Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Raster. Jaargang 5 (1971-1972)

Informatie terzijde

Titelpagina van Raster. Jaargang 5
Afbeelding van Raster. Jaargang 5Toon afbeelding van titelpagina van Raster. Jaargang 5

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave



Genre

proza
poëzie

Subgenre

tijdschrift / jaarboek


In samenwerking met:

(opent in nieuw venster)

© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Raster. Jaargang 5

(1971-1972)– [tijdschrift] Raster–rechtenstatus Auteursrechtelijk beschermd

Vorige Volgende
[pagina 563]
[p. 563]

Jehuda Amichai
Breyten Breytenbach
Vasko Popa
Edoardo Sanguineti
Made in Holland
Voor Octavio Paz

Om van stiltes 'n ketting te maak

 

Renga: poème qui s' efface à mesure qu'il s'écrit, chemin qui s'annuele et ne veut conduire nulle part. Rien ne nous attend au bout: il n'y a pas de fin, pas plus qu'il n'y eut de commencement. Tout est chemin.

Octavio Paz

- ‘L'art du renga n'est pas l'art de composer des poèmes, ou des strophes d'un poème, mais un exercice du coeur pour pénétrer le talent et la vision d'un autre.’

- ‘Tous les arts ne se composent de rien d'autre que de ce que l'on traduit du coeur des choses dans son coeur.’

- ‘Suivre sa propre pente, ce n'est pas ainsi que l'on pourra é prouver le sens indéchiffrable d'autrui.’

du Sasamegoto de Shinkei, comme traduit par Jacques Roubaud

 

‘I'll get high with a little help from my friends.’

Ringo Starr

 

Die eerste twee aanhalings is uit 'n boek met die titel ‘Renga’ wat vroeër vanjaar by Gallimard verskyn het. Die vier outeurs - Octavio Paz, Jacques Roubaud, Edoardo Sanguineti en Charles Tomlinson - beskou en beskryf die bundel as één lang gedig. Renga beteken, volgens Roubaud, ‘gekoppelde of gekettingde verse, kettingverse of verskettings.’

Renga as digvorm beoefen deur twee of meer digters was by tye baie populêr in Japan, die praktyk daarvan wyd verspreid. Twee uiters vrugbare tydperke vir hierdie kollektiewe werk was die tweede helfte van die 15de eeu met digters soos Sôgi en Sôchô en veral Shinkei; en die einde van die 17de eeu met o.a. Basho. Oor die eeue het renga 'n sekere vorm ontwikkel: beginsels (of is dit rites?) is geformuleer met betrekking tot die aantal strofes - of liewer die hoeveelheid verse van elke strofe - die aantal sillabes in elke vers, en

[pagina 564]
[p. 564]

selfs die inhoud of die oënskynlike leitmotiv van die gedig is bepaal en beperk. Dit spreek vanself dat hierdie gesamentlike manier van skrywe - ‘laat ons saam die woord breek’ - miskien meer dan ‘eiehandige’ gedigte 'n weerspieëling sal wees van 'n alom ervaarde kultuur met sy religieuse, filosofiese en sosiale oorwegings. Dit is ook duidelik dat die spanning, die vaart van renga juis spruit uit die verskille, die poses en leemtes tussen digters. Renga is in die stiltes tussen die veilighede van strofes. Vir nadere toeligting oor die ondergrond en die agtergrond van renga verwys ek u na meer bevoegde eksegete soos Octavio Paz.

Toe ‘Renga’ in 1969 oor 'n periode van een week in Parys geskryf is, is die wens uitgespreek dat ander digters die eksperiment - dit wat terselfdertyd 'n hergeboorte, 'n oorplanting en 'n byna openbare ontkleding is - voort sal sit.

Dit is wat ons op aandrang van Sanguineti een middag aan die begin van Junie hierdie jaar, tydens die Poetry International in Rotterdam, en in die inspirerende aanwesigheid van Adriaan van der Staay, in 'n eetsalon aan die Lijnbaan probeer doen het. ‘Ons’ was: Yehuda Amichai vanuit Israel met al die woestyne van die wêreld as verlede; Edoardo Sanguineti, 'n Italiaanssprekende engel met 'n silwer tong in die inferno; Vasko Popa, die magiër en metafisikus uit Joegoslawië; en ek.

Omdat ons net 'n halwe dag tot ons beskikking had was ons ‘raamwerk’ uiteraard eenvoudig. As basiese eenheid gebruik ons 'n strofe van twee versreëls. Elke digter voor 'n gedig aan, gee dit dan aan die man aan sy regterhand om daarmee voort te gaan, en so verder totdat dit die rondte gedoen het en afgesluit word deur die digter van die eerste strofe.

Amichai het die begin- en eindstrofes van Made in Holland 1. geskryf, die tweede strofe is myne, die derde Sanguineti s'n, die vierde Popa s'n; 2. is deur my begin en afgesluit, s het die tweede strofe geskryf, p die derde en a die vierde. 3. is deur p begin, gevolg deur a, b, s en weer p. 4. is s, p, a, b, s.

Hierby moet ek voeg dat die voertaal tussen Sanguineti en my Frans was, tussen Sanguineti en Popa ook Frans, Popa en Amichai kommunikeer op Duits, Popa en ek op Duits of Frans, Amichai en ek op Engels, Sanguineti en Amichai via Popa of my...!

Dit was 'n spel, ja, 'n pokerspel, maar soos 'n spel soms word: veel belangriker, geváárliker selfs as wat ons toe wou gee. Dit is 'n onthutsende ervaring om so aan 'n ander mens se naakte en hulpelose woorde te mag voel.

 

Breytenbach - Parys, 9 november 1971.

[pagina 565]
[p. 565]

1

 
My stad het geen riviere nie. Ek soek 'n see sonder reëls
 
En ek sien my vriende in die venster weerkaats
 
waar 'n bruid met 'n seil ook staan
 
 
 
En tog vloei die waters oor so baie stede -
 
En my vriende staan en wag op die wind
 
 
 
Ek is die bruidegom onder glas: 'n soetwater-bruidegom
 
in die leefnet van woorde:
 
Gebottel in alkohol (of in die Cutty Sark): die eensame voorgeboorte:
 
 
 
My goue lem het weggesmelt
 
In hierdie vereerde appel
 
 
 
My geliefde weerspieël die beweging van vloeiende waters
 
En die waters het die bewegings van rivierlose Jerusalem weergegee
[pagina 566]
[p. 566]

2

 
Die engele strompel deur die vrugteboorde, mompelende,
 
Maar ondergronds lê die helder lyke van narre
 
 
 
En ons, duiwels van Cartesius, ons het geen woorde, maar béélde:
 
Dit is tekeninge van die droom: (hierdie klein kollektiewe onbewuste):
 
 
 
Weet u, selfs die wolke is planete
 
Het Fulcanelli se dissipel in my ore gefluister
 
 
 
Vir daardie huis waarin ons nooit sal woon
 
Stapel ons vensterrame en deurkosyne op
 
 
 
En die narre trek gesigte in die gebou van tekens
 
En sonder vlerke val die engele om
[pagina 567]
[p. 567]

3

 
Ek het my ervaring uitgetrek
 
Ek sit en brand in die son hier op hierdie plein
 
 
 
My hart is soos 'n baie swaar hotelsleutel
 
wat ek vergeet het om agter te laat
 
En toe ek onthou het was die hotel reeds in puin
 
 
 
Nou ek vry is, wie sal my my naam weer gee?
 
Die dood wat bruin brand brand in kamers van elke hotel
 
 
 
In die ruïnes het ek jou are en jou duime gesoek,
 
my paspoort en my floryne:
 
Jou voet het ek nie gevind nie, maar jou lippe, 'n kondoom,
 
'n foto 8 × 10:
 
 
 
Ek het op my afgekapte kop gaan sit
 
Ek peins sonder vooroordele
[pagina 568]
[p. 568]

4

 
Daar is bowendien nog die relaas van die ierse lyk
 
(en die ander, onverstaanbare
 
Verhale): en 'n subtiele wind in die nag: en hierdie pokerspel.
 
(wat 'n klaaglied is):
 
 
 
Ek is die enigste sleutel van al die varkerighede
 
Ek roes in die derms van die heelal
 
 
 
Die woordeboeke klap so besete met die vlerke
 
Swaar Joodse oë lê hul vas
 
 
 
En ek sluit die aarde óóp - daardie wêreld so wóórdverrot
 
En uit die woorde kom 'n wind, vlerke, soos die oë se skemer
 
 
 
Ek is die spook en die almenslike klas: as jy 'n liggaam had,
 
Sou ek gelukkig wees: maar jy is 'n eienaam, wat met 'n hoofletter
 
begin: niks:

Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken

Over dit hoofdstuk/artikel

auteurs

  • Yehuda Amichai

  • Vasko Popa

  • Breyten Breytenbach

  • Edoardo Sanguineti