Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat (1940)

Informatie terzijde

Titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat
Afbeelding van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaatToon afbeelding van titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.99 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.31 MB)

tekstbestand






Editeur

P.J. Nienaber



Genre

proza

Subgenre

bijbel / bijbeltekst(en)


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

(1940)–C.P. Hoogenhout–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 14]
[p. 14]

2. C.P. Hoogenhout as mens.

As 'n mens C.P. Hoogenhout se geskrifte lees, sy persoonlike briewe aan sy kinders en vriende, en as persone wat hom geken het vir jou van hom vertel, dan sien jy hom as 'n ware ‘gentleman’ vir wie jy die grootste agting, en ek kan byna sê: liefde koester. As jy na sy portret kyk, dan tref die vriendelike gelaat met die glimlagggende oë jou dadelik. Hy was 'n sagte, maar terselfdertyd 'n besliste karakter, met 'n harmoniese lewensbeskouing.

Miskien moet ons hierdie mooi persoonlikheid verklaar uit sy godsdiens wat vir hom 'n deurleefde werklikheid was. Sy godsdiens het hy uitgeleef, die heerlikheid van die Woord het hy daagliks opnuut ervaar.

Straks sal ons sien watter aandeel hy geneem het in die vertaling van die Bybel in Afrikaans, omdat hy hom saam met Pannevis die lot aangetrek het van hulle wat letterlik sonder 'n Bybel was, omdat duisende inwoners van Suid-Afrika nòg die Nederlandse nòg die Engelse Bybel kon verstaan. Daarom het hy die geskiedenis van Josef aan die Afrikaanse kinders oorvertel, en daarom het hy hom beywer vir 'n Afrikaanse Bybelvertaling.

C.P. Hoogenhout het nie net geskryf en gepraat nie, soos maar al te dikwels in die lewe gebeur. Vir die gekleurdes in Groenberg het hy gereeld elke Sondagaand diens gehou, en in Bovlei het hy meer as eenkeer die diens waargeneem vir eerw. Pauw. Gedurende die week het hy 'n katkisasieklas vir die aanneming voorberei. Onder sy nagelate papiere is sy katkisasieboek met die name van sy katkisante.

Verder was C.P. Hoogenhout nog sekretaris van die Christelike Werkersvereniging te Groenberg. Elke maand het hulle 'n vergadering gehou: een van die lede het 'n kort ‘prekie’ gelewer, daar is gesing en gebid, en dan word die gewone werksaamhede afgehandel. Baie geld

[pagina 15]
[p. 15]

het hulle bestee aan liefdadigheidsdoeleindes. Dit is heel duidelik dat C.P. Hoogenhout die ‘siel’ van hierdie vereniging was, dat hy leiding gegee het en die rigting aangedui het vir die werkers in die koninkryk van Christus.

Dit is 'n genot om sy persoonlike briewe te lees: altyd word God gedank vir gesondheid en as hy voorspoedig was in die lewe, word die eer aan God gegee. Op 17 Augustus 1915 skryf hy aan sy seun Klaas: ‘Ik ben van nature zwaartillend en spoedig moedeloos, maar uw moeder is net andersom van geaardheid en zij heeft mij ettelike malen opgebeurd als ik het hoofd liet hangen en by de pakken wou neerzitten. Wij hebben menige zure appel te Groenberg doorgebeten, waar zij en ik alleen van weten. Dit was maar in 't klein, wat gij in 't groot ondervindt. Ik meende altijd, dat mijn kinderen meer naar hun moeder aardden dan naar mij, en ik heb er me in stilte dikwels om verheugd. Daarom te meer trof me de pessimistiese toon van uw brief. Nooit hebt ge me - zover mij heugt - in die geest geschreven. Ik kan voor u gevoelen, want ik weet wat teleurstelling is; maar ik kan ook voor u bidden, dat de Heer u sterken mag in de strijd des levens. En dat doen ma en ik.’

Ons leer die lieflikheid van Hoogenhout se karakter pragtig ken uit sy briewe. Graag wil ek 'n klompie van die briewe saam met die leser deurblaai. Uit die aard van die saak sal die dinge wat ek hier neerskryf onsamehangend wees.

Op 3 Aug. 1912 skryf hy aan Klaas: ‘Bij Wellington St. hopen we u, zo de Heer wil, de hand te drukken en “Welkom in 't Vaderland!” te heten. De Heer brenge ons allen eens in 't beter vaderland, waar geen scheiding meer zal zijn. Wij zijn u bestendig in de geest op al uw omzwervingen gevolgd, hebben voor u en de kleinen en betrekkingen gebeden en hopen zulks te blijven doen, zolang de Heer ons nog spaart.’

Met Klaas se verjaarsdag wens hy hom op die volgende manier geluk (6 Jan. 1915): ‘Met de naderende verjaardag

[pagina 16]
[p. 16]

u Gods rykste zegen toegebeden! Dit nieuwe levensjaar zij voor u en de uwen een jaar van 't welbehagen des Heren. Ik dank mijn God, dat ik nogeens het voorrecht mag hebben om uit naam van Ma en ons allen deze regelen te schrijven. Uw ouders blijven voor u en uw huisgezin bidden het goede afsmeken, zolang de Heer ons spaart, wees daar verzekerd van.’

 

Sy seun se gelukwense met sy 74ste verjaarsdag, het hom diep ontroer, volgens 'n brief van 12 Maart 1917: ‘'t Is zo aangenaam en doet het oude hart zo goed, om op zulke dagen de blijken van belangstelling van heinde en verre te ondervinden, vooral van de eigen kinderen. De Heer vervulle genadiglik al die goede wensen en zegene wederkerig allen, die tonen, dat zij de oude man nog niet vergeten hebben!’

 

Op 8 Augustus 1915 skryf hy weer aan Klaas: ‘En Zaterdag 14 dezer is 't juist 40 jaar, dat “Die Genootskap van Regte Afrikaners” opgericht werd, en diezelfde datum is 't al 31 jaar, dat vriend Pannevis dood is. Wat is er al sedert die tyd in Z. Afrika gebeurd! Als ik dit alles zo in mijn eenzaamheid overdenk en aan al de luchtkastelen, die in rook verdwenen zijn, dan kan 't me zo wee om 't hart worden. En wat zal de toekomst nog baren? Nu, daarvan zal ik wel niet veel meer zien.’

 

Hoe innig het hy nie meegeleef met sy kinders nie. Veral die dood van mnr P. Imker Hoogenhout se eerste vrou het hom diep in die hart gegryp. Op 21 April 1913 skryf hy aan Klaas: ‘Om half drie het ontzettend nieuws.... Ma en ik konden ons slechts voor de Heer neerwerpen en bidden om kracht, genade, troost voor Imker en ook voor haar weduwe moeder en ons zelven, en ontferming over het zoontje. De Heer heilige die nieuwe roepstem aan ons allen.’

 

Op 28 Junie 1913 skryf hy: ‘Imker en de kleine verwachten we (D.V.) morgen. 't Zal 'n droevige ontmoeting zijn.’ Die doodsberig het hy na Ons Land gestuur (22 April 1913): ‘'n Zware taak, die ik met tranen verricht

[pagina 17]
[p. 17]

heb. Wij bidden veel voor hem, en de Heer zal troosten. Hy alleen kan het doen.’

 

Aan sy seun Klaas het hy gereeld in Nederlands geskryf, maar aan Klaas se vrou en kinders steeds in Afrikaans. Net één sinnetjie uit 'n brief aan Hester: ‘Dankie vir jou brief. Om die waarheid te sê is ik bietje teleurgestel, dat julle nie met die vakansie na die Bôland toe kom nie, en ik sal dus nog maar 6 maande moet wag, als die Heer vir my spaar, om jou en die kinders te sien.’ (26.11.'15).

 

'n Brief aan sy kleinkinders van 26 September 1914 wil ek graag gedeeltelik hier afskryf: ‘Oupa was baje bly, dat jul my brief ontvang het en daarmee vereer is. Nou ja, dan moet jul maar weer vir my skrywe als jul tyd kan vind en nie al te baja besig is met tuinmaak en bioskoop vertoon..... Verlang jul ook alweer om hierheen te kom? Oupa en Ouma kan amper nie meer hou nie, so verlang ons al naar die dag, dat jul sal kom. Nou Wynandje weg is, is ons huis maar baje eensaam en stil, en Oupa lees en skrywe maar die heel dag, maar sy oge kan dit nie hou nie. En ouma woel van 's môrens 5 tot 's avons 10 uur, alsof sy verhuur is.... Seg baie kompelmente vir Pa en Ma. Wees soet en gehoorsaam.’

 

Op 7 Oktober 1908 skryf hy aan Klaas: ‘Ik kan u niet zeggen, hoezeer ik naar u allen verlang en ook om den kleinen man aan myn oude hart te drukken.’

 

Tot in sy gryse ouderdom het C.P. Hoogenhout die eksamenskrifte van die Taalbond nagesien, maar dit was 'n veeleisende werk. Toe hy in 1913 weer aangestel is as eksaminator vir die Hollands-Laer, skryf hy aan Klaas (4.3.'13): ‘Ik zal maar voorlopig ja zeggen, want wie weet wat gebeuren kan als die vreselike hitte eerst voorbij is. Over 'n week (D.V.) ben ik 70. Zulke oude mensen moest men maar laten en op non aktiviteit stellen, doch men meent het goed en die £67 verleden jaar verdiend, kwam mij, o, zo uitnemend te pas - ik was lang niet zo ruim bij kas.’

[pagina 18]
[p. 18]

Hoe dankbaar was hy nie dat hy deur die Akademie tot erelid benoem is nie. In 'n brief aan Klaas (27 Sept. 1917) sê hy: ‘Uw brief van 24e heeft me werkelik verrast, daar ik die eer niet verwacht had. Dat de benoeming met eenparige stemmen ging, maakt die des te aangenamer. Ik ben niet weinig bly, dat me op byna 75 jarige ouderdom nog deze onderscheiding te beurt viel. Dat ik 't nog mocht beleven!’

 

'n Jaar later (26 Julie 1918) spreek hy sy blydskap uit dat Oom Lokomotief ook tot erelid benoem is. ‘Dr. W.M.R. Malherbe heeft me voorleden jaar al beloofd, dat hij hem zou voorstellen, als niemand anders het deed. Als hy 't maar zal aannemen!’

 

Met die gebeurtenisse gedurende die Wêreldoorlog het C.P. Hoogenhout intens meegeleef. In sy briewe maak hy gedurig daarvan melding: ‘Dat het 'n veel bewogen week in de Transvaal, en vooral in Pretoria, moet geweest zijn, kan ik goed verstaan. Hier bij ons was 't al zo, dat men van niets anders sprak en allerlei geruchten de ronde deden .... Ik volg nauwkeurig het verslag van het rechterlik onderzoek. Genl. de la Rey kon node gemist worden in deze veelbewogen tijd vooral’ (25 Sept. '14). ‘De zielesmart die ik uitgestaan heb en nog uitsta bij 't lezen en horen van al de oorlogsellende nabij en verre, weet de Heer alleen’ (30 Des. 1914).

 

Hy het 'n dagboek aangelê waarin hy noukeurig die loop van die oorlog opgeteken het, beide in Europa en Suid-Afrika. O.d. 26 Oktober 1914 lees ons na aanleiding van die rebellie: ‘O, Heer! bescherm ons land en volk!’

 

Op 3 November is die dagboek gestaak, en wel om die volgende rede: ‘De berichten worden nu zo verward, dat er geen kop of staart van te maken is. En daar ik met duizende Taalbondpapieren zit, heb ik de poging maar opgegeven om verdere aantekeningen te maken. Het rechte nieuws krijgen we hier toch niet.’

 

Met sy ou vriende uit die tyd van die Genootskap van Regte Afrikaners het C.P. Hoogenhout tot aan sy dood gekorrespondeer, en veral met sy boesemvriend Oom

[pagina 19]
[p. 19]

Lokomotief op Bloemfontein. Op 16 Julie 1914 skryf Oom Lokomotief: ‘Ek kan my nie herinner wanneer 'n brief my meer welkom was en deur my met meer verskillende gemoedsaandoenings gelese werd als jouwe van 4 Julie. Werkelik het ek by afwisseling gelag en gehuil als 'n kranksinnige. Gelukkig was ek alleen toen ek dit gelees het.’

 

J.D. Cilliers skryf aan Hoogenhout op 30 Oktober 1920 uit Potchefstroom dat hy baie verlang na die Boland, ‘en viral as ons weer, al was mar vir één dag, kan saam wees. O, hoe verlang ek daarnaar, mar daar is mar min hoop voor.... Laat ons dan mekaar gedurig in ons gebede gedink en aan die Heer opdra.’

 

Veertig jaar van sy lewe het C.P. Hoogenhout aan die onderwys gewy, en met hart en siel het hy hom aan sy werk gegee. Ook hier in die skoollokaal was sy lewe 'n voorbeeld vir die jeug. Godsdiensonderrig is nooit verwaarloos nie. Belangrik is dit dat die kinders in Groenberg se skool hulle onderwys deur moedertaalmedium ontvang het. Selde het hy die roede gebruik, want soos hy aan sy seun verklaar het: ‘Nie uit vrees vir die lat nie, maar uit liefde en respek vir jou, moet jou leerlinge gelei word om in alle opsigte jou wil te doen.’

 

Die paar opmerkings oor Hoogenhout as onderwyser wil ek graag afsluit met 'n aanhaling uit een van die talle adresse wat hom aangebied is in Desember 1908 toe hy met pensioen afgetree het: ‘Uw werk aan de Groenbergsche School hebt gij met God en met eere volbracht. Gedurende al die jaren zijt gij niet alleen een onderwijzer, en wat meer is een opvoeder voor de jeugd van ons distrikt geweest, maar ook tevens een vriend en raadgever, een ondersteuner van behoeftigen zowel als een vader voor meer dan een.... Menig jongen en meisje die hun vroegste en voornaamste opleiding aan u te danken heeft, bekleedt vandaag belangrijke en verantwoordelijke posten in de kerk en in de maatschappij.’

 

En nou ten slotte nog iets uit Hoogenhout se dagboekies. Al sy uitgawes het hy noukeurig opgeteken tot

[pagina 20]
[p. 20]

die laaste pennie toe; die briewe wat hy ontvang en geskryf het, en veral die geaardheid van die weer. Daarom kon hy aan sy seuns gereeld skrywe wat die stand van die barometer op daardie bepaalde dag was. Soms gun hy ons 'n blik in sy siel, maar dis heel selde. Kort voor sy dood was hy by sy seun Klaas in Pretoria op besoek. Telkens maak hy melding daarvan hoe dierbaar sy kinders teenoor hom is, hoe hulle probeer om alles vir hom so aangenaam moontlik te maak, maar hy ‘wens naar de Kolonie terug. Was ik maar al in myn oude kamer. Men is hier zo goed voor mij, maar ik heb geen genot in mijn leven. Ik voel al 'n paar dagen of ik niet lang meer op aarde zal zijn.’

 

Op 5 Februarie (1921?) teken hy aan: ‘Redelik geslapen. Voel wat beter. Koele ochtend. Droeve tyding dat mijn dierbare Broeder alreeds op 12 Jan. in 62 jarige ouderdom ontslapen is. Hij heeft de Heer gekend en liefgehad en wij treuren dus niet als degenen die geen hoop hebben. Met zijn dood is de laatste direkte schakel die mij aan Holland bond, gebroken. Hy heeft veel uitgestaan, maar was geduldig en die Heer gaf hem genade. Zijn treurende weduwee en zoon en familie worde door 's Heeren genade gezegend. En ook ik en de mijnen nemen deze roepstem ter harte.’


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken