Skiplinks

  • Tekst
  • Verantwoording en downloads
  • Doorverwijzing en noten
Logo DBNL Ga naar de homepage
Logo DBNL

Hoofdmenu

  • Literatuur & taal
    • Auteurs
    • Beschikbare titels
    • Literatuur
    • Taalkunde
    • Collectie Limburg
    • Collectie Friesland
    • Collectie Suriname
    • Collectie Zuid-Afrika
  • Selecties
    • Collectie jeugdliteratuur
    • Basisbibliotheek
    • Tijdschriften/jaarboeken
    • Naslagwerken
    • Collectie e-books
    • Collectie publiek domein
    • Calendarium
    • Atlas
  • Periode
    • Middeleeuwen
    • Periode 1550-1700
    • Achttiende eeuw
    • Negentiende eeuw
    • Twintigste eeuw
    • Eenentwintigste eeuw
Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat (1940)

Informatie terzijde

Titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat
Afbeelding van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaatToon afbeelding van titelpagina van Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

  • Verantwoording
  • Inhoudsopgave

Downloads

PDF van tekst (0.99 MB)

ebook (2.99 MB)

XML (0.31 MB)

tekstbestand






Editeur

P.J. Nienaber



Genre

proza

Subgenre

bijbel / bijbeltekst(en)


© zie Auteursrecht en gebruiksvoorwaarden.

Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat

(1940)–C.P. Hoogenhout–rechtenstatus Auteursrecht onbekend

Vorige Volgende
[pagina 77]
[p. 77]

Hoofstuk II.
Josef wort door syn broers as een slaaf verkoop.

Eens op een tijd gebeur et dat die broers van Josef ver mot trek met die vee om mooi velt te soek. Toe hulle nou al een tijdje lang weg is, wort Jacob nieskierig om te weet hoe dat hulle vaar, en soo stuur hy voor Josef om na hulle te gaan kyk. Jacob weet nie beter nie of hulle was te Sigem, maar toe Josef, daar kom was hulle al weg na Dothan. Arme Josef hy het nog amper verdwaal in die velt, maar gelukkig was daar iemand wat voor hem die pat wys. Toe hulle nou van ver al voor Josef sien aankom, toe seh hulle onder mekaar: ‘Daar kom die baasdroomer aan. Laat ons hom doodslaan en in een diepe gat gooi en voor pa seh dat hy deur een lieuw of een tier verskeur is.’ Regte bly dat hy eindlik syn broers gekrij het kom die arme Josef aangestap. Hij weet niks van die plan wat hulle gemaak het nie, en voor hy nog kan praat, pak hulle hom ook soo maar aan. Nes een lam onder die wolwe staan Josef daar onder syn goddeloose broers, en het Ruben die oudste broer nie gepraat nie, dan het hulle Josef soo op die plek doodgeslaan. Ruben seh: ‘foei tog, hy is tog ons broer, mot nie voor hem vermoor nie, gooi hem tog soor maar lewendig in die gat.’ (Want sien jij, Ruben wil voor hem stilletjes uitgehaal het!) Hulle luister toe voor Ruben en nadat hulle Josef eers syn mooi baatje uitgetrek het, laat hulle ver hem in een diep gat afsak. Gelukkig was daar nie water in nie, anders kan Josef dalkies nog versuip het.

Nou kan jy self begryp hoe of hy daar gehuil het; hoe of hy gesoebat het om tog daaruit te kom; en hoe of hy syn hande seer gemaak het om teun die kant op te klim - maar hy kan nie uit nie.

[pagina 78]
[p. 78]

Syn broers het voor hulle weinig aan hem gesteur want een klein entje daar van daan gaat hulle lekker sit eet. Hoe verhart was hulle hart tog, nie waar nie kinders? Maar Hij die alles weet en die tot in ons hart kan sien, het ook op de arme Josef neer gesien. Hij sou voor hem sorge, maar die goddeloose broers sou Hij straf. Julle weet ek meen onse liewe Heer!

Onnerwijl hulle nog sit te eet, kom daar een troep IsmaëlitiseGa naar voetnoot*) koopmans op kameele voorbij. Toe seh Juda, een van die broers: ‘Das tog al te erg om ons broer van honger en dors te laat doot gaan. Laat ons hom liewers aan die smouse verkoop, dan kry ons nog geld voor hem.’ Toe seh die ander broers: ‘Ja dis regte goet.’ En soo vra hulle aan die koopmans of hulle nie een jong wil koop nie en die seh ja en seh hulle sal 20 silwerlinge (das omtrent £2 10s.) voor hem gee. Die slegte broers was daarmee te vrede en toen haal hulle voor Josef uit die kuil. Josef dink toe dat syn broers hem nou na huis toe sal laat gaan, min weet hy dat hy nou na een ver land moet gaan. Og hoe het Josef tog voor syn broers gesoebat om hem tog nie met die vreemde kerels saam te stuur nie. Maar hoe of hij ook bid en smeek, dat baat hem niks nie; hulle hart is te hart, hulle luister nie na hom nie. Ruben was nie daar, toe hulle Josef verkoop het nie, want toe hy naderhand by die kuil kom en sien dat Josef weg is, toe was hij regte bedroef daarom.

Maar wat sal die goddeloose broers nou aan hulle ou vader gaan seh? Luister! Hulle neem een bokkie en slag die en neem Josef syn mooië baatje en smeer et vol met groote bloedplekke en neem dit mee na huis toe en vertel aan hulle ou vader, die al met soo veel verlangste na hulle uitgesien het, dat hulle die baatje in die velt gekrij het, en vra nog al voor hem of dat die altemet Josef syn was nie? Hoe sleg tog! Ja, seh die arme ou Jakob: ‘das myn Josef syn baatje, een lieuw of een tier het voor hem seker verscheur.’ Syn slegte seuns wil nou nog al ver hom

[pagina 79]
[p. 79]

troos, en seh hy mot tog nie soo treur nie. Hoe geveins heh! Maar hy treur dat syn haar soomaar grys worde, want hy weet nie beter nie of Josef is dood. Ons weet dat hy Josef die liefste van al syn kinders gehat het. Maar laat ek nou meteen voor jou seh hoe dat kom. Dat kom omdat Jakob een vrou gehat het, haar naam was Ragel, en die het hy banja lief, en by haar het hy maar twee kinders gehat Josef en Benjamin. Die ander kinders was nie van Ragel nie maar van een ander vrouë.

En nou was Josef uit die pat. Maar was die slegte broers nou gelukkig? Nee, nee, hulle was onrustig en bang. Want als een mens kwaat doen is hy altyd onrustig en bang. Die kinders sal dit wel by eige ondervinding weet als hulle kwaat gedoen het, hoe naar of hulle was, sonder dat ek noodig het dit voor hulle te seh. Laat ons voor die drie sonde van die goddeloose broers van Josef oppas, dat is voor nyt, haat en leuëntaal. God die alles weet, die alles siet, kan ons ook net soo goed sien as Hy gesien het wat die broers van Josef gedaan het. En nou wat is daar verder van onse Josef geworde? Laat ons dit in die derde hoofstuk sien.

voetnoot*)
Dat is afstammelinge van Ismael, vra maar voor jou meester of voor jou ouwers wie die Ismael was as jij dit nie weet nie.

Vorige Volgende

Footer navigatie

Logo DBNL Logo DBNL

Over DBNL

  • Wat is DBNL?
  • Over ons
  • Selectie- en editieverantwoording

Voor gebruikers

  • Gebruiksvoorwaarden/Terms of Use
  • Informatie voor rechthebbenden
  • Disclaimer
  • Privacy
  • Toegankelijkheid

Contact

  • Contactformulier
  • Veelgestelde vragen
  • Vacatures
Logo DBNL

Partners

Ga naar kb.nl logo KB
Ga naar taalunie.org logo TaalUnie
Ga naar vlaamse-erfgoedbibliotheken.be logo Vlaamse Erfgoedbibliotheken