Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Versamelde werke (1984)

Informatie terzijde

Titelpagina van Versamelde werke
Afbeelding van Versamelde werkeToon afbeelding van titelpagina van Versamelde werke

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (8.16 MB)

ebook (5.04 MB)

XML (3.61 MB)

tekstbestand






Editeur

Leon Rousseau



Genre

poëzie
drama
non-fictie

Subgenre

verzameld werk
non-fictie/koloniën-reizen


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Versamelde werke

(1984)–Eugène Marais–rechtenstatus Auteursrechtelijk beschermd

Vorige Volgende

13 Die Verwoestingsgang van Droogte

Dit is in die laaste jare 'n vaste gewoonte geword dat die nuusblaaie omtrent hierdie tyd gevul is met briewe en artikels, almal die weeklag van ‘droogte’ voerende. Van alle kante word oorsake en middels, met al die sekerheid van werklike kennis, aan die hand gegee. Vanjaar dreig ook om die rekord te slaan

[pagina 283]
[p. 283]

wat hierdie briewe betref! Die lys van beweerde oorsake en beweerde middels word egter nie uitgebrei nie. Ons ou bekende vriende: grasbrand, uitroei van bome, en alle middels, aanplant van bome, opdamming van alle riviere en besproeiing van die Kalahari, verskyn met die reëlmatigheid van 'n refrein in 'n eindelose klaaglied. 'n Weinig nadenking sterk egter die geloof dat ons almal maar net aan 't raaie is. Vir geeneen van die bewerings is daar voldoende bewyse nie.

In 1914 het van skrywer hiervan in die destyds bestaande landboujoernaal van Transvaal 'n breedvoerige uiteensetting verskyn, meer bepaald met betrekking tot die uitwerking van toenemende droogte op die diere- en planteryk in Waterberg, waar skrywer toe woonagtig was. In hierdie betoog is vir die eerste maal die bewyse uiteengesit dat droogte, oor 'n groot gedeelte van Suid-Afrika, toenemend was en dat al die feite 'n skynbaar pessimistiese vooruitsig skyn te regverdig. Hierdie skrywe het in die algemeen 'n ongunstige ontvangs in Suid-Afrika gehad. Die algemene gevolgtrekking in die artikel gemaak, is hewig (in die Engelse blaaie vernaamlik) bestry, en die skrywer is persoonlik aangeval oor die skade wat hy deur sulke uit die lug gegrepe bewerings Suid-Afrika sou berokken. Vandag word al die gevolgtrekkings destyds in die artikel vervat, as onbetwisbare waarhede deur geheel Suid-Afrika aangeneem.

In Amerika het die artikel 'n mate van belangstelling verwek, wat vir die skrywer self verbasend was. Deur bemiddeling van genl. Smuts (destyds in die ministerie) het die Smithsonian Institution ('n wêreldberoemde wetenskaplike inrigting) verlof van die skrywer en van die regering ontvang om die stuk in die jaarverslag van die Institution te herdruk, wat onder toesig van 'n regeringsdepartement geskied. Ook is dit apart in boekvorm uitgee en aan lede van die Amerikaanse Volksraad en Senaat uitgedeel asook aan wetenskaplike verenigings deur die gehele wêreld. Die teorieë deur skrywer aanvaar, is van die mees onverwagte kante ondersteun. Die wêreldberoemde Franse astronoom Flammarion, ook andere, het daarop 'n verbysterende voorspelling gegrond - dat die gehele aarde aan 't uitdroë is omdat 'n ontsettende hoeveelheid water elke jaar vir ewig verlore gaan, deur opsplitsing van die onderaardse waters in die sentrale vure, en die verdwyning van verdampte water in die oneindige ruimte. Hierdeur het hy afgelei dat net soos die planeet Mars en ons maan, die aarde binne berekenbare tyd 'n waterlose en lewelose woestyn sou wees!

In genoemde artikel het skrywer hom nie op die oseaan van moontlike oorsake en moontlike middele gewaag nie. Die belangstelling wat genoemde artikel buite Suid-Afrika geniet het, was juis te danke aan die feit dat skrywer getrag het om te bewys dat die onbekende oorsaak van toenemende droogte (wat dit ook al mag wees) nie tot die vasteland van Afrika beperk was nie, veel minder tot Suid-Afrika, en dat derhalwe geen middel wat hier sou aangewend kan word, waarskynlik van enige waarde sou wees nie.

[pagina 284]
[p. 284]

Die saak is een van lewe en dood vir 'n aansienlike deel van Suid-Afrika. Daarom sou dit miskien nie van belang ontbloot wees nie om weer, ná al die jare, die sienswyse van skrywer hier te herhaal, met aanhaling van nuwe bewyse wat intussen opgedaag het.

Ek het beweer dat daar voldoende bewyse skyn te wees, dat al die groot vastelande van die aarde aan 'n proses van toenemende opdroging blootgestel is. Die bewyse is beide histories en geologies. In die twee vastelande wat nog die waterrykste is, Amerika en Europa, is die proses baie moeiliker waarneembaar omdat 'n weinig verlies elke jaar uit so 'n oorvloed onsigbaar en onmeetbaar is. In al die ander waterarme vastelande is die proses meer sigbaar en selfs meetbaar. Asië is ongetwyfeld die vasteland wat die vinnigste aan 't opdroë is. Daar is tal van herhaalde wetenskaplike waarnemings wat bo alle twyfel bewys dat die groot sentrale woestyne elke jaar honderde vierkante myle van tot dusver vrugbare aarde inneem en met die meedoënlose sand bedek. Die waarnemings van die wêreldberoemde Sweedse reisiger en ontdekker Sven Hedin bewys baie duidelik die ontsettende uitbreiding van die groot woestyne in Midde-Asië. Hy het hier streke besoek op die rand van die woestyn waar hy nouliks met 'n klein skuitjie die smal watergange tussen mure van riet kon bevaar. Vyftig jaar gelede is dieselfde streek deur Russiese reisigers besoek en opgemeet. Wat Sven Hedin 'n nou met riet begroeide moeras bevind het met geen menslike oewerbewoners nie, was vyftig jaar gelede 'n groot diep binnelandse see met 'n vaste oewerbevolking, wat voldoende bewyse gelewer het van 'n besetting wat reeds eeue voortgeduur het. Dieper in die woestyn - op ou legendes afgaande - het Sven Hedin groot stede ontdek met bewyse van 'n ryke en uitgestrekte landbou- en besproeiingstelsel. Die groot, eenmaal volkryke stede, was onder sand begrawe en só diep in die waterlose sandwoestyn dat hulle alleen met behulp van kamele bereik kon word, en dan nog het die onverskrokke reisiger sy lewe in die saak gewaag - en byna opgeoffer. Uit geskrifte en muntstukke wat hy onder die sand ontdek het, kon Sven Hedin vasstel dat die grootste van die verlate stede enige eeue gelede nog bewoon was.

Amerikaanse navorsers het ook onlangs vasgestel dat die tans ongenaakbare Gora-woestyn binne 'n geologiese tydperk waterryk moes gewees het. Die onomstootbare bewys word gelewer deur die groot hoeveelheid fossiele van dierlike bewoners wat die woestyn oplewer. Vir die eerste maal in die geskiedenis van die wetenskap is van een van die reuse-reptiele byna op die oppervlakte van die sand ontdek. Dit word vandag ook algemeen aangeneem dat die vergaan van al die magtige dinosouriërs en ander reuse-diere wat die oerwêreld bewoon het, alleen aan een oorsaak te wyte kan wees: die toenemende vermindering van water van die oppervlakte van die aarde.

In Europa is water nog so volop dat dit daar g'n element in die bestaanstryd van die mens kan vorm nie; tog is die historiese getuienis van voortdurende op-

[pagina 285]
[p. 285]

droging net so onomstootlik as in verband met die ander vastelande. Die noukeurige geskiedenis van Romeinse veldtogte en inname van die een land ná die ander bewys dat groot streke wat destyds ondeurvaarbare moerasse en groot mere was, in ons tyd tot vrugbare en bewoonde lande uitgedroog is. In Australië, Amerika en selfs Madagaskar is daar ook 'n jaarlikse uitbreiding van die sentrale woestyn waargeneem, ofskoon die proses miskien veel stadiger is dan in Afrika en Asië.

In Afrika is die algemene uitdroging van die vasteland deur tallose bewyse waarneembaar. Ons groot binnelandse seë in Midde-Afrika word in baie gevalle van die vroeëre oewers deur wye kleilae afgesluit. Waar sulke kleilae bestaan, is daar 'n jaarlikse toename in die breedte van die laag en trek die water verder van die walle.

Ons eie 'Ngami-meer is 'n alombekende en dikwels aangehaalde geval van 'n groot meer wat binne 'n menseleeftyd opgedroog, en van 'n vaste meer tot 'n ‘tydelike’ pan geword het.

Ons geskiedskrywer Theal het uit sy waarnemings oor die oorblyfsels van vroeëre bevolkings binne die grense van die Kalahari tot die gevolgtrekking gekom dat die proses van uitdroging drie eeue gelede in dié streke 'n aanvang geneem het.

Skrywer hiervan het in sy genoemde artikel in 1914 nie gewaag om teorieë oor oorsake en middels te formuleer nie. Hy het egter terloops aangehaal dat geologiese toestande skyn te bewys dat ons aarde miskien gedurig water kwytraak deur verdamping en verlies in die ruimte van die heelal, en ook deur oksidering in die middelvuur van die aarde, terwyl geen ‘nuwe’ water ooit saamgestel word om die plek van die verlore water in te neem nie. Op hierdie suggestie het die astronoom Flammarion sy pessimistiese voorspelling, dat die wêreld 'n waterlose planeet gaan word, gegrond.

Wat die gedurig aangehaalde middels betref, val dit te sê: sodra een bewys ten gunste van een middel aangevoer word, word honderd teenbewyse aangehaal. Ook is dit die geval met beweerde oorsake.

Grasbrand, byvoorbeeld, is by 'n menigte skrywers 'n geliefkoosde onderwerp en die voorgestelde verbod 'n geliefkoosde middel. Dit word uit die oog verloor dat die bestryding van veldbrand maar kort gelede in Noord- sowel as Suid-Amerika 'n saak van nasionale inspanning geword het. Voorheen - eeue agtereen - het jaarliks duisende vierkante myle van houtbosse en grasveld afgebrand. En vandag nog, trots die inbeslagneming van alle moderne middels vir die bekamping van veldbrand, vind daar elke jaar groter brande in Kanada, die Verenigde State en Suid-Amerika plaas dan wat die gehele vasteland van Afrika ooit kan toon. Maar nooit het ek 'n suggestie teengekom dat veldbrand 'n oorsaak van droogte of vermindering van reënval in Amerika is nie.

Die uitroei van bome is 'n ander beweerde oorsaak, en die aanplant 'n be-

[pagina 286]
[p. 286]

weerde teenmiddel. Ek dink dat daar gedurende die afgelope jare sonder twyfel meer bome in Suid-Afrika aangeplant is dan wat gedurende 'n honderd jaar uitgeroei is - en die uitwerking is alles behalwe ten gunste van die bewerings. In verskeie ander dele van die wêreld kom gelyksoortige bewyse voor. Op ons naburige eiland Mauritius is alle bome bo drie voet in hoogte deur 'n sikloon vernietig. Gedurende die daaropvolgende jare - so word beweer - was daar 'n aansienlike toename in die reënval! Dan is daar die Schwartz-voorstel: om deur die afkeer van riviere die Kalahari te besproei, terwyl die bewys voorhande is, dat toe Ngami 'n groot en standhoudende meer was, Livingstone deur dieselfde ontsettende dorsland in die onmiddellike nabyheid van die toe waterryke land moes reis as wat daar vandag bestaan! Welke hoop is daar vir middels wat die mens kan aanwend, wanneer miskien die oorsaak van ons droogtes in die getywending van ons sonnestelsel geleë is?

'n Paar jaar gelede het ek egter iets in Waterberg opgemerk wat m.i. 'n bron van hoop lewer. Dit word deur sommige beweer dat reëntye en droogtes om die sewe jaar wissel. Hiervoor is daar geen die minste bewys nie. Ander beweer dat die afwisseling in siklusse van waarskynlik veel langer tydperke loop. Ek is meer geneig om geloof aan laasgenoemde te heg. In Waterberg, op die plaas Deadbeat, is walle van die Magalakwênrivier deur uitspoeling blootgelê, myle in lengte en van 40 tot 50 voet hoog. Die walle was vroeër die bedding van die rivier - eeue tevore. Die walle bestaan uit reëlmatig wisselende lae fyn sand en rivierklippies. Met 'n maatstok sou dit onmoontlik wees om die lae meer gereeld neer te lê. Daar is 'n klippieslaag ongeveer twee voet dik, dan 'n sandlaag van drie voet, deur die gehele lengte van die myle lange wal. Wat het die wisseling veroorsaak gedurende die afgelope eeue wat die rivier hierlangs gespoel het? Die antwoord is nie ver te soek nie. Dit gebeur vandag nog op kleiner skaal. Gedurende groot reënjare wanneer die rivier herhaalde male vol word, word 'n laag klippies afgespoel wat die sand van die rivierbedding vir groot afstande bedek en alle holtes opvul. Die fyn sand word na die see weggespoel. Die getuienis van die uitgespoelde wal op Deadbeat gee aan die hand dat die wisselende periodes vyftig tot sestig jaar geduur het. Ons het stawing van hierdie feit in die jaarringe van bome ook gevind.

Daar is dus rede om te hoop dat ons op die drempel staan van 'n lang periode van oorvloedige reën - indien hierdie gevolgtrekking juis is, en indien die proses nog voortgaan!


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken