Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat (1940)

Informatie terzijde

Titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat
Afbeelding van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaatToon afbeelding van titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.99 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.31 MB)

tekstbestand






Editeur

P.J. Nienaber



Genre

proza

Subgenre

bijbel / bijbeltekst(en)


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

(1940)–C.P. Hoogenhout–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 65]
[p. 65]

7. Nederlands.

C.P. Hoogenhout het ook in Nederlands geskryf, en was jare lank mede-redakteur van Het Zuid Afrikaansche Tijdschrift. Hy was verantwoordelik vir die rubrieke ‘Boerderij’ en ‘Gezellig Tijdverdrijf’.

In ‘Boerderij’ het hy die tuin- en veeboere van nuttige raad bedien, vrae beantwoord, en goeie artikels uit buitelandse tydskrifte vertaal. Markoorsigte het hy ook gereeld gegee. Ons neem die uitgawe van Augustus 1889 tot voorbeeld. Die verbetering in die pryse van wyn en brandewyn, sê hy, hou stand. ‘Plant toch Amerikaansche stokken, nu het de regte tijd is! roepen wij onze wijnbouwers nogmaals toe. Later zult gij ons voor dien raad danken.’ Die plan om op Wellington 'n konfytfabriek op te rig, beskou hy 'n stap in die regte rigting. ‘Het te velde staande graan is prachtig en de oogst belooft veel; als wij door Hooger hand van roest bewaard blijven.’ Die perdeboer word ook nie vergeet nie, want die papies is lastig.

In die ‘Gezellig Tijdverdrijf’ het daar gewoonlik verskillende soorte raaisels verskyn.

Hoogenhout was 'n ywerige medewerker aan die Kersmisnommers van Ons Land, en die verhale daarin was gewoonlik in Nederlands gestel. As die beste verhaal kan ons beskou die een wat in die Kersmisnommer van 1907 verskyn het, waarmee hy die eerste prys verower het: Doe wel en zie niet om. As ondertitel vir die verhaal het hy 'n teks uit Prediker geneem: ‘Werp uw brood uit op het water, want gij zult het vinden na vele dagen.’

Dit is 'n ‘ware’ verhaal en is besonder vlot vertel. Ons merk niks van die tendens vóór die einde nie. Alles is só realisties beskryf dat ons moet meeleef.

Baie jare gelede het twee skoolmaats elke dag deur die Jodebuurt in Amsterdam gestap. Elke keer is hulle

[pagina 66]
[p. 66]

deur 'n trop skoenpoetsers bestorm, en op 'n sekere môre het 'n Joodjie bedeesd gevra of hy hulle skoene vir 'n cent kan poets. Skaars was hy besig toe hy deur 'n ruwe Jood daar weggeskop word met die woorde: ‘Awaai! en heb 'k je niet ghezegd blijf hier weg, of je grijgt op je shmoel.’

Hulle het die Joodjie jammer gekry en elkeen 'n dubbeltjie gegee toe hy van sy siek moeder en susters vertel het. Tog was hulle bevrees dat dit 'n ‘doortrapte Jodestreek’ was en op kersmismôre gaan hulle weer na die Jodebuurt. Hy neem hulle na sy siek moeder en hulle versorg haar. Levi, die Joodjie, was so dankbaar dat hy uitroep: ‘Zo mak ik ghezond blijven, nooit zal Levi vergeten wat je aan z'n memmele gedaan hebt.’

Die twee skoolmaats moes skei, want die een het na Suid-Afrika gekom waar hy fluks vorentoe geboer het. Baie jare daarna kom Levi ook na Suid-Afrika en toevallig kom hy een donker nag as bondeldraer op die plaas van sy weldoener uit. Hulle herken mekaar en met 'n ligter bondel gaan Levi die dag daarna verder.

Met die ontdekking van goud het die boer ook deelgeneem aan die goudspekulasies en al sy vermoë verloor. Brandarm het hy na Johannesburg gegaan om werk te soek. En wie ontmoet hy daar? Levi, wat bly was om sy weldoener terug te vind. Intussen het hy 'n mynmagnaat geword en nou kon hy hom vergoed. Eers het hy sy vriend as sy privaatsekretaris aangestel en spoedig hom sy vennoot gemaak.

‘“Werp uw brood uit op het water, want gij zult het vinden na vele dagen.” Ziet, daaraan wilde ik u maar herinnerd hebben. En, ten slotte, wens ik u allen een gelukkige Kerstmis en een gezegend Nieuw Jaar!’


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken