Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Taal en poësie van die tweede Afrikaanse taalbeweging (1919)

Informatie terzijde

Titelpagina van Taal en poësie van die tweede Afrikaanse taalbeweging
Afbeelding van Taal en poësie van die tweede Afrikaanse taalbewegingToon afbeelding van titelpagina van Taal en poësie van die tweede Afrikaanse taalbeweging

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (1.52 MB)

XML (0.71 MB)

tekstbestand






Genre

sec - taalkunde

Subgenre

taalkunde/algemeen


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Taal en poësie van die tweede Afrikaanse taalbeweging

(1919)–E.C. Pienaar–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende

Stigting van die Afrikaanse Taalgenootskap.

Kort na die verskijne van Preller se brosjure was in Pretoria en Bloemfontein twee voorlopige kommissies gevorm, die Transvaalse bestaande uit dr. N. Hoogenhout, dr. M.S. Lingbeek, Nico Hofmeyr, Eugene Marais en Preller; die Vrijstaatse

[pagina 26]
[p. 26]

uit ds. W. Postma,Ga naar voetnoot1) Joh. Visscher en D.J. du Tott (‘Lokomotief’). In oorleg met mekaar het die kommissies verder propaganda gemaak onder die leus ‘Afrikaans praat en skrijf, Hollands leer, albei lees!’; en voorbereidende maatreëls getref vir die oprigting van 'n taalgenootskap. Die gevolg van een en ander was 'n algemene samekoms van begunstigers van Afrikaans in Pretoria op 13 Des. 1905. Een dertigtal persone uit verskillende dele van Transvaal en uit Bloemfontein was aanwesig. Na 'n korte uiteensetting van die ontstaan en die doel van die beweging deur dr. Hoogenhout en enige diskussie, werd formeel beslote tot die stigting van 'n taalgenootskap. Die konsep statute werd behandel en vasgestel, waarna die volgende bestuur gekies werd: dr. N. Hoogenhout (Pretoria), A.J. van der Walt (Potchefstroom), Joh. Visscher (Bloemftn.), adv. N. de Wet, F.P. Nicholson, G.S. Preller en Iz. van Heerden (almaal uit Pretoria).

Verder werd op die vergadering meegedeel, dat ruim 300 persone uit Transvaal en 100 uit Vrijstaat hulle instemming betuig had met die beweging; terwijl die volgende persone nog uitgenooi sou word om in die bestuur sitting te neem: H.C. Jorissen, dr. D.F. Malan, dr J.D. du Toit, S.W. Pienaar, ds. W. Postma, J.S.M. Rabie en ds. Snijman.

Die volgende is 'n uittreksel van die statute, soos goedgekeur op die eerste jaarvergadering in 1907:

Naam.

(1). Daar bestaat 'n vereniging met die naam van ‘Die Afrikaanse Taalgenootskap’.

Doel.

(2). Doel van die Genootskap is:

a.Afrikaners te o'ertuig dat Afrikaans deur Afrikaners als hul spreek- en skrijftaal behoort gebruik te worde;
b.ontwikkeling van die Afrikaanse Taal in suiwere vorm;
c.aankweking en ontwikkeling van 'n suiwere Suid-Afrikaanse nasionaliteitsgevoel.

[pagina 27]
[p. 27]

Middele.

(3). Die Genootskap sal trag om sij doel te bereik:

a.deur Afrikaners aan te moedig Afrikaans te spreek, te lees en te skrijf;
b.deur te werk voor die oprigting van 'n Afrikaanse tijdskrif;
c.deur aanmoediging van verenigings voor die studie van die Afrikaanse taal en geskiedenis;
d.deur behulpsaam te wees met die uitgifte en verspreiding van goedkope Afrikaanse boeke en andere geskrifte;
e.deur prijse uit te loof of eervolle onderskeiding toe te ken voor opstelle en geskrifte in Afrikaans;
f.deur die versameling van oude en hedendaagse Afrikaanse letterkunde en publikasie daarvan naar gelang van omstandighede;
g.deur die onderwijs in die Nederlandse taal en Suid-Afrikaanse geskiedenis op die skole te help bevorder;
h.deur samewerking met andere vereniginge wat dieselfde doel beoog;
i.deur alle andere middele ter hand te neem wat kan help om die doel van die Genootskap op wettelike en behoorlike wijse te bevorder.Ga naar voetnoot1)

 

Die verdere bepalinge handel oor lidmaatskap, huishoudelike sake, ens. Eens in die jaar sou 'n jaarvergadering gehou word, waarop die bestuur 'n jaarrapport moes voorlê.

voetnoot1)
Ds. W. Postma is die bekende dr. Okulis, wat later die Eselskakebeen geskrijf het. In Mei, 1905 het hij in De Vriend begin skrijwe oor die taalkwessie onder die skuilnaam Jong Afrika.

voetnoot1)
De Volkstem, 23 Okt. 1907.

Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken