Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens. (1927)

Informatie terzijde

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

Scans (77.77 MB)

XML (0.39 MB)

tekstbestand






Genre

sec - letterkunde
sec - taalkunde

Subgenre

woordenboek / lexicon


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens.

(1927)–M.S.B. Kritzinger, E.J. Pienaar, A.A.M. de Villiers–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 7]
[p. 7]

A.

A. Nie 'n (g'n) A voor (van) 'n B ken nie: Baie ongeleerd wees: Not to know a B from a battledore (or a bull's foot).
As 'n mens A sê moet hy ook B sê: As iemand 'n ding begin te doen, moet hy daarmee aanhou: In for a penny in for a pound.
Van A tot Z: Van die begin tot die end: From A to Z.
AAMBEELD: Altyd op dieselfde aambeeld hamer (slaan): Altyd (tot vervelens toe) oor dieselfde onderwerp praat: To harp on the same string.
AAN: Aan iemand lê: Afhang van: It rests with.
Aan die gang (gaande): Aan die gebeur: On the go.
Hoog aan wees: Baie dronk wees: To be intoxicated.
AAND: Sy aand- en môrepraatjies kom (stem) nie ooreen nie: Hy bly nie altyd by wat hy sê nie: His statements are unreliable.
AANGEKLAM: Aangeklam wees: Effens dronk wees: To be slightly intoxicated.
AANGESIG: Iemand met twee aangesigte: 'n Vals persoon: A double-faced person.
AANGESKRYF: Goed (sleg) aangeskryf staan: (On)Gunstig bekend wees: To be in a person's good (bad) books.
AANGEWAAI: Êrens aangewaai kom: Toevallig of onverwags iewers aankom: To arrive at a place unexpectedly.
AANHOUER: Aanhouer wen: Deur aan te hou bereik 'n mens sy doel: Patience wins.
AANKLAM: By 'n nooi aanklam: Na 'n nooi vry. To try to win a girl's affection.
AANKOM: Nie daarop aankom nie: Dit maak nie saak nie: It does not matter.
AANKYK: Iemand skeef aankyk: Afkeuring van sy woorde of dade te kenne gee: To look askance at a person.
AANLÊ: By 'n nooi aanlê: Na 'n nooi vry: To try to win a girl's affection.
AANSIEN: Hoog in aansien wees: Hooggeag wees: To be highly respected.
Sonder aansien van persone: Sonder om onderskeid te maak: Without respect of persons.
AANSPOOR: Iemand aanspoor (aanpor): Aanmoedig: To encourage a person.
AANSPREEK: Iemand het die bottel goed aangespreek: Hy is dronk: To be intoxicated.
[pagina 8]
[p. 8]
AANSTALTE: Aanstalte maak: Met iets begin; begin klaarmaak vir iets: To prepare to.
AANSTOOT: 'n Steen des aanstoots: 'n Ergernis, hindernis: To be a stumbling block.
Aanstoot gee: Ergernis veroorsaak: To give offence.
Aanstoot neem: Beledig voel deur wat 'n ander gesê het: To take offence.
AANTREK: Hom 'n saak aantrek: Hom daaroor kwel: To take a matter to heart.
AANVAAR: Sy werk aanvaar: 'n Begin daarmee maak: To assume his duties.
AANVOOR: 'n Begin met iets maak; die rigting aangee: To begin a task.
AAP: 'n Aap in 'n porseleinekas (glaaskas): Baie onhandig wees; 'n ongewone posiesie: A bull in a china-shop.
Die aap kom uit die mou: Die geheime planne kom voor die dag: The cat's out of the bag.
Al dra 'n aap 'n goue ring, hy is en bly 'n lelike ding: Mooi klere alleen maak nie die man nie: You can't make a silk purse out of a sow's ear.
Dit weet die aap se stert: Elkeen weet dit: That is a self-evident truth.
Iemand is 'n aap: Dom: Stupid.
Hulle speel met jou: aap wat het (ben) jy 'n mooie jonge: Hulle vlei jou: To fawn upon a person.
Lyk of iemand van die ape gekul is: Erg beteuterd lyk: To look perplexed and dismayed.
Die aapstuipe kry: Baie kwaad wees; homself nie meer kan bedwing nie. To be beside oneself with rage.
AAPSTERT: Sambok: Sjambok.
AARD: In die aard van die saak: Dit spreek vanself: It is in the nature of things.
AARDE: In goeie aarde val: Opienies wat gunstig ontvang word: To fall on good ground.
Die aarde (wêreld) was toe te koud vir hom om op te trap: Hulle wis nie wat hulle vir hom moes doen nie: Nothing was too good for him.
AARDJIE: 'n Aardjie na sy vaartjie: Net soos sy pa: Like father like son; a chip of the old block.
AARTAPPEL: kyk Ertappel.
AAS: Waar die aas is, versamel die arende: Die mense gaan altyd na 'n plek, waar hulle iets in hulle voordeel kan kry (in ongunstige betekenis): Where the carcass is, there shall the eagles be gathered together.
[pagina 9]
[p. 9]
AASVOËL: Sy lyf aasvoël hou: Net teen etenstyd op 'n plek kom en direk daarna vertrek: To arrive at meal times.
Iemand is 'n aasvoël: 'n Vraat: A glutton.
Die aasvoëls het sy broek beet gehad: Sy broek is baie stukkend: His trousers are in tatters.
ABC: Die abc van iets: Die eerste beginsels: The ABC of.
ABRAKADABRA: Onverstaanbare taal: Abracadabra.
ADAM: Adam sê dis Eva en Eva sê dis die slang: Gesê van iemand wat hom verontskuldig: Adam blamed Eve, Eve in turn the snake.
Iemand nie van Adam af ken nie: Iemand gladnie ken nie: Not to know him from Adam.
Famielie van Adam se kant: Baie ver (of gladnie) famielie (nie): Distantly related or not related at all.
ADONIS: 'n Baie mooi man: An Adonis.
ADRES: Aan iemand se adres: Vir iemand bedoel: Intended for someone.
By die verkeerde adres wees: Nie by die persoon wat hulp kan verleen nie: To be in the wrong boat.
ADVERTEER: Iemand adverteer homself: Gesê van iemand, wat altyd net van homself ens. praat: To advertise oneself.
ADVOKAAT: Iemand praat (pleit) soos 'n advokaat: Gesê van iemand wat baie glad is met sy tong: To have the gift of the gab.
AFBREUK: Afbreuk doen aan iemand: Iemand benadeel: To cause damage to someone.
AFDRAAND: Op die afdraand wees met sy brieke los: Deur sy eie skuld sy ondergang vinnig tegemoet gaan: To cause one's downfall.
Op die afdraand wees: Agteruitgaan: To be on the decline.
AFGEDANKSTE: Iemand 'n afgedankste loesing (pak) gee: Iemand 'n deftige pak slae gee: To give someone a severe hiding.
AFGEREM: Afgerem: Gesê van iemand wat moeg en afgewerk lyk: To have a drawn, worn out appearance.
AFGOD: 'n Afgod maak van: Baie verslaaf wees aan: To worship.
AFHAAL: Iemand afhaal: Iemand beledig: To insult a person.
AFJAK: Iemand afjak: Iemand 'n kortaf antwoord gee; iemand afsnou: To snub a person.
AFKLIM: Op iemand afklim: Iemand slegsê, berispe: To go for a person.
[pagina 10]
[p. 10]
AFKONKEL: 'n Persoon van iemand anders afkonkel: Iemand op 'n slinkse manier van 'n ander wegkry (afrokkel): To coax one person away from another.
AFLEER: Iemand iets afleer: Iemand so straf of berispe oor wat hy gedoen het, dat hy hom nie weer aan dieselfde daad skuldig sal maak nie: To cure a person of something.
AFLOOP: Wat was die afloop van die saak?: Hoe het die saak geëindig?: How did it end?
AFMAAK: Met iemand afmaak: Vrede met iemand maak: To become friends again.
AFPERS: Geld van iemand afpers: Geld kry deur dwang op iemand uit te oefen: To obtain money by extortion.
AFRANSEL: Iemand afransel: Iemand 'n pak slae gee: To give someone a hiding.
AFREKEN: Met iemand afreken: Iemand swaar straf: To administer a well-deserved punishment.
AFSAAL: Êrens afsaal: Êrens vry: To go a-courting somewhere.
AFSIEN: Van iets af sien: Iets laat staan: To give up.
AFSKEEP: Iemand afskeep: 'n Persoon nie gee wat hom toekom nie: Not to give a person his due.
AFSMEER: Aan iemand iets afsmeer: Iemand op 'n oneerlike wyse iets minderwaardigs verkoop: To palm off a thing upon a person.
AFSNOU: Iemand afsnou: Iemand 'n kortaf, onbeleefde antwoord gee: To snub a person.
AFTOG: Die aftog blaas: Die teken gee om terug te trek: To sound the retreat.
AG: Jouself in ag neem: Jouself oppas: Take care of yourself.
Nie ag op iets slaan nie: Nie notiesie van iets neem nie: Not to pay attention to.
AGIE: Jou nuuskierige Agie!: 'n Skeldwoord vir iemand wat baie nuuskierig is: You inquisitive imp!
Nuuskierige Agies hoort in die wolwehok: Gebruik vir 'n nuuskierige persoon: Curiosity killed the cat.
AGTER: Agter iets kom: Iets uitvind: To hit upon.
Daar sit (steek, skuil) iets agter: Gebruik as ons vermoed, dat die eintlike doel verberg word: There is something behind that.
AGTERAF: Agteraf mense: Onbeskaafde mense: Uncultured people.
Iemand doen iets agteraf: In die geheim, in die stilte iets doen: To do something on the sly.
AGTERBAKS: Op 'n skelm manier: In an underhand way.
[pagina 11]
[p. 11]
AGTERBLY: Agterbly wen: Die persoon wat die laaste by die wenpaal kom sal as die winner beskou word: The loser wins.
AGTERDEUR: 'n Agterdeur oophou: Sorg dat daar 'n moontlike uitweg is: To keep a backdoor open.
AGTERLAAIER: 'n Manel: A frock-coat.
AGTERMEKAAR: Iets agtermekaar sit: Iets regmaak: To put something straight.
Iets is agtermekaar: Gesê van 'n saak wat heeltemal in orde of reg is: The matter is in order.
'n Agtermekaar kêrel: Iemand op wie 'n mens kan staatmaak: A strong-minded fellow.
AGTEROPSKOP: Baie vrolik en gelukkig wees: To be happy and gay.
AGTEROS: Agteros kom ook in die kraal (juk): Die swakste, stadigste, domste persoon kry ook 'n kans of bereik op die eind ook nog sy doel: Slow but sure.
AGTERPOTE: Iemand is gou op sy agterpote: Iemand word gou kwaad: A quick-tempered person.
AGTERRYER: 'n Persoon wat vir 'n ander allerhande vernederende dingetjies moet doen: An obsequious follower.
AGTERSTEVOOR: 'n Perd agterstevoor ry: 'n Saak verkeerd aanpak: To put the cart before the horse.
In alles agterstevoor wees: Alles op 'n verkeerde manier doen: To set about everything in the wrong way.
Agterstevoor suinig: Verkeerde suinigheid: Penny wise and pound foolish.
AGTERWEË: Iets agterweë laat: Nie oor iets praat nie: To drop the matter.
AKKOORD: Akkoord gaan met iets: Met een of ander voorstel saamgaan: To be at one about a matter.
Akkoord! Ooreenkom! Done! Agreed!
ALARM: 'n Vals alarm: 'n Opskudding of onrus, waarvoor daar nie grond bestaan nie: A false alarm.
ALJIMMERS: Altyd, gedurig: Always, time after time.
ALKANT: Dis alkant selfkant: Dis net eners, hoe dit ook kom: It is six of the one and half a dozen of the other.
ALLA! } Uitroep om verbasing. aan te dui: Goodness! Good Gracious!
ALLEMASTIG! } Uitroep om verbasing. aan te dui: Goodness! Good Gracious!
ALLEMATJIES! } Uitroep om verbasing. aan te dui: Goodness! Good Gracious!
ALLEMENSIG! } Uitroep om verbasing. aan te dui: Goodness! Good Gracious!
ALLEWÊRELD! } Uitroep om verbasing. aan te dui: Goodness! Good Gracious!
ALLEMAN: Allemans vriend is niemands vriend: Elke mens het sy besonderse vriende (en dié kan hy vertrou): A friend to everybody is a friend to nobody.
[pagina 12]
[p. 12]
ALLENIG: Iemand is nie allenig nie: Iemand is dronk: To be intoxicated.
ALMASKIE! } Nieteenstaande: All the same; but still.
ALMISKIE! } Nieteenstaande: All the same; but still.
ALMELEWE: Gedurigdeur, altyd: Always.
ALTEMIT: Dis nie altemit nie: Dis heeltemal seker; dit is so: There is no doubt about that.
AMBAG: 'n Man van twaalf ambagte en dertien ongelukke: Gebruik van iemand wat niks behoorlik kan doen nie: Jack of all trades, and master of none.
AMBRAAL: 'n Woord spottend gebruik vir iemand, wat 'n bietjie siekerig is: To feel seedy.
AMEN: Amen sê op alles: Alles goedkeur: To agree to everything.
So seker as amen in die kerk: Baie seker: As sure as fate.
AMMUNIESIE: Ammuniesie insamel: Klaarmaak om iets te doen: To prepare onself for a certain task.
AMPER: Amper maar nog nie stamper nie; Amper is op die blok se stamper: Dit het byna geluk: A miss is as good as a mile.
ANDERLAND: Anderland-toe gaan: Oorsee, na die buiteland toe: To travel over sea (abroad).
ANKER: Iewers anker gooi: Êrens gaan om te vry: To make love.
ANTJIE TATERAT: Iemand wat skinder: A gossip.
ANTJIE SOMER: 'n Lelike persoon of rower om kinders mee bang te maak: A bogeyman.
APOSTELPERDE: Te voet: To ride shank's pony.
APPEL: Iets vir 'n appel en 'n ei verkoop: Iets spotgoedkoop verkoop: To sell for a mere song.
Die appel val nie ver van die boom nie: Die geaardheid van die ouers word deur die kinders oorgeërf: Like sire, like son; a chip of the old block.
'n Suur appel deurbyt: 'n Onaangename taak wat verrig moet word: To have to swallow the pill.
'n Appeltjie met iemand te skil hê: 'n Neetlige saak met iemand afhandel: To have a bone (or a crow) to pick with a person.
'n Appeltjie vir die dors: Iets bewaar om dit later te gebruik: To lay by for a rainy day.
APPELPOE: Iemand is verkeerde appelpoe: Gebruik van iemand wat heeltemal verkeerd is: To be totally in the wrong.
ARBEID: Arbeid adel: Werk veredel 'n mens: Labour ennobles.
[pagina 13]
[p. 13]
ARM: Iemand lig sy arm: Hy drink: He lifts his elbow.
Iemand moet onder 'n ander se arm gaan ruik: Erken dat die ander sy meerdere is: To recognise someone as one's superior.
Iemand in die arm neem: Iemand se hulp inroep: To call in someone's help.
Iemand met oop arms ontvang: Iemand baie hartlik ontvang: To receive someone with open arms.
ARMBEURS: 'n Stuiwer in die armbeurs gooi: Ongenooi saampraat oor iets: To join in a conversation.
ARMOEDE: Armoede is geen skande nie: Dis nie 'n skande om arm te wees nie: It is no disgrace to be poor.
As die armoede by die voordeur inkom, gaan die liefde by die agterdeur uit: Liefde word in die getroude lewe minder as armoede druk: When poverty enters the door, love flies out at the window.
AS: As is verbrande hout: Dit word aan iemand gesê, wat allerhande soorte moontlike en onmoontlike veronderstellings maak en dus al sy sinne met ‘as’ begin: If ifs and ands were pots and pans.
Jy kan hom uit die as skop: Hy is 'n niksbeduidende kêrel: He is a nonentity.
Iemand se hand in die as slaan: Iemand oortref; iemand uitsit by sy nooi: To oust; to cut out.
ASEM: Sy asem ophou vir die uitslag: Vrees dat die resultaat nie bevredigend sal wees nie: To fear the result.
ASHOOP: Iemand sit op die ashoop: Moedeloos of treurig wees: To feel hopelessly despondent.
ASJAS: 'n Ou asjas (askoek) wees: 'n Sukkelaar wees: A ne'er-do-well, good-for-nothing.
ASKOEKSLAAN: 'n Eienaardige Hotnotsdans: A peculiar Hottentot dance.
'N ASLÊER: 'n Slegte persoon: A good-for-nothing.
ASPAAI! Pasop! I spy!

Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken