Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Versamelde werke (1984)

Informatie terzijde

Titelpagina van Versamelde werke
Afbeelding van Versamelde werkeToon afbeelding van titelpagina van Versamelde werke

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (8.16 MB)

ebook (5.04 MB)

XML (3.61 MB)

tekstbestand






Editeur

Leon Rousseau



Genre

poëzie
drama
non-fictie

Subgenre

verzameld werk
non-fictie/koloniën-reizen


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Versamelde werke

(1984)–Eugène Marais–rechtenstatus Auteursrechtelijk beschermd

Vorige Volgende

11 Op Troue Perd deur 'n Engelse Oormag Heen

Die paar aantekeninge omtrent die ou oorlogsmuil Ou Leeu het verskeie berigte van ou vriende ten gevolge gehad waarin heelparty ander avonture van die dappere ou held vermeld word. 'n Vriend herinner my aan verskeie perde van genl. Beyers se kommando wat ook gedurende die bittere stryd in die Noorde eienaardige oorlogsgewoontes aangeleer het. Een van dié het ek self ook baie goed geken - 'n perd wat gedurende en na die oorlog 'n vermaardheid erlang het wat gelyk staan met die van Ou Leeu. Dit was die swart Arabiese hingsie van kapt. Sois Boshoff. Die naam van die perd het my ongelukkig ontgaan, nieteenstaande die feit dat hy vir 'n lang tyd deur kapt. Boshoff aan my sorg toevertrou werd. My korrespondent noem ook nie die naam nie, sodat hy in hierdie artikel sal deurgaan as die Arabier. Die perd was eintlik 'n Basoeto-ponie, maar soos alle perdekenners weet, kom die eienaardighede van hul Arabiese afkoms dikwels in individue van hierdie ras voor. Kapt. Boshoff se hings was op die oog 'n volbloed-Arabier met al die moed en trou van hierdie vermaarde ras, en al die verstand ook.

Dit is selde of nooit dat 'n perd werklike liefde vir sy baas toon, seker nooit die liefde wat byvoorbeeld 'n hond dikwels teenoor 'n mens koester. Hierdie Arabier was 'n merkwaardige uitsondering. As daar ooit 'n dier was wat 'n mens liefgehad het - en dit op verskeie wyse getoon het - dan was dit hierdie perd in sy verhouding tot sy baas.

Hy was klein - 'n egte beenkop - en pikswart van klou tot oor. Nooit in my

[pagina 278]
[p. 278]

lewe het ek 'n perd gesien so rats tussen rotse of op die gevaarlikste bergpaaie nie. Onnodig om te sê dat dit 'n eienaardigheid was wat vir kapt. Boshoff van die grootste nut was.

Kaptein Boshoff was die jongste lid van die kommando: hy het aangesluit toe hy vyftien jaar oud was, en was spoedig een van genl. Beyers se mees vertroude verkenners. Die tallose avonture wat hy deurgegaan het, leef nog in die publieke geheue in die Noorde voort, en in al die gevare wat hy moes deurgaan, was die Arabier steeds 'n getroue metgesel wat sy baas nooit in die steek gelaat het nie en verskeie male met sy lewe gered het. Ek sal graag eendag 'n breedvoerige geskiedenis van kapt. Boshoff se oorlogsloopbaan skrywe; en daarin sal die Arabier geen geringe rol speel nie. Dit is hier en nou slegs moontlik om 'n paar episodes op te noem.

Mettertyd het die Arabier ook 'n ware besef van die bron van gevaar gedurende die oorlog opgedoen. Hy wis dat die Kakies die vyand was wat moes vermy of vernietig word na gelang van omstandighede, en hy kon sy baas deur sy houding tydig kennis gee van die nabyheid van die vyand voordat hulle sigbaar was. In plaas van veld-in die vlug te neem as die eerste skote val - soos die meeste perde geneig is om te doen - het die Arabier altyd regstreeks na sy baas gehardloop met 'n aanhoudende gerunnik wat aanhou totdat hy opgesaal en bestyg is. Vir stormloop was hy nooit bevrees nie, solank as sy baas op sy rug is. Hy het verskeie male op die vyandelike linie gestorm met dieselfde opgewondenheid en vreesloosheid wat hy op 'n tentoonstelling sou toon. En wanneer daar moes gevlug word, was daar geen perd in die kommando wat by die Arabier kon bly nie. Dit was nooit nodig om hom te stuur nie. Hy het altyd sy eie pad gekies en ek glo nie dat hy ooit in sy lewe gestruikel het nie, nieteenstaande die feit dat die grootste deel van sy lewe in die ruie gebergtes van Waterberg en Soutpansberg geslyt werd.

In die beroemde klein slag van Oskloof het hy kapt. Boshoff se lewe op merkwaardige wyse gered. 'n Afdeling van genl. Beyers se kommando, tesame met die Kaapse Ruiters onder kmdt. Rousseau, het in Oskloof gekamp toe hul skielik vasgekeer werd deur 'n oormag Engelse troepe wat die wagte oorrompel het. Oskloof is aan die bo-end deur steil kranse ommuur. Daar is verskeie plekke waar dit moontlik is om te voet uit te kom deur van een lys na die ander te klim, maar vir 'n perd is daar hoegenaamd geen uitweg nie. Kmdt. Rousseau had die vroegste kennis van die vyandelike nadering. Hy het dadelik bevel gegee om die Engelse linie op die onderend van die kloof te bestorm, en sy klein troep het daarin geslaag om deur te breek op koste van slegs 'n paar gesneuweldes en verwondes, maar vir die Waterbergse afdeling was daar hoegenaamd geen kans om deur te kom nie sonder gevaar van algehele vernietiging. Die ou heer Koos van der Merwe, 'n hoogbejaarde maar uiters dappere ou krygsman, het bevel gegee om die perde te verlaat en te voet die krans uit te

[pagina 279]
[p. 279]

klim. Die poging werd onder 'n hewige vuur voortgesit, nadat die afdeling te perd die kloof op gejaag het tot by die eerste kranslyste. Hier moes hulle afspring en die krans uitklim. Dit was waarskynlik die bitterste moment van sy lewe toe kapt. Boshoff (toe nog maar 'n seun) van sy perd moes afskeid neem. Dit het so lank geduur dat sy oom - die genoemde ou heer Van der Merwe - 'n afstand teruggekom het om hom te dwing om die ander te volg. Kapt. Boshoff het die tweede lys reeds bereik, toe hy 'n verbasende feit gewaar. Hy hoor 'n harde gerunnik wat hy dadelik herken as die stem van die Arabier; dit was sy perd wat trag om hom langs die eerste lys te volg. Dit kon hy nie verduur nie en sonder om sy voorneme bekend te maak, spring hy om en binne 'n paar sekondes was hy in die saal. Die hele kloof was beset met Engelse, en 'n groot afdeling ‘National Scouts’. Dit was deur hierdie laastes wat kapt. Boshoff moes jaag. Sy ouer broer het hom 'n sekere afstand te voet gevolg in 'n poging om hom van sy hopelose onderneming terug te roep. Dit het sy eerste redding van 'n gewisse dood ten gevolge gehad. Net toe hy op die punt van die eerste krans uitkom, staan 'n ‘National Scout’ met 'n lang, swart baard hom in te wag op 'n afstand van vyf of ses tree. Kapt. Boshoff had sy geweer aan die ander kant van die perd en het hierdie gevaar eers besef toe dit te laat was om sy geweer om te swaai, maar net toe die ‘Scout’ aanlê om hom deur die skouerknoppe te skiet, kom die heer Karl Boshoff in gesig. Dit het hom geluk om die ‘Scout’ deur die kop te skiet 'n oomblik voordat hy sy eie skoot sou afgetrek het.

Kapt. Boshoff beweer dat hy nooit die afgryslike gesig sal vergeet nie toe die groot, forsgeboude man stadig vooroor sak, sy gesig en baard reeds rooi van die bloed, om honderde voete in die diepte af te stort.

'n Paar sekondes later was kapt. Boshoff tussen die Engelse en van alle kante word op hom gevuur en op afstande van 'n paar tree. Die Arabier was so rats soos 'n klipbok, en nooit het hy sy ratsheid van groter node gehad nie. Hoedat hulle deurgekom het, kan geen mens tot vandag toe verklaar nie. Alles het gebeur binne gesig van sy makkers op die krans wat hom gehelp het deur 'n aanhoudende vuur op die naaste Engelse te rig. Kapt. Boshoff het hom plat op die perd se nek gedruk en met een hand geskiet solank sy magasyn patrone had. Die teuels het hy los gelaat en die Arabier toegelaat sy eie pad deur die vyand te kies. Sy linkerhand het hy elke nou en dan in die lug gewaai om sy ewewig te behou. En hy is deur! Hy had 'n onmoontlikheid uitgevoer met behulp van sy dappere klein hings.

Dit was toe hy die Kapenaars bereik dat hy die eerste keer geleentheid had om die skade wat hy gely het, op te neem. In die eerste plaas was sy hoed absent! Hy het gevoel toe dit van sy kop geskiet word. Oor die linkerhand was 'n lang bloedstreep deur 'n koeël geploeg toe hy dit in die lug gewaai het om sy balans op die perd te bewaar. Een of twee skote deur die klere, twee deur die saalklappe en twee bloedstrepe langs die blad van die Arabier.

[pagina 280]
[p. 280]

Dit klink ongelooflik dat hy deur die reën van koeëls kon gaan met slegs 'n skraap aan een hand; maar die gehele episode skyn 'n mirakel te wees as mens vandag die plek bekyk waar hy uitgekom het.

Ongetwyfeld had hy die redding van sy lewe alleen te danke aan die moed en getrouheid van sy perd.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken