Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Ritme en skandering. 'n Ondersoek na ritmiese sisteme in uitgesoekte Afrikaanse gedigte (1972)

Informatie terzijde

Titelpagina van Ritme en skandering. 'n Ondersoek na ritmiese sisteme in uitgesoekte Afrikaanse gedigte
Afbeelding van Ritme en skandering. 'n Ondersoek na ritmiese sisteme in uitgesoekte Afrikaanse gedigteToon afbeelding van titelpagina van Ritme en skandering. 'n Ondersoek na ritmiese sisteme in uitgesoekte Afrikaanse gedigte

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (5.43 MB)

Scans (15.42 MB)

ebook (7.83 MB)

XML (0.42 MB)

tekstbestand






Genre

sec - letterkunde

Subgenre

proefschrift
studie


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Ritme en skandering. 'n Ondersoek na ritmiese sisteme in uitgesoekte Afrikaanse gedigte

(1972)–Abel J. Coetzee–rechtenstatus Auteursrechtelijk beschermd

Vorige Volgende
[pagina III]
[p. III]

VIR ESTELLE

[pagina VII]
[p. VII]

Inleiding

Om 'n studie van die ritme en metrum in die poësie te onderneem, is om jou te begeef in 'n doolhof van opvattings en teorieë waar jy slegs met die versigtigste keuring 'n moontlike uitweg sal vind. Dis dan seker ook om daardie rede dat ondersoeke na die werking van die ritme in 'n gedig grootliks afgeskeep is en dat daar selde in die Afrikaanse poësiekritiek verwysings na of verklarings van die ritmiese lae van gedigte is, alhoewel dit in sommige gevalle net so belangrik is om die ritme as die woordgebruik van 'n gedig te bestudeer. Maar waar die letterkundige die probleem van die ritme meestal verwaarloos het, het daar gelukkig van die kant van linguiste belangstelling daarvoor ontstaan, 'n belangstelling wat selfs gelei het tot proefnemings met klankapparate wat die frekwensie, duur en amplitude van sillabes in 'n voordrag gemeet het om daardeur die ritmiese patrone in 'n gedig te probeer vasstel.

Hierdie studie wil 'n poging wees om nog eens die kwessie van die ritme en die ontleding daarvan in die poesie na te gaan; met die bevindings van metriste en linguiste as afspringplek - en met verskuldigde eerbied vir die blywende waarhede in die werk van daardie navorsers. Maar dit wil nie soseer 'n kritiese beskouing van ander werke en uitsprake oor die saak wees nie as wat dit 'n bepaling wil wees van wat die ritme in 'n gedig is en veral hoe daardie ritme d.m.v. 'n skanderingsmetode gemeet kan word. Die belangrikste taak lê dan in die formulering van 'n stelsel - 'n skanderingstelsel - wat met die grootste moontlike objektiwiteit 'n visuele weergawe van die ritmiese patroon in 'n versreël of gedig kan gee. Aangesien die skandering tot dusver die enigste venster was waardeur die werking van die ritme in 'n gedig beskou kon word, het byna elke metris sy eie skanderingsmetode ontwerp en toegepas in sy studie van die ritme. Skanderingstegnieke het dus gewissel soos sienings van die letterkunde gewissel het: party kan aanvaar word, ander nie. As daar dus in hierdie studie 'n verdere moontlikheid vir die skandering voorgestel word, is daar geen pretensie dat dié metode die allerlaaste is nie (en die moontlikheid wat hier voorgestel word, lei geensins tot 'n nuwe stelsel van skandering nie; dit is slegs 'n strenger toepassing van die tradisionele metode waar moontlik). Dit bly slegs 'n poging tot die benadering

[pagina VIII]
[p. VIII]

van die probleem; en as 'n finale waarheid nie hieruit spreek nie - as die leser teen die einde voel dat basiese skanderingsprobleme nog nie opgelos is nie, dan is daar altyd die hoop dat dié studie kritici in Afrikaans meer bewus sal maak van die noodsaaklikheid van 'n versigtige bestudering van die ritmiese patroon in 'n gedig.

Aangesien 'n skanderingsmetode nie slegs 'n blote beskrywing van 'n ritmiese struktuur kan wees nie, word dit 'n verdere taak van dié studie om te bewys dat dit 'n belangrike hulpmiddel is by die analise van 'n gedig, en as dit 'n akkurate weergawe is van die werking van die ritme kan dit ook 'n middel tot evaluasie wees. 'n Mens wil nie impliseer dat die ritme alles in 'n gedig is nie, alhoewel 'n begrip van die funksie daarvan wel 'n sleutel tot verdere ontledings kan wees. 'n Skandering kan ook nie alles van die prosodie vertel nie, en sal dus nooit as waarderingsmiddel by die poësie gebruik kan word sonder om ook die vele ander aspekte wat 'n gedig esteties bevredigend maak, in ag te neem nie. Daar is, trouens, gedigte wat op die ritmiese vlak as bevredigend beskou kan word maar nie noodwendig op ander vlakke van die waardering nie.

In die bepaling van 'n skanderingsformule is hoofsaaklik gebruik gemaak van gedigte wat in die ritmiese struktuur 'n redelik sterk reëlmaat vertoon - die ‘metriese vers’ dus - aangesien die vryer vers ander herhalingstegnieke gebruik. 'n Vasstelling van 'n skanderingstelsel vir dié soort vers sal in 'n sekere sin ander benaderings verg, alhoewel die bevindings in die eerste twee hoofstukke van dié studie moontlik ook dáár van toepassing kan wees.

 

In my bedankings wil ek in die eerste plek my promotor prof. Ernst van Heerden noem vir sy bystand, vir die nuttige wenke wat hy deurgaans gegee het en die skerp kritiese wyse waarop hy elke hoofstuk deurgelees het. Ook my dank aan prof. N.P. van Wyk Louw vir sy belangstelling in dié studie, die deurlees daarvan, en vir die bespreking wat ons kon gehad het voordat dit finaal afgerond is. Ek is veel verskuldig aan albei vir die letterkundige vorming wat ek onder hulle gehad het - waarsonder hierdie studie seker nie moontlik sou gewees het nie.

Ander erkennings: mnr. John Miles vir die taalkundige kontrole van die eerste twee hoofstukke, en prof. P. du P. Grobler vir enkele voorlesings van gedigte.

Dan wil ek ook my dankbaarheid uitspreek teenoor my eksterne eksaminatore, dr. E. Lindenberg en prof. W.E.G. Louw, vir die evaluasie van dié studie en vir die wenke wat hulle gegee het.

[pagina IX]
[p. IX]

Ten slotte moet nog genoem word die name van prof. N.D. Clarence en dr. C.A. Schoute-Vanneck van die Dept. Fisika aan die Universiteit van Natal vir die hulp wat hulle verleen het met die klankopnames van gedigte.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken