Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel (1939)

Informatie terzijde

Titelpagina van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel
Afbeelding van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweelToon afbeelding van titelpagina van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.24 MB)

XML (0.04 MB)

tekstbestand






Vertaler

P.C. Schoonees



Genre

proza

Subgenre

marialegende
vertaling: Nederlands / Afrikaans


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel

(1939)–Anoniem Beatrijs–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende

IV.

Toe egter na hierdie sewe jaar al hul geld opgeteer was, was hul verplig om hul besittings te verpand. Klere, sierade en perde moes hul teen halfprys verkoop en gou-gou was alles opgebruik.

Toe het hulle nie meer geweet wat om aan te vang nie; sy kon nie spin om haar brood te verdien nie. Alles word baie duur in die land: voedsel, wyn, bier en alle kossoorte. Hulle sou baie liewer van honger omgekom het as om te bedel. Die armoede laat verwydering tussen hulle kom, al kry die man spyt daaroor. Tog was dit hy wat eerste ontrou gepleeg het want, ten spyte van sy plegtige beloftes, trek hy terug na sy eie land en laat haar in die grootste ellende agter. Nooit het sy hom later weer gesien nie; sy het agtergebly met haar twee kinders wat albei besonder mooi was.

[pagina 17]
[p. 17]

Sy sê by haarself: ‘Wat ek altoos gevrees het, het my nou oorgekom; hier sit ek met my groot verdriet. Hy, aan wie ek my met opregte trou gegee het, het my verlaat. Maria, Liewe Vrou, as dit U behaag, bid vir my en my twee kinders, sodat ons nie van honger sterwe nie. Wat moet ek, arme ellendige vrou, doen? Ek moet beide siel en liggaam met sondige dade bevlek, Maria, staan my by! Al kon ek ook spin, ek sou in twee weke nie eers een brood daarmee verdien nie. In my uiterste nood sal ek verplig wees om buitekant die stad op die veld te gaan geld win met my liggaam om kos te koop. Ek mag in geen geval my kinders in die steek laat nie.’

Onder sulke omstandighede het sy 'n sondige lewe begin te lei, want dis maar alte waar dat sy sewe jare as publieke vrou geleef het. Sy het baie sondes gepleeg wat haar met die uiterste walging vervul het, want dit het haar glad geen singenot verskaf nie; sy het dit net gedoen om 'n verdienstetjie te kry waarmee sy haar kinders aan die lewe kon hou. Waarom sou ek al die skandelike sondes vertel, waaraan sy haar al die tyd skuldig gemaak het?

Maar nooit in haar grootste verdriet het sy nagelaat om elke dag trou die sewe gebede ter ere van die Heilige Maag te lees nie. Sy het dit gelees tot lof en eer van Maria, sodat sy kon verlos word uit die sondige lewe, waarin sy nou al so lang verkeer.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken