Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat (1940)

Informatie terzijde

Titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat
Afbeelding van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaatToon afbeelding van titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.99 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.31 MB)

tekstbestand






Editeur

P.J. Nienaber



Genre

proza

Subgenre

bijbel / bijbeltekst(en)


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

(1940)–C.P. Hoogenhout–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 59]
[p. 59]

5. Vertalings.

C.P. Hoogenhout was 'n baie godsdienstige man, en daarom is dit begryplik dat hy ook godsdienstige boeke in Afrikaans sou bewerk. Volgens die boekelys agter in die Geskidenis van die Afrikaanse Taalbeweging (1909) is Die Wege des Heeren met George Müller (1882) met 'n oplaag van 1,000 deur ds S.J. du Toit ‘samen met Anderen’ bewerk, maar C.P. Hoogenhout het in 'n aantekeningboek verklaar dat hy alleen daarvoor verantwoordelik was.

In die voorrede sê Hoogenhout dat die werk wat hy vertaal oorspronklik in Engels geskryf is, en dit beslaan vyf dele. Die volle titel is: ‘A Narrative of some of the Lord's dealings with George Müller, written by Himself.’ Hy het die sewende uitgawe van 1869 gebruik. ‘Net wie die werk in hande kryg en lees trek daar nut en seen uit. Algemeen is die verklaring dat dit angenamer is om te lees as enige roman, en nuttiger as 'n legio van godsdienstige boeke en stigtelike werke. Daarom is dit met veul plesier dat ons die werk oek in ons taal vertaal om in ons land te versprei; en ons gebed daarby is dat die Heer die werk in ons land oek wil seen soos Hy dit al o'er die hele wereld geseen het.’

Die boekie wat Hoogenhout ons gegee het, is 'n vrye vertaling en 'n verkorting van die oorspronklike.

George Müller vertel dan sy eie lewensgeskiedenis, so boeiend en vlotweg, dat ons heeltemal meeleef. Wat 'n goddelose man was hy nie gewees nie! Sy vader het hy belieg en bedrieg en besteel; hy was in die tronk en het al dieper in die modderpoel van die sonde weggesink. Ons dink byna dat ons die lewensgeskiedenis van 'n misdadiger lees, maar dan kom George tot bekering en nou neem sy lewe 'n ander wending. Hy het alles gebieg, tot die gemeenste sondedaad, sodat die lesers kan begryp dat

[pagina 60]
[p. 60]

daar vir die grootste sondaar nog genade is by die kruis van Christus. Hy word nou evangeliedienaar in Engeland en bring baie mense terug op die smalle weg. Vir 'n salaris werk hyy nie, maar het nooit broodsgebrek nie, want die Here voorsien altyd in sy behoefte.

Hoogenhout maak telkens van voetnote gebruik om sy eie sienswyse oor 'n sekere saak kenbaar te maak, of om die leser aan te moedig om George Müller se voorbeeld te volg. Op bl. 11 sê hy: ‘Leser, is jy self 'n gelowige, laat die geval jou dan anspoor om oek soos Moses die hand uit te strek en te sê tot menige Hobab wat jy ontmoet: ‘Kom ga met ons en wij zullen u weldoen.’ ‘Hoe sal die arme Wagner sig nou verbly in syn salige rus; dat hy hier die middel was om George Müller tot God te breng, en deur middel van hom so vele andere!’

Die doel wat Hoogenhout met die vertaling beoog het, was om te stig en mense tot godvrugtigheid te maan. Dat hy daarin geslaag het, ly geen twyfel nie, want Die Wege des Heeren met George Müller het, volgens getuienisse aan die vertaler, baie tot seën gestrek, en dit was 'n baie geliefde boekie.

Di Vinger Gods en sewe andere verhale is in 1884 uitgegee met 'n oplaag van 500. Dit is vertaal uit Nederlands deur C.P. Hoogenhout en E.J. du Toit en aan die oplossers van Bybelse raaisels in die Patriot opgedra. Daarom is die meeste verhale van 'n godsdienstige aard en het hulle ook 'n bepaalde strekking.

In 'n ‘woordjie vooraf’ word gesê: ‘Di geskiedenisse, wat di leser hierin aangebode word, is, naar ons stellig vertrou, ware gebeurtenisse uit die lewe genome, en sal ongetwyfeld in di smaak val. Di ‘Vinger Gods, sigbaar in di lewe van myn moeder’, is deur 'n Duitse leeraar, - die seun van di predikantsvrou, - self geskrewe; later is dit in Hollans vertaal, en deur 'n geliefde vrind en broeder weer in Afrikaans o'ergesit. Mog dit in syn nuwe kleed ewe welkom wees onder ons landgenote, as di verhaal in Duitsland en Holland gewees is; en mog menigeen daar nut uit trek!

[pagina 61]
[p. 61]

‘Vier van di verhale, nl.: “Di segen van di Bybel”, “Gristelike Wraak”, “Di styfhoofdige Koopman”, en “'n Ware Vrederegter”, is uit 'n werk van di welbekende, waarheidsliewende (nou o'erlede) skrywer Albertus Hardenberg. Syn werke spreek nog in Holland nadat hy gestorwe is. Mog dit by ons oek die geval wees!’

Die vernaamste verhaal is Di Vinger Gods sigbaar in di lewe van myn Moeder, maar dis besonder stroperig en sentimenteel. In traandeurweekte woorde vertel die seun ons met hoeveel opoffering sy moeder haar kinders laat leer het. Sy vader was 'n arm dorpspredikant wat hom weinig om die kinders bekommer het. Die moeder het die pastorietuin bewerk om die losiesgeld te verdien, maar sy was dikwels agterstallig. Op 'n keer kry sy dreigbriewe en dan sluit sy haar vir 'n dag en 'n nag op die solder op in gebed. Die wonder gebeur: 'n landheer stuur vir haar 'n pakkie geld!

Die nood klim hoog toe haar man se karige salaris verminder word en hy nog boonop sy skuld moet betaal. Maar die moeder skryf 'n brief aan Koning Wilhelm en hy skenk vryskelding. Dan vou sy haar hande en roep onder trane van blydskap uit: ‘Waarlik Gy syt 'n verborge God; dan gebruik gy 'n Landheer, dan weer 'n Koning om Uw rentemeester te wees’ ....

Die vader sterf skielik, maar na veel gesukkel is al die kinders uiteindelik klaar met hul studies en geniet sy 'n heerlike oudag, totdat sy ook verhuis na haar ewige tuiste.

Dit moes 'n heerlike verhaal vir die lesers gewees het en meer as een traan is seker gestort, maar die vertaler het dan ook sy doel bereik: om die lesers te wys op die verborge liefde van God en hoe Hy die mens se lewe rig.

Die Trane van 'n Kind vertel van die stigting van die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap. Al die orige verhale het 'n godsdienstige strekking en moet dien as 'n rigsnoer vir die lewe op die ondermaanse tranedal. So is die eerlike Koopman uiteindelik beloon, terwyl hy aanvanklik deur sy eerlikheid groot verliese in sy besigheid

[pagina 62]
[p. 62]

gely het. Die onverskillige matroos is weer deur 'n kind tot bekering gebring.

De Watergeneeskunde (1882) is bewerk uit ou en nuwe geskrifte deur ‘Iemand die overtuigd is van de waarheid’. naamlik James Blake en uit Engels deur C.P. Hoogenhout vertaal. Dit was bedoel as 'n Afrikaanse handleiding vir die Afrikaanse volk, want dit was 'n verkorting van 'n sestal dele oor watergeneeskunde.

In die voorrede sê die skrywer: ‘Over het lezen van dit werkje zult gij u nooit beklagen; maar dat is ons niet genoeg; wij verwachten ook dat gij WATERVRIENDEN zult worden, en uw invloed by anderen aanwenden om het ook te worden. Wij zijn zoo vast overtuigd, door ondervinding, van het nut van het koude bronwater aan ons eigen lichaam, dat wij niet langer mogten weigeren, aan het dringend versoek van anderen, die dezelfde ondervinding opgedaan hebben, om door het samenstellen van dit werkje ons Land en Volk ook nuttig te zijn.’

Die doel van die hele boekie word saamgevat in die gedig vooraf:

 
‘Ik wil, roemrijk geslacht! u duidelijk bewijzen
 
Hoe, door uw heeten dronk en prikkelende spijzen,
 
En 't zitten bij den haard en 't vreezen voor de lucht;
 
Uw zenuwkracht verzwakt en uw boezem zucht,
 
Mogt gij, hierdoor gewekt, uw loopbaan nu hervatten;
 
Van mij niet meer ontaard, de BRON veel hooger schatten.
 
Want zoo het waarheid is: dat Eendracht maakt de macht,
 
Dan is het even waar: het WATER geeft de kracht.
 
Laat, Landgenooten! dan u door deez' blaën bewegen;
 
Het is uw waar belang, en een zeer groote zegen,
 
Te keeren tot Natuur, tot haar bevalligheên;
 
Slechts door de kunst verpest tot droefheid en geween.’

Na 'n algemene beskouing oor water, volg 'n kort geskiedenis van die watergeneeskunde en dan rate vir

[pagina 63]
[p. 63]

die behandeling van verskillende siektes. Ons volstaan met een voorbeeld: Lewerkwaal. ‘Dagelijksche zweetbaden en stortbaden, omslagen goed uitgewrongen, en tweemaal in de 24 uren vernieuwd, op de omstreken der lever, vlijtig water drinken, veel beweging in die vrije natuur, en onthouding van alle verhittende spijs en drank en geestes inspanning.’

Daar is geen enkele siekte waaraan 'n mens kan dink, of daar is ook 'n water-raat voor nie, en ‘de wateraanwending, zoo als Priessnitz ze voorschrijft, heeft tot hiertoe nog altijd geholpen.’ Dit bewys ook die baie getuigskrifte van Afrikaners, wat agter in die boekie verskyn, o.a. van prof. N.J. Hofmeyr.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken