Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel (1939)

Informatie terzijde

Titelpagina van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel
Afbeelding van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweelToon afbeelding van titelpagina van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.24 MB)

XML (0.04 MB)

tekstbestand






Vertaler

P.C. Schoonees



Genre

proza

Subgenre

marialegende
vertaling: Nederlands / Afrikaans


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel

(1939)–Anoniem Beatrijs–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende

VI.

So het sy elke dag gebid en gekla. Sy neem 'n kind in elke hand en trek met hulle deur die land. Van die een plek na die ander gaan sy in armoede en sy leef van aalmoese. Sy dool rond totdat sy weer die klooster kry, waar sy non gewees het. Laat in die aand kom sy by 'n weduwee se huis, waar sy om Gods wil her-

[pagina 20]
[p. 20]

berg vra vir die nag. ‘Ek sou jou dit kwalik kan weier,’ sê die weduwee, ‘met jou klein kindertjies. Dit lyk vir my of hulle moeg is. Sit en rus 'n bietjie; ek sal met jou deel, wat onse Here ter ere van Sy liewe Moeder my verleen.’

Daar bly sy dus met haar kindertjies, en sy wou graag uitvind hoe sake in die klooster staan. ‘Sê tog vir my, goeie vrou, is hierdie klooster 'n nonneklooster?’

‘Ja, dis reg,’ antwoord die weduwee. ‘Ek kan jou verseker dat dit pragtig en baie ryk is. Nêrens kry jy een daaraan gelyk nie. Van geen enkele van die nonne wat daarin habyt dra, het ek ooit die minste skinderpraatjies gehoor, wat 'n klad op hulle goeie naam kon werp nie.’

Sy wat daar by haar kinders sit, sê: ‘Hoe kan u dan so praat? Ek het in die laaste tyd so baie praatjies gehoor oor 'n non, wat soos ek verstaan, daar kosteres was. Wie my dit vertel het, het seker nie gelieg nie. Veertien jaar gelede het sy heimlik die klooster verlaat en niemand het ooit geweet waar sy heengegaan, of in watter land sy gesterf het nie.’

Toe word die weduwee kwaad: ‘Dit lyk of jy kletspraatjies verkoop! Hou op om op hierdie manier oor die kosteres te praat, of jy bly nie langer in my huis nie. Sy is hier vir meer as veertien jaar kosteres gewees en in al dié tyd het sy nie eenmaal die mette versuim nie, of sy moet siek gewees het. Wie iets anders as goed oor haar praat, moet slegter wees as 'n

[pagina 21]
[p. 21]

hond. Sy is so rein van gemoed as 'n mens maar van 'n non kan verwag. As jy al die kloosters tussen die Elbe en Gironde deursoek, dan glo ek nie dat jy een non sal kry wat vromer van geaardheid is nie.’

Baie wonderlik het hierdie woorde geklink in die ore van haar wat so lank in sonde geleef het. ‘Vroue,’ sê sy, ‘vertel my tog hoe haar vader en moeder heet?’ Die weduwee noem albei name en toe weet die afgedwaalde dat daar van haar gepraat word.

Hoe het sy nie stilletjies op haar bed lê en huil nie! ‘Ek besit niks anders as 'n diepe berou in my hart nie’ so bid sy. ‘Kom my tog te hulpe, Maria. Ek jammer so oor my sonde, dat as ek 'n brandende oond sien, by die bek waarvan die vlamme gloeiheet uitslaan, ek dadelik daarin sou kruip om maar van my sonde ontslae te raak. Here, U het die wanhoop vervloek - daarop wil ek my verlaat. Ek bly nog steeds op genade hoop en al beef ek partymaal van angs, ek weet dat sedert U op die aarde gekom het, en mens geword het om aan die kruis te sterwe, nog nimmer een sondaar, al het hy ook hoe swaar gesondig, na die verderf gegaan het nie. Wie met opregte berou genade gesoek het, het dit gekry, al het hy ook laat gekom, soos duidelik blyk uit die geval van die twee sondaars, wat aan U regterhand gehang het. Dit is vir ons 'n groot troos dat U hom straffeloos aangeneem het. Opregte berou kan alles oorwin - dit is wat hierdie geval ons leer. U het gesê: ‘Voorwaar, Ek sê vir jou, vandag sal jy met My in die paradys wees.’ Dit was ook duidelik, Here, dat Gisemas, die moordenaar,

[pagina 22]
[p. 22]

uiteindelik om genade gesmeek het, sonder dat hy U skatte of goud aangebied het; hy het niks anders besit as berou oor sy sonde nie. Ondeurgrondelik is U barmhartigheid; 'n mens kon net so wel probeer om die see op een dag leeg te skep en droog te maak tot op sy bodem. Dus was 'n sonde nog nooit so groot nie, Vroue, of U genade was groter. Waarom sou U barmhartigheid my dan verstoot, terwyl ek soveel berou het oor my sonde?’

Terwyl sy so bid, bekruip die vaak haar, en spoedig raak sy rustig aan slaap. Maar in 'n visioen het sy gemeen dat 'n stem haar roep en aan haar sê: ‘Mensekind, jy het so lank gekerm, dat Maria haar oor jou ontferm het. Sy het vergiffenis vir jou afgesmeek. Gaan haastig na die klooster; jy sal die deure oop vind, waarlangs jy indertyd die klooster ontvlug het met jou lief, die jongeling, wat jou in jou nood verlaat het. Al jou klere sal jy weer op die altaar kry; sluier, kapmantel en skoene kan jy maar gerus weer aantrek. Dank Maria uit die grond van jou hart hiervoor; die sleutels van die sakristie, wat jy voor Haar gehang het in die nag toe jy gevlug het, het Sy so goed laat bewaar, dat niemand in die veertien jaar van jou afwesigheid jou ooit gemis het nie. Maria is jou so welgesind, dat Sy al die tyd vir jou die diens waargeneem het - volkome in jou gedaante! Dit het die Hemelse Vroue, vir jou, o sondares, gedoen. Sy beveel jou nou om na die klooster te gaan; jy sal niemand op jou bed vind nie; dit is namens God dat jy so toegespreek word.’


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken