Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Di geldduiwel (onder ps. Neef Jan wat Versies Maak) (1882)

Informatie terzijde

Titelpagina van Di geldduiwel (onder ps. Neef Jan wat Versies Maak)
Afbeelding van Di geldduiwel (onder ps. Neef Jan wat Versies Maak)Toon afbeelding van titelpagina van Di geldduiwel (onder ps. Neef Jan wat Versies Maak)

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.30 MB)

ebook (2.87 MB)

XML (0.06 MB)

tekstbestand






Genre

proza

Subgenre

novelle(n)


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Di geldduiwel (onder ps. Neef Jan wat Versies Maak)

(1882)–Jan Cachet Lion–rechtenstatus Auteursrechtvrij

Vorige Volgende

Hoofstuk IV.

Dis tog mar goed dat 'n me[n]s ni altyd weet wat voor di deur staat ni anders had Gerrit nooit so lekker geslaap, en so vrolik huis toe gery ni. Dat hy syn osse moes verkoop hinder hem ni, want Annie had hem, voor hy wegry, nog so vrindelik bedank en geseg dat hy mar gerus kon wees, sy sou nooit met 'n ander trou ni. Syn perd was oek fluks want hy het dit goed gehad; waar di baas welkom is, daar is di perd oek welkom. Met 'n

[pagina 28]
[p. 28]

opgeruimde gemoed saal hy voor di huis deur af en gaat in.

Kyk! wat is dit? Oom Willem wat altyd opgeruimd is, sit met 'n knorrig gesig te rook, dat di damp so trek, en Tante Letje praat oek ni!

‘Hoe gaat dit hier, Oom?’ vra Gerrit.

‘Dit gaat mar miserawel; Zwartbooi het net nou kom se dat een van di beeste siek lyk. Hy denk dat dit longsiekte is. Ek het 'n perd lat haal om na di veld te ry en di beeste an te keer.’

‘Wat, longsiekte onder di beeste!’ roep Gerrit, vreeslik onsteld, ‘dan is ek ongelukkig.’

‘Dit is spytig,’ seg Oom Willem, ‘mar wat kan 'n mens daar an doen? Dis werelds goed.’

‘Mar ek is heeltemal ongelukkig en Annie oek,’ roep Gerrit uit, en word doodbleek.

Oom Willem kyk verwonderd op en wil vra, mar tanta skud haar kop, en haar man bly stil. ‘Kom Gerrit,’ seg sy, ‘drink mar eers koffi. Dit sal wel beter gaan; denk daaran, voor en teenspoed kom van Bo.’

‘Mar ek het so veul teenspoed, tante! Ek het jare ver di osse gesukkel, en nou ek iets goeds daarme wil doen, gaat hulle dood. Ander mense doet kwaad met hulle goed en het voorspoed.’

‘Moet ni so praat ni,’ seg Tante Letjie, sag mar ernstig. ‘Ek h t meer deurgestaan as jy, en ek weet

[pagina 29]
[p. 29]

en geloof dat God een iegelik, di op Hem vertrouwt, niet beschaamt maakt. Ek hoop dat jy dit oek eenmal sal weet.’

Gerrit bly stil, mar dit woel binnekant. Hy wou alleen wees, en toen di perd kom, bied hy an om di beeste by mekaar te gaan maak. Op 'n stapje ry hy weg. Dis net of 'n perd party keer weet hoe 'n mens voel. Di beeste was ni ver ni. Angstig kyk Gerrit hulle deur, en, jawel! daar was een van Oom Willem syn mooiste verse siek. Hy begin hulle nou an te ja, en toen siet hy dat een van syn voorosse, 'n pragtige rooi Afrikaner, oek siek was. Dit was waar! Di longsiekte was onder di beeste.

Toen Gerrit syn mooi mak vooros so siek sien, kon hy dit ni hou ni. Hy klim af, en gaat op 'n miershoop sit, met syn gesig in syn hande. Al syn planne was verydel. Hy was al te verdrietig. Seg nou ni, ‘Ach dis mar wereldsgoed. Dit is waar; mar as je jare lang gesukkeld het om 'n bietje by mekander te bring, dan is dit mar hard as so 'n siekte dit weg neem.’ Gerrit voel dit diep, en daar ek di waarheid wil skrywe, sal ek oek mar sê, dat syn oge nat was eer hy daarom dink. Hy kon dit ni help ni. Wat moes hy nou na Koningins Vley lat weet; alles is uit.

Terwyl hy so sit, kom tante Letjie haar woorde kom te binne. Gerrit was gen onverskillig mens ni, hoewel hy grappig was. Wel had hy sig nog

[pagina 30]
[p. 30]

ni geheel en al an di Heere oer gege ni, want dan sou hy meer troost gehad hê, soos Annie, wat 'n vroom meisje was, mar onverskillig was Gerrit ni. ‘De Heere weet bes,’ het tante oek geseg, en dit seg Gerrit haar nou na. ‘Wat sit ek hier te huil nes 'n klein seuntje dat geef niks. Laat ek mar liewer oppas nou dit tog so ver is, en di Heere om hulp bidde. Ek sal 'n bitje swaarder moet werk, dat is al, mar ek is gesond en fris. Huil help tog oek ni.’

Met 'n ligter hart klim Gerrit weer op syn perd, hoewel hy moeite had om koerasie te hou, toen hy syn vooros hoor hoes. Di hardste was, dat hy Morris moes sê, dat hy nou niks kan verkoop ni.

Morris was wel 'n bitje ontevrede, dat hy ver niet moet ry, mar dat help nou ni.

‘Oom Jan van Linge het my eergister al vertel dat daar siekte onder di beeste was,’ seg Morris.

‘Hoe wis di ou Kerl dit,’ vraag Gerrit, wat net kwaad werd.

‘Ek weet dit ni,’ seg Morris, ‘al temit het hy dit van syn volk gehoor.’

Gerrit had gewoonlik gen dokters goed nodig om eetlus te kry ni; mar nou kon hy di kos ni in kry ni. Onverskillig hoor hy di gesprek van Morris met Oom Willem an toen hy plotseling getroffe werd deur 'n gesegde van Morris, waaruit hy verstaat dat Morris met Oom Jan Vrydag aand op Koningin's Vley sou wees. Dadelik

[pagina 31]
[p. 31]

maak hy 'n plan om oek daar te wees lat kom wat wil.

Morris gaat na syn slaapkamer en toen vra Gerrit of hy Vrydag weer kon ry. Oom Willem was verwonderd dat Gerrit nou praat van ry, en daarom vertel Gerrit al di planne, wat hy gehad het.

Oom Willem skudde syn kop; ‘Ja Gerrit,’ seg hy, ‘dit is nou verby, mar jy is tog 'n bitje te goed. 'n Mens moet eers ver hem self sorge. Pas mar op dat jy jou ni vastloop ni.’ Tante Letjie seg niks, maar toen Gerrit gaat slaap, gee sy hem 'n nagsoen, iets wat sy in gen jare gedaan het ni.

‘Vrou jy is net so gek as Gerrit,’ seg Oom Willem, met 'n glimlag, toen hulle alleen was.

Tante Latjie ge gen antwoord ni, mar ge hom oek 'n soen, en daarme was di stori uit.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken