Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel (1939)

Informatie terzijde

Titelpagina van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel
Afbeelding van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweelToon afbeelding van titelpagina van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.24 MB)

XML (0.04 MB)

tekstbestand






Vertaler

P.C. Schoonees



Genre

proza

Subgenre

marialegende
vertaling: Nederlands / Afrikaans


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel

(1939)–Anoniem Beatrijs–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 7]
[p. 7]

I.

Min voordeel is daar uit versies-maak te haal: my vriende raai my aan om dit te laat staan en my gemoed nie daarmee te pynig nie. Maar om die genade van Haar, wat moeder geword en tog jonkvrou gebly het, het ek begin om 'n skone mirakel te vertel, wat God sonder twyfel laat gebeur het, ter ere van Maria aan wie se bors Hy gelê het.

 

Ek wil vertel van 'n non; mag God my vergun om my taak behoorlik te volbring en die reine waarheid te praat, soos ek alles gehoor het van broeder Gysbrecht uit die klooster van die Heilige Willem. Hy, 'n ou bejaarde grysaard, het dit in sy boeke gekry.

 

Die non van wie ek wou vertel, was fyn van maniere en rein van sede; ek twyfel of 'n mens maklik nog een sou kry, aan haar gelyk in skoonheid van gedaante of reinheid van sede.

 

Maar dit sou my nie betaam om veel te sê oor die skoonheid van haar liggaam nie; ek wou eintlik vertel watter soort werk sy lange jare gedoen het. Sy was kosteres in die klooster, waarin sy die opperkleed gedra het. Bedags sowel as snags het sy ywerig en fluks haar pligte vervul; stip op die regte tyd het sy

[pagina 8]
[p. 8]

die klok gelui, vir die lampe en die kerklike versiersels gesorg en smorens al die kloosterlinge wakker gelui vir die eerste lofdiens.

Hierdie jonkvrou se hart was vol liefde - die liefde wat soveel wonderwerke laat geskied deur die hele land. Soms veroorsaak dit skande en verdriet; soms blydskap en alles wat goed is. Die liefde maak die wyse so dwaas, dat hy, of hy nou wil of nie, dit moet berou; en meer as een word so deur die liefde beheers, dat hy nie weet of hy moet praat of swyg om die soetheid daarvan te smaak nie. Baie, wat geval het, mag nie opstaan, voordat dit die liefde goeddunk nie. Onder die invloed van die liefde word die gierigaard mild en gee hy weg, wat hy anders net vir homself sou gehou het.

Jy kry egter ook mense wat so trou is, dat die liefde hulle weelde, vreugde en smart met mekaar laat deel - dis die soort gevoel wat ek troue liefde noem! Ek sou nie kan s^e hoeveel geluk en verdriet uit die liefdesfontein vloei nie. Daarom mag jy ook nie die non veroordeel, omdat sy die liefde wat haar gevange gehou het nie kon ontgaan nie. Die duiwel begeer mos altoos om die mense te verlei en hy hou nie op nie, dag en nag, vroeg of laat om sy doel te bereik. Soos hy dit maar alte goed regkry, het hy die arme non deur listige skelmstreke so laat hunker na vleeslike lus, dat sy amper van verlange gesterf het. Sy het die Here aangeroep en Hom gesmeek om haar te vertroos deur Sy genade. Sy bid: ‘Ek is so in die mag van die liefde, my hart is so gewond, dat Hy, die kenner van die hart,

[pagina 9]
[p. 9]

vir Wie daar niks verborge kan bly nie, weet, dat ek deur my sielekrankheid van die regte pad sal dwaal. Ek moet 'n ander lewe lei: ek moet my kloostergewaad aflê.’


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken