Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel (1939)

Informatie terzijde

Titelpagina van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel
Afbeelding van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweelToon afbeelding van titelpagina van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.24 MB)

XML (0.04 MB)

tekstbestand






Vertaler

P.C. Schoonees



Genre

proza

Subgenre

marialegende
vertaling: Nederlands / Afrikaans


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel

(1939)–Anoniem Beatrijs–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende

III.

Nou vertel ek verder hoe dit met die mooi nooientjie gegaan het. Voor middernag lui sy die mette; die liefde het haar swaar pyn laat ly. Toe die mette klaar gesing was, deur almal, oud en jonk wat in die klooster was, en hul weer die laaste een teruggegaan het na die slaapsaal, bly sy alleen in die koor by die altaar agter om soos gewoonlik haar gebed op te sê. Sy kniel voor die altaar en ontroerd bid sy: ‘Maria, soete liewe Moeder, my liggaam sal dit nou nie lank meer in die

[pagina 12]
[p. 12]

kloosterkleed kan uithou nie; U ken wel altoos die mensehart tot in sy diepste wese: ek het gevas en gebid en myself gekasty. Al die kwelling was verniet: die liefde se mag oor my is so groot, dat ek die wêreld moet dien. So waarlik as U, liewe Here, gehang is tussen twee diewe en aan die kruis gepynig is en U Lasarus opgewek het toe hy dood in sy graf gelê het, so moet U my nood ken en my my misdaad vergewe: in sware sonde moet ek tot 'n val kom.’

 

Na hierdie gebed gaan sy uit die koor tot 'n Mariabeeld, waarvoor sy kniel en weer bid: ‘Maria,’ bid sy sonder skroom, ‘nag en dag het ek U met gebroke hart my verdriet gekla en niks het dit my gebaat nie. Ek sal krank van sinne word as ek nog langer hierdie kloosterkleed moet dra.’ Haar wit bokleed en kappie haal sy daar af en lê dit op die altaar van ons Vroue, en ook haar skoene trek sy uit.

 

Hoor nou, wat sy gaan doen! Die sleutels van die sakristie (kleedkamer) hang sy by die beeld van Maria op en ek sal jou ook vertel waarom sy dit juis dáár ophang: sodat as hul vroeg in die oggend, met priemtyd (tyd vir sekere gebede) daarna soek, hul dit maklik kon kry. Dis wel goed om altyd, as jy voor die beeld van Maria verbyloop, jou oë daarheen op te hef en ‘ave’ te sê voor jy weggaan. Aan die ‘Ave Maria’ is die non gedagtig toe sy die sleutels daar ophang.

 

So gaan sy daarvandaan omdat sy nie anders kan nie, met net 'n growwe onderkleed aan totdat sy kom

[pagina 13]
[p. 13]

by 'n deur, wat sy saggies oopsluit. Heimelik, stilletjies sonder 'n geluid gaan sy na buite. Bang-bang loop sy na die boord waar die jong man haar gewaar word en sê: ‘Liefie, moenie bang word nie, dis jou vriend wat jy hier sien.’ Toe hulle bymekaar kom begin sy haar te skaam, omdat sy net in haar onderklere staan, met blote hoof en kaalvoet. Die jonkman sê: ‘Mooi nooientjie, pragtige gewade sou jou beter pas; moenie vererg op my wees omdat ek dit sê nie, want ek sal jou dit sommer dadelik gee.’ Hulle gaan toe onder die eglantier staan en van alles wat sy nodig het gee hy haar genoeg. Hy bied haar die klere aan en sy trek 'n sierlike blou rok aan, wat haar mooi gestalte net pas.

 

Vriendelik kyk hy haar aan en sê: ‘Liefste, hierdie hemelsblou lyk darem baie mooier as daardie grys rok.’ Sy trek ook kouse aan en skoene van die fynste leer wat haar mooi voetjies baie beter laat lyk as die klooster se sandale. Om haar hoof bind sy 'n wit sy doek. Toe soen die jongman haar saggies op die mond, en terwyl sy daar so voor hom staan, lyk dit of die helder daglig meteens verskyn.

 

Haastig gaan hy na sy perd en sit haar voor hom op die saal. Hulle trek toe saam weg en ry totdat die son opkom, sonder dat hul vlug opgemerk word.

 

Toe dit begin lig word in die ooste sê sy: ‘God, U wat die wêreld se troos is, bewaar ons tog nou; ek sien die dag aanbreek. As ek nie met jou, my lief, weggegaan het nie, sou ek nou priemtyd lui, soos ek jare-

[pagina 14]
[p. 14]

lank dit in die klooster gedoen het. Ek is bang, dat ek spyt sal kry oor hierdie weggaan. Die ou wêreld is tog so vol ontrou; al het ek nou 'n wêreldling geword, ek weet dat die wêreldse mense net soos 'n slim smous is wat onegte ringe vir die suiwerste goud verkoop.’

 

‘A nee, wat sê jy tog, liefste! As ek ooit jou verlaat, mag God my dan straf! Waarheen ons ook mag gaan, nimmer sal ek jou verlaat nie - net die dood sal ons kan skei. Hoe kan jy aan my twyfel? Jy het tog niks in my gesien wat jou kan laat dink dat ek jou kwaai of vals sou behandel nie? Vandat ek jou liefhet, sou ek selfs geen keiserin in my gedagte kon gekry het nie. En al sou ek so 'n hoë vrou kon win, my lief, ek sou jou tog nie vir haar verlaat nie, daarvan kan jy seker wees. Ek het vyfhonderd pond skoon silwer van die fynste gehalte by my; daarmee kan jy maak wat jy wil. Al trek ons ook na vreemde lande, dit sal nie nodig wees om iets te verpand nie, want ons het genoeg geld vir sewe jaar.’

 

Op 'n matige draffie ry hul die môre 'n bos in, waar die voëltjies so vrolik kwetter en sing dat 'n mens dit orals kon hoor. Elke voëltjie jubel sy eie deuntjie, en op die groen gras gaan die blommetjies lieflik en welriekend ope. Die lug is helder en fris. Baie hoë bome staan daar, met digte, sware lommer. Die jonkman kyk na die skamerige nooi wat hy so trou liefhet en sê: ‘Liefling, sal ons nie op hierdie mooi plekkie afklim om blomme te pluk en die liefdespel te speel nie? Dit sal regtig heerlik wees.’

[pagina 15]
[p. 15]

‘Wat sê jy, onbeskaamde kêrel? Sal ek op die veld afklim soos 'n gemene vroumens wat geld win met haar liggaam? Dan sou ek tog regtig min skaamte gehad het! Jy sou soiets nie gesê het, as jy nie sommer 'n gemene kêrel was nie! Ek kan gerus spyt kry oor my weggaan; jy het Gods straf verdien, deur hierdie plan van jou. Bly nou verder stil en luister hoe die voëltjies sing en jubel, dan sal die tyd jou nie verveel nie. As ons eers alleen bymekaar is in die heiligdom van ons eie slaapvertrek dan kan jy jou hartewens kry. Maar daar is nou droefheid in my hart oor jou voorneme.’

‘Moet tog nie kwaad wees nie, liefling. Dis Venus wat my so aangehits het. God kan my gerus swaar straf, as ek weer met jou hieroor praat.’

‘Goed, dan vergeef ek jou, want van al die mense onder Gods hemel is jy my enigste troos. Al sou die skone Absalom nog leef en ek seker was dat ek duisend jaar met hom kon saamwoon in sorgelose weelde, dit sou my tog nie die ware vrede gee nie. Jou het ek so lief, dat niemand my die eis moet stel om jou te vergeet nie. As ek in die hemel vertoef en jy hier op aarde was, ek sou dadelik na jou kom. Ag Here, straf my tog nie oor hierdie dwase woorde nie; die kleinste vreugde in die hemel kan mos nie vergelyk word met die grootste blydskap hier op aarde nie! Dáár is die kleinste dingetjie só volmaak, dat niks anders die siel voldoening skenk nie, as om God sonder end lief te hê. Al die aardse dinge is ellendig; dit het nie die geringste waarde vergeleke by die allerminste daarbo nie. Dié mense

[pagina 16]
[p. 16]

is wys, wat na die hemelse blydskap strewe; ek weet dit maar alte goed, al is ek self op die dwaalweg van die sonde deur my liefde vir jou.’

Op hierdie manier gesels hul met mekaar. Hulle ry oor berge en dale, en ek kan nie alles vertel wat daar met die twee gebeur het nie. Hulle reis verder, tot by 'n stad, mooi geleë onder in 'n dal. Daar het dit hulle so goed beval, dat hul sewe jaar in die grootste weelde en singenot geleef het. Twee kinders is hul in die stad gebore.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken