Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Ritme en skandering. 'n Ondersoek na ritmiese sisteme in uitgesoekte Afrikaanse gedigte (1972)

Informatie terzijde

Titelpagina van Ritme en skandering. 'n Ondersoek na ritmiese sisteme in uitgesoekte Afrikaanse gedigte
Afbeelding van Ritme en skandering. 'n Ondersoek na ritmiese sisteme in uitgesoekte Afrikaanse gedigteToon afbeelding van titelpagina van Ritme en skandering. 'n Ondersoek na ritmiese sisteme in uitgesoekte Afrikaanse gedigte

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (5.43 MB)

Scans (15.42 MB)

ebook (7.83 MB)

XML (0.42 MB)

tekstbestand






Genre

sec - letterkunde

Subgenre

proefschrift
studie


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Ritme en skandering. 'n Ondersoek na ritmiese sisteme in uitgesoekte Afrikaanse gedigte

(1972)–Abel J. Coetzee–rechtenstatus Auteursrechtelijk beschermd

Vorige Volgende
[pagina 1]
[p. 1]

Hoofstuk 1
Ritme

1. Poging tot 'n sintese

‘Because poets have a strong tendency to form opinions about their craft and to use these opinions as part of the message of their poems, we are likely to find literary theory of a sort as far back as we can find poems’Ga naar voetnoot1.. Die kwessie van ritme het dan ook 'n belangrike deel van hierdie teorie geword. Reeds by Aristoteles is daaroor geteoretiseer: ‘If it (diction - lexis) is without rhythm, it is unlimited, whereas it ought to be limited (but not by metre); for that which is unlimited is unpleasant and unknowable. Now all things are limited by number, and the number belonging to the form of diction is rhythm, of which the metres are divisions. Wherefore prose must be rhythmical, but not metrical, otherwise it will be a poem’Ga naar voetnoot2.. Ritme en metrum kan dan die genre van 'n literere teks bepaal: poësie of prosa. Al sal geen letterkundige vandag hierdie uitspraak sonder meer aanvaar nie, is dit tog duidelik dat die begrippe ritme en metrum vroeg al as belangrik beskou is.

Om na te gaan presies wat die konsep ritme in die poësie beteken, sou 'n oorsig verg van al die opvattings van Aristoteles af tot vandag. 'n Reuse - miskien selfs onmoontlike - taak sal dit wees wat die poësie deur die eeue in ag sal moet neem, veral die veranderings in die taal, bv. die oorgang van die kwantiteitsvers by die Romeine tot die vers van die Middeleeue waarin ander middele vir die realisering van ritme gebruik is. So ver hoef 'n mens egter nie terug te gaan nie: daar is al genoeg geskryf waarna met vrug verwys kan word, bv. George Saintsbury se A history of English prosody from the Twelfth Century to the Present Day (d.i. 1920) dele I, II en IIIGa naar voetnoot3.; Fr. Kossmann se Nederlandsch versrythme, veral die eerste deel van G.G.N, de Vooys se ‘Opmerkingen

[pagina 2]
[p. 2]

over Nederlandse versbouw’Ga naar voetnoot4., en in Afrikaans Tj. Buning se Afrikaanse versbou, deel IGa naar voetnoot5.. Maar die feit dat daar gereeld nog artikels en boeke oor dié kwessie verskyn, is voldoende bewys dat letterkundiges nog nie daaroor uitgepraat is nie - en seker ook nooit sal wees nie. Juis omdat daar soveel geskryf is en soveel uiteenlopende opvattings is, en byna daagliks nuwe bykom, is dit nodig om die jonger teorieë te ondersoek en, indien moontlik, helderheid te kry oor 'n probleem wat in Afrikaans, met die uitsondering van Buning se werk, afgeskeep isGa naar voetnoot6., of slegs in handboeke oor die poësie kortliks bespreek isGa naar voetnoot7..

 

'n Weerspieëling van die verwarring wat daar heers t.o.v. die begrip ritme gee A.W. de Groot in sy studie oor die vorm van die Nederlandse vers: ‘Ik acht het gewenst in een zuiver wetenschappelijke verhandeling het woord “rhythme”, dat in meer dan vijftig verschillende betekenissen gebruikt wordt, sooveel mogelijk te vermijden’Ga naar voetnoot8.. Om weg te skram van die woord sou egter beteken dat 'n ander woord gebruik moet word, en dan is daar weer definisies nodig. Dit lyk wensliker om die begrip te probeer definieer, om die kenmerke van die verskynsel ritme na te gaan soos deur navorsers bevind en dan die basis daarvan vir die poësie te probeer bepaal.

Die woord in sy oorspronklike betekenis, rhythmos - stroom, is bekend. In hierdie letterlike sin kan dit egter nie hier opgeneem word nie: ‘Rhythm comes from a Greek word meaning “flow”, “Flow” means movement from one point to another. Water flows along river beds; blood flows in our veins; crowds flow along city streets. Traffic flows, or is supposed to flow, along arterial roads. If the flow is absolutely

[pagina 3]
[p. 3]

regular, it can hardly be called rhythmical’Ga naar voetnoot9.. Uit hierdie beskrywing kan daar alreeds een belangrike kenmerk van die ritme gehaal word, nl. dat dit beweging inhou.

In die opvattings oor ritme is daar gewoonlik 'n tweeledigheid. Die volgende sal dit aantoon: ‘There have been countless studies of rhythm, based on the notion of periodicity, or regular recurrence of events. It is true that the elementary rhythmic functions of life have regularly recurrent phases: heartbeat, breath, and the simpler metabolisms. But the obviousness of these repetitions has caused people to regard them as the essence of rhythm, which they are not. The ticking of a clock is repetitious and regular, but not in itself rhythmic; the listening ear hears rhythms in the succession of equal ticks, the human mind organizes them into a temporal form’Ga naar voetnoot10.. Hier word gepraat van ‘the essence of rhythm’, die wese van ritme as verskynsel; en van 'n sekere organisasie van die mens - ‘the human mind organizes them into a temporal form’ - die ‘organizing interpretation’ (a.w. p. 128) van die mens by die waarneming van iets wat moontlik ritmies ervaar kan word. Nou is dit natuurlik ook so dat waarnemer en objek nie van mekaar geskei kan word in 'n studie van ritme as fenomeen nieGa naar voetnoot11.. Dit is seker moontlik om geheel en al vanaf die subjektiewe standpunt die ritme te bestudeer, om na te gaan waarom 'n waarnemer ritme ervaar, wat die psigologiese basis daarvoor is. Om tot 'n omskrywing van dié begrip te kom sal egter gepoog moet word om 'n middeweg te volg, met meer aandag aan die verskynsel as aan 'n studie van die subjek wat dit ervaar.

In bogenoemde aanhaling word die opvatting weerlê dat die wese van die ritme in 'n ‘regular recurrence of events’ is. Of hierdie stelling heeltemal foutief is en of daarin tog sekere noodwendige aspekte van die ritme geleë is, sal moet bewys word. Ten eerste dan ‘regular’, die sogenaamde reëlmatigheid van ritme, die feit dat dit die ‘regelmatige opvolging van tegenstellingen’ isGa naar voetnoot12.. ‘Reëlmatigheid’ veronderstel dat daar elemente is wat terugkerend is ‘op 'n gesette tyd of na 'n bepaalde tussenpoos’Ga naar voetnoot13. - die noodwendigheid van 'n spesifieke tydsduur is implisiet. In hierdie sin is daar dan geredeneer dat ‘all verse is conditioned

[pagina 4]
[p. 4]

by time’Ga naar voetnoot14. en dat ritme bestaan uit ‘equel units, uniform as regards duration’ (a.w. p. 2) en ‘isochronous periods from the units of metre’ (a.w. p. 4). Verder is ritme ook ‘a series of isochronous intervals marked by accents’Ga naar voetnoot15..

Daar is selfs bepaal wat die afstand tussen hierdie terugkerende elemente moet wees vir “geslaagde ritmeGa naar voetnoot16., en A.W. de Groot het gevind dat die effek van ritme o.a. bewerk word ‘uit een bepaalde afstand van heffing tot heffing, die, zooals de psychologie leert, bij voorkeur ca. ¾ seconde is...’Ga naar voetnoot17.. Daarby bevind hy egter n.a.v. die eerste reël van Gijsbrecht van Amstel dat, waar die periodes nie dieselfde is nie, ‘Het rhythme... zonder isochronie bevredigend (is), zoals het dat ook in de anisochrone muziek... is’, (a.w. p. 244). Skynbaar verwerp De Groot later die opvatting van isochronisme wanneer hy sê: ‘Ten onrechte heeft men echter het meest wezenlijke ervan wel gezocht in die gelijkheid van afstanden’Ga naar voetnoot18. omdat ritme ook deur slegs één afstand geskep kan word, bv. ‘géven en némen; lókkende kláchten’ ens; maar dan bepaal hy tog nog dat die afstand van ongeveer ¾ sekonde ‘wél het meest wezenlijke van rhythme in psychologische en aesthetische zin is’ (a.w. p. 19). As die ideale afstand ongeveer ¾ sekonde is, is dit tog vanself sprekend dat daar isochronie moet wees. By De Groot het 'n mens dan twee opvattings: dat isochronie nodig is, maar dat ritme daarsonder ook kan bestaan.

Daar is egter 'n geringe verskuiwing in die opvattings oor reëlmaat in die ritme vanaf Omond se ‘equal units’ tot die ‘ongeveer ¾ seconde’ van De Groot. Hierdie verskuiwing is belangrik. Navorsers sal nou deurgaans bepaal dat die tydsduur tussen prominente elemente in die ritme ongeveer gelyk is. Slegs enkele opvattings hoef gegee te word: ‘groepe wat onderling korrespondeer... word... gemarkeer deur 'n relatief- isochrone takt’Ga naar voetnoot19., en ‘Ritme is dus 'n chronistiese funksie van die menslike gees, met periodisiteit as grondslag. Die tydsverdeling hoef nie juis wiskundig eksak te wees, of die een periode tot die ander in eenvou-

[pagina 5]
[p. 5]

dige rekenkundige verhouding te staan nie’ (a.w. pp. 8-9); ‘Rhythm is perceived in a sequence of events when they recur so regularly that the time intervals they occupy are felt to be either nearly equal to one another or symmetrical’Ga naar voetnoot20.; ‘Die wese van ritme is dat iets... met min of meer reëlmatige tussenpose herhaaldelik in die tyd voorkom. 'n Enkele saak, of een herhaling daarvan, kan dus nie ritmies wees nie, want die het geen of slegs een tussenpoos. Twee herhalings kan wel, want dan kan daar twee min of meer gelyke tussenpose wees’Ga naar voetnoot21..

Dit los egter nie die probleem op nie, aangesien daar nog opvattings is wat nie oor die hoof gesien mag word nie, bv. Boris Tomashevsky se ietwat wye definisie dat ritme ‘a regular alternation in time of comparable phenomena’ is, en Victor Erlich se voetnoot hierby: ‘The Formalists insisted on periodicity, i.e. recurrence of “comparable phenomena” in time as the inalienable characteristic of rhythm’Ga naar voetnoot22.. Verder word nie gedefinieer nie (altans nie in die oorsig van die werk van die Formaliste nie), en 'n mens moet aanvaar dat dit hulle finale opvatting is. Ook in Joseph Shipley se boek word ritme gesien as herhaling in tyd: ‘Rhythm may be generally defined as recurring alternation, in temporal series of perceptual data, of an element or elements relatively more conspicuous for perception with elements relatively less conspicuous’Ga naar voetnoot23.. Maar hier met die verdere bepaling: ‘The periods into which the time of a rhythm is thus divided are either unequal or isochronous (of equal or approximately equal length). To regularity of general pattern in cadence evidently corresponds regularity, or approximate equality, in temporal measures; and though many prosodists assume the necessity of the latter (isochronism) as of the former, since it does not occur in all verse and is rare in rhythmical prose we must conclude that regular temporal measure is no more necessary for the constitution of rhythm as such than is metrical regularity in cadence’Ga naar voetnoot24.. Shipley se siening verteenwoordig die mees gebalanseerde uitgangspunt tot dusver: ritme is reël-

[pagina 6]
[p. 6]

matige of minder reëlmatige opeenvolging in die tyd van prominente elemente - en isochronisme, of selfs skynbare isochronisme, is nie 'n noodsaaklike vereiste vir 'n ritme nie.

Maar dit bly teoreties. Hierdie saak sal eers finaal opgelos kan word as 'n groot aantal sterk ritmiese verse - elke gedig deur verskeie bevoegde lesers voorgedra - op 'n apparaat geregistreer kan word sodat die ritme van elke gedig ‘gemeet’ en die afstande in tyd tussen prominente elemente wetenskaplik bepaal word. En selfs dan sal die subjektiewe element van die voordrag nog nie uitgeskakel wees nie.

In 'n poging om reëlmaat te meet, is enkele reëls op 'n ossillograaf gespeel en die afstande van die hoogste kruine van mekaar af gemeet (verwys na die byvoegsel, pp. 191-192). Die volgende reëls is gebruik

 
‘Maar die sinling sê dis ydelgeitderheden
 
van ongyregtigheden
 
so doe hy ook aan my’Ga naar voetnoot25.

en:

 
‘Die vroue het hom die eerste gewaar’Ga naar voetnoot26.


illustratie

 
maar die sinling sê dis ydelgeitderheden


illustratie

 
van ongyregtigheden


illustratie

 
so doe hy ook aan my

en:



illustratie

 
die vroue het hom die eerste gewaar
[pagina 7]
[p. 7]

In die eerste voorbeeld is die afstande, in sekondes bereken, tussen kruine die volgende:Ga naar voetnoot27.



illustratie

 
Maar die sinling sê dis y delgeit derhe den
 
van ongyreg tighe den
 
so doe hy ook aan my

en:



illustratie

 
Die vr oue het hom die eer ste gewaarGa naar voetnoot28.

Gevolgtrekkings gebaseer op hierdie bevindings kan slegs tentatief wees omdat net een voordrag by ‘Die dikkoppe dans...’ en net een by Raka gebruik is. Al is dit verantwoordelike lesers wat optree, kan 'n werklike objektiewe maatstaf eers verkry word met ten minste tien lesers by elke reël. Ten spyte daarvan is die volgende inligting tog waardevol:

i) dat 'n presiese isochronisme nie bestaan nie. Vgl. in diè opsig 'n uitspraak van Harvey Gross: ‘Actual measurement (with the oscillograph) shows that intervals are far from equal’Ga naar voetnoot29.. Ongelukkig gee Gross, a.g.v. sy skeptisisme oor die sogenaamde ‘performance fallacy’, nie meer inligting nie: dit sou dan ook onwetenskaplik wees om onvoorwaardelik sy woord te aanvaar.

[pagina 8]
[p. 8]

ii) dat, in die eerste voorbeeld, die afstande tussen toppe ongeveer gelyk is (nie ‘far from equal’ nie): die grootste verskil is ongeveer. 2 sekonde.

iii) dat daar twee soorte reëlmaat is: ongeveer gelyk in tydsduur, en geensins gelyk nie (die tweede voorbeeld), en dat albei nog ritmies is.

iv) dat die gemiddelde afstand tussen toppe, as albei voorbeelde geneem word, ongeveer, 72 sekonde is. Dit is insiggewend as 'n mens A.W. de Groot se ‘seconde’ onthou. Vir De Groot is daar egter twee soorte verse: ongeveer isochroon en sonder isochronie. Dit lyk of daar in albei soorte verse 'n gemene deler is - die ¾ sekonde, al openbaar een soort hom meer reëlmatig as die anderGa naar voetnoot30..

Die volgende moontlike aspek van die ritme wat Langer noem, is ‘recurrence’, herhaling (‘regular recurrence of events’). Ook dit, saam met die reelmaat, kan nie as die basis van ritme beskou word nie, maar wel as 'n kenmerk daarvan: ‘And what about repetition of forms, equal divisions, if recurrence is not the real basis of rhythm? What is the function of the countless regularities of accent, phrase, figure, and bar in the greatest masterpieces?

Repetition is another structural principle - deeply involved with rhythm, as all basic principles are with each other - that gives musical composition the appearance of vital growth. For what we receive, in the passage of sound, with a sense of recognition, i.e. as a recurrence, is oftentimes a fairly free variant of what came before, a mere analogy, and only logically a repetition...’Ga naar voetnoot31.. Al gaan dit hier meer oor herhaling in die musiek, is dit ook nog van toepassing op ritme in die algemeen, en in die poësie.

Oor herhaling as struktuurbeginsel in die poësie - t.o.v. die ritme - is daar eenstemmigheid onder letterkundigesGa naar voetnoot32.. Daar hoef dus nie meer oor die aspek gesê te word nie.

[pagina 9]
[p. 9]

En as daar herhaling is (in die tyd) moet daar vanselfsprekend ook beweging wees: ‘Rhythme zouden wij kunnen difinieren als de wijze waarop een discontinue, telkens opnieuw onderbroken beweging zich in de tijd realiseert’Ga naar voetnoot33.. En ook in die definisie van Verwey ‘voortdurende weving en vervlechting’, terwyl De Groot praat van ‘krachten of bewegings-componenten’Ga naar voetnoot34..

In die bespreking van die kenmerke van ritme tot dusver is daar telkens gepraat van ‘prominente elemente’, van ‘iets (wat) met min of meer reëlmatige tussenpose... voorkom’Ga naar voetnoot35.. Hierdie ‘iets’ - die ‘event’ (Langer) - is dan dit wat gewoonlik met 'n redelike reëlmatigheid herhaal word en ritme veroorsaak; trouens, die verskyning daarvan word deur Langer as die wese van ritme beskou: ‘The essence of rhythm is the preparation of a new event by the ending of a previous one’Ga naar voetnoot36.. Die ‘event’ is dusuiters belangrik, en dit word deur verskillende prosodiste as iets met ongeveer dieselfde kenmerke gesien: dit bestaan uit 'n ‘opeenvolging van teenstellings’Ga naar voetnoot37., 'n ‘gelykmatige afwisseling van teestellinge’Ga naar voetnoot38., 'n ‘opvolging van tegenstellingen’Ga naar voetnoot39.; dit is ‘undulatie... een afwisseling’Ga naar voetnoot40., ‘...een reeks kernen van intensiteit waartussen zich zwakkere beweginge of geluiden bevinden’Ga naar voetnoot41., ‘das natürliche Auf und Ab, das Schwebende und Schwingende’Ga naar voetnoot42.. En, belangriker, hierdie element wat ritme veroorsaak, is ook ‘the setting-up of new tensions by the resolution of former ones’Ga naar voetnoot43..

Vervolgens die woord ‘tensions’: Langer gebruik dit later weer in haar betoog, t.o.v. die ritme in musiek: ‘The concept of rhythm as a relation between tensions rather than as a matter of equal divisions in time... makes it quite comprehensible that harmonic progressions, resolutions of dissonances, directions of “running” passages, and “tenden-

[pagina 10]
[p. 10]

cy tones” in melody all serve as rhythmic agents. Everything that begets or intensifies expectation, including the expectation of sheer continuity, prepares the future...’Ga naar voetnoot44. As mens nou aan die poësie dink, kan die vraag waarna die spannings verwys deur die gebruik van die woorde ‘intensifies expectation’ opgelos word: as ‘expectation’, verwagting, in sy normale leksikale betekenis van ‘vooruitsien na’ verklaar word, kan dit slegs van toepassing wees op die waarnemer of digter. Vanaf die inherente kenmerke van ritme as verskynsel kom jy dan uiteindelik by die waarnemer uit, en hoe hy hierdie verskynsel ervaar.Ga naar voetnoot45.

Uit die ondersoek van die voorafgaande opvattings kan die volgende gevolgtrekkings gemaak word: spanning of verwagting is die wesenlike kenmerk van ritme, en hierdie spanning of verwagting word veroorsaak deur die min of meer reëlmatige herhaling - waar herhaling ook beweging veronderstel - van sekere teenstellings (of afwisselings van kerne van intensiteit met swakkere bewegings of geluide).

Verwagting as belangrikste aspek van die ritme word dan ook geredelik deur letterkundiges aanvaar: ‘The time of verse-language is a time of expectation’Ga naar voetnoot46., en: ‘the rhythm of a poem hinges not so much on the actual distribution of the rhythmical accents as on our anticipation of their recurrence at certain intervals’Ga naar voetnoot47.. Maar die verspreiding van die ritmiese aksente is tog belangrik omdat verwagting juis daardeur voorberei moet word; suiwerder gestel dus: ‘Die akzentuierten Silben kehren im Vers in annähernd gleichen Abständen wieder: so dass wir die nachste Betonung bereits vorauserwarten. Die Vorauserwartung ist eines der bedeutendsten Kenzeichen des Versrhythmus und einer der fundamentalen Underschiede zum Prosarhythmus...’Ga naar voetnoot48..

[pagina 11]
[p. 11]

In die laaste twee aanhalings is gepraat van ‘rhythmical accents’ en ‘aksentuierten Silben’ i.p.v. ‘elemente’ of ‘events’ of ‘teenstellings’. Dit bring 'n mens dan spesifiek by die taal, by die basis van ritme in die taal.

2. Die basis van ritme

‘Rhythm is also a general linguistic phenomenon’Ga naar voetnoot49., en aangesien die digter die taal ten volle gebruik, sal hy ook die ritme daarin benut. Dit kan aanvaar word dat daar in die taal drie middele is wat verantwoordelik is vir ritme: ‘the stress or “dynamic accent”, the pitch or “musical accent”, and quantity. Actually, each individual language, at a given period of its evolution, favors one of the above elements as the organizing principle of its versification’Ga naar voetnoot50.. Vir Afrikaans kan 'n mens volstaan by wat A.W. de Groot se t.o.v. die drié aspekte vir Nederlands: ‘In het Nederlands speelt vooral luidheid, daarnaast lengte of duur een rol; toonhoogte komt in de derde plaats...’Ga naar voetnoot51..

Die eerste oorsaak dan: ‘luidheid’ of ‘dynamic accent’. Dit word in die taal aangedui deur prominente en minder prominente sillabes: ‘It is... the existence of a syllabic pulse, characterized by a dominant syllabic rather than the syllable as such that is metrically relevant’Ga naar voetnoot52.. Die begrip sillabe gaan gebruik word, en die linguistiek vereis 'n definisie daarvan. Skynbaar is daar egter nie eenstemmigheid oor wat 'n sillabe is nieGa naar voetnoot53., met die gevolg dat daar met 'n woord gewerk word wat nie omskryf is nie. Vir 'n studie oor die ritme in die poësie is dit gelukkig moontlik: ‘... the term “syllable” is employed in literature to refer to a variety of separate though correlated speech phenomena... A more important consideration is that all these concepts involve both maxima and boundaries; of these two only maxima are relevant for the meter,

[pagina 12]
[p. 12]

whereas the boundaries are not’Ga naar voetnoot54.. Die aksent of ‘dominant syllabic’, die betoning by die sillabe wat as hoof ritme-skeppende faktor beskou moet word, moet bespreek word (en ook die begrip aksent is linguistics onduidelik: ‘Min taalkundige begrippe is so omstrede as aksent’, Afrikaanse klankleer, p. 139). Hierdie ‘aksent’ word gedefinieer as: ‘... the emphasis... which selects one or more syllables out of a group of syllables, one or more words out of a group of words...’Ga naar voetnoot55., en ‘de kracht of klem of nadruk waarmee een woord of een lettergreep uitgesproken wordt’Ga naar voetnoot56..

Daar sal onderskeid gemaak moet word tussen die normale betoning van woord of sillabe in die taal, bv. by die meersillabige woord met 'n vasgelegde ‘aksent’, en die betoning van woord of sillabe deur intonasie of pouse. Vir hierdie onderskeid kan die bevindings van die linguisties-georienteerde metris Seymour Chatman as uitgangspunt geld: ‘Stress is a fundamental property of full vowel monosyllabic words, and of one syllable in polysyllabic, words, which in any environment, accented or not, can serve to distinguish them from what are other homonyms. The actualization of stress is not uniform; its phonetic cues will vary according to the phonological context in which the word finds itself. Nevertheless, it is real; speakers will not ordinarily differ in their sense of where it occurs, and can always make it more prominent on demand. Accent, on the other hand, is the prominence which one syllable in an uttered phrase receives when it is the centre of the pitch contour; it is not fixed to the word but to the phrase’Ga naar voetnoot57.. Klemtoon is dus ‘woordaksent’ en aksent is ‘sinsaksent’ - die aksent hoofsaaklik deur intonasie bepaal. In ouer studies oor die versritme het die begrip klemtoon skynbaar aksent en klemtoon ingesluit, vgl. W.E.G. Louw: ‘Wat Afrikaans betref, mag 'n mens dus konkludeer dat die versritme op klemtoon berus’Ga naar voetnoot58.. (Met die benoeming heffing - of ictus - in hierdie studie sal albei faktore bedoel word).

[pagina 13]
[p. 13]

Die onderskeid in die poësie kan n.a.v. die volgende reëls uit Is daar nog trane? van Eugène Marais geïllustreer word:

 
‘Is daar nog trane?
 
Sal ooit weer skyn van smart
 
Deur sinsbedrog en ydel wane
 
'n Enkel' sug roep uit die hart...’Ga naar voetnoot59.

In die derde reël is die sterkste heffings alreeds deur die meersillabige woorde bepaal: sínsbedròg... ýdel wáne - klemtoon dus; terwyl in reels 1 en 2 - buiten natuurlik tráne - die heffings deur iets anders as die normale ‘woordaksent’ bepaal moet word - aksent dus. In die spreektaal is hierdie aksent deur betekenis bepaal en aangetoon deur die intonasie van die sin. 'n Volledige studie van aksent in dié betekenis is vir Afrikaans nog nie gemaak nie. Dat dit moontlik vir die ontleding van die poësie van groot waarde kan wees, is alreeds aangetoon: ‘toonkontoere (speel) 'n belangrike rol... by die strukturele analise van 'n gedig’Ga naar voetnoot60.. In die hoofstuk oor skandering sal die bepaling van die intonatiewe aksent bespreek word, en of intonasie überhaupt relevant is vir die ritme van 'n gedigGa naar voetnoot61..

Waar dit die klemtoon betref, is daar verskeie fonologiese elemente wat saamwerk. Hulle hoef slegs genoem te word in die sin wat metriste dit aanvaar - want dit is juis hier waar een van die twispunte oor die ritme ontstaan het. Vir Achilles Mussche word ‘accent’ - lees hier ‘klemtoon’ - bepaal deur ‘de sonoriteit van de spraakgeluiden zelf, de vastere articulatie, de sterkere ademdruk, de toonhoogte en de duur’Ga naar voetnoot62.. waar duur dan ‘het kwantitatief accent of de kwantiteit (d.i.... de tijd

[pagina 14]
[p. 14]

die gebruikt wordt om de klankgreep uit te spreken)’ is (a.w. p. 115). In teenstelling met Mussche, sê Buning dat ‘die expiratoriese aksent... ook in Afrikaans (en die meeste ander tale) 'n neiging (het) om die beklemtoonde lettergreep of woord te verleng in tydsduur, hoewel betoning en lengte nie noodwendig hoef saam te gaan nie...’Ga naar voetnoot63.; en Saintsbury: ‘Once more I shall be perfectly frank and state my own opinion, which is that in English accent is a cause of quantity, but not the only cause, and not a stable one’Ga naar voetnoot64..

Kwantiteit as faktor in die bepaling van die ritme word gewoonlik beskou as iets wat by die klassieke prosodie hoort: ‘The very notion of quantity is unfamiliar to us in English. We pay no attention to this characteristic of syllables... The old Greeks and Romans gave such distinction and prominence to time-value, that it became the index of their verse; they used it, as we use accent, to emphasize rhythm’Ga naar voetnoot65.. En: ‘Quantity, not stress, was the basis of classical Greek and Latin metric, with the possible exception of the Saturnian measure in early Latin’Ga naar voetnoot66.. Hierdie verwysing na vroee Latyn is belangrik aangesien 'n digter soos Gnaeus Naevius skynbaar nie geheel en al in die kwantiteitsvers geskryf het nie: ‘The quantitative metres were fitted to Latin (d.i. uit Grieks - A.J.C.) by introducing as great an accentual element as possible without becoming too monotonous... Sometimes a whole line can be scanned by accent, as...

 
ingùrgitávit úsque ad ímum gútturem’Ga naar voetnoot67..

En ook by latere Latynse digters het klem voorgekom: ‘Scholars are not agreed as to the nature of this accent; they discuss whether it was pitch of stress, and some deny that it affected classical Latin verse at all. I cannot doubt that it did, and that it resembled our English stressaccent rather than the pitch-accent of classical Greek, which seems to have had no influence on the form of Greek metres. It is certain that the existence of an accented syllable in each word played a leading part in the earliest indigenous Latin verse, that it influenced the scansion of Plautus and Terence, and was a feature of spoken Latin. We should naturally expect it to have its effect on the development of the hexameter when this Greek metre was gradually adopted to Latin speech.

[pagina 15]
[p. 15]

Actually we find that in Virgil's lines accent and metrical ictus tended to be opposed to one another in the first four feet, and regularly coincided in the last two’Ga naar voetnoot68..

As klemtoon dan wel voorkom in versvorme waar die ritme grotendeels bestaan uit die opeenvolging van lang en kort sillabes, dan mag die moontlikheid nie uitgesluit word dat duur ook 'n faktor kan wees in die klemvers nie. Tj. Buning wy 'n afdeling aan hierdie probleem (Afd. 17, ‘Kwantiteit as faktor in die Afrikaanse vers’, pp. 89-99) en kom tot die gevolgtrekking na 'n ondersoek van verskeie voorbeelde dat dit ‘n ondergeskikte faktor is in die metrum van ons verse’, maar dat dit wel in die ritme voorkom: ‘Tydsduur van lettergrepe word een van die belangrikste hulpmiddels van die digter om die fynste nuanses van sy gevoel te verklank’Ga naar voetnoot69.. Hy gaan egter nie dieper daarop in nie; maar hy bespreek eerder die pogings om die kwantitatiewe versmaat in 'n Germaanse taal na te volg.

Om aan te toon dat klemtoon en kwantiteit wel in 'n gedig kan saamval sonder dat dit toevallig is, het W.H. Gardner 'n telling gemaak van die gesamentlike duur van sillabes in 'n versreel, en ook op die ooreenkoms tussen duur en klemtoon gewys (kwantiteit word as volg aangedui: 'n lang sillabe - 2, 'n korte - 1, twee vinnige kortes - 1½, 'n rus, gemerk metillustratie, - 1, die uitgang -ing word as lank getel):

illustratie

 
‘When men were all asleep the snow came flying 18
 
In large white flakes falling on the city brown. 18

en



illustratie

 
conticuit tandem factoque hic fin quievit


illustratie

 
dilapsus calor atque in ventos vita recessit
[pagina 16]
[p. 16]


illustratie

 
Stealthily and perpetually settling and loosely lying, 20
 
Hushing the latest traffic of the drowsy town; 18
 
Deadening, muffling, stifling its murmurs failing; 18
 
Lazily and incessantly floating down and down’Ga naar voetnoot70.

Dit is egter 'n te subjektiewe metode om tot 'n besluit oor klem en kwantiteit in 'n gedig te kan lei. In 'n poging om na te gaan watter standpunt hieroor ingeneem moet word vir die Afrikaanse poësie, is die opnames van die ‘Sonagraph’ as basis gebruik, waar die duur van sillabes in die laaste drie reëls van Boerneef se Die dikkoppe dans gemeet is (byvoegsel pp. 191). Die lengte van sillabes kon hier redelik akkuraat gemeet word aangesien die lengte van elke strokie waarop die klank geregistreer is 31.6 sentimeters is, en die leestyd vir hierdie lengte 4.8 sekondes. Vanaf die gegewens kan elke sillabe- of reëllengte omgesit word - eers in sentimeters en dan in sekondesGa naar voetnoot71.. Die sillabeduur is die volgende - pouses word nie bygereken nie:Ga naar voetnoot72.



illustratie

Sekondes: .18 .14 .50 .24.71 .51.38.27 .36 .35 .43 .17
1 Maar die sinling sê dis y del geit der he den
 
Sekondes: .24.32.36 .43 .21 .33 .35
2 van on gy reg tig he den
 
Sekondes: .79.22.33 .33 .35 .36
3 so doe hy ook aan my

[pagina 17]
[p. 17]

Om hierdie reëls nou kwantitatief te skandeer, word die gemiddelde duur per sillabe per reël as basis gebruik. Sillabes wat minder as hierdie gemiddelde tyd is, sal as kort beskou word, en die wat meer is, as lank. Die gemiddeldes is dan: reël 1: .31 sekondes; reël 2: .31 sekondes; reël 3: .32 sekondesGa naar voetnoot73.. Vir die skandering volgens klemtoon word heffings geplaas soos in die amplitudekurwe weergegee word (byvoegsel pp. 192): relatief tot mekaar, bv. in reël 3 sal ‘aan’ 'n heffing kry omdat die kurwe hoër is as by ‘my’, terwyl dit laer is as by ‘ook’. Met inagneming van klemtoon en kwantiteit kan die drie reëls dan as volg skandeer (-, lang sillabes):



illustratie

 
‘Maar die sinling sê dis ydelgeitderheden
 
van ongyregtigheden
 
so doe hy ook aan my’.

Van hierdie gegewens kan die volgende gevolgtrekkings gemaak word: behalwe by die eindsillabes van elke reël is daar 'n ooreenkoms tussen duur en klemtoon, en dit wil voorkom of klemtoon die oorsaak van die duur kan weesGa naar voetnoot74.. In reëls 2 en 3 kan die lang sillabes aan die einde toegeskryf word aan die feit dat hulle nie in enjamberende oorgange staan nie, daar is 'n pouse aan die einde van dié reëls.

 
The rain set early in to-night
 
For love of her, and all in vain ...’

Das sprachliche Kunstwerk, p. 244.

[pagina 18]
[p. 18]

Hierdie gegewens kan van belang wees by die skandering van 'n gedig: in gevalle waar die metriese heffings nie bepaal kan word nie - waar dit dus 'n kwessie van aksent is - kan die kwantiteit van 'n sillabe die heffing aandui, aangesien klemtoon moontlik duur bepaalGa naar voetnoot75.. Die gevolgtrekkings is egter slegs gebaseer op een lesing. Die bevinding dat duur 'n medebepaler van die ritme van 'n gedig kan wees, moet dus as hipoteties beskou word, 'n Algemeen geldige reël in dié verband - as daar ooit sulke reëls vir die ritme is - sal eers gemaak kan word as 'n groot aantal versreëls, met verskillende lesers, op dié wyse ondersoek is. Dit was slegs hier as 'n tentatiewe proefrieming bedoel. (Die algemene besware teen die gebruik van apparate sal in Hoofstuk drie van hierdie studie bespreek word). Dat die digter opsetlik van die duur van sillabes kan gebruik maak, is natuurlik nie uitgesluit nie: vgl. bv. die woorde ‘ongyregtigheden’ en ‘doe’ in die aangehaalde reëls: die lang y-klank en die ‘doen’ sonder sillaberandGa naar voetnoot76.. Dis egter onwaarskynlik dat die sillabes verleng is om ritmiese redes; dit pas só meer in die bedoelde preektoon, in die teksvers-temerigheid daarvan. (Maar dit is juis hierdie verlenging van sillabes wat dié reëls ingegee het vir die proefneming met die ‘Sonagraph’-opnames, ten spyte daarvan dat ‘woorde’ soos ‘ydelgeitderheden’, ‘ongyregtigheden’ en ‘doe’ seker nie as gevalle van ‘normale’ taalgebruik beskou kan word nie.)

Maar as die digter van die lengtes van sillabes gebruik maak, moet dit eerder om ander redes as die ritmiese beskou word; dat dit die ritme beënvloed, kan egter nie uitgesluit word nieGa naar voetnoot77..

Bogenoemde hipotese moet dan in gedagte gehou word by die bepaling van die ritme van 'n versreël. 'n Algehele ontkenning van die duur van sillabes sou nie al die feite in ag neem nie, en 'n uitspraak soos die volgende mag ook nie - vir Afrikaans ook nie - onvoorwaardelik aanvaar



illustratie

 
‘'t Is triestig dat het regent in den herfst
 
dat het moe regent in den herfst, daar buiten’
[pagina 19]
[p. 19]

word nie: ‘Syllables, number of syllables, and stresses, primary, secondary, and weak, are linguistic features which you can find in the English dictionary. But long and short syllables are not found in the English dictionary'’Ga naar voetnoot78. Die volgende moet liewer onthou word: ‘Though English metrics is founded on accent, the factor of quantity has an importance in determining the final rhythmical result of a piece of verse as actually experienced. But quantity never appears in systematic form; it works, merely, to condition and modify the rhythmical pattern defined by accent’Ga naar voetnoot79.

Ten slotte. Vir die poësie kan ritme dan kortliks gedefinieer word as die spanning of verwagting wat veroorsaak word in 'n versreël deur die minder of meer reelmatige herhaling van heffings.

voetnoot1.
W.K. Wimsatt, C. Brooks, Literary criticism, p.3.
voetnoot2.
Aristotle, The ‘Art’ of Rhetoric, (Loeb Classical Library) III, 8 r. 2-4. Ook in die Ars Poetica, IV is daar iets oor die funksies van die verskillende metra. (Die kursivering van die laaste sin in die aanhaling is van my.)
voetnoot3.
Hy gee 'n deeglike oorsig van die ontwikkeling in opvattings, al kan sy eie sieningvan die saak nie altyd aanvaar word nie, bv. sy verwerping van die aksentestelsel van skandering: ‘I saw, and have ever seen since... that the pure accentual system is totally inadequate; that the mixed accent and stress systems, with additions of syzygy, or section, or what not, are at the best arbitrary and lacking in universal application, while they often lead to horrible misscansion ...’. Deel III, p. 515.
voetnoot4.
In Verzamelde taalkundige opstellen, Deel II, veral pp. 251-269.
voetnoot5.
'n Goeie oorsig word gegee in Hoofstuk 2, afd. 11-13, en 'n oorsig van belangriker ouer opvattings in afd. 14.
voetnoot6.
In sy Voorwoord stel Buning sy taak ook so - maar dit was in 1937.
voetnoot7.
En W.E.G. Louw se inleidende opmerking by sy bespreking van Buning se werk is in 'n groot mate vandag nog waar: ‘Die prosodie is in die verlede in Suid-Afrika skromelik verwaarloos. Met uitsondering van 'n paar onderwysuitgawes is daar weinig ernstige aandag aan bestee. Selfs in afsonderlike kritieke is daar selde gepoog om die prosodie - as onderdeel van die stilistiese analise - tot sy reg te laat kom.’ ‘Afrikaanse versbou’, Vaandels en voetangels, p. 62,
voetnoot8.
‘De Vorm van het Nederlandse vers’, De Nieuwe Taalgids, jg. 24,1930, p. 188, voetnoot.
voetnoot9.
James Reeves, Understanding poetry, p. 113.
voetnoot10.
Susanne K. Langer, Feeling and forrri, p. 126.
voetnoot11.
‘This brings us to the question concerning the locus of aesthetic values. Is it the poem, or the reader of the poem, or the relation between the two..’ Wellek en Warren, Theory of Literature, p. 260.
voetnoot12.
W. Kramer, Inleiding tot de stilistische interpretatie van literaire kunst, p. 65.
voetnoot13.
Woordeboek van die Afrikaanse taal, Derde deel, G, p. 166.
voetnoot14.
T.S. Omond, A study of metre, pp. 3-4.
voetnoot15.
Conventry Patmore, aangehaal deur Saintsbury, History of English prosody III, p. 440. Die aanhaling is: ‘metre is a series of isochronous intervals marked by accents’, maar ‘metre’ kan ewe goed hier vervang word met ‘rhythm’.
voetnoot16.
Hier kom dit al naby aan die psigologie, aan die waarnemer se ‘span of consciousness’. In die eerste hoofstuk van sy A theory of meter gaan Seymour Chatman dieper daarop in.
voetnoot17.
‘Naar een nieuwe versleer’, De Nieuwe Taalgids, jg. 26, 1932, p. 243,
voetnoot18.
Algemene versleer, p. 19.
voetnoot19.
Tj. Buning, Afrikaanse versbou, p. 30. (Kursivering van my.)
voetnoot20.
B. Deutsch, Poetry handbook, p. 128. (Kursivering van my.)
voetnoot21.
L. Dekker, ‘Aksent en ritme’, Inleiding tot die taalkunde, p. 177. De Groot het bewys dat een herhaling wel ritme kan veroorsaak - ‘géven en némen’, dit lyk dus foutief om te sê dat een herhaling van 'n saak nie ritmies kan wees nie.
voetnoot22.
Russian formalism, pp. 182-183. (Kursivering van my.)
voetnoot23.
Dictionary of world literature, art. deur J.C. La Driere, p. 323.
voetnoot24.
A.w. p. 326. ‘Cadence’ is by Shipley ‘the rise and fall produced by the alternation of louder and softer syllables in accentual tongues’, p. 46. Wat dan bedoel word, is dat 'n reëlmatige ritmiese patroon, bv. die vyfvoetige jambe (die ‘regularity of general pattern in cadence’) skynbaar ook 'n reelmatige tydsverloop tussen heffings besit.
voetnoot25.
Boetneef, Krokos, p. 31: ‘Die dikkoppe dans...’
voetnoot26.
N.P. van Wyk Louw, Raka, p. 5. Watter die prominentste elemente van die reëls behoort te wees, kan 'n skandering natuurlik bepaal - 'n saak wat later bespreek word. Die volgende skanderings kan nietemin as basis gebruik word:
Afwykings van hierdie patroon op die ossillograaf moet as subjektief beskou word, as die leser se eie afwykings, bv. in die eerste voorbeeld die hoe amplitude van dis (Byvoegsel p. 191): -geit en -den; -gy -tig (p. 193). En die reël uit Raka (p. 192): die hoë vr-klank (vgl. die hoë frekwensie op die sonagramstrokie - hierdie aspek sal later bespreek word), die hoë -e ná vroue, en die hoë ge- by gewaar. Vir die huidige doel sal die skanderings as uitgangspunt geneem word: die afstande tussen ‘toppe’ is dan die afstande tussen die heffings in die skanderingspatroon, d.i., in die eerste voorbeeld, die afstande tussen sin (ling) sê... y (del) geit (der) he (den), (van) on (gy) reg (tig) he (den), (so) doe (hy) ook (aan) my. En in Raka: (die) (vrou) (e) (het) hom (die) eer (ste) (ge) waar. Die voordragte wat gebruik is: vir Raka, 'n private opname van die eerste vier reëls gelees deur prof. P. du P. Grobler; vir ‘Die dikkoppe dans...’ die voordrag van Jan Schutte op plaat agt van die Brigadier-reeks, Klank in polësie. Die betrokke reëls is eers op band opgeneem, daarna is die bandopnemer gekoppel aan 'n ossillograaf (opgaartipe) wat die baan van die klankkurwe as't Ware ‘bevries’ sodat die kurwe op deurskynpapier afgetrek kon word.
Dié baan is uiteindelik proporsioneel vergroot met 'n pantograaf.
voetnoot27.
Vir die afstand in sentimeters, verwys na die byvoegsel. Oorskakeling geskied volgens die formule: 31.6 cm. is gelyk aan 4.8 sek., x sal dus gelyk wees aan illustratie sekondes. 31.6 cm. was die normale lengtes van die strokies. Hulle is proporsioneel verkort om op 'n bladsy te pas.
voetnoot28.
Daar kan miskien beswaar gemaak word teen die gebruik van die heffingsvers as voorbeeld; maar aangesien dié versvorm juis een is waar, per definisie ‘die tydsduur tussen twee heffinge konstant bly’ (A.P. Grové, Woord en wonder, p. 73), lyk dit tog geskik.
voetnoot29.
Sound and form in modern poetry, p. 40.
voetnoot30.
Dit moet herhaal word dat hierdie gevolgtrekkings slegs tentatief is, veral t.o.v. die tweede voorbeeld waar slegs een reël gebruik kon word.
voetnoot31.
Feeling and form, p. 29.
voetnoot32.
Enkele uitsprake sal dit voldoende illustreer: ‘...het ritme, het spel van gelijkheid, herhaling, tegenstelling dat in voortdurende weving en vervlechting de struktuur van het gedicht bewerkt’. Verwey, Ritme en metrum, pp. 47-48. (Kursivering van my.) ‘Een van de elementen van rhythme is herhaling, herhaling met een zekere variatie’. De Groot, Algemene versleer, p. 19; die aangehaalde definisies van Dekker en Shipley op p. 10 van hierdie studie, plus die volgende van Shipley as een van die drie faktore in ritme: ‘the recurring alternation of stronger and weaker elements position in relation to each other’. Dictionary of world literature, p. 323.
voetnoot33.
De glanzende kiemcel, p. 38. (Kursivering van my.)
voetnoot34.
‘Naar een nieuwe versleer’, Nieuwe Taalgids, 1932, p. 243.
voetnoot35.
Inleiding tot die taalkunde, p. 177.
voetnoot36.
Feeling and form, p. 126.
voetnoot37.
Afrikaanse versbou, p. 8.
voetnoot38.
Schoonees en Van Bruggen, Inleiding tot die studie van die letterkunde, p. 42.
voetnoot39.
Kramer, Inleiding tot de stilistische interpretatie van literaire kunst, p. 65.
voetnoot40.
De Groot, Nieuwe Taalgids, jg. 24, 1930, p. 188.
voetnoot41.
De Groot, Algemene versleer, p. 19.
voetnoot42.
R.N. Maier, Das Gedicht, p. 45.
voetnoot43.
Feeling and form, p. 127. 'n Vergelyking tussen Langer se twee uitsprake in dié verband toon aan dat die ‘event’ eintlik 'n ‘tension’ is: ‘The essence of rhythm is the preparation of a new event by the ending of a previous one’ (p. 126), en: ‘ Rhythm is the setting-up of new tensions by the resolution of former ones.’ (Kursivering van my.)
voetnoot44.
A.w. p. 129.
voetnoot45.
Ritme kan natuuilik geheel en al vanuit die waarnemer se oogpunt gedefinieer word: ‘Rhythm is that property of a sequence of events in time which produces in the mind of an observer the impression of proportion between the durations of the several events or groups of events of which the sequence is composed’. E.A. Sonnenschein, What is rhythm? p. 16. Die beswaar teen hierdie definisie lê daarin dat dié eienskappe van gevalle (‘property of... events’) nie nader bepaal word nie, slegs die indrukke wat dit maak op die waarnemer. In sy kritiek hieroor sê Richards: ‘The property so defined may not be an internal property of the sequence at all. The impression of proportion may be due to no character of the object which is regarded as rhythmical, but to some other cause’. Practical criticism, p. 360. Vgl. ook Buning se definisie, Afrikaanse versbou, p. 30.
voetnoot46.
Wellek en Warren, Theory of literature, p. 171, uit Vittorio Benussi, Psychologie der Zeitauffassung, p. 215 e.v,
voetnoot47.
Russian formalism, p. 183.
voetnoot48.
Wolfgang Kayser, Das sprachliche Kunstwerk, p. 247.

voetnoot49.
Theory of literature, p. 164.
voetnoot50.
Russian formalism, p. 188, uit Roman Jakobson se studie On Czech verse.
voetnoot51.
‘De vorm van het Nederlandse vers’, p. 191. In sy artikel ‘Aspekte van woordaksent’, Dietse studies, p. 184, noem M. de Villieis 'n vierde faktor wat ‘prominensie van een sillabe bo 'n ander in dieselfde woord’ kan bepaal - of kan help bepaal, nl. voorafgaande pousering. Hierdie faktor sal egter nie afsonderlik bespreek word nie, maar wel by die latere skanderings van gedigte in ag geneem word waar dit krag uitoefen.
voetnoot52.
John Lotz, ‘Metric typology’, Style in language, p. 138.
voetnoot53.
Vgl. bv. uitsprake van Henry Sweet, Primer of phonetics, p. 65 e.v., Leonard Bloomfield, Language, p. 120 e.v.; en oor die probleem van grense by die sillabe, Wilbur Schramm, Approaches to a science of English verse, p. 33 e.v. Ook M. de Villiers, Afrikaanse klankleer, besef dat die definisie wat hy gee - ‘Die sillabe of klankgreep bestaan uit 'n sonore kern voorafgegaan en/of gevolg deur minder sonore klanke’, p. 72 - nie voldoende is nie.
voetnoot54.
John Lotz, ‘A notation for the Germanic verse line’, Lingua VI, pp. 1-2. Die grense kan wel belangrik wees, maar dan moet 'n mens maar genoeë neem met M. de Villiers se uitspraak: ‘ ... ons stel die sillabegrens waar nodig volgens ons subjektiewe oordeel vas’, a.w. p. 73.
voetnoot55.
T.S. Omond, A study of metre, p. 21.
voetnoot56.
Vestdijk, De glanzende kiemcel, p. 43. Daar is nog baie soortgelyke definisies. Meer opvattings is egter nie nodig nie.
voetnoot57.
A theory of meter, p. 58.
voetnoot58.
‘Afrikaanse versritme’, Vaandels en voetangels, p. 49.
voetnoot59.
Versamelde gedigte, p. 28.
voetnoot60.
J.A. Louw, ‘Die linguistiese funksie van toon in taal’, Taalfasette, 1965, p. 27. Maar hieroor is nog nie voldoende navorsingswerk gedoen nie: ‘In 'n voorlopige studie wat gemaak is, het ek tentatief tot die slotsom gekom dat dit net so belangrik is as die versvoet’, p. 27.
voetnoot61.
Voorlopig slegs die volgende: ‘Since metrics is entirely within the scope of linguistics, it presupposes the linguistic analysis of the utterance. For metrical purposes, however, not all aspects of language are relevant, and even among those that are relevant, we have to distinguish the basic constitutive factors of meter and the additive-variative ones. The principle according to which we select the metrically relevant linguistic phenomena is the principle of metric relevancy in analogy with the principle of relevancy in phonological and grammatical analysis; for example, length of the syllabic is metrically relevant in Classical Greek, whereas intonation patterns are not metrically relevant in English’, John Lotz, ‘Metric typology’, Style in language, pp. 137-138. (Kursivering in laaste frase van my.)
voetnoot62.
Nederlandse poëtica, p. 114.
voetnoot63.
Afrikaanse versbou, pp. 45-46.
voetnoot64.
A History of English prosody, I, p. 5.
voetnoot65.
T.A. Omond, A study of metre, pp. 33-34.
voetnoot66.
Alex Preminger (red.), Encyclopedia of poetry and poetics, p. 135.
voetnoot67.
H.J. Rose, A handbook of Latin literature, pp. 26-27.
voetnoot68.
Sir Frank Fletcher, Virgil Aeneid VI, pp. 108-109. Ter illustrasie haal Fletcher o.a. twee reëls uit Vergilius se werk aan: Aeneas, IV, 705 en III, 718. Binne kwatitatiewe metriese konteks skandeer dié reëls so:
voetnoot69.
Buning, Afrikaanse versbou, p. 93. Die onderskeid tussen metrum en ritme word later in dié studie behandel.
voetnoot70.
W.H. Gardner, Gerard Manley Hopkins (1844-1889), Deel I, p. 206, voetnoot 1.
voetnoot71.
Die beplanning van die sillabegrense kan natuurlik probleme oplewer; maar gelukkig is hier geen gevalle waar daar onsekerheid hoef te wees nie. Die grense is bepaal soos M. de Villiers dit gee in Afrikaanse klankleer, pp. 134-139. Vir die sillabeduur is die duur van konsonante bygereken.
voetnoot72.
In sentimeters is die lengtes as volg: 1: 1.25; .9; 3.3; 1.6; 4.7; 1; 2.5; 1.8; 2.35; 2.3; 2.8; 1.1;2: 1.6; 2.1; 2.4; 2.8; 1.4; 2.2; 2.2; 3: 5.2; 1.5; 2.2; 2.2; 2.3; 2.4.
voetnoot73.
By reël 3 is die onnatuurlike lang voordrag van ‘so’ uitgeskakel by die berekening. Hierdie lang uitspraak moet as 'n eienaardigheid van die leser beskou word, net soos die verskil in die lesing by heden in reëls 1 en 2 wat moontlik toegeskryf kan word aan die feit dat albei in eindposisies staan. Sulke hebbelikhede sou uitgeskakel kon word as dit moontlik was om meer lesings op te neem.
voetnoot74.
'n Gevolgtrekking waarvoor daar bevestiging is by Kayser - die klem kan selfs 'n kort sillabe verleng: ‘Das Verssystem der romanischen und germanischen Sprachen ist eben primär akzentuierend... Damit soli nicht behauptet werden, dass eine kurz betonte Silbe im Vers nicht länger sei als dieselbe Silbe in unbetonter Stellung. Die Silbe “in” ist zum Beispiel in dem ersten der folgenden Verse gewiss langer als in dem zweiten:
voetnoot75.
Hierdie aspek sal in die hoofstukke oor skandering weer betrek word.
voetnoot76.
In die lesing wat ondersoek is, word ‘doe’ as kort gerealiseer - 'n foutiewe voordrag?
voetnoot77.
'n Mooi voorbeeld van die doelbewuste gebruik van lang sillabes vind 'n mens in Karel van de Woestijne se Koortsdeun, waar die lang klanke bydra tot die triestige stemming in die gedig. Maar die ritme word ook daardeur beïnvloed; vgl. slegs die tweede reël waar die duur van sillabes die ritmiese patroon wat daargestel is in die eerste reël verbreek, bv. die lang ‘moe’, en die ‘daar’ wat moontlik ook as lank beskou kan word a.g.v. die invloed van die voorafgaande pouserinp:
voetnoot78
Wimsatt en Beardsley, ‘The concept of meter’, PMLA, 1959, p. 588
voetnoot79
Brooks en Warren, Understanding poetry, pp. 563-564

Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken