Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Neerlandia. Jaargang 65 (1961)

Informatie terzijde

Titelpagina van Neerlandia. Jaargang 65
Afbeelding van Neerlandia. Jaargang 65Toon afbeelding van titelpagina van Neerlandia. Jaargang 65

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave



Genre

non-fictie

Subgenre

tijdschrift / jaarboek


In samenwerking met:

(opent in nieuw venster)

© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Neerlandia. Jaargang 65

(1961)– [tijdschrift] Neerlandia–rechtenstatus Auteursrechtelijk beschermd

Vorige Volgende

Afrikaanse Poësie vir die Nederlandstalige

‘Poetry should be read as poetry and not as any other thing’.

 

Met hierdie uitspraak van T.S. Eliot het die literatuurwetenskap dit die afgelope dekades in toenemende mate eens geraak. Poësie word deur goeie lesers daarom ook nie meer gelees as 'n openbaarmaking van die privé-lewe van die digter nie, ook nie as betoog waarin die digter sy mening oor godsdiens, politiek ens. te kenne gee nie. Die digter lê beslag op 'm wêreld, hy lê nie verslag daarvan af nie. Of, anders gestel: die digter skep 'n fiktiewe wêreld waarin verskynsels met mekaar saamlewe omdat hulle struktureel met mekaar saamhang.

Dat die gedig 'n fiktiewe wêreld is, wil natuurlik nie sê dat hierdie wêreld geen verband toon met ons alledaagse werklikheid nie. Die digter kan hom nie aan die voorwaardes van uur en feit onttrek nie, nes alle gewone sterwelinge bevind hy hom in 'n bepaalde tydperk en op 'n bepaalde deel van hierdie aarde. Hy is selfs meer gebonde as die komponis of selfs as die skilder. Want uit die aard van sy artistieke bedryf gebruik hy woorde, met name die woorde van sy taalgenote. Sodat hy hom onvermydelik moet onderwerp aan die stel konvensies waaraan die taal sy kommunikatiewe funksie te danke het. Dit wil dan ook sê dat daar met dieselfde waarde

[pagina 30]
[p. 30]

oor dieselfde sake gepraat word deur die digter en deur die gewone taalgebruiker. Maar waar die gewone taalgebruiker die lewe om hom met hierdie benoemde sake wil bereik, daar sonder die kunstenaar hierdie benoemde sake af in 'n wêreld waarvan hy self die omvang en die samehang moet bepaal.

 

Hierdie afsondering wil dus hoegenaamd nie sê dat die kunstenaar hom met sy kunswerk aan die wêreld onttrek nie. Selfs die romantici, die wêreldvreemdes, die vlugtelinge onder die digters moet, ondat hulle woordegebruik, rekenskap aflê van die stukkie wêreld waaruit hy sy klein wêreld wil saamstel. Maar op die oonblik is dit tog nie hierdie eksklusiewe digters wat dit beste en die belangrikste poësie maak nie. Die belangrikste hedendaagse digters is nie ivoortoring-wagters nie, hulle is op straat tussen die mense. Hulle wil nie alleen van die mooi dinge in die lewe hulle kunswerke saamstel nie, hulle wil àlles daarin betrek. ‘Om die hele gespanne web van die werklikheid in 'n ewe gespanne kuns te weerspieël: dit is die hoë ideaal wat bokant alle poësie staan’, skryf die Afrikaanse digter N.P. van Wyk Louw.

 

En die digter wat die héle werklikheid wil aandurf, hy kan geen eklektikus, ook geen puris wees in sy taalgebruik nie. Hy is nie te deftig vir die banale, nie te geleerd vir die gewone woord nie. Hy het 'n doodsvrees vir alles wat ‘verliteratuurd’ is, hy soek die taal op daar waar hy sy eintlike lewe voluit leef: in die spreektaal.

Tot hierdie ‘sprekende skrywers’ behoort die twee grootste digters wat die Afrikaanse literatuur tot dusver opgelewer het: N.P. van Wyk Louw, ons grootste digter uit die jare dertig wat trouens nog altyd veelsydig en steeds evoluerend aktief is; en D.J. Opperman, ons grootste digter uit die jare veertig wat eweneens tot op datum bedrywig is. En hoewel ons nou saamstem met T.S. Eliot dat die poësie in die eerste plek as poësie gelees moet word, wil ek tog twee bykomstige ‘waardes’ van inklusiewe poësie soos dié van Van Wijk Louw en Opperman hier byhaal.

 

Omdat hierdie twee digters in die eerste plek so volledig beslag lê op die Afrikaanse taal, kan 'n mens hulle poësie óók lees om vas te stel hoe breed en hoe diep die stuk wêreld is wat 'n mens met hierdie jong taal kan ooppraat. Tweedens: omdat albei hierdie digters strewe na 'n so volledig moontlike verkenning van die wêreld - en dan spesiaal die Suid-Afrikaanse wêreld - kan 'n mens hulle poësie ook lees uit nuuskierigheid na die wyse waarop hierdie in baie opsigte so problematiese Suid-Afrikaanse wêreld daar uitsien; en in 'n sekere sin is goeie poësie dan betroubaarder as 'n koerantberig, eenvoudig omdat 'n goeie gedig nie iets na buite toe wil vertel of bewys nie, maar dit in die gedig waar wil maak. De goeie gedig wil diagnoseer, hy wil geen reklame maak nie en hy wil ook geen stemming kweek nie.

 

Ek kan hierdie stellings nie uitvoerig waarmaak met sitate uit die betrokke poësie nie. Dit is gelukkig vir die Nederlandstalige leser moontlik om dit self te kontroleer in twee bundels wat verlede jaar by die Amsterdamse uitgewer G.A. van Oorschot die lug gesien het: 'n Keur uit die gedigte van N.P. van Wyk Louw en 'n Keur uit die gedigte van D.J. Opperman.

 

Albei bundels is omvangryk en laat reg geskied aan die kwaliteit en die verskeidenheid van hierdie poësie. En albei is voorsien van uitvoerige woordverklarings wat die Nederlandstalige bystaan op dié plekke waar sy Nederlandse taalkennis en taalgevoel by die interpretasie te kort skiet.

S.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken