Skiplinks

  • Hoofdcontent
  • Subnavigatie
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Neerlandia. Jaargang 97 (1993)

Informatie terzijde

Titelpagina van Neerlandia. Jaargang 97
Afbeelding van Neerlandia. Jaargang 97Toon afbeelding van titelpagina van Neerlandia. Jaargang 97

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave



Genre

non-fictie

Subgenre

tijdschrift / jaarboek


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Neerlandia. Jaargang 97

(1993)– [tijdschrift] Neerlandia–rechtenstatus Auteursrechtelijk beschermd

Vorige Volgende

Neerlandia. Jaargang 97


auteur: [tijdschrift] Neerlandia


bron: Neerlandia. Jaargang 97. Algemeen-Nederlands Verbond, Den Haag / Brussel 1993


verantwoording

inhoudsopgave

doorzoek de hele tekst


downloads

© 2013 dbnl


DBNL vignet


 i.s.m.  logo funder
[p. 178]

Duisende kilometers van huis
'n Nederlandse ervaring deur 'n Suid-Afrikaanse student

'n Land van groen weivelde, baie water en aardgas. Alles vreemdighede vir 'n Suid-Afrikaanse student wat vir die eerste keer haar voete buite Afrika neersit. Maar ook 'n onvergeetlike ervaring.

 

Deur die toedoen van die Genootskap Nederland Suid-Afrika is 24 studente die geleentheid gebied om die land van hul voorvaders beter te leer ken. 'n Toer (20 Junie tot 17 Julie) wat skrille kontraste teen Suid-Afrika uitgewys het, maar ook talle raakpunte is geidentifiseer.

 

Kom ek verduidelik eers my openingsin:

⋆Groen weivelde - in Suid-Afrika was dit winter en alle plantegroei is vaal en geel, doodgeryp van die koue;
⋆Baie water - groot dele van Suid-Afrika gaan gebukkend onder die droogte en gragte in enige dorp of stad is ondenkbaar;
⋆Aardgas - in Suid-Afrika word gas as bron van krag geassosieer met plekke wat te afgeleë is om elektriese toevoer te ontvang. Ons het egter geleer dat dit 'n baie ekonomiese kragbron is en dat Nederland omtrent so goed doen met uitvoer van gas as wat ons goudproduksie ons in die sak bring.

 

Om in 'n vreemde land, duisende kilometers van jou huis af, in jou moedertaal te kan kommunikeer, en verstaan te word, is 'n onwerklike ervaring. 'n Paar Nederlanders het aanvanklik gedink ons probeer Nederlands praat en het oorgeslaan Engels toe, maar oor die algemeen was kommunikasie geen probleem nie.

 

Die verskille in die twee tale het weliswaar tot 'n paar misverstande gelei - vir 'n Afrikaner is ‘stap’

illustratie

Een deel van de groep studenten. Uiterst links Renate De Bruyn.


om te ‘kuier’ en ‘kuier’ om gesellig saam te verkeer. Van die Afrikaanse woorde het ook bekoring vir Nederlandse gasouers ingehou. In Groningen was ek bekend as ‘Prenki Prenki’ ('n ‘prentjie’ is die Afrikaanse woord vir ‘plaatje’).

 

Wat veral opgeval het, is die seksuele vryhede in Nederland. Amsterdam is as ongelooflijk dekadent ervaar vir die meeste studente. ‘Sex Shops’ en openlike prostitusie is ongekend in Suid-Afrika. Sensuur, wat ons voorheen as negatief ervaar het, is nou vir ons 'n pluspunt in Suid-Afrika.

 

Nederland se kultuur spreek uit die talle besienswaardighede en geboue wat eeue gelede gebou is. Suid-Afrika, as 'n jong land, se strukture is jonk in vergelyking daarmee. Die weelde in die katedrale, die Koninklike paleis en museums, was 'n verrykende ervaring en het ons baie geleer oor die geskiedenis.

 

Ten spyte van al die verskille, het die Nederlanders ons met ope arms verwelkom en die gasvryheid was oorweldigend. Ons het gesels en geredeneer; oor politiek, taal en studies.

 

Nuwe insigte is verkry en beter begrip het daaruit gevloei.

Van Nederland kan ons baie leer.

 

Ook het ons baie van mekaar geleer. Die studente het van regoor Suid-Afrika saamgekom om vir vier weke lank saam te leef, te werk, te lag en te kuier. Beter begrip is hier ook gekweek en verskille is opgelos.

 

Die slotsom van 'n heerlike toer kan as volg saamgevat word: Daar is hoop vir 'n nuwe Suid-Afrika en daar is hoop vir Afrikaans as taal. Ons vriende in Europa glo daarin, waarom dan nie ook ons nie?

 

Renate De Bruyn Potchefstroom


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken