Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde, 1966 (1966)

Informatie terzijde

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (1.53 MB)

ebook (3.50 MB)

XML (0.46 MB)

tekstbestand






Genre

sec - letterkunde
sec - taalkunde

Subgenre

tijdschrift / jaarboek


In samenwerking met:

(opent in nieuw venster)

© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde, 1966

(1966)– [tijdschrift] Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde [1901-2000]–rechtenstatus Auteursrechtelijk beschermd

Vorige Volgende

V Verslag aangaande die Republiek van Suid-Afrika over 1965.

Dit is vir ondergetekende 'n genoeë om hiermee die vierde verslag in verband met die lede van die ‘Maatschappij der Nederlandse letterkunde’ in die Republiek van Suid-Afrika aan u voor te lê.

Die ledetal van die ‘Maatschappij’ bedra tans, aan die einde van 1965, een-en-vyftig. In die loop van 1965 het u bestuur besluit om dr. Jan Bouws, van die Universiteit van Stellenbosch, as een van die ‘Maatschappij’ se lede te benoem, 'n besluit wat ongetwyfeld orals met instemming verwelkom is.

Dr. Jan Bouws het in 1965 die graad D. Phil. verwerf met 'n proefskrif oor die musieklewe in die Kaap 1800-1850, en sy verhouding tot die musieklewe van Wes-Europa. Een van die resultate van dr. Bouws se navorsingswerk was dat hy tot die gevolgtrekking gekom het dat die toenmalige inwoners van Kaapstad 'n besonder werksame aandeel in die musieklewe van dié tyd gehad het. Dit stem ooreen met eie waarnemings van besoekers soos Burchell en Latrobe en ontsenu weer een van die talryke kritiese en onjuiste uitsprake van die skrywer Barrow. Dr. Bouws is verbind aan die Instituut vir Volksmusiek aan die Universiteit van Stellenbosch en verrig reeds gedurende 'n groot aantal jare belangrike navorsingswerk op die gebied van die geskiedenis van die musiek in sy nuwe vaderland.

In vergelyking met die voorafgaande jaar het die ledetal met een toegeneem. Word daar op die struktuur van die ledetal in Suid-Afrika gelet dan is, verdeel oor tydperke van toetreding van tien jaar, die beeld soos volg: 1910-1919 ... 1 (Prof. Dr. T.H. le Roux); 1920-1929 ... 3; 1930-1939 ... 5; 1940-1949 ... 9; 1950-1959 ... 23; 1960-1965 ... 10.

Ofskoon die opsteller van hierdie verslag sonder voorbehoud sy goedkeuring bly heg aan die hoë toetredingsvereistes wat die ‘Maatschappij’ ten opsigte van nuwe lede bly handhaaf, is hy tog van oordeel

[pagina 52]
[p. 52]

dat die ledetal in die Republiek vinniger kan en moet uitbrei as tydens die afgelope jare die geval was. Met die grootste vrymoedigheid doen hy ook by hierdie geleentheid weer 'n beroep op u om ernstige aandag aan hierdie belangrike aspek te wy. 'n Groter uitbreiding van die ledetal sal o.i. die kulturele samewerking tussen Suid-Afrika, Nederland en Vlaandere ten goede kom.

In die verlede het die opsteller van hierdie verslag op 'n besonder aangename wyse saamgewerk met dr. J.J. Mak en dit is vir hom 'n genoeë om u te kan meedeel dat die samenwerking tussen hom en mnr. Dirk de Jong, die huidige sekretaris, op dieselfde voet voortgesit word.

Aangaande die Suid-Afrikaanse lede van die ‘Maatschappij’ kan die volgende besonderhede met betrekking tot hul wetenskaplike werksaamhede e.d.m. vermeld word.

Aan dr. Anna J. Böeseken is die Stalsprys vir Kultuurgeskiedenis (1965) deur die ‘Suid-Afrikaanse Akademie’ toegeken vir haar geskiedkundige werk ‘Simon van der Stel en sy kinders’. Van hierdie publikasie het dr. Anna de Villiers in die loop van haar huldigingswoord o.m. getuig: ‘Hierdie werk is 'n uitnemende bydrae tot die Afrikaanse kultuur geskiedenis ... Die werk is die resultaat van 'n metodiese wetenskaplike studie ... Wat die inhoud betref, moet die nadruk gelê word op die nuwe gegewens wat die skryfster ontdek het en wat in haar hande gegroei het tot 'n belangwekkende detailstudie van historiese figure wat in 'n epogale tydsgewrig hul stempel op ons geskiedenis afgedruk het ...’.

Dit spreek vanself dat die jongste werk van dr. Böeseken ook vir Nederland van die grootste belang is. Navorsingswerk is deur die skryfster nie alleen in Suid-Afrika verrig nie, maar ook in die toenmalige Nederlands Oos-Indië en in Nederland.

