Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Neerlandia. Jaargang 62 (1958)

Informatie terzijde

Titelpagina van Neerlandia. Jaargang 62
Afbeelding van Neerlandia. Jaargang 62Toon afbeelding van titelpagina van Neerlandia. Jaargang 62

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave



Genre

non-fictie

Subgenre

tijdschrift / jaarboek


In samenwerking met:

(opent in nieuw venster)

© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Neerlandia. Jaargang 62

(1958)– [tijdschrift] Neerlandia–rechtenstatus Auteursrechtelijk beschermd

Vorige Volgende
[pagina 8]
[p. 8]

Drie Skepe één doel

Op 6 april 1652 land Jan van Riebeeck met drie skepies die Reyger, die Goede Hope en die Drommedaris, en 116 mans en hulle gesinne vanaf die Nederlande, na 'n vaart van 104 dae, op die strand van die Kaap van Goeie Hoop aan die voet van Tafelberg aan die Suidhoek van Afrika.

 

Die volksplanting was die genesis van 'n nuwe Afrikaanse Volk, 'n nuwe Afrikaanse Taal, en 'n nuwe Wes-Europese Kultuur op die Vasteland van Afrika. Die gebeurtenis het gelei tot die ontginning en ontwikkeling van die velerlei reusagtige stoflike en geestelike rykdomme van die Suidhoek van Afrika.

 

Die drie skepe in 'n sirkel, simbool van lotsverbondenheid, versier die buiteblad van Neerlandia, die maandblad van die Algemeen Nederlandse Verbond. In die seile van die skepies pryk drie letters, A.N.V.,, die beginletters van die Verbond, maar ook die van Afrika, Nederland en Vlaanderen.

 

Drie woorde betekenen oneindig veel. Met opregte vreugde en groot dankbaarheid word die geleentheid verwelkom om in die jubileumnommer die A.N.V. van harte geluk te wens met sy sestigjarige mylpaal en die prestaties bereik op die pad.

 

Vreugde omdat die skepie, wat Suid-Afrika simboliseer, saam met die Nederlandse en Vlaamse skepie die selfde koers mag stuur op pad na verweseliking van 'n grootse ideaal; die nouere en blywende verbondenheid tussen drie lande, wat één gemeenskaplike stam besit en gemeenskaplik hulle grootste heil kan bevorder.



illustratie

Dankbaarheid, omdat die drie skepies, ondanks die storme, wat hul het deurstaan, koers kon hou en saam kon bly.

Die groot Suid-Afrikaanse digter, Totius, sing in een van sy gedigte die lof van die fyn geheimsinnige band, wat Nederland en Suid-Afrika verenig. Die A.N.V. gaan verder en strewe nie alleen na 'n innige band tussen Nederland en Suid-Afrika nie, maar na die alomvattende band tussen Nederland, Suid-Afrika en Vlaanderen.

 

Sestig jaar gelede het die A.N.V. sywerksaamhede begin. Die roepstem van die Verbond het weerklank gevind in Suid-Afrika, die honderde lede van die A.N.V. in Suid-Afrika bewys dit en hun aantal groei nog altyd.

Wat mag tog die bindende suurdeeg wees, waardeur lande met so'n uiteenlopende

[pagina 9]
[p. 9]

levensbeskouwing, volksaard en geloof saam gesnoer kon word. Die drie letters op die blink seile van die drie skepies mag op hierdie vraag 'n antwoord kan gee.

A staan vir Afkoms; Afrikaners en Vlamings is lote van eenselfde stam, die Nederlandse N staan vir Nederlands, die stamtaal van al ons drie lande. En V? V is die Volkstrots, wat gemeengoed is van al drie lande, die geregverdigde trots op eie land en volk, op eie prestaties.

 

Drie skepies het sestig jaar gelede uitgeseil; die Afrikaanse skip, die Nederlandse skip en die Vlaamse skip.

Die blink seile het geskitter in die son, die windjie het die viae laat wapper, die koers het reg vooruit gelê, na die blou horisonte van die Goede Hoop.

Maar nog nie een jaar later nie het die wrede oorlogsstorm die Afrikaanse skepie swaar geteister. Met dankbaarheid denk mens vandag nog terug aan die hulp, wat van die Nederlandse en die Vlaamse skepie verkry is.

 

Swaar storme het ook in later jare die Vlaamse en Nederlandse skepies moet verduur. Soms het dit gelyk of die storme al drie skepe vir altyd uit hulle gesammenlike koers wou slaan. Maar altyd weer het die drie skepies teruggeval op hul oue koers, die strewe onwrikbaar gerig op dieselfde doel. Nou, na sestig jaar, ry hulle weer saam, boeg naas boeg, die vrye viae wapperend in die wind. Nog is die see onstuimig, nog hang die donker noodlotswolke dreigend bô die wit seile. Maar met die Almag van ons Geloof, wat ons seilnaald is, met die Nasiosnale trots, wat die seile laat swel, en die Volkstrou, want die roer omklem, sal die skepe sy aan sy die storme kan doorstaan.

 

In die Groot Boek oor die Lewe van die Volk Israël en die Liefde van die Skepper deel die Groot Meester mee hoe ’as 'n mens die geloof besit van 'n mosterdsaad berge kan versit word’. Die Apostel Paulus vertel wat alles deur die Geloof in die geskiedenis van Israël bereik is.

 

Van die Geloof en Prestaties kan die drie skepies A.N.V. van Neerlandia ook getuig.

'n Mylpaal is afgelê op die lang skof na die verre horisonte van die uiteindelike bestemming, die kuslyn van die Land van die Goede Hoop.

Sestig jaar het die A.N.V. die storme en golwe getrotseer. Vanjaar 1958 word die bestek opgemaakt en die koers ingeslaan na die volgende mylpaal.

 

Mag die drie skepies, wat die Algemeen Nederlands Verbond simboliseer, met 'n eendragtiglike koers na die groot bestemming van gemeenskaplike samewerking op alle terreine voortvaar.

 

Ons kan dan die Suid-Afrikaanse digter Langenhoven inskakel:

Op U almag vas vertrouend het ons vadere gebou:

 
Skenk ook ons die krag, o 'Here! om te handhaaf en te hou
 
Dat die erwe van ons vaad're vir ons kindere erwe bly
 
Knegte van die Allerhoogste, teen die wereld vry.
 
Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer -
 
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.’


illustratie
Dr. F.E. Geldenhuys,
Aambassadeur van Suid-Afrika



Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken