Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Jakob Platjie (1921)

Informatie terzijde

Titelpagina van Jakob Platjie
Afbeelding van Jakob PlatjieToon afbeelding van titelpagina van Jakob Platjie

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.83 MB)

XML (0.28 MB)

tekstbestand






Genre

proza

Subgenre

roman


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Jakob Platjie

(1921)–G.R. von Wielligh–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina VII]
[p. VII]

Voorrede.

Reeds in 1891 had ons die materiaal, wat nou die publiek aangebied word, in gereedheid gebring. Sommige van ons vrinde het toe daarvan insae gekry, waaronder Ds. S.J. du Toit en Dr. J. Hoffman L.W.V., en hulle dring toe sterk aan dat hierdie deurlopende verhaal in boekvorm sou verskyn. Maar oor ons die tyd daartoe nog nie geskik geag het nie, het ons van tyd tot tyd net uittreksels uit ‘Jakob Platjie’ in die lig gegee. Ons was sterk aangemoedig deur die goeie ontvangs, waarmee dit deur die pers begroet geworde is. Ons het dus nou besluit om die deurlopende verhaal in sy geheel te doen publiseer en vertrou op die goeie ontvangs daarvan deur die Publiek.

Dit het ons nie juis ten doel gestrek om snaaks te wees nie, maar wel om sterke karakters same te vat, wat die lewe van drie Afrikaanse inboorlingrasse weerspieël. Namelik die volke, wat amper aan die uitsterwe is, en wat onder die goeie, of slegte invloede van beskawing, in karakter verander. Die karakterverandering het ons reeds in die korte loop van jare in ons lewe kan bespeur.

Mog hierdie werkie aan die nageslag oorhandig 'n idee hoe die inboorlinge gedink en wat hul gedoen en gelaat het. Want dit val nie aan te twyfel nie dat na verloop van enige geslagte van die toekoms, hierdie drie stamme geheel hulle nasionale karakters verloor sal hê.

[pagina VIII]
[p. VIII]

Wat die taal betref, wat ons in die mond van die sprekers gelê het, mag ons in die rede geval worde deur iemand wat sê dat in sommige gevalle die taal te verhewe is vir die onbeskaafde inboorling. Dit mag so wees, maar ons het genoeg aanhalings in hulle gewone spreekwyse gelewer om te toon van watter woorde hulle hul bedien het om hulle gedagtes aan ander bekend te maak. Alleen het ons gevrees om deur aanhoudend van die plattaal gebruik te maak, dat ons die lesers sou hinder. Na ons beskeie beskouing het ons tog genoeg oorgelaat om 'n grondige idee van hulle spreekwyse te gee.

'n Broeder Landmeter, wat ook as Resident Magistraat die Kaap vir jare gedien het, merk eendag teen ons op: ‘Ja, daar is net twee nasies onder die son wat regtig geestig (grapperig) is, namelik 'n Ier en 'n Hotnot - hulle is geestig sonder te probeer om snaaks te wees. En word die twee te ver deur die wingerd gejaag, dan gee hulle argumente gewoonlik meer warmte as lig af.’ Hyself was 'n Ier, wat veel sake in die Hof te beslis had, en hy kon iemand van lag laat rol.

Dis waar, daar sit fyn humor in 'n Hotnot en hy self besit daarby nog die begaafdheid om die belaglike sowel as die ernstige sy van 'n saak te besef - sonder hom onnosel aan te stel.

Koos Fonk stel 'n tiepiese smous voor, wat in daardie dae te vinde was.

Ons vertrou dus dat hierdie poging van ons 'n hartelike ontvangs te beurt mag val.

 

Kafferstad-Hendrina, Trvl.

 

Januarie 1917.

 

Die Skrywer.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken