Dietsche Warande en Belfort. Jaargang 144
(1999)– [tijdschrift] Dietsche Warande en Belfort–
[pagina 329]
| |
Daniel Hugo
| |
[pagina 330]
| |
III
Ga naar margenoot+ ek neem hom na die vliegveld - voor ons tot siens
sê, gesels hy oor geloof en godsdiens
deur die groot glasvensters kan ons diep inkyk
in die vlakte se dubbelsinnigheid
‘beoefen jy die herenliefde,’ vra hy
'n oomblik ontwyk die bedoeling my
dan begryp ek - as ongelowige gee
ek my ganser antwoord: ‘van harte nee’
(By die besoek van Gerard Reve aan Suid-Afrika, 1984 - aan huis van Etienne Leroux.) | |
[pagina 331]
| |
Wou‘ek dwaal nog in my droomGa naar margenoot+
en wens ek kon daar altyd bly’
mompel jy loom-oggend vir my
gevang in jou lala-fuik
ek sou jou graag wou gaan haal
en hierheen bring, liewe vrou
maar ek weet jy sal heeldag lank
treurloop oor 'n spoorlose strand
tussen die see en duinewoud
van jou soet lagune-land
op een sugstroom wieg daar 'n valk
wat dit oorweeg om af te duik
na die weeïge vrou:
hierdie woorde is daardie wou
lala-fuik: slaap-fuik. Zoeloes vlechten fuiken van de lala-palm. | |
[pagina 332]
| |
Klag van die alleenmandie muggies draai soos moeë aasvoëls
bokant die ravyndiepe wasbak:
skottelkarkasse begin verrot
om my koorsige monnike-bed
- van verlange naar jou is ek siek -
inkanteer die muskiete Mongools
na sneeuspitse van die suikerpot
sluip die miere oor my kaal kosrak
soos die gespierde tiers van Tibet
vergeefs is pogings tot metaforiek
vir die oerwoudklanke van die kriek
en verkrikkings van die kakkerlak
die huisplae word 'n wilde lot
wanneer, diebaarste, jy my afjak
inkanteer: bezwerend reciteren tiers: tijgers kriek: krekel afjak: afsnauwen, beledigen | |
[pagina 333]
| |
ek was pas met die skool versoenGa naar margenoot+
toe die woord padblokkade
dwars in 'n gesprek opdoem
en my klein paradys uiteenruk
dit het gerym met ‘doringdrade’
en mamma se ‘Vader van genade!’
toe hulle sien ek lyk verskrik
bly die grootmense skuldig stil
vandaag weet ek daar is gepraat
oor die slagting van Sharpeville
sedertdien is my woordarsenaal
aangevul deur oorlog en onlus
die plofgranate van ons taal
word gepluk van die boom van kennis
| |
[pagina 334]
| |
Onze-Lieve-Vrouwekerk, Bruggedie engeltjies wat aan die kansel
se baldakyn klou
is doodbang dat hulle gaan wegdryf
in die oneindige blou
dit is lekkerder hier in die kerk
as om blosend kaal
in die barre hemelse velde
met die blekes rond te dwaal
en dit is Pater Piet se plesier
om hul billetjies
te kielie met sy langsteel stoffer -
maar hulle geil gilletjies
steur die marmerkil Moeder Maagd
vir haar is die speletjie te gewaagd
sy laat 'n tranesnoer biggel
oor elk engeltjie wat giggel
kaal: naakt | |
[pagina 335]
| |
Monikkekrabbelluister, hoor hoe die oggend gloor
oor die grys ou gragtestad
die water weerkaats gekwetter
en donsig fladder lig op straat
die digter skud sy vere reg
sak verleë teen die kussing terug
oor die gragte van sy geheue
daag daar in gevleuelde diets:
hebban olla vogala nestas
hagunnan - my lief, my lief
| |
[pagina 336]
| |
Asonologiemet woorde skep ons glo 'n leefbare sfeer
een waarin ons vry kan asemhaal en dink
(sonder so 'n koepel sou ons beslis krepeer)
dis die dampkring waarin mense mekaar kan vind
en vanself die grammatika van liefhê leer
(water- en suurstof móét molekulêr verbind)
kabbelend sal daar dan soet frases uit ons klink
soos ‘allerliefste’, ‘roos van my hart’ en ‘immermeer’
totdat ons mond aan mond slegs stikstof sirkuleer
|
|