Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Neerlandia. Jaargang 54 (1950)

Informatie terzijde

Titelpagina van Neerlandia. Jaargang 54
Afbeelding van Neerlandia. Jaargang 54Toon afbeelding van titelpagina van Neerlandia. Jaargang 54

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave



Genre

non-fictie

Subgenre

tijdschrift / jaarboek


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Neerlandia. Jaargang 54

(1950)– [tijdschrift] Neerlandia–rechtenstatus Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd

Vorige Volgende
[pagina 8]
[p. 8]

Uit de Zuidafrikaanse bladen

Persoonlijke boodschap

‘Die Burger’ van 20 Dec. 1949 schrijft:

Des te treffender omdat dit onverwags gekom het, was die deel van die verrigtinge op Geloftedag, 16 Desember 1949, waar boodskappe uit die buiteland oorgebring is. Dit het gekom van die regeringe van Groot-Brittanje en Australië, van Afrikaners in Argentinië en van Vlaminge in België, van die Protestantse kerke in Duitsland en van die volk van Nederland. Net soos by die hoegsteenlegging van die Voortrekkermonument jhr. Beelaerts van Blokland die enigste persoonlike gesant van 'n buitelandse regering was, was nou by die inwyding Nederland die enigste land wat deur 'n persoonlike afvaardiging verteenwoordig was. Hierdie feit kenskets die besondere verhouding tussen Suid-Afrika en die land wat die moederland van ons volksplanting was, en die besondere verhouding tussen die Afrikanerdom en die volk wat in oorwegende mate ons stamverwanta is, die Nederlanders.

Die Nederlandse verteenwoordiging in 1938 en in 1949 was uniek omdat, onder al die volke in die wêreld, daar één is wat aan ons verbonde is soos geen ander nie. Wat ook al mag gebeur om verbygaande verwydering te bring, daar groei gras oor; maar wat bly, is die sielsverbondenheid wat dieper as alle staatkundige of ekonomiese verhoudinge gaan, omdat dit in die geheimsinnige dieptes van die bloed gewortel is. Hierdie gevoel het ons volksdigter Totius vir altyd verwoord in die versreëls:

 
'n Fyn mistieke eenheidsband
 
verbind Oranje, Nederland
 
en Afrika, deur alles heen.
 
Hoe ver die golwe ons al omspoel,
 
die diepe hart sar altyd voel -
 
ons is verborge-een.

Dit is die gevoel wat die woordvoerder van die Nederlandse afvaardiging by die inwyding van ons volksmonument, oudminister Van der Leeuw, in sy boodskap vasgelê het:

Ons Nederlanders voel ons blywend met u verbonde, in vreugde en in rou.... Ons wil en ons kan u nie mis nie, en ons hoop dat ons die onsekere toekoms eendragtig tegemoet sar gaan.

Toe die spreker in sy boodskap hom ook van Afrikaans bedien, het hy met die daad die hulde aan ons taal gebring wat hy in woorde betuig het. En toe hy die hoop uitspreek dat die Afrikaners trots is op Nederlands, soos die Nederlanders trots is op die Afrikaanse taal en letterkunde, was hy die tolk van die beste wat daar in albei volke leef. Solank albei vashou aan wat wedersyds hul beste is, en meeleef met wat mekaar se harte die diepste beweeg, sar hulle aan mekaar gee, en vir mekaar wees, wat die Skepper met 'n gemeenskaplike afstamming bedoel het.

Die volgende boodskap is van die Vlaamse volk ontvang: ‘Bewus van die bloed en gees wat Vlaandere en Suid-Afrika saamsnoer soos lote van die een Nederlandse stam, verenig die strydende Vlaandere hom by hierdie geleentheid met die afstammelinge van die boere wat, voortgedryf deur die taaiste lewenswil en die kragtigste vryheidslus die Groot Trek gewaag het om in die verre onbekende gebiede 'n nuwe vaderland te wen.

‘Ook Vlaandere buig hom vandag diep oor die nagedagtenis van Suid-Afrika se helde en spreek die hoop uit dat die reusagtige Voortrekkermonument die poort mag word waardeur die Suid-Afrikaanse volk na die volledige vryheid sal opruk.’

Uit ‘Die Burger’ 4 Jan. 1950:

Radio-program elke aand

Pretoria.-Radio Nederland se program in Afrikaans in die 25-, 51- en 31,28-meterband kan van hierdie maand af elke aand om half nege Suid-Afrikaanse tyd gehoor word.

'n Beroep wordt gedoen op alle luisteraars om te laat weet hoe die ontvangs is. Luisteraars word aangemoedig om voorstelle te doen oor wat hulle graag in hierdie program wil hoor. Briewe kan gerig word aan die Suid-Afrikaanse Afdeling. Wereldomroep, Hilversum, Nederland.

Die program wat hierdie week aangebied word, is Dinsdag: Albumblad, Nederlandse vokaliste, Rubriek vir die vrou en Nederlandse instrumentaliste; Woensdag: Kunskroniek, deur Sheila Cussons; Donderdag: Agter die Afsluitdyk, kykies in die ekonomiese en praktiese lewe, en ligte musiek; Vrydag: ‘Soos ek dit sien’ deur 'n Afrikaner in Nederland, en Nederlandse Kore; Saterdag: ‘Blaaie uit my Hollandse Sketsboek’, deur 'n student en 'n verskeidenheidsprogram; Sondag: Oordenking en musiek: in rustige stemming.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken