Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
De geskidenis van ons land, in di taal van ons volk (1895)

Informatie terzijde

Titelpagina van De geskidenis van ons land, in di taal van ons volk
Afbeelding van De geskidenis van ons land, in di taal van ons volkToon afbeelding van titelpagina van De geskidenis van ons land, in di taal van ons volk

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (1.81 MB)

Scans (35.69 MB)

ebook (3.18 MB)

XML (0.77 MB)

tekstbestand






Genre

non-fictie

Subgenre

non-fictie/geschiedenis-archeologie
non-fictie/koloniƫn-reizen


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

De geskidenis van ons land, in di taal van ons volk

(1895)–S.J. du Toit–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 67]
[p. 67]

Sesde hoofstuk.
Kafferoorlo'e.
(Vervolg.)

Oorlog van 1846. - ‘Britse Kafferland’ an di Koloni geheg. - Vyfde Kafferoorlog in 1850 en 1851. - Kafferpolise loop o'er. - Kaffers o'erstroom di Oostelike distrikte. - Burgers van di Westelike Provinsi oek opgekommandeer. - Kaffers verslaan - Algemene vrede.

Viirde Kafferoorlog.

Wat van di tyd af tot 1846 gebeur is, is van minder belang: daarom sal ons mar angaan met di Kafferoorlog van 1846.

Wat anleiding daartoe gegé het was dat 'n boer an di kant van Groot Visriviir doodgeskiit is deur di Kaffers. Di ongelukkige man is doodgeskiit terwyl hy en ander boere wou perbeer om hulle vé wat di Kaffers gesteel het terug te kry. Op diselfde tyd is oek 'n ander boer, Grobbelaar, op 'n ander plaas deur di Kaffers doodgeskiit.

Sir P. Maitland, di nuwe Gouwerneur, gaan toen self na Kafferland waar hy op 9 September 1844 'n nuwe vredeverbond met di Kaffers sluit,

Di Kaffers gedraag hulle toen ver 'n klein tydji goed. Mar op 21 Jannewari 1845 moes hy alweer na Kafferland gaan om met hulle 'n byeenkoms te hou. Sandilli, di kaptein van di Gaikas, was ni teenwoordig ni. Hulle het hom naderhand eers o'ergehaal om di nuwe o'ereenkoms te teken.

Kort daarna begin di Kaffers weer van vooraf te steel en te moor. Di Boere kom toen by makaar en stuur 'n memori na di Gouwerneur om hulp. Daarin klaag hulle dat di Kaffers al weer tiin Boere hulle plase afgebrand en verniil het, en dat hulle omtrent 17,000 skape, en o'er di 500 pêrde en beeste gesteel het.

Op 31 Maart 1846 verklaar di Gouwerneur oorlog teen di Kaffers. Op 11 April trek di kommande op. Mar dit lyk of hulle gedag het: ‘as di Gouwerneur twé jaar tyd kan neem om di oorlog te verklaar, dan kan ons oek wel 'n bitji tyd neem om di Kaffers an te val.’ Wat was di gevolg? Op 15 April neem di Kaffers 63 provisi-wa'ens af; en kort daarna nog 41 wa'ens by Trompettersdrif. Fort Peddi val di Kaffers an, skiit 'n heelparty mense dood en neem 4,000 beeste af.

Di eerste neerlaag van enige belang wat di Kaffers gely het was op 1 Juni, toen Kolonel Somerset hulle an di Gwanga ontmoet en verslaan het. Daarna val di kommande di Tamboekiis an, verslaan hulle, en neem 'n menigte vé af.

Sandilli smeek nou om vrede. Di Gouwerneur gaan toen na Blokdrif om met hulle te onderhandel en syn voorwaarde was: dat hulle 20,000 stuks vé moes betaal en 2,500 gewere opgé, en dat hulle na di o'ersy van di Chumi moet trek.

Di Gouwerneur was toen nog ontevrede met di gedrag van Kreli, en

[pagina 68]
[p. 68]

stuur hom 'n boodskap dat hy moet vergoeding doen ver di mishandeling van Britse onderdane en ver di wegsteek van gesteelde vé in syn land. Kreli laat hom gerus twé maande wag en stuur hom ni eens 'n antwoord ni. In Desember stuur di Gouwerneur hom weer 'n boodskap, dat hy 15,000 stuks vé moet betaal, anders sal hy oorlog verklaar teen hom. Toen hy hiiran oek gen gehoor wou gé ni, was di Gouwerneur verplig om o'er di Key te trek met di kommande, en binnen enige dage het hulle 10,000 stuks vé van hom afgeneem.

In tussen tyd word di Gouwerneur weggeroep na Engeland en was verplig om di sake so in di war te laat bly. Syn opvolger, Sir H. Pottinger, besluit om di oorlog weer vort te set, en Pato en andere kleine kapteins tot vrede te dwing.

Mar omdat di kommande ver di grootste gedeelte ontbinde was, het hy grote moeite gehad om ‘vrywilligers’ te kry.

Toen Sandilli siin dat di Gouwerneur ni in staat was om di andere opstandige kapteins te bedwing ni, stuur hy 'n boodskap an di Gouwerneur, uit naam van di ander kapteins: dat di sake so moet bly as voor di oorlog en dat hy hom ni wil onderwerp ni. Party van syn volk begin dan oek weer fluks op vé te steel.

Di Gouwerneur dreig hom toen, as hy di diwe ni uitlewer en skadevergoeding betaal ni dat hy hom na Robben Eiland sal laat breng. Toen stuur hy 'n paar bokke terug en weier ewe brutaal om di volle getal te gé en di diwe uit te lewer. Di Gouwerneur trek op met so veul mense as hy had om hom gevange te neem. Mar, ja wel, 'n Kaffer is mos poliits: hy weet om te vlug.

Di kleine kommande word toen angeval deur 2,000 van syn volk. Met di grootste moeite van di wêreld bereik hulle Blokdrif, nadat hulle 15 dage geveg het en daarby 'n offisiir en verskeie manskappe verloor het.

Di listige Sandilli gé nou voor dat hy gewillig was om di ander gesteelde vé uit te lewer; mar di Gouwerneur wil di diwe hê en al di wapens, en dit wou hy ni gé ni. Toen di kommande sterk genoeg was, het di Gouwerneur Sandilli angepak, en op 19 Oktober het hy hom o'ergegé met 80 van syn volk.

Di gelukkige uitslag van di onderneming teen Sandilli gé di kommande toen moed om Pato en Kreli oek an te pak. Op 31 Oktober kom hulle in anraking met 800 Kaffers wat sterk verskans was in di kraal van Pato langs di Key. Binnen 20 minute word di Kaffers daaruit gedrywe, met verliis van mar 2 man an ons kant. Op 19 November neem hulle 'n menigte vé, en op 23 Desember gé Pato hom o'er; sodat di oorlog nou klaar was. Al di land tussen di Keiskamma en di Key word nou ver Britse grond verklaar, onder di naam van ‘Britse Kafferland.’

Vyfde Kafferoolog.

En nou kom ons hy di vyfde Kafferoorlog. In di begin van 1850 was daar gedurig berigte dat di Kaffers hulle klaar maak ver oorlog. Sir H. Smith het self twé maal na Kafferland gegaan. Mar omdat hy ni so goed met di Kaffers bekend was as di Boere, kon hy gen gevaar siin ni, en wou gen toebereidsels maak voor dat di Kaffers weer di land o'erstroom het ni.

In di begin van September was dit algemeen bekend, dat di Kaffers al hulle vé begin op te slag, veral di volk van Kreli en Sandilli; en dit was 'n sekere

[pagina 69]
[p. 69]

téken van oorlog. Di Gaikas van Pato bly getrou. Op 19 Desember had Pato 'n byeenkoms met 5,000 van syn volk, wat beloof dat hulle di vrede sal bewaar.

Op di 24ste Desember trek 600 man teen Sandilli op. Toen hulle deur di Boomkloof langs di Keiskamma moes trek word hulle o'erval deur Sandilli, en was verplig om met grote verliis terug te trek. 21 Man en 1 officiir is doodgeskiit en 12 gekwes. Op pad na Fort White kry hulle toen nog di lyke van 15 ander wat di Kaffers vermoor het. In diselfde tyd val di Kaffers nog dri forte Woburn, Auckland, en Johannesburg an, plunder en verbrand dit, en vermoor di mans op 'n gruwelike wys. Op di dri plase alleen het di Kaffers in di sestig man vermoor, en di vrouens en kinders het hulle laat gaan, nadat hulle van alles, selfs van hulle klére geplunder was.

Di Gouwerneur was opgesluit in Fort Cox, en di Kaffers het al di gemeenskap met di Koloni ver hom afgesny. Di soldate van di fort het 'n uitval gedoen; mar hulle is teruggedrywe deur di Kaffers. Twintig soldate en twé officire is gesneuwel en omtrent net so veul is gekwes, en een kanon val oek in hande van di Kaffers.

Enige dage daarna het Sir Harry, in private klere, an di hoof van 250 man 'n pad geslaan deur di Kaffers heen, en op 'n wonderdadige wyse het hy King William's Town bereik.

In tussen tyd ontstaan daar weer andere moielikhede. Di Kaffer-polisi, wat opgerig was om di grense teen di invalle van di vyandige Kaffers te beskerm, begin op di 28ste Desember so mar op di soldate te vuur, en gaan met pêrde, gewere en ammunsi na hulle landgenote o'er.

Op di 27ste Desember begin 'n Kaffer-kaptein, Hermanus, wat permissi gekry het om hom neer te set op di Hottentots-stasi Blinkwater, met syn anhang openlik te steel en te moor.

Op di 28ste Desember loop di Kaffer-polisi van Whittlesea oek na d vyand o'er. Hulle maak met di ander same 365 man uit. Daardeur word di Kaffers toen so vrypostig, om di héle Oostelike Provinsi te o'errompel.

Dit was 'n akeligheid! Di Kaffers o'erstroom di land by duisende - hulle moor en plunder so vêr as hulle kan bykom! Di arme Boere moes alles verlaat, en mar hals o'er kop vlug om hulle léwe te redde.

Imand wat dit gesiin het kan dit nooit weer vergeet ni. Ver dri dage agtereen was di pad na Uitenhage letterlik onpassawel. Honderde en honderde vlug met hulle wa'ens en vé. Witte vrouens en jonge meissiis voor di tou! Kaffers op pêrde agterna! En vóór di einde van di jaar kon 'n mens di Kaffervure siin brande op di Zuurberg, 150 myl vêr in di Koloni in.

Op di 7de Jannewari 1851 val Hermanus met syn anhang di soldate-pos Fort Beaufort an; mar hulle word terug geslaan, met 'n verlies van 50 man, waarvan Hermanus self één was.

Nadat di Gouwerneur van Fort Cox gevlug en in King William's Town angekom het, kommandeer hy di burgers van di Oostelike Provinsi op. Mar hulle kon an syn oproeping gen gehoor gé ni, omdat hulle ni vrouens en kinders so mar an di genade van di ontrouwe Hottentots in so'n tyd kon o'erlaat ni. Di Gouwerneur was toen verplig om di burgers van di Westelike Provinsi op te roep.

Op di 1ste Mei had di Gouwerneur 'n mag bijmakaar van 9,500 man. En tog, deur slegte bestiir en werkeloosheid laat hulle di Kaffers-regtig weer di

[pagina 70]
[p. 70]

Koloni o'erstroom, en uit di distrik van Somerset alleen, binne 6 weke tyd, 5,000 beeste, 20,000 skape, en 3,000 pêrde wegsteel, en 200 plase afbrand.

Di gouwerneur siin toen dat hy ni in staat was om, met di mag wat hy had, di Kaffers te keer ni. Van Mei tot in Oktober het hy in verskeie slage 12 offisire en 195 man verloor wat doodgeskiit is, en omtrent 400 was gekwes. Hy neem toen 'n besluit om di Amatola's van twé kante an te val, en dit is hom oek so vêr geluk, dat hy o'er di 50,000 beeste afgeneem het en verskeie krale afgebrand en vernitig het.

In di tussen tyd word Sir Harry Smith weggeroep en George Cathcart as Gouwerneur in syn plaas benoem. Syn eerste onderneming was teen di verradelike Hottentots, en hy het hulle heeltemaal tot onderwerping gebreng.

Op di 6de Augus 1852 begin hy teen Kreli. Hy beskuldig hom, dat hy as Grootopperhoof ni syn invloed gebruik het om di Gaika-opstand te onderdruk ni, en eis van hom skadevergoeding. Hy weier om dit te betaal. Di gouwerneur trek teen hom op. Mar Kreli het syn krale verlaat en met syn volk diper land-in getrek. Di Gouwerneur doen 'n inval in syn land en neem omtrent 19,000 stuks vé.

Op di 15de September trek di Gouwerneur op na Waterkloof en verdrijf Makom en 'n paar ander kapteins daarvandaanaf. Di vollende maand gé nog twé Tamboeki-kapteins hulle o'er.

Ondertussen gaan di oorlog nog vort in Britse Kafferland; mar di Kaffers en di Hottentots was al so uitgeput, dat hulle verplig was om vrede te vra. Kreli en Sandilli laat weet dat hulle gewillig is om hulle te onderwerp, en na di o'ergaaf van 100 gewere en di gewere wat di Kafferpolise mégene[e]m het, en nadat hulle beloof het dat hulle ni weer na di land sal kom wat hulle vroe'er bewoon het, word di vrede met hulle gesluit. En hiermé eindig 'n grote Kafferoorlog.

Sir George Cathcart maak toen di vollende o'ereenkoms met di Kaffers;

1)Dat an di Fingoes wat as slawe deur di Kaffers behandel worde, moet lande gegé worde in di distrik Victoria Oos.
2)Dat di land ten noorde van di Amatolas verdeel word in plase, en an boere sal gegé worde.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken

Over het gehele werk

landen

  • over Zuid-Afrika


Over dit hoofdstuk/artikel

datums

  • 1846

  • 1850

  • 1851

  • 1846

  • 9 september 1844

  • 31 maart 1846

  • 1850

  • september 1850

  • 24 december 1850

  • 27 december 1850

  • 7 januari 1851

  • 1 mei 1851

  • 15 september 1851