'n Album wat die geskiedenis van die ‘Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika’ in beeld weergee, is onlangs deur die hoofargivaris van die kerkgenootskap, prof. dr. S.P. Engelbrecht, voltooi.

In Oktober jl. het die Kultuurraad van Pretoria hulde gebring aan prof. dr. T.H. le Roux, gevierde taalstryder en o.m. een van die grondlêers van die Afrikaanse spellingssisteem en een van die opstellers van die ‘Afrikaanse Woordelys’ (1915). Na 'n halwe eeu van diens het prof. dr. Le Roux, wat tydens die genoemde samekoms deur prof. dr. H.J.J.M. van der Merwe gehuldig is, besluit om hom aan die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie te onttrek.

[pagina 53]
[p. 53]

In die jongste uitgave van die Suid-Afrikaanse Akademie se ‘Nuusbrief’ (Desember 1965) is ook melding gemaak van die wetenskaplike werksaamhede van die ruim 86 jarige prof. dr. D.F. du Toit Malherbe wat in 1959 sy bekende werk ‘Driehonderd Jaar Nasiebou’, 'n genealogiese werk, uitgegee het. Binne afsienbare tyd sal 'n uitgebreide heruitgawe van hierdie versamelwerk verskyn.

Kragtens die kultuurverdrag is prof. dr. H.J.J.M. van der Merwe uitgenooi om vanjaar België en Nederland te besoek waar hy o.m. 'n reeks voordragte sal hou. Prof. dr. H.B. Thom se biografie van die Voortrekkerleier Gert Maritz, wat oorspronklik in 1947 verskyn en in 1952 met die Stalsprys bekroon is, sal binnenkort in die vorm van 'n tweede druk verskyn.

Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om u welwillende aandag te vra vir die volgende besonderhede wat aan verskillende publikasies van die ‘Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns’ ontleen is.

Tydens die jongste zitting van die Taalkommissie van die S.A. Akademie is prof. dr. S.P.E. Boshoff as ondervoorsitter gekies, terwyl profe. T.H. le Roux, S.P.E. Boshoff en P.J. Nienaber onderskeidelik as voorsitter en lede van die Kommittee van Taaladvies aan die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (S.A.U.K.) opgetree het. Deur die Akademieraad is prof. S.A. Louw as projekleier van die Instituut vir Naamkunde aangewys. Dr. C. Beyers is een van die komiteelede van die Stigting van Heraldiek en Genealogie.

Van die jongste uitgawes wat deur die S.A. Akademie versorg is, noem ons die bundel ‘Afrikaans Short Stories’, 'n versameling van twintig van die beste Afrikaanse kortverhale wat in Engels vertaal is; die ‘Gedenkboek vir genl. J.B.M. Hertzog’ en 'n nuwe, verbeterde uitgawe van die bekende ‘Afrikaanse Woordelys en Spelreëls.’ Ter viering van die vyftigste verjaardag van die Hertzogprys is die volgende geleentheidsbundels deur die S.A. Akademie uitgegee: ‘Trekkerswee’ (Totius), die ‘Ampietrilogie’ (Jochem van Bruggen) en ‘Die Hertzogprys 50 Jaar’ (P.J. Nienaber).

In die lys van gekeurde Afrikaanse boeke (1964) soos gepubliseer in die S.A. Akademie se ‘Nuusbrief’ van Junie 1965 kom die volgende publikasies van Suid-Afrikaanse skrywers voor wat ook lede van die ‘Maatschappij’ is:

[pagina 54]
[p. 54]

1. Poësie

Opperman, D.J.: Kort reis na Carrara (Bloemlesing).

2. Drama

Beukes, Gerh. J.: Woord en masker: 'n keur uit die Afrikaanse eenbedrywe. (Bloemlesing).

3. Prosa

Klerk, W.A. de: Die laer.

4. Afrikaanse Taalgeskiedenis en Letterkunde

Dekker, G.: Oordeel en besinning.
Grové, A.P.: Letterkundige sakwoordeboek vir Afrikaans
Nienaber, P.J.: Ons taalhelde.
Nienaber, P.J.: Ses digters.

5. Taalkunde

Boshoff, S.P.E.: Taalonderwys: 6 lesings.
Boshoff, S.P.E., Kok, B. en Snyman, F.J.: Kruim en Kors.
Trigardt, Louis: Die dagboek; uitgegee met inleiding, aantekeninge en glossarium, deur T.H. le Roux.

6. Algemeen

Böeseken, A.J.: Simon van der Stel en sy kinders.
Bouws, Jan: Maatgespeel: 'n bundel musiekjoernalistiek.
Scholtz, G.D.: 'n Swart Suid-Afrika.

 

Graag bring ook ons onder u welwillende aandag dat die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (F.A.K.) se erepenning vir voortreflike volksdiens in die loop van 1965 deur prof. dr. H.B. Thom, voorsitter van die F.A.K. en rektor van die Universiteit van Stellenbosch, aan die bekende romanskryfster M.E.R. (mev. M.E. Rothman) oorhandig is. Mev. Rothman is sedert 1950 een van die lede van die ‘Maatschappij’.

Deur die S.A. Akademie is ook 'n lys van Nederlandse boeke vir skoolgebruik (middelbare skole) opgestel wat as 'n handleiding vir onderwysers bedoel is. Altesame is ongeveer 175 werke van Nederlandse en Vlaamse skrywers vermeld. Die lys is gepubliseer in die reeds genoem-

[pagina 55]
[p. 55]

de ‘Nuusbrief’ (Junie 1965) waarin o.m. ook vermeld is dat aan dr. Ernst van Heerden, senior dosent aan die Universiteit van die Witwatersrand as eerbewys vir voortreflike akademiese bekwaamheid die ‘Readers’-toekenning uitgereik is. Dr. van Heerden is sedert 1960 verbonde aan die departement Afrikaans en Nederlands aan die genoemde universiteit.

Die volgende Nederlanders en Vlaminge het, binne die raamwerk van die kultuurverdrae tussen Suid-Afrika, Nederland en België in die loop van 1964 die Republiek besoek: Prof. ir. Th. R. Seldenrath, prof. dr. L. Brummel, mnre. Albert Vogel en A.W.C.L. (Ton) Koot en prof. dr. M.A.G. van Meerhaeghe.

In 1965 is hierdie besoekers o.m. gevolg deur profe. A. Reichling, A.J. Vlerick en W. den Boer. In ander verband maak ons ook graag melding van die volgende Nederlanders wat die Republiek in die loop van 1965 met 'n besoek vereer het. Allereers jhr. dr. P.J. van Winter wat gedurende 'n lang en vrugbare tydperk op velerlei gebied die wedersydse belange van die twee stamverwante lande op 'n voortreflike wyse bevorder het en tweedens mnr. P. Korthuys wat in die verlede 'n aantal jare in Suid-Afrika werksaam was en nog steeds 'n warm belangstelling vir Suid-Afrika aan die dag lê.

Al hierdie en ander voorbeelde getuig van 'n uitermate vrugbare wisselwerking tussen Suid-Afrika, Nederland en Vlaandere.

Hierdie verslag is opgestel aan die vooraand van die tweede eeufees van die ‘Maatschappij der Nederlandse Letterkunde’. Hoe het, gedurende die afgelope eeu, die beeld verander. Wanneer u die gedenkboek naslaan wat by geleentheid van die eerste eeufees deur die ‘Maatschappij’ uitgegee is, dan sal u slegs een lid van die ‘Maatschappij’ in Suid-Afrika teenkom, dié van die vernaamste voorloper van die Nederlandse Taalbeweging in Suid-Afrika dr. Antoine Nicolas Ernest Changuion. Ongelukkig beskik die opsteller van hierdie verslag nie oor voldoende gegewens met betrekking tot latere jare nie, maar dit is bekend dat 'n groot aantal bekende Suid-Afrikaners soos Jan F.E. Celliers, genl. J.B.M. Hertzog, prof. P.G.J. de Vos, dr. G.S. Preller, dr. J.D. Kestell, prof. Johannes Smith, prof. dr. E.C. Pienaar, sen. F.S. Malan en Jochem van Bruggen lede van die ‘Maatschappij’ was. Dit geld ook vir 'n aantal Nederlanders en oud-Nederlanders soos prof. dr. F. Godee Molsbergen, prof. dr. N. Mansvelt, dr. W.J. Leyds, dr. H.P.N. Muller, Frederik Rompel en Frederik Oudschans Dentz wat, elkeen op sy eie gebied, diens ten opsigte van Suid-Afrika gelewer het.

[pagina 56]
[p. 56]

Die band wat die ‘Maatschappij’ tans met Suid-Afrika verbind het, wanneer die ledetal in aanmerking geneem word, ongetwijfeld sterker geword. Mag, in die loop van die jare wat voorlê, hierdie gees van versterking en verstewiging almal bly besiel.

Ontvang ons welgemeende gelukwense met betrekking tot 'n werklik unieke prestasie. Die ‘Maatschappij’ het gedurende twee eeue sy lig laat skyn, getrou gebly aan sy oorspronklike doelstelling en ideale en met behoud daarvan in 'n aanhoudend veranderende wêreld daarin geslaag om nie alleen sy bestaansreg te handhaaf nie, maar ook om sy werksaamhede en ledetal uit te brei. Dit getuig nie alleen van gesonde lewenskrag nie, maar ook van die onwrikbare wil om 'n besondere, selfopgelegde taak tot in lengte van dae te bly uitvoer.

Uit die verte, uit die Republiek van Suid-Afrika, dan nogmaals die hartlikste gelukwense en die allerbeste wensen vir 'n geseënde en besonder vrugbare toekoms.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken