Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
De Nieuwe Taalgids. Jaargang 62 (1969)

Informatie terzijde

Titelpagina van De Nieuwe Taalgids. Jaargang 62
Afbeelding van De Nieuwe Taalgids. Jaargang 62Toon afbeelding van titelpagina van De Nieuwe Taalgids. Jaargang 62

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave



Genre

sec - letterkunde
sec - taalkunde

Subgenre

tijdschrift / jaarboek


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

De Nieuwe Taalgids. Jaargang 62

(1969)– [tijdschrift] Nieuwe Taalgids, De–rechtenstatus Auteursrechtelijk beschermd

Vorige Volgende
[pagina 472]
[p. 472]

Boekbeoordelingen

W.F. Jonckheere, Johannes van Melle, Realist tussen twee werelden. J.L. van Schaik, Pretoria, 1968. 235 pp. Prys R 4.50.

Hoewel Van Melle 'n belangrike Afrikaanse skrywer is, is nog nooit eerder 'n omvattende studie aan hom gewy nie. Die proefskrif van Jonckheere neem al sy werk in aanmerking, en word afgesluit met 'n volledige opgawe van al die gepubliseerde en ongepubliseerde werk van en oor Van Melle. Sy geskrifte word almal ondersoek en hul onderlinge samehang en afsonderlike waarde geskat.

Jan van Melle is in 1887 gebore in die ‘Armenhoek’ - Oude Vischmarkt - van Goes en het vanaf 1906 tot sy dood in 1953 in die Transvaal gewoon behalwe tussen die jare 1909-1913. Tot 1924 was hy onderwyser op die platteland, daarna in Johannesburg.

Hy het baie geskryf in Afrikaans en in Nederlands: sketse, kort verhale, romans, gedigte, toneelwerk, artikels veral oor literêre en lewensbeskoulike sake. Sy prosa stel ons voor 'n vreemde saak: in 'n massa derderangse tydskrifwerk val 'n klein aantal meesterlike kort verhale op; ook sy romans is besonder ongelyk van waarde. Daar is 'n enorme verskil tussen Bart Nel aan die een kant en Saad wat opkom (‘als roman een deerlijke mislukking’) aan die ander. Wat sy gedigte betref, hulle is alom onbekend, en tereg, meen Jonckheere.

Jonckheere laat duidelik uitkom hoe intensief Van Melle gesoek het na die juiste vorm vir sy gegewe. Dieselfde motief is bv. verwerk as 'n Nederlandse skets, Afrikaanse toneelstuk, verhaal, en later nog weer uitgebrei tot 'n roman wat in 'n Nederlandse en 'n Afrikaanse versie verskyn het. Hoewel natuurlik nie alles so'n lang ontwikkeling deurmaak nie, is dit opvallend hoeveel, en dikwels van sy beste werk, in minstens twee variasies bestaan. So is van die mooiste kortverhale in Oom Daan en die dood verbeteringe en verwerkings van ouer verhale wat vroeër in Nederlands uitgegee is. Oor die algemeen was die Nederlandse kritiek op Van Melle nog minder vriendelik as die Afrikaanse, maar dit is 'n feit dat die Afrikaanse versie deurgaans van beter gehalte is.

Jonckheere deel die kortverhaalwerk volgens inhoud in, en wys daarop dat die romans ook in die skema pas, sowel wat tema, gehalte as tijd van ontstaan betref. 'n Mens kan beswaar maak teen onderdele van die indeling - hy maak dit trouens self bv. waar hy Oom Karel neem sy geweer saam rangskik onder ‘conflict met de dood’ en dan skryf: ‘Van een conflictsituatie kan hier nog nauwelijks gesproken worden’ - maar die belangrikste uitkoms kan jy onderskryf: dat die konflikverhale die meeste by Van Melle voorkom, sy beste roman en verhale van hierdie tipe is, en dat in die jare waarin die meeste konflikverhale geskryf is, die hoogtepunte van Van Melle se ganse prosawerk ontstaan: Bart Nel, Vergesigte, Oom Daan en die dood.

In sy verspreide teoretiese opstelle waaruit Jonckheere belangrike punte versamel en sistematies beskryf, sien Van Melle objektiviteit en realisme as belangrik en noodsaaklik vir die literêre kunswerk. In Bart Nel is volgens Jonckheere die ‘objectiviteit van de verteller’ die vernaamste strukturerende faktor. Juis dié werk soos Saad wat opkom waarin die objektiviteit in hoë mate ontbreek, is kwalitatief die minste. In Afrikaans was die ‘humor-realisme’ toe algemeen, met 'n in die werk aanwesige verteller wat vry kommentaar lewe, wel begrypend is, maar tog buite en veral bo die mense in sy werk staan. Van Melle probeer om sáám met sy figure ‘soos 'n man met sy

[pagina 473]
[p. 473]

metgesel, die toestande en dade wat hy beskryf’ te beleef. Sy beste werk is objektief met 'n neutrale verteller en in plaas van ‘gemoedelike, lokale realisme’ gee hy ons Bart Nel, miskien die eerste werklik tragiese figuur in ons prosa.

Sy eenvoudige taalgebruik waarop daar soveel kritiek was, was miskien 'n reaksie op die mooiskrywery van die tyd maar bewus gebruik en funksioneel: aangesien die figure in sy verhale meestal eenvoudige mense is, word dit 'n manier om die afstand tussen die verteller en die figure te verklein.

Die mens staan sentraal in Van Melle se werk. Milieuskildering, byfigure - die eksperimente met die vertellersstandpunt - dien om die hooffigure uit te beeld. Die veelvuldige gebruik van die ‘erlebte Rede’ waardeur die leser deur middel van die direkte uiting van die figure self insig in hulle kry, is miskien Van Melle se belangrikste manier om die subjektiewe verteller uit sy werk te weer. In mindere mate kom ook die ‘monologue intérieure’ voor. Albei vorms maak 'n maksimum van objektiviteit moontlik, hoewel in die derde persoonsvorms van die ‘erlebte Rede’ die (neutrale) verteller aanwesig is. Hierdeur is dit moontlik dat die delikate ewewig, in Bart Nel 'n strukturerende moment, sorgvuldig bewaar word: die gedagtes van die twee opponente word steeds vanuit die betrokke persoon self gegee en as gelykwaardig aangebied. Die uitgebreide gebruik van die ‘erlebte Rede’ sluit selfs volgens Jonckheere die moontlikheid uit tot die skryf van subjektiewe passasies. In die laaste hoofstuk skryf hy egter: ‘Als nog een vorm van subjectiviteit menen we Van Melles veelvuldig gebruik van de ‘erlebte Rede’ te mogen beschouwen.’ As die leser sy oë uitgevryf het, blyk dat Jonckheere bedoel: subjektief vanuit die standpunt van die romanfiguur. Des te meer val so'n perspektiefverskuiwing op omdat Jonckheere meestal sy terme uiters sorgvuldig beskryf en hanteer.

Ook die ironie waarmee Van Melle se werk deurtrokke is, verg neutraliteit van die verteller. Jonckheere gebruik die definisie van A.H. Wright: ironie is ‘the juxtaposition of two mutually incompatible ways of life.’ Van Melle maak as eerste Afrikaanse prosaskrywer die kontraswerking tussen werklikheid en skyn tot 'n tragiese dimensie. Ironie as verhaalmoment, sê Jonckheere, impliseer 'n skepties getinte lewenshouding en verraai op die manier iets van die outeur: dit gee iets subjektiefs aan die vertelling. - Soms lyk dit of Jonckheere moeite moet doen om subjektiewe elemente in die goeie werk van Van Melle te vind.

Die tydspronge in Van Melle se romans was jarelank berug by die kritici. André Brink sien dit egter juis as iets waarin Van Melle sy tyd vooruit was. Hy volg die handelinge van een romanfiguur tot 'n logiese eindpunt en onderbreek sy verhaal daar om terug te keer na 'n ander figuur en dan weer sý geskiedenis te vertel. Jonckheere stel met Kayser en Petsch die vereiste dat 'n realistiese roman in die verlede tyd geskryf moet wees, wil die skrywer hom nie streng aan die tydsvolgorde hou nie. Met Van Melle se kombinasie van presens en tydspronge probeer hy eintlik die onmoontlike. Nou is dit volgens Meyer de Villiers normaal dat in Afrikaans in verhalende styl die verlede tyd aangedui word deur bv. voegwoorde of bywoorde terwyl die presens gebruik word. Hy ‘moet zelf toegeven’ dat hierdie gebruik van die presentia nie stilisties gelyk is aan die imperfektum van bv. Nederlands of Engels nie. Ten slotte keur Jonckheere Van Melle se tydspronge goed aangesien dit in sy romans wemel van die preteritum-skeppende middele. In Bart Nel verhoog die tydspronge die spanning - 'n onkonvensionele maar doeltreffende metode -, aksentueer die gebrek aan kontak tussen

