Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Hertzogprys (2014)

Informatie terzijde

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (1.60 MB)

XML (0.03 MB)

tekstbestand






Genre

sec - letterkunde

Subgenre

bibliografie


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Hertzogprys

(2014)–Anoniem Hertzogprys–rechtenstatus Auteursrechtelijk beschermd

Vorige

HertzogprysGa naar margenoot1

Die Hertzogprys is die prestigeprys in die Afrikaanse letterkunde en heet na een van die grootste kampvegters vir Afrikaans: genl. J.B.M. Hertzog.

Dit het in 1914 tot stand gekom deur 'n skenking van £1 200 wat genl. Hertzog vir dié doel gemaak het. Hy was in 1910 in 'n lastergeding gewikkel wat voortgevloei het uit sy stryd vir die onderrig van Hollands in die skole van die Vrystaat. Die geld het oorgebly uit 'n fonds vir die vereffening van genl. Hertzog se gedingkoste waartoe die Afrikaanse volk bygedra het en is deur hom onder beheer van die Akademieraad geplaas vir belegging en aanwending van die rente daarop vir 'n Afrikaanse letterkundige prys. Dit is gedoen ingevolge 'n notariële skenkingsakte, onder datum 27 Mei 1914.

Oorspronklik, so blyk uit die skenkingsakte, was dit 'n wedstrydprys vir ingesonde stukke, maar op 15 Februarie 1923 het genl. Hertzog skriftelik toegestem dat alle gepubliseerde boeke vanself in aanmerking mag kom. In 1928 is met genl. Hertzog se toestemming, soos in 'n brief van 3 April 1928 te kenne gegee, besluit om die drie literêre vorme, nl. prosa, poësie en drama, afsonderlik om die beurt te bekroon. Volgens voorskrif van die skenkingsakte self, kon tydens genl. Herzog se lewe veranderinge in die voorwaardes aangebring word met sy toestemming. Na sy oorlye mag dit geskied by eenparige besluit van die Akademieraad.

Gedurende enkele jare het ook "wetenskaplike prosa" vir die Hertzogprys in aanmerking gekom. So het prof. J. du P. Scholtz in 1943 die Hertzogprys ontvang vir Die Afrikaner en sy taal en dr. Coenraad Beyers in 1944 vir Die Kaapse Patriotte. In 1946 is die afdeling "wetenskaplike prosa" afge¬skaf. Hieruit het in 1947 die Akademieprys vir Geestesweten¬skappe ontstaan, wat sedert 1955 bekend staan as die Stalsprys vir Geesteswetenskappe.

Die bedrag van die prys is in 1964 deur die Akademieraad verhoog tot R2 000 (uit Akademiefondse), maar in 1966 het die Akademieraad besluit om terug te keer tot die voorskrifte van die skenkingsakte en om die prys te beperk tot die rente op die kapitaal. In 1974 het die prys R900 bedra. (Kyk P.J. Nienaber: Die Hertzogprys vyftig jaar. Nasionale Boekhandel, 1965.) In 1978 is die prysgeld na R2 000 plus 'n goue medalje verhoog. Vanaf 1994 het Rapport Uitgewers 'n bykomende bedrag van R15 000 geskenk en vanaf 2003 is die skenking R20 000 per jaar sodat die prysgeld tans R22 000 beloop plus 'n 18 kar. goue Hertzoggedenkpenning.

Toekennings

Voor poësie

1916TotiusGa naar margenoot2, Trekkerswee
1926A.G. Visser, Gedigte
1928A.G. Visser, Rose van herinnering
C.M. van den Heever, Die nuwe boord
1934Totius, Passieblomme
C.L. Leipoldt, Skoonheidstroos
W.E.G. Louw, Die ryke dwaas
1937I.D. du Plessis, Vreemde liefde en Ballades
N.P. van Wyk Louw, Alleenspraak
1940N.P. van Wyk Louw, Die halwe kring
1943Elisabeth Eybers, Die stil avontuur
Belydenis in die skemering
1947D.J. Opperman, Heilige beeste
1951Toon van den Heever, Gedigte (1919)
omgewerkt tot Eugène en andere gedigte (1931)
1962Ernst van HeerdenGa naar margenoot3, Die klop
1965N.P. van Wyk Louw, Tristia
1968Boerneef (postuum), (Al sy digbundels)
1971Elisabeth Eybers, Onderdak
1974Uys Krige, Uys Krige: een keur uit sy gedigte
1977Wilma Stockenström, Van vergetelheid en van glans
1980D.J. Opperman, Komas uit 'n bamboesstok
1983Sheila Cussons, (Al haar digbundels)
1984Breyten Breytenbach, "Yk"
1987T.T. Cloete, Idiolek en Allotroop
Jukstaposisie (eervolle vermelding)
Angelliera (eervolle vermelding)
1990Antjie Krog, Lady Anne
1993T.T. Cloete, Met die aarde praat
1996Ina Rousseau, n Onbekende jaartal
1999Breyten Breytenbach, Oorblyfsels : 'n Roudig en Papierblom
2002Henning Pieterse, Die burg van hertog Bloubaard
2005Petra Müller, Die aandag van jou oë
2008Breyten Breytenbach, Die windvanger
2011Johann de Lange, Die algebra van nood
2014Marlene van Niekerk, Kaar
2017Antjie Krog, Mede-wete

Voor drama

1926J.F.W. Grosskopf, As die tuig skawe
Drie eenbedrywe
1935H.A. Fagan, Die ouderling en ander toneelstukke
1944C.L. LeipoldtGa naar margenoot4, Die heks
Die laaste aand
1952Gerhard Beukes, Langs die steiltes
Salome dans
As ons twee eers getroud is
En, Agt eenbedrywe
W.A. de Klerk, Die jaar van die vuur-os
Drie vroue
Drie dramas
Vlamme oor La Roche
1956D.J. OppermanGa naar margenoot5, Periandros van Korinthe
1960N.P. van Wyk Louw, Germanicus
1969D.J. Opperman, Voëlvry
1972P.G. du Plessis, Siener in die suburbs
Die nag van Legio
1978Bartho Smit, Putsonderwater
Moeder Hanna
Christine
Die verminktes
1981Henriette Grové, Ontmoeting by Dwaaldrif
en al haar andere dramatiese werk
1985Uys Krige, (Al sy werke)
1991Chris Barnard, (totale oeuvre)
1994Reza de Wet, Vrystaat-trilogie
Trits: Mis, Mirakel, Drif
1997Reza de Wet, Drie susters twee
2000André P. BrinkGa naar margenoot6, Die Jogger
2003Pieter Fourie, (totale drama-oeuvre)
2006Deon Opperman, (vir sy drama-oeuvre tot 2005)
2009Deon Opperman, Kaburu
2012Adam Small, (vir sy drama-oeuvre)
2015Tertius Kapp, Rooiland en Oorsee

Voor prosa

1917Jochem van Bruggen, Teleurgestel
1920Leon Maré, Ou Malkop
1925Jochem van Bruggen, Ampie: die natuurkind
1926D.F. Malherbe, Die meulenaar
1927Jochem van Bruggen, Ampie: die meissiekind
C.J. Langenhoven, Skaduwees van Nasaret
Sangiro, Diamantkoors
Twee fortuinsoekers
1930D.F. Malherbe, Hans-die-Skipper
G.C. Hobson en S.B. Hobson, Kees van die Kalahari
1933Jochem van Bruggen, Die sprinkaanbeampte van Sluis
1936Mikro, Toiings
Pelgrims
1939D.F. Malherbe, Saul die worstelheld
Die profeet
1942C.M. van den Heever, Laat vrugte
1945Sangiro, (al sy prosawerk)
1953M.E.R., (al haar prosawerk)
1957Elise Muller, Die vrou op die skuit
1958N.P. van Wyk Louw, (vir kritiese prosa en essay:
Die mens agter die boek
Maskers van die erns
Lojale verset
Berigte te velde
1961F.A. VenterGa naar margenoot7, Swart pelgrim
Geknelde land
1964Etienne Leroux, Sewe dae by die Silbersteins
1970Karel Schoeman, By fakkellig
n Lug vol helder wolke
Spiraal
1973Chris Barnard, Mahala
Duiwel-in-die-bos
1976Anna M. Louw, Kroniek van Perdepoort
1979Etienne Leroux, Magersfontein, O Magersfontein!
1982Hennie AucampGa naar margenoot8, (al sy prosawerk)
1984Henriette Grové, Die kêrel van die Pêrel
1986Karel Schoeman, n Ander land
1989Etienne van Heerden, Toorberg
1992Wilma Stockenström, Abjater wat so lag
1995Karel Schoeman, Hierdie lewe
1998Joubert, Elsa, Die reise van Isobelle
2001André P. Brink, Donkermaan
2004Ingrid WinterbachGa naar margenoot9, Niggie
2007Marlene van Niekerk, Agaat
2010Etienne van Heerden, 30 Nagte in Amsterdam
2013Ingrid Winterbach, Die aanspraak van lewende wesens
2016Willem Anker, Buys

Voor wetenskaplike prosa

1943J. du P. Scholtz, Die Afrikaner en sy taal
1944C. Beyers, Buys

margenoot1


illustratie

J.B.M. Hertzog

margenoot2


illustratie

J.D. du Toit
margenoot3


illustratie

Ernst van Heerden

margenoot4


illustratie

C.L. Leipoldt
margenoot5


illustratie

D.J. Opperman. Foto J.N. Theron
margenoot6


illustratie

André Brink. Foto Chris van Houts

margenoot7


illustratie

F.A. Venter. Foto Jakkie Pretorius
margenoot8


illustratie

Hennie Aucamp
margenoot9


illustratie

Ingrid Winterbach. Foto Andries Gouws


Vorige

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken