Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens. (1927)

Informatie terzijde

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

Scans (77.77 MB)

XML (0.39 MB)

tekstbestand






Genre

sec - letterkunde
sec - taalkunde

Subgenre

woordenboek / lexicon


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens.

(1927)–M.S.B. Kritzinger, E.J. Pienaar, A.A.M. de Villiers–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende

D.

DAAD: Die daad by die woord voeg: Dadelik handelend optree: To suit the action to the word.
DAANTJIE: Tot by oom Daantjie in die kalwerhok: So ver as moontlik: To the furthest extreme.
DAARNATOE: Dit is daarnatoe: Dit kom daar nie op aan nie, dit is nou eenmaal so: It does not matter.
DADELS: Daar kom dadels van: Daar sal niks van kom nie: It will not happen.
Dadels gee: 'n Pak slae gee: To give someone a hiding.
DAG: Rome is nie in een dag gebou nie: Wees geduldig, goeie dinge kom langsaam: Rome was not built in a day.
Jonk van jare, maar oud van dae: Nog jonk, maar met baie ondervinding: An old head on young shoulders.
Voor dag en dou (dou voor dag) opstaan: Baie vroeg opstaan: To rise with the lark.
Die saak is so klaar soos die dag: Heeltemal duidelik: The matter is as clear as daylight.
Van die nag 'n dag maak: Laat na bed gaan en laat opstaan: To turn night into day.
Die kwaad sal aan die dag kom: Dit sal uitkom: The evil will come to light.
Met iets nuuts voor die ('n) dag kom: Iets onbekends uitvind of vertel: To introduce something new.
Verag nie die dag van klein dinge nie: 'n Klein begin kan tot groot dinge lei: Do not despise the day of small things.
Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad: Wees nie besorg oor wat môre sal gebeur nie; bekommer jou nie oor die toekoms nie: Sufficient for the day is the evil thereof
[pagina 28]
[p. 28]
Op sy ou dag: Toe hy al oud was: In old age.
Die dag kom uit die nag: Die goeie kom uit die slegte: Out of evil, good will come.
DAK: Die huis het 'n dak: Dit word gesê aan iemand wat met sy hoed op, die huis ingestap kom: He wears his hat in the house.
Daar is te veel dak op die huis: Daar is mense wat afluister: There are eavesdroppers; walls have ears.
Iets van die dakke af predik: Openlik, orals iets verkondig: To proclaim from the house-tops.
DAN: So dan en wan: Af en toe: Now and then.
DANKBAAR: Dankbare aarde: Grond wat met bietjie bemesting baie goeie resultate oplewer: Rather fertile ground.
DANKIE: Hy kan dankie sê! Ek sal dit nooit doen nie! He'll have to wait very long!
DANS: Die poppe is aan dans: Die moeilikheid het begin: The fat is in the fire.
Die dans vryspring: Hy het vrygekom: He got off scot-free.
Na iemand se pype dans: Doen wat 'n ander een sê: To dance to someone's tune, or piping.
DAPPER: Met Dapper en Stapper gaan: Te voet loop: To ride shank's pony.
DAWID: Weet waar Dawid die wortels gegraaf het (ook, Iemand wys waar Dawid ens.): Op die hoogte van 'n saak wees; iemand op die hoogte bring: To know how many beans go to make five; to know what is what.
DEMP: Die put demp as die kalf verdrink het: Die fout herstel as dit al te laat is: To lock the stable-door after the steed is stolen.
DERDEGELUI: Iemand is 'n ou derdegelui: Gebruik vir iemand wat baie stadig is: A very slow person.
DERDEMANNETJIE: Derdemannetjie speel: Iemand wat 'n verliefde paar deur sy teenwoordigheid hinder; nie die belangrikste rol speel nie; 'n soort piekniekspeletjie: To be gooseberry; to play second fiddle; to play two's and three's.
DEUNTJIE: Die deuntjie (rympie) al goed ken: Iets goed ken deur dit herhaaldelik te vertel: To know by heart.
'n Ander deuntjie sing (fluit): Iets sê wat gladnie ooreenstem met wat hy eers beweer het nie: To sing a different tune.
DEUR: Vee eers voor jou eie deur: Verbeter eers jou eie foute: To sweep before one's own door.
[pagina 29]
[p. 29]
Met die deur in die huis val: Dadelik sonder omweë met iets begin: To rush at once into the thick of the matter.
As elkeen voor sy eie deur vee, sal die straat skoon wees: As elkeen sy plig doen, sal daar baie verrig word: If each one does his little bit much can be done.
As jy self agter die deur staan, dan soek jy 'n ander ook daar: Jou eie gebreke sien jy maklik in 'n ander ook raak: To measure other people's corn by your own bushel.
'n Deur oopmaak (oopsit) vir iets: Geleentheid gee daartoe: To give an opportunity for.
DEURDRUK: Deurdruk tot die end toe: Aanhou tot die doel bereik is: To persevere.
DEURLOOP: Iemand laat deurloop: 'n Pak slae gee; berispe: To give someone a hiding; to rebuke.
Deurloop dag-toe: Aanhou tot dit dag is: To keep on the whole night.
DEURMEKAAR: Dit was glad deurmekaar: Dit was nie in orde nie: It was quite topsy-turvy.
DEURSLAG: Deurslag gee aan iets: 'n Saak beslis: To provide the decisive factor in a matter.
DIEF: Een dief met 'n ander dief vang: 'n Skelm weet hoe skelms te werk gaan: Set a thief to catch a thief.
Daar is 'n dief aan die kers: Die kers drup: There's a thief in the candle, i.e. the candle is dripping.
'n Deurtrapte dief: 'n Dief, wat sy werk ken: An expert thief.
Elkeen is 'n dief in sy nering: Iedereen sorg vir homself die eerste of beste: Everybody is a thief in his trade.
DIENS: Een diens is 'n ander diens werd: Bewys 'n guns aan iemand, dan is hy 'n guns aan jou verskuldig: One good turn deserves another.
DIG: So dig soos 'n pot: Word gesê van iemand wat 'n geheim goed bewaar: To be very close.
Iets dig hou: Geheim hou: To keep something secret.
DIK: Deur dik en dun help: Onder alle omstandighede: To assist through thick and thin.
Dik maats wees: Baie groot maats wees: To be intimate friends.
Daar dik in sit: Ryk wees: To be well-to-do.
DINGES: By Dinges iets gehoor: Gebruik as 'n mens die naam van die persoon van wie gepraat word, vergeet het: I heard it from what's-his-name?
DISNIS: Iemand disnis werk: Iemand heeltemal oortref: To surpass.
DIT: Oor dit en dat praat: Oor verskillende sake: Small talk.
[pagina 30]
[p. 30]
DOEKIES: Moenie doekies omdraai nie: Vertel alles reguit, moenie iets wegsteek nie: Do not try to mince matters.
DOEL: 'n Doel bereik: Sy sin kry, sy oogmerk behaal: To achieve an end.
Die doel heilig die middele: Enige middel is geregverdig as die doel maar goed is: The end justifies the means.
DOEN: In iemand se doen en late: In sy optrede; soos hy handel: In one's comings and goings.
DOEPA: 'n Meisie doepa ingee: 'n Meisie met behulp van medisyne op jou verlief laat raak: To drug (or dope) a girl.
DOKKIES: Iemand 'n albaster laat verdien deur hom op die kneukel daarmee te skiet: To give someone a marble after he has been shot on his knuckles.
DOMASTRANT: Iemand is domastrant: Gesê van iemand wat onverskillig en parmantig is: To be impudent.
DOMKOP: Domoor; dommerik: Blockhead, dunce.
DONKERWERK: Donkerwerk is konkelwerk: Werk wat in die donker gedoen word, kan nie goed wees nie: If a person does things in the dark, he makes a mess of it.
DOOD: Dis sy dood: 'n Boesemsonde wat 'n mens nie kan laat vaar nie en wat die ondergang van die persoon kan veroorsaak: That will cause his fall.
Iemand is dood in die nood: Baie bang wees: To be dead scared.
Net goed wees om die dood te gaan haal: Baie stadig wees: Too slow to catch a snail.
Om die dood nie: Gladnie; nooit: Never, under no circumstances.
Wat nie dood maak nie, maak vet: Gesê wanneer 'n mens iets onaantrekliks of onbekends eet: We won't die if we eat this.
Nie bang vir die dood nie, maar vir die lank wegbly: 'n Omslagtige manier om te sê, dat 'n mens darem bang is om dood te gaan: I do not fear death, but the staying away.
Iemand die dood op die lyf ja: Iemand groot laat skrik: To frighten the wits out of somebody.
Dood soos 'n mossie: Morsdood: As dead as a doornail; as dead as mutton.
Die dood is in die pot: Alle opgeruimdheid is weg; Death is in the pot.
Dood moet 'n oorsaak hê: Dit is nie moeilik om ekskusies te kry nie: It's not difficult to find excuses.
Die een man se dood is die ander man se brood: kyk Brood.
[pagina 31]
[p. 31]
Daar is meer as een manier om 'n kat dood te maak: 'n Mens kan 'n saak op verskillende maniere aanpak en tog 'n sukses daarvan maak: There are more ways of killing a cat than drowning it in cream.
Van die dood in die wêreld gekom het, is 'n mens nie van sy lewe seker nie: 'n Mens weet nie wat in die toekoms sal gebeur nie: We don't know what the future will bring.
Liewers dood baklei as dood eet: Deur iemand gebruik as ander by hom aandring om nog iets te eet, terwyl hy al genoeg het: Prefer a soldier's to a glutton's death.
Liewer dood as uit die mode: Gesê van persone wat altyd die mode volg: Rather dead than out of fashion.
My dood kry is min (Totius in ‘Besembos’): Hulle kan maak wat hulle wil, hulle sal my tog nie dood kan maak nie: In vain they will try to blot me out.
Doodgegooi op 'n nooi: Baie verlief wees: Badly in love with a girl.
DOODGERUS: Heeltemal gerus: Without suspecting anything.
DOOF: So doof soos 'n kwartel: Baie doof wees: To be stone deaf, as deaf as an adder, as deaf as a post.
Niemand is so doof as wie nie wil hoor nie: Gesê van iemand wat nie na raad wil luister nie: None so deaf as those who won't hear.
In die doofpot stop: Probeer om iets te laat vergeet: To hush up a thing.
Aan dowemans- (dooiemans-) deur klop: Die mense nie tuis kry nie of tevergeefs om hulp vra by iemand: To sollicit in vain.
DOOS: Uit die ou doos: Iets ouderwets; uit vanmelewe se dae: Something old-fashioned; from bygone days.
DOP: Iemand dop (in die gate) hou: In die oog hou: To keep an eye on someone.
'n Stywe dop steek: 'n Groot sopie drink; van drank hou: To take a big tot; to be addicted to drink.
Dit is doppie in die emmer met hom: Dis klaar met hom: He is done for.
Jy kan gaan doppies blaas: Jy probeer tevergeefs: To try in vain.
DORING: 'n Doring in die oog: Iets wat hinderlik of onaangenaam is: An eyesore.
'n Doring in die vlees: Iets wat las en moeite veroorsaak: A thorn in the side, or flesh.
Ou doring: 'n Uitdrukking van bewondering of spot: Bravo! Well done!
[pagina 32]
[p. 32]
DOU: Dou voor dag: kyk Dag.
DRAAD: Die draad kwyt wees: Nie meer weet wat 'n mens doen nie: To have lost the thread.
Iemand se draad knip: Iemand benadeel (bv. by 'n nooi): To put a spoke in his wheel.
Iemand is kort van draad: Kortgebonde, baie gou kwaad word: He is quick-tempered.
DRAADSITTER: Iemand is 'n draadsitter: Gesê van iemand wat wag om te sien, hoe die saak afloop, voordat hy hom daarin meng; 'n afwagtende houding aanneem: Somebody who waits to see which way the wind blows; to sit on the fence.
DRAADTREKKER: Iemand is 'n draadtrekker: Hy is verantwoordelik vir die slegte dinge wat daar gebeur het: The leader of a conspiracy.
DRAADWERK: Iemand is vol draadwerk: Hy is 'n lastige persoon; hy het baie nukke of skelm plannetjies: He has many fads and fancies.
DRAAI: Jy sal jou draai verloor by my: Ek sal jou slaan: You will find out your mistake.
Iemand draai by 'n nooi: Hy vry na haar: To make love to a girl.
Nie sy draai kry nie: Nie tyd hê om iets te doen of klaar te maak nie: Will not manage in time.
'n Kaapse draai: Kort draaie: To take sharp turns.
By die Kaap draai: 'n Lang omweg gaan: A round-about-way.
'n Draai aan iets gee: Iets verkeerd voorstel om sodoende voordeel daaruit te trek: To give a matter another turn, to put a new face on something.
In 'n nou (lelike) draai kom: In moeilikheid of gevaar kom: To get into trouble.
DRAAK: Met iemand die draak steek: Hom vir die gek hou: To play the fool with someone.
DREL } 'n baie stadige persoon: A very slow person.
DRELKOUS: } 'n baie stadige persoon: A very slow person.
DRIE: Alle goeie dinge bestaan uit drie: 'n Mens moet iets driemaal probeer, voor hy dit opgee: The third time is lucky; three strings make a cable.
DROEFHEID: O droefheid op note: Dit is baie jammer: How sad! What a pity!
DROME: Drome is bedrog: 'n Mens kan nie op drome staat maak nie: One cannot rely on dreams.
DRONK: Dit slaan my dronk: Ek begryp dit gladnie: That beats me hollow!
[pagina 33]
[p. 33]
Dit is sommer dronkstories: Lawwe praatjies: It is only idle talk.
DROOG: Ewe hoog en droog sit: In veiligheid wees: To be out of harm's way.
Nie eers droog agter die ore nie: Baie jonk en onervare wees: To be a greenhorn.
Met 'n droë bek tuisgekom: Teleurgestel wees: To be disappointed.
DROOGSIT: Iemand droogsit: Iemand 'n nederlaag laat ly: To get the better of someone.
DROOM: Iemand uit die droom help: Iemand vertel hoe sake staan: To undeceive a person.
Wie het dit kon droom: Wie het dit ooit kon dink: Who could have dreamt of such a thing!
Drome is bedrog: 'n Mens kan nie gaan na wat hy droom nie: Dreams are idle things.
'n Kind droomland-toe stuur: 'n Kind aan slaap maak: To send a child straight to the Land of Nod.
DRUIPSTERT: Druipstert wegloop; Met die stert tussen die bene wegloop: Ewe verleë weggaan: To sneak away.
DRUIWE: Die druiwe is suur: Iets verkleineer, wat hy graag wil hê, maar nie kan kry nie: The grapes are sour.
Sy druiwe teëkom: Hom kul, iemand kry wat hom baasraak: To meet his match.
Iemand het druiwekar gery: Hy is dronk: To be intoxicated.
DRUK: Iemand se voetstappe druk: Sy voorbeeld navolg: To follow in his footsteps.
DRUKKERSDUIWEL: Die wese waaraan al die drukfoute ens. toegeskryf word: The printer's devil.
DRUPPEL: 'n Druppel water in die see; 'n Druppel in 'n emmer: Baie min: To be a drop in the ocean.
Na mekaar lyk soos twee druppels water: Besonder baie na mekaar lyk: To be as like as two peas.
DRYF: Iets te ver dryf: Te ver gaan: To overdo.
DUBBELTJIE: Jy het ook 'n dubbeltjie in die viool: Jy het ook iets daarmee te doen: You also have a finger in the pie.
Eer die pad vol dubbeltjies (dorings, duiweltjies) word: Gaan vertel gou (deur kinders gebruik): Be quick about it!
DUI: Iemand iets ten kwade dui: Hom dit kwalik neem: To take something amiss.
DUIE: Die plan het in duie geval: Het misluk: The project miscarried.
[pagina 34]
[p. 34]
DUIM: Duim vir iemand vas hou: Na iemand se sukses verlang: To hold thumbs for someone.
Op sy duim fluit vir iets: Dit nie weer terug kry nie: To whistle for it.
Uit sy duim suig: Wat hy self opgemaak het: To trump up a story.
Iemand onder die duim hou; Iemand die duim op die keel hou: Onder strenge toesig hou; in sy mag hê: To keep someone under one's thumb.
Dit op sy duimpie ken: Hy ken dit baie goed: To have something at one's fingers' ends.
DUISEND: 'n Man duisend: 'n Knap, eersteklas man: A fine man.
DUISMAN (DIESMAN): 'n Witman: A white man.
DUISTERNIS: 'n Duisternis van mense: Baie: Very many.
DUIWE: Onder iemand se duiwe skiet: Iemand benadeel, oneerlik mededing: To encroach upon a person's rights.
DUIWEL: Hoe meer die duiwel het, hoe meer wil hy hê: As 'n persoon baie besit, wil hy altyd nog meer hê: The more one has the more one wants.
So bang vir iets as 'n duiwel vir 'n slypsteen (draaisteen): Baie bang vir iets wees: To be frightened of something.
Te dom om voor die duiwel te dans: Gesê van 'n baie dom mens: To be very stupid.
Ledigheid is die duiwel se oorkussing: As 'n mens ledig is, doen hy maklik kwaad: Idleness is the root of all evil; Satan always finds mischief for idle hands to do.
Die duiwel is los: Die gruwelikste dinge gebeur: Now the fat is in the fire.
Die duiwel in wees: Baie kwaad wees: To be in a vicious temper.
Praat van die duiwel: Gebruik wanneer 'n persoon van wie gepraat word, onverwags op die toneel kom: Speak of angels and you hear the flutter of their wings; talk of the devil, and he's sure to appear.
Loop asof die duiwel agter hom is: Vreeslik vinnig loop: To walk very fast.
Stille water, diepe grond, onder draai die duiwel rond: Gebruik van skynbaar stil mense, wat agteraf allerhande (slegte) dinge doen: Still waters run deep.
Gee die duiwel wat hom toekom: Gee elkeen die deel (eer) waarop hy geregtig is: Give the devil his due.
DUNK: Hoë dunk hê van: 'n Goeie opienie hê van: To think much of.
DUUR: Op die duur: Op die ou end: In the long run.
[pagina 35]
[p. 35]
DWAAL: Dit is menslik om te dwaal: Elkeen kan 'n fout maak: To err is human.
DWARSDEUR: Iemand dwarsdeur kyk: Baie kwaad wees vir iemand: To look daggers at a person.
'N DWARSTREKKER: 'n Persoon wat altyd anders wil handel as 'n ander en so onaangenaamheid veroorsaak: A squabbler.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken