Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel (1939)

Informatie terzijde

Titelpagina van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel
Afbeelding van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweelToon afbeelding van titelpagina van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.24 MB)

XML (0.04 MB)

tekstbestand






Vertaler

P.C. Schoonees



Genre

proza

Subgenre

marialegende
vertaling: Nederlands / Afrikaans


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel

(1939)–Anoniem Beatrijs–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 23]
[p. 23]

VII.

Kort daarna ontwaak sy uit haar slaap en sê: ‘Almagtige God, laat tog nie toe dat die duiwel my in groter verdriet bring as wat ek al ondervind het nie. As ek nou na die klooster gaan en as dievegge gevang word, dan sou my skande nog groter wees, as toe ek eers weggevlug het. Ek smeek U, Goeie God, terwille van die kostelike bloed wat uit U sy gevloei het, om as die stem wat my geroep het werklik in my voordeel is, dit nog 'n slag te laat kom, en ook vir die derde keer sodat ek sonder die geringste twyfel na die klooster mag gaan. Ek sal immer Maria daarvoor seën en loof.’

Die volgende nag het die stem weer tot haar gekom. ‘Mensekind, jy talm te lank! Gaan terug na jou klooster - God sal jou help; doen wat Maria jou gebied; ek is haar bode, moet tog nie daaraan twyfel nie.

Nou het sy vir die tweede maal die stem gehoor wat haar gebied om na die klooster te gaan. Maar sy durf dit tog nog nie doen nie. Sy wag nog die derde nag en sê: ‘As dit bedrog is van bose geeste wat ek hoor, dan wil ek so gou as moontlik die duiwel se mag te niet doen. As hy hier in die nag kom, Here, verwil-

[pagina 24]
[p. 24]

der hom dan so, dat hy uit die huis vlug en my geen kwaad kan doen nie. Maria, staan my nou by; ek smeek U, Vroue, om my die stem 'n derde maal te laat hoor.’

Die derde nag het sy wakker gebly. Vergesel van 'n helder lig het daar 'n stem van God gekom: ‘Dis nie goed dat jy My bevel nie uitvoer nie en nalaat om te doen wat Ek jou deur Maria beveel. Dit kan gebeur dat jy miskien te lank wag. Gaan sonder aarseling na die klooster; die deure sal jy wyd ope kry, sodat jy kan gaan net waar jy wil. Jou habyt sal jy op die altaar terugvind.’ Toe die stem dit gesê het, kon die sondares die helder skynsel met haar eie oë sien. ‘Nou hoef ek nie langer te twyfel nie, dat hierdie stem van God kom en die bode is van die Maag Maria. Nou weet ek dit regtig, want so glansend is die lig, dat ek nie langer mag talm nie. Ek sal na die klooster gaan met 'n vaste vertroue op onse Liewe Vroue, en my twee kindertjies sal ek opdra aan die genade van God onse Vader; Hy sal hulle trou bewaar.’

Sy trek toe haar klere uit en gooi haar kinders daarmee toe, saggies om hul nie wakker te maak nie. Sy soen hulle op die mond en sê: ‘Kindertjies, bly gesond; in die vaste vertroue op Maria se hulp laat ek julle hier agter. As dit nie 'n dringende bevel van Maria gewees het nie, sou ek julle nooit, selfs nie vir al die skatte van Rome, verlaat het nie.

Luister na wat verder sal gebeur.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken