Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel (1939)

Informatie terzijde

Titelpagina van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel
Afbeelding van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweelToon afbeelding van titelpagina van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.24 MB)

XML (0.04 MB)

tekstbestand






Vertaler

P.C. Schoonees



Genre

proza

Subgenre

marialegende
vertaling: Nederlands / Afrikaans


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel

(1939)–Anoniem Beatrijs–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende

II.

Luister nou hoe dit later met haar gegaan het. Sy stuur die jongman vir wie sy so'n groot liefde koester, 'n vriendelike brief, met die versoek om dadelik na haar te kom; die saak was van groot belang. Die jongeling lees sy vriendin se brief en groot was die blydskap in sy hart. Dadelik het hy hom klaargemaak vir die reis. Reeds van hul twaalfde jaar af het die twee jongmense mekaar liefgehad, en daarom al baie smarte verduur.

Hy ry, so gou as dit vir hom moontlik was, na die klooster om haar te soek. Hy gaan voor 'n venstertjie sit om die oomblik af te wag waarop hy met sy lief kon praat. Lank het sy nie gedraal om na die venstertjie te kom nie, waarvoor daar ystertralies was. Hy buite, sy binnekant! Hoe het die twee geliefdes nie gesug nie, want magtig het die liefde in hul harte gebrand. Lank het hul so gesit; ek sou jou nie kan sê hoe dikwels sy gebloos het nie.

‘Ai my,’ sê sy, ‘dierbare vriend, my uitverkore lief, hoe seer voel my hart tog! Praat tog 'n paar woord-

[pagina 10]
[p. 10]

jies met my om my op te beur; ek wil tog so graag deur jou getroos word! Die pyl van die liefde steek in my hart en laat my groot smart ly; nooit sal ek my weer kan verheug nie as jy nie die pyl kom uittrek nie.’

 

Ontroerd antwoord hy: ‘Jy weet allerliefste, dat ons al ons hele lewe lank mekaar liefhet. Nog nooit eers het ons 'n rustige kansie gehad om mekaar te soen nie. Mag God die Here, vrou Venus, die godin, verdoem omdat sy ons die liefde gegee het en ons nou soos twee mooi blomme laat verwelk en verdor. As ek jou maar kon beweeg om die kloosterkleed af te lê en 'n tyd bepaal om jou hier weg te voer, dan sou ek wegry en alles klaarmaak; kosbare wolklere met bontwerk uitgevoer, mantel, rok en oorkleed. In die hoogste nood sal ek jou nie begeef nie; met jou wil ek tegemoet gaan lief en leed, soet en suur; neem my trou tot pand!’

 

‘Uitverkore vriend,’ antwoord die jonkvrou, ‘hierdie pand wil ek graag van jou ontvang en so ver met jou gaan, dat niemand in hierdie klooster sal weet, waar ons beland het nie. Kom vanaand oor agt nagte terug en wag my op buite in die tuin onder die eglantier (wilderoosboom). Wag daar, totdat ek uitkom om jou bruid te wees, om te gaan net waar jy wil; tensy siekte my verhinder of ander sake wat vir my te swaar is, sal ek sekerlik daar wees. Ek begeer vurig om jou daar te ontmoet, edele jonkman.’

 

Hul beloof mekaar dit plegtig. Hy neem afskeid. loop weg na sy opgesaalde perd en ry op 'n stappie

[pagina 11]
[p. 11]

oor die veld, stadwaarts, terwyl hy langs die pad gedurig aan sy lief dink. Die volgende dag gaan hy die stad in; hy koop kosbare blou en skarlaken stowwe, waarvan hy 'n mantelkap laat maak. Ook koop hy 'n rok en oorkleed wat hy met keurige voering laat bewerk; niemand het ooit 'n vrou mooier bontwerk sien dra nie: almal wat dit sien moes dit prys. Ook koop hy messe, gordels en geldsakke, duur en mooi; kappies, goue ringe en allerhande sierade. Orals vra hy uit om presies te weet wat tot die uitset van 'n bruid behoort. Vyfhonderd pond neem hy saam en op sekere aand ry hy stilletjies die stad uit. Al sy kosbaarhede het hy versigtig op sy perd gelaai. So ry hy weg na die klooster se tuin, en onder die eglantier gaan hy op op die gras sit en wag tot sy lief sou uitkom.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken