Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat (1940)

Informatie terzijde

Titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat
Afbeelding van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaatToon afbeelding van titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.99 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.31 MB)

tekstbestand






Editeur

P.J. Nienaber



Genre

proza

Subgenre

bijbel / bijbeltekst(en)


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

(1940)–C.P. Hoogenhout–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 75]
[p. 75]

Hoofstuk I.
Josef sijn famielje.

Om met Josef goet bekent te worde mot ons eers een paar woorde oër sijn famielje praat.

Sijn vader sijn oupapa was Abraham. Hij was een man soo als daar min op die werelt gelewe het.

Op een gebod van God het Abraham sijn land (Ur) verlaat, en is na Kanaän gekom, om daar as een vreemdeling te woon; omdat die mensche in syn land afgode gedien het. Hij was een banja vroom man, want reken hij wort in die Bijbel genoemd ‘de Vader der geloovingen en de vriend van God.’

Nou die Abram het maar één seun gehat, syn naam was Izak. Das Josef syn oupapa. Die Isak was ook een brave man. Hy het twee seuns gehat Esau, en Jacob. Die twee broers het met mekaar volstrek nie kan akkordeer nie, en daarom het Jacob na sijn oom Laban gevlug. Daar het hij twintig jaar gewoon, daar is hij ook getrouwt, maar eindlik het hij weer terug gekom na Kanaän. Die Jacob dan was Josef sijn papa, Buite Josef het hij nog 11 seuns en een dogter gehat, dus alsame 13 kinders. Hier is hulle name: Ruben, Simeon, Levi, Juda, Issaskar, Sebulon, Gad, Aser, Dan, Naftali, Josef en Benjamin, en die mijssie haar naam was Dina. Josef was op één na die jongste. Toe die ander broers al groot kerels was, was hy en Benjamin nog maar klein. Die famielje van Josef was veeboere en hulle het net banja vee gehat ook, want reken, toe Jacob van sijn oom Laban teruggekom het om weer in Kanaän te woon toe stuur hy voor een present aan syn broer Esau: 200 ooibokke en 20 ramme, 200 skaapooije en 20 ramme, 30 wijfie kameele met vulletjes, 40 koeije en 10 bulle, 20 merrie-esels en 10 jonge esels. Nou een man wat soo'n present kan stuur kan nie een arm kerel wees nie, neh? Die broers van Josef het die vee van hulle vader

[pagina 76]
[p. 76]

mot oppas, maar Josef en Benjamin bly by die huis by hulle papa. Partijkeer gaat Josef saam naar die velt waar syn broers die vee oppas, en dan sien hy watter ondeuënde dinge hulle doen en vertel dit aan syn vader; daarom was syn broers kwaat op hom. Daar kom nog by dat Jacob voor Josef die liefste van al syn kinders het, en voor hem een mooi baatje van die mooiste kleure geef om aan te trek, en dit maak hulle nog meer kwaad. En toe Josef op een tijd twee wonderlike droome gedroom het en voor hulle vertel, ah nee! toe kan hulle hem glad nie meer verdra nie. Hoe sondig is et tog om nijdig op mekaar te wees! Maar laat ons hoor wat Josef gedroom het: Hij droom dat hij en syn broers op die oestland was en dat hulle gerwe binde, en dat syn broers hulle gerwe voor syn gerf kom buië. Toe hy dit voor hulle vertel was hulle banja kwaad. En hulle seh: ‘wat verbeel jy vir jou, sal ons, wat die oudste is voor jou moet buië en voor jou dien?’ Naderhant droom hy weer dat die son en maan en elf sterre voor hem buië en die vertel hy ook voor hulle en ook aan syn papa. Jacob weet nie wat hy daarvan mot denk nie en of God miskien nie voor Josef een dag sal grooter maak als syn broers nie. Maar hy seh voor Josef dat hy daarom nie al te banja van hemself mot dink nie. Syn broers haat voor hom nou nog meer as ooit van te vore. Wag, ons sal in die tweede hoofstuk hoor, hoe ver syn broers hulle van die duivel het laat verly. Want die kinders weet toch dat haat en nyd van die duivel kom. 1 Joh. iii:11; 1 Joh. ii:10.


Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken