Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1932 (1932)

Informatie terzijde

Titelpagina van Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1932
Afbeelding van Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1932Toon afbeelding van titelpagina van Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1932

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (4.45 MB)

Scans (11.72 MB)

XML (0.66 MB)

tekstbestand






Genre

proza

Subgenre

tijdschrift / jaarboek


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Die nuwe brandwag. Tydskrif vir kuns en lettere. Jaargang 1932

(1932)– [tijdschrift] Nuwe Brandwag, Die–rechtenstatus Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd

Vorige Volgende
[pagina 48]
[p. 48]

Die Voortrekkers-Gedenkteken vir 1938.

'n Volk put sy inspirasie uit sy verlede. Daar is etlike maniere waardeur die kennis van die verlede aan 'n volk meegedeel kan word. Die hoofbronne waardeur ons die verlede te wete kan kom, is deur vertellinge, deur boekekennis en monumente. Vertellinge is dikwels onbetroubaar, boeke is vir 'n groot deel van die volk onbereikbaar. Dog 'n monument spreek tot die siel van elke landseun en dogter. Dit vertel aan die besoeker uit die vreemde dat hy voor die heiligdom van 'n ander volk staan. Hy voel dat hy hier te doen het met 'n volk wat 'n verlede en 'n ideaal vir die toekoms het, want monumente spreek van lyding, van heldemoed, van opoffering, van verguising, van idealisme en vertroue in die toekoms.

'n Land sonder monumente is soos 'n huis sonder die portrette van die voorgeslag. Die band met die verlede is gebreek. Die toekoms word sonder enige inspirasie tegemoet gegaan. Daar is niks om trots op te wees nie, en eerlang begin 'n minderwaardigheidsgevoel ontwikkel wat lei tot aanbidding en verheerliking van die grootheid van die vreemde, want die mensesiel soek altyd iets om te verheerlik.

Die aanskoning en relikwieë uit 'n lydenstyd, die aanhoor van die vaderlandse Volkslied, die luister na die wapperklank van die volksvlag laat die bloed vinniger pols en bring 'n heerlike, onbeskryflike gevoel wat die siel verwarm, trots en ywerig maak.

'n Volk moet sy geskiedenis in beeld vaslê, in onverganklike rots en brons wat die eene sal trotseer. Dis ondenkbaar dat so'n aanskoulike voorstelling van die verlede die jeug nie sal inspireer tot dade van offervaardigheid, en nie innerlike grootheid sal aankweek nie. Dis ons plig en ons voorreg om vir die minderbevoorregtes die geskiedenis van die verlede te verduidelik in woorde wat net vir een uitleg vatbaar is. Dis die dank wat ons die voorgeslag vir hul onkreukbare trou bring.

Die Afrikaanse nasie het twee beroemde tydperke in hulle volksbestaan t.w. die Voortrek en die Vryheidsoorloë. Die jongste tydperk sal ons aan 'n latere nageslag oorlaat wat daardie volksopofferinge en die indiwiduele kordaatstukke van helde en martelare in 'n volksgedenkteken kan verewig.

Op ons rus tans die plig om die eerste tydperk in klip en brons te verewig. Byna 100 jaar het verloop, en gevoelens van vooroordeel het in dié tydsruimte weggedein, sodat slegs groot dade en persone soos onwankelbare rotse uitsteek. Dis uit hulle wat ons ons inspirasie vir die onbekende weë van die toekoms wil gaan put. Dog soos dit met al die volkere gaan, is daar slegs 'n deel van die volk wat die bakens raak kan sien, en om te voorkom dat die origes sonder aanstuurplek sal lewe, of die verkeerde weë sal opgaan, moet ons nou die monument bou wat die hele Voortrek sal omvat.

Die Voortrek was 'n unieke daad, die Geus- en Hugenoot-voorvadere waardig. By die vryheidsdrang, wat die dryfveer van die Trekkers was, het wreedaardige moorde en roemryke veldtogte gekom, en sodoende luister en grootheid by die daad gevoeg. Hoeveel kleiner en onbeduidender sou die Groot Trek nie gewees het nie sonder taferele soos dié van Bloukrans, Bloedrivier, Vegkop, en soos manne soos Retief, Maritz, Celliers, Dirkie Uys, e.a.

[pagina 49]
[p. 49]

As ons nou 'n Voortrekker-walhalla bou waarin ons deur middel van basreliefs taferele uit ons heldegeskiedenis in brons verewig, dan het ons 'n geskiedenisboek waar die jeug hulle hart aan kan ophaal; waar die digter van die toekoms besieling sal gaan soek; dan het ons 'n boek waar die vreemdeling in die taal van brons ons ideaal sal lees.

Laat ons tans die gevormde voornemens saamsmelt; laat ons die afsonderlik ingesamelde fondse byeenvoeg en ons huldig in een heiligdom die nagedagtenis van 'n dappere Dirkie Uys, 'n onselfsugtige Gerrit Maritz, 'n blanke, opregte Pieter Retief, en 'n diepsinnig godvrugtige Sarel Celliers.

Ons laat in brons herleef die Voortrekkerskooltjie wat die Boer so getrou soos sy skaduwee gevolg het; ons tower in beeld die godsdienstige samekomste onder leiding van Eerw. Erasmus Smit om aan die nageslag te wys dat dit die Afrikaner se godsdienssin was wat ons blank en beskaaf gehou het.

Ons skep die toneel waar mevr. Erasmus Smit en honderde opgewonde vrouens in Pietermaritzburg vir Cloete gesê het dat hulle liewer kaalvoet die Drakensberge sal oorstap as om hulle vryheid prys te gee - 'n tafereel wat prominent geplaas word, want die vryheidsliefde is die edelste eienskap wat in 'n volk leef.

Die laerlewe, die oortog oor die Drakensberge, die moord by Weenen, die slag van Bloedrivier is almal bedrywe in die groot drama. Daar is nog talle van ongenoemde helde en heldhaftige dade wat op uitbeelding in die Voortrekker-walhalla wag.

Is daar so'n ontaarde Pretorius, Potgieter, Celliers, Retief, Landman, De Lange, Uys in Suid-Afrika wat nie graag sal wil bydra tot die oprigting van 'n gedenkteken vir sulke gevierde name nie? In Suid-Afrika is daar nie sulke mense nie.

Ons pelgrimstogte moet na ons gedenktekens lei, en daar moet ons krag en besieling kry; by die opkyk na ons volksvlag en by die aanhoor van ons volkslied moet ons nasietrots opgewek word.

Ons wil 'n monument hê wat die vryheidsdrang van die Voortrekker weerspieël. Eenvoudig, vors, indrukwekkend soos die stoere voorvadere self was, so moet ook die monument wees. Ons wil daarin weerspieël sien die moeilikhede wat hulle oorwin het, die ideale wat hulle gekoester het. By die aanblik daarvan wil ons inspirasie ontvang; tegelykertyd dat dit ons 'n soet streling verskaf, wil ons hê dat ons bloed sal opbruis om ons tot dade aan te vuur.

 

J.J. SCHEEPERS, Sekretaris,

Sentrale Volksmonumente-Komitee.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken