misschien is het een bergvalk beminde
 
zo groot en zo ligt als een bergkruin vol sneeuw
 
 
 
borst en buik van die vogel zijn zwart
 
zodat je hem 's nachts niet ziet vliegen
 
maar hij zingt met het zelfde geluid als de sterren;
 
en vleugel en rugveren van die vogel zijn blauw
 
zodat hij overdag onzichtbaar ondersteboven zweeft
 
je ziet soms alleen twee schaduwvlekken
 
over je ogen schuiven beminde
 
 
 
bleek is de kleur van mijn beminde
 
zwart is zij in heel mijn nacht
 
en ook altijd tussen mij en mijn ogen
 
 
 
(ongepubliceerd)

Boeken zijn bommen: voor mijn dode broer, Tiro

 
er was een neger zijn naam was Tiro, Abraham
 
(en Tiro ligt in zijn eigen bloed)
 
hij wou immers geleerdheid gaan halen uit een ‘universiteit’
 
(en Tiro ligt in zijn eigen bloed)
 
waar hij zo eigenwijs is geworden zijn opvoeding toe te passen
 
(en Tiro ligt in zijn eigen bloed)
 
en nog voor hij verbannen kon worden tot de staat van leefdoden
 
verliet hij zijn geboorteland
 
voor een dorp met de naam Gaberones in een land
 
met de naam Botswana in de woestijn
 
met overal vlammetjes van een strijd-om-vrijheid
 
die zijn woorden lieten ontbranden...
 
en de baas moest tonen dat een kaffer
 
zijn plaats moet weten, of ánders...
 
en de baas heeft Tiro een boek gestuurd
 
en Tiro ligt in zijn eigen bloed
 
en Tiro ligt in zijn eigen bloed
 
en Tiro is de binnenvlam binnen de rode vlam
 
 
 
(ongepubliceerd)
 
Vertaling Adriaan van Dis


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken

Over dit hoofdstuk/artikel

auteurs

  • Breyten Breytenbach


vertalers

  • Adriaan van Dis


datums

  • 27 augustus 1966

  • 10 augustus 1966

  • april 1968