[pagina 474]
[p. 474]

die twee hooffigure en laat die roman modern aandoen vir sy tyd. Maar hierna skryf Jonckheere tog dat die Nederlandse versie van Bart Nel in die gewone vertelpreteritum staan, as gevolg waarvan die tydspronge minder ‘hinderlijk’ aandoen. Hy bly so aanhou oor die ongelykheid van die ‘gemengde’ vertelstyl van Afrikaans en die vertelpreteritum van bv. Nederlands, dat 'n mens jou afvra waar hy tog in Afrikaans verlede tydsvorme van die werkwoorde vandaan wil haal. - Hierdie selfde benadering van Afrikaans vanuit die gesigspunt van 'n ander taal laat hom op p. 133 skryf dat die ‘erlebte Rede’ van die ‘monologue intérieure’ verskil deur die gebruik van die derde persoonsvorme van die werkwoord en dan haal hy ter illustrasie aan: ‘(...) maar hy laat hom nou nie meer keer nie’ - kursivering van Jonckheere.

Van Melle blyk in sy beste werk in Afrikaans meer van 'n vernuwer te wees as wat algemeen aanvaar is; hy was 'n baie bewuste vormgewer, ook en juis in dié dinge waarvoor hy destyds gekritiseer is; sy verspreide opvattings oor die literêre kuns toon verrassend veel verwantskap met dié van die ‘digters van dertig.’

In 'n studie met so'n uitgebreide onderwerp en doelstelling hoef dit nie verbasing te wek dat nie alle aangestipte probleme bevredigend opgelos word nie. Slegs selde kan 'n mens dit oneens wees met Jonckheere se gevolgtrekkings, en af en toe bevredig sy argumente nie. 'n Mens moet hom dankbaar wees vir die volledigheid en sorgvuldigheid van sy boek oor 'n skrywer wat al lankal so'n studie verdien het.

g.c. lijphart-bezuidenhout

Halbertsma-literatuur

1.‘Kent Gij Halbertsma van Deventer?’. In tal net útjowne hânskriften fan Dr.J.H. Halbertsma biwurke troch en mei oantekeningen fan J.J. Kalma. - Laverman N.V., Drachten 1969. 300 blz.; geb. f 19,50.
2.Joast Hiddes Halbertsma 1789-1869. Brekker en bouwer. Stúdzjes fan ûnderskate skriuwers oer syn persoan, syn libben en syn wurk, útjown ta gelegenheit fan de bitinking fan syn hûndertste stjerdei. - Laverman N.V., Drachten. 368 blz.; geb. f 13,-.
3.Joast Hiddes Halbertsma (fotoboekje). - De Bezige Bij, Amsterdam 1969. 49 blz.; f 4,90.
4.J.J. Kalma, Halbertsma-bibliografy. Hwat der sa foar en nei oer de Bruorren Halbertsma skreaun is. - Fryske Akademy, Ljouwert 1968 (offset). 76 blz.; f 3,60. (De nrs. 1, 2 en 4 zijn voor leden en donateurs van de Fryske Akademy tegen lagere prijzen verkrijgbaar).

 

Ter herdenking van Halbertsma's sterfjaar is een werkgroep gevormd, waarvan de historicus J.J. Kalma de hoofdmotor was. Hij zorgde voor een bibliografie van alles wat over de gebroeders Halbertsma is geschreven (nr. 4 hierboven). Daarna verscheen het aantrekkelijke fotoboekje (nr. 3), samengesteld door Gerrit Borgers, Kees Nieuwenhuijzen, M.K. Scholten en D.A. Tamminga. Hierop volgden de twee monumentale boeken met onuitgegeven werk van Halbertsma (nr. 1) en studies over hem en zijn werk, waaronder een bibliografie van Halbertsma (nr. 2).

J.H. Halbertsma was de oudste van de drie in Grouw geboren broers die zich als dichters verdienstelijk hebben gemaakt voor de opleving van de Nieuwfriese literatuur

[pagina 475]
[p. 475]

in de eerste helft van de 19e eeuw. Terwijl de medicus Eeltje vooral bekend werd als dichter van het Friese volkslied, heeft Joost of Justus bijna een halve eeuw lang pionierswerk gedaan voor de studie van de Friese taal- en letterkunde. Hij was echter van beroep doopsgezind predikant in Bolsward en sinds 1821 in Deventer, waar hij ook overleden is. Wegens zijn moeilijk karakter is hij herhaaldelijk door literaire faculteiten gepasseerd bij hoogleraarsbenoemingen.

De eerste bundel dankt zijn titel aan een vraag van Halbertsma's vriend Bilderdijk in een brief uit 1829 aan H.W. Tydeman: ‘Kent Gij Halbertsma van Deventer?’. Kalma heeft hierin 16 in het Nederlands geschreven, onuitgegeven studies van Halbertsma voor de druk gereed gemaakt, een moeizaam werk. Ze dateren uit de jaren 1840-1865 en behandelen verschillende vaak weinig taalkundige onderwerpen, o.a. het volkskarakter der Friezen (deels in het Engels), de etymologie van het Keulse (en Limburgse) Alaaf, de bijgelovige voorkeur voor de zuidkant van het kerkhof, zijn reis naar het eerste germanistencongres in Frankfurt, waar hij zijn vriend Jacob Grimm trof, de uitgave van Maerlant's ‘Spiegel Historiael’ en zijn aantekeningen daarbij: ‘Een fatsoenlijke steen op het graf’ (van het Kon. Ned. Instituut van Wetenschappen), Kath. Wilh. Bilderdijk, enz.

Kalma heeft deze teksten van uitvoerige aantekeningen (in het Fries) voorzien en er een systematische en een chronologische lijst aan toegevoegd van alle handschriften van Halbertsma op de Prov. Bibliotheek van Friesland. Het werk van Halbertsma is over het algemeen leesbaar gebleven en de inhoud is vaak nog van belang. Geeft het geen nieuws over het behandelde onderwerp, dan is het vaak interessant voor de kennis van de schrijver.

In de tweede bundel wordt Halbertsma volgens de ondertitel als een afbreker van het vermolmde en als een bouwer aan de eigen cultuur gezien. Deze bundel bevat, behalve een bibliografie van Halbertsma's werk en een register, 30 studies: 23 in het Fries en 7 in het Nederlands, geschreven door 23 deskundigen. Kalma heeft er zes voor zijn rekening genomen, onder meer de kroniek van Halbertsma's leven, waar wel behoefte aan bestond, naast de meer specialistische studies die volgen, o.a. over Halbertsma en Deventer: volgens Halbertsma een achterlijk stadje van kruideniers die hem een lastige Fries vonden (door drs. H.R. van Ommeren), over Halbertsma als Fries literator (door dr. Y. Poortinga), als biograaf (D.A. Tamminga), als historicus (mr. K. de Vries), als oudheidkundige (drs. H. Halbertsma), als volkskundige (S.J. van der Molen), over zijn contacten met Duitsland (mej. drs. G.A. Piebenga), over zijn anglofilie en Engelse reizen (dr. K. Dijkstra), over zijn reis naar Italië (Kalma), over zijn (slechte) Latijn en zijn bibliotheek (drs. S. Sybrandy), over de vertalingen van zijn Friese werk (Theun de Vries, die zelf ook veel van de Friese vertellingen in het Nederlands heeft vertaald).

De Groningse hoogleraren W.J. Buma, de frisist, en K. Heeroma, de ‘saxonist’ als ik dat zo zeggen mag, hebben twee belangrijke aspecten van Halbertsma's taalkundige werk besproken. Buma huldigt hem om zijn levenswerk, het ‘Lexicon Frisicum’, dat ten dele (postuum) verschenen is. Hij laat zien hoe de schrijver naast een aantal etymologische onjuistheden veel goeds en oorspronkelijks heeft gegeven. Verschillende woorden uit zijn rijke materiaal ontbreken in de bestaande woordenboeken.

Heeroma behandelt Halbertsma als dialectoloog. Uit het handschrift van het

[pagina 476]
[p. 476]

‘Woordenboekje van het Overijselsch’ blijkt dat de etymologie van Deventers te hie of te zwie, die Naarding in 1960 gegeven heeft, meer dan een eeuw eerder al gevonden was door Halbertsma. Heeroma ziet hier aanleiding zijn opvatting te herroepen over Halbertsma, die als dialectoloog niet zo mythisch dacht, dat hij als Fries in Deventer behoefte had in het Oostnederlands een Saksische partner van het Fries te herkennen.

Een verrassing is de ontdekking van drs. P.F.J. Obbema: ‘Halbertsma's kryptoniem in het Oera-Linda-Bôk’, waaruit blijkt dat Eelco Verwijs en Halbertsma gezamenlijk in Deventer aan deze mystificatie kunnen hebben gewerkt. Het bovenstaande maakt wel duidelijk dat vooral de laatste bundel belangrijke bijdragen bevat, die een hulde aan de oorspronkelijkheid van Halbertsma vormen, al moeten wij deze filoloog uit de romantiek nu meer als taalkenner waarderen dan als taalkundige. Toch houden oudere studies, zoals de Groningse oratie van J.H. Brouwer uit 1941 over ‘J.H. Halbertsma, Fries taalkundige’ hun waarde.

De Bilt

h.t.j. miedema


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken

Over dit hoofdstuk/artikel

auteurs

  • G.C. Lijphart-Bezuidenhout

  • H.T.J. Miedema

  • over W.F. Jonckheere

  • over Joost Hiddes Halbertsma