Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Suid-Afrikaanse volkspoësie (1924)

Informatie terzijde

Titelpagina van Suid-Afrikaanse volkspoësie
Afbeelding van Suid-Afrikaanse volkspoësieToon afbeelding van titelpagina van Suid-Afrikaanse volkspoësie

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (2.72 MB)

Scans (4.20 MB)

XML (0.72 MB)

tekstbestand






Genre

non-fictie

Subgenre

proefschrift


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Suid-Afrikaanse volkspoësie

(1924)–S.J. du Toit–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Bijdrae tot die Suid-Afrikaanse volkskunde


Vorige Volgende
[pagina III]
[p. III]

Aan my vrou, my moeder
En aan die nagedagtenis van my vader

 

[pagina VII]
[p. VII]

[Woord vooraf]

Aan die einde van my akademiese studie is dit my 'n aangename taak hier my dank uit te spreek aan almal wat my in my wetenskaplike vorming behulpsaam gewees het.

In die eerste plaas denk ek met 'n warm gevoel van erkentelikheid trug aan die Professore van die Grey Uniwersiteitskollege, Bloemfontein, insonderheid aan Professor Francken, Professor Malherbe en Professor Johnson, by wie ek ook na my studie daar nog dikwels hulp en belangstelling gevind het.

In verband met my studie aan die Amsterdamse Uniwersiteit wens ek boweal my dank te betuig aan my hooggeagte Promotor, Professor Prinsen, vir sy seer gewaardeerde belangstelling en waardevolle leiding. Die opofferende hulpvaardigheid, waarmee hy my veral in die laaste maande in verband met my proefskrif bygestaan het, is iets wat ek nie lig sal vergeet nie, terwyl sy kolleges in die Nederlandse letterkunde, waar ek die breedte van sy blik en die persoonlike van sy insig leer waardeer het, my altyd 'n aangename herinnering sal bly.

In besondere mate is ek ook dank verskuldig aan Professor Boer, vir sy seer gewaardeerde lesse in die Oudgermaanse Taalwetenskap, wat vir my 'n openbaring was, en verder vir die vele blyke van persoonlike belangstelling en die aanmoediging wat ek van hom ondervind het. Ek hoop van harte nog die geleentheid te kry om in my Vaderland voort te bou aan die vak, wat ek op sy kolleges leer waardeer het.

Ook aan die hooggeleerde Professore Stoett, Swaen en Six my dank vir hulle leersame kolleges, en aan Dr. D.F. Scheurleer, Dr. G.J. Boekenoogen en Dr. Hendr. C. Diferee vir die welwillendheid waarmee hulle my steeds te woord gestaan, en my hulle uitgebreide biblioteke ter beskikking gestel het.

My dank ook aan Mej. Nelly Bodenheim en die Here J. Oostveen en H.C. van Oort vir hulle belangstelling in my

[pagina V]
[p. V]

werk, en aan die Heer J.H. Garms vir sy kostelike hulp in verband met die toonsetting van 'n gedeelte van my stof en sy vriendelike raad, waar ek my so dikwels van kon bedien.

Veel is ek ook verskuldig aan Prof. Dr. S.P.E. Boshoff, Potchefstroom, Ds. P. Biewenga, Angola, Senator F.W. Reitz, die Heer H.B. Barnard, en die geagte Here Inspekteurs van Skole, F.P. Cillié, D. de Bruin, J.R. Steyn en Boersma, sowel as aan my vele vriende en oud-leerlinge in Suid-Afrika, die my by die versameling van stof behulpsaam was.

Ook teenoor die Unie-regering van Suid-Afrika, die Departement van Onderwys in die Oranje Vrystaat en die Nederl. Z.-A. Vereeniging voel ek my verplig.

'n Woord van dank nog vir hulle hulp aan Mnr. Wijndelts en sy assistente in die Uniwersiteitsbiblioteek in Amsterdam.

Dat ek die uitgebreide stof van my proefskrif in die jaar en drie maande, wat ek tot my beskikking had, geheel kon binnehaal en bewerk, dank ek aan die troue hulp van my vrou, die self veel materiaal vir my versamel, en met hart en siel in my werk opgegaan het. Dit is my 'n vreugde nog die geleentheid te hê om daarvan te kan getuig.

Ten slotte wil ek nog my erkentelikheid uitspreek teenoor my vele vriende hier te lande, by wie my vrou en ek so dikwels hulp en gasvryheid gevind het. Van harte hoop ek dat die vriendskapsbande, wat ons hier gebind het, onverswak in die toekoms mag voortduur, en dat ons ook nog die voorreg mag hê om hulle eenmaal in ons eie land te verwelkom.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken