Vroeë Afrikaanse woordelyste


auteur: H.J.J.M. van der Merwe


bron: H.J.J.M. van der Merwe, Vroeë Afrikaanse woordelyste. J.L. van Schaik, Pretoria 1971  


verantwoording

inhoudsopgave

doorzoek de hele tekst


downloads



DBNL vignet

[p. 223]

S.J. du Toit (1908)

[p. 225]

Afrikaanse taalskat Fan spreekwyse, gesegdes en uitdrukkings
Fersamel deur S.J. du Toit

[p. 227]

Afrikaanse taalskat fan spreekwyse, gesegdes en uitdrukkings,
Fersamel deur S.J. du Toit

Ons het nou al di grondslag geleg fer 'n Taalkunde fan ons taal, eers in ‘Di eerste beginsels fan di Afrikaanse Taal’ en later in di ‘Fergelykende Taalkunde’ fan Afrikaans en Engels. Dan het ons oek al di fondament geleg fan 'n Afrikaanse Woordeboek, in Afrikaans-Engels en Engels-Afrikaans. Mar di laaste gé net kortaf di spelling en betekenis van di woorde. So fêr doen dit wel 'n goeie diins, mar dis ni genoeg ni. Dit laat ni di ygenaardige woorde, spreekwyse, gesegdes, spreekwoorde en uitdrukkings, waarin ons taal uitmunt, uitkom ni, en dis juis di doel fan hiirdi werk, waardeur dit sig ondersky fan 'n Woordeboek.

As een fan di samestellers fan di Taalkunde en Woordeboek wil di skrywer hiirfan perbeer om in di behoefte oek te foorsiin. Hy weet dat dit gen maklike werki is ni. Mar net soos met di Taalkunde en Woordeboek wil ons oek mar 'n begin maak, deur boustoffe te fersamel en di fondament te lê; want ons glo ni an bou fan di dak af ni, soos party nuwerwetse foorstanders fan ons taal doen.

Ons is daarom ni heeltemaal di ‘foortrekkers’ op di gebiid ni. Reeds in 1844 het ou Dr. Changuion onder di ygenaardige titel fan ‘De Nederduitsche Taal in Z.A. hersteld’ 'n taalkunde uitgege, waarby hy gevoeg het wat hy noem ‘Proeve van Kaapsch Taaleigen.’ Maar soos uit syn titel en foorrede blyk was syn doel ni om ons taal op te bou ni, mar om di fondament wat toen geleg was en di mure wat toen gebou werd af te breek. Mar dis hom ni geluk ni. Di arme ou man moes foor syn dood erken, dat syn doel misluk is: ons taal het o'er syn kop gegroei, toen al, en bloei fandag op syn graf.

Later, in 1884, het Mnr. Mansvelt, toen ‘Professor in de moderne Talen aan het College te Stellenbosch’ uitgegé 'n ‘Proeve van een Kaapsch-Hollandsch Idioticon, met Toelichtingen en Opmerkingen betreffende Land, Volk en Taal.’ Hoewel di werk ni sonder ferdiinste is ni, tog ly dit an twe gebreke. Fereers het hy ons taal mar beskou, soos uit syn titel en ‘voorbericht’ blyk, as ‘Kaaps-Hollans,’ en dus syn boek mar genoem 'n ‘Idioticon,’ soos hy dit self ferklaar as 'n ‘Woordenboek bevattende woorden en uitdrukkingen die aan een bysonder gewest (in dit geval Zuid-Afrika) eigen zyn’ - dus Afrikaans is fer hom mar 'n tongval of dialek fan Hollans.

Mar 'n grotere gebrek fan di werk is nog, dat di skrywer, baar en rou uit Holland gekom, met ni meer kennis van ons taal en ons folk ni as wat hy opgetel het by syn uitkom fan di Kaap na Stellenbos, daar op syn leerstoel gaan sit het en di stof fer syn boek moes kry fan syn leerlinge uit verskillende dele fan ons land. En di ondeugende knape het hulle ‘professor’ lelike poetse gebak en baing strikkiis op di mou gespelde, wat hy mar alles fer klinkende munt opgeneem het in syn boek. By ons behandeling sal ons so hiir en daar enkele staaltjiis daarvan gé. Mar bowediin het di jong-span hulle professor baing hul plaselike uitspraak, gesegdes en spreekwyse fer algemeen Afrikaanse laat opneem, en dikwils het syn ongeoefende oor di juiste uitspraak misgefat en ferkeerd gespelde.

Ons gé hiir net 'n paar foorbeelde, wat ons foor di hand ope slaan onder letter O. Hy gé hiir: ‘O-Enna, tw. om ferbazing, schrik, enz. uit te drukken.’ Nouwel, syn ‘enz.’ moet hiir alles reg maak; want elke Afrikaander weet dat ons uitroepwoord ‘yna!’ of ‘O yna!’ net gebruik word as imand seer kry of pyn het, mar nooit om ‘verbazing en schrik’ uit te druk ni. - Mar nog erger, ja belaggelik fer elkeen wat Afrikaans ken is di ferkeerde betekenis wat hy an ‘onbeskof’ gé en di moeite wat hy doen om di ferkeerde mening te ferklaar. Hy het dit so: ‘Onbeskof, degelik, flink. De overgang van de Ned. betekenis van dit woord (lomp,

[p. 228]

ruw, enz.) tot de genoemde moet hiir door ontstaan zijn, dat een lomp, ruw mensch niets ontziet, recht door zee gaat en dus degelijk flink doortast en handelt.’ Mar nou weet elke skoolkind hiir, dat ons nooit ‘onbeskof’ gebruik in di betekenis fan ‘degelik, flink’ ni, mar wel net soos di Hollanders in di sin fan ‘ruw, lomp,’ ens. En omtrent 'n derde fan di woorde is op di maniir, wat ons hiir en daar by di behandeling sal laat uitkom.

Mar dan is daar nog 'n onuitgegewe Afrikaanse taalskat foor ons, namelik 'n fersameling fan boustoffe fer 'n werk soos ons nou bedoel, nagelaat deur o'erlede Dr. A. Pannevis, een fan di grootste taalgeleerdes wat Suid Afrika ooit gesiin het en een fan di grondleggers fan ons taal as skryftaal. Hy het soos David di boustoffe fersamel, dat 'n opfolger di tempel kan bou.

Ons erken dat dit ni maklik was om 'n gepaste titel fer di werk te kry ni. Yndelik het ons mar besluit om di foorbeeld fan ons oue taalkundige te folg en dit 'n Taalskat (Thesaurus) te noem; want ons hoofdoel is tog mar om di ygenaardighede, spreekwijse, gesegdes, spreekwoorde, ens. fan ons taal byeen te fersamel. Di skat kan altyd nog fermeerder, gerangskik en nuttig gebruik worde. Ons maak mar 'n begin en laat ruimte fer andere om an te ful en by te werk.

A Lys fan Ferkortings.

W.w. = werkwoord.
S.n. = Selfstandige naamwoord.
F.n. = Foornaamwoord.
F.s. = Foorsetsel.
H.w. = Hoedanighydswoord.
B.n. = Byfoegelike naamwoord.
B.w. = Bywoord.
T.w. = Telwoord.
U.w. = Uitroepwoord.
L.w. = Lidwoord.
Afr. = Afrikaans.
Holl. = Hollans.
Eng. = Engels.
Fr. = Frans.
Dts. = Duits.
Byf. = Byfoorbeeld.
F.k.w. = Ferklynwoordji.

A, kinderwoord, as w.w. en s.n. gebruik, fer stoelgang en di afwerpsels daarfan, waarfan ons oek wel di Hollanse woorde behou het, mar amper nooit gebruik ni. Want di Afrikaander het 'n angebore beleefdhyd, daarom dat hij liwers ferbloemde uitdrukkings gebruik soos ‘a’ fer kinders, en fer grote mense ‘afgaan,’ ‘agter gaan,’ ‘bossiis toe gaan’ (omdat di meeste dit op 'n gelege skuilplek in di frye natuur doen), ‘broeklos-maak,’ ‘broek ferbinde’; oek wel ‘opelyf hé of kry,’ 'n ‘deurstraling hê,’ ens. En as s.n. word fer uitwerpsels in kindertaal gesê ‘a,’ byf. ‘pas op daar leg a,’ en anders word dit genoem ‘fulles,’ 'n ‘hoop’ of ‘hopi’ (fandaar oek ‘'n hopi maak’), en o'erdragtelik 'n ‘slagyster,’ fandaar di spreekwoord ‘in 'n slagyster trap.’ - Daarfan is oek afgely 'n A-broeki, dis 'n broeki fer jonge seuntjiis (wat nog ni kan ‘Broek los maak’ ni) met 'n slip fan agter, wat fan self ope gaan as so 'n kind op syn hurke gaan sit om te a. A as u.w. word bij ons baing gebruik en in ferskillende betekenisse, mar mees in ferwytende en bestraffende sin, soos ‘A ne, jong! jy moet ni so maak ni,’ ‘A, siin jy nou?’
Aaklig, oek op enkele plekke uitgespreek as ‘aaklik,’ en daarfan afgely ‘aaklighyd’.
Aam, 'n fat wat 'n kwart fan 'n lê'er befat; mar by ons min in gebruik, feel meer ‘Halfaam.’
Aand, Holl. ‘avond.’ Hiirfan het ons ferskillende aflydings, soos Aandblommetji, 'n soort fan feldblommetji wat lekker ruik en saans ope gaan en soggens toe;
Aand-ete, Aandster, ens.; fandaar oek ons groet:
[p. 229]
Naand, ferkort fan Holl. ‘goeden avond.’
Aans, oek ‘aanstons’ en ‘aanstonsiis,’ b.w, gebruik om 'n onbepaalde mar ni fêr afgelege toekoms aan te dui; somtyds oek in di sin fan ‘dalk’ of ‘dalkiis’ fer iits wat molik kan gebeur.
Aanti, f.k.w. fan di Eng. ‘aunt,’ gebruik fer tante mar in fersagtende liifkosende sin.
Aap, in onderskyding fan bobbejaan. Daarfan het ons ferskillende aflydings, soos Nag-api, wat bedags slaap en net snags uitkom; Aap-stêrt fer 'n sambok, omdat hulle na makaar lyk; di laaste word oek as skeldnaam gebruik: ‘Jou klyne aapstêrt, wat ferbeel jy jou?’ in Holl. ‘apejongen.’ - Dan is dit in di laaste tyd tamelik algemeen geworde onder kinders as een fan hom self 'n gek gemaak het, of as andere een fer gek gehou of 'n poets gebak het, om hom dan uit te spot deur hom kortaf te noem: Api! Api! (Mansvelt het oek ‘Aapskilloeder,’ met 'n hele gesukkel om dit uit Duits af te ly, mar ons Afrikaners ken so 'n woord ni).
Aar, fan Holl. ‘ader,’ feral oek gebruik fan 'n onderaardse water-aar, en fandaar oek aar bossi wat so 'n water-aar anwys.
Aarby, Holl. ‘aardbesie.’ (Mnr. Mansvelt fertel hiir dat ons Afrikaners di blomboompi wat ons ‘bebroeide yer’ noem oek ‘Aarby plant’ noem; mar ons het dit nog nooit gehoor ni).
Aard, in di Holl. betekenis fan ‘natuurlike gesteldhyd’ word di woord nooit deur ons gebruik ni (daarfoor gebruik ons ‘geaardhyd’), mar wel in diselfde sin as ‘maniir’ (Holl. ‘wyse’), byf. ‘op di aard,’ op di maniir. Dan gebruik ons dit oek bepaald in 'n slegte sin, byf. ‘iits op 'n aard doen,’ dis ni alte goed ni.
Aardig, beteken by ons ongepas, byf. ‘dit lyk so aardig’; oek in di sin fan onangenaam, byf. ‘dis aardige weer,’ of ‘ek foel so aardig.’ Mar aardighyd het hiir oek di Holl. betekenis fan fermakelikhyd; fergelyk ‘snaaks.’
Aas, het by ons ni di algemene Holl. betekenis fan kos of spys ni, mar wel: (1) aas wat ons an 'n hoek set om fis te fang, en (2) 'n dooie aas. Uit di laaste betekenis het ons di afgelyde woord Aasfo'el.
Abba, (Holl. kakkemarsen, hakkepakken), imand op di rug dra. Aflyding onseker, hoewel Mansvelt beslis sê, dis fan di Hott. ‘abba’ of ‘awa.’
Abliwi, ferkort fan Holl. ‘wat belieft u?’ raak al meer in onbruik.
Adamsfy, 'n grote, donkerbruine fy.
Adju, uit Fr., faarwel.
Adoons, naam dikwils gegé an folk, oek an bobbejane, hoewel in di laaste gefal Kees meer algemeen is.
Af, di f.s. word by ons baing gebruik en in ferskillende betekenisse, fereers om 'n weggaande beweging an te dui, soos ‘fan di Kaap af,’ in teenstelling tot 'n ankomende rigting, soos ‘na di Kaap toe.’ Dan het ons ‘af’ fer afgebreek, soos ‘syn arm of been is af’; so oek as s.n. ‘di af-arm, di af-been, di af-disselboom,’ ens. En ferder met di follende ferbindings: -
Afdam, fan water, fergelijk ‘opdam.’
Afdraand, Holl. afhellend, teeno'ergesteld fan ‘opdraand’; oek as s.n. byf. ‘'n style of stotige afdraand of opdraand.’ Follens Bilderdijks geslachtslijst word di woord oek in di sin in Amsterdam gebruik.
Af-el, w.w. fer met 'n el afmeet.
Affal, s.n. fer kop en potjijs, fan 'n geslagte diir.
Affeer, di fere aftrek fan pluimfe.
Affoer, 'n stuk gesaaide fer foer afsny en gebruik.
Affoeter, op 'n maniir iits afdoen of klaarmaak.
Afge: (1) ferliis, deur di dood, (2) fermeng, sig met imand afge.
Afgedanks, 'n woord fan ferwensing, byf. ‘di afgedankste klynjong - ek sal hom 'n afgedankste pak sla ge.’
Afhaak, trekfe fan 'n rijtuig of ploeg los maak, sonder aftuig.
[p. 230]
Afjag, 'n afjag ge of krij; selde uitgespreek afjak. Mansfelt sê, dit het hiir meer di betekenis fan 'n bok skiit of 'n flater begaan; mar dis alweer mis.
Afkeur-speulletji, 'n soen-speulletji.
Afklop, haastig en fer goed weggaan, fan doodgaan gebruik, ‘hy het afgeklop.’
Afleer, ontwen, fergeet, teeno'ergestelde fan ‘anleer.’
Aflig, byf. iits swaars fan 'n wa aflig.
Afmoor, wreedaardig behandel fan mens of diir.
Afmoot, in mote of stukke afdeel of afsny, feral flees of fis; fandaar snoek-motjiis, makriil-motjiis, ens.
Afneem: (1) iits fan imand afneem, (2) haastig 'n tafel afneem, (3) 'n portret afneem of laat afneem.
Afpars, druiwe fan 'n wingerd afpars.
Afpluk: (1) frugte fan 'n boom, (2) haastig afneem, byf. ‘syn hoed afpluk,’ fer afruk.
Afrikaner, of Afrikaander, 'n naam waarme ons nasi sig self noem, wel met enige anmatiging, asof ons di enige ware besitters is fan di hele Afrika! So het ons oek Afrikaner-skape, Afrikaner-beeste, ens.; en 'n soort blom wat genoem word Afrikaners.
Afrokkel, byf. imand syn folk afrokkel.
Afsaal, di saal en toom afhaal fan 'n perd.
Afsiin: (1) fan iits byf. fan syn reg afsiin of afstand doen, (2) imand afsiin, fan Eng. ‘to see off,’ ni algemeen ni.
Afsit, (1) imand uit 'n betrekking ontslaan, (2) hard weg loop, byf. ‘hy het afgesit,’ (3) 'n arm of been afsit.
Afslaan, oek o'erdragtelik gebruik, byf. ‘ek slaan hom bij di haak af,’ meesal met di beweging daarbij.
Afslag, w.w. di fel aftrek, Holl. ‘villen’; s.n. 'n prijsfermindering.
Afsloer, en afsloof, sig uitput en afwerk.
Afstrook, Holl. ‘afstropen,’ di mouwe of di broek afstrook of afrol, teeno'er opstrook en oprol.
Aftrek, (1) 'n raam aftrek of afskuiwe; (2) té of kruie aftrek; (3) fan imand syn huur ens. aftrek.
Ag, Tw., 8.
Ag, w.w., Holl. achten, in diselfde betekenis, mar met andere ferbindings.
Ag-os-sweup, ag-perde-sweup, enz., 'n sweup om sofeel osse of perde in 'n span te drywe.
Agtelosig, Holl. achteloos.
Agter, Fs., het diselfde betekenis as in Holl. mar met ferskillende andere ferbindings.
Agteraf-praat, fer Holl. achterklappen.
Agterbaks, H.w. en B.w. fer Holl. achteraf, agterhoudend.
Agterlaag, fer Holl. hinderlaag.
Agter-makaar, oek as B.w. en H.w., ‘di man, syn affêrre is agter-makaar’; ‘dis 'n agter-makaar froumens di’., ens.
Agtermiddag, fer Holl. namiddag.
Agterna en Agteran, ‘iemand agterna of agter imand an loop, ja, ens., fer di Holl. ‘iemand nalopen, najagen’, ens.
Agternaam, twede naam.
Agtero'er-siikte, fer fallende siikte.
Agteropskop, fer Holl. achteruitslaan fan pêrde.
Agteros, di 2 agterste osse in 'n span.
Agterryer, 'n jong wat tepêrd agter zyn baas an ry.
Agterslag, di stuk riimpi tussen foorslag en sweup.
Agterstel, fan 'n wa.
Agterwêreld, 'n agteraf gelege landstreek (Kyk o'erberg). Oek o'erdragtelik fer di agterste liggaamsdele fan 'n mens of 'n diir. Bef. Wolf zê fer Jakkals: ‘Kyk hoe lyk myn agterwêreld,’ nadat hy di skoot lopers gehad het.
Agting, Fer di Holl. achting gebruik ons meesal respek.
Agtuur, Holl. ontbyt; dikwils ook ferfang deur di Eng. breakfast; befoorbeeld: ‘ek het nog ni agtuur gehad of geëet ni’; ook as s.n. ‘dis agtuur.’
[p. 231]
Aia of Aja, uit Mal., fer 'n kindoppaster, meesal fer 'n oue myd, ou aia. (Kyk Memmê of Ou Memmê).
Akkelpiniis, Mansvelt ge di woord as foorkomende in ‘Hy goi syn ... daar’, fer: hy fry daar. Ons het di woord nooit in di sin hoor gebruik ni. Dit moet dan heel plaselik wees. Mar Mansvelt ge hiirop meteen 'n fersameling fan uitdrukkings wat di Afrikaners gebruik fer fry, wat ons hiir laat folg: ‘hy lê an’ en ‘hy loer daar’ (uitdrukkings an di jag ontleend); ‘hy draai daar’ (soos 'n aasfo'el bo of om die aas); ‘hy goi skaapogiis’ (hy kyk ferliif); ‘hy soek pêrde of osse’ (om onder di foorwensel by syn mysi uit te kom); ‘hy trap 'n foetpad’ (om met 'n ompad ongemerk by syn beminde te kom); ‘hy wil pa sê’ (hy soek 'n skoon fader); ‘hy doring daar’ (fergelyk ‘hy is 'n doring’); ‘hy maak syn rolplek daar’ (molik an di rolplek fan wild ontleend). - Ons foeg hiir nog by: ‘hy maak syn flikkers daar’; ‘hy sleep syn flerk’, (soos 'n hoender-haan); ‘hy hou fer hom wolhaar’ ens.
Akker, oek Aker, fer Holl. eikel.
Akker, 'n stuk grond sofeul as an makaar geploeg word. (Kyk Wenakker).
Akkerboom, en Eikeboom, word alby gebruik.
Akkerdis, fer Holl. hagedis.
Akkerdruiwe, 'n soort druiwe met korrels so groot as akkers en netso langwerpig.
Akkertji, 'n klyne stukki tuingrond, soos saad akkertjiis, blom-akkertjiis, ens.
Akke(r)wani, di woord word deur Mansvelt gegé as anduidende 'n soort fan biisiis waarfan di wortels in klere geset word om dit teen motte te befylig. Mar dit moet oek 'n heel plaselike benaming wees, want ons het dit nooit hoor gebruik ni.
Akkoort, uit Fr. fer o'ereenkoms; 'n akkoord maak, ens.
Aks, ferkorting fan 'n agste (fan 'n duim).
Al, word dikwels an di end fan 'n sin ter bekragtiging gebruik: ‘ek is moeg al’; ‘dis laat al’. Al-honderd-en-tiin fer alhoewel.
Albaster, fer Holl. knikker; so ‘albaster speul’; ‘Albasterkrans’, ens.
Alikruik, 'n soort skulp, fan ‘aarden kruik’, waarna di skulp lyk; oek as 'n uitskelwoord ‘jou alikruik,’ of oek ‘alikruiker’.
Aljimmer, alslag en alklaps, fer Holl., ‘telkens’.
Alkant, ferkorting fan ‘an alle kante’, bef. ‘alkant selfkant’.
Alla, nw., uit Mal., fer God. Onbewus is dit 'n floekwoord geworde (in nafolging fan di Slammayers): ‘ô Alla!’ wat oek o'ergegaan is in 'n menigte ferbindinge, soos, alla-giftig! alla-kragtig; alla-krentig! alla-magtig! alla-mattjiis! alla-mintig! alle-wêreld! ens.
Almal, fer Holl. ‘allen, allemaal’.
Almelewe, Bw. ferkorting fan Holl. ‘al myn leven’; oek in andere ferbindings, soos alselewe fer Holl. ‘al zyn leven’; fanmelewe fer Holl. ‘van myn leven’; fanslewe ‘van zyn leven’, ens. Mar di uitdrukkings word oek in meer algemene sin gebruik, bef. ‘almelewe’ fer altyd, soos ‘dit was mar almelewe so’ so word ‘fanselewe’ oek gebruik fer 'n onbestemde foortyd ‘fanselewe of fanmelewe ze dage’, ens.
Als, Bw. fer Holl. ‘alles’.
Als, S.n. fer Holl. ‘alsem’.
Al-te, fer iits buitengewoons, soos ‘al te danig’; ‘dis fer my al te snaaks’, ens.
Altemit, fer Holl. ‘misschien’, oek.
Altemitters, Mansvelt gé as di betekenis in Holl. ‘nu en dan, somtyds’; mar in di sin gebruik di Afrikaner dit nooit.
Aluin gebruik ons in diselfde betekenis as Holl., mar met andere ferbindings, soos aluinleer, aluinfel, aluinleer-tuige, ens. dis leer en felle wat met aluin gelooi is en dus 'n witte kleur het.
[p. 232]
Amandel, gebruik ons in diselfde sin as Hollans mar met andere ferbindings, soos Amandelperske, 'n soort amandels wat 'n dikke, fleesagtige skil om di pit het amper soos 'n perske; amandelbrood, 'n soort suikerbrood met amandels klaar gemaak; amandel-têrt, 'n soort têrt fan amandels gemaak; amandel-banket, ens.
Ambraal, word in ygenaardige sin gebruik as benaming fan imand wat siik is, soos ‘Ambraal is siik fandag.’
Amper, oek ampertjiis, in di sin fan Holl. ‘byna’.
Anbrand: (1) anbrand by kook in 'n pot, bef. ‘di melk brand an’; (2) anbrand fan 'n pyp ygenlik, ‘and' brand’, di pyp is al an di brand’.
Andag, Mansvelt sê di woord word fer huisgodsdiins gebruik, molik uit di Duitse ‘Abendacht halten’; mar ons het dit nooit in di sin hoor gebruik ni; mar altyd in diselfde sin as di Holl. ‘aandach’.
Ander, het by ons ferskillende betekenisse in ferskillende ferbindings, wat di beste met foorbeelde kan aangetoon word: (1) in di sin fan nog een, soos ‘sal jy 'n ander koppi koffi neem?’ (Eng. another); (2) as 'n onbestemde tydsbepaling, soos ‘di ander dag’, ‘ander maand’, ‘ander jaar’, ens.; (3) om di teenoorgestelde an te dui, soos ‘ander kant’, bef. ‘anderkant di huis’, ens.
Andoeli (Fr. andouille), di taaie stukkiis flees wat in stukkiis gesny en met spesery bewerk in 'n grote derm soos wors gekook word. Holl. ‘rolpens’.
Andruk, haas maak met iits: ‘jy moet andruk’, met werk, of ry, ens.
Angaan, in 2 betekenisse: (1) begin; soos ‘di kerk gaan an’; (2) fortgaan: ‘jy moet mar angaan op di maniir’, Eng. ‘to go on’.
Anhou, as B.w. fer anhoudend, bef. ‘jy moet anhou slaan’; as S.n. op di duur, bef. ‘op di anhou’.
Anker: (1) 'n klyne fatji, 'n 16de fan 'n le'er, wat 8 gellings of 45 bottels hou; (2) 'n rank of skeut fan 'n plant wat rank.
Anloop, Mansvelt ge as di betekenis in Holl. ‘iemand by den neus nemen, bedriegen. Mar in di sin het ons dit nooit gehoor ni; wel imand ‘omloop’. Mar an in di ferbinding meen spoed; ‘jy moet anloop, anry, ansny,’ ens.
Anpikel, met moeite andra.
Anraap, ruw plyster fan 'n muur.
Ansettafel, 'n tafel wat by een of meer ander tafels pas en daarme tot 'n eettafel ferenig word.
Ansiinlik, in di sin fan mooi bef. ‘sy is 'n ansiinlike noi of frou’, ens.
Anslaan: di woord word gebruik (1) fan di eerste strale fan di son an di bergtoppe, bef. ‘di son slaan an Simonsberg an’; (2) fan iits wat begin te ferroes: ‘di mes of di hoepel slaan an’! (3) fan 'n plant wat wortel fat: ‘di wingerd slaan mooi an’, so oek di graan, di boord, selfs fan roes word geseg dat dit anslaan in di gesaaide.
Anstalte - maak, foorberyding maak fer iits.
Anstel: (1) imand in 'n betrekking anstel, as Magistraat, ens.; (2) sig anstel, fyns, sig wat wil foordoen: ‘denk, hoe sy fer haar wil anstel, né!’ Daarfan kom
Anstellings, altyd meerfoud, bef. ‘sy of hy is fol anstellings’ of ferbeeldings. Oek fan ingebeelde siikte: ‘dis mar net pure anstellings’.
Antimakasser, 'n gehekelde kleedje wat o'er 'n tafeltji of stoel gehang word.
Antrek: (1) in di betekenis van di Holl. ‘aankleeden’; (2) sig iits antrek, sig o'er iits kwel, fandaar antrekkelik.
Apekluiter, oek apeflooi, het omtrent diselfde betekenis as 'n druiloor, of askoek of niksnuts, of dooi-klaas, wat di Hollanders noem 'n ‘dreumes.’
Api, ferklynwoordji fan Aap (Kyk daar). Api word in kindertaal by spulletjiis gebruik, as hulle een 'n poets gebak of 'n strik laat aftrap het, dan jou hulle hom uit met di toeroep ‘Api!’ Fandaar oek imand ‘api maak,’ fergek-hou.
[p. 233]
Apiisdoorn, di mooiste soort doringboom (mimosa), denkelik omdat di nagapiis baing daarin hou en di gom fan di bome eet.
Appel, diselfde woord as Hollans fer diselfde frug; daarfan afgeleid ‘Appel-lifiis,’ blykbaar 'n fertaling fan di Franse pomme d'amour, Hollans ‘appel der liefde,’ hoewel dit hiir ni fer diselfde frug gebruik word ni, mar wel fer 'n eetbare bessi, wat meer nog genoem word ‘pompelmoesiis’ en wat di Engelse noem ‘Cape Gooseberries;’ di kunsnaam is ‘Licopersicum esculeutum.’ Dis 'n inheemse plant, wat hiir wild in di natuur groei, mar teenwoordig baing angekweek word, omdat dit so 'n pragtige en heerlike komfyt maak - N.B.! Mansvelt skrijf di naam ‘Appeltjies-der-Liefde’ en teken dan nogal daarop an: ‘De genetief (twede naamval) in dit woord klinkt zonderling in den mond van den Afrikaner, die anders geen genetief kent.’ Mar di mooiste is di Afrikaner gebruik di naam nooit so met di ‘der’ daarin ni, mar seg ‘appellifijs.’
Appelkoos, fan Holl. ‘abrikoos,’ met 'n menigte aflydings en ferbindings, wat antoon hoe algemeen di frug hiir is, soos: -
Appelkooskomfyt, fan groene a. gekook.
Appelkoosperske, 'n perske wat di kleur en form fan 'n a. het.
Appelkoospruim, 'n ferbasterde pruim, hiir angekom, wat na 'n a. lyk en smaak.
Appelkoosreen, 'n sommerreen, wat dikwils fal as di a. op di stellasiis leg om te droge.
Appelkoossely, fan rype a. gekook.
Appelkoostert, 'n soort gebak wat hiir baing gemaak word fan droge appelkosiis of appelkoossely en algemeen in di smaak fal.
Appelkosiis, fer gedroogde appelkose.
'n Appeltji-skil met imand, 'n kwessi met imand uitmaak.
Applikasi maak, ansoek doen om 'n betrekking.
Aptekers prys, 'n hoge prys, soos aptekers gewoonlik fra.
Arikruik, of Arikruikel, oek uitgespreek as Alikruik of Alikruikel, 'n soort skulp, wat ge'eet word en waarfan di dikke dop na 'n aardekruik of erdekruik lyk fanwaar di naam denkelik afkomstig is.
Armbus, di bus wat di diakens in di kerk rondbreng onder di godsdiins, of bij di deur hou by uitgaan, om gifte fer di arme in te samel. Fandaar di spreekwoord: ‘Hy wil oek 'n stuiwer in di a. hê of goi,’ fer imand wat sig ongewens in 'n gesprek of saak meng.
Arm-mans koek, 'n soort fan min kosbare gebak.
'n Armoedtji, 'n kind of diirtji wat armoed gely en daardeur agteruit gegaan is.
Aroena, 'n soort fan wilde frug.
Arri, u.w. fan ferwondering, of indagtigwording: ‘Arri, eer ek fergeet! Arri ek moet nog dit doen,’ ens.
As, fer di Holl. ‘as’ fan 'n wiil of rad en ‘asch’ fan ferbrande hout, met ferskillende aflydings, soos:
Asbossi, 'n bossi waarfan as gebrand word fer loog, om seep te kook, ens.
Asgaai, 'n woord fan Arabise afkoms, 'n wapen fan di Kaffers om me te steek of te goi; fandaar oek. -
Asgaaihout, 'n harde soort hout, wat gebruik word om di stele fan asgaaie fan te maak, mar oek gebruik word fer andere timmermans en wamakerswerk.
Askoek, 'n koek op di hete kole en as gebak; fandaar ‘askoek-klop,’ 'n ygenaardige Hottentot dans, waarby hulle telkens opspring en di foetsole teen makaar klop, wat 'n geluid ge nes 'n mens di as met di hand uitslaan uit 'n askoek as dit gaar is.
Askoestertji, naam fan 'n fooltji.
N.B. Onder di spreekwoorde fan ‘as’ afgelyd ferdiin feral fermeld: ‘imand syn hand in di as slaan,’ fer imand syn kans ontneem, befoorbeeld imand syn mysi wat hy na fry ont-
[p. 234]
neem. - Ygenaardig is oek di gebruik fan ‘asfaal’ fer Holl. ‘aschgraauw.’
Asman, ygenaardige naam fer 'n klynjong, wat baing by di fuur in di as sit, so oek ‘Asgat,’ ‘Asle'er,’ ‘Askruiper,’ ens.
Aspres, Holl. ‘expres,’ opsettelik.
Asskop, 'n skop wat gebruik word om as uit te haal fan 'n fuurrek of oond.
Astrant, (Fr. ‘assurant’), nes Holl. gebruik fer brutaal; mar ygenaardig is ons uitdrukking ‘dom-astrant’ fer imand wat erg onbeskye en parmantig is uit domhyd.
Asyn, gebruik nes Holl. ‘Asyn,’ mar met di follende aflydings: asynfat, asynbottel en asynpag fer 'n stuurse mens.
Atjar, 'n Indise woord deur di Slamaaiers hiir ingefoer fer groente en frugte soos jonge komkommers, milies, perskis, ens. wat ingeleg is in asyn met kerrikruie gekook.
N.B.! In di oue tyd had di Afrikaners meesal Slamaaiers fer koks en kindermyde, fandaar dat sofeul Indise woorde by ons ingefoer is in di taal fan ons kombuis en kinderlewe; soos in di eerste gefal: atjar, blatjang, boboti, pinang, piringki, ens., en in di tweede gefal soos Aia, oek Aija, Atta, Memme, ens.

B

Ba, kinderwoord fer soen.
Baan, nes Holl., mar ygenaardig in spreekwyse soos, ‘'n baan skop’ fer lawaai maak, ‘Katji fan di baan,’ ens.
Baar, di teeno'ergestelde fan ‘oorlam,’ denkelik fan Slamse afkoms, fer dom, onerfare. Di Hollanders het denkelik die woorde oek uit Indië o'ergeneem. Mansvelt deel me dat in di dage fan di oue Oos-Indise Kompeni di oudgediinde soldate genoem werd ‘oorlammen’ (oranglami = oue persoon) en di nuwelinge ‘baren’ (orangbarn = nuwe persoon); en so is di woorde oek o'ergegaan in di skeepstaal en studentetaal.
Baardkoring, 'n soort koring met lange, stekerige are. Daar is twe soorte, froege en late (of oue) baardkoring.
Baas, grondbetekenis nes Holl., mar feral in di Holl. betekenis fan ‘heer’ of ‘meester.’ Mar opmerkelik is dat by samenstelling di woord fooran kom by ons waar di Hollander dit agteran sit en dan ni al tyd in di letterlike sin ni, mar fer imand wat in iits uitmunt, soos baas-baklyer Holl. ‘vechtersbaas’; baastimmerman Holl. ‘timmermansbaas’; baasploeger Holl. ‘ploegbaas,’ ens.
Baba, gebruik ons ver 'n pop, oek fer 'n kind babetjie, denkelik fan Eng. ‘baby.’ Ygenaardig is di spreekwoorde ‘babetji vang,’ di werk fan di froedfrou by di geboorte, denkelik afkomstig fan di uitdrukking ‘bawejaantji fang,’ waarby an kinders wys gemaak word dat di klyntji 'n babejaantje is wat in di berg gefang en hare afgemaak is; so oek ‘gaan babetji kyk.’ - N.B.! Di Afrikaner ferander soms in di middel fan woorde di b in 'n w; so spreek party dit uit ‘bawetji’; fergelyk di ferkorting ‘Gawi’ fer ‘Gabriel.’
Babeljoentji, Holl. ‘paviljoentji,’ di kap fan 'n ferdekte ledekant.
Bafta, word gebruik fer 'n soort kleregoed fandaar baftablou, fer heeltemaal blou; oek 'n woord fan Oos-indise afkoms, hoewel dit daar gebruik word fer 'n soort fan Oos-Indise witte katoen.
Baing, oek geskrywe ‘baiang’ en ‘banja,’ denkelik oek deur di Slamaaiers hiir ingefoer, fan di Indise woord banjak, wat omtrent diselfde betekenis het. Dit word meesal gebruik as bywoord, soos ‘dis baing koud’; mar oek soms as h.w. soos ‘daar was baing mense.’ Plaselik word oek platweg geseg ‘dis 'n baing perd,’ ‘dis 'n baing kerel,’ fer dis 'n flukse perd of kerel. Mar dis ni algemeen ni. Afgelyd hiirfan is oek ‘baing-keer’ en ‘baingmaal’ fer dikwils. Soms word di betekenis nog versterk deur byfoeging fan 'n
[p. 235]
andere bywoord soos ‘regte baing.’ En wat wel freemd klink is di gesegde ‘dis 'n bitji baing min.’
Bak, s.n. fer Holl. ‘bak,’ oek as w.w. fer Holl. ‘bakken,’ waarfan ferskillende ygenaardige aflydings, soos: -
Bakkar, fer Holl. ‘Wipkar.’
Bakkis, waar meel in gekni word, fer Holl. ‘baktrog.’
Bakkis, lage woord fer ‘angesig,’ so oek ‘gefreet.’ Daarfan ‘bakkiistrek,’ ‘mombakkiis.
Bakly, Holl. ‘bakkeleien’; molik oek fan di Malaaise woord ‘bakelahi,’ ‘bakkelajoe,’ wat diselfde betekenis het. Daarfan oek afgely uitbakly, Holl. ‘uitvechten’; en baklyslag, Holl. ‘vechtparty.’
Bakoor, 'n uitstaande oor.
Baktand, 'n uitstaande tand, slagtand.
N.B.! Ons het verschillende spreekwoorde fan ‘bak’ afgely, soos ‘hy bak en brou soos hy wil,’ fer hy folg syn yge kop; ‘morre bak ons weer,’ fer daar sal niks fan kom ni. In ferband hiirme gé Mansvelt di follende spreekwoorde wat omtrent diselfde betekenis het: ‘morre agter di koffikan’; ‘as di perde horings kry’; ‘as di hengste ful’; ‘as di uil preek’; ‘as di katte fergadering hou.’ Dis egter ni spreekwoorde wat in algemeen gebruik is ni.
Bal, diselfde betekenis as Holl., daarfan afgely balharig en balsturig fer ygesinnig, wat sig ni wil laat gesê of bestuur ni; bal-slaan, bal-krans en bal-ruiter, dri soorte fan balspeul.
Balderja, 'n soort fan kruie, Kruisement (?)
Bali, Holl. ‘ton’ of ‘tobbe’; daarfan ook wasbali, foetwasbali, fleesbali, en by pars trapbali, waar di druiwe in getrap worde, kuipbali waar di mos en doppe in gegoi word om te gis of uit te werk, onderbali, wat onder di 2 forige geset word om die lekmos op te fang.
Baljaar, Holl. ‘ravotten,’ luidrugtig speel; molik fan di Portugees ‘bailar,’ dans.
Balju, word hiir nog gebruik in di oue sin fan publike anklager, feral wat di goed moet opskrywe en ferkoop fan imand wat syn skulde ni kan betaal ni.
Balk, diselfde as Holl.; balkenshoogte word geseg by di bou fan 'n huis, wat di mure so hoog opgetrek is dat di balke kan opgeset worde fer di solder. Daarfan afgely: ‘hy is 'n regte dwarsbalk’ of oek ‘dwarstrekker.’
Ballasmantji, 'n mantji wat 'n bushel of 'n derde fan 'n mud hou.
Bambari, s.n. (oek bombari), diselfde as 'n lawaai of spektakel maak.
Ban, w.w. imand, feral 'n kind, gebiid of dwing om op een plek te bly tot straf. Molik hiirfan 'n Bandiit fer 'n gefangene.
Bandom (meer nog uitgespreek bantom), s.n. fer 'n diir wat sodanig geteken is, net of dit 'n band om syn lyf het fan 'n ander kleur as fan syn orige lyf.
Bang, h.w. in diselfde betekenis as Holl., daarfan afgely: banghartig fer Holl. bloohartig; 'n bangbroek, 'n lafhartige man wat ni werd is 'n broek te dra ni. Oek bangighyd fer banghyd.
Bank, s.n., behalwe di Holl. betekenisse oek nog gebruik fer: (1) 'n donkere bank fan wolke, wat opkom, soos 'n bank op di sé; (2) 'n plek wat o'ergeslaan is by spit of ploeg, fandaar bankspit, bankploeg, ens.; (3) 'n style bank fan 'n rifiir, waar di grond by 'n drif weggespoel is; en (4) 'n angespoelde bank fan sand of modder, fandaar 'n sand-bank, ens.
Bankettjiis, s.n., klyne ronde lekkertjiis fan suiker gebak, oek amandel banket, fer amandels met suiker daarom gebak.
N.B.! Di Rantse Goudfelde het oek in algemeen gebruik gebreng banket fer 'n soort conglomeraat kwarts, bestaande uit ronde klippiis nes bankette en an makaar gelym met 'n soort sement waarin di goud sit; fandaar banket-rif, banket-formasi, banket-kwarts, ens.
[p. 236]
Bannissement (oek ballissement), s.n. di opsluiting in di tronk.
Barbiirspulletji, 'n soort fan komedispulletji op bruilofte, ens.
Barlewiit (oek barlewiitkoorn), s.n. 'n soort koring, mees fer perdefoer gesaai, om as groen foer te gebruik, fan di Eng. ‘barley wheat,’ letterlik gars-koring.
Baroe, s.n. 'n eetbare wortel, wat wild in di feld groei.
Bas, 'n soort boombas wat gebruik word om felle me te looi, fandaar 'n basboom, waarfan di bas fer di doel afgeslaan word; bas-slaan, di bas fan sulke bome afslaan, ens.
Basaar, s.n. afkomstig fan di oosterse woord fer winkel, mar hiir in di bisondere sin fan 'n soort kermis wat fer 'n liefdadige doel gehou word.
Basi, f.w. fan baas; so noem bediindes 'n nog klyne witman; mar di woord word oek in 'n slegte betekenis gebruik fer imand wat sig baing parmantig anstel: ‘hy is 'n regte basi,’ fandaar oek as bynaam ‘Frans Basi,’ ens.
Basta, w.w., fan Portugees: Hou op! Dis genoeg!
Batji, s.n. Holl. jas, afkomstig uit Mal., fandaar ‘op syn batji kry’; ‘batji uittrek,’ ens.
Bebroeide Yers, 'n soort blom, wat so lyk.
Bedompig, fer Holl. bedompt.
Been, s.n. diselfde betekenis as Holl., fandaar di spreekwoord: ‘Ek sal jou netnou bene maak,’ fer: ek sal jou netnou laat hardloop. N.B.! Mansveld maak fan di spreekwoord: ‘een sterke bedreiging, voor: ik zal je fyn, of dood, slaan.’ Hy het blykbaar ‘bene maak’ glad ferkeerd opgefat; mar ‘bene maak’ beteken hiir ni ‘fyn slaan’ ni, mar ‘bene maak,’ om me weg te hardloop. Ygenaardig is oek di spreekwoorde ‘been in di lug,’ ‘uit di bene maak,’ ens.
Bees, Beeste, s.n., byna uitsluitelik gebruik fer di Holl. ‘rund, runderen,’ mar 'n Besi word fer alle klyne diirtjiis, feral insekte, gebruik.
Befliig, w.w., stilletjiis iits bykom, feral in di sin behendig wegneem of wegsteel.
Befliis, h.w. di lug is befliis, of bedek met 'n laag fyne wolkiis.
Befoeter, h.w. imand is befoeter, uit syn stryk of koers uit, ferknoei of deurmakaar.
Begaan, in di bisondere betekenis fan begaan wees met, of bekommer wees o'er iits.
Begeerlik, h.w. fer Holl. begeerig, hebzuchtig.
Beginsel, s.n., fer Holl. begin, b.f. 'n beginsel maak.
Bek, s.n. behalwe Holl. betekenisse hiir oek nog gebruik fer di bek fan 'n oond, fan 'n spelonk of grot, ens.
Beker, s.n. word hiir dikwils gebruik fer Holl. kan, b.f. lampetbeker of gorlet beker, fer lampetkan, melkbeker fer melkkan, ens.
Bekle, w.w. behalwe Holl. betekenis feral bekle fan rytuige, fandaar bekle'er, bekle'erslaken, - gare, ens.
Bekwaam, h.w. hiir oek gebruik in di sin fan geskik, oek ryp of eetbaar, fan frugte, groente, ens.
Bel, s.n. fer Holl. lel, beteken hiir ni die klok ni, mar di Holl. klepel, b.f. ‘Hy het di klok hoor lui, mar hy weet ni waar di bel (klepel) hang ni.’ - Fandaar oek belletjiis of oorbelletjiis, ens.
Bende, s.n., fer Holl. muziekkorps.
Bengaals-Koring, 'n soort bruine koring, wat na rog lyk.
Benoude-siikte, s.n. fer Holl. griep, Eng. croup.
Berg, s.n. selfde betekenis as Holl., mar daarfan afgely di samegestelde woorde berghaas, berghaan, (oek genoem jakhals fo'el en lammerfanger), bergkanari, bergmossi, bergsysi, ens.; oek di ygenaardige spreekwoord fer 'n frou wat moet befal: ‘sy moet berg toe gaan,’ natuurlik ‘om te gaan bobejaantji fang’; kyk op ‘bobejaan.’
Berre, w.w. Holl. bergen, te ondersky fan berge, m.f. fan berg; oek gebruik in di sin fan ‘bewaar.’
[p. 237]
Besemgoed, 'n plant wat in di berge groei en gepluk word om besems fan te maak, fandaar besemstok, besemskoon, ens.
Beset, h.w. fer Holl. bevrucht, zwanger; feral fan dire gebruik, mar in lagere folkstaal oek fan froumense.
Besighyd, s.n. Holl. bedryf of saak, by ons in di betekenis fan Eng. ‘business.’
Beskaamte, s.n. fer di skaamdele fan 'n mens, oek skaamte genoem.
Beskender, w.w. fer Holl. belaster, imand fals beskuldig, syn karakter onskuldig beklad.
Beskot, s.n. nes Holl., mar met ferskillende ferbindings, soos beskot-wa, oek genoem 'n leer-wa of buik-en-leer-wa, omdat di buik en lere fan so 'n wa los fan makaar af is. So het ons oek beskotplanke, beskot-raam, ens.
Bessi, amper uitsluitelik as f.w. gebruik; bes kom byna nooit foor ni; omdat makke besse hiir ni angekweek word ni en di wilde bessiis meesal mar klyn is, soos kraaibessi, boetabessi, ens.
Bestel, as w.w. selfde as Holl., mar as s.n. fer 'n nodelose omslag met iits maak; so oek 'n bynaam fer 'n persoon wat onnodige omslag maak, b.f. ‘ag, ou juffer bestel!’ - oek bestellerig.
Bestroentji, 'n losse o'erbatji, wat fan foor toegeknoop werd en gedra werd in plaas fan bo-en-onder-batji. Froeger werd dit baing deur ons boere op di plase gedra (nes nog di boere in sommige lande fan Europa), mar nou is dit heeltemaal uit di mode geraak; ons boere is nou almal menere geworde.
Betaal, w.w., behalve gewone Holl. betekenis, oek in di sin fan beloon of beantwoord, b.f. ‘dit betaal ni,’ molik fan Eng. ‘it does not pay.’
Betakel, ferl. tyd getakel: (1) sig fuil of liderlik maak, soos ‘di kind het sig of syn klere betakel;’ (2) imand lelik an stukkend slaan, ‘hy het hom lelik of naar getakel.’
Betrek, w.w.: (1) wild bekruip om hulle te skiit; (2) oek imand bedriig. - N.B. Ongelukkig is ons Afrikaanse taal baing ryk an di soort fan uitdrukkings, wat toon dat di saak by ons ni onbekend is ni.
So het ons di uitdrukkings: imand fastrek, toetrek, antrek, omspring, omloop, anloop, fop, piir, kul, in di nek kyk almal o'erdragtelike woorde wat di Afrikaner gebruik om ni reguit te sê ferneuk ni.
Betrekking he op imand of iits, 'n ygenaardige maniir om uit te druk dat jy fan imand of iits hou.
Beugel, s.n. Eng. bugle, Holl. trompet, oek stibeugel, fan 'n saal.
Beur, w.w. worstel met uiterste krags-inspanning.
Bewertjiis, 'n fyne soort fan klokkiisgras, Holl. trilgras, omdat dit met di minste beweging bewe.
Bewys: (1) erkenning, b.f. skuld bewys, oek net bewysi genoem; (2) spoor of teken, b.f. ‘daar is gen bewys fan reen ni.’
Bibiis, s.n. in kindertaal fersagtende uitdrukking fer luise op di hoof.
Biis, Biismelk, melk wat nog ni suiwer is ni, di eerste dage na di geboorte.
Bil, s.n. algemeen fer dik-flees, soos bil fan di hand, bil fan di been, fandaar biltong.
Bildruk, w.w. by spit, feral wingerdspit, waarbij di graaf met di bil of dy ingedruk word.
Dit staan teeno'er foettrap, waarby di graaf in hardere grond met di foet ingetrap word, en kapspit waarby in losse grond di graaf somar met di stywe arms in di grond gedruk word.
Biltong, di dikflees uit di bout fan 'n bees gesny wat baing di form het fan 'n tong. Dit word effe gesout en dan gedroog. Fandaar fer alle gedroogde flees, selfs in klynere langwerpige stukke gesny, soos sprinkbok-biltong, somtyds di stukkiis so dun gesny, dat dit riimpiis genoem word.
Binne, b.w. in gewone betekenis fan Holl., mar met di follende ygenaardige ferbindings: -
[p. 238]
Binnegoed, s.n. fer ingewande fan 'n slagdiir.
Binnejong, s.n. Holl. huisknecht.
Binnekant, b.w. en f.s. teeno'er buitekant; b.f. binnekant of buitekant di huis, di muur, di tuin, di land, ens.
Binnemuur, s.n. fan 'n huis teeno'er buitemuur.
Binnemyd, s.n. Holl. kamermeid of huismeid.
Binnenaaier, s.n. by dek fan 'n huis, di een wat fan binne of fan onder di deknaald moet deursteek.
Binnenaat, s.n., by skoenemaak; ni di naald en foorslag dwars deur di sool steek ni, mar met 'n krompunt els net mar deur 'n gedeelte fan di sool; fandaar binnenaat-felskoen.
Biseroei, s.n. 'n harde soort bisi, wat op droge skrale ruggens groei.
Oek plaasname, soos Bisibult, Bisilaagte, Bisiput ens.
Bisi, of meesal meerfoud bisiis, s.n., gras wat in polle groei, waarfan afgely: -
Bisipol, s.n. 'n pol fan bisiis.
Bitji, Holl. beetje, mar met follende wysiginge in betekenis: (1) bitji as s.n. 'n bitji, by bitjiis, oek bitjiis-bitjiis; (2) b.w. in di sin fan ‘assebliif,’ b.f. ‘kyk 'n bitji hiir;’ ‘hoor tog 'n bitji’; ‘help tog 'n bitji,’ ens. In sommige streke word dit uitgespreek en geskrywe as biki.
Blaar, s.n.: (1) fan 'n boom, waarfoor ons nooit di Holl. woord ‘blad’ gebruik ni, mar wel fer 'n blad fan 'n boek, daarom oek in meerfoud ‘blare fan 'n boom,’ mar ‘blaaie fan 'n boek;’ - (2) blad, oek skouerblad, fan 'n geslagte diir. Fandaar hoor ons oek soms in platte folkstaal fer stuitighyd sê: ‘blad gé,’ fer hand-gé by groet.
Blaas, w.w. en s.n., selfde betekenis as Holl. mar fandaar:
Blaasbalk, fer Holl. blaasbalg.
Blaasop, 'n soort oneetbare fissi wat sig so opblaas, oek 'n blaasop-padda, wat diselfde doen.
Blad, s.n.: (1) blad fan 'n boek, m.f. blaaie; (2) blad fan kly of stene of kalk of sement; fandaar
'n Bladzak, 'n sak wat skuins om di skouer gehang word en waar by jag, ens. benodighede gedraag word sonder in di loop te hinder. Dit hang dus eenkant op di blad. Daarin ondersky fan 'n knapzak, wat om alby skouers gehang word en dus op di rug hang.
Blaker: (1) s.n. fer 'n lage kandelaar om 'n kêrs op te steek; (2) w.w. ‘hy sit en blaker in di son.’
Blas, b.w. 'n bleekgele kleur, gebruik: (1) fan imand wat 'n sikelike kleur het, en (2) fan 'n baster, wat amper wit is, mar tog 'n bitji blas!
Blatjang, s.n., uit Mal., fan gedroogde en fyn gemaakte rissiis met gekookte droge appelkosiis en asyn, ens. angemaak en by flees ge'eet.
Blêr, w.w. fan 'n skaap en bok. Holl. ‘blaten.’
Bles, meesal fer di langwerpige witte plek op 'n diir syn kop ('n ronde witte plek word 'n kol genoem); mar oek fan mense word di 2 kale plekke an weersy'e fan di foorhoof blesse genoem fandaar afgely: -
Blesbok, 'n grote wilde bok.
Bleshoender, 'n klyne swarte water-hoendertji met 'n bles.
Blesmol, (oek Kolmol, omdat di bles amper rond is).
Blik, s.n. selfde betekenis as Holl.; mar daarfan afkomstig: -
Blikhuis, (of ysterhuis), huis fan ysterplate gemaak soos in di eerste tyd fan Goud en Diamantfelde fer spoed gemaak werd.
Blikkieskos, fer alle kos wat in blikkiis bewaar is.
Blikoor, skeldnaam waarme di Transvalers di Vrystaters uitgeskel het, terwyl hulle weer di Transvalers uitgeskel het fer Vaalpense. Vrystaters en Transvalers wat meesal met beeste geboer het, het weer di Kolonise skaapboere uitgeskel fer Woltone fan di wol intrap in di bale. Di noord-oostelike deel fan di Vrystaat (fan
[p. 239]
Kroonstad af op, Lindley, Reitz, ens.), werd weer beskou fer di slegste deel van di land, waar jy ni met fe kon boer ni, mar net moes lewe fan wildskiit en felle bry om rime te sny en te ferkoop; daarom werd dit genoem di Riimland, en di inwoners di Riimlanders. Mar al di dinge is nou ferby; dis nou een fan di beste dele fan di land. - N.B. Mansvelt begaan di flater om al di skeldname op di Transvalers toe te pas.
Blind, h.w. selfde betekenis as Holl.; daarfan afkomstig: -
Blinde-fliig, 'n soort steekfliig.
Blinde-mol, 'n kruipmol, met amper geheel onontwikkelde oge, fandaar 'n soort spulletji genoem blinde-molletji oek blinde-mannetji.
Blindings, s.n. wat foor fensters gehang word om di son af te keer in ons warme land.
Blink, selfde betekenis as in Holl., mar in ygenaardige sin ‘Blinkleer’ fer Holl. verlakt leder; ‘Blinkleerstewels’ fer Holl. ‘verlakte laarsen;’ ‘Blinklinne,’ soort foering.
Blits, fer Holl. bliksem, molik van Duits ‘Blitz.’
Bloed, selfde as in Holl., mar met di follende ferbindings: -
Bloed-famili, yge of na ferwante famili, angebore, in onderskyding fan angetroude famili.
Bloed-jong, baing jong.
Bloed-laat, fer Holl. ‘aderlaten.’
Bloed-min, oek Bloedwynig baing min.
Bloed persi, fer Holl. roode loop.
Bloed siikte, Bloed-pens by dire.
Bloed-sop, sop van bloed gemaak, oek ‘swartsuur’ genoem.
Bloedstorting, fer Holl. bloedbraking.
Bloed-wors, wors van bloed gemaak.
N.B. Ygenaardig is oek di uitdrukkings ‘di arme bloed,’ ‘di arme bloedji,’ in di sin fan bejammering, oek wel fan minagting; ‘na in di bloed’ fer na famili; ‘uit bloed en mag’ = ‘uit lewe en mag,’ loop, skre, ens. d.i. uit alle mag.
Bloei, w.w. fer Holl. ‘bloeden,’ bloed-ferliis; oek fan 'n boom in di sin fan ‘bloeisels dra.’ - Bloeisel fer Holl. ‘bloesem.’
Bloemaas, fan Fr. ‘blanc manger,’ letterlik ‘wit kos,’ by ons mees gemaak fan maisina (miliemeel).
Bloesend fer Holl. ‘blosend,’ alleen fan di gesigskleur; so oek ‘Bloos’ w.w. fer Holl. ‘blozen.’
Blok, selfde as Holl.; daarvan Blok-skoene, skoene met dikke hout-sole, oek Houtskoene genoem.
Blom, s.n. nes Holl. ‘bloem,’ oek as w.w. fer bloei, fan bome. Blom word oek as h.w. gebruik fer alles wat uitstekend mooi is, soos ‘dis 'n blom nôi, 'n blom pêrd,’ ens.
Blou, selfde as Holl ‘blauw,’ met di follende ferbindings: -
Blou-boontjiis, fer geweerko'els.
Blou-bos, 'n wilde bossi.
Blou-euntji, 'n eetbare euntji.
Blou-kop, Blou-niir, Blou-tong, dire siiktes.
Blus, w.w. in di sin fan Holl. ‘blussen,’ uitblus, fan daar gebluste en ongebluste kalk, en fandaar oek denkelik di spreekwoord ‘syn blus is uit’ = hy is uitgeblus. ('n woord waarfan Mansveld gen aflyding kon kry ni).
Bly, as h.w. ferkort. fan Holl. ‘blyde,’ en as w.w. fan Holl. ‘blyven;’ oek in di sin fan woon: ‘hy bly daar’ fer ‘hy woon daar.’ Ygenaardig is oek di spreekwys: ‘laat mar bly’ = ‘laat maar staan. Daarfan afgely, hoewel seldsaam gebruik blyighyd fer ‘blyhyd.
Bo, b.w. diselfde as Holl. ‘boven,’ mar met ygenaardige aflydings, ferbindings en spreekwoorde, soos: -
Bokant en Bokantse, teen'oer onderkant en onderkantse.
Boland, naby di Kaap, teen'oer Onderfeld, binnelands.
Bospit, teeno'er onderspit, by dolwe.
Bodeur, teeno'er onderdeur. Oek bo'enop, ens.
Bo-batji, teen'oer onderbatji.
N.B. Di spreekwoorde ‘dis bo syn té,’ of ‘bo syn biir’ beteken dat
[p. 240]
imand tefeul gedrink het. Ygenaardig is feral di spreekwoord: ‘Dis bo syn (of myn, of jou) fuurmaakplek,’ denkelik afkomstig uit di slawetyd, toen di ‘drosters’ of weggeloopte slawe in di hoogste en ontoegankelikste berge en kranse hulle schuilplekke had en waargeneem werd an hulle fuurtjiis wat hulle saans maak, mar so hoog dat dit buiten beryk was.
Bobbejaan, Holl. baviaan, oek met ferbindings en spreekwoordelike uitdrukkings, soos: -
Bobbejaan-blom of Bobbejaan-euntji, 'n eetbare euntji met 'n bloue blom, wat in berge groei en deur di bobbejane uitgegrawe en ge'eet worde.
Bobbejaan-bout, 'n outyse soort fan geweer, so genoem om syn ranke kolf.
Bobbejaan-dans, 'n kindspulletji (oek Hasi-Dassi genoem), waarby an een 'n stêrt fan papiir angesteek word, waarme hy so moet rond spring dat di ander dit ni kan aftrek ni.
Bobbejaan-felskoen, 'n bol wat platte blare dra nes di sool van 'n felskoen.
Bobbejaan-oor, 'n soort bol, wat mar net een blad ge bo di grond, wat na di oor fan 'n bobbejaan lyk, en waarfan 'n soort fan salf of plyster gemaak word fer wonde en swere, feral teen roos.
Bobbejaan-spinnekop, 'n grote ruige spinnekop.
Bobbejaan-tou, 'n soort opklim wat in di berg in di bome oprank, di ranke waarfan lange sterke toue form.
N.B. Dis natuurlik dat in 'n bergland waar so baing bobbejane is di spreekwoorde ingefoer is, fan ‘bobejaantji fang’ by di geboorte fan 'n bawetji, en ‘bobbejaantji-fanger’ fer 'n froed-frou.
Boboti, gemaalde flees, met kerri-poeier klaar gemaak. Denkelik oek 'n woord deur di Slamse koks ingefoer.
Bode, wat ferouderde, mar tog nog gebruikte byname fer 'n afsla'er of fendumeester.
Boedel, selfde as Holl., ygenaardig is hiir di spreekwijs ‘boedel o'erge’ as imand sig insolfent of bankrot ferklaar, en dit word oek o'erdragtelik gebruik fer fomeer.
Boeg, fan 'n perd, skouer; fandaar ‘boeglam gewerk, geloop,’ ens.
Boego, 'n bekende geneesmiddel, wat hiir in di berge groei en tamelik baing uitgefoer word; dis feral goed fer siiktes fan di nire.
Boekpens, 'n dikke, uitstekende maag.
Boems! u.w. ‘Boems! daar fal hy in di water.’
Boer, as w.w. word oek in o'erdragtelike betekenis gebruik, soos ‘julle boer te skerp an’ iits, in di sin fan ‘julle gebruik dit ni spaarsaam genoeg ni.’
Boer het hiir ni diselfde betekenis as in Holland en di meeste lande van Europa ni. Onse Boere is wat hulle in Holland sou noem ‘Heereboer’ en in England 'n ‘gentleman farmer’ of ‘country squire.’ Fan di woord het ons 'n menigte ferbindings, soos Boer-beskuit, Boer-hond, Boer-boontjies, Boer-kool, Boer-tabak, Boer-seep, Boer-skool, (skoolmeester), Boer-meel, ens.
Boesel, Eng. ‘bushel,’ 'n derde fan 'n mud. Froeger werd algemeen 'n skepel gebruik, 'n fiirde fan 'n mud.
Boesman, ferkorting fan Holl. Boschjesman.
Boet, Boeta, Boeti, gemeensame familinaam fer broer: fandaar denkelik oek Boeta-bessi, 'n eetbare wilde bessi, di froegste fan alle somerfrugte.
Boete-bossi, gewone naam fer di Xanthium spinosum, 'n soort bossi waarfan di saad fassteek in di skape hulle wol en dus feul nadeel doen. Daarom het di wetgewing 'n boete opgeleg fer elkeen wat dit ni uitroei op syn plaas ni. Alweer 'n bewys hoe handig 'n Afrikaner is om nuwe en gepaste name te ge.
Boetson, 'n geswel an di poot fan hoenders, oek gebruik fer 'n sere been fan mense. Denkelik fan Fr. bouchon.
[p. 241]
Bof, Boffi, by wegkruipertji spulletji gebruik as di een di ander kan inloop en aaraak. Fandaar nog 'n oue kinderlitji: ‘A be bof! Myn Meester is 'n Mof.’
Bog as s.n. word gebruik: (1) fan bossiis, ruigte, bisiis, ens. wat in krale en stalle gegoi word om fé droog te laat slaap en mis te maak; (2) fan 'n onnutsige persoon: ‘hy is net 'n bog’; oek in ferklynerende sin: ‘hy is mar 'n klyn boggi’; en (3) fan alles wat sleg en onbruikbaar is: ‘dis alles pure bog’; oek bogtery.
Bog word oek as h.w. gebruik, soos ‘dis 'n bog pêrd, ploeg,’ ens.; in di sin word dit oek bogterig ‘hoe kan jy jou met sulke bogterige goed ophou?’ - Dan kom dit oek nog foor as n.w. soos ‘kom bog! jy is mal.’
Bok, gemeenslagtige naamwoord; di geslagte word ondersky deur Bokram en Bokooi (Holl. geit) en Bokkapater ('n bok wat ‘gesny’ is). Di woord het 'n menigte ferbindings: -
Bokbaard, baard an di ken, nes bokke dra.
Bokfeld, streke geskik fer bokke; ons het ‘Warme Bokfeld’ en ‘Koue Bokfeld,’ waarheen di fe winter of somer natoe trek na omstandighyd. Fandaar di uitdrukking ‘Bokfeld toe gaan’ fer sterwe, waarfoor daar 'n menigte sulke o'erdragtelike uitdrukkings is.
Bokha'el, growwe ha'el om bokke me te skiit.
Bokki of Boklam. Dis opmerkelik dat in di Boland algemeen gepraat word van ‘Boklammers’ netsoos fan ‘Skaaplammers,’ terwijl di ygenlike onderfeldse feboere altyd praat fan ‘Skaaplammers’ en ‘Klyn Bokkiis,’ mar nooit fan ‘Boklammers’ ni. - Bokki word oek gebruik fer 'n ligte karretji: fan di Engelse ‘buggy.’
Bokkom, s.n. klyne fissiis wat so heel gedroog, in bossiis fasgemaak, ferkoop en rou of effe warm gemaak ge'eet word
Bokmakiri, of Bokbokkiri, oek Jan Piedewiet genoem, 'n geelagtige fo'el; di name is na di fluit fan di fo'el, wat di ygenaardighyd het dat di mannetji en di wyfi 'n soort fan beurtsang het, soos hulle fluitend makaar antwoord gé.
Bokskyn of Bokskeen, 'n soort fan sterke broekgoed; fan di Eng. ‘buckskin,’ letterlik ‘bokfel.’
Bokspring, w.w. soos ‘di pêrd bokspring.’
N.B. Di name fan wilde bokke is net so baing as ons soorte wilde bokke in ons land het, soos spring-, bles-, grys-, gems-, duiker-, klip - (oek klipspringer), rib- (Holl. ree), bont-, rooi-, water-, witpens-, takhoorn-, bos-, ens. - Dan het di kinders 'n spulletji ‘bok, bok, staan styf.’ - Mansveld vertel dat Bokooi skertsend gebruik word fer 'n bokwa of togwa, en Bokspoor (oek Broesa) fer di duiwel; mar dit moet heel plaselik wees, want ons het dit nooit gehoor ni.
Bokwa, 'n grote boere wa, met 'n foor- en agterbok.
Bol, nes Holl., mar ygenaardig hiir Bolletji, feral Mosbolletji, fer 'n soort fan biskuit of gebak.
Boland (kyk op Bo), di term word algemeen gebruik fer di distrikte nabij di Kaap, soos Stellenbos, Paarl en Malmesbury; Tulbagh, Ceres, Worcester, Robertson en Piketberg leg tussen Boland en Onderfeld in en word, fan di een of di ander kant goed beskoud, deur party tot di eerste en deur andere tot di laaste gereken. Dit word oek nog korter genoem Bo'e en Onder, soos ‘ek gaan Bo'en toe of Boland toe; of ek gaan Onder toe of Onderfeld toe.’ Dit lyk, opperflakkig beskoud, ferkeerd, want di Onderfeld leg hoger as di Boland. Mar di benamings is denkelik daaruit ontstaan dat di Boland di eerste bewoon en di Kaap di setel fan di regering was sodat dit heel natuurlik was om te praat fan opgaan Kaap of Boland toe, feral fer mense wat so deurdring was fan Bybelse denkbeelde en daar altyd
[p. 242]
gelees het fan opgaan na Jerusalem toe. - Fandaar oek di benamings Bolander en Onderfelder.
Boldermakisi of Bollermakisi, 'n spulletji, om o'er di kop te slaan.
Bo-lig (Kyk Bo), 'n raam met ruite bo 'n deur.
Bont, nes Holl., ygenaardig di uitdrukking ‘rond en bont’ fer deurmakaar, ongereeld, oek somar ‘bont,’ soos ‘bont praat.’
Bontbok, 'n soort wilde, bonte bok.
Bontrokki, naam fan 'n fo'eltji, om syn bonte fere.
Bonus, froeger oek genoem ‘strykgeld,’ 'n lokaas froeger by opfyling feral fan plase of ander fasgoed gebruik, waarme party spekulasi gedrywe het om di ‘bonus’ te neem as hulle denk dat daar nog hoger sal gebiid worde (hoewel hulle gen werkelike kopers was ni), waarby egter baing gefop geraak is deur an di ‘bonus te bly hang’ en dan opgeskeep te sit met so 'n plaas. Dis egter al so goed as heeltemaal uit gebruik uit.
Boom: (1) 'n plant, (2) fan 'n fat, of bali, of emmer, ens. met di follende aflydings en samestellings: -
Boomsingertji, oek singertji of singerbesi genoem, 'n soort fan boomkriki, wat in di somer, feral op warme dage, freselik eentonig sing in bome en bosse.
Boomskraapsel, die onderste besinksel uit 'n bali of fat, wat as fan di boom geskraap beskou word. (Mansveld sê, dis ‘di laaste en dikwils di beste,’ mar in di sin het ons dit ni hoor gebruik ni).
Boomslang, 'n lange, dunne, fale slang, wat wonderlik rat en gou deur di boomtakke syl nes 'n pyl, en di yertjiis en jong fo'eltjiis rowe uit di fo'elnessiis uit. Di Mamba is 'n soort daarfan en freselik giftig; mar di gewone boomslang is ook giftig.
Boomsteeks, 'n perd wat net so min as 'n boom wil bewege fan di plek af.
Boomstyf, fan liggaamsdele, wat net so min wil buige as 'n stywe boom.

Naskrif! Kritiik en Teen-Kritiik

Di Redaksi ferwys die follende briif na ons:

New Clare, Transvaal.
Juni 2, 1908.
Die Redakteur fan ‘Ons Taal.’
Weled Heer, - Ik het ingeteken fer julle Tydskrif, en fooruit betaal; nou verbeel ik my ('n mens is mar so, nê?) ik het nou die reg om ‘oek 'n stuiwer in die armbus te gooi.’ Ik het met grote belangstelling die stukkie fan meneer du Toit, oêr die Taalskat gelees. Ik denk hy het 'n goeie werk gedoen met daar die stukkie te schrywe, en ik hoop oek die follende stukke oêr die onderwerp andagtig te bestudeer. Mnr. du Toit sal my wel nie kwalik neem nie as ik 'n paar anmerkings maak; hy sal self wel weet dat mense werk nooit volmaak is nie.
‘Dreumes’ is folstrek nie dieselfde as die Afr. woord ‘Apeflooi of dooiklaas ens. dit beteeken niks anders as.’ ‘Klyntjie.’ Ik kan nou nie uitfind nie of hulle altemit in froeger jare 'n dooiklaas’ ‘Dreumes genoem het (ik het nie boeke nie die oorlog het my gedaan gemaak. Ik het net 'n goeie Holl. Eng. woordeboek, en daarin lees ik: Dreumes: shrimp, little fellow.’
Appellifies Meneer Mansvelt is reg, en Mnr du Toit is verkeerd waar hy hom o'er Mnr. Mansvelt frolik maak. Ik is twaalf jaar in die land en het altyd onder boere gewoon, en dis die eerste maal wat ik die woord appellifies hoor. Ik het hulle altyd ‘appel der liefde’ hoor noem. My frou, wat self 'n boer is (sy sê sy is 'n boer - ik sê boerin!) het altwee gehoor, maar banja meer appel der liefde as appellifies.
[p. 243]
Die woorde wat u feronderstel fan die Malaaise taal afgelyd te wees, is regtig almal uit daar die taal. Ik ferstaan die taal goed en kan dit dus sé - julle het die Malaaise woorde ferkeerd gespelle, maar dit kom nie daar op an nie. Byf. orang-lama en orang-basse ens.
Mnr. G.R. von Wielligh moet liewers nie perbeer nie om 'n baas-Hollander te laat praat. Een Hollander gebruik nie die woord ‘ferbrouw’ nie. Ook eet hy nie ‘paddaboutjiis’ nie. Hy moet fersigtig wees (ik meen Mnr. v.W.) om ou stories wat hy gelees het toen hy 'n seun was in syn eié stukkies te pas te breng - 'n mens wat plagiaat pleeg moet oppas dat die lappe wat hy anlas mooi pas so dat die nate nie gesien word nie.
Uw Dnr. Dienaar.
H. de Munnik.

Kritiik is mooi; kritiik is goed; kritiik ferlang en begeer ons, feral in so 'n baanbrekende werk as ons onderneem het; hoe meer kritiik, hoe beter, as dit mar kritiik is wat die saak beforder. Laat ons siin: -

Dreumes is folstrek nie dieselfde as die Afrik. woord ‘Apeflooi,’ ens. Gelukkig fer ons en ongelukkig fer ons beoordelaar het ons juis uit di antekening fan Mnr. Pannevis, self 'n Hollander, by wi ons dit kry: ‘Apekleuter (wat diselfde is as Apeflooi) dreumes.’ Ons wil ons ni opwerp as kenners fan Hollans of Oud-Hollans ni; mar 'n taalgeleerde as Mnr. Pannevis, wat haas alle Europese tale geken het, sal dit wel beter weet.

Mar ons beoordelaar sê: ‘Dreumes beteken niks anders as Klyntji.’ Nou ons Afrikaans beteken oek 'n klyntji, mar 'n klyntji in 'n besondere sin en betekenis, en in hoefêr di Hollanse ‘dreumes’ diselfde beteken laat ons an grondige kenners fan Hollans o'er. Reeds di eerste Engelse betekenis van ‘shrimp’ moes ons beoordelaar getoon hê dat ‘dreumes’ ni niks anders beteken as ‘klyntji’ ni.

Ferder, ons beoordelaar sê: ‘Mansvelt is reg, dit moet Appeltjiis-der-liefde wees en ni Appellifiis ni.’ En op grond waarfan? (1) Omdat hy as Hollander jare onder boere gewoon het en di laaste ni gehoor het ni, (2) omdat syn frou, wat 'n boeredogter is wel alby gehoor het, mar meer di eerste as di laaste! Elkeen siin dis bra swakke gronde om daarop soos 'n juts uitspraak te doen. Di fraag is fereers: binne watter beperkte kring en omgewing ons beoordelaar di 12 jare gewoon het; of daar wel in di kring dikwils fan appellifiis sprake is; of hy wel so noukeurig elke Afrikaanse woord onthou of opgeteken het, ens. Hy erken ten minste dat zyn frou, uit diselfde omgewing, wel fan appellifiis gehoor het. Kyk, wat Hollans angaan wil ons ons ni as regter opwerp ni; mar skrywer hiirfan is gebore Afrikaner; het molik meer as enige Afrikaner syn land in lengte en breedte deurrys, en ni eenmaal ni, mar herhaaldelik; en was met alle klasse fan syn nasi in anraking; en het bowediin al 30 jare lank 'n bisondere studi gemaak fan ons taal, en hy kan eerlik ferklaar dat hy nog nooit 'n Afrikaner hoor praat het fan ‘Appeltjiis der- Liefde’ ni. Di meeste word di frug genoem ‘pampelmoesiis.’

Dit doen ons genoege dat ons beoordelaar erken dat ons aflyding fan Malaaise woorde reg is. Mar waar hy ons spelling daarfan ferkeerd noem het ons juis di gesag fan Mnr. Mansvelt an ons kant, wat op di woord Baar anteken: ‘ongeleerd, ongeoefend (van menschen en trekdieren) een woord uit de dagen der O.I. Comp., toen de oud-gedienden oorlammen (orang-lami = oude personen) en de rekruten baren (orang-barn = nieuwe personen) heetten.’

Boord, s.n. ferkort fan Holl. ‘boomgaard.’
Boorling, s.n. 'n ingeborene, meesal op 'n plaas.
Boornevol, fer Holl. ‘boordevol,’ d.i. fol tot an di boorde fan iits; oek somtijds ‘borenste-fol,’ tot o'erlopens toe. Hiir word oek gebruik
[p. 244]
‘stampfol’ fer goed wat ingeskud of ingestamp word, ‘propfol’ fer 'n bottel of fat wat as dit fol is 'n prop op moet kom; ‘gelijkfol’ of ‘strijkfol’ fer 'n maat wat met graan, ens. geful en dan gelijk afgestrijk word; oek o'erlopensfol,’ ‘o'er- en-o'er-fol’ fer 'n ruime maat.
Bord, selfde as Holl. - ‘Bordji draai,’ 'n soort pantspulletji, waarby iemand 'n blikbord wat op di grond gedraai word moet grijp foor dit fal, of anders moet pant gé.
Borri, s.n., 'n soort fan spesery wat bij kos gebruik word, byfoorbeeld by geel-rys, by pinangflees, by atjar, blatjang, ens. - ‘Borri’ word oek gebruik fer 'n draag-baar, met 2 handbome aan weerskante en 'n syl of sak in di middel, om bog, ens. uit 'n land te dra; oek 'n sterker ‘borri’ om klippe en swaarder goed te dra. - ‘Borri’ word oek gebruik as froue-naam, ferkorting fan Debora.
Bors, selfde as Holl. ‘borst,’ mar met follende anwendings: -
Borsi, fer Holl. ‘halfhemd’ of ‘voorhemd,’ soos mans dra.
Borslap en Borslappi, Holl. ‘slabbetje,’ wat fer kinders foorgeset word by eet.
Borstrok fer korset of keurslyf, in andere betekenis as Holl. ‘borstrok,’ wat hiir meer ‘frok’ genoem word na di Eng. ‘frock.’
Bos, word gebruik: (1) fer 'n grote struik, soos suikerbos, tolbos, ens.; daarteen word fer klyne struike altyd ‘bossiis’ gebruik; oek (2) fer 'n woud, soos 'n ‘populierbos,’ 'n ‘dennebos,’ ens. as dit wilde bome is word meesal gebruik ‘houtbos,’ daarfan ‘Houtbosberg.’ Hiirfan het ons di follende samestellings: -
Bosbok, een fan ons baing soorte wilde bokke.
Bosfark, 'n wildefark wat in bosagtige streke hou; teeno'er ‘flakfark,’ wat oek wild is, mar in flaktes hou.
Boskruipertji, 'n soort fo'eltji wat onder di bossiis wegkruip.
Bosluis, meesal afkomstig uit bosfeld, mar oek soms uit ruige flye. Daarfan het ons ferskillende soorte, di giftigste is di ‘bontpoot bosluis;’ en een soort feroorsaak (follens di fedokters) 'n ernstige siikte onder beeste, fandaar genoem ‘bosluis-koors.’
Bossiekop, imand met ruwe ongekamde hare fan 'n mens gebruik, wat oek genoem word ‘takhaar;’ oek 'n pêrd so mar uit di feld word genoem 'n ‘bossikop.’
Bossiis-stroop, stroop wat uit di blomme of bolle fan suikerbossiis (Kaapse Proteas) geskud en dan gekook word.
Bossiis-té, ferskillende soorte té, wat fan wilde bossiis gemaak word, soos heuning-té, ens.
Dan het ons nog di spreekwoorde: ‘bossiis toe gaan,’ seer gepas in 'n land waar di frye natuur gebruik word om an di natuurlike behoeftes te foldoen. (Kyk onder ‘A,’ waar ons nog fersuim het om di ygenaardige uitdrukking te gé ‘buiten toe gaan,’ oek om syn behoeftes in di frye natuur te folbreng). - En dan een fan di baing lelike spreekwoorde in ons taal fer imand bedrige, wat helaas, toon dat di ondeug by ons folk glad ni onbekend is ni ‘imand om di bos loop’ of ‘om di bos spring,’ denkelik fan wild betrek afkomstig (Kyk op ‘betrek’).
N.B. Mansveld ge ‘Boste’ as di meerfoud fan ‘bos’ en ‘bossi.’ Mar dit het hy alweer mis. Di gewone meerfoud fan ‘bos’ is ‘bosse,’ en fan ‘bossi’ is ‘bossiis;’ ‘boste’ word selde gebruik in sommige streke en is 'n afwyking ni di reel ni. Origens is syn opmerking juis omtrent di gebruik fan t in ‘frister’ fer frisser, wat egter oek gebruik word; ‘grafte,’ ‘astrant,’ ‘stroop,’ ‘kamaste,’ ens.
Bosspinnekop, 'n grote swarte spinnekop, wat in bosse en bome 'n digte nes maak.
Bottel is hiir di algemene naam fer Holl. ‘fles,’ terwyl ‘fles’ en ‘flessi,’ 'n bisondere betekenis het (kyk daar). Daarfandaan: -
[p. 245]
Bottelbras, fan Eng. ‘bottle brush,’ wat di fatsoen fan 'n bottel-borsel (Holl. ‘kannenwasscher’) het.
Bottelstoor, fan Eng. ‘bottle store,’ 'n plek waar drank by di bottel ferkoop word.
Botter, fer Holl., ‘boter;’ daarfan kom ‘botterkop’ fer 'n domoor, molik met di bespotting dat in syn kop botter in plek fan harsens is.
Bottji, 'n spulletji, waarby di kuns is om imand di laaste anraking met 'n tik te ge; oek kolekki genoem.
Boud, s.n. Holl. bil, fan 'n mens, oek di agter-kwart fan dire. Fandaar Braai-bout.
Bout, s.n., 'n grote yster na'el wat om fasgeklink of met 'n moer fasgedraai word om 2 of meer dinge an makaar te hou.
N.B. Mansveld ferwar di 2, deur enkelfoud net te ge ‘Bout’ en daarop di betekenis te ge fan ‘Boud,’ en fer meerfoud te ge ‘boude of boure.’ Di Afrikaner is baing regelmatig met syn meerfoudforme: di meerfoud fan ‘Boud’ is ‘Boude’ en fan ‘Bout’ is ‘Boute;’ ‘Boure’ word heel selde gehoor in di laagste folkstaal. - Oek het hy dit mis as hy sê dat di kleurlinge di ‘boutjiis’ (Holl. ‘billen’) fan kinders ‘stêrtji’; ‘stertji’ of ‘stuitji,’ is di punt fan di ruggegraad, wat Darwin noem di onontwikkelde o'erblijfsel fan 'n mens syn stert.
Bra, b.w., beteken erg: ‘dis mar bra klyn ‘jy kom bra laat,’ ens.
Braaf, h.w., beteken deugsaam: ‘di man is braaf; dis 'n brawe man.’ (Follens di reel dat 'n h.w. foor 'n s.n. di sagte e kry en agter ni, soos ‘di perd is fluks; dis 'n flukse perd’).
Braak, w.w. en h.w. 'n stuk land braak, of ombraak beteken dit omploege, ni om te saai of plant ni, mar om dit frugbaar te maak deur dit 'n jaar te laat braak lê, fandaar braakland. Dit kan nuwe grond wees wat fer di eerste maal omgeploeg word of oek oue land om dit te laat ‘rus.’
N.B. Mansveld is hiir alweer mis as hy fertel dat ‘braak’ ni, nes in Holl., ‘onbebouwd’ land beteken ni, mar net nuwe land wat fer di eerste maal ruw omgeploeg word.
Brak, h.w. soutagtig, oek s.n. 'n ‘brak,’ ‘daar in di brak,’ dis 'n stuk soutagtige feld. Daarfandaan. -
Brak-bos, s.n. 'n soort bossi wat op brakke plekke groei en goed is fer fe.
Brak-dak, s.n. 'n platte dak gemaak fan brakke grond, wat tamelik waterdig is.
Brak-laagte, 'n laagte wat soutagtig is.
Brak-pan, soos hiir baing is in sommige dele fan ons land.
Brak-slaai, 'n soutagtige plant, gebruik fer slaai.
Brand, w.w. en s.n., selfde betekenis as Hollans, met di follende ygenaardige ferbindings: -
Brand-arm, regte arm, oek dood-arm.
Brand ma'er, baing ma'er.
Brand-merk, 'n merk wat op perde en beeste gebrand word, meesal di foor-letters fan hulle baas syn naam, wat met 'n Brand-yster op di boud of nek gebrand word.
Brand-siikte, 'n gefreesde huidsiikte fan dire, feral by bokke en skape erg. In Suid Afrika is dit 'n brandende kwessi geworde, omdat di Wetgewings wette gemaak het, om feboere te ferplig hulle fe wat brandsiikte het te ‘dip’ in uitgemesselde ‘dipbakke’ met ferskillende soorte, ‘dipstof,’ en oek hulle besmette oue krale en legplekke te ontsmet met stoffe wat di luis dood maak, waardeur di Brandsiikte ontstaan, follens di fédokters.
Brand-solder, 'n solder met bakstene of 'n dikke laag kly bedek, meesal by huise met dakke fan strooi of riit, om di onderste ferdiping te befylig in gefal fan brand, en wat tegelyk in ons warme land di huis onder koel hou.
Brand-suur, so suur dat dit brand in di keel.
Brand-sweer, oek brand-seer, ferswerings of uitslag ontstaan deur 'n brand in di bloed, feral by kinders.
Brand-nekels, fan Holl. ‘brand-netels.’ 'n wilde plant, waarfan di fyne
[p. 246]
doringkiis by anraking 'n geweldige brand ferwek. Word soms gebruik om ‘bredi’ (kyk daar) fan te maak.
Brandewyn, te goed bekend om meer daarfan te sê, so oek Brandewyn stook.
Bredi, s.n. (is dit oek Malaais?), 'n soort ‘smoor-kos,’ gemaak fan ferskillende soorte groente-blare, soos Boerboontjies-toppe, oek fan party wilde plante soos brandnekels, duweltjiis dorings, ens., gesmoor met flees en uie. ‘Imand bredi maak’ = ‘imand klyngeld maak’ = syn nitighyd openbaar ten toon stel, oek wel ‘imand takel.’
Breek, s.n., fan Eng. ‘Break,’ 'n remtoestel an 'n rytuig, feral an 'n wa, wat di ouderwetse remskoen en remkettang ferfang.
Breek, w.w. selfde betekenis as Holl., oek s.n. ‘breek fan di dag,’ ‘dagbreek’ - Holl. dageraad, morgeschemering. Oek as h.w. ‘dis 'n breek spul.’ Daarfandaan -
Breekgoed, Holl. breekbare waren.
Breekwater, fan Eng. breakwater, Holl. ‘Zeebreker, haven-muur.’
Brekfis (kyk Agtuur), fan Eng. ‘breakfast.’ Dis opmerkelik dat di Afrikaner, wat anders so knap is om handige benamings uit te denk fer alle daagse dinge, so gebrekkig is in zijn benaming fer syn 3 maaltye, wat hy genoem het na di tyd wanneer dit omtrent ge'eet worde, soos agtuur fer syn morgemaal, al eet hy dit oek om 9 uur; middag of twaalfuur, al eet hy dit oek om 1 uur, en avondete, wat 'n seer onbestemde benaming is.
Brinkskoring, 'n soort bruinagtige koring.
Broeis (Holl. ‘Broedsch’) fan pluimfe. Mansveld sê dit word onder kleurlinge oek gebruik fer frouens wat befrug of swanger is; mar ons het dit nooit in di sin hoor gebruik ni.
Broek, nes Holl., mar oek alweer met ferskillende ygenaardige ferbindings en spreekwoorde, soos -
Broek-en-Batji, 'n soort fan wilde blom, waarin hulle 'n gelykenis met bedoelde kledingstukke meen te siin, follens Mansveld. Ons het di naam egter ni gehoor ni.
Broek-los-maak, 'n ferbloemde spreekwoord fer buikontlasting (Kyk A).
Broekmannetji, 'n sekere diirtji, wat syn huis fan strooitjiis maak en met hom saam dra, sodat by beweging net syn voorlyf sigbaar is.
Broekskeur word spreekwoordelik gebruik: ‘dit het net broekskeur gegaan.’ fer imand wat 'n noue ontkoming gehad het; denkelik afkomstig fan imand wat 'n roofdier of gefaar in di woeste feld ontflug, mar met di flug syn broek skeur, in di bossiis, feral in di wag-'n-bitji, of haakdoring bos, ens. Oek in di sin ‘dit was net so hittetê of hy het in di slag gebly.’
Broek-skyt fer bang, en 'n Broekskyter fer 'n bangbroek of lafhart, word fer onbeskof gereken.
Broer, Holl. ‘broeder,’ mar met ygenaardige gebruik, soos Oubroer in fertrouelike sin, nes ou-maat (fer 'n ouere broer word meesal gebruik ouboet, ouboeti, en fer jongere broers boeti of boeta). In folksferhale word byna altyd gebruik broer Wolf en broer Jakhals. Dan het ons hier oek alweer di treurige benaming fan Kulbroer.
Brongras, s.n., 'n plant wat in water en nat plekke groei, Holl. ‘waterkers,’ en 'n sterke bittere smaak het nes sterkos (Holl. ‘sterkers’). Dit maak 'n lekkere slaai en word gehou fer bloedsuiwerend; daar word oek bredi fan gemaak; en dan word daar oek 'n stroop fan di sop daarfan gekook met suiker, of di sop word so gemeng met heuning en gebruik teen hoes en fer tering. Dit word oek Bronkors genoem.
N.B. Mansveld spelle dit Bromgras en Bromko(r)s, maak daar 2 aparte dinge fan en fertel dat di Afrikaners di eerste sillabe brom uitspreek, omdat di woord bron hier ni meer ferstaan word ni!
[p. 247]
Broodblaar, 'n grote blaar (kyk Kalariblaar) wat gebruik word om brood op te sit as dit in di oond gestoot word om te bak.
Bruin, h.w. nes Holl., mar ygenaardig is hiir di benaming bruin-mense fer kleurlinge. 'n Bruin-Kapél, oek Koper-Kapél (ferbastering fan ‘Cobra Capella’), 'n uiters giftige soort fan slang.
Brul, w.w. nes Holl. ‘brullen,’ oek as s.n. ‘di tiir gé net een brul,’ ens. Daarfandaan -
Brul-fo'el, 'n soort fan ‘roerdomp’ (Holl.).
Brul-padda, 'n grote padda, wat 'n akelige brullende geluid maak saans, in di binnelande.
Bry, w.w., in 3 betekenisse: (1) Bry met brynaalde en katoen; (2) word dit bry genoem as iemand syn r ni goed kan uitspreek ni; en (3) felle, rime, ens. bry, felle deur dit met di foet te trap en met die hande te frywe, en rime deur 'n tros rou rime an 'n boomtak fas te maak, 'n wiil, ambyl of sware klip daaran te hang en dan met 'n stok dit herhaaldelik op te draai en weer te laat losdraai. Fandaar word fan imand wat goed leer werk het gesê: ‘Hy is 'n gebryde kerel.’ Let oek op di ferskil tussen roue en gebryde rime.
Buffel, s.n. 'n soort wilde bees, daarfandaan het ons Buffelboontjiis, 'n soort gras; buffelgras, buffeldoring, ens. Opmerkelik is di waarneming fan ons foortrekkers en jagters dat di giftige tsetse-fliig gewoonlik gekry word same met di buffels en hulle waarneming, dat di fliig syn yers lê en dit uitbroei in di mis fan di buffels.
Buik, s.n. nes Holl., mar met baing ygenaardige ferbindings, soos -
Buik-en-leer-wa, kyk ‘Beskot-wa.’
Buik-fol, b.w. ‘Ek is glad buik-fol fer hom,’ fér: ek het genoeg fan hom.
Buik-gord, an 'n saal en tuig fan perde; fan mense word gebruik gord-band, Holl. ‘gordel.’
Buikplank, fan 'n rytuig.
Buikpyn, buikseer, fer pyn in di maag. Di Afrikaner sê: ‘myn buik is ‘onderste bo,’ is ‘deur makaar,’ of ‘and' werk’ as hy buikloop het.
Buite, h.w. en b.w., betekenis nes Holl. ‘buiten,’ mar alweer met heel wat ygenaardige toepassings, soos -
Buite-gaan, w.w. word oek gebruik as imand moet opsy gaan fer buikontlasting. (Kyk A).
Buitegebou, Buitekamer, fer 'n gebou of kamer buite di woonhuis.
Buitekant word oek as foorsetsel gebruik, soos ‘buitekant di dorp,’ ens.
Buiteplaas, oek eenfoudig plaas, of oek boerplaas fer Holl. ‘boerenhofstede.’
Bul, fer Holl. ‘stier.’ - Mansveld syn leerlinge het hom oek fertel fan ‘Bulosse’ en ‘Ramhammels’; mar in algemeen gebruik is di woorde seker ni.
Bulsak, 'n fere-bed, in onderskyding fan matras wat geful is met strooi of hare. Mansveld sê: ‘Bulsak, bultsak, stroosak of matras.’ Wat 'n ferwarring!
Bult, s.n.: (1) 'n uitgedrukte knop, soos 'n bult in 'n blik beker, 'n bult in 'n swart-kyl, ens.; (2) 'n geswel by mens of diir by kneusing of uitslag, soos ‘hy is fol bulte, oek jeukbulte’ of ‘dis 'n bult (of knop) waar hy hom gestamp het,’ ens.; (3) 'n klyne hoogte of heuwel word genoem 'n bult of bultji. -
Dis ferwonderlik hoe handig di Afrikaner uit di Germaanse of oue Duitse Taalskat 'n rykdom fan woorde en uitdrukkings gesme het fer di ferskillende gedagtes fan hoogte en laagte, wat hy nodig had fer syn bergachtige land en wat hy uit di Hollandse taal ni kon haal ni, omdat di Hollander in syn flakke land gen gebruik had fer di woorde ni. So het ons fer di gedagte fan 'n ferhewenhyd di follende benamings, wat elkeen 'n aparte gedagte uitdruk wat ons by elke woord in syn orde nader ferklaar: bult en bultji, knop en knoppi, heuwel en heuweltji, hoogte en hoogtetji, berg en bergi, rant en rantji, krans en kransi, nek en nekki,
[p. 248]
maanhaar en maanhaartji, kop en koppi, ens.; en fer 'n laagte het ons net so'n rykdom fan uitdrukkings, soos: flakte en flakki, laagte en laagtetji, holte en holtetji, duik en duiki, moot en mootji, kloof en kloofi, kom en kommetji, ens. Dan het byna elkeen fan di benamings nog ander bepalings, soos rant word nog ondersky in bosrant, kliprant, gatsrant, witwatersrant, ens.; laagte word nader bepaal as braklaagte, turflaagte, langlaagte, ens. In di ferband ferdiin oek fermelding di ygenaardige benaming fan afdraand of opdraand.
Burg, 'n gesnyde beer-fark. (Fergelyk kapaterbok, reunperd).
By, ygenaardig is hier di gebruik: imand by-kom of by-loop, soos: ‘Ek sal jou by kom!’ ‘Hy loop hom by en gé hom 'n gedugte pak sla.’ - Oek ‘hy is by di huis’ fer tehuis of thuis.
By, s.n. nes Holl., daarfandaan -
Byfanger word genoem 'n fo'el wat bye fang en opeet, hoewel daar meer soorte fo'els is wat dit doen en oek 'n soort rowerby, wat baing di mak bye ferniil.
Bymot of Motby, 'n mot wat di heuning fan bye uitsuig. Di algemene folksgeloof meen dat dit freselik giftig is, hoewel geheel ongegrond.
Oek het ons ferskillende andere samestellings, soos heuning-by, perde-by (Holl. wesp), bromby, ens.
Bywerk, s.n. 'n soort pikstof wat bye maak om hulle neste dig te maak.
By, foorsetsel, mar met ygenaardige samestellings en ferbindings, soos. -
Bykom (oek byloop) het 3 aparte betekenisse: (1) o'ergankelik: imand ‘bykom,’ byf.: ‘Wag mar, ek sal jou bykom!’ - ‘Hy loop hom by en ge hom 'n gedugte pak sla.’ - (2) Ono'ergankelik: self bykom, byf. fan imand wat in 'n floute was of bewusteloos word gesé: ‘Hy kom weer by.’ En (3) in di Holl. sin fan ‘bereiken,’ byf. ‘ek kan dit ni bykom ni; dis te hoog.’
‘By di huis’, gebruik ons fer Holl. ‘tehuis,’ hoewel ons oek soms sê ‘thuis.’
By-myn-siks! Holl. ‘op myn woord’! Eng. ‘upon my word.’
[By, s.n., nes Holl., met ygenaardige anwending:
Byfanger, 'n soort fo'el, wat bye fang.
Bywerk, di swarte klewerige stof wat di bye gebruik om hulle neste dig te maak.]
Byt, s.n. fer Holl. ‘beet,’ bef. 'n slangbyt.

C

Di C gebruik di Afrikaner ni (behalwe waar hy dit wil behou in ygename of freemde woorde). In sommige woorde word dit ferfang deur K, soos Kandidaat, Kongres, ens.; in andere deur S, soos Seder, Sement, Seremoni, ens.

D

Di letter d het mar omtrent diselfde klank as in Holl. en Eng.
Daai, mees in kindertaal, anders danki, fer Holl. ‘dank u.’
Daar ferfang by ons meesal di Holl. ‘er’, wat by ons nooit foorkom ni, mar feral ygenaardig is di ferbindings -
Daardi teeno'er hiirdi. Daar ons foorsetsel di is, gebruik ons dit wel fer anwysend foornaamwoord oek, mar dan altyd met di klemtoon daarop ‘dis di man’. Mar dit was blykbaar fer di Afrikaner ni duidelik genoeg ni, daarom het hy di anskouelike uitdrukking ingefoer fan hiirdi en daardi fer di Holl. ‘deze’ en ‘gene’; en waarlik ons het daarby ni ferloor ni!
Daarom: (1) fer Holl. ‘om die reden’, soos ‘daarom moet jy dit juis doen’; (2) fer ‘evenwel, toch,’ soos ‘hy weet hy mag dit ni doen ni, en hy doen dit daarom.’
Daarsonder, fer Holl. ‘zonder dat.’
Dag, nes Holl., mar op te merk is - Dag, ferkorting fan ‘goeie dag’ by groet. En ferder di, spreekwoorde ‘Fan di
[p. 249]
dag af,’ fer, fan ouds af; ‘dou foor dag’ foor dagbreek, Holl. ‘voor dag en dauw’; ‘een fan di dage,’ fer eersdaags, binne kort.
Dagga, 'n plant waarfan ons 2 soorte het: (1) makke dagga, wat in tuine groei en wat di Hottentots en Boesmans rook en wat 'n bedwelmende uitwerking het, met 'n hoes daarby; di Kaffers neem di gewoonte nou oek al meer o'er. Di ware maniir fan rook is ni uit 'n pyp nes tabak ni, mar di dagga word onder di grond begrawe en an brand gemaak met 'n kool fuur en dan gerook met riitjiis na di ferskillende kante, daarby word nog water in di mond geneem, ens. Dis 'n hele omslagtige affêre. - (2) Wilde Dagga, 'n bossi met rooie blommetjiis, wat in di klowe fan berge groei. Dit word gehou fer di beste bloedsuiwering wat daar bekend is fer mens en diir. Jammer dat dit nog ni as medisyne geprepareer, in di regte sterkte en mate, te kry is ni. Dis seker doeltreffender as Sarsaparella of enige nog bekende bloedsuiwerende middel.
N.B. Mnr Mansvelt skiit 2 bokke in 1 skoot op di woord, deur te fertel: ‘Dagga, een wilde plant, die de inboorlingen in 't Onderland als tabak bezigen’; want (1) daar is 2 ferskillende soorte fan Dagga en (2) dis juis di makke soort wat gebruik word om te rook.
Dak, enige dak fan 'n huis, strooi-dak, riit-dak, yster-dak, ly-dak, ens., hoewel tog meer bepaald 'n strooi-dak, soos in -
Dakbrekertji, 'n fo'eltji wat graag onder di foet fan di dak nessi maak, en dan wel fan di dekstrooi uittrek.
Daler, meesal Riksdaler, 'n oue Kaaps-Hollanse munt, di Holl. Daalder of Ryksdaalder. Onder di Oosïndise Maatskappy en Holl. Regering en selfs nog 'n tyd na di Eng. o'ername was di gangbare munt hiir Riksdaalders en Guldens. Mar dis opmerkelik hoe di nominale waarde fan di Hollanse munte hiir ferminder is. 'n Gulde is in Holland 1/8, en hiir was dit mar 6d., dus net een-derde fan di waarde. En 'n Riksdaalder is in Holland 4/2, en hiir was dit mar 1/6 wêrd. Dan had 'n skelling di waarde fan 30 cent of 1/0., en hiir was di waarde mar 2 1/4d. Ygennaardig was hiir di gebruik fan Fiir-Skelling as 'n maatwaarde fan 9d, wat follens Holl. waarde 4/. moes wees. Dan had ons hiir nog 'n Kwartji, dis 'n kwart fan 'n Riksdaler en di helfte fan 4- skelling, dus 4 1/2d. wêrd. Dan had ons hiir nog 'n Duwweltji of oulap, in Holland 10 cents sowat 2d., hiir 1d., en 'n stuiwer, in Holland 5 cent, sowat 1d. En dan di klynste 'n oortji, in Holland 1/2d, hiir 1/4d wêrd. Di ferskil in di geldelike betekenis tussen di Kaapse en Hollanse gelyknamige uitdrukkings kom daarfandaan, dat di Engelse Regering herhaaldelik di waarde fan di papiirgeld, wat hiir in omloop was, en di oue Holl. munte ferfang had, ferminder het. Dis oek een fan di griwe wat megewerk het tot di grote Trek.
Dalk of Dalkiis het 2 betekenisse: (1)fer altemit, Holl. misschien; (2) netnou, Holl. straks; in di sin fan gou, mar sonder faste tydsbepaling.
Dam het by ons ni di beperkte betekenis soos in Hollans ni. Wat hulle ‘dam’ noem is by ons ‘damwal,’ want ons ferstaan deur ‘dam’ oek di ingedamde of uitgegrawe water. Di woord het heeltemaal 'n historise betekenis en waarde, in ons land met grote droge streke en 'n geringe en onsekere reenfal, soos feral blyk uit di name fan plase. By di eerste bewoning fan distrikte het di intrekkers hulle gefestig en plase angelê by natuurlike waters. Fandaar dat di name fan di oudste plase in di binnelande meesal ferbinde is met fontyn (Mooifontyn, sterkfontyn ens.), fly (Gansfly, Eendefly, Perdefly ens.) pan (Rooipan, Drihoekspan, ens.), kuil (Eendekuil, Swemkuil, ens.), om ni eens te praat fan plaasname ferbinde
[p. 250]
an spruite, rifire, ens. ni. Later toen di mense en plase, fermeerder en di reenval ferminder, moes hulle damme maak op di droge plase, feral fer di fé. So het toen di name ontstaan, soos Rooidam, Snymansdam, Kaffersdam, ens. Mar met di langdurige droogtes gé di damme op, en moes di boere toen putte grawe; ons is nog in di ontwikkeling hiirfan, en di meeste plase had al name foor di putgrawery begin het; daarom het ons ni so feul name met ‘put’ ni, soos Greefsput, Pérdeput, Boesmanput, ens. Omdat damme so 'n grote betekenis het fer ons land, het ons oek enige woorde hiir gefabriseer met ygenaardige betekenisse soos 'n dam uitstraat, di wal met klippe uitlê; an 'n dam 'n toeloop en 'n uitloop gé, oek 'n toeloopfoor. Dan het ons di samegestelde woorde, soos, 'n Dammaker, een wat rondgaan om damme te maak op boerplase; 'n Damskraper om di losgeploegde grond op di bodem fan di dam uit te skraap of uit te sleep met 'n span osse.
Dam word oek gebruik as werkwoord byf. 'n trop skape dam, as hulle ni stryk wil uitloop ni, of hulle maal as hulle in di ront draai; stof, lug, rook, ens. dam oek as daar gen frye deurtog of trek is ni.
Damra, een fan ons inboorlinge stamme, fandaar Damraland, Damrabees ('n wat klyne bees, met hoge skof en lange horings), ens.
Dan en wan word somtyds gebruik fer ‘nou en dan,’ dis afkomstig fan Duits, en een fan di wynige spore fan Duits in ons taal. Kyk op werskaf en gewerskaf, stewel ens. Suid Afrika is gedeeltelik deur Noord-Duitsers befolk geworde, fandaar di wynige Duitse woorde in ons folkstaal. Dit toon nog di vele Duitse fanne, soos Haupt, Laubscher, ens. Sommige fanne wat nou in Hollanse form geskrywe word was oek oorspronkelik Duits. So is byf. ni al di Louws fan Holl. afkoms ni. Sommige fan hulle is fan Duitse afkoms en hulle fan was froeger Lowe.
Daneboom, kyk op Denneboom.
Danie, Daantji, ferklynwoordtji fan ‘Daniel.’
Danig, erg, in o'erdrewe sin. byf. ‘al te danig’ lank of kort, mooi of lelik, ens.
Das, Dassi, 'n klyne diir, so groot as 'n hasi mar wat in skeure fan klippe en kranse woon. Fandaar Dassipis, di opgedroogde pis fan dassiis, wat as medisyne gebruik word fer opwekking fan di baarmoeder (nes eastoreum), ens.
Dat, word as foornaamwoord ni gebruik in Afrikaans ni (fergelyk dit); as foegwoord word dit dikwils weggelaat waar dit in Hollans gebruik word, soos ‘Jy denk ek maak mar spulletjiis, nê?’ - Holl.: gy denkt dat ik slechts scherts, niet waar?’
Dawi, ferklynw. fan Dawid.
De, n.w. bef. by iits angè: ‘dé, hiir is dit.’
Dedelik, byw. fer Holl. ‘degelik.’
Deetji, oek Dori, ferklyw. fan Dorothea (wat ‘Godsgeskenk’ beteken).
Demmetjiis, fan Eng. ‘damages,’ skadefergoeding, feral in geregtelike sin, deur 'n Geregshof befeel; omdat ons regspleging so eensydig Engels was is enkele regsterme in ons taal opgeneem, soos Juts, Suprime Kourt, Kourt hou, warrent, ens.
Dendi, oek Dendiis (of Denniis), fan Eng. ‘Dandy,’ imand wat na di mode angetrek is, oek 'n spogter, of windmaker, wat trots is op syn mooie klere: ‘hy is 'n dennise kêrel.’
Derde-Mannetji, 'n soort spulletji, waarby di speulers 2-2 staan en 'n derde by plaasferwisseling sig byfoeg, wanneer een fan di 2 moet pad gé.
Derm, meerf. Derms, fer Holl. ‘Darm - darmen.’
Desember-peer, ons froegste soort peer, wat al froeg in Desember ryp word. Daarop folg di Froege Suiker-peertjiis.
[p. 251]
Desk, uit Eng. o'ergeneem fer skooltafel skryftafel, of lessenaar.
Deur, Holl. ‘door.’ het heel wat ygenaardige ferbindings by ons, soos. -
Deurdrif, s.n. 'n strook grond wat deur 'n plaas of tussen plase deur loop om fe deur te ja, 'n Trekpad.
Deurloop, w.w.: (1) 'n nalesing hou, befoorbeeld ‘wingerd deurloop,’ om di druiwe wat agtergebly het by pars af te sny; (2) 'n pak slage kry: ‘jy sal moet deurloop;’ oek imand ‘laat deurloop’ of laat ‘ferby kom.’
Deurmaak, w.w.: (1) iits in 2 deel: ‘jy moet dit middel deurmaak;’ (2) onderfinding opdoen: ‘hy het al wat deurgemaak in syn lewe.’
Deurmakaar, h.w.: (1) ferward: ‘di hele spul is deurmakaar;’ (2) ylhoofdig, kranksinnig; fandaar deurmakaarhyd, s.n. in alby betekenisse,
Deurmakaarspul, s.n. Holl. warreboel.
Deurslag, s.n.: (1) 'n gereedskap om gate deur iits te slaan;’ (2) grond wat deurgeweek is fan water, sodat jy insak as jy daardeur loop of ry. In di laaste sin oek Deurslagtig as h.w.
'n Deurtrekker, 'n stukki fel wat 'n Kaffer tussen syn bene deurtrek om syn skaamdele te bedek.
Deus, anw. foorn., net mar gebruik in di uitdrukkings ‘fan deuse week - maand - jaar. Daarfandaan oek Deuskant, f.s. en byw., teen o'erkant: ‘Deuskant of o'erkant di rifiir,’ ens., so oek as anw. f.n. ‘deuskant syne, ni anderkant syne ni,’ kyk oek ‘hiirdi’ en ‘daardi,’ fer Holl. ‘deze en gene,’ wat ons nooit gebruik ni.
Di, lidw., oek as anw. foorn., mar dan met di klemtoon: ‘dis di man,’ of oek met herhaling: ‘dis di man di;’ of met ferbindings, soos ‘hiirdi,’ teeno'er ‘daardi’ fergelyk ‘deuskant syne’ teeno'er ‘o'erkant syne.’ - Daarfandaan het ons oek ‘diselfde’ en ‘dilandse,’ di laaste as h.w., soos ‘dis dilandse frugte,’ ens.
Hiirop begaan Mnr. Mansvelt 'n boel onbegrypelike flaters. Fereers maak hy onderskijd tussen Di as lidwoord en ‘die’ as anw. fn. w., wat geheel willekeurig is. Dan fertel hy dat ‘di’ oek staan fer Holl. onsydig ‘dat,’ b.f. ‘die weet ik toch ni,’ waar elke Afrikaner seg: ‘dit weet ek tog ni’. En dan fertel hy nog, dat Afr. gen ferbuigings ken ni, behalwe my fan ik, haar fan sy, ens. Ferbeel jou ‘my’ is 'n ferbuiging, fan ‘ik’ en ‘haar’ fan ‘sy’! Dis 'n wonderlike ferbuiging, nè? - Yndelik maak hy syn lesers nog wys dat di hoedanighydswoorde by ons altyd 'n e kry selfs in onsydig, b.f. ‘dis 'n mooie perd’; mar hy het seker nog nooit gehoor dat ons se ‘di perd is mooi’ ni, sonder di e. En dis by ons 'n faste reel, dat di h.w. foor di s.n. altyd di e kry, mar agteran ni. Di reel kon hy al in ‘Di Eerste Beginsels fan di Afrikaanse Taal’ kry.
Dig-an, diselfde as digteby, fer Holl. ‘dichtby gelegen’, soos ‘Soutrifiir is dig-an of digteby di Kaap’.
Diir, nes Holl. ‘dier’, fandaar ‘dirasi’, ‘gediirte’, ‘ongediirte,’ ens. Dirasi in slegte sin, Holl. ‘helleveeg’.
Diirbaar, fer Holl. ‘kostbaar, kostelik’, ens., soos ‘dis 'n diirbare man - 'n diirbare preek’, ens.
Dik, h.w., ygenaardig in ‘dik fan di lag’, ‘dik ge'eet’, oek somar ‘dik’.
Diner of Diidder, fer Holl. ‘agent van politie.’ Daarfoor word oek gebruik ‘polis’, fan Eng. ‘police’.
Ding, s.n. oek fan mense gebruik ‘di arme ding’, ‘di ou ding’, ens.
Dinges word gebruik om 'n onsekere persoon of ding an te dui.
Dinner, s.n. en w.w., fan Eng., fer Holl. ‘middagmaal’, kyk op ‘Brekfis.’
Dip, s.n. en w.w., oek ‘Dipgat’ en ‘Dipbak’, 'n uitgemesselde gat om skape in te was of te dip fer brandsiikte. Fan Eng.
Dis, ferkorte sametrekking in spreektaal fan ‘dit is’.
Disnis, h.w. gedaan, flou. Di ‘disnispaal’ op di resibaan is 'n ygenaardige maniir om uit te druk dat dit mar di ‘winpaal’ is fer een, ni di ‘ferloorpaal’ fer al di ander.
[p. 252]
Dispens, oek ferkort ‘spens,’ Holl. ‘provisiekamer,’ gewoonlik met rakke om tafelgoed, gaarkos, ens. in weg te pak.
Dit gebruik ons oek waar Holl. di foornaamw. ‘het’ of de anw. foornaamw. ‘dat’ of oek ‘dit’ (sonder s.n.) het, soos ‘dit reen’, Holl. ‘het regent’; ‘dis waar’, Holl. ‘'t is waar’; ‘glo jy dit?’ Holl. ‘geloof gy dat’ ens.
Doe-Doe, w.w. kinderwoord fer slaap; baing gebruik fer 'n wigeliidji, soos ‘Doe-doe, doe-doe, kindji.’
Doef-doef, klanknabootsing fan 'n stoommasiin.
Doem-doempi, 'n soort besi, so genoem na di geluid wat hy maak.
Doepa, di wirook wat di Slamse brand by hulle Godsdiins en kalifa-speul.
Dof, by ferbuiging ‘dowwe,’ soos ‘'n dowwe padji,’ ens. fer 'n padji wat min geloop word en dus amper onkenbaar is.
Dogter, selfde as Holl., mar ons se oek ‘mysi’ en ‘mysi kind’, so oek ‘jongetji’ en ‘jongetjiiskind:’ Oek as ferklynwoordji ‘dogtertji’.
N.B. Mansveld sê ‘Dochter betekent (in Afrikaans) ook dokter, vooral onder kleurlingen!’ Waar sou hy dit opgedoen het!?
Dokkiis, s.n. by albaster-speul, di straf wat di wat ferloor fan di wat win ontfang, dat hulle hom met di albasters op syn kneukels skiit.
Dokter, nes Holl., daarfandaan -
Dokteres fer Holl. ‘vroedvrouw,’ oek 'n frou wat baing huismiddels weet.
Doktersboek fer 'n boek o'er geneeskunde.
Dokterskar 'n ligte kapkar fer 2 persone.
Dolleeg, h.w. en byw., heeltemal leeg.
Dolos, s.n., dolos-goi, w.w. Dit word fernamelik gebruik fan Kaffer-tower-dokters, wat 'n klomp beentjiis, soms oek houtjiis, ens, gebruik om me te waarse, of te tower, soos party dit noem. As jy so 'n dolos-goier 'n fraag doen (natuurlik teen 'n klyne betaling), dan neem hy eers di klomp dolosse in syn dubbele hand, skud hulle deurmakaar, terwyl hy iits ('n soort fan beswering?) brom. Daarna goi hy di dolosse, dat hulle ope fal op di grond en na di stand en posisi waarin hulle lê lees en sê hy dan di antwoord op di fraag.
Di aflyding fan di woord is enigsins onduidelik. Denkelik is dit 'n sametrekking fan ‘dobbel-osse’ of ‘dobbel-hose’. Di eerste lid fan di woord dui dan an dat di spel oorspronkelik oek gebruik werd om me te dobbel. Di twede lid kan afkomstig wees fan di gewoonte fan kinders om 'n party uitgesoekte beentjiis, klippiis, boontjiis, ens. by pare agter makaar in te span en dit dan te noem hulle ‘span osse.’ So sou dan di ‘dolosse’ di span ‘dobbel-osse’ wees, wat di towerdokter inspan om me te waarsê. Mar waarskynliker is dit oorspronkelik gewees ‘dobbel-hose,’ omdat di ‘hoosbeentji’ fan skape of bokke fernamelik daartoe gebruik werd, 'n beentji wat kinders feral feul gebruik om me te speul, feral om in te span as hulle span osse (dus ‘dobbel-hose).’
Dis wel di moeite werd om te siin wat Mnr. Mansveld hiirfan maak, waarom ons dit in syn geheel gé: ‘DOLLOS of DOLLOSSI, bikkel, schapekootje, tot een soortgelyk spel als de bikkel in Holland gebruikt. Afleiding? Men noemt 't ook klipsalade, telati, klip-op-hand of moertjien-kinders.’ Dus: (1) fan di aflyding weet hy niks; (2) hy weet niks dat di woord in ferband staan met di Kaffer dolosgoiers ni; en (3) hy ferwar dit met ons ‘klipspeul’ of ‘klip-telade,’ wat feral ons mysikinders froeger baing gespeul het, en dan noem hy dit nogal klipsalade!
Dolwe, w.w. grond 2 of 3 spit diip omwerk om wingerd of bome op te plant; staan dus teeno'er ploeg en spit; daarfan het ons di follende samestellings: -
Dolffoor, s.n. die ope foor waaruit di grond telkens in di forige gegoi word.
[p. 253]
Dolfland, (oek samegetrek tot Dolland), s.n. fer omgedolfde grond.
Dolflploeg, s.n. 'n ploeg om di ondergrond diip los te maak, nadat di bofoor reeds omgegoi is.
Dom, h.w., het by ons diselfde betekenis as in Hollans, mar ons het daaruit di follende samestelling: -
Dom-astrant, h.w., fer brutaal, frypostig. Mansvelt meen dat astrant afkomstig is fan Frans assurant.
Domine, s.n., werd hiir froeger altyd gebruik fer di (froeger in gebruik) foorleser en foorsinger in di kerk. Nou dit afgeskaf is, kom dit almeer in gebruik om nes, in Holland, di predikant ‘Dominé’ te noem, hoewel di benaming ‘Meneer’ nog meer in gebruik is.
Donder, s.n., het bij ons mar diselfde betekenis as in Hollans; mar word uit ontsag min gebruik, deur sommige selfs fer 'n onbetamelike floekwoord gehou. Meer in gebruik is daarfoor ‘Swareweer’; mar di woord is bewaard in di follende ferbindings: -
Donderbui, Donderweer, Donderwolk, ens.
Donderpadda, s.n., 'n padda wat sig opblaas, fandaar word dit oek o'erdragtelik gebruik fer 'n dikke of opgeblaaste mens: hy of sy is 'n egte of ware Donderpadda.
Dons, s.n., is oek mar diselfde as in Hollans, meerfoud donse en f.w. donsiis. Daarfan is afkomstig: -
Donsha'el, s.n., di fynste soort geweerha'el.
Dood, di grondgedagte is diselfde as in Hollans, tog kom dit by ons foor in ygenaardige ferbindings en betekenisse, soos: -
Dood, h.w., oek in di sin fan di Holl. uitgeblust, uitgewist, byf. ‘di fuur, di kêrs, di letters is dood.’
Dood, w.w., fer Holl. ‘sterven,’ byf. ‘di fé dood,’ ‘hy is of het gedood,’ fer gesterwe. Mar is di platste volkstaal.
Dood, s.n., byf. ‘hy het by di dood omgedraai.’
Dan het ons di follende samestellings: mors-dood, fer heeltemal dood; doodstil, fer folkome stil; dood-blaas en doodmaak fan 'n kêrs of lamp; dood-fe en doodkrap fan iits wat geskrywe is, ens.
Doodryp, h.w. fer folkome ryp.
Dan nog di spreekwoorde: ‘imand dood-sit’ oek wel ‘droog-sit,’ en daarfan ‘hy het hom doodgesit,’ in di sin fan imand syn kans afneem; so oek doodspring. Oek ‘foor dooimansdeur kom,’ fer imand ni tuis kry ni. Somtyds, hoewel seldsaam, hoor ons oek fer re'enagtige weer sê dooimansweer.
Doof, Dowe, oek Dowwe, h.w. het by ons, behalwe di gewone Holl. betekenis ook nog di follende afgelyde menings: 'n dowe amandel of pit of saad is wat ni tot ontwikkeling gekom het ni: ‘di pit is doof.’ In di sin word oek gebruik ‘'n dowwe patji,’ fer 'n pad wat amper ni sigbaar is ni.
N.B. Daar is egter soms oek 'n ferskil fan betekenis by di ferskillende spelling, byf. dowighyd staan fer Holl. ‘doofheid,’ terwyl dowwigheid 'n dofhyd fan liggamelike gefoel andui.
Dooierig, h.w., fer lusteloos, lewensloos, ens.
Dop, s.n., het behalwe di betekenis in Holl. nog by ons di betekenis fan 'n maat waarin di folk wyn kry, omdat dit oorspronkelik gemaak werd fan 'n kalbasdop, wat op di maat afgesaag werd, hoewel dit nou oek gebruik word fer 'n beeshoring of enige iits waaruit di folk hulle rasoen wyn kry; en dus oek fer di hoefeelhyd wyn self: ‘'n dop wyn.’ Hiirfan is nog afgely -
Dop-brandewyn, s.n., brandewyn fan druiwedoppe gestook.
Dop-hou, w.w., imand bespide, afkyk, afloer.
Doppiis, s.n., fan 'n geweer. Fandaar doppiis-geweer in teenstelling tot di outyse pan-geweers.
N.B. Mansvelt gé fer Dop: ‘Wynglas, sig. blikken beker,’ di een so
[p. 254]
ferkeerd as di ander; want 'n dop is juis gen glas of beker ni.
Dopper, s.n., is 'n soort fan skeldnaam an di (afgeskye) Gereformeerde gegé; mar word oek gebruik fer enige persoon wat ouderwets is in kleding en manire. Di oorsprong en aflyding fan di woord is onseker. Sommige ly dit af uit di maniir waarop di mense hulle hare sny en dra, namelik afgekam en afgeknip op di foorhoof, net of 'n dop op di hoof geplaas en onder di rand di hare afgesny is. Waarskynliker is egter dat dit afkomstig is fan di Holl. woord domper, wat gebruik werd om 'n kêrs dood te maak, dus 'n lig-uitdower, fandaar 'n duisterling, imand wat bekrompe en agterlik is in syn begrippe en denkbeelde.
Dop-steek, w.w., fer 'n dop-drink, mar meer in di sin fan imand wat tefeul drink: ‘hy steek 'n goeie dop; hy is 'n egte dop-steker,’ ens.
Doring, Holl. ‘doorn,’ s.n., oek 'n o'erdragtelike sin: ‘hy is 'n doring,’ fer 'n mens of diir wat bisonder fluks is.
Dortel-appeltjiis en Dortelappel-bos, s.n., 'n soort fan bossi, wat ronde gele fruggiis dra, so groot as kersiis, wat bitter fan smaak en ni eetbaar is ni; mar op brandewyn getrek word dit gebruik fer krampe in di ingewande.
Draadwerk, s.n., ygenaardig in di spreekwoord: ‘hy of sy is fol draadwerk,’ fer imand wat erg wispelturig is en allerhande grille het.
Draaghoutji (oek Nekhoutji genoem), s.n., di stukki dwarshout, met draagrime o'er di pêrde hulle nekke fasgebinde, sodat dit foor hulle bors hang, om di disselboom op te hou fan 'n rytuig.
Draai, w.w., in o'erdragtelike sin: ‘hy draai daar’ ‘syn draaiplek is daar,’ meen, hy fry daar. Fandaar oek -
Draaierig, h.w., in di dubbele betekenis (1) fer duiselig, en (2) ronddrentelend, tyd-ferbeuselend.
Draaiwerki, s.n., fer 'n werki tussenin, op 'n ledige tydji, tussen ander werk in.
Dan nog in di spreekwoorde: ‘hy kan syn draai ni kry ni’; ‘dis di agterste draai,’ ens. - N.B. Mansvelt vertel dat ons hiir sê: ‘imand 'n kool draai,’ in plaas fan stowe. Mar dit het ons nooit gehoor ni, mar wel ‘'n kool stowe.’
Drag, s.n., diselfde as Holl. ‘dracht,’ soos 'n drag of draggi hout. - N.B. Dis werkelik fermaklik wat Mansvelt hiirop het, letterlik: ‘Drachi (sig. drachtje), takkebos’!!!
Drel (oek Slet), s.n. fer 'n liderlike, gemene froumens.
Dres, s.n. en w.w., een fan di wynige Engelse woorde, wat deur toenemende, stuitende en stuitige, gebruik, al moet beskou worde as opgeneem in ons taal. So hoor ons dikwils, feral deur di half- en kwart geleerde Engelse na'apers, sê: ‘Ek het fer my 'n nuwe dres laat maak,’ in plaas fan 'n nuwe tawwertji. So oek: ‘Hy of sy is swel gedres,’ in plaas fan deftig angetrek. Ja, ons hoor hulle self praat fan imand is ‘uitgedres,’ in teeno'ergestelde betekenis as ons taal; want ‘uitgedres’ sou by ons moet beteken ‘uitgetrek,’ ontkleed, naak, terwyl hulle daarmé juis meen deftig ‘angetrek.’
Di woord kom egter as w.w. oek in 'n andere sin foor, namelik dres of oek handdres fan brandsiik fé, waar hulle mar kolletjiis brandsiikte het en dit dus ni nodig is hulle heeltemal te dip ni. Fandaar oek dreshoring, 'n beeshoring wat gebruik word om di stof fer dres in te goi.
Dries, h.w. en Driesland, s.n., word gebruik fan 'n ongeploegde land, wat di jaar bly o'erlê om te rus.
Drif, s.n., het 2 betekenisse: (1) drif deur 'n rifiir, oek wadrif genoem, Holl. ‘voort,’ Eng. ‘ford’; (2) andrang, erns, byf. ‘daar is gen drif by di weer of by di man ni.’
Drilsel, s.n., word by ons gebruik fer Holl. ‘dril’ of ‘lil.’
[p. 255]
Drink, w.w., word behalwe di Holl. betekenis by ons oek gebruik fer di suige fan jonggebore mense en dire.
Droes, s.n., 'n kwaaie soort fan pêrde siikte, wat erg besmettelik is. - Mansvelt is hiir alweer uit di spoor uit, hy gé di woord aldus: ‘Droef, droes (paardeziekte). Vanwaar deze zonderling overgang van s tot f?’ Wel, fan Tafelberg tot Soutpansberg het ons nog nooit 'n Afrikaner dit Droef hoor noem ni, en ons lesers seker oek ni, of dit moet heel plaselik wees.
Dronk, h.w., het oek 2 betekenisse by ons: (1) in di sin fan bedwelmd, soos myn kop is dronk fan ronddraai, deur ongesteldhyd, fan rook, ens.; (2) mar feral dronk fan drank. Daarfoor het di Afrikaner 'n onuitputtelike ferskydenhyd fan uitdrukkings wat wel toon dat onse taalmakers gen afskaffers was ni; mar grotendeels is di ygenaardige en skilderagtige terme tog mar afkomstig fan di geestige oue Hottentots. Ons gé mar enige fan di uitdrukkings (froeger is op 'n prysfraag deur Ons Klyntji uitgeskrywe 'n grote fersameling fan di terme gepubliseer): - beskonke, deur-di-wind, topswaar, stukkend, hoog in di tros, hy het 'n dop gesteek, syn té was te sterk, hy is geté, hy is nat en oek deur-en-deur-nat, ens. Dan is daar 'n ander reeks fan uitdrukkings fer halfdronk: hy is lekker (oek lekkerlyf), hy is so effe warm (teeno'er folkome dronk, dis fuurwarm), so effe angeklam, 'n bitji frolik of pilsirig, deur di wind, ens.
Dronkgras, s.n., 'n soort gras waarfan di fé bedwelmd word.
Dros, w.w., stilletjiis wegloop; fandaar -
Droster, 'n wegloper, feral froeger fan weggeloopte slawe gebruik. (Mansvelt spelde di woord ‘Drossert’!
Droster-fuurtji, 'n klyne fuurtji; want drosters mog ni by nag grote fure maak ni, dan werd hulle daardeur ontdek.
Drosternes, grotte en bosse waarin drosters hulle ferskuil het, om fandaar uit te steel.
N.B. Di s.n. moes ygenlik wees Drosser; mar sulke aflydings op er fan w.w. wat op s uitgaan neem dikwils by ons 'n t daartussen an, soos waster, fister, ens. Oek in andere woorde het dit plaas, soos yster, (fer yser), Duister (fer Duitser), ens. Dit het ons oek by sommige trappe fan fergelyking fan woorde wat op s uitgaan, soos loster en losser fan ‘los’; en so oek in di meerfoud fan s.n. op s, soos boste en bosse fan ‘bos,’ daste en dasse fan ‘das,’ ens.
Druipkelder, s.n. fer Holl. druipsteengrot.
Druipstert, h.w., druipstert ankom, feral fan 'n hond.
Druipstêrt, h.w., denkelik afkomstig fan honde, dus ‘druipstêrt ankom,’ ens.
Druiwe, s.n. Holl. ‘druiven.’ Sonder enkelfoud, daarfoor gebruik ‘druiwe korrel.’ Hiir is natuurlik ferskye soorte druiwe, waarfan di algemeenste is: Groendruiwe of Wyndruiwe (wit en rooi), Hanepoot (do.), Muskedel (do.), Steendruiwe in 2 soorte, oue steendruiwe en faalblaar steendruiwe, Frans-druiwe Hermitage, Raisin Blanc, Barbarossa, ens. Daarfan nog afgely -
Druiwekar, met parstyd gebruik om druiwe an te ry.
Druiwekomfyt en korrelkomfyt, meesal fan Hanepoot korrels met suiker gekook, in onderskyding fan Moskomfyt, wat fan ongegiste mos gekook word.
N.B. Mansvelt fertel, ons spreek di ui uit as eu!
Druk, w.w., Holl. ‘drukken’; ygenaardig in samestelling, soos afdruk fer 'n skoot afskiit, opdruk fer haastig maak, oek 'n skuldenaar opdruk dat hy moet betaal. - As s.n. is ygenaardig oue en nuwe druk, fer boeke met oue of nieuwe letter gedruk.
Drumpel, s.n., fer Holl. drempel of dorpel.
[p. 256]
Drywe, w.w. behalve gewone Holl. betekenis hiir oek gebruik fer Holl. mennen, bef. 'n span osse drywe. Fandaar-
Drywer, s.n. fer Holl. koetsier, hiir mees as wadrywer.
Dubbeltji, oek Duwweltji, oek Ouduwweltji en Oulap genoem, fer di Engelse penny, is 2 stuiwers, Holl. 5 cent. Froeger werd oek nog gebruik (in teenstelling tot ou-duwweltji) jong-duwweltji, dis 3 oortjiis of 3/4 penny, follens die latere waardefermindering fan geld onder Engelse bestuur. (Kyk op Daalder).
Dubbeltjiis- of Duwweltjiis-doring, 'n rank-opslag waarfan di saad 3 skerpe punte het waarfan een altyd na bo staan en as doring steek.
Duiker, 'n soort wilde bok, oek 'n soort waterfo'el.
Duin, selfde betekenis as Holl., maar daarfan afgely -
Duinbessiis, waarfan 2 soorte is: (1) eetbaar, en (2) wat gebruik word om was fan te kook, omdat dit fettig is.
Duinmolle, 'n grotere soort fan molle.
Duinperels, 'n soort skulpe, wat in di duine foortteel.
Duinspreeu, 'n soort fo'el.
Duiwel, Holl. duivel. Hiir oek o'erdragtelik fer iemand wat uitmunt in iets: ‘Hij is 'n duiwel om te bakly, te liig, te bid; ens. - Duiwels-dood word gebruik fer die uiterste trap, bef. ‘Hy ry duiwelsdood.’ Spreekwoord: ‘As jy van di Duiwel praat, is hy nooit fêr ni.’
Duiwelmot, s.n. diselfde as Gifmot, 'n mot wat fan heuning lewe.
Duiwelsdrek, 'n soort medisyne (asa foetida), feral te'en stuipe en fallende siikte gebruik, oek 'n goeie teengif of foorbehoedmiddel te'en perdesiikte.
Duiwelskerwel, 'n soort onkruid.
Duiwelskind, 'n lelike skeldnaam.
Duit, s.n. 'n plat klip by 'n spulletji gebruik. Fandaar, ‘hy is gen duit werd ni.’
Dulsiis, 'n soort huismiddel, waarfan daar 2 soorte is: wit en rooi Dulsiis.
Duti, s.n. fan Eng. fer belasting.
Du Toit, fan fan een fan di Hugenote familiis, fandaar: -
Du Toois-koring, 'n soort koorn wat nogal baing gesaai word en 'n mooi witte meel en brood gé.
Du Toois Kloof, di oudste bergpas tussen Perl en Woester, wat egter ferfal is nadat Bainskloof en later Nuwekloof gemaak is.
Duusman, oek Duusfolk, 'n soort fan skeldnaam fan kleurlinge gebruik fer blanke; molik o'ergeneem fan di Engelse (feragtelike) term Dutchman.
N.B. Mansfelt fertel, ons Afrikaners sê Dui fer Dy, Diesfolk, en Duister fer Duitser!
Dwars, h.w. fer 'n ferkeerde persoon: ‘hy is 'n dwarse niksnuts.’ Fandaar: -
Dwarstrek, w.w., Holl. dwarsdrijven.
Dwarstrekker, s.n., Holl. dwarsdrijver.
Dynsig, oek Dynserig, fer Holl. dijzig of beneveld.

E

E., Mansvelt fertel dat di skerpe lange e in di Boland in baing woorde as ie uitgespreek word, waarskynlik deur Eng. infloed, soos bien fer been, twie fer twee, enz.; en dat by sing in di mond fan baing di skerplange ee. feral fóór r, 'n onaangename draaiende klank het, wat amper soos iö klink! - ‘Hou julle lag, kerels.’
Een, telwoord, word by ons, in uitspraak en skryfwyse, ondersky fan 'n, di onbepaalde lidwoord.
Een, f.n.w. word hiir oek op di Eng. maniir gebruik, soos di-een of hiir-di-een (this one), daar-di-een (that one), di-ander-een (the other one), di-grootste-een (the largest one), ens. Mar in di meerfoud word dit ni gebruik ni, nes die ferklynwoordji enetji.
Eenbeentji spring of speul, 'n kinderspulletji.
Eenders, h.w. en b.w., Holl. gelyk of gelykend, soos ‘di 2 mense lyk heeltemaal eenders, maar hulle het glad ni eenderse manire ni.’
[p. 257]
Eendekuil, s.n. plaasnaam, 'n kuil waar eende op hou.
Eendfo'el, s.n. fer wilde eend, of watereend.
Eenhorinki, op enkele plekke in di Onderfeld fer 'n ryke mysi.
Eenkant, f.s.. en b.w., soos ‘eenkant is dit waar,’ ‘hy hou hom eenkant,’ ens.
Eenspanjerig, h.w. ongesellig, oninskikkelik.
Eet, w.w., Holl. eten; oek soms onpersoonlik, soos ‘dit eet lekker.’
Eetdruiwe (of Tafeldruiwe), druiwe wat ni bestemd is om te pars ni, mar om fars ge'eet te worde. Nou dat wyn en brandewyn so goedkoop is, leg di wynboer sig feul toe op anplant fan sulke soorte druiwe, wat fer di mark geskik is, en oek fer uitvoer, soos Hanepoot (wit en rooi), Barbarossa, Raisin Blanc, ens.; en nog beter di soorte wat fer alby doelyndes geskik is, soos Hermitage en Black Prince, di laaste 'n gewile froege soort fer di binnenlandse markte.
Eetfoorhuis, s.n. of eetkamer. (Kyk Foorhuis).
N.B.! Mansvelt gé hiir nog letterlik wat folg: ‘Eet-en-drink (plat), bakhuis, bakkes, bek.’ - Raai, raai, wat is dit!
Eetgoed, s.n. fer al wat eetbaar is.
Eetmaal, s.n. Holl. gastmaal of feestmaal; oek eetparty.
Efasfyg, 'n bruine fyg, in teenstelling tot Adamsfyg.
Ei, fer woorde wat in Holl. so begin kyk op Y.
Eksi-perfeksi, denkelik fan ‘extra perfekt,’ h.w. en b.w., uiters folkome.
Elf-en-dertigste, b.w. fer ‘so op 'n maniir,’ ‘ni al te bes ni,’ soos ‘dis oek mar so op syn elfendertigste gedaan.
Elleboog-lig, w.w., fer 'n dop steek, misbruik maak fan drank.
Elli, of Elsie, ferkorting fan Elizabeth.
Emmer, s.n. oek as maat gebruik fer 'n halwe skepel.
Emmertji, soos blik-emmertji, feral fer folks rantsoene kos.
En staan oek dikwils waar in Holl. te 2 werkwoorde ferbind, soos ‘hij lê en slaap - hy sit en gesels,’ ens.
Ent, meerfoud ente, fer Holl. ‘einde.’ Di Afrikaner erken egter 2 ente fan 'n riim, stok, ens. So gebruik ons soms ent waar di Hollanders sou sê ‘begin’, soos ‘Begin weer fan di ent af.
Entji, feral gebruik fan 'n stekki wat op iits anders ge'ent word. Mar ons praat fan foolent ni entji ni.
Entresdruppels, oek stinkdruppels genoem, 'n huismiddel, bestaande uit Duiwelsdrek (asa foetida), valeriaan, opium, ens. en gebruik fer senewesiiktes, ferswakte maag, ens.
Entse, h.w., soos ‘di entse kamer, samegetrek uit ‘di ent syn kamer.’
Fandaar di koppenent en foetenent fan 'n kooi, ens.
Erd, di stof waarfan êrdewerk gemaak is, soos 'n erdekruik. ‘Aarde’ is by ons of di aardbol of grond.
Erdfark, s.n. 'n miirëter, fan ‘aardvarken,’ of ‘miereneter.’
Erdflooi, s.n., klyne insekte wat in di grond hou en skade doen an jonge plantjiis.
Erf, s.n. 'n stuk bougrond (beboud of onbeboud) in 'n stad of dorp, in onderskyding fan 'n plaas of plasi buiteaf fer boerdery gebruik. Daar fele dorpe mar fer 'n gedeelte water het word ondersky in watererwe en droge erwe.
Ertjiis, s.n., Holl. ‘erwten;’ oek wilde ertjiis.
Esel word by ons gebruik fer muilesel (oek somar muil) en steenesel alby. Mar fer di laaste word meesal gebruik donki, fan Eng. ‘donkey.’ - Mansveld fertel: ‘Ezel wordt uitsluitend gebruikt voor muilezel of muildier. De gewone ezel, die hier weinig voorkomt, heet gevolgelik ezeltji.’ Dis nou 3 bokke in 1 skoot!
Esegrimmig, h.w., fer stuurs, uit syn humeur.
Essens, s.n., fer Holl. ‘reukwater,’ met di klemtoon op di eerste sillabe; en met di betekenis fan ‘ekstrakt,’ met di klemtoon op di twede sillabe.
[p. 258]
Euntjiis, s.n. follens Kolbe 'n ferbastering fan Holl. ajuintjes,’ klyne knolgewasse wat wild groei en fele soorte waarfan eetbaar is soos raapeuntjiis, omdat dit di form fan rape het; bobejaaneuntjiis, ens. opmerkelik fan suring word di knolletjiis genoem suring-pittjiis.
Ewefeultjiis, s.n., oek ‘koppiiskoek’ genoem, omdat fan al di bestanddele 'n koppifol geneem word om di koek te bak.
Exkuus (of ekskuus) word kortaf gebruik fer: ‘ek fra om ekskuus’.
Extra (of Ekstra), as h.w. en b.w. alby, soos: ‘di pêrd loop ekstra as hy 'n ekstra ruiter op hom het.’

F

F., Di Hollander ondersky tussen di sagtere uitspraak fan v en di skerpere fan f. Mar by ons bestaan di ferskil ni; ons spreek di v oek uit nes f; daarom kom fele woorde wat in Holl. onder v foorkom deur ons gegé onder f. En daarin kom ons in di meeste gefalle o'ereen met Engels en Duits, waarfan ons net 'n paar foorbeelde gé: -
Afrikaans. Duits. Engels. Hollans.
Fal Fal Fall Val
Fat Fass Fat Vat
Fals Falsch False Valsch
Falk Falke Falcon Valk
Fas Fest Fast Vast
Fas Fasten Fast Vasten
Waar di v by ons ni in di hardere f o'ergaan ni word dit somtyds ferfang deur w namelik uit di begin fan uitgangslettergrepe, soos ferwerwe, sterwe, ens.
Faak, s.n., net mar in ferband met slaap, soos ‘ek het faak;’ nooit in Holl. sin fer ‘dikwils’ ni.
Faal, h.w., feul meer gebruik as in Holl., soos altyd fer Holl. ‘graauw’.
Faalmol, s.n. 'n klynere soort mol; kyk Kolmol en Duinmol.
Faalpens, s.n., 'n skeldnaam deur Frystaters an Transfalers gegé (Kyk op Blikoor).
Faalwater, s.n. fer Holl. ‘vaarwater,’ soos ‘in di faalwater kom. N.B. Dis ygenaardig by ons, as 'n ongewone of minder bekende klank in 'n woord foorkom om dit te ferwissel met 'n meer gewone of bekende klank, soos appelkoos fer abrikoos, waterlimoen fer watermeloen, komfyt fer konfyt, hartbees fer hertbees, ens.
Fader, s.n., dikwils oek fer skoonfader gebruik. In ons taal is 3 benamings fer ouers: fader en moeder, pa en ma, tata en même. Di eerste is di deftigste; di derde di laagste, froeger by kleurlinge in gebruik, mar nou oek al amper in onbruik geraak; di middelste is di algemeenste.
N.B. - Mansvelt fertel dat ‘Vaar en Moer by de Doppers nog in goeden zin gebruik wordt,’ terwyl dit anders ‘scheldwoorde’ is!
Faderlands, h.w., werd froeger, toen Zuid Afrika in nouer ferband was met Holland, gebruik fer Hollans of Nederlands, soos 'n ‘faderlandse bul, kaas, ham, ens.; oek wel in algemene sin fer alles wat ni inheems was ni, mar ingefoer o'er sé. Nou word almeer in gebruik ‘Engels’ hiirfoor in di plek te stel, oek in di algemene sin, omdat ons nou meer gemeenskap met England het en ons infoer fandaar kom, soos ‘Engelse kanariis, stewels,’ ens.
N.B. Mansvelt weet te fertel dat ‘Vaarlans’ in di sin fan ‘Nederlands,’ nog gebruikelik is in ‘pop’ fer waspop, ‘viool’ fer speulgoed; mar dat ‘'n vaarlanse meisi’ beteken ‘'n meisje van Afrik. ouders’; en ‘'n vaarlanse skaap’ - ‘'n Afrik., skaap.’ Ons het egter gen een daarfan gehoor ni, mar wel 'n ‘Afrikaner mysi’ en ‘Afrikaner of Kaapse skaap.’
Faikonta, b.w., in skyn, fer di naam, ni regtig of werkelik ni. In di sin het ons oek kasta, kastag, kamta, konsuis, somarso, kamma, tjakki-tjakki, ens. - N.B. Hiir is Mansvelt reg as hy seg: ‘Het groot aantal synoniemen van dit woord toont aan, dat on-
[p. 259]
oprechtheid, helaas! niet tot de zeldzaamheden behoort.’ Mar hiirby moet ons daarom ni fergeet dat di woorde meesal ontstaan is en bestaan onder ons kleurlinge.
Fals, h.w., het hiir, behalwe di gewone betekenisse in Holl. nog di follende ygenaardighede: (1) fer wat ni natuurlik is ni, mar kunsmatig, soos ‘fals tande’ fer kunstande, so oek fals hare, fals baard, fals geld, ens.; (2) fer wat onbetroubaar is, soos ‘di grond of plek is fals’ in di sin fan deurslagtig, jy kan daar ni fylig o'er loop of ry ni; en (3) fer iits wat toegefoeg word buiten di gewone regel, fer 'n bisondere doel, soos 'n fals juk, 'n fals strop. om 'n swakkere os te help teen syn sterkere maat: 'n fals boom, fer di dubbele boom wat in 'n trapbali geset word, ens.
Fan, foors., ygenaardig in di ferbindings: fammeléwe, ygenlik ‘fan myn lewe,’ dis in myn leeftyd; fanselewe, ‘fan syn lewe,’ dis in syn leeftyd; mar alby word oek algemeen gebruik om 'n onbepaalde ferlede tyd uit te druk.
N.B. Mansveld het ‘Valsgelyke’; of ‘gansgelijke,’ waarfan hy tereg di sin gé as ‘insgelyks;’ en dan daarop laat folg: ‘Vansgelijke, word ook in Holl. gebruik.’ Mar ons het hier net diselfde woord ‘fansgelyke’; ‘valsgelyke’ en ‘gansgelyke’ het ons nooit gehoor ni.
Fang, w.w., het di follende ygenaardige betekenisse: (1) imand fang, in di sin fan inhaal of bykom; (2) 'n diif fang, in die sin fan betrap; (3) 'n bawetji fang, fer di werk fan 'n froedfrou.
Fangdam, s.n., 'n dam om water op te fang.
Fangdot, s.n., teeno'er sleepdot, by balslaan speuletji; in di eerste gefal word di bal hoog geslaan, sodat dit deur die teenparty gefang word, en in die twede gefal laag langs di grond geslaan.
Fanggat, s.n., gate deur Boesmans gemaak in di grond en met takke en grond o'erdek, waarin di wild fasgekeer en gefang werd.
Fangstok, s.n., 'n stok waaran 'n riim met 'n strik of oog fasgemaak is, om wilde of ‘ongeleerde’ perde, osse, ens. mé te fang.
Fark, s.n., meerfoud farke en farkes, selfde betekenis as Holl.
Farki, word behalwe fer 'n klyne farki oek gebruik fer 'n insek wat di Holl. noem pissebed of steenmot.
Farkblare, farkwortels, farkblomme, fer die blare, wortels en blomme fan 'n wilde plant, kunsnaam ‘aron’ of ‘arum,’ in plantekunde Holl. genoem ‘kalfsfoet’ en di blom ‘aronskelk.’ Ons lelike naam fer di siirlike plant met mooie blare en nog mooier blomme is daardeur ontstaan omdat farkes dit freet, feral di wortels. Di blom word oek in Holl. soms genoem ‘Kaapse lelie’ en in Eng. ‘Cape arum.’
Farkspek, oek net spek, in onderskyding fan skaapfet, bokfet, beestefet, ens., N.B.! Mansvelt seg: Hoe 't komt dat 't varken hier zijn spraakkunstigen staart (en) verloren en het hoen er een (er) gekregen heeft, is my niet duidelyk.’ Had hy ‘Di Eerste Beginsels fan di Afrikaanse Taal’ geraadpleeg, dan sou dit hom duidelik geworde wees, dat dit daaran te wyt is, dat di Afrikaner di onregelmatige meerfoudsforme fan Holl. regelmatig gemaak het (een fan di fele dinge fan Afrikaans bo Hollans) soos: Holl. hoen-hoenders, Afr. hoender-hoenders; Holl. ei-eieren; Afr. yer-yers; Holl. Koe-Koeien, Afr. Koei-Koeie, Holl. vloo-vlooien, Afr., flooi-flooie, ens.
Farre, s.n., Holl. ‘varen,’ Eng. ‘fern’ 'n sekere plant, wat hier in grote ferskydenhyd wild groei, mees langs water en op fogtige plek, en wat van syn mooie blare oek angekweek word, mees as potplante.
Fars, h.w. Holl. ‘versch,’ staan oek teenoer gesout.
Fas, h.w. en b.w., Holl. ‘vast,’ in menigfuldige ferbindings.
[p. 260]
Fasgoed, s.n. teeno'er ‘losgoed,’ Holl. ‘onroerende goederen.’
Faskeer, w.w., imand di pas afsny, sodat hy ni kan uitkom ni.
Fasklou, w.w., imand stijf fashou.
Fasloop, w.w., hom of haar fasloop, ‘hy het hom fasgeloop.’
Fasmaak, w.w., in di folksbygeloof 'n soort fan tower, soos by koringsny, as 2 spanne folk teenmakaar jaag of wedywer, dan maak di wat di swarte kuns ferstaan syn teenparty ‘fas,’ sodat hulle hulle hande an stukkend sny en ni forder ni.
Fasmaak-ooi, s.n., 'n ooi wat haar lam ni wil laat suige ni en daarom fasgemaak word.
Fas-melk-koei, s.n., 'n koei wat taai is om te melk, teen'oer los-melk-koei.
Fasslaan, w.w., word by ons ni alleen gebruik fan 'n spyker of pen, mar oek fan 'n fis ‘fasslaan’ in di hoek as hy an di aas pik.
Fastrap, w.w., styf staan, fol hou,
Fastrek, w.w.: (1) 'n tou of riim fastrek; (2) di perd of os trek fas; (3) imand fastrek, fer iemand bedriig.
Fat, w.w., word in Afr. meer en in meer betekenisse gebruik as in Holl., soos blyk uit di follende gesegdes en spreekwyse: ‘Moet ni daaran fat ni,’ Holl. ‘kom of raak er niet aan;’ - ‘fat hom,’ soos by anhits fan 'n hond om iits te pak; - ‘di feld fat,’ fer weg hardloop. - ‘'n frou fat,’ in lagere folkstaal fer gaan trou: - ‘fas fat’, fer fas gryp en fas hou; - ‘laat fat,’ fer weggaan; - somar ‘fat’ fer di, neem an! - Ens.
Fatplek, s.n., Holl. houvast, punt van aangryping.
Fatwerk, s.n., Holl. vaatwerk, feral van 'n kelder.
Fé, w.w. fer Holl. ‘vegen.’
Fé, s.n. word ondersky in Kleinfé fer skape en bokke en Grootfé fer beeste en pêrde: daarfan afgely:
Féboer, s.n. fer alle soorte fé.
Fékraal, s.n. fer alle soorte fan fé.
Fépatji, s.n. in onderskyding fan rypad of wapad, 'n patji deur fe ope getrap.
Fépos, s.n. 'n buite-legplek fan fé.
Féwagter, s.n. 'n man wat fé oppas.
Feels of Feuls, b.w., soos ‘feuls geluk!’ ‘hy is feuls te goed daarfoor,’ ens.
Feg, w.w. gebruik ons bepaaldelik fer oorlog maak, mar fer persone wat handgemeen raak gebruik ons bakly.
Fel, of uitfel, w.w. in di ygenaardige sin fan imand 'n pak slae'e gé.
Fel, s.n. fer Holl. ‘huid.’ Spreekwoorde: ‘uit syn fel spring’ fer 'n mens of 'n diir wat o'erhaastig wegspring; ‘uit syn fel bars,’ fan kwaadhyd; imand di fel o'er di ore trek,’ of ‘fan di ore trek,’ fer imand o'erys of te feul laat betaal; ‘imand op syn fel gé,’ fer uitklop.
N.B.! Froeger werd hiir nogal baing felklere gedra, soos felbroeke, felbatjiis, felrokke, ens. Nou nog word feul gebruik felskoene, felsakke, felkomberse, felmatte, felkuipe, ens.
Feld, s.n., in algemeen onbeboude en onbewerkte grond. Daarin word ondersky: Bosfeld, Sandfeld, Hardefeld, Sagtefeld, Kaingfeld, Grasfeld, Somerfeld, Suurfeld, Soetfeld, Trekfeld, Winter- en Somer-feld, Goudfeld, Koolfeld, Onderfeld (kyk Boland).
Feldblomme, Feldanys, s.n. en ferskillende andere soorte feldplante.
Feldkornet, s.n. 'n wyksambtenaar met beperkte mag.
Feldmuis en feldrot, s.n., wat in di feld hou.
Feldpêrd en Feldos, s.n. in teenstelling fan stalpêrde en kraalosse.
Feldtafel en Feldstoel, s.n. 'n tafel en stoel wat gemaklik opgefou en megefoerd word op rys.
Felling, s.n. fer Holl. ‘velg,’ fan 'n wiil.
Fêr, byw. Hol ‘ver’ of ‘verreweg.’
Fer, f.s. in 2 betekenisse: (1) om di foorwerp waarop di werking fan 'n o'ergankelike werkwoord o'ergaan an te dui, soos ‘Piet slaan fer Jan;’ ‘ek kan fer hom ni ferdra ni’ (Latynse accusato); (2) om di persoon of saak an wi iits gedoen of gegé word an te wys: ‘sê fer hom,’ ‘gé fer hom,’ ens. (Latynse Datiovus).
[p. 261]
Ferbeeldendhyd, s.n. ferbastering fan ‘ferbeelding,’ in di sin fan ‘ferwaandhyd,’ soos ‘hy het 'n ferbeeldendhyd o'er hom,’ ens.
Ferbrand, h.w., in feroordelende sin, soos ‘ferbrande skelm,’ ‘ferbrand suinig,’ ens.
Ferdiskonteer, w.w. geld trek uit 'n Bank deur 'n wissel.
Ferdrag, s.n., ‘met ferdrag,’ ni te styl ni.
Ferduiwels of (sagter uitgedruk) Ferduikerd, fer Holl. ‘erg’ of ‘zeer,’ soos ‘ferduiwels koud,’ ens.
Ferdwyn plyster, s.n., 'n plyster wat opgeset word om 'n pyn of 'n geswel te laat ferdwyn.
Fererg, w.w. en h.w. soos ‘ek fererg my somar;’ ‘hy was baing fererg,’ ens.
Ferfbessiis, s.n. gebruik fer rooi ink.
Ferfhoutjiis (oek rooihoutjiis), s.n. houtjiis gebruik om swart klere skoon te maak.
Ferflakte, h.w., 'n uitskelwoord, soos ‘jou ferflakste kind,’ fersagting fan ‘ferfloekte.’
Ferflenterd, h.w. an stukkend geskeur, fan Flenters.
Ferfoes, w.w. en h.w. soos ‘iits ferfoes of ferknoei,’ en ‘iits is reeds ferfoes.’
Fergalgste, h.w., 'n skeldwoord, soos ‘jou fergalgste skelm,’ imand wat di galg ferdiin het.
Fergange, h.w., fan Duits ‘vergangen,’ Holl. ‘verleden,’ soos ‘fergange jaar,’ ens.
Ferkeerd, h.w. in andere betekenis as Holl.: ‘jy is ferkeerd;’ ‘dis 'n ferkeerde fent,’ fer imand wat uit syn humeur of onhandelbaar is.
Ferkleurmannetji, s.n., oek Trapsutjiis. Hier is een fan di baing foorbeelde hoe handig di Afrikaner nuwe woorde en benamings weet same te stel om onbekende dinge an te dui, deur uit di oue Germaanse of Diitse taalstam toepasselike name te ontleen of same te'stel. Daarin o'ertref hy di Hollander fêr, en daarom is fytelik ons taal ryker as di Hollanse. Wel is enkele Hollanse woorde by ons in onbruik geraak; tog het ons di hele Hollanse Woordeboek of Diitse taalskat om uit te put. En terwyl di Hollander by nuwe ontdekkings en by ontmoeting met in syn taal onbekende dinge sig behelp met hulle name uit freemde tale o'er te neem, fat di Afrikaner syn hamer en syn ambyl en smé uit di oue taalskat gepaste. Om mar 'n paar foorbeelde te noem. Di Kameleon, wat blykbaar uit Frankryk in Holland bekend werd, het di Hollander, eenfoudig met syn Franse naam en al o'ergeneem. Mar di Afrikaner had dadelik 2 suiwer Germaanse name klaar, di een so skilderagtig en natuurlik as di ander. ‘Ferkleurmannetji,’ na di ferandering fan kleur, en ‘Trapsutjiis’ na di trage gang fan di diirtji. Net so by di ontdekking fan ‘Fuurhoutjiis.’ Di Hollander was tefrede om di Latynse benaming ‘Lucifer,’ letterlik ‘ligdrager,’ wat bowediin glad ni so gepas is ni, o'er te neem; mar di Afrikaner gaan in syn Germaanse skatkamer en smé 2 woorde an makaar en daaruit kry hy di suiwer Germaanse en gepaste naam fan ‘Fuurhoutji’ (of froeger ‘Swawelhoutji,’ toen di koppi in swawel gesteek was). So by di infoering fan spoortryne was di Hollander dood tefrede om di onbestemde Latynse woord ‘Lokomotif’ o'er te neem, wat letterlik beteken ‘bewerker fan plaasferandering’ en wat dus fytelik op alle foertuige toepasselik is. Mar kyk hoe handig was di Afrikaner hiir alweer. Hy smé Germaanse woorde same en maak daarfan 2 gepaste name; Fuurwa en Ysterperd.
Ferknorsing, s.n. kwelling o'er iits.
Ferlé'e, h.w. in 2 betekenisse: (1) in di sin fan beskaamd of beskroomd, ‘ferlé'e met iits,’ (2) imand of iits nodig te kry: ‘fandag kyk jy my ni an ni, mar morge is jy weer ferlé'e o'er my!’
Ferloor, w.w. Holl. ‘verliezen.’
[p. 262]
Fermaak, w.w. naywer of jaloesi opwek, soos di een kind fermaak di ander met iits waarme hy bo hom befoorreg is.
Fermeer, oek femeer en fomeer, w.w. Holl. ‘vomeren.’ Daarfandaan is afkomstig: fermeersiikte, fermeerbossi, ens.
Ferniil, w.w., in di bisondere sin fan ‘'n man ferniil baing fan...’
Ferneuk, w.w., een fan di baing woorde fer Holl. ‘bedriegen,’ mar word ni in fatsoenlike geselskap gebruik ni.
Ferplunje of ferpluk, h.w., Holl. ‘verscheurd.’
Ferpot, h.w. klyn en armoedig.