Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel (1939)

Informatie terzijde

Titelpagina van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel
Afbeelding van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweelToon afbeelding van titelpagina van Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.24 MB)

XML (0.04 MB)

tekstbestand






Vertaler

P.C. Schoonees



Genre

proza

Subgenre

marialegende
vertaling: Nederlands / Afrikaans


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Beatrijs. 'n Middeleeuse juweel

(1939)–Anoniem Beatrijs–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 25]
[p. 25]

VIII.

Diep bedroef gaan sy na die klooster - moedersiel allenig.

Toe sy in die tuin kom vind sy dadelik die deur oop. Sonder om te aarsel gaan sy in. ‘Ek dank U, Maria, dat ek weer binne hierdie mure is. Mag God my tog verder lei.’ Net waar sy kom, staan die deure wawyd oop voor haar. Sy gaan toe die kerk in en bid saggies: ‘Here God, ek bid U ernstig, gee my tog weer die klere wat ek veertien jaar gelede op die altaar van Onse Liewe Vroue neergelê het, in die nag toe ek hier weggevlug het.’

Wat ek nou sê is die reine waarheid; sy kry haar skoene, wit mantel met kappie en haar sluier presies op die plek waar sy dit neergesit het. Haastig trek sy dit aan met die woorde: ‘Geloof sy God in die hemel en Maria, geseënde Jonkvrou, die blom van alle deug. In U reine maagdelikheid het u sonder wee 'n kind gedra, wat ewiglik Here sal wees. U is 'n uitverkore skat, U kind het hemel en aarde geskape. U mag kom van God, en altoos is dit tot u beskikking. Oor die Here, wat ons broeder is, mag U beskik en Hy mag U noem: Liewe Dogter. Dit gee my rus en vrede. Wie by U genade soek, sal dit kry, al kom hy ook laat. U

[pagina 26]
[p. 26]

hulp is baie groot; al was ek diep ongelukkig, U het dit so verander dat ek nou bly kan wees. Waarlik ek kan u naam seën!’ En waarlikwaar, die sleutels van die sakristie sien sy voor Maria hang, net waar sy dit self opgehang het. Nadat sy dit aan haar klere gehang het, gaan sy in die koor, waar sy in al die hoeke die lampe helder aan die brand vind. Sy sit die boeke almal op hul plekke, soos sy dikwels tevore gedoen het en bid die Maag Maria dat sy haar van alle kwaad moet bevry - en ook haar kinders wat sy in die huis van die weduwee so onversorg moes agterlaat.

Intussen het dit middernag geword en toe die uurwerk slaan, vat sy die kloktou en lui die mette so goed dat almal bo in die slaapsaal dit hoor en ondertoe kom. Hulle het niks geweet wat daar gebeur het nie - sy was mos àl die tyd in die klooster gewees sonder enige opspraak of verwyt. Maria het vir haar gedien asof dit syself was!

So het dus die sondares tot inkeer gekom, tot lof van Maria, die hemelse Maag, wat altoos getrou, diegene wat haar liefhet, bystaan, selfs as hulle in die ergste nood verkeer.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken