Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Di eerste boek van Moses, genoem Génesis (1893)

Informatie terzijde

Titelpagina van Di eerste boek van Moses, genoem Génesis
Afbeelding van Di eerste boek van Moses, genoem GénesisToon afbeelding van titelpagina van Di eerste boek van Moses, genoem Génesis

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.78 MB)

ebook (3.06 MB)

XML (0.31 MB)

tekstbestand






Genre

non-fictie

Subgenre

vertaling
non-fictie/theologie
bijbel / bijbeltekst(en)


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Di eerste boek van Moses, genoem Génesis

(1893)–S.J. du Toit–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina ii]
[p. ii]
Génesis beteken wording, begin, of oorsprong, omdat dit di oorsprong beskrywe van di héle skepping (hoofstuk 1 en 2), van di sonde (3), van di eerste ontwikkeling (4 en 5), van di verspreiding van di mensdom en di oorsprong van di tale en nasiis na di Sondvloed (6 tot 11), van di Joodse volk uit di Aartsvaders (12 tot 50).
Let op, dit moet ni uitgespreek worde Genéesis, mar Génesis, di nadruk moet op di eerste, ni op di twede lettergreep kom ni.
[pagina iii]
[p. iii]

Ahasvéros het geregeer o'er 127 State, van Indi'e af tot na Morenland toe... En hij het briwe uitgestuur an elke Staat in syn eie skrif, en an elke nasi in syn eie spreektaal: ‘dat elke man baas moet wees in syn eie huis, en di taal van syn eie volk moet praat.’ - Ester 1:1, 22; 3:12; 8:9.

 

En daar was (op di Pinksterdag) in Jerusalem tuis vrome manne uit alle nasiis wat onder di hemel is... En hulle was verbaas en sê onder makaar: ‘Kyk, is dit ni almal Galile'ers wat daar praat ni? En hoekom hoor ons dan ver hulle praat elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?.. Ons hoor ver hulle in ons eie tale di grote werke van God verkondig.’ - Hand. 2:5-11.

 

Paulus sê: ‘Ek dank myn God, dat ek meer tale praat as julle almal. Mar ek wil liwers 5 woorde in di gemeente praat met myn verstand, om ander oek te leer, as 5000 woorde in 'n (vreemde) taal.’ - 1 Cor. 14:18, 19.

 

En ek siin 'n ander engel vliig in di middel van di lug, met 'n eeuige Evangeli; om te verkondig an almal wat op di aarde sit en an alle volke en geslagte en tale en nasiis. - Op. 14:6.

[pagina v]
[p. v]

Inleiding.

Genesis is klaar. Di eerste boek van di Bybel kan ons nou al lees in ons moedertaal. Ons hoor dus al di grote werke Gods in di taal waarin ons gebore is verkondig.

Dis 'n vrug van veul arbeid en gebed. Di maniir waarop ons nou werk is: alle Donderdag aande (tensy wettige verhindering dit belet) kom 'n kring van broeders by makaar ver di Bybelvertaling. Dit word geopen en gesluit met gebed, waarby in bisondere mate di teenwoordigheid van Gods Gees gevoel en erken word. Daarna sit ons om 'n ronde tafel elkeen met syn bybel. Eers het ons Génesis vertaal, wat nou verskyn. En nou is ons besig an Mattéus. Eén of 2 het altyd di Bybel in di oorspronkelike taal (Hebreeus of Griiks, en wel 'n kritise uitgaaf, wat di verskillende oue lesings gé), di andere het elkeen 'n aparte vertaling, soos di Hollanse Statevertaling, di egte Engelse vertaling, di Luterse vertaling, di nuwe Hollanse en di nuwe Engelse vertaling, verder di vertalings van van der Palm, Lange, ens.

In di begin het ons gen antekenings gehou ni, mar van Génesis 21 vs. 22 af het ons in 'n boek al aande angeteken wi teenwoordig was en watter afdeling behandel is. Daarvandaan af het dit ons 18 aande geneem om Génesis klaar te maak. Ons getal was van 5 tot 17 per aand, daaronder 2 predikante, 1 Sendeling, 3 onderwysers, 1 Dokter, 1 Jood, ens.

Di maniir van werk ver Genesis was só: Ds. S.J. du Toit vertaal vooruit. As ons samekom dan lees hy voor letterlik hoe dit in Hebreeus staan, woord ver woord, en letter ver letter. Waar belangrike of twyfelagtige woorde is, word dit opgeslaan en al di betekenisse sekuur nagegaan in di beste woordeboeke. Dan gé hy ons hoe hy dit in Afrikaans uit-

[pagina vi]
[p. vi]

gedruk het. Di vertaling word dan noukeurig vergelyk met di Hebreeus en met di verskillende andere vertalings, en waar dit dan deur almal same, onder di leiding van di Heilige Gees, nodig bevind word, daar word veranderings gemaak, en besluit waar en hoe antekenings moet gemaak worde. Daarna werk Ds. S.J. du Toit dit dan weer o'er.

 

Nou is ons besig met Mattéus en op enigsins 'n andere maniir. Om ni teveul invloed op di andere broeders uit te oefen ni, maak Ds. du Toit nou ni meer vooruit 'n geskrywe vertaling ni. Ons vergelyk eenvoudig di oorspronkelike teks met al di beste vertalings, oek wel met raadpleging van woordeboeke en verklarings waar dit nodig is. Ons perbeer eers goed om di méning van di Heilige Gees te verstaan en dan besluit ons hoe om dit di beste in ons taal uit te druk. Ds. du Toit neem dan daarby antekeninge en werk dit dan daarna uit. So het ons al 12 hoofstukke van Mattéus bewerk in 13 aande tyd.

Ons gé di maniir van bewerking so noukeurig op, dat ons broeders buiteaf kan siin, dat ons ni ligvêrdig te werk gaan ni. Ons is altyd bly as hiir vrinde van onder kom en hulle kan en wil dit bywoon. Verskeie het dit al bygewoon en di was altyd reg verblyd en dankbaar daarvoor, en het onse liwe Vader in di hemele di ére en lof gegé ver wat hulle gesiin en gehoor het. Ons hoop dat sulke en andere broeders ni sal vergeet om te bidde ver ons, en veral in di werk ni. Laat hulle veral Donderdags aande ver ons same met di werk an di Here opdra. Laat di versugting vêraf wees wat dit in ons kring is, namelik: ‘Dat ons Hemelvader ver ons wil verlig deur diselfde Gees wat di Bybel geskrywe het, so dat ons duidelik di sin en méning van di Gees in elke woord en letter mag verstaan; - dat Hy ons dan, as di Gees van di tale, wil leer hoe ons Syn méning reg en duidelik in ons taal moet uitdruk; - dat Hy ons eie sile almeer wil verkwik en versterk deur di léwende woord, so dat ons kan genade kry om met di werk vort te gaan; - dat Hy oek di harte van ons volk wil voorberei om Syn woord in hulle eie taal te ontvang; - dat Hy veule dorstige en hongerige sile

[pagina vii]
[p. vii]

deur di Bybel in ons Volkstaal wil drenk en spysig ver di eeuige lewe; - en dat Hy alle vyandskap teen Syn eie werk wil magteloos maak en beskaam.’ Dis wat ons telkens same bidde en wat ons hoop en wens dat ons broeders deur di héle land same met ons sal bidde.

Dan nog iits, di lesers sal siin dat ons op verskeie plekke antekeninge gemaak het. Deur alle bybelvertalers, veral di wat di eerste di Bybel in 'n taal vertaal, is di behoefte gevoel an sulke antekeninge, om di leser te laat verstaan waarom di vertalers dit juis só uitgedruk het. Met behoud van hoofstukke en verse, sodat elkeen maklik kan opsoek, het ons tog di inhoud so afgedeel met opskrifte bo an, dat dit makliker is om te lees en iits te kry wat 'n mens wil hê. Dit sal tog wel ni nodig wees dat ons hiir sê, dat Moses ni in Hollans, mar in Hebreeus geskrywe het, en dat hy oek ni di afdélings in hoofstukke en verse gemaak het ni.

 

Op een punt wil ons nog wys, wat di vertaling self betref. Dis so letterlik molik gemaak, en waar ons dit ni volkome létterlik kon kry ni, het ons in di kanttékening di letterlike betékenis gesit. Dan perbeer ons oek om soveul molik di oorspronkelike woorde altyd met diselfde woorde in Afrikaans uit te druk, terwyl onse Statevertalers soms diselfde Hebreeuse of Griikse woord met 4 of 5 aparte Hollanse woorde vertaal en omgekeer 6 tot 7 Hebreeuse en Griikse woorde vertaal met een Hollanse woord. Dan het ons eie name soveul molik gehou soos dit nou eenmaal in Hollans geskrywe is. Maar eie name soos Jehova en Sheool (Doodenrijk) het ons onvertaal laat bly, terwyl ons Statevertaling di eerste vertaal het met Heere en di laaste somtyds as graf en somtyds as hel, terwyl dit gen een van di 2 is ni. Ons het op di 2 woorde antekeninge gegé in di teks. Ons vermeld alleen hiir di feit, dat ons an di algeméne régel gehou het: om eie name ni te vertaal ni, mar wel in di kanttékening di betékenis daarvan an te wys.

Ons wag nou ni tot di héle Bybel klaar is ni, mar gé boek ver boek wat klaar is meteen uit. Eers

[pagina viii]
[p. viii]

Génesis; binne kort Mattéus; dus di eerste boeke van di Oue en Nuwe Testament. Dis nog ni vas bepaal ni, mar ons hoop daarna, as di Hére wil, uit di Oue Testament di Psalme, en uit di Nuwe een van di Sendbriwe te vertaal; en so an te gaan met di hulp van di Hére boek ver boek uit te gé tot ons di héle Woord van God in ons eie taal het. Dan kan almal same ingebinde worde; of Oue en Nuwe Testament apart; met of sonder antekenings; soos dan sal blyk di beste te wees.

Di maniir van boek ver boek uit te gé, het veral 2 voordéle: 1) dat wat klaar is dan dadelik syn werk kan doen; en 2) dat belangstellende ons hulle opini kan médeel, ons foute kan anwys, waar hulle meen dat iits moet verbéter worde, sodat dit kan reg gemaak worde as di héle Bybel by makaar gedruk worde. Daartoe stuur ons 'n kopy an elke Teologise Professor, Predikant en Sendeling in ons land, met vrindelike versoek om ons hulle gedagtes en wenke te stuur, wat ons beloof same te bespreek as in di teenwoordightid van di Hére en onder di leiding van di Gees. Mar andere broeders kan ons oek hulle gedagtes en wenke stuur, dit sal éwegoed behartig worde. Wil hulle dit ni doen ni, dis ver hulle rekening.

Ons gaan intussen an in di naam en krag van onse God, vertrouwende: as di werk uit di mense is, dat dit sal verbreek worde, mar as dit uit God is, dat dan gen mens dit sal kan verbreek of keer ni.

Mog Gods Woord voorspoedig wees onder ons volk! Mog ons swakke poging oek daartoe geseen wees! Dis ons enige wens en begeerte.

Namens di Genootskap van Regte Afrikaners, wat di saak begin het, en namens di Broederkring wat dit nou uitvoer,

 

D.F. DU TOIT & Co.,

Uitgewers, Paarl.

 

Paarl, 27 Maart 1893.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken