Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Ons Erfdeel. Jaargang 13 (1969-1970)

Informatie terzijde

Titelpagina van Ons Erfdeel. Jaargang 13
Afbeelding van Ons Erfdeel. Jaargang 13Toon afbeelding van titelpagina van Ons Erfdeel. Jaargang 13

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave



Genre

proza
sec - letterkunde

Subgenre

tijdschrift / jaarboek


In samenwerking met:

(opent in nieuw venster)

© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Ons Erfdeel. Jaargang 13

(1969-1970)– [tijdschrift] Ons Erfdeel–rechtenstatus Auteursrechtelijk beschermd

Vorige Volgende

Die Sanlam-versameling.

‘Sanlam’ staan vir ‘Suid-Afrikaanse Nasionale Lewensassuransiemaatschappy’. Die Sanlam-kunsversameling, wat reeds as een van die belangrikste versamelings in Suid-Afrika beskou word, is slegs 'n paar jaar oud. Vyf-en-vyftig stukke, ongeveer een-derde van die Versameling, is onlangs uitgesoek en in Pretoria en Kaapstad vertoon.

 

Toe die Versameling begin is, was die doel om die kantore van die direksie en personeel te versier en die publiek daarin te laat deel deur sekere skilderye op die maatskappy se jaarlikse kalenders te laat afdruk. Soos dr. Bokhorst, Direkteur van Kaapstad se Nasionale Kunsmuseum, dit in die inleiding tot die katalogus stel: ‘Elke afsonderlike kunswerk moes dus “iets te sê” hê vir die persone wat in die betrokke kantoor werk, asook vir hul besoekers. Gevolglik is daar meesal werke van ouer, bekende en algemeen gewaardeerde kunstenaars aangekoop.’

 

Frans Oerder (1867-1944), Hollander van geboorte, word as die ‘Vader’ van skilderkuns in Suid-Afrika beskou en dit is daarom goed dat sy kuns - portret, landskap en stillewe - verteenwoordig is. Van hom is daar tekeninge en olieverfskilderye, maar die mooiste stuk is ongetwyfeld ‘Stillewe’, 'n ruiker fyn Hollandse veldblommetjes in 'n swaar eenvoudige koperpot teen 'n donker agtergrond.

 

Oerder is in Rotterdam gebore en het as jong man vir 'n paar jaar na Suid-Afrika gekom. Vir dertig jaar was hy weer in Europa, hoofsaaklik in Holland, maar het sy laaste jare in Suid-Afrika deurgebring en is in Pretoria oorlede.

 

'n Suid-Afrikaanse kunstenares wie se faam buite haar landsgrense gestrek het, is Irma Stern (1897-1966) Van haar is daar verskeie werke in die Versameling maar die uitstaande is die portret ‘Maleiermeisie’, waarin bruin, geel, groen en rooskleurtinte oorweeg. Die Maleierbevolking het vir Irma Stern en vir ander Suid-Afrikaanse kunstenaars meermale geïnspireer. 'n Ander kenmerk van die Versameling, waarin Suid-Afrika se voorste kunstenaars deur hul beste werke verteenwoordig word, is ook dat die onderwerp dikwels tipies Suid-Afrikaans is.

 

Neem nou maar vir Pierneef. Jacob Hendrik Pierneef (1886-1957) het op aanmoediging van Oerder kunsopleiding aan die Rotterdamse Akademie gaan geniet. Hy was landskapskilder, ook nie net skilder van die Suid-Afrikaanse landskap in die algemeen nie, maar veral van dié van die Laeveld van Transvaal en die omgewing van Pretoria. ‘Landskap met Berge’, 'n olieverfskildery in sy vroeë styl waaruit sy bewondering vir Hugo Naudé, 'n ouer landskapskilder blyk, en ‘Plaas naby Derdepoort’ in die kenmerkende Pierneef-styl is daarom baie mooi

illustratie
Walter Battiss het in 1964 die Erepenning van die Akademie ontvang en is 'n Suud-Afrikaanse kunstenaar wat geruime tyd reeds in die buiteland erkenning geniet. Die twee-dimensionele neiging en helder kleur verleen 'n sterk dekoratiewe karakter aan sy werk. Hiervan is ‘Aandmark in Afrika’, 'n olieverf - skildery 50×50 cm groot, 'n goeie voorbeeld.


toevoegings tot die Sanlam-versameling.

 

Van Hugo Naudé (1869-1941) is daar 'n gevoelvolle landskappie uit die Bolandse omgewing van Worcester waar die kunstenaar lewenslank gewoon het, getitel ‘Breërivier’.

 

Volschenk (1853-1936), Suid-Afrika se eerste professionele kunstenaar, was ook 'n Bolandse boerseun wat by uitstek die landskap van sy omgewing geskilder het, aanvanklik in die donker kleure en romantiese gees van die negentiende eeuse Europese skildertradisie. Die Sanlam-landskap ‘Uitsig langs die Vetrivier’ is 'n baie goeie voorbeeld van sy vroeë styl, voordat hy in Europa die werk van die Impressioniste leer ken het en sy palet ligter geword het. 'n Mens sou graag ook 'n later Volschenk, in sy kenmerkende styl, hiernaas vertoon wou sien.

 

Nà Oerder, Volschenk, Naudé en Pierneef volg daar in die Suid-Afrikaanse kuns ander landskapskilders. 'n Mooi Kaapse landskap van die Hollands-gebore Pieter Wenning sou die Versameling baie verryk. Nietemin, deur die landskappe wat wel vertoon is - soos ‘Maan en Skaduwees’ van Bertha Everard (1873-1965), ‘Umdonipark, Suidkus, Natal’ van Edward Roworth (geb.

[pagina 125]
[p. 125]


illustratie
Maleier-meisie van Irma Stern, 'n olieverfskildery 59×49 cm. groot, is in bruin, geel, groen en rooskleurtinte uitgevoer en is een van die mooiste stukke in die Sanlam-versameling.


1880), ‘Constantia-landskap’ van Enslin du Plessis (geb. 1894), die landskappe van Gregoire Boonzaier (geb. 1909) en van Paul du Toit (geb. 1922) onderskeidelik, en ‘Bok in die Veld’ van Gordon Vorster (geb. 1924) kon die besoeker aan die tentoonstelling hom 'n sketsmatige idee van die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse skilderkunstradisie in hierdie genre vorm, deur die stylrigtings van die Realisme, die Impressionisme en die Ekspressionisme soos in gewysigde vorm hier te lande beoefen. Met hulle individuele style het kunstenaars ook tot genoemde stylrigtings bygedra in hulle uitbeelding van tonele langs die Suid-Afrikaanse kus, by die hawens, uit die lewe van die vissersgemeenskap. In dié verband is voorbeelde in die Versameling baie interessant, soos ‘Ou Kaapse Visser’ van Dorothy Kay (1886-1964), ‘Durban-landskap’ van Clement Seneque (1897-1930), ‘Vishawe, Kaapstad’ van Alfred Krenz (geb. 1899), ‘Vissersmense’ van Maurice van Essche (geb. 1906), ‘Onrusrivier’ van Francois Krige (geb. 1913), ‘Huisies by Arniston’ van Terence McCaw (geb. 1913), en ‘Vissersdorp, Waenhuiskrans’ van Marjorie Wallace (geb. 1925).

 

Skilderye soos ‘Skemer’ ook van Maurice van Essche, ‘Terugkeer van die Myne’ van Nerine Desmond (geb. 1908), ‘Blommeverkoopsters’ van Eleanor Esmonde-White (geb. 1914), ‘Perde-oefening’ van Carl Büchner (geb. 1924), en ‘Sinjaalman en Ertstreine’ van Alexander Podlashuc (geb. 1930) - is tonele tipies van Suid-Afrika.

 

Die Inboorling het sedert Frans Oerder se dae sy ikonografiese plek in die Suid-Afrikaanse kuns en twee mooi voorbeelde in die Sanlam-versameling is ‘Naturellekop’ van Fritz Krampe (1913-1966) en ‘Hereros’ van Otto Schröder (geb. 1913).

 

Nà Frans Oerder het heelwat Suid-Afrikaanse kunstenaars met mooi stillewes voor die dag gekom. Die mooistes van Sanlam is seker ‘Twee Potte’ van Florence Zerffi (1882-1962), ‘Proteas’ van Alice Tennant (geb. 1887), ‘Stillewe met Rooi Blom’ van Jean Welz (geb. 1897) en ‘Suurlemoene’ van Frank Spears (geb. 1906). Die dekoratiewe ‘Proteas’ van Pranas Domsaities (1880-1965) is 'n verdienstelike stillewe, maar 'n mens sou baie graag hierdie kunstenaar ook deur een van sy tipiese Karoc-landskappe in die Sanlam-versameling verteenwoordig wou sien.

 

Dat Sanlam se keuse nie net tot tradisionele kuns beperk is nie, blyk uit 'n paar stukke van kontemporêre kunstenaars soos ‘Opdrag’ en ‘Aandmark in Afrika’ van Walter Battiss (geb. 1906) en ‘Reverie Bleue’ van Maud Sumner (geb. 1902) waarin 'n sterk neiging tot die dekoratiewe en nie-figuratiewe voorstelling bespeur kan word. Beide hierdie kunstenaars se faam het reeds verby Suid-Afrika se landsgrense gesprei.

 

Hoewel die Versameling gekritiseer is omdat belangrike Suid-Afrikaanse skilders nog nie met goeie voorbeelde van hul kuns daarin verteenwoordig word nie, moet onthou word dat die Versameling steeds deur nuwe aankope aangevul word, wat in die toekoms hopelik ook beeldhouwerk sal insluit sodat die beeldende kunste in Suid-Afrika volledig gedek sal word.

Riena van Graan



illustratie
Jean Welz se Stillewe met Rooi Blom is onder andere op die Sanlam-kalender vir 1969 afgedruk en het sodoende aan baie mense groot genot verskaf. Dit is 'n olieverfskildery, 39×50 cm. groot. Jean Welz is tans een van Suid-Afrika se mees gesogte kunstenaars. Die Erepenning vir skilderkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns is onlangs aan hom toegeken.



Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken