Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde, 1975


auteur: Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde 1901-2000


bron: Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandsche Letterkunde te Leiden, 1974-1975. E.J. Brill, Leiden 1976  


verantwoording

inhoudsopgave

doorzoek de hele tekst


downloads



DBNL vignet


 i.s.m. 
[p. 128]

4. Verslag aangaande die ‘Maatschappij’ in die republiek van Suid-Afrika oor die jaar 1974

In desember 1974 was die ledetal van die ‘Maatschappij’ in die Republiek van Suid-Afrika 43 (Desember 1973: 46). Nuwe lede is tydens die jaar onder beskouing nie gekies of benoem nie. Die afsterwe van die volgende lede word betreur: Prof. dr. H.J.J.M. van der Merwe (gekies 1961, oorlede te Pretoria 25-2-1974); prof. dr. ing. J. Goudriaan (gekies 1938, oorlede te Amsterdam, Nederland, 22-3-1974); en prof. dr. E.F.W. Gey van Pittius (benoem 1950, oorlede te Pretoria, Juni 1974).

In die Jaarboek van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (1974) is die heengeganes as lede herdenk en aandag aan hul verdienstes gewy. Mnr. P. Kortkuys het in die maandblad Zuid-Afrika (Amsterdam, Mei 1974) 'n bydrae oor prof. dr. H.J.J.M. van der Merwe gepubliseer, terwyl in die maandblad Nederlandse Post (Kaapstad, Mei 1974) 'n kort herdenkingsartikel oor prof. dr. ing. J. Goudriaan die lig gesien het.

In Matieland (Stellenbosch, 1974, nr. 2) het ds. Isak de Villiers se beskouing Dr. Fransie word flink tagtig (prof. dr. F.E.J. Malherbe) verskyn. Bogenoemde jubilaris is in 1936 as lid van die Maatschappij gekies.

Sedert 1973 is prof. dr. G.J. Beukes voorsitter van die raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en prof. dr. A.P. Grové een van die raadslede. As lede van die Akademie se fakulteitsraad Kuns en Geesteswetenskappe dien vanaf 1973 o.m. bogenoemdes en prof. dr. T.T. Cloete, prof. P.J. Nienaber, prof. dr. E. van Heerden, prof. dr. Meyer de Villiers en prof. dr. C.J.M. Nienaber.

 

jan ploeger