Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Neerlandia. Jaargang 59 (1955)

Informatie terzijde

Titelpagina van Neerlandia. Jaargang 59
Afbeelding van Neerlandia. Jaargang 59Toon afbeelding van titelpagina van Neerlandia. Jaargang 59

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave



Genre

non-fictie

Subgenre

tijdschrift / jaarboek


In samenwerking met:

(opent in nieuw venster)

© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Neerlandia. Jaargang 59

(1955)– [tijdschrift] Neerlandia–rechtenstatus Auteursrechtelijk beschermd

Vorige Volgende
[pagina 50]
[p. 50]

Pretoria viert van Riebeeckdag 1955

Vir die tweede keer het ons afdeling tesame met twee ander verenigings Van Riebeeckdag in die Stadsaal van Pretoria gevier. 'n Feeskomitee bestaande uit die Voorsitters en Sekretarisse van die Afrikaanse Kultuur~ raad van Pretoria, die Nederlandsche Vereeniging te Pretoria en van ons afdeling het die aand gereël. Van Riebeeckdag val gewoonlik in 'n skoolvakansie en hierdie jaar was daar vir baie mense slegs een werkdag tussen die feesdag en die lang Paas-naweek wat op Goeie Vrydag begin het, sodat baie Pretorianers met hul gesin 'n week gaan kuier het by familie op 'n plaas of selfs na die kus gegaan het. Tog is hierdie viering weer geslaag. 800 Afrikaners, Nederlanders en Vlaminge het by mekaar gekom op 6 April in die Stadsaal om volgens A.N.V.-beginsel die volksplanting feestelik te herdenk.

 

Die Orties van die Suid-Afrikaanse Lugmag onder leiding van Kaptein H. Philips het die program geopen. Na die gesamelike sing van die Wilhelmus begelei deur Prof. G. Bon op die orrel en deur die Orkes, het ons voorsitter Dr. S.C.H. Rautenbach in sy welkomswoord die noodsaaklikheid beklemtoon van die verspreiding van die A.N.V.-beginsels in Suid-Afrika. Kragtig het die gesamelike sang van ‘Die lied van Jong Suid Afrika’ en ‘Alle man van Neerlands stam’ daarna deur die saal weerklink. Die feesredenaar Prof. Dr. A.J.H. van der Walt, rektor van die Universiteit van Suid Afrika, het gesê, dat ondanks die feit dat die oprigting van 'n verversingspos deur 'n handelsinstelling nie bedoel was om Nederlanders in 'n nuwe vaderland te pleas nie, dit tog daarop uitgeloop het. Mens kan sleds vermoed, wat sou gebeur het, as die volksplanting doelbewus aangepak was deur die Nederlandse staat en nie deur die Kompanjie nie, deur te kyk na die verligte beleid van die Bataafse Republiek van 1803 tot 1806. Uit die degelike werk van Jan van Riebeeck het egter tog die Afrikanervolk gegroei met sy eie taal en eie kultuur en dit is die betekenis van hierdie landing van Jan van Riebeeck en die eerste Nederlandse Immigrante.

 

Die ‘Hollandia Zangers’, die ‘Dameskoor Bel Canto’ en die kinderkoor ‘Klein Bel Canto’ aldrie onder leiding van Mnr. Ton Brandt het met die koor van die Hoërskool Lendenhoven onder leiding van Mev. H.G. Snijman, 'n mooie program aangebied, wat veel to die welslaë van die aand het bygedra. Mnr. Marius Swart het ‘Die gebed van Van Riebeeck’ uit ‘Langs die steiltes’ van Gerhard Beukes verdienstelik voorgedra en Mej. Frances Nel het ‘Afvallige Volk’ van W.E.G. Louw mooi vertolk. Prof. Gerrit Bon het musiek van Sweelinck op die orgel uitgevoer, terwyl die Lugmagorkes die Hollander verras het deur die Grenadiersmars te speel.

 

Die dankwoord namens die drie verenigings is uitgespreek deur Prof. Dr. A. van Seims, die voorsitter van die Nederlandsche Vereeniging te Pretoria. Die feesviering is af gesluit met die sing van ‘Die Stem van Suid Afrika’.

 

K.V.

Praat over mogelijkheden in plaats van over moeilijkheden; dan wordt Uw leven boeiend.
SUCCES

Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken