Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel (1939)

Informatie terzijde

Titelpagina van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel
Afbeelding van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweelToon afbeelding van titelpagina van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.24 MB)

XML (0.04 MB)

tekstbestand






Vertaler

P.C. Schoonees



Genre

proza

Subgenre

marialegende
vertaling: Nederlands / Afrikaans


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel

(1939)–Anoniem Beatrijs–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 5]
[p. 5]

Ter Inleiding.

Waarom moet die skitterendste juweel van die Middelnederlandse letterkunde sy glans alleen versprei onder 'n klein kringetjie vakgeleerdes? Dit is die gedagte wat my aangespoor het om die wonderskone Beatrys-legende oor te vertel in Afrikaans. Die verhaal is so eenvoudig, dat dit die hart van elke leser diep moet raak.

 

Soos baie ander digters uit die middeleeue, het ook hierdie een, ten spyte van naarstige ondersoekings, onbekend gebly. Die digter van Beatrys het dan ook nie eie-eer gesoek nie, soos ons uit die aanhef kan sien. Hy het goed geweet dat daar min voordeel te haal is uit versies-maak, maar hy het sy verhaal opgeteken ter ere van die Moedermaag, Maria.

 

In die tyd toe die Beatrys gedig is (eerste helfte van die veertiende eeu) het die christelike godsdiens feitlik bestaan uit Maria-verering. Maar ofskoon ons al lankal afstand gedoen het van Roomse dwaalbegrippe, tog behou hierdie gedig vir ons sy volle waarde. Ons ontmoet daarin 'n vrou, wat ter wille van haar liefde alles kan opoffer, behalwe haar godsdiens. En dit is deur haar liefde tot God, geopenbaar deur die tussenkoms van Maria, dat sy uiteindelik opgehef word uit die diepste moerasse van die sonde. Geweldig is inderdaad die stryd tussen die geestelike liefde van die non Beatrys en haar aardse hartstog. Laat ons met innige, toegewyde aandag luister na hierdie eenvoudige verhaal, so lank gelede vir ons opgeteken deur 'n waaragtige kunstenaar.

[pagina 6]
[p. 6]

Ek vertrou dat die Afrikaanse bewerking baie lesers sal aanspoor om die oorspronklike gedig te gaan lees. Belangstellendes moet ook nie versuim om kennis te maak nie met die skone vertolking van die legende in versvorm deur die Nederlandse digter, P.C. Boutens.

P.C.S.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken