Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
De geskidenis van ons land, in di taal van ons volk (1895)

Informatie terzijde

Titelpagina van De geskidenis van ons land, in di taal van ons volk
Afbeelding van De geskidenis van ons land, in di taal van ons volkToon afbeelding van titelpagina van De geskidenis van ons land, in di taal van ons volk

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (1.81 MB)

Scans (35.69 MB)

ebook (3.18 MB)

XML (0.77 MB)

tekstbestand






Genre

non-fictie

Subgenre

non-fictie/geschiedenis-archeologie
non-fictie/koloniƫn-reizen


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

De geskidenis van ons land, in di taal van ons volk

(1895)–S.J. du Toit–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 28]
[p. 28]

Negende hoofstuk.
'n Nuwe storm.

Onregvêrdige verbanning. - Buytendag. - Onvergenoegdheid. - Afgevaardigde na Holland met klagtes. - Nuwe vervolging. - Nuwe klagtes. - Uitspraak van di Maatskappy.

Gouwerneur van Plettenberg, 1771-1785.

Van Plettenberg was ni Ryk Tulbagh ni, en net nou breek daar nuwe onluste uit; nuwe klagtes word na Holland toe gestuur. Dit het so gekom.

Di Kaapse Regering het gemeen om in syn voordeel te werk om mense, wat hulle om di een of di ander rede graag uit di pad wil hê, so mar te pak en na Batawië of na Holland te stuur, of as matroos of soldaat op 'n skip te plak.

Di onregvêrdige handelwys word al erger en erger. In Tulbagh syn tyd is in twintig jare (1751-1771) mar tiin persone op di maniir uit di Koloni geban. Mar onder Van Plettenberg is in ag jare agtiin so behandel.

Op di 20ste Jannewari 1779, word 'n boer, Buytendag, so mar uit syn huis gehaal, geboei o'er straat gesleep, en as soldaat na Batawië gestuur. Dit is gebeur op las van di Independent Fiskaal Boers. Di rede wat hy opgé ver di handelwys was: 1. 'n Klagte van Landdrost en Heemraden van Stellenbos, van omtrent 3 jaar gelede; 2. dronkenskap en mishandeling van vrou en kinders, waaran Buytendag hom sou skuldig gemaak hê. Mar di bewyse daarvoor kan hy ni lewer ni.

Di onvernoegdheid begin nou openlik uit te breek by Burger rade, Landdroste en Heemrade. 'n Lasbriif werd deur 'n menigte onderteken, om viir koloniste las te gé, om hulle klagtes an di ‘Bewindhebbers’ van di maatskappy te gaan voorlê. As ‘Speciaal Gecommitteerden, van Burger- en Heemraden, as gesamenlyke representanten van den geheelen Burgerstaat van Cabo de Goede Hoop en den ressorte van dien,’ word op di 7de Mei daartoe benoemd Jacobus van Reenen, Barend Jacob Artogs, Tielman Roos en Nikolaas Godfried Heijns.

Allerhande verklarings word opgesamel en geteken, waarin di hogere en lagere ambtenare van di Maatskappy beskuldig word van knoeiery, en smokkelary en misbruik van hulle mag. Di vernaamste klagtes kom hiirop neer:-

(1)Dat, teen di uitdrukkelike verbod van 1706, veertig jare later weer herhaald, di ambtenare van di maatskappy mar bly vortgaan om handel te drywe.
(2)Dat di ho'ere ambtenare grote plase hou, en vé, wyn en koornboerdery drywe, en di opbrengs ten duurste an di maatskappy verkoop; en dan weer Europése en Indise goed, ver hulle rekening, met growe wins, an di koloniste verkoop.
(3)Dat hulle di soldate en matrose, wat in diins van di maatskappy is, uitstuur onder di boere om te gaan werk ver hulle kos en dan nog ver hulle 'n deel van di geld te breng wat hulle verdiin het; en in di tussen tyd word mar nog al dag op di boeke opgebreng hulle kos en klere en huur, en dit steek di ambtenare in hulle sak.
[pagina 29]
[p. 29]
(4)Dan vraag hulle nog in di klagte om 'n drukpers, of ten minste om kopy van di Hollanse wette, so dat hulle self kan siin wat di wet is.

 

Di Kaapse Gouwerneur het alles gedoen wat hy kan om di vertrek van di viir afgesante op te hou. Mar meer kon hulle oek ni doen in. Op di 16de October 1779 word di memori van klagtes, met 'n menigte verklarings en bewyse, deur di viir afgesante by di ‘Kamer van Zeventien’ ingediin. Dadelik word di stukke tot verantwoording na di Gouwerneur en syn Raad an di Kaap gestuur.

Pas het di regering di klagtes ontvang, of hulle begin di ondertekenaars te vervolge. Dit was di oorsaak van nuwe klagtes, wat dadelik weer beskrywe en na Holland gestuur word. Twé soldate, Bramerloo en Wiekert, het hulle veral gou vervolg. Di twè was juis in di diins van di boere, en omdat hulle goed kon skrywe, het hulle di boere gehelp om nuwe verklarings op te stel. Dit word bekend. Hulle werd gepak en dadelik na Batawië gestuur.

Di vorige memori van klagtes het nog di Gouwerneur ontsiin, maar di nuwe spaar ver Van Plettenberg ni. Hy word beskuldig, dat hy syn andeel gehad het in al di onwettige winste. Dan word vertel dat hy ver hom 'n huis laat bou het, di boustof en ambagtsmans almal van di maatskappy, en dat hy di huis toen verkoop het ver £4.050. En nog 'n menigte ander klagtes teen di ambtenare. Di memori word in April 1782 aan di ‘Bewindhebbers’ van di maatskappy voorgelê.

Dit duur ni lank ni of daar is al weer 'n nuwe klagte en 'n nuwe memori word geteken. Dit was op di 14de Desember 1784, en vernamelik teen di nuwe Independent Fiskaal J.J. Serrurier, Boers syn opvolger. Di klagte kan ons mar stil verbygaan, omdat daar niks nuws in is ni; dis mar weer di ei'enste ou klagtes o'er.

Di antwoord van Van Plettenberg en Boers op di eerste klagte, met 'n menigte teen-verklarings, word opgestel in Maart en April 1781. Eers in Februari 1782 werd di antwoord van Fiskaal Boers, en in Augustus, 1782, di van Van Plettenberg deur di maatskappy ontvang Net so lanksaam het dit in Holland gegaan om di saak af te handel. Eers in Juli 1783 word di saak uitgemaak.

In hulle antwoord wou di ambtenare di klagtes 'n bitji versag. Byvoorbeeld, hulle het handel gedrywe - dit kon hulle ni ontken ni - mar hulle moes dit doen omdat hulle te min traktement kry. Hulle het plase en boerdery - ja, dit is waar - mar dit was ver ei'e gebruik. Hulle het wat o'er was an di Maatskappy verkoop - dit erken hulle - mar wat sou hulle anders daarmé doen. En so meer.

Dit uitspraak van di Maatskappy het so lank uitgebly, dat 'n heel party van di ambtenare wat angeklaag was, al uit di diins was. Selfs di Gouwerneur het al nou syn ontslag gevra, en erken dat hy ni in staat was om di sake reg te kry ni. Hy het dit egter syn plig gereken, terwyl daar in Europa in di tyd oorlog was, om op syn pos te bly, tot di Maatskappy hom ontslaan.

Di beslissing van di Maatskappy op di klagtes, met al wat daarby behoor, was geteken di 28ste Juli 1785. Daarin word bepaal, dat nimand wat in diins van di Maatskappy is plase mag hê, of hull[e] met enig soort van boerdery mag bemoei, of enig iits an di Maatskappy mag verkoop ni. Om kort te gaan, in

[pagina 30]
[p. 30]

al di punte het di Maatskappy getoon dat hulle dit goed meen met di koloniste.

In 1779 ondek kolonel Gordon di Oranje riviir. Hy noem dit toen na di stadhouder van Holland, di Prins van Oranje.

In 1780 proklameer Gouwerneur van Plettenberg di Groot Vis riviir di Oostelike grens van di Koloni.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken

Over het gehele werk

landen

  • over Zuid-Afrika


Over dit hoofdstuk/artikel

auteurs

  • over Joachim baron van Plettenberg


datums

  • 20 januari 1779

  • oktober 1779

  • maart 1781

  • april 1781

  • februari 1782

  • augustus 1782

  • 28 juli 1775

  • 1779

  • 